# Afrikaans HL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2012 QP

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2012, 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr12-afrhl-p1-s12-qp-afr/45426aaa-5053-45f1-b18f-ac0707b3b66c
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2012
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2012 QP](https://www.hlayiso.com/library/gr12-afrhl-p1-s12-qp-afr/45426aaa-5053-45f1-b18f-ac0707b3b66c)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2012. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                  Province of the
                  EASTERN CAPE
                  EDUCATION

                         NASIONALE
                     SENIOR SERTIFIKAAT

                            GRAAD 12

                      SEPTEMBER 2012

                 AFRIKAANS HUISTAAL V1

PUNTE:   70

TYD:     2 uur

                             *AFRHL1*

                   Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                  AFRIKAANS HUISTAAL V1                   (SEPTEMBER 2012)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

      AFDELING A:         Leesbegrip                  (30)
      AFDELING B:         Opsomming                   (10)
      AFDELING C:         Taal                        (30)

2.    Lees ALLE instruksies noukeurig deur.

3.    Beantwoord AL die vrae.

4.    Trek ŉ streep na elke afdeling.

5.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik is.

6.    Laat ŉ reël oop na elke antwoord.

7.    Gee besondere aandag aan spelling en sinsbou.

8.    Skryf netjies en leesbaar.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012)                        AFRIKAANS HUISTAAL V1                             3

 AFDELING A:           LEESBEGRIP

 VRAAG 1           KOERANTBERIG, SPOTPRENT EN ADVERTENSIE

 Lees en kyk na die onderstaande tekste en beantwoord die vrae wat daarna volg.

 KOERANTBERIG

                           ROOFTRUIE STEEL BAIE WERK

  “Die impak en implikasies van roofprodukte is groot omdat dit die inkomste en
              werk van die ware kunstenaars en skeppers bedreig.”

              DR. ROB DAVIES, MINISTER VAN HANDEL EN NYWERHEID

 1.       Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het die afgelope week vervalste
          Springbokgoedere met ŉ waarde van R43 miljoen in Johannesburg
          gekonfiskeer. Dit het meer as 66 000 vervalste Boktruie ingesluit.

 2.       Die probleem is dat die vervalste goedere heelwat goedkoper is as die
          amptelike produkte. Loop ŉ mens in Woolworths in, kos ŉ replika-
          Springboktrui jou R600. In Makro en Sportman‟s Warehouse is die prys
          R629,99. As ŉ mens die truie oor die internet wil bestel van webwerwe soos
          WorldRugbyShop.com, moet jy sowat R639 opdok. Dit sluit nie die koste in om
          die trui tot by jou huis te kry nie.

 3.       Mnr. Zobuzwe Ngobese, woordvoerder van Adidas in Suid-Afrika, sê elke keer
          as daar ŉ groot sportgebeurtenis soos ŉ wêreldbeker plaasvind, neem die
          stortvloed vervalste produkte toe.

 4.       Adidas het verlede jaar tydens die Wêreldbeker-sokkertoernooi ŉ groot
          kopseer gehad met vervalste produkte wat op straat en elders verskyn het. Dit
          is onseker hoeveel vervalste hemde verkoop is, maar die verkoop van
          vervalste truie het Adidas miljoene dollars gekos. Adidas het verlede jaar
          sowat 1 miljoen amptelike replikas van Bafana Bafana-hemde verkoop teen
          sowat R800 stuk.

 5.       Adidas, wat vanjaar spanne soos Nieu-Seeland en Wallis borg in die
          Wêreldbeker rugbytoernooi, het verlede jaar gesê dat daar ander, goedkoper
          produkte was wat ondersteuners kon koop indien hulle hul span wou
          ondersteun. ŉ Mens hoef dus nie noodwendig die duur replika te koop nie.

 6.       Tussen Januarie en Junie 2010 het die Suid-Afrikaanse Polisiediens vervalste
          produkte ter waarde van R100 miljoen gekonfiskeer. Adidas se uitgangspunt
          was dat dit ŉ bedryfsprobleem is en as bedryf is die probleem vasgevat. “Ons
          het die Polisie en ander beamptes opgelei om te kyk na die kwessie.”

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                  AFRIKAANS HUISTAAL V1                          (SEPTEMBER 2012)

7.    Ngobese sê die geheim is om die probleem by die bron vas te vat en in Suid-
      Afrika is dit die hawens en lughawens. “Dit werk die beste om die produkte
      daar te konfiskeer, voordat dit op straat verskyn.”

