# Agricultural Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2013 QP

> Grade 12 Agricultural Sciences Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2013 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr12-agrs-p1-qp-afr/aab905af-5176-4a03-89f4-185afab0a3b8
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Agricultural Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2013
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Agricultural Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/agricultural-sciences) › [Agricultural Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2013 QP](https://www.hlayiso.com/library/gr12-agrs-p1-qp-afr/aab905af-5176-4a03-89f4-185afab0a3b8)

## About this document

Agricultural Sciences · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2013. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                    Province of the
                    EASTERN CAPE
                    EDUCATION

                            NASIONALE
                        SENIOR SERTIFIKAAT

                               GRAAD 12

                         SEPTEMBER 2013

               LANDBOUWETENSKAPPE V1

PUNTE:   150

TYD:     2½ uur

                                   *AGRSA1*

         Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye insluitend ŉ antwoordblad.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                             LANDBOUWETENSKAPPE V1                       (SEPTEMBER 2013)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Beantwoord AL die vrae.

2.    AFDELING A (VRAAG 1) moet op die bygevoegde ANTWOORDBLAD
      beantwoord word.

3.    AFDELING B (VRAE 2 tot 4) moet in die ANTWOORDEBOEK beantwoord
      word.

4.    Begin elke vraag van AFDELING B op ŉ NUWE bladsy.

5.    Lees die vrae versigtig en maak seker jy antwoord wat gevra word.

6.    Nommer die antwoorde volgens die nommeringstelsel wat in die vraestel gebruik
      word.

7.    Plaas jou ANTWOORDBLAD van AFDELING A (VRAAG 1) binne in jou
      ANTWOORDEBOEK.

8.    Nieprogrammeerbare sakrekenaars mag gebruik word.

9.    Toon alle bewerkings.

10.   Skryf netjies en leesbaar.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013)                LANDBOUWETENSKAPPE V1                                      3

 AFDELING A

 VRAAG 1

 1.1    Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae
        gegee. Kies die antwoord en maak ŉ kruisie (X) in die blokkie (A – D)
        langs die vraagnommer 1.1.1 – 1.1.10) op die aangehegte
        ANTWOORDBLAD. Geen punte sal toegeken word as meer as een
        antwoord gemerk word nie.

        VOORBEELD:         1.1.11      A     B      C      D

        1.1.1      ŉ Tekort aan jodium in ŉ dier se liggaam kan aanleiding tot ... gee.

                   A      kropgeswel
                   B      bloedarmoede
                   C      parakeratose
                   D      pika

        1.1.2      Proteïene is ŉ baie duur bestanddeel van voermengsel. Die verlangde
                   proteïenverhouding in die rantsoen van ŉ herkouer kan verkry word
                   deur ... by te voeg en sodoende die rantsoenkoste meer effektief te
                   maak.

                   A      karkasmeel
                   B      vismeel
                   C      bloedmeel
                   D      ureum

        1.1.3      Die voorsiening van beskutting in ŉ koste effektiewe
                   boerderyvertakking is noodsaaklik vir ...

                   A      volhoubare produksie.
                   B      optimale produksie.
                   C      gemiddelde produksie.
                   D      selektiewe produksie.

        1.1.4      Die deel van die spysverteringskanaal waar ekskresie tydelik gestoor
                   word voordat dit deur willekeurige spiersametrekkings uitgeskei word.

                   A      Sekum
                   B      Anus
                   C      Rektum
                   D      Kolon

        1.1.5      Diere wat op so ŉ manier hanteer word sal baie onvoorspelbaar
                   reageer:

                   A      Met ŉ sweep geslaan word
                   B      Word altyd op dieselfde manier hanteer
                   C      Op ŉ rustige manier hanteer
                   D      In groepe aangejaag word

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                          LANDBOUWETENSKAPPE V1                          (SEPTEMBER 2013)

    1.1.6

            Die bostaande skets toon ŉ bul wat ŉ koei dek. Hierdie is ŉ
            voorstelling van …

            A       kunsmatige inseminasie.
            B       semen wat deur ŉ kunsmatige vagina opgevang word.
            C       die oordra van bevrugte ova.
            D       die versameling van semen deur elektriese stimulasie.

    1.1.7   Die stadium tydens die geboorteproses waar die koei verskeie
            tekens van ongemak en rusteloosheid toon gevolg deur die skeur
            van die membraan wat die amniotiese vloeistof toelaat om uit te
            vloei is …

            A       die uitskeiding van nageboorte.
            B       die uitwerp van fetus.
            C       miskraam.
            D       die voorbereidingstadium.

