# Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2012 QP

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 3 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2012, 7 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr12-afrhl-p3-s12-qp-afr/81a1aee0-7f77-4c70-831b-03180bdf9512
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2012
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 3
- Curriculum: CAPS
- Pages: 7

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2012 QP](https://www.hlayiso.com/library/gr12-afrhl-p3-s12-qp-afr/81a1aee0-7f77-4c70-831b-03180bdf9512)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2012. Question paper, 7 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                   Province of the
                   EASTERN CAPE
                   EDUCATION

                          NASIONALE
                      SENIOR SERTIFIKAAT

                             GRAAD 12

                       SEPTEMBER 2012

                  AFRIKAANS HUISTAAL V3

PUNTE:   100

TYD:     2½ uur

                                *AFRHL3*

                     Hierdie vraestel bestaan uit 7 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                  AFRIKAANS HUISTAAL V3                        (SEPTEMBER 2012)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

      AFDELING A: Opstel                                                        (50)
      AFDELING B: Langer Transaksionele Tekste                                  (30)
      AFDELING C: Korter Tekste:
                  Transaksionele, Naslaan- en Informatiewe Tekste               (20)

2.    Beantwoord EEN vraag uit ELKE afdeling.

3.    Skryf in die taal waarin jy geassesseer word.

4.    Begin ELKE afdeling op ŉ NUWE bladsy.

5.    Jy moet jou werk beplan (bv. ŉ breinkaart/diagram/vloeidiagram/kernwoorde,
      ens.), proeflees en redigeer. Die beplanning moet VOOR die finale produk
      gedoen word.

      Alle beplanning moet duidelik aangedui word en daarna netjies deurgehaal
      word.

7.    Jy behoort ongeveer 80 minute aan AFDELING A, 40 minute aan AFDELING B
      en 30 minute aan AFDELING C te bestee.

8.    Nommer elke skryfstuk korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik is.

9.    Voorsien elke teks van ŉ gepaste titel/opskrif. LET WEL: Die titel/opskrif word
      nie in aanmerking geneem as die woorde getel word nie.

10.   Skryf netjies en leesbaar.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012)                          AFRIKAANS HUISTAAL V3                                   3

 AFDELING A:           KREATIEWE TEKSTE (OPSTEL)

 VRAAG 1

       Kies EEN van die volgende opdragte en skryf ŉ OPSTEL van 400 tot 450 woorde.
       Jy moet jou skryfwerk beplan en bewyse van beplanning/redigering gee.
       Dui die vraagnommer en die onderwerp duidelik by die finale skryfstuk/teks aan.
       Dui die lengte van jou skryfwerk aan. Tel die woorde en dui dit tussen hakies aan
       die einde van die skryfstuk aan.
       LET WEL: Trek ŉ streep deur die beplanning NADAT jy jou finale poging
                   oorgeskryf het.

           Ja, nee, j ja, nee, ja!
 1.1
                                                                                           [50]

                                                 OF

 1.2

                                  Die langste drie minute
                                  in my lewe ...

                                                                                           [50]

                                                 OF

                    Emigrasie: 101 redes waarom
 1.3

                      dit beter is om in Suid-
                     Afrika te bly of om te gly.
                                                                                           [50]

                                                 OF

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                         AFRIKAANS HUISTAAL V3                        (SEPTEMBER 2012)

1.4

                   AS EK KON KLOON

                                                                                 [50]

                                    OF

1.5
                        Stille nag, Heilage nag

                Wanneer kry djulle dan klaar
                moet die song?

                Gwaan loop, djy’s naar –
                Bethlehemster flikker dan nou elke djaar
                hellerder innie O.K. Bazaar!

                                               Adam Small                        [50]

                                    OF

1.6   1.6.1

                                                     (Uit: Die Burger Galery)    [50]

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012)            AFRIKAANS HUISTAAL V3                                5

                                      OF

          1.6.2

                                               (Internet: Ben Goossens)   [50]

                                      OF

          1.6.3

                                               (Internet: Ben Goossens)   [50]

                                                    TOTAAL AFDELING A:    50

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                      AFRIKAANS HUISTAAL V3                       (SEPTEMBER 2012)

AFDELING B:           LANGER TRANSAKSIONELE TEKSTE

VRAAG 2

      Kies EEN van die volgende opdragte en skryf ŉ skryfstuk van 180 tot 200 woorde.
      Jy moet jou skryfwerk beplan en bewyse van beplanning/redigering gee.
      Dui die vraagnommer en die onderwerp duidelik by die finale skryfstuk/teks aan.
      Dui die lengte van jou skryfwerk aan. Tel die woorde en dui dit tussen hakies aan
      die einde van die skryfstuk aan.
      LET WEL: Trek ŉ streep deur die beplanning NADAT jy jou finale poging
                  oorgeskryf het.