8.    Volgens die departement van handel en nywerheid se jongste amptelike
      raming kos die diefstal van intellektuele eiendom en handel in vervalste
      produkte Suid-Afrika jaarliks meer as R2 miljard.

9.    Dr Rob Davies, minister van die departement, sê die verkopers op straat is
      klein vissies. “Die groot breine is die vervaardigers wat agter die skerms sit,”
      het Davies in ŉ onlangse toespraak gesê.

10.   Die departement het aan die einde van 2010 die nasionale Anti-roof-veldtog
      gestig. Die doel hiervan was om bewustheid te skep oor die negatiewe
      uitwerking van roofprodukte.

11.   “Die impak en implikasies van roofprodukte is groot omdat dit die inkomste en
      werk van die ware kunstenaars en skeppers bedreig,” sê Davies.

12.   Hy sê vervalste goedere verlam die plaaslike vervaardigers in die klere- en die
      tekstielsektor.

13.   Mnr. Brett Burgess, hoofbestuurder van Canterbury, (vervaardiger van die
      Boktrui) sê die produkte op straat lyk eg, maar die gehalte is swak. “Die
      namaaksels lyk in vele opsigte identies, met selfs die kentekens binnekant die
      truie wat lyk soos die ware Jacob. Mense moet egter weet indien hulle ŉ trui
      op straat koop, is die kans 100% dat die trui vervals is.”

14.   Burgess sê ondersteuners wat ŉ trui wil koop en seker wil wees dis nie vervals
      nie, moet dit by ŉ amptelike handelaar koop.

15.   Mense moet besef hulle ondersteun misdaad en die sluikhandel as hulle truie
      van die straat af koop. “Die rede waarom smouse die truie kan verkoop teen
      R150, is omdat hulle nie doeane-en-aksyns betaal nie.”

16.   “Hulle betaal ook geen geld oor aan sportliggame soos SARU nie. Hulle het
      ook nie ŉ sent bestee aan ontwikkeling van die truie nie.”

17.   Burgess sê smouse se truie word in ŉ groot mate vervaardig deur
      kinderarbeiders en in fabrieke waar werkers uitgebuit word.

                                                       [Verwerk uit: Rapport, 04/09/11]

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012)                         AFRIKAANS HUISTAAL V1                              5

 1.1      Waarom maak die minister van handel en nywerheid kapsie teen
          roofprodukte?                                                               (2)

 1.2      Wat het direk aanleiding gegee tot die skryf van die berig?                 (1)

 1.3      Hoekom wend kopers hulle tot roofprodukte?                                  (1)

 1.4      Watter afleiding maak mnr. Zobuzwe Ngobese rakende die hele problematiek?   (1)

 1.5      Verduidelik wat Adidas se groot kopseer was met die verskyning van die
          vervalste produkte tydens die Wêreldbeker-sokkertoernooi.                   (2)

 1.6      Dink jy Adidas is nugter oor die hele kwessie?
          Motiveer jou antwoord uit die teks.                                         (2)

 1.7      Hoekom kan beweer word dat Adidas ŉ daadwerklike poging aangewend het
          om die probleem te bekamp?                                                  (2)

 1.8      Hoe skakel lughawens en hawens in by die hele aangeleentheid?               (2)

 1.9      Waarom is roofprodukte nadelig vir ŉ land?                                  (1)

 1.10     Watter gevolge hou roofprodukte vir kunstenaars en skeppers in?             (2)

 1.11     Wat is veral kommerwekkend oor roofprodukte?                                (1)

 1.12     Verklaar waarom roofprodukte ook ŉ morele kwessie aanspreek.                (1)

                                                EN

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                  AFRIKAANS HUISTAAL V1                        (SEPTEMBER 2012)

SPOTPRENT

                                                            [Uit: Die Burger, 03/09/11]

1.13   Watter aktuele kwessie spreek die spotprent aan?                                   (1)

1.14   Wat is die geïmpliseerde betekenis van die renoster se woorde?                     (1)

1.15   Verklaar die skilpad se gesigsuitdrukking wat na Mathilda kyk.                     (1)

1.16   Waarom kan die muis se woorde “Die bekendes gaan boots and all veg vir
       renosters” as dubbelsinnig beskou word?                                            (2)

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012)                         AFRIKAANS HUISTAAL V1                                    7

 ADVERTENSIE

 SMS “CLIO” AAN 31146 VIR ŉ TOETSRIT IN DIE CLIO 1.6 S EN JY KAN DALK
 DAARIN HUIS TOE RY**. By sy standaard reeks koel kenmerke soos ABS-remme,
 ses lugsakke, 16” Wit Canasta sport-allooivellings en „S‟-spesifieke bekleedsel het ons
 nou nóg ŉ opwindende eienskap bygevoeg... die vervoering wat jy ervaar agter die
 stuur van jou nuwe Clio 1.6 S.