    1.1.8   Die intensiewe kuikenbehuisingstelsel wat uit materiaal bestaan wat
            maklik skoongemaak kan word, waar die vloer van die stoor bedek
            word met strooi, saagsels of bas word ŉ ... genoem.

            A       vrylopende batterystelsel
            B       geslote vrylopende stelsel
            C       skrophoenderstelsel
            D       batterystelsel

    1.1.9   Dit is belangrik om die volgende te doen wanneer met diere in ŉ
            drukgang gewerk word:

            A       Gebruik honde om diere kalm te hou
            B       Wees versigtig en pas veiligheidsmaatreëls toe
            C       Fluit hard om die diere te kalmeer
            D       Maak skielik bewegings

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013)                  LANDBOUWETENSKAPPE V1                                            5

        1.1.10      Vleis vorm ŉ belangrike produk in die lewendehawe industrie. Een
                    van die volgende is NIE ŉ eienskap van vleis afkomstig van diere wat
                    onder stresvolle toestande geslag word NIE. Die vleis is ...

                    A     stewiger.
                    B     baie taai.
                    C     baie ligter in massa.
                    D     van swak kwaliteit.                                          (10 x 2)        (20)

 1.2    In die tabel hieronder word ŉ beskrywing en TWEE moontlike antwoorde
        gegee. Besluit of die beskrywing in KOLOM B verband hou met slegs A, slegs
        B, beide A en B of GEEN van die antwoorde in KOLOM A nie, en maak ŉ
        kruisie (X) in die blokkie (A − D) lands die vraagnommer (1.2.1 – 1.2.5) op die
        aangehegte ANTWOORDBLAD.

 Voorbeeld:               KOLOM A                      KOLOM B
                    A:    Meganies           Die fisiese vertering van
           1.2.6
                    B:    Chemies            voedsel in die mond

 Antwoord:       Hierdie stelling verwys na:
                   Slegs A        Slegs B             A en B         Geen
           1.2.6
                      A              B                  C             D

                         KOLOM A                  KOLOM B
        1.2.1      A:    Polsslag                 Is gelyk aan die aantal hartkloppe per
                   B:    Asemhalingstempo         minuut
        1.2.2      A:    Sanitasie                Dieresiektes kan voorkom word deur deeglik
                   B:    Isolasie                 toesig te hou oor die prosesse
        1.2.3      A:    Korion                   Hierdie membraan dien as skokbreker en
                   B:    Amnion                   verskaf smering tydens die kalwingsproses
        1.2.4      A:    Mieliemeel               Bevat ŉ klein persentasie verteerbare
                   B:                             voedingstowwe en het ŉ hoë droë materiaal-
                         Kuilvoer
                                                  inhoud
        1.2.5      A:    Biuret                   ŉ Stof wat by mielies gevoeg word om
                   B:    Ureum                    skape tydens droogtetye te voer
                                                                                         (5 x 2)       (10)

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                            LANDBOUWETENSKAPPE V1                         (SEPTEMBER 2013)

1.3   Gee EEN TERM/FRASE vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die
      term/frase langs die vraagnommer (1.3.1 – 1.3.5) op die aangehegte
      ANTWOORDBLAD neer.

      1.3.1   Die sekondêre geslagsorgaan van ŉ koei waar bevrugting plaasvind

      1.3.2   Die boerderystelsel waar die boer op ŉ groot skaal produseer met die
              uitsluitlike doel om ŉ wins te maak

      1.3.3   Die beskermingsmaatreël waar ingevoerde diere in isolasie gehou word
              vir ŉ tydperk om veeartse die kans te bied om hul deeglik vir siektes te
              toets en te ondersoek

      1.3.4   Die vitamien wat verantwoordelik is vir die stol van bloed in plaasdiere
              se liggame

      1.3.5   Die bakteriese siekte wat ŉ daling in die produksie van lakterende
              melkkoeie veroorsaak                                             (5 x 2)        (10)

1.4   Verander die ONDERSTREEPTE WOORDE in elk van die volgende stellings
      om hulle WAAR te maak. Skryf die gepaste woord of term langs die
      vraagnommer (1.4.1 −1.4.5) op die aangehegte ANTWOORDBLAD neer.

      1.4.1   Aansteeklike siektes verwys na siektes wat nie van een dier na die
              ander oorgedra word nie.

      1.4.2   ŉ Nie-identiese tweeling van teenoorgestelde geslag en waar die
              vroulike individu steriel is, word die surogaat genoem.

      1.4.3   Die mineraal koper is vir die vervaardiging van vitamien B in die
              herkouer se maag verantwoordelik.