2.1       BRIEF VAN SIMPATIE/MEEGEVOEL

          Een van jou hoërskool-onderwysers het onlangs ŉ kind in ŉ motorongeluk
          verloor. Skryf ŉ brief waarin jy met hom of haar simpatiseer.                      [30]

                                                OF

2.2       VERSLAG

          Jy is deur jou skoolhoof gevra om ondersoek in te stel na sake wat leerlinge in
          jou skool ongelukkig stem. Skryf ŉ kort VERSLAG waarin jy jou bevindinge en
          ŉ paar aanbevelings aan die hoof deurgee.                                          [30]

                                                OF

2.3       BRIEF AAN PERS

          “Kinders glo die dood is omkeerbaar en verstaan nie aldag die betekenis en
          effekte daarvan nie. Drie tieners is gearresteer in verband met die wrede
          moord op ŉ vyfjarige seuntjie van hul woonbuurt. Wat is besig om met ons
          kinders te gebeur?”

          Skryf ŉ BRIEF AAN DIE PERS waarin jy jou mening oor bostaande
          aangeleentheid gee. Rig jou brief aan: Die Redakteur, Die Burger, Posbus 12,
          Kaapstad, 8000.                                                                    [30]

                                                OF

2.4       TOESPRAAK

          Jy kry die geleentheid om ŉ toespraak vir die matrieks te lewer oor:

          Die horlosie word ons baas en jaag ons in verskillende rigtings, maar
          positiewe gebruik daarvan kan jou net tot voordeel strek.

          Dui in jou toespraak die belangrikheid van beplanning aan en motiveer hulle
          om vroeg te begin werk.                                                            [30]
                                                                 TOTAAL AFDELING B:           30

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012)                         AFRIKAANS HUISTAAL V3                                    7

 AFDELING C:          KORTER TEKSTE: TRANSAKSIONELE/NASLAAN-
                      /INFORMATIEWE TEKSTE

 VRAAG 3

        Kies EEN van die volgende opdragte en skryf ŉ skryfstuk van 100 tot 120
        woorde.
        Jy moet jou skryfwerk beplan en bewyse van beplanning/redigering gee.
        Dui die vraagnommer en die onderwerp duidelik by die finale skryfstuk/teks aan.
        Dui die lengte van jou skryfwerk aan. Tel die woorde en dui dit tussen hakies
        aan die einde van die skryfstuk aan.
        Grafiese ontwerp mag gebruik word, maar dit tel nie punte nie.
        LET WEL: Trek ŉ streep deur die beplanning NADAT jy jou finale poging
                     oorgeskryf het.

 3.1      DAGBOEKINSKRYWING

          Iemand wat jou vyandiggesind is, het iets baie lelik van jou op die internet
          versprei. Jy weet nie hoe om die situasie te hanteer nie en stort jou hart
          uit deur ŉ DAGBOEKINSKRYWING te maak. Skryf jou gevoelens en
          gedagtes oor hierdie hartseer aangeleentheid neer.                               [20]

                                                 OF

 3.2      PLAKKAAT

          Jy wil graag ekstra sakgeld verdien deur individuele foto’s van leerlinge te
          neem. Maak ŉ PLAKKAAT wat jy op die kennisgewingborde by jou skool kan
          plaas om hierdie geldmaakpoging van jou te adverteer.

          LET WEL: Dié is ŉ informatiewe teks. Jy sal dus GEEN punte vir versiering
                   verdien NIE.                                                            [20]

                                                 OF

 3.3      INSTRUKSIES

          Jou vriend/vriendin is gedurig in ŉ stryery met een van sy/haar ouers betrokke
          oor selfs die onbenulligste goed denkbaar. Gee aan hom/haar instruksies oor
          hoe om die verhouding te normaliseer of selfs te verbeter.                       [20]

                                                                  TOTAAL AFDELING C:       20

                                                                        GROOTTOTAAL:       100

## Related documents

- [Gr12 AFRHL P3 S12 MEMO Afr](https://www.hlayiso.com/library/gr12-afrhl-p3-s12-memo-afr/3eb89daa-547f-49d0-ad35-01fba2f41923) — Afrikaans HL · Memo · 2012 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2023](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2023-eastern-cape-mock-exam-question-paper-paper-3-afrikaans/1a878435-bdd2-45da-8e0c-99f96c0bae42) — Afrikaans HL · QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2022/635d4025-2ec6-4a06-a793-dc0f35254a58) — Afrikaans HL · QP · 2022 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2021/ff108b78-d3ed-481e-bcc0-ecd7d096a8be) — Afrikaans HL · QP · 2021 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2018](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2018/32d2c07a-21b1-4b79-b92f-17522a2bfc63) — Afrikaans HL · QP · 2018 · Afr
- [AFRHL P3 S16 QP Afr](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p3-s16-qp-afr/9e735f20-0c93-4839-aa87-46f07b783fce) — Afrikaans HL · QP · 2016 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 GR12 MEMO SEPT2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-memo-sept2025-watermark/c501289f-c0e0-40a2-986b-3ffe3b34a8f5) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR 12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr-12-memo-sept2024/fe926efa-37db-43ba-8e99-14b4ba566efd) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-memo-sept2024/98e89642-94ce-4beb-95d7-ec1003ae5b5c) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2024/1ba40bb9-6fbd-4dbf-a0f7-5587c98d4f79) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2024/55a79721-4c8b-40e3-bc64-524821cb118f) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2024/c479704a-f838-42b0-bb57-dbb72d8e978f) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