 *Dit alles kan joune wees vir ŉ deposito van 16% oor ŉ 60-maande periode met ŉ
 ballonpaaiement van R62 965 teen ŉ rentekoers van 5,55%. Kleinhandelprys:
 R179 900 (totale koste: R180 916)

 Kleinhandelprys in ooreenstemming met die pryslys van Augustus 2011. Pryse sluit
 “op-die-padkoste” uit. **Bepalings & voorwaardes geld.

                                       [Verwerk uit: Motors Bylae – Die Burger, 08/09/11]

 1.17     Hoe sluit die opskrif van die advertensie by die persoon in die advertensie
          aan?                                                                              (2)

 1.18     Die Clio 1.6 S is om twee redes ŉ goeie koop. Skryf die redes onder mekaar in
          volsinne neer.                                                                    (2)

 1.19     Wat moet ŉ mens doen om die motor te wen?                                         (1)

 1.20     Waarom kan die advertensie as geslaagd beskou word?                               (2)

                                                                 TOTAAL AFDELING A:         30

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                    AFRIKAANS HUISTAAL V1                         (SEPTEMBER 2012)

AFDELING B:         OPSOMMING
VRAAG 2
Lees die onderstaande teks en maak ŉ opsomming van 7 wyses hoe om jou
energievlakke op te bou. Jou opsomming moet in jou eie woorde puntsgewys
aangebied word en mag nie meer as 70 woorde beslaan nie. Dui die getal woorde
aan.
Hupstoot vir die lente
In die winter is ons energievlakke gewoonlik laag. Claudine Ryan, geregistreerde
dieetkundige van die Compass Group gee raad hoe om jou energievlakke op te bou.
Danksy die hoë seleniuminhoud, verlig knoffel jou gemoed en dien ook as natuurlike
antidepressant. Ander bronne van selenium is Brasiliaanse neute, vis, oesters en
vleis. Vitamien B1 is noodsaaklik vir normale breinfunksie en ŉ tekort lei tot
lusteloosheid, moegheid en depressie. Goeie bronne sluit donkergroen groente,
vrugte, suiwel en rys in.
ŉ Afname in hidrasie – self net 1-2% – kan jou moeg en lusteloos laat voel. Drink agt
glase water per dag om jou energievlakke te handhaaf.
Kafeïen is ŉ stimulant en baie energiekos en -drankies is propvol daarvan. Dit kan tot
irritasie, hoofpyn, rusteloosheid en slaapprobleme lei, wat jou nog moeër sal laat voel.
ŉ Gebrek aan son en koue weer kan serotonienvlakke verlaag. Dis die brein se
goedvoelhormone en ŉ gebrek daaraan kan ŉ sneller vir ŉ ligte vorm van depressie
wees. Oefening is ŉ natuurlike gemoedverligter. Endorfiene word deur oefening
vrygestel en dit lei tot ŉ kalm gemoed, wat tot ŉ dag kan duur. Gereelde oefening
verbeter energievlakke, beveg moegheid, verlig spanning en angs en laat jou oor die
algemeen goed voel.
Lang rukke sonder kos verminder energievlakke, veral as jy reeds moeg en gestres is.
Klein hoeveelhede koolhidraatkos deur die dag lei daartoe dat jy jou bloedglukose- en
energievlakke behou. Mik vir drie middelslagetes per dag met twee tot drie ligte
versnaperinge tussenin.
Kos met ŉ lae Glukemiese indeks (GI) is ŉ goeie bron van volgehoue energie omdat dit
stadiger in die liggaam vrygestel word en dus bloedsuikervlakke stabiel hou, wat
energievlakke beheer. Moenie op suikersnoepgoed staatmaak om jou vinnig op te
kikker as jy moeg voel nie.
Sonlig is die beste bron van vitamien D, ŉ hormoon wat deur die liggaam vervaardig
word. Lae vlakke van vitamien D hou met verlaagde energievlakke en ŉ somber
gemoed verband. Verstandige sonblootstelling van vyf tot tien minute twee tot drie
keer per week sal genoegsame vitamien D verseker. Blootstelling aan arms en bene is
genoeg. Vitamien D kom ook in suiwelprodukte en vis voor.
Sterk speserye help om kos te verteer, wat dit vinniger vir die liggaam beskikbaar maak
en bloedsuikervlakke stabiliseer. Voeg paprika, brandrissies of kerrie by jou middagete
vir ŉ energiehupstoot en om te keer dat jy die middag ŉ moegheid beleef.
                                                     [Verwerk uit: Vrouekeur, 02/09/11]
                                                                TOTAAL AFDELING B:            10

