# Afrikaans FAL Grade 12 P2 Gauteng Mock 2022 Question Paper

> Grade 12 Afrikaans FAL Paper 2 question paper from the Gauteng Mock Exam 2022, 28 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr12-afrikaans-p2-fal-sep-2022-question-paper/80eb0dce-35fb-474b-aba8-bf1e19091f30
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: Gauteng Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 28

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 P2 Gauteng Mock 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-afrikaans-p2-fal-sep-2022-question-paper/80eb0dce-35fb-474b-aba8-bf1e19091f30)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2022 · Afrikaans. Question paper, 28 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

VOORBEREIDENDE EKSAMEN
             2022
              10022

           AFRIKAANS
     EERSTE ADDISIONELE TAAL

           VRAESTEL 2

                           TYD:     2½ uur

                           PUNTE: 70

                           28 bladsye

                                             b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                   AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL
                                                                                             2
                                   (Vraestel 2)                   10022/22

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees AL die instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.

1.    MOENIE probeer om die hele vraestel te lees nie. Raadpleeg die
      INHOUDSOPGAWE op die volgende bladsy en merk die vraagnommers van die
      vrae oor die tekste wat jy hierdie jaar bestudeer het. Lees hierdie vrae en kies die
      vrae wat jy wil beantwoord.

2.    Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings:

      AFDELING A: Roman               (35)
      AFDELING B: Drama               (35)
      AFDELING C: Kortverhale         (35)
      AFDELING D: Gedigte             (35)

3.    Beantwoord vrae in TWEE afdelings, soos volg:

      AFDELING A: ROMAN
      Beantwoord die vraag oor die roman wat jy bestudeer het.

      AFDELING B: DRAMA
      Beantwoord die vraag oor die drama wat jy bestudeer het.

      AFDELING C: KORTVERHALE
      Beantwoord die vrae oor TWEE kortverhale wat jy bestudeer het.

      AFDELING D: GEDIGTE
      Beantwoord die vrae oor TWEE gedigte wat jy bestudeer het.

4.    Gebruik die kontrolelys op bladsy 4 om jou te help.

5.    Volg die instruksies aan die begin van elke afdeling noukeurig.

6.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
      gebruik is.

7.    Begin ELKE afdeling op ŉ NUWE bladsy.

8.    Bestee ongeveer 75 minute aan elke afdeling.

9.    Skryf netjies en leesbaar.

                                                                                                 b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                    AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL
                                                                                  3
                                    (Vraestel 2)                   10022/22

INHOUDSOPGAWE

Kies TWEE afdelings.

AFDELING A: ROMAN

Beantwoord slegs EEN vraag.

                  VRAAGNOMMER                        PUNTE       BLADSYNOMMER
1.   Kringe in ŉ bos                                   35    Nie in Gauteng getoets nie
2.   Die Ongelooflike Avonture van Hanna Hoekom        35                5
3.   Meeulanders                                       35    Nie in Gauteng getoets nie
4.   Lien se lankstaanskoene                           35                9

                                            OF
AFDELING B: DRAMA

Beantwoord slegs EEN vraag.

                  VRAAGNOMMER                        PUNTE       BLADSYNOMMER
5.   Poppie – Die Drama                                35    Nie in Gauteng getoets nie
6.   Paljas                                            35                13
7.   Fiela se kind – Die Drama                         35                17

                                             OF
AFDELING C: KORTVERHALE

Beantwoord die vrae oor AL TWEE kortverhale.

                 VRAAGNOMMER                         PUNTE       BLADSYNOMMER
8.1 ʺVegvlieënier Vivianʺ                              18              21
                                                      EN
8.2 ʺVan Precious: ŉ Buisie salfʺ                      17                23

                                             OF
AFDELING D: GEDIGTE

Beantwoord die vrae oor AL TWEE gedigte.

                VRAAGNOMMER                          PUNTE       BLADSYNOMMER
9.1 ʺDie boodskapperʺ                                  18              25
                                                      EN
9.2 ʺPalimpsesʺ                                        17                27

                                                                                      b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL
                                                                                     4
                                (Vraestel 2)                   10022/22

KONTROLELYS

Gebruik die kontrolelys om te verseker dat jy die vereiste getal vrae beantwoord.

                                                     GETAL VRAE            DUI AAN
     AFDELING             VRAAGNOMMERS
                                                    BEANTWOORD               ()
A: Roman                         1–4                     1

B: Drama                         5–7                       1

C: Kortverhale                    8                 1 (2 kortverhale)

D: Gedigte                        9                   1 (2 gedigte)

LET WEL: Maak seker dat jy vrae oor slegs TWEE afdelings beantwoord het.

                                                                                         b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                   AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL
                                                                                  5
                                   (Vraestel 2)                   10022/22

AFDELING A: ROMAN

Beantwoord slegs EEN vraag oor die roman wat jy bestudeer het.

VRAAG 1: KRINGE IN ʹN BOS – Dalene Matthee

HIERDIE ROMAN WORD NIE IN GAUTENG GETOETS NIE

VRAAG 2: DIE ONGELOOFLIKE AVONTURE VAN HANNA HOEKOM –
         Marita van der Vyver

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS C

               3. Bloedvingers, suikervingers, groenvingers ...

                                        ʺOns beplan ŉ gróót partytjie in
die gramadoelas!ʺ
  Watse partytjie, vra ek verbaas, ek dog dis net Sharon wat kom?
  Maar Mana maak of sy my nie hoor nie en vertel vir Gavin van
hierdie stunning huis op ŉ berg waar ons gaan vakansie hou, laat             5
dit soos ŉ vyfsterhotel klink, tot Gavin haar omtrent soebat om
hom saam te nooi.
  ʺOukei, dan bly jy oor vir ŉ nag of twee,ʺ sê Mana ingenome.
Maak of sy nie sien hoe wanhopig ek my kop skud nie. ʺWil jy
iemand saambring? Die huis is groot genoeg, hoor!ʺ                           10
  Net nie dít nie, dink ek, te wanhopig om selfs my kop te skud.

                                         ***
Intussen wonder ek of ek rêrig ŉ sielkundige riller wil skryf. Ek be-
doel, as ek nou vir Fabienne toelaat om haar gesinslede een vir
een dood te wens, gaan sy óf in ŉ weeshuis óf in ŉ malhuis be-
land. Oukei, miskien gaan sy fantastiese kunswerke skep terwyl sy            15
in ŉ gestig toegesluit is ̶ maar wat word dan van my? Die hele
punt is tog dat ek my lewe wil omruil met hare.
      Ek wil by die tandarts en die groenvingervrou gaan woon.
      Ek wil ŉ suster hê wat elke aand vir my sjokolademousse maak.
      Ek is bevrees daar is net één oplossing. Ek sal van Fabienne ont-      20
slae moet raak. Soms dwing die lewe ŉ mens om wrede keuses
te maak.

