# Afrikaans FAL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2013 QP

> Grade 12 Afrikaans FAL Paper 3 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2013, 7 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr12-afrfa-p3-s13-qp-afr/7b24fb65-cad9-4e17-8552-be498d31ca58
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2013
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 3
- Curriculum: CAPS
- Pages: 7

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2013 QP](https://www.hlayiso.com/library/gr12-afrfa-p3-s13-qp-afr/7b24fb65-cad9-4e17-8552-be498d31ca58)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2013. Question paper, 7 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                  Province of the
                  EASTERN CAPE
                  EDUCATION

                          NASIONALE
                      SENIOR SERTIFIKAAT

                            GRAAD 12

                      SEPTEMBER 2013

   AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3

PUNTE:   100

TYD:     2½ uur

                               *AFRFA3*

                    Hierdie vraestel bestaan uit 7 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                        AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3             (SEPTEMBER 2013)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

     1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

         AFDELING A: Opstel                                            (50 punte)
         AFDELING B: Langer transaksionele tekste                      (30 punte)
         AFDELING C: Korter tekste: Transaksioneel/Naslaan/Informatief (20 punte)

     2. Beantwoord EEN vraag uit elke afdeling.

     3. Skryf in die taal wat geassesseer word.

     4. Begin elke afdeling op ŉ nuwe bladsy.

     5. Jy moet jou skryfstuk beplan, redigeer en proeflees. Gebruik byvoorbeeld ŉ
        kopkaart of ŉ vloeidiagram of sleutelwoorde, ens. Doen jou beplanning
        VOORDAT jy die finale produk vir elkeen van die afdelings skryf.

     6. Alle beplanning moet duidelik aangedui word. Trek ŉ streep deur die
        beplanning as jy jou finale weergawe oorgeskryf het.

     7. Beplan jou tyd so:

         AFDELING A: 80 minute
         AFDELING B: 40 minute
         AFDELING C: 30 minute

     8. Nommer die skryfstukke soos wat dit op die vraestel verskyn.

     9. Skryf die titel/opskrif van elke teks boaan jou skryfstuk neer.

    10. LET WEL: Die titel word NIE in aanmerking geneem as die woorde getel
                 word NIE.

    11. Skryf netjies en leesbaar.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013)         AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3                         3

 AFDELING A: OPSTEL
 •      Kies EEN onderwerp en skryf 250 – 300 woorde daaroor.
 •      Skryf die nommer en die titel van die onderwerp wat jy kies, boaan.
 VRAAG 1

 1.1    Eers vyande – nou vriende.

        Elkeen van ons ken iemand van wie ons eers nie gehou het nie, maar nou
        is ons baie goeie vriende.

        Skryf ŉ opstel waarin jy vertel hoekom julle nie van mekaar gehou het nie,
        wat julle nader aanmekaar gebring het en wat julle vriendskap in die
        toekoms vir mekaar beteken.                                                  [50]

 1.2    BLY STIL, OUMA! OUPA!

        Is daar nog respek vir die bejaardes (ou mense) in ons familie of
        gemeenskap? Hoe voel jy oor die vraag?

        Skryf ŉ opstel waarin jy hieroor redeneer.

                                                                                     [50]

 1.3    Matriekafskeid

        Is ŉ matriekafskeid wat in Aprilmaand gehou word nog ŉ afskeid vir die
        graad 12-leerders of nie?

        Skryf ŉ opstel waarin jy argumenteer dat April die beste tyd is/of nie die
        beste tyd vir die matriekafskeid is nie.                                     [50]

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                     AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3                (SEPTEMBER 2013)

1.4   My Dorp of My Stad

      ŉ Bekende koerant het die volgende kompetisie uitgeskryf:

      Die koerant, Rapport, het ŉ kompetisie waarin hulle die beste dorp of stad in
      die land wil identifiseer. Ongelukkig is jy nou skaam vir jou dorp of stad.

      Skryf ŉ opstel waarin jy jou dorp of stad se agteruitgang en probleme
      beskryf.

      Titel: (Jou dorp of stad se naam.)                                               [50]

1.5   My lewe sal beter wees as ...

      Ons lees of hoor so baie van mense, diere, dinge, boeke, ensovoorts wat
      die lewe vir ons beter kan maak.

      Vertel ons in ŉ opstel wie of dalk wat jy dink, jou lewe en omstandighede
      positief kan beïnvloed. Vertel ook waarom jy so dink.                            [50]

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013)       AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3                          5

 1.6    Kies EEN van die volgende visuele tekste en skryf ŉ opstel daaroor. Gee
        jou skryfstuk ŉ titel.

        1.6.1

                                            [BRON: Die Burger, 22 Oktober 2012]     [50]

        1.6.2

                                                  [BRON: Run/Walk for Life, 2006]   [50]

        1.6.3

                                                   [BRON: People, 8 Junie 2012]     [50]

                                                          TOTAAL AFDELING A:        50

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                         AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3                  (SEPTEMBER 2013)

AFDELING B: LANGER TRANSAKSIONELE TEKSTE

      •   Kies EEN onderwerp en skryf 120 – 150 woorde daaroor.
      •   Skryf die nommer van die onderwerp wat jy kies, boaan.

VRAAG 2

2.1       DIALOOG

          Die Blackberry en iPad is in
          gesprek met mekaar waarom
          een van hulle die gewildste
          kommunikasiemiddel onder
          tieners is.