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012)                         AFRIKAANS HUISTAAL V1                               9

 AFDELING C:           TAAL

 VRAAG 3           BRIEF EN STROKIESPRENTE

 Lees die onderstaande tekste en beantwoord die daaropvolgende vrae.

                         “Sersant” aanwins vir haar werkgewer

 1.       Ek moes ŉ kleinigheid by die SA Inkomstediens op Uitenhage gaan doen en na
          al die stories wat ek gehoor het, het ek my klaargemaak vir ŉ lang dag in die
          warm son.

 2.       Na ongeveer twee minute se wag kom ŉ vriendelike veiligheidswag daar aan.
          Haar uniform is so netjies soos kan kom en sy het twee strepe op die skouer.
          Ek sê vir haar sy laat my aan ŉ sersant dink en blitsig kom die antwoord:
          “Maar ek is ŉ baie kwaai sersant, Meneer.”

 3.       Ek wys haar die brief wat ek ontvang het. Dadelik neem sy my na ŉ kantoortjie
          en oorhandig ŉ vorm wat voltooi moet word.

 4.       Ek groet en toe hoor ek: “ŉ Lekker dag verder, Meneer!”

 5.       Vanoggend (Maandag) neem ouma en ek die voltooide vorm terug. ŉ Klompie
          mense is reeds in die ry en toe gebeur die wonderlike.

 6.       ŉ Veiligheidswag met ŉ groot glimlag kom na my en ouma en wys ons ŉ ander
          ry waar die “ou mense” wag. Skaars gestaan, toe kom “sersant” daar aan en
          sy en ŉ ander wag neem ons die vertrek in waar ons op stoele kan sit.

 7.       Ja, ons moes ons beurt afwag, maar na slegs ŉ uur is ons met dankbare harte
          daar uit. Sulke proffesionele en vriendelike diens kry jy nie deesdae oral nie.

 8.       Ons kom buite en daar staan “sersant” weer besig om iemand te help.

 9.       Sy is Denise Titus, een van die vriendelikste en mees spontane mense met wie
          ek al te doen gekry het. Ek groet en weer die wens vir ŉ lekker dag van haar
          kant af.

 10.      Wat ons in hierdie moeilike tye nodig het, is meer van haar soort (wie / wat)
          met ŉ glimlag op die gesig hul daaglikse brood en botter verdien.

 11.      Ek weet baie mense kla soms oor onaanvaarbare diens, maar is dit nie dalk
          omdat die klaers nie ook ŉ vriendelike woord vir die amptenare het nie?

 12.      Denise Titus is ŉ aanwins vir haar werkgewer en ŉ lopende voorbeeld van hoe
          die publiek behandel behoort te word.

                                                                         Hannes Slabbert
                                                                                 Despatch
                                                               [Uit: Die Burger, 08/09/11]

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                   AFRIKAANS HUISTAAL V1                        (SEPTEMBER 2012)

3.1    Gee die afkorting van sersant (opskrif)                                              (1)

3.2    Waarom is sersant tussen aanhalingstekens geskryf? (opskrif)                         (1)

3.3    Skryf ŉ antoniem van werkgewer (opskrif) neer.                                       (1)

3.4    Skryf die meervoud van kleinigheid (par. 1) neer.                                    (1)

3.5    Paragraaf 1 bestaan uit een sin. Hierdie sin is ŉ...

       A.        enkelvoudige sin.
       B.        samegestelde sin.
       C.        veelvoudige sin.
       D.        neweskikkende sin.                                                         (1)

3.6    Gee die betekenis van klaargemaak in paragraaf 1 en in die volgende sin:
       Die lang reis het hom klaargemaak?                                                   (2)

3.7    ŉ Lang dag (par.1) kan lei tot ŉ lang gesig. Verduidelik kortliks wat die idioom
       beteken.                                                                             (1)