                                                                                      b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                  AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL
                                                                                            6
                                  (Vraestel 2)                   10022/22

2.1   ʺOns beplan ŉ gróót partytjie in die gramadoelas!ʺ (Reël 1 – 2)

      Hoekom beplan hulle ŉ partytjie?                                                      (1)

2.2   Wat bedoel Mana met die vetgedrukte woord?

      ʺOns beplan ŉ gróót partytjie in die gramadoelas!ʺ (Reël 1 – 2)                       (1)

2.3   ʺMaar Mana ... vertel vir Gavin van hierdie stunning huis op ŉ berg ... laat dit
      soos ŉ vyfsterhotel klinkʺ (Reël 4 – 6)

      2.3.1 Wie is die manlike karakter in die aanhaling en watter tipe werk doen
            hy?                                                                             (2)

      2.3.2 Verduidelik waarom die ʺstunning huisʺ wat soos ŉ vyfsterhotel klink vir
            Hanna ironies is.                                                               (2)

2.4   Hanna wou nie haar biologiese pa by die partytjie hê nie.

      2.4.1 Hoe het die verhouding tussen Hanna en haar biologiese pa deur die
            loop van die roman verander?                                                    (1)

      2.4.2 Gee TWEE bewyse om jou antwoord in VRAAG 2.4.1 te motiveer.                     (2)

2.5   Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter
      (A – D) langs die vraagnommer (2.5) neer.

      Hanna se beste vriendin se naam is …

      A     Margot.
      B     Sharon.
      C     Camille.
      D     Fabienne.                                                                       (1)

2.6   Die titel van hierdie hoofstuk is ʺBloedvingers, suikervingers, groenvingers …ʺ
      Kies die persoon in KOLOM B wat by die inligting in KOLOM A pas. Skryf slegs
      die letter (A – D) langs die vraagnommers (2.6.1 tot 2.6.4) neer.

                  KOLOM A                                    KOLOM B
      2.6.1 Bloedvingers                        A     Hanna se broer

      2.6.2 Suikervingers                       B     Fabienne se pa

      2.6.3 Groenvingers                        C     Fabienne se ma

      2.6.4 Proefbuisbaba                       D     Fabiene se broer

                                                E     Fabienne se suster
                                                                                  (4 x 1)   (4)

                                                                                                b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL
                                                                                        7
                                 (Vraestel 2)                   10022/22

2.7   Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die
      vraagnommer (2.7.1) en die antwoord neer.

      2.7.1 Fabienne tree op as Hanna se (alterego/stereotipe) in die roman.            (1)

      2.7.2 Motiveer jou antwoord in VRAAG 2.7.1.                                       (1)

2.8   ʺIntussen wonder ek of ek rêrig ŉ sielkundige riller wil skryf.ʺ (Reël 12)

      2.8.1 Wat, volgens Hanna, sal die riller se naam wees?                            (1)

      2.8.2 Hoe gaan Fabienne in hierdie sielkundige riller dood?                       (1)

                                              EN

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS D

                   12. Wat van ŉ ongelukkige einde?

Gavin verdien ŉ medalje. Hy moes elke truuk in die boek uithaal
om hierdie konsert gereël te kry. Dit het hom omtrent ŉ uur van
vlei en soebat en dreig en skel gekos net om die blonde koningin
uit haar kamer te kry. Ek weet, want ek het naby die deur gestaan
en hulle skaamteloos afgeluister.                                                  5
        ʺGavin, poplap, ek woon in Los Angeles,ʺ het sy op ŉ baie sne-
dige manier gesê. ʺEk kan in dieselfde restaurant as Tom Cruise of
Bruce Willis gaan eet. Ek het nie hierdie konsertjie nodig nie.ʺ
                                      ***
                                              ʺ ŉ Mislukte
ma en ŉ mislukte aktrise. Sou jy nie ook iemand anders wou                         10
wees as jy ek was nie? ʺ
        ʺAs ons praat van mislukte ouers … wel, dan kyk jy waarskyn-
lik na die wêreldkampioen.ʺ Gavin het so hard gesug dat ek hom
kon hoor. ʺEn as modepop is ek ook maar middelmatig.ʺ
        ʺMoenie melodramaties wees nie, Gavin.ʺ                                    15
        ʺSien jy wat ek bedoel? Selfs as ek simpatie soek, misluk ek!ʺ
        Ek dog hy huil. So ŉ snaakse snik in sy stem. Toe besef ek hy
 lag.
        Die koningin het ook ŉ wrang laggie gegee. ʺMiskien moet
ons ŉ organisasie stig. Mislukkers Anoniem. 'My naam is Margot                     20
Jordan en ek is ŉ mislukking …'ʺ
        ʺJou naam is nie Margot Jordan nie,ʺ het Gavin haar herinner.

                                                                                            b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL
                                                                                      8
                                 (Vraestel 2)                   10022/22

2.9   ʺGavin verdien ŉ medalje.ʺ (Reël 1)

      2.9.1    Hoekom verdien Gavin ŉ medalje?                                            (1)

      2.9.2    Waarom reël Gavin hierdie konsert?                                         (1)

      2.9.3    Waar hou Gavin die konsert?                                                (1)

2.10 Gavin het die prys gewen vir die beste item by die konsert.

      Sê waarom die stelling ONWAAR is.                                                   (1)

2.11 ʺEk weet, want ek het naby die deur gestaan en hulle skaamteloos afgeluister.ʺ
     (Reël 4 – 5).

      Dink jy dit is reg om ander mense af te luister? Motiveer jou antwoord.             (1)

2.12 ʺSou jy nie ook iemand anders wou wees as jy ek was nie?ʺ (Reël 10 – 11)

      Wat bedoel Margot met hierdie vraag aan Gavin?                                      (1)

2.13 ʺAs ons praat van mislukte ouers … wel, dan kyk jy waarskynlik na die
     wêreldkampioen.ʺ (Reël 12 – 13)

      2.13.1   Gee TWEE redes waarom Gavin homself as ŉ mislukte ouer beskou.             (2)

      2.13.2   Hoekom beskou Margot haarself as ŉ mislukte ouer?                          (1)

2.14 Dink jy Gavin en Margot het rede om soos mislukte ouers te voel? Motiveer jou
     antwoord.                                                                            (1)

2.15 ʺMiskien moet ons ŉ organisasie stig.ʺ (Reël 19 – 20)

      Wat is die doel van hierdie organisasie?                                            (1)

2.16 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf net die
     letter (A – D) langs die vraagnommer (2.16) neer.