      1.4.4   ŉ Voervloeiprogram word gebaseer op die temperatuur behoeftes van
              diere en die beskikbaarheid van voerkomponente sodat die diere
              optimaal kan produseer.

      1.4.5   As semen vir Kunsmatige Inseminasie (KI) vir ŉ kort periode (paar
              dae) geberg moet word, moet dit by temperatuur van -196 °C gehou
              word.                                                          (5 x 1)          (5)

                                                              TOTAAL AFDELING A:              45

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013)                LANDBOUWETENSKAPPE V1                                      7

 AFDELING B

 Begin hierdie vraag op ŉ NUWE bladsy.

 VRAAG 2: DIEREVOEDING

 2.1    Die onderstaande diagram illustreer organe wat spysverteringsappe afskei.

        2.1.1      Stel die naam van die plaasdier voor waarin soortgelyke uitskeidings-
                   organe soos hierbo aangetref word.                                          (1)

        2.1.2      Gee ŉ rede vir die antwoord in VRAAG 2.1.1 hierbo.                          (2)

        2.1.3      Identifiseer ŉ spysverteringsap wat deur elk van die organe afgeskei
                   word wat deur die letters A, B en C voorgestel word.                        (3)

        2.1.4      Gee EEN algemene eienskap wat die verteringsappe in die lewer en
                   pankreas in gemeen het.                                                     (1)

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                            LANDBOUWETENSKAPPE V1                       (SEPTEMBER 2013)

2.2 Die esofagus (slukderm) is ŉ buisagtige struktuur wat strek vanaf die agterkant
    van die keel tot in die maag en wat ŉ deurgang verskaf vir voedselbeweging.
    Analiseer die volgende struktuur en beantwoord die vrae wat volg.

     2.2.1    Watter proses word deur die skets hierbo voorgestel?                          (1)

     2.2.2    Verduidelik kortliks hoe die proses genoem in VRAAG 2.2.1 plaasvind.          (2)

     2.2.3    Die proses wat hierbo voorgestel word kan deur die liggaam omgekeer
              word. Verskaf die naam van die omgekeerde proses.                             (1)

2.3 Die onderstaande gegewens toon uitgesoekte-voere vir dierevoeding aan:

                                    PROTEÏEN-     KOOLHIDRAAT-        METABOLIESE
     VOERE
                                   INHOUD (%)      INHOUD (%)          ENERGIE (%)
     Kuilvoer                          24,7             26,2              8,4
     Karkasmeel                        79,4              0,0              9,4
     Grondbone-olie-koekmeel           56,0             19,5              10,6
     Lusern hooi                       13,9             38,4              7,3
     Mieliemeel                        10,6              3,8              13,4
     Veldgras                           6,9             40,3              9,8

     2.3.1    Noem ŉ voer wat die meeste geskik sal wees vir produksie. Gee ŉ
              rede vir jou antwoord.                                                        (2)

     2.3.2    Verskaf ŉ rede vir die hoogste metaboliese energiewaarde van
              mieliemeel.                                                                   (2)

     2.3.3    Dui TWEE voere aan wat voorbeelde van proteïenryk kragvoere is.               (2)

     2.3.4    Noem die groep of tipe voer waaraan kuilvoer behoort.                         (1)

     2.3.5    Herkouers kan veldgras beter benut en verteer as nie-herkouers.
              Verduidelik hierdie stelling.                                                 (2)

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013)                LANDBOUWETENSKAPPE V1                                      9

 2.4     Gedurende die spysverteringsproses word voer ingeneem, dan verteer en die
         voedingstowe word deur die villi geabsorbeer en dan deur die liggaam gebruik.
         In ŉ eksperiment wat deur ŉ boer uitgevoer is het ŉ koei 30 kg hooi met ŉ
         voginhoud van 20% ingeneem, 14 kg mis is uitgeskei en dit het ŉ voginhoud
         van 40% bevat.

         2.4.1     Maak van die toepaslike formule gebruik en bepaal dan die
                   verteerbaarheidskoëffisiënt van die voer. Toon alle berekenings.            (4)

         2.4.2     Dui aan in watter deel van die spysverteringskanaal villi aangetref word. (1)

 2.5     Die dierevoedingskundige op ŉ melkplaas was gevra om ŉ gebalanseerde
         rantsoen vir lakterende koeie saam te stel deur van die volgende voere gebruik
         te maak:

           VERLANGDE VERTEERBARE                                VERTEERBARE
                                                  VOER
                PROTEÏEN (VP)                               PROTEÏENINHOUD (VP) %
                                                    A                24
                          17%
                                                    B                31

