# Afrikaans SAL Grade 12 P2 September Trial Exams 2012 QP

> Grade 12 Afrikaans SAL Paper 2 question paper from the September Trial Exams 2012, 10 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr12-afrsa-p2-s12-qp-afr/0d5a5d4b-48d9-4cd5-b279-fb84dae1de76
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans SAL
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2012
- Exam period: September Trial Exams
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 10

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans SAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-sal) › [Afrikaans SAL Grade 12 P2 September Trial Exams 2012 QP](https://www.hlayiso.com/library/gr12-afrsa-p2-s12-qp-afr/0d5a5d4b-48d9-4cd5-b279-fb84dae1de76)

## About this document

Afrikaans Sal · Grade 12 · September Trial Exams · 2012. Question paper, 10 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Province of the
                 EASTERN CAPE
                 EDUCATION

                        NASIONALE
                    SENIOR SERTIFIKAAT

                           GRAAD 12

                     SEPTEMBER 2012

  AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2

PUNTE:   80

TYD:     2 uur

                  Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye.

### Page 2

2                         AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2                   (SEPTEMBER 2012)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

      AFDELING A: Opstel                                                         (40)
      AFDELING B: Langer Transaksionele Tekste                                   (20)
      AFDELING C: Korter Tekste:
                  Transaksionele, Naslaan- en Informatiewe Tekste                (20)

2.    Beantwoord EEN vraag uit ELKE afdeling.

3.    Skryf in die taal waarin jy geassesseer word.

4.    Begin ELKE afdeling op ŉ NUWE bladsy.

5.    Jy moet jou skryfstukke beplan (bv. ŉ kopkaart, vloeidiagram, diagram,
      sleutelwoorde, ens. gebruik), redigeer en jou skryfstukke proeflees. Die
      beplanning moet VOOR die finale produk gedoen word.

6.    Alle beplanning moet duidelik aangedui word. Trek ŉ streep deur die
      beplanning as jy jou finale weergawe klaar oorgeskryf het

7.    Bestee 60 minute aan AFDELING A, 30 minute aan AFDELING B en 30
      minute aan AFDELING C.

8.    Nommer elke skryfstuk korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik is.

9.    Voorsien elke teks van ŉ gepaste titel/opskrif.

      LET WEL: Die titel/opskrif word nie in aanmerking geneem as die woorde getel
               word nie.

10.   Skryf netjies en leesbaar.

### Page 3

(SEPTEMBER 2012)                  AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2                        3

 AFDELING A:            (OPSTEL

 VRAAG 1

 Skryf ŉ opstel van ongeveer 200 – 250 woorde oor EEN van die volgende onderwerpe

 1.1      ... EN DAAR STAAN EK. WAT DOEN EK NOU?

          Jy het in ŉ baie moeilike situasie beland en moes op jou eie dinge doen om
          daaruit te kom.

          Skryf ŉ opstel en vertel wat gebeur het.

          Hou die volgende in gedagte:

                   Wat die situasie was.
                   Hoe jy daarin beland het.
                   Wat jy gedoen het om daaruit te kom.
                   Wat jy uit die situasie geleer het.                                 [40]

                                                OF

 1.2      MY WILDSTE DROME IS BEWAARHEID!

          Jy het nog altyd daarvan gedroom om ŉ kompetisie te wen en toe dit met jou
          gebeur, was jy die gelukkigste persoon op aarde.

          Skryf ŉ opstel en vertel wat gebeur het.

          Hou die volgende in gedagte:

                   Aan watter kompetisie het jy deelgeneem?
                   Waarom het jy besluit om aan die kompetisie deel te neem?
                   Hoe het jy gevoel toe jy hoor dat jy gewen het?
                   Watter prys het jy gewen?
                   Wat jy met jou prys gaan doen.                                      [40]

                                                OF

### Page 4

4                        AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2                  (SEPTEMBER 2012)

1.3   DANKIE MENEER/JUFFROU.

      Daar is een spesifieke onderwyser/onderwyseres wat baie gedoen het om jou
      te help om te kom waar jy vandag is.

      Skryf ŉ opstel waarin jy beskryf waarom jy so dankbaar teenoor hierdie
      onderwyser/onderwyseres is.