      ʺJou naam is nie Margot Jordan nie,ʺ het Gavin haar herinner. (Reël 22)

      Margot Jordan se regte naam is …

      A        Magrieta Jordaan.
      B        Maria Johanna Jordaan.
      C        Maria Gertruida Jordaan.
      D        Maria Gertruida Johanna Jordaan.                                           (1)

2.17 Watter innerlike konflik het Margot ten opsigte van haar ma-wees ervaar?             (2)

                                                                                          b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL
                                                                                     9
                                 (Vraestel 2)                   10022/22

2.18 Hou jy van Hanna se karakter?

       Motiveer jou antwoord.                                                       (1)

2.19   Dink aan die volgende karakters in die roman: Mana, Amos en Fabienne.

       Watter karakter, dink jy, het die grootste rol in Hanna se lewe gespeel?
       Motiveer jou antwoord deur te sê WATTER rol die karakter in Hanna se lewe
       gespeel het en HOEKOM daardie karakter Hanna se lewe positief beïnvloed
       het.                                                                          (2)
                                                                                    [35]

VRAAG 3: MEEULANDERS – Esta Steyn

HIERDIE ROMAN WORD NIE IN GAUTENG GETOETS NIE.

VRAAG 4: LIEN SE LANKSTAANSKOENE – Derick van der Walt

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS G

  ʺSal Ma weer drink …?ʺ vra Lien ná ŉ ruk huiwerig. ŉ Wit skoen-
lapper kom sit op haar ma se hand. Haar ma kyk na die skoenlapper.
  ʺDie Here weet, ek weet nie. Harry sê dit bly by jou vir die res van
jou lewe.ʺ Sy draai na Lien. ʺMaar ek gaan vrek hard probeer, regtig,
regtig.ʺ                                                                       5
  Daar is so baie wat Lien vir haar ma wil sê, maar sy kry net nie die
woorde in haar kop raakgevat nie en dié wat sy wel raakvat, maak dit nie
tot by haar droë mond nie.
  ʺSal ons ooit vir Pa kan vergewe?" vra sy huiwerig. Sy weet nie waar
dít vandaan kom nie.                                                           10
                                        ***
  Die bewaarder bly by die deur staan. Hy beduie Lien moet gaan sit.
Sy gaan sit op die harde houtbankie, so ver moontlik van die ander
mense af.
  Dan sien sy hom by die deur inkom aan die ander kant van die ver-
trek.                                                                          15
  Sy voel skielik yskoud. Sy voel trane iewers brand. Haar keel trek toe.
Sy kyk en sy kyk.
  Hy het grys geword. Hy loop effens krom, sy oë soekend. Hy gaan
staan toe hy haar sien, kyk roerloos na haar.
                                         ***
  "Ek gaan nie meer regte swot nie," verander sy die onderwerp.                20
  Hy lyk teleurgesteld.
  "Maar daar is mos geld vir julle studies. Niemand het aan julle studie-
polisse geraak nie ... En nie alle prokureurs is skelm nie!" sê hy heftig.

                                                                                         b.o.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                   AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL
                                                                                       10
                                   (Vraestel 2)                   10022/22

4.1   ʺSal Ma weer drink …? ʺ (Reël 1)

      Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

      4.1.1     Lien se vraag dui op (sekerheid/onsekerheid).                           (1)

      4.1.2     Verduidelik waarom Lien so gevoel het in VRAAG 4.1.1.                   (1)

4.2   Waar besoek Lien haar Pa?                                                         (1)

4.3   Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter
      (A – D) langs die vraagnommer (4.3) neer.

      Met die baie vrae wat Lien tydens hierdie besoek vir haar ma vra, wil die
      verteller aandui dat ...

      A       Lien wou weet wat om vir tannie Bets van haar ma te gaan vertel.
      B       Lien nie gehou het van die stiltes wat daar in die gesprek was nie.
      C       dit vir Lien belangrik is om haar ma se situasie te verstaan.
      D       Lien baie nuuskierig is.                                                  (1)

4.4   Noem TWEE maniere hoe Lien gewys het dat die besoek aan haar ma vir haar
      moeilik was.                                                                      (2)

4.5   Lien het uiteindelik besluit om te studeer om ŉ prokureur te word.

      4.5.1     Haal ŉ sin uit die uittreksel aan om aan te dui dat hierdie stelling
                ONWAAR is.                                                              (1)

      4.5.2     Gee TWEE moontlike redes waarom haar pa dink sy nie meer regte
                wou studeer nie.                                                        (2)

      4.5.3     Wat het Lien uiteindelik gaan swot?                                     (1)

4.6   Noem TWEE veranderinge wat Lien by haar pa raakgesien het.                        (2)

4.7   In hierdie verhaal is daar ŉ paar temas byvoorbeeld vriendskap, vergifnis en
      armoede.

      4.7.1     Watter EEN van hierdie temas kom die duidelikste in hierdie twee
                uittreksels na vore?                                                    (1)

      4.7.2     Motiveer jou antwoord in VRAAG 4.7.1 deur na Lien te verwys.            (1)

4.8   Wat is die figuurlike betekenis van die titel Lien se lankstaanskoene?            (1)

4.9   In hierdie verhaal ondergaan Lien veranderinge. Verduidelik hoe verander Lien
      teenoor Gerhard.                                                                  (2)

                                                                                        b.o.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL
                                                                                            11
                                 (Vraestel 2)                   10022/22

4.10 As jy in Lien se skoene was en jou Ma was ŉ alkoholis, hoe sou jy haar
     probleem aangespreek het?                                                               (1)

                                                    EN

      TEKS H

            Moet jy nie liewer dít nie, of moet jy nie liewer dát nie, is Donovan se
       storie. En so gaan dit aan.
            Lien weet ook presies wat sy moet doen. Sy moet die telefoon ant-
       woord en die afspraakboek op datum hou. Sy moet elke halfuur vee en
       vir die kliënte iets te drinke aandra. Die kombuis is ook haar baba en sy       5
       moet die tydskrifte op die koffietafel in die ontvangshoekie gedurig op
       ŉ netjiese hopie stapel. Dan moet sy die trollie en die toonbank afvee en
       die horde botteltjies in ŉ netjiese ry op die trollie rangskik.
                                               ***
            Tibbey-op-ŉ high gaan soos ŉ hanswors te kere, maak verspotte
       danspassies en roep kort-kort iets vir die suur motoriste.                      10
            ʺSomething for the poor, my koning!ʺ hoor sy hom agter haar rug
       roep.
            Agterna kon Lien nie onthou of sy eers die dowwe slag en toe die
       skreeuende remme gehoor het, of eers die remme en toe die slag nie. Wat
       sy wel duidelik kan onthou, is dat dit vir ŉ oomblik doodstil was.              15
            Toe begin ŉ vrou histeries gil. Mense hardloop by Lien verby in die
       rigting van die slag. Lien voel skielik yskoud. Sy draai stadig om. Mense
       koek om iets op die grond by Entertainment Corner. Lien soek die blou
       petjie. Daar is te veel mense.