3.8    Skryf die verkleinwoord van son (par.1) neer.                                        (1)

3.9    Skryf die eerste sin van paragraaf 2 in die verlede tyd.                             (1)

3.10   Gee die intensiewe vorm van netjies (par.2)                                          (1)

3.11   Skryf sersant se woorde in paragraaf 2 in die direkte rede.                          (1)

3.12   Gebruik wys (par.3) as ŉ byvoeglike naamwoord in ŉ sin.                              (1)

3.13   Soek die spelfout in paragraaf 7 en stel dit reg (korrigeer).                        (1)

3.14   Verander die taalgogga wat in paragraaf 5 voorkom.                                   (1)

3.15   Skryf Ons kan op stoele sit (par.6) in die lydende vorm.                             (1)

3.16   Wanneer sal die meervoud hartens gebruik word in plaas van die harte in
       paragraaf 7?                                                                         (1)

3.17   Kies die korrekte voornaamwoord in paragraaf 10.                                     (1)

3.18   Vorm ŉ idiomatiese uitdrukking van die stam kla (par.11) deur slegs ŉ stam by
       te voeg.                                                                             (1)

3.19   Skryf ŉ teenwoordige deelwoord uit paragraaf 11 of 12 neer.                          (1)

                                               EN

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012)                       AFRIKAANS HUISTAAL V1                                     11

                                                             [Uit: Die Burger, 09/09/11]

 3.20     Wat bedoel Hägar met sy woorde in die eerste raampie?                            (1)

 3.21     Wat is die geïmpliseerde betekenis van die tweede spreker se woorde?             (1)

                                                             [Uit: Die Burger, 09/09/11]

 3.22     Skryf die tweede raampie oor in die ontkennende vorm.                            (1)

 3.23     Wat word die aksentteken op nè genoem?                                           (1)

 3.24     Waarom kan die tweede spreker in raampie 3 nie as in vertroueling beskou
          word nie?                                                                        (1)

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                    AFRIKAANS HUISTAAL V1                       (SEPTEMBER 2012)

                                                              [Uit: Die Burger, 08/09/11]

3.25   Verander die laaste bevelsin in ŉ versoeksin.                                        (1)

3.26   Skryf die oortreffende trap van baie neer.                                           (1)

                                                              [Uit: Die Burger, 09/09/11]

3.27   Skryf Dit klink fantasties! oor in neutrale taal                                     (1)

3.28   Brei Wat eet ons? uit deur in bywoordelike bysin te gebruik.                         (1)

3.29   Skryf enige samestelling uit die gedeelte neer.                                      (1)

                                                               TOTAAL AFDELING C:            30

                                                                      GROOTTOTAAL:           70

## Related documents

- [Gr12 AFRHL P1 S12 MEMO Afr](https://www.hlayiso.com/library/gr12-afrhl-p1-s12-memo-afr/5ba68f54-97f1-494b-ad02-3ceb961ddb37) — Afrikaans HL · Memo · 2012 · Afr
- [Gr12 AFRHL P3 S12 QP Afr](https://www.hlayiso.com/library/gr12-afrhl-p3-s12-qp-afr/81a1aee0-7f77-4c70-831b-03180bdf9512) — Afrikaans HL · QP · 2012 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 QP GR12 SEPT 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-qp-gr12-sept-2021/3d8a0765-43fa-465c-8b97-0c72f3e99464) — Afrikaans HL · QP · 2021 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR 12 QP SEPT2020](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr-12-qp-sept2020/54595e79-3d93-4ae2-b134-974b78fd2965) — Afrikaans HL · QP · 2020 · Afr
- [AFR HL P1 GR12 QP SEPT 2018](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p1-gr12-qp-sept-2018/1ce4fa24-e898-4838-aca4-201440bb7177) — Afrikaans HL · QP · 2018 · Afr
- [AFRHL P1 QP SEPT2017](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p1-qp-sept2017/ca71256c-c51c-4147-a3cd-2f0c73e04472) — Afrikaans HL · QP · 2017

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 GR12 MEMO SEPT2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-memo-sept2025-watermark/c501289f-c0e0-40a2-986b-3ffe3b34a8f5) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR 12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr-12-memo-sept2024/fe926efa-37db-43ba-8e99-14b4ba566efd) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-memo-sept2024/98e89642-94ce-4beb-95d7-ec1003ae5b5c) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2024/1ba40bb9-6fbd-4dbf-a0f7-5587c98d4f79) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2024/55a79721-4c8b-40e3-bc64-524821cb118f) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2024/c479704a-f838-42b0-bb57-dbb72d8e978f) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