      Hou die volgende in gedagte:

             Wat jy bereik het.
             Wat hierdie onderwyser/onderwyseres alles vir jou gedoen het.
             Waarom jy so dankbaar teenoor hom/haar is.
             Wat jy wil doen om jou dankbaarheid te bewys.                               [40]

                                            OF

1.4   DIT IS LEKKER OM SKOOL TE GAAN!

      Baie leerders dink deesdae dat dit sleg is om skool te gaan en wil liewer gaan
      werk. Jy dink dat skoolgaan goed is en jy en jou maats geniet dit. Julle weet
      dat dit belangrik is om skool te gaan.

      Skryf ŉ opstel waarin jy beskryf waarom jy en jou maats dit geniet om skool te
      gaan.

      Hou die volgende in gedagte:

             Wat maak skoolgaan vandag anders?
             Waarom is dit nog lekker om skool te gaan?
             Hoekom is dit belangrik om skool te gaan?
             Hoe kan dit jou help om skool te gaan?                                      [40]

                                            OF

### Page 5

(SEPTEMBER 2012)                   AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2                          5

 1.5 – 1.8         Skryf oor EEN van die prente wat hierna verskyn:

                         Die opstel wat jy skryf, moet direk verband hou met die prent.
                         Gee jou eie titel. Die titel moet by die inhoud pas.
                         Skryf die nommer en titel bo-aan jou skryfstuk.

 1.5

                                                                                          [40]

                                                   OF

 1.6

                                                                                          [40]

                                                   OF

### Page 6

6     AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2       (SEPTEMBER 2012)

1.7

                                                           [40]

                     OF

1.8

                                                           [40]

                                    TOTAAL AFDELING A:      40

### Page 7

(SEPTEMBER 2012)                   AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2                           7

 AFDELING B:             LANGER TRANSAKSIONELE TEKSTE

 VRAAG 2

 Skryf ongeveer 80 – 100 woorde oor EEN van die volgende onderwerpe.

 2.1      Vanjaar was maar vir jou moeilik en jy wil so gou as moontlik daarvan vergeet.
          Daar was baie dinge wat jou hartseer gemaak het.

          Skryf nou ŉ brief aan jou maat waarin jy hom/haar van jou moeilike jaar vertel
          en ook hoekom jy sekere dinge wil vergeet.

          Hou die volgende in gedagte:

                   Wat het gedurende die jaar gebeur?
                   Waarom het dit jou hartseer gemaak?
                   Wat beplan jy om verder daaromtrent te doen?                            [20]

                                                   OF

 2.2      DIALOOG

          Jou maat was nog nooit by ŉ “rave” (dans in ŉ nagklub) nie en wil graag saam
          met jou gaan, maar sy/haar ouers wil nie hulle toestemming gee nie.

          Jy het jou vriend/vriendin belowe om hieroor met sy/haar ouers te gesels.

          Skryf nou hierdie gesprek tussen jou en jou maat se ma in dialoogvorm neer.

          Begin so:

          Ek:      Mevrou, dit is die waarheid, hoekom sal ek vir u lieg!

          Ouer: Gee my eers ŉ goeie rede voordat ek instem. Kom nou, praat!                [20]

                                                   OF

 2.3      RESENSIE

          Jy het ŉ kortverhaal gelees wat jy baie geniet het. Jou klasonderwyser
          het jou gevra om ŉ resensie daaroor vir julle skoolkoerant te skryf.

          Skryf nou hierdie resensie en hou die volgende in gedagte:

                   Wat is die titel van die kortverhaal?
                   Wie is die skrywer van hierdie kortverhaal?
                   Wie is die belangrikste karakters?
                   Wat is die boodskap/tema van die kortverhaal?                           [20]

### Page 8

8                        AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2                 (SEPTEMBER 2012)

                                           OF

2.4   FORMELE BRIEF

      ŉ Nuwe paar skoene het drie dae nadat jy dit gekoop het, gebreek. Toe jy dit
      terug winkel toe neem, het die verkoopsdame jou baie onbeskof behandel en
      geweier om dit om te ruil.

      Skryf nou ŉ formele brief aan die winkelbestuurder waarin jy jou
      ontevredenheid oor die behandeling wat jy ontvang het, uitdruk.

      Hou die volgende in gedagte:

            Wanneer jy die skoene gekoop het.
            Waarom jy dit terug geneem het.
            Hoe die verkoopsdame jou behandel het.
            Wat jy vanaf die winkelbestuurder verwag.                                   [20]

                                                            TOTAAL AFDELING B:           20

### Page 9

(SEPTEMBER 2012)                  AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2                            9

 AFDELING C:            KORTER TEKSTE: TRANSAKSIONELE/NASLAAN-/
                        INFORMATIEWE TEKSTE

 VRAAG 3

 Skryf ongeveer 60 – 80 woorde oor EEN van die volgende onderwerpe.