4.11 Sekere karakters het Lien baie gehelp.

      Kies die karakter in KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf
      slegs die letter (A – D) langs die vraagnommers (4.11.1 tot 4.11.4) neer.

                      KOLOM A                                  KOLOM B
       4.11.1 Hierdie karakter het vir Lien          A    Tannie Bets
              gewys hoe om die motoriste te
              vermaak terwyl hulle bedel.            B    Gerhard/Kuifie

       4.11.2 Hierdie karakter het vir Lien-hulle    C    Tant Malie
              altyd iets gegee om te eet.
                                                     D    Tibbey
       4.11.3 Hierdie karakter het gehelp dat
              Lien se ma hulp by die kliniek kry.    E    Wouter

       4.11.4 Hierdie karakter het vir Lien van
              die begin af morele
              ondersteuning gegee.
                                                                                  (4 x 1)    (4)

                                                                                             b.o.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL
                                                                                        12
                                (Vraestel 2)                   10022/22

4.12 Lien het by drie plekke gewerk. Rangskik die plekke waar sy gewerk het in die
     korrekte volgorde. Skryf slegs die vraagnommer (4.12) en die letters in die
     korrekte volgorde neer.

      A Millenium Creations
      B Op straat bedel om geld bymekaar te maak
      C Malie se Tuin/Malie's Garden                                                     (3)

4.13 Wat het Lien Tant Malie se koffiewinkel genoem?                                     (1)

4.14 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die
     vraagnommer (4.14.1) en die antwoord neer.

      4.14.1 Lien was bereid om op die hoek van die straat te staan en bedel. Hieruit
             kan die leser aflei dat Lien (opgewonde/desperaat) was om geld te
             verdien.                                                                    (1)

      4.14.2 Motiveer jou antwoord in VRAAG 4.14.1.                                      (1)

4.15 Som die gebeure op wat aanleiding gegee het dat Lien by Millennium Creations
     begin werk het.                                                                     (3)

4.16 "Agterna kon Lien nie onthou of sy eers die dowwe slag en toe die skreeuende
     remme gehoor het." (Reëls 13 – 14).
     Vul die ontbrekende woord in:

      Die ʺblou petjieʺ wat Lien tussen die mense soek, behoort aan …                    (1)

4.17 Na die gebeurtenis in VRAAG 4.16 het Dirkie gewys dat hy iemand is op wie
     Lien kan staatmaak. Motiveer hierdie stelling deur aan te dui hoe hy haar gehelp
     het.                                                                                (1)

4.18 Dink jy Lien se optrede was normaal nadat sy die slag gehoor het? Motiveer jou
     antwoord.                                                                           (1)

4.19 Lien se stryd was een van oorlewing.
     Hoe inspireer Lien se stryd om oorlewing jou?                                       (1)
                                                                                        [35]

                                                             TOTAAL AFDELING A:          35

                                                                                         b.o.

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
                                 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL
                                                                                  13
                                 (Vraestel 2)                   10022/22

AFDELING B: DRAMA

Beantwoord slegs EEN vraag oor die drama wat jy bestudeer het.

VRAAG 5: POPPIE – DIE DRAMA – Elsa Joubert en Sandra Kotze

HIERDIE DRAMA WORD NIE IN GAUTENG GETOETS NIE.

VRAAG 6: PALJAS – Chris Barnard

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS K

         Die landskap is die Karoo. ŉ Uitgestrekte, eenselwige,
         eensame omgewing met gannabos, skaap en koringlande.
         En dansende lugspieëlings.
            Deur die middel van hierdie landskap loop ŉ grondpad
         en ŉ spoorlyn, en langs die spoorlyn is ŉ spoorweghalte.            5
         Dis skaars ŉ halte. Dis ŉ perron, ŉ sinkwagkamer en
         -kantoor, ŉ watertoring, ŉ paar bloekom- en peperbome, ŉ
         paar vervalle skure, ŉ laaiplek vir diere, ŉ windpomp en ŉ
         spoorweghuis met ŉ wye voorstoep. Dis die soort plek waar
         treine nie stop nie.                                                10
            Die plase is groot en die naaste plaasopstal sowat vyf
         kilometer weg.
            ŉ Klompie kilometer suid van die halte is ŉ kleinerige
         dorp met ŉ paar winkels, ŉ koöperasie, ŉ klompie huise
         en ŉ massiewe kerk.                                                 15

         1. ŉ Uitgestrekte Karoolandskap. Dis net ná dagbreek.
         Op die oostelike horison is ŉ stoomtrein onderweg met sy
         swart rookpluim duidelik sigbaar teen die lug.

         2. Hendrik en Katrien se slaapkamer. Die eerste oggendlig
         val deur die venster. Katrien klim uit haar enkelbed en             20
         maak klein Willem toe wat in dieselfde bed lê. Sy sit ŉ
         oomblik vir die vertrek en kyk – ook vir die slapende
         Hendrik op die enkelbed oorkant haar. Die lig val effens
         oor sy gesig.

         3. In die kombuis het Katrien die koolstoof klaar gepak             25
         en sy steek die vuur aan met ŉ stukkie papier wat sy in
         die kersvlam maak brand.

                                                                                   b.o.

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
                                    AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL
                                                                                         14
                                    (Vraestel 2)                   10022/22

6.1 Wat is die stasie se naam?                                                            (1)

6.2 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter
    (A – D) langs die vraagnommer (6.2) neer.

     Die omgewing speel ŉ belangrike rol in karakteruitbeelding.
     Vir Katrien, het die Karoo haar ŉ gevoel van ... gegee.

     A       isolasie, jovialiteit en verlatenheid
     B       eensaamheid, isolasie en jovialiteit
     C       verlatenheid, eensaamheid en isolasie
     D       jovilialiteit, verlatenheid en eensaamheid                                   (1)

6.3 ʺOp die oostelike horison is ŉ stoomtrein onderweg met sy swart rookpluim duidelik
    sigbaar teen die lug.ʺ (Reël 17 – 18)

     Watter innerlike konflik beleef Katrien as sy na die trein kyk?                      (2)

6.4 Uit die kommunikasie wat Katrien met Frans gehad het, kan die leser aflei dat
    Frans verlief was op Katrien.

     Was Katrien spyt dat sy nie dieselfde gevoelens vir hom gehad het nie? Motiveer
     jou antwoord.                                                                        (1)

6.5 Willem was opgewonde om die dieretrein te sien.

     Noem TWEE redes waarom Hendrik nie wou gehad het dat Willem na die trokke
     moes gaan nie?                                                                       (2)

6.6 Verduidelik hoekom Hendrik graag wou hê dat Emma met Nollie moes trou.                (1)

6.7 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die vraagnommer
    (6.7.1) en die antwoord neer.