         2.5.1     Deur van ŉ Pearson-vierkantmetode gebruik te maak bepaal die
                   verhouding waarin voer A en B gemeng moet word om die verlangde
                   verteerbaarheid te bereik.                                                  (4)

         2.5.2     Bepaal die persentasie van voer B in die rantsoen van koeie wat
                   benodig word om die korrekte verteerbare proteïeninhoud te bereik.
                   Toon alle berekenings aan.                                                  (2)

 2.6     Biologiese waarde dui die kwaliteit van die proteïene in ŉ voer aan.

         2.6.1     Verduidelik waarom die biologiese waarde van ŉ dierlike proteïen hoër
                   as die van plantaardige proteïen is.                                        (2)

         2.6.2     Dui TWEE belangrike funksies van proteïene in die dierlike liggaam
                   aan.                                                                         (2)
                                                                                               [35]

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                           LANDBOUWETENSKAPPE V1                        (SEPTEMBER 2013)

Begin hierdie vraag op ŉ NUWE bladsy.

VRAAG 3: DIERE-PRODUKSIE

3.1    Lees die volgende gedeelte in verband met twee melkboere.

       Boer A bedryf ŉ plaas op ŉ klein skaal in die platteland. Die plaas is omtrent
       20 hektaar groot met 50 koeie. Die diere word deur die oppassers met die
       hand en baie min geriewe gemelk. Die diere word in ŉ kraal gemelk waar die
       diere kalm en rustig is. Boer B het ŉ groot produksie-eenheid wat uit
       1 600 koeie bestaan. Plaas B is in die Vrystaat geleë en is toegerus met die
       modernste tegnologie vir omgewingsbeheer soos ventilasie-stelsels om
       optimale produksie te lewer.

      3.1.1    Watter boer uit die leesstuk maak gebruik van inheemse kennis om
               die koeie te melk? Gee ŉ rede vir jou antwoord.                               (2)

      3.1.2    Boer A melk koeie in ŉ kraal waar die diere kalm en rustig gehanteer
               word. Noem enige TWEE tipes apparaat wat gebruik kan word om
               plaasdiere te hanteer.                                                        (2)

      3.1.3    Verduidelik die term optimale produksievlakke.                                (2)

      3.1.4    Verskaf die naam van die eerste melk wat deur ŉ koei afgeskei word
               nadat sy gekalf het en wat baie voedingstowwe bevat.                          (1)

      3.1.5    Dui die effek aan wat uiterste temperature op die voerinname van ŉ
               dier sal hê.                                                                  (2)

3.2   Plaasdiere word vanaf verskillende plase geneem wanneer dit na die slagpale
      vir slagting vervoer word.

      3.2.1    Noem TWEE vereistes wat deur wetgewing bepaal word vir die
               vervoer van diere op openbare paaie soos die regeringsregulasies of
               wetgewing vereis.                                                             (2)

      3.2.2    Ontwerp ŉ eenvoudige vervoerpermit wat benodig word wanneer
               diere vervoer word.                                                           (4)

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013)                 LANDBOUWETENSKAPPE V1                                       11

 3.3    Die onderstaande illustrasies stel twee verskillende produksiesisteme voor.
        ILLUSTRASIE A stel ŉ beesboerdery in Mpumalanga en ILLUSTRASIE B ŉ
        varkboerdery voor.

                       ILLUSTRASIE A                           ILLUSTRASIE B

        3.3.1       Deur na illustrasie A en B te verwys, dui die produksiesisteem aan wat
                    die hoogste risiko-faktor ten opsigte van klimaat sal toon. Gee ŉ rede
                    vir jou antwoord.                                                             (2)

        3.3.2       Identifiseer die tipe produksiesisteem wat deur ILLUSTRASIE B
                    voorgestel word. Gee ŉ rede vir jou antwoord.                                 (2)

        3.3.3       Tabuleer TWEE verskille tussen die produksiesisteme hierbo
                    geïllustreer.                                                                 (2)

 3.4    Die onderstaande tabel toon die eierproduksie in ŉ lê hoender
        produksiesisteem oor ŉ periode van nege maande:

                   MAANDE VAN DIE JAAR               GETAL EIERS GEPRODUSEER
                           Jan                                    500
                           Feb                                    550
                           Mar                                    520
                           Apr                                    490
                           Mei                                    460
                           Jun                                    430
                           Jul                                    300
                          Aug                                     280
                          Sep                                     260

        3.4.1       Maak gebruik van ŉ staafgrafiek om die eierproduksie oor die nege
                    maande aan te toon.                                                           (5)

        3.4.2       Bereken die gemiddelde eierproduksie oor die nege maande en toon
                    alle berekenings.                                                             (3)