 3.1      AANWYSINGS

          Jou vriend/in wat in Kaapstad woon, kom jou per bus besoek. Jy kan
          hom/haar ongelukkig nie by die bushalte ontmoet nie en hy/sy sal self sy/haar
          weg tot by jou huis moet vind.

          Verduidelik nou aan jou vriend/in TIEN stappe hoe om vanaf die bushalte tot by
          jou huis te kom.

          Skryf hierdie stappe puntsgewys en in volsinne neer.

          Hou die volgende in gedagte:

                   Presies waar die bushalte is.
                   Presies waar jou huis is.
                   Hoe ver jou huis vanaf die bushalte is.
                   Bakens (winkels, geboue, ens.) waarvoor jou vriend/in moet uitkyk.      [20]

                                                 OF

### Page 10

10                          AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2                    (SEPTEMBER 2012)

3.2   POSKAART

      Jy is alreeds vir twee dae op ŉ jeugkamp.

      Skryf nou vir jou vriend/in ŉ poskaart en vertel van alles wat daar gebeur.

      Hou die volgende in gedagte:

             Met watter jeuggroep is jy?
             Waar bly julle?
             Wat is interessant en lekker?

      Teken die onderstaande formaat in jou antwoordeboek oor en skryf dan die
      boodskap en ander inligting.

                                                                       SEËL

                                                                                              [20]

                                              OF
3.3   UITNODIGING

      Jou suster se seuntjie word oor ŉ paar weke ses jaar oud en sy het jou gevra
      om die uitnodigings na sy verjaarsdagpartytjie te hanteer.

      Ontwerp nou die uitnodigingskaartjie vir hierdie partytjie.

      Hou die volgende in gedagte:

             Plek:          Waar gaan die partytjie wees?
             Datum:         Wanneer is die partytjie?
             Tyd:           Hoe laat die partytjie begin.
             Tema:          Gee ŉ goeie verduideliking van die tema.
             Kleredrag:     Verduidelik hoe die kleredrag by die tema moet pas.
             Toesig:        Verduidelik watter tipe toesig daar gereël sal word.
             Aktiwiteite:   Vertel van DRIE dinge wat julle gaan doen.                        [20]
                                                               TOTAAL AFDELING C:              20
                                                                    GROOTTOTAAL:               80

## Related documents

- [Gr12 AFRSA P2 S12 MEMO Afr](https://www.hlayiso.com/library/gr12-afrsa-p2-s12-memo-afr/73c8fd20-ed6b-44da-a318-3325469a2338) — Afrikaans SAL · Memo · 2012 · Afr
- [AFR SAL GR12 V1 SEPT2012](https://www.hlayiso.com/library/afr-sal-gr12-v1-sept2012/2d9eb795-c9f8-4e42-b66b-8cb0afb43fd4) — Afrikaans SAL · QP · 2012 · Afr
- [AFR SAL V1 SEPT 2012 MEMO](https://www.hlayiso.com/library/afr-sal-v1-sept-2012-memo/53b2c4ba-89b6-4546-bb22-6a4c44d3a9ff) — Afrikaans SAL · Memo · 2012 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2024 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-limpopo/26aacf8c-00c0-4205-878c-877b15cac8e7) — Afrikaans SAL · QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2024 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-mpumalanga/26c425f4-fab1-4fd6-ba8c-3a9b802b4140) — Afrikaans SAL · QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2024 Western Cape](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-western-cape/afd1be9c-6083-4b52-a9dd-4a08576d84f8) — Afrikaans SAL · QP · 2024 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans SAL

- [Gr 12 Afrikaans SAL ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-afrikaans-sal-atp-2023-24/62a5661c-7dee-400e-8d08-3944f9c721f0) — ATP · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2024 MG Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-mg-mpumalanga/a1407f79-0048-4a4c-a2fb-7c9aafc01a02) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2024 MG Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-mg-gauteng/204b3998-388d-4312-a14d-bc43b1529599) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2024 MG Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-mg-limpopo/4ecca3ab-b049-455c-97a9-e508bbd3107d) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2024 MG KwaZulu-Natal](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-mg-kwazulu-natal/4431038d-7fcf-40be-a6b8-edbefc700aac) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans SAL P2 Nov 2024 MG Free State](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-sal-p2-nov-2024-mg-free-state/c7fd6c22-a455-4a14-b3a8-b0f7dc2ba104) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