     6.7.1     Hendrik was (gelukkig/ongelukkig) dat uitlanders op die stasie kampeer
               het.                                                                       (1)

     6.7.2     Motiveer jou antwoord in VRAAG 6.7.1.                                      (1)

6.8 Het die verhouding tussen Katrien en Hendrik later in die drama verander? Gee
    TWEE feite om jou antwoord te motiveer.                                               (2)

                                                                                          b.o.

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
                                 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL
                                                                                             15
                                 (Vraestel 2)                   10022/22

6.9   Kies die gevolg in KOLOM B wat by die gebeure in KOLOM A pas. Skryf slegs die
      letter (A – D) langs die vraagnommers (6.9.1 tot 6.9.4) neer.

                        KOLOM A                                KOLOM B
      6.9.1    Die gemeenskap se soektog na        A     Die volstruisdans was ŉ
               die nar.                                  mislukking.

      6.9.2    Die sirkustrein kom na Hendrik se   B     Hy help Willem weer praat.
               stasie.
                                                   C     Manuel word ernstig beseer.
      6.9.3    Manuel se vriendskap met
               Hendrik se seun.                    D     Macdonald se vrede was
                                                         ontwrig.
      6.9.4    Die gemeenskap gooi Hendrik se
               familie met eiers.                  E     Katrien het saam met haar
                                                         minnaar gevlug.
                                                                                   (4 x 1)    (4)

6.10 Dink aan Hendrik en beskryf EEN manier waarop hy sy gevoelens verberg het.               (1)

                                              EN

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS L

         HENDRIK: Ag, nee wat. Kyk.(Hy hou sy arms oop.) Ons
         makeer niks.
         OUDERLING BOTHMA: Die mense het begin ry anderkant.
         Die dans is in sy kanon in.
         HENDRIK: Kom in. Kom sit. Ek was juis van plan om ŉ                   5
         knertsie in te gooi.
         SAKKIE: Die vrouens sit in die kar.
         HENDRIK:Nou bring hulle. Bring hulle. Bring hulle.

              Hy wink hulle nader terwyl nog twee motors kom
              stilhou.                                                        10

         143. Nollie en Emma is alleen in die eetkamer. Langsaan in
         die voorkamer is ŉ gedruis van stemme, musiek en gelag.
         Emma staan langs ŉ stoel met haar hand op die leuning.
         Nollie sit sy hand op hare neer. Sy kyk vir hom. En albei weet:
         dit gaan nou gebeur. Uiteindelik. Sy gesig kom baie stadig           15
         nader na hare toe, en haar mond wag onseker vir syne.
             Die middeldeur vlieg oop en Willem kom binne.
             Nollie en Emma ruk van mekaar af weg.
             En Willem steek vas. Hy het ŉ eier in sy een hand en
         die konsertina in sy ander hand. Hy steek die eier in sy             20
         hempsak.

                                                                                              b.o.

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
                                 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL
                                                                                       16
                                 (Vraestel 2)                   10022/22

          EMMA: Kan jy nie klop nie? (Hy staar net terug.)
          NOLLIE: Waarheen gaan jy met daardie eier?
          EMMA: Gaan jy al weer met jou trieks begin?
          WILLEM: Pa sê ek moet. (Hy gaan op die stoep uit. Daar steek         25
          ŉ string sakdoeke agter onder sy hemp uit.)

6.11 In die drama kan karakters in konfliksituasies beland.

      6.11.1 Noem EEN insident wat die kontras in Emma en Nollie se verhouding
             later in die drama bewys.                                                  (2)

      6.11.2 Watter afleiding kan die leser maak in verband met Emma se veranderde
             houding teenoor Nollie later in die drama?                                 (1)

6.12 Dink jy dat die windpomp ŉ simboliese betekenis vir Willem het?
     Motiveer jou antwoord.                                                             (2)

6.13 Som DRIE gebeure op wat aanleiding daartoe gegee het dat die dorpenaars die
     nar gejaag het.                                                                    (3)

6.14 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
     letter (A – D) langs die vraagnommer (6.14) neer.

      Alhoewel Katrien ŉ getroude vrou is, het Frans haar aantreklik gevind. Frans
      se optrede was gemotiveerd deur Katrien se …

      A     eensaamheid.
      B     romantiese gemoed.
      C     emosionele stabiliteit.
      D     gelukkigheid in haar oё.                                                  (1)

6.15 Kan jy Manuel, die nar, as ŉ redder bewonder? Motiveer jou antwoord.             (1)

6.16 Sê waarom die stelling ONWAAR is.

      ŉ Paar dorpsmense het ná die volstruisdans na Hendrik se huis gegaan om
      skoor te soek. Motiveer jou antwoord.                                           (1)

6.17 Noem DRIE positiewe invloede wat Manuel se vriendskap op Willem gehad
     het.                                                                             (3)

6.18 Waarom het Katrien by Hendrik gebly? Gee TWEE redes vir jou antwoord.            (2)

6.19 Noem TWEE feite wat verduidelik dat Hendrik die dorpenaars vergewe het vir
     die gebeure by die volstruisdans.                                                (2)
                                                                                     [35]

                                                                                            b.o.

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
                                 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL
                                                                                  17
                                 (Vraestel 2)                   10022/22

VRAAG 7: FIELA SE KIND – DIE DRAMA – Dalene Matthee

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS M

WILLEM af.
ELIAS : ŉ Man sukkel tot sy kinders die dag groot genoeg is
  om te kan help, maar ek sal nou nog lank moet sukkel.
  Willem is maar ses, Kristoffel vyf, Lukas is drie en Nina
  nog aan die tiet.                                                           5

BARTA kom soos ŉ gedaante deur die mis aan.
BARTA : Elias?
ELIAS : Wat is dit nou weer, vrou? Kan julle nie sien ek is besig
  nie?
BARTA : Was die kind nie hier by jou nie?                                    10
ELIAS : Ek het jou mos gesê hy was nie hier nie.
BARTA : Ek was by Sofie, hy’s nie daar nie.
MALIE, TANT GERTJIE en SOFIE op.
TANT MALIE : Dit het my oorle antie agter in Karatara se bos
  oorgekom. Sy het gedink die kind is saam met die ander om                  15
  te gaan vuurhout kap en so kom sy dit eers die middag agter
  dat hy wég is. Meer as ŉ week later het hulle die verkluimde
  liggaampie gekry. Ons is nog die dag begrafnis toe.

BARTA druk ŉ vuis in haar mond en byt op haar kneukels.