          Skryf die gesprek tussen die
          twee in dialoogformaat neer.                                                       [30]

2.2       TOESPRAAK

          Jy is absoluut gek oor ŉ sportsoort wat nie in jou skool beoefen word nie.
          Die skoolhoof het belowe dat hy die sportsoort sal begin as daar 35 leerders
          is wat belangstel. Hy sal jou die geleentheid gee om die sportsoort
          gedurende ŉ saalperiode aan die leerders bekend te stel.

          Skryf jou toespraak neer wat jy gaan lewer om 35 belangstellendes te kry
          sodat die nuwe sport deel van jou skool se buitemuurse program kan word.           [30]

2.3       RESENSIE

          Die Afrikaanse Departement van jou skool moet nog besluit watter
          drama/kortverhaal/prosa hulle volgende jaar met die leerders wil doen. Die
          onderwysers het besluit dat die huidige graad 12-leerders die leeswerk
          moet resenseer en op grond daarvan sal hulle die volgende jaar se
          leeswerk kies.

          Skryf ŉ resensie oor die drama/EEN van jou kortverhale/prosa wat jy
          hierdie jaar gelees het en wat jy aanbeveel volgende jaar weer gelees kan
          word. Onthou om die kenmerke van ŉ resensie in jou skryfstuk aan te
          spreek.                                                                            [30]

2.4       BRIEF MET ŉ VERSOEK

          Jou kultuurklub wil graag gaan toer, maar daar is net te veel uitgawes en dit
          gaan te duur wees.

          Skryf ŉ brief aan ŉ instansie van jou keuse en vra vir ŉ borgskap. Verskaf
          die redes vir die versoek, verduidelik waarom jy spesifiek hierdie instansie
          nader as ŉ borg, verskaf alle moontlike inligting oor die toer en die kulturele
          besienswaardighede wat julle wil besoek.                                           [30]

                                                                TOTAAL AFDELING B:            30

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013)           AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3                            7

 AFDELING C: NASLAAN-, INFORMATIEWE EN TRANSAKSIONELE TEKSTE

       •   Kies EEN onderwerp en skryf 80 – 100 woorde daaroor.
       •   Skryf die nommer van die onderwerp wat jy kies, boaan.

 3.1       ADVERTENSIE

           Jy wil graag ekstra geld verdien, maar weet nie hoe nie ... en toe besef jy
           dat jy baie goed met rekenaars is!

           Skryf ŉ advertensie waarin jy adverteer hoe jy mense van hulp kan wees
           en sommer ook geld daarmee kan verdien. Maak gebruik van die ABBA
           beginsel om jou met jou advertensie te help. (Aandag trek, Belangstelling
           wek, Begeerte wek, tot Aksie oorgaan.)                                         [20]

 3.2       LYS

           Die detensieklas op ŉ Vrydagmiddag is vol met graad 8’s wat gestraf word
           omdat hulle sekere skoolreëls aanhoudend oortree. Jy is gevra om ŉ lys te
           maak van die agt mees algemene skoolreëls wat hulle in detensie laat
           beland sodat die graadhoof dit met hulle kan bespreek.

           Maak ŉ lys van hierdie oortredings en nommer die oortredings van 1 – 8.
           (Die lys moet in volsinne wees en nie net kriptiese woorde nie.)               [20]

 3.3       AANWYSINGS

           Vir Lewensoriëntering moet jou groep danspassies uitwerk en vir punte
           aanbied, maar nie almal in die groep kan dans nie.

           Skryf die naam van die dans waarop jou groep besluit het neer en
           verduidelik in ŉ paragraaf hoe die dans gedoen moet word.                      [20]

 3.4       DAGBOEKINSKRYWING

           Die strokie het jou laat dink aan die argumente wat jy byna daagliks met een
           van jou ouers het. Dit ontstel jou en jou ouers.

           Skryf jou gedagtes/emosies hieroor in jou dagboek.                             [20]

                                                                TOTAAL AFDELING C:        20
                                                                    GROOTTOTAAL:          100

## Related documents

- [Gr12 AFRFA P1 S13 QP Afr](https://www.hlayiso.com/library/gr12-afrfa-p1-s13-qp-afr/3f8a8d90-8632-485c-be62-252400d2b66a) — Afrikaans FAL · QP · 2013 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2023/b49b9523-adfc-4fb4-87bf-f4de41182bb0) — Afrikaans FAL · QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2022 Deaf](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2022-deaf/48a74464-ecb5-4f1f-b140-12d7ffdc2ea4) — Afrikaans FAL · QP · 2022 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2020](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2020/bf136b62-bc43-43ce-acfb-1cf8daa9e249) — Afrikaans FAL · QP · 2020 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2019](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2019/1175654c-a72b-4022-82c5-578a071301c9) — Afrikaans FAL · QP · 2019 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT2018](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept2018/e038bd38-ba3a-4474-9d6c-23d602a417c3) — Afrikaans FAL · QP · 2018 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [Afrikaans P1 (FAL) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p1-fal-june-2025-possible-answers/548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-memo-sept2024/393b8c2a-77f0-4192-b6cc-26bf3f7a1c38) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May-June 2024 MG](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/0233b506-d910-4714-b690-875fa6c49f90) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans EAT V1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-eat-v1-memo/b69c7bbe-bb12-439e-acfa-a77370a600bc) — Memo · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 GR12 QP SEPT2023 Final](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-gr12-qp-sept2023-final/66b739c3-ec90-43cb-af74-a6d4848432bc) — QP · 2023 · Afr
- [Afrikaans P2 2021 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p2-2021-memo/fa39593a-6800-4788-88d4-bfdf1e468aa8) — Memo · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