ELIAS : Ek sê vir julle, die kind is nie weg nie. Loop kyk weer              20
  in julle huise, almal van julle, kyk onder elke katel en
  oralster.
                                    ***
LANGE : Kan ons sitgoed kry?
FIELA : Wat is baas-hulle se besigheid?
LANGE : Sensus.                                                              25
FIELA : Wat is dit?
LANGE : Die Goewerment gaan al die mense in die land laat
   tel, …

7.1   Fiela se kind – die drama, kan as teks deur ŉ persoon gelees word of in ŉ
      teater deur akteurs opgevoer word.

      7.1.1    Waarom is die woord ʺafʺ in reël 1 skuins gedruk?                  (1)

      7.1.2    Op watter twee maniere kan ŉ dramaturg tydsverloop in ŉ drama
               aandui?                                                            (2)

                                                                                        b.o.

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
                                  AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL
                                                                                           18
                                  (Vraestel 2)                   10022/22

7.2   Die leser ontmoet die van Rooyen-gesin in TEKS M.

      7.2.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die
            vraagnommer (7.2.1) en die antwoord neer.

              Die (eksposisie/verwikkeling) gee vir die leser inligting oor die probleme
              wat die karakters ondervind.                                                 (1)

      7.2.2 Die van Rooyen-gesin kry nie finansieel swaar nie.

              Motiveer met TWEE feite waarom die stelling ONWAAR is.                       (2)

      7.2.3 Wat noem die van Rooyens olifante?                                             (1)

7.3   ʺEk sê vir julle, die kind is nie weg nie. Loop kyk weer in julle huise, almal van
      julle, kyk onder elke katel en oralster.ʺ (Reël 20 – 22)

      7.3.1    Wat lei ons van Elias se karakter af wanneer ons die uittreksel lees?       (1)

      7.3.2    Watter innerlike konflik kon Elias hier ervaar het? Noem beide kante
               van die konflik.                                                            (2)

      7.3.3    Waarom het Barta nie agtergekom dat Lukas weg is nie?                       (1)

7.4   Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
      letter (A – D) langs die vraagnommer (7.4) neer.

      Die van Rooyen-gesin se stapeldieet bestaan uit …

      A        wortels.
      B        patats.
      C        vis.
      D        vleis.                                                                      (1)

7.5   ʺSensus.ʺ (Reël 25)

      7.5.1    Verduidelik waarom die koms van die sensusmanne die motoriese
               moment in die drama is.                                                     (1)

      7.5.2    Vertel hoe Lange vir Fiela stereotipeer wanneer hulle by Lange Kloof
               aankom.                                                                     (1)

7.6   Vertel van DRIE geleenthede waar dit duidelik is dat Fiela ŉ goeie ma vir
      Benjamin is.                                                                         (3)

7.7   Was Benjamin gelukkig om in die Bos te woon? Motiveer jou antwoord.                  (1)

                                             EN

                                                                                                 b.o.

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
                                 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL
                                                                                         19
                                 (Vraestel 2)                   10022/22

      TEKS N

       LUKAS : Ek is Fiela Komoetie se kind.
       NINA : Hulle sê dan sy’s bruin. Waar kan ŉ bruin mens ŉ wit
          kind hê? Jy’s onse Lukas wat weggeraak het.
       LUKAS: Ek sê jou dis ŉ lieg.
       NINA : Pa sê Ma het jou dadelik uitgeken.                                    5
       LUKAS : Jou pa kan sê wat hy wil, ek sê vir jou ek is nie julle
          kind nie.
       NINA (snipperig): Nou wie se kind is jy dan miskien?
       LUKAS : Ek weet nie. Ons moet omdraai. Neem my terug na
          julle huis toe.                                                           10
          NINA hardloop weg.
       LUKAS (op band): Sy wou nie. Sy het soos ŉ wilde ding
          weggespring en sonder omkyk verder teen die helling
          afgehol.
       LUKAS : Miesiekind, stop! (Pouse.) Meisiekind! Nina! (Elke keer              15
          wanneer hy roep, antwoord ŉ voël hom.) Nina! (Voël.) Nina,
          wag vir my! (Voël. LUKAS se stem word al hoe benouder.)
          Nina! (NINA skater skielik van die lag naby hom.) Jou blerrie
          simpel ding!
       NINA : Jy was tog lekker bang, lekker bang, lekker bang!                     20
       LUKAS : Onbeskofte ding!
       NINA : Jy’t tog lekker gesoek na my!
       LUKAS : Simpel ding!
       NINA : (grawe agter ŉ boom): Onthou, Lukas, jy’t belowe om nie
          te loop sê nie.                                                           25
                                      ***
       KALIEL : Die skepe betaal goed vir toutjiesvleis. Kan jy ŉ
          bloubokkiestrik stel?
       LUKAS : Is hier dan bloubokkies ook?
       KALIEL : So ŉ paar, ja.
       LUKAS : Ek stel nie bloubokkiestrikke nie.                                   30
                                          ***
       KALIEL : Die Lord of the Isles se kaptein het my laas ses sjielings
         vir ŉ bloubokkie betaal.
       LUKAS : Waar kom al die skepe vandaan?

7.8   Dink jy dit is regverdig dat Benjamin sonder Fiela voor die magistraat moes
      verskyn? Motiveer jou antwoord.                                                     (1)

7.9   Deur vir Benjamin netjies aan te trek wou Fiela hê die magistraat moes sien die
      Komoeties is nie kaalgatte nie.

      Dink jy Fiela se optrede was suksesvol? Motiveer jou antwoord.                      (1)

7.10 Watter karaktereienskap van Barta word openbaar wanneer sy na Lange luister
     en die seuntjie in die blou hempie kies?                                             (1)

                                                                                          b.o.

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
                                 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL
                                                                                          20
                                 (Vraestel 2)                   10022/22

7.11 Wat doen Elias en Barta met die kos wat Fiela vir Benjamin ingepak het?               (1)

7.12 Som die gebeure in DRIE sinne op wat daartoe gelei het dat Nina gedink het
     Lukas is haar verlore broer.                                                          (3)

7.13 Wat is Nina se geheim?                                                                (1)

7.14 Wat het Elias met Nina se hare gedoen?                                                (1)

7.15 Wie het vir Lukas by Kaliel se huis kom soek?                                         (1)

7.16 Waarvan is die see simbolies in Benjamin se lewe?                                     (1)

7.17 Waarom, dink jy, stuur Fiela vir Nina groete in die brief wat sy vir Benjamin
     skryf?                                                                                (1)

7.18 Dink aan die mense van Knysna en die omgewing.

      Kies die karakter in KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf
      slegs die letter (A – E) langs die vraagnommers (7.18.1 tot 7.18.4) neer.

                     KOLOM A                                      KOLOM B
       7.18.1 Nina se beskermvrou                   A     Dikke

       7.18.2 Wil ŉ volbloed-seeman word            B     Miss Weatherbury

       7.18.3 Die loodsman by die Knysna-           C     Barta
              koppe
                                                    D     John Benn
       7.18.4 Onthou die voorval toe Lukas
              weggeraak het                         E     Kaliel September
                                                                                (4 x 1)    (4)

7.19 Met watter karakter in die Komoetie-gesin kan jy identifiseer? Motiveer jou
     antwoord.                                                                             (1)
                                                                                          [35]

                                                                  TOTAAL AFDELING B:      [35]

                                                                                           b.o.

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
                                  AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL
                                                                                        21
                                  (Vraestel 2)                   10022/22

AFDELING C: KORTVERHALE

Beantwoord die vrae oor AL TWEE kortverhale uit die bundel wat jy bestudeer het.

VRAAG 8: SPIEЁLBEELDE

8.1 ʹVEGVLIEËNIER VIVIANʹ – Francois Geringer

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS O

         ʺLuitenant Maile, jy sal op ŉ hoogte van tweeduisend
 meter bokant die gevegsone sirkel en slegs bystand verleen
 deur ons in kennis te stel van die vyandelike vliegtuie se
 posisies ten opsigte van elkeen van ons. Ek verlang deurlopende
 kommentaar. Bevestig dat jy verstaan!ʺ                                            5
   ʺMaar Kaptein!ʺ protesteer sy en voel onmiddellik opstandig.
 ʺWeereens word geen vertroue in my openbaar nie,ʺ vertolk sy
 sy bars bevele. ʺDie feit dat ek ŉ vrou is, maak nie van my ŉ
 swakkeling nie!ʺ sê sy afgemete in haar mikrofoon, wetende dat
 verontagsaming van ŉ bevel of teëpratery nie geduld word nie                      10
 en dat sy sekerlik voor ŉ tugkomitee gaan verskyn.
   ʺBasta! Ek het klaar gepraat!ʺ kap sy stem terug na haar.
 Iemand lag sag in sy mikrofoon...

                                         ***

     Hy kry haar egter ook jammer en om haar enige verdere
 verleentheid te spaar, skets hy vir haar oorsigtelik die werking van die          15
 ystervuis van die lugmag.
    Sy is egter meer geïnteresseerd as wat hy dink en dit is nie lank nie
 of hy moet alles tot in die fynste besonderhede beskryf.
    Die offisier laat haar toe om die stuurstang liggies te hanteer. ŉ
 Wonderlike gewaarwording skop in haar nes. ʺDie wonderwerk gaan                   20
 deel van my toekoms word,ʺ besluit sy daar en dan, min wetende dat
 haar onmiddellike toekoms juis as gevolg daarvan nie juis teerpad en
 afdraande sou wees nie.

        8.1.1   ʺMaar Kaptein!ʺ (Reël 6)

                Wie (die naam) word as ʺKapteinʺ (Reël 6) aangespreek?                   (1)

        8.1.2   Vertel van DRIE geleenthede/gebeure wat Vivian kon ontmoedig om
                haar droom om ŉ vegvlieënier te word, na te streef.                      (3)

                                                                                         b.o.

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
                         AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL
                                                                                    22
                         (Vraestel 2)                   10022/22

8.1.3   Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die
        vraagnommer (8.1.3) en die antwoord neer.

        ŉ Sekere gedeelte van die kortverhaal is kursief gedruk. Die rede
        daarvoor is dat dit (dui op Vivian se gedagtes/die leser insig gee oor
        gebeure in die verlede).                                                     (1)

8.1.4   Wie was die eerste persoon wat Vivian afgeraai het om ŉ vegvlieënier
        te word?                                                                     (1)

8.1.5   ʺDie feit dat ek ŉ vrou is maak nie van my ŉ swakkeling nie!ʺ
        (Reël 8 – 9)

        Gee TWEE redes waarom Vivian so gevoel het.                                  (2)

8.1.6   In enige kortverhaal is daar gebeure en gevolge.

        Kies die gevolg in KOLOM B wat by die gebeure in KOLOM A pas.
        Skryf slegs die letter (A – E) langs die vraagnommers (8.1.6 (a) tot
        8.1.6 (d)) neer.

                 KOLOM A                                 KOLOM B
 (a)    Vivian stem nie saam met die         A     ŉ Lewensgevaarlike
        instruksies van haar kaptein nie.          situasie

 (b)    ŉ Verrassingsaanval uit ŉ            B     ŉ Lewe word gered.
        noordelike buurstaat.
                                             C     Die grasieuse, dog
 (c)    Die vyand weet van die eskader             gevaarlike bewegings van
        se posisie.                                vegvliegtuie

 (d)    Lugspoorkoeëls word op die           D     Daar sal ŉ tugverhoor
        vyand afgejaag.                            gehou word.

                                             E     Lewensverlies
                                                                           (4 x1)    (4)

8.1.7   ʺ... haar onmiddellike toekoms juis as gevolg daarvan nie juis teerpad
        en afdraande sou wees nie.ʺ (Reël 21 – 22)

        Watter innerlike konflik het Vivian ervaar weens die bogenoemde
        besluit?                                                                     (2)

8.1.8   Tydens Vivian se opleiding het sy geen ondersteuning van haar mede-
        studente gehad nie.

        Motiveer waarom die bostaande stelling ONWAAR is met EEN feit uit
        die kortverhaal.                                                             (1)

                                                                                     b.o.

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
                         AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL
                                                                                    23
                         (Vraestel 2)                   10022/22

8.1.9    Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs
         die letter (A – D) langs die vraagnommer (8.1.9) neer.

         Aan die einde van die kortverhaal betoon Vivian se kaptein eer aan
         haar deur ŉ vlerksaluut.

         Die emosie wat Vivian tydens die vlerksaluut ervaar is ...

         A   blydskap omdat sy iets reggekry het.
         B   trotsheid omdat sy haarself as gelyke bewys het.
         C   verligting omdat sy uiteindelik as ŉ gelyke gesien word.
         D   hartseer omdat dit so lank gevat het vir die ander om haar te
             aanvaar.                                                                (1)

8.1.10   Verduidelik hoe die tema van die kortverhaal inspirerend is vir die
         jongmense in Suid-Afrika.                                                   (2)

                                      EN

'VAN PRECIOUS: ŉ BUISIE SALF' – Maretha Maartens

TEKS P

       Coenie sit doodstil tussen Vassilis Efstratoudakis en Solomon
 Chauke. Gelukkig is daar iets om dop te hou: jong bome wat
 skeef staan in die wind, wolke wat laag oor die berghange
 aangerol kom, ŉ paar fietsryers wat uit pure moedeloosheid
 van hul fietse afgeklim het en die fietse nou sukkel-sukkel teen              5
 die steilte op stoot.
       Die twee meisies, Precious Bapela en Louise Alberts, gesels
 asof hulle op pad is na ŉ piekniek.
       Eendag, dink Coenie, gaan ek vir Louise sê dat sy een van die min
 mense was wat my nie soos ŉ hond of soos ŉ melaatse laat voel                 10
 het nie. Sy is die een meisie wat soms met my glimlag. Maar miskien
 is dit omdat sy van plan is om ŉ dokter te word.
       ʺKom jy reg, Tooi?ʺ roep mevrou Buchner na haar seun wat
 die skool se bussie bestuur.
                                      ***
       ʺEk het al gewens ek gaan dood,ʺ sê sy uit die bloute. ʺNou             15
 weet ek nie of ek regtig wil nie.ʺ
       Hy staar haar aan. Hy ken haar net van sien, al is hulle in
 dieselfde klas. Hy ken haar nie. Sy woon in ŉ ander wêreld as
 hy; op die bushalte en gedurende pouse praat sy met haar maats
 in ŉ taal wat hy waarskynlik nooit sal verstaan nie.                          20
       ʺEk ook,ʺ hoor hy homself sê. ʺEk het ook al gewens ek gaan
 dood.ʺ

                                                                                     b.o.

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com
                          AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL
                                                                                 24
                          (Vraestel 2)                   10022/22

8.2.1   Waarheen was Coenie en die ander leerders op pad?                         (1)

8.2.2   Noem TWEE redes waarom ons kan sê dat Coenie nie heeltemal
        vrywillig op pad was na die plek wat in VRAAG 8.2.1 genoem is nie.        (2)

8.2.3   Vergelyk die rol van die Waarheidskommissie aan die begin en aan die
        einde van die kortverhaal.                                                (2)

8.2.4   Dink aan Coenie en die sprokiesverhaal waarna verwys word in die
        kortverhaal.

        Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die
        vraagnommer (8.2.4(a)) en die antwoord neer.

        (a)   Die sprokie waarna verwys word gee vir die leser insig in Coenie
              se (karakter/selfbeeld).                                            (1)

        (b)   Waarom is dit gepas dat daar juis na dié sprokie verwys word?
              Gee TWEE feite.                                                     (2)

8.2.5   Som die gebeure op wat tot die klimaks van die verhaal gelei het.         (3)

8.2.6   ʺEk het al gewens ek gaan dood,ʺ (Reël 15.)

        (a)   Wie is aan die woord in dié reël?                                   (1)

        (b)   Dink jy die persoon in VRAAG 8.2.6(a) het rede om so te voel?
              Motiveer jou antwoord.                                              (1)

8.2.7   Die gesprek wat Coenie aan die einde van die kortverhaal het, verander
        sy lewensbeskouing.

        (a)   Noem EEN ding waaroor Coenie sou kon spyt wees na die
              gesprek.                                                            (1)

        (b)   Motiveer jou antwoord.                                              (1)

8.2.8   Dink jy dat Coenie se ma ŉ rol speel in hoe hy homself aan die begin
        van die verhaal sien? Motiveer jou antwoord.                              (1)

8.2.9   Waarom kan ons vir Precious, as ŉ karakter, bewonder?                     (1)

                                                                                 [35]

                                                        TOTAAL AFDELING C:        35

                                                                                  b.o.

### Page 25

Downloaded from hlayiso.com
                                 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL
                                                                                      25
                                 (Vraestel 2)                   10022/22

AFDELING D: GEDIGTE

Beantwoord die vrae oor AL TWEE gedigte.

VRAAG 9: VERSKUNS VIR EERSTE ADDISIONELE TAAL

9.1 ʺDIE BOODSKAPPERʺ – Peter Snyders

    Lees die gedig hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

     DIE BOODSKAPPER – Peter Snyders

     1      Die aandster vonkel soe speels vanaand
     2      was daa ŉ knipoeg
     3        van jou
     4          na my?

     5      Djy is so naby
     6      soes die helderste ster
     7      djy’s die spoed van ŉ gedagte
     8      weg van my

     9      Ek los ŉ boodskap by Venus vir jou ̶
     10     as djy yt jou aandklas
     11     kom, stiek yt jou hand
     12          haal dit af:

     13     dis die briefie
     14     met die soentjie
     15          op die omslag

    9.1.1   Verwys na die titel en beantwoord die volgende vrae.

            (a)   Wie is die boodskapper na wie daar in die titel verwys word?        (1)

            (b)   Hoe weet jy die titel verwys na ŉ spesifieke boodskapper?           (1)

            (c)   Watter boodskap moet die boodskapper oordra?                        (1)

    9.1.2   Kies die korrekte antwoord. Skryf slegs die letter (A – D) langs die
            vraagnommer (9.1.2) neer.
            Watter woord in strofe 1 bewys die aandster is lus vir pret en plesier?

            A     ʺspeelsʺ
            B     ʺvonkelʺ
            C     ʺknipoegʺ
            D     ʺaandsterʺ                                                          (1)

                                                                                        b.o.

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [Afrikaans FAL P2 May-June 2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-may-june-2022/f9577f6c-1445-4aca-91cc-19411cb3d2f1) — Afrikaans FAL · QP · 2022 · Afr
- [Grade 12 NSC Afrikaans P2 (FAL) X05 2019 Preparatory Exam Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-afrikaans-p2-fal-x05-2019-preparatory-exam-question-paper/906cc756-3a62-49c6-ab4b-4f9bc8e7ad0f) — Afrikaans FAL · QP · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC Afrikaans (FAL) P2 X05 Preparatory 2018 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-afrikaans-fal-p2-x05-preparatory-2018-question-paper/eb35e939-d086-45fa-b8d9-5d908dba80c0) — Afrikaans FAL · QP · 2018 · Afr
- [Grade 12 NSC Afrikaans P2 10022 (FAL) Preperatory 2016 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-afrikaans-p2-10022-fal-preperatory-2016-question-paper/8e1b7b9d-a93b-4720-8047-a1dcf1a8ab8c) — Afrikaans FAL · QP · 2016 · Afr
- [Grade 12 NSC Afrikaans (FAL) P2 2019 Preparatory Examination Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-afrikaans-fal-p2-2019-preparatory-examination-possible-answers/c0454537-68b2-4da8-a0f2-a21657a69233) — Afrikaans FAL · Memo · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC Afrikaans P2 (FAL) Preparatory 2018 Possible Answer](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-afrikaans-p2-fal-preparatory-2018-possible-answer/335e772e-6d01-458c-88e8-5035047c88d9) — Afrikaans FAL · Memo · 2018 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [Afrikaans P1 (FAL) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p1-fal-june-2025-possible-answers/548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-memo-sept2024/393b8c2a-77f0-4192-b6cc-26bf3f7a1c38) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May-June 2024 MG](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/0233b506-d910-4714-b690-875fa6c49f90) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans EAT V1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-eat-v1-memo/b69c7bbe-bb12-439e-acfa-a77370a600bc) — Memo · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 GR12 QP SEPT2023 Final](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-gr12-qp-sept2023-final/66b739c3-ec90-43cb-af74-a6d4848432bc) — QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2023/b49b9523-adfc-4fb4-87bf-f4de41182bb0) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