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                           LANDBOUWETENSKAPPE V1                        (SEPTEMBER 2013)

3.5   Daar is verskeie faktore wat die gedrag van diere beïnvloed. Noem TWEE van
      hierdie faktore.                                                                       (2)

3.6   Die volgende is sommige van die aktiwiteite wat so vroeg as twee weke nadat
      ooie gelam het, plaasvind.

                 Stertsny;      Kastrasie;      Tatoeëring;      Dosering

      Kies ŉ aktiwiteit uit bogenoemde lys wat die beste geassosieer word met elk
      van die volgende stelling:

      3.6.1   Dit word gebruik om lammers tussen die ander tydens weiding in die
              veld uit te ken.                                                               (1)

      3.6.2   ŉ Ramlam kan vinniger groei en swaarder word nadat hierdie operasie
              uitgevoer is.                                                                  (1)

      3.6.3   Skaapbrommer-aanvalle op skaapgeslagsdele kan beperk word deur
              hierdie proses uit te voer.                                                    (1)

      3.6.4   Interne parasiete kan maklik beheer word indien die instruksies vir
              hierdie proses noukeurig gevolg word.                                          (1)
                                                                                             [35]

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013)                LANDBOUWETENSKAPPE V1                                   13

 Begin hierdie vraag op ŉ NUWE bladsy.

 VRAAG 4: DIERE-REPRODUKSIE, -BESKERMING EN -BEHEER

 4.1    Die onderstaande illustrasie toon die primêre-reproduksie proses wat in diere
        plaasvind.

                                            DIAGRAM A

                                            DIAGRAM B

        4.1.1      Identifiseer die proses wat deur die diagramme (A en B) hierbo
                   voorgestel word.                                                          (2)

        4.1.2      Dui die organe in die manlike en vroulike diere aan waar hierdie
                   prosesse (A en B) plaasvind.                                              (2)

        4.1.3      Tabuleer enige TWEE aangebore defekte wat die verloop van
                   bostaande prosesse kan beïnvloed.                                         (2)

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                           LANDBOUWETENSKAPPE V1                        (SEPTEMBER 2013)

      4.1.4   Watter tipe seldeling dra die meeste by tot die vorming van hierdie
              prosesse?                                                                      (1)

      4.1.5   Vergelyk die TWEE prosesse wat deur A en B voorgestel word.                    (2)

4.2   Bestudeer die illustrasie hieronder en beantwoord dan die vrae.

                                       STADIUM 1
                                       Sigoot (2-sel)

                                       STADIUM 2

                                       STADIUM 3

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013)                                 LANDBOUWETENSKAPPE V1                        15

        4.2.1      Tabuleer die verskille tussen die drie fases van fetale ontwikkeling wat
                   deur bostaande illustrasies voorgestel word.                                    (3)

        4.2.2      Noem enige DRIE simptome van ŉ koei wat moet kalf.                              (3)

        4.2.3      Verduidelik hoe identiese tweelinge en fraternale (nie-identiese)
                   tweelinge gedurende die bevrugtingsproses gevorm word.                          (4)

 4.3    Die onderstaande grafiek toon die seisoenale voorkoms van parasiete wat
        varieer as gevolg van die seisoene en die bestuur daarvan.

                   Parasietbesmetting

                                        Winter       Lente     Somer     Herfs

        4.3.1      Identifiseer die seisoen met die hoogste parasietbesmetting en gee ŉ
                   rede daarvoor.                                                                  (3)

        4.3.2      Stel enige TWEE bestuursbeginsels rakende kuddes voor wat tot die
                   verlaging van parasietbesmetting kan lei.                                       (2)

        4.3.3      Dui die seisoen met die laagste parasietbesmetting aan.                         (1)

        4.3.4      Dui kortliks die negatiewe effek van lintwurms op die dierlike liggaam
                   aan.                                                                            (2)

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                           LANDBOUWETENSKAPPE V1                        (SEPTEMBER 2013)

4.4   Bosluise benadeel diere deurdat hulle bloed suig en siektes oordra. Boere
      moet kennis dra van die lewenssiklus en gewoontes van die bosluise om dit
      suksesvol te kan beheer. Bosluise kom gewoonlik in die warmer dele van die
      land voor. Sekere soorte bosluise soos bv. die Bloubosluis kom oor die hele
      Suid-Afrika voor. Die Bloubosluis is die hoofdraer van rooiwater en galsiekte
      by beeste. Hierdie bosluis spesialiseer daarin om die vel van die diere te
      beskadig. Hulle kan ook maklik die spene van koeie affekteer indien drastiese
      stappe nie geneem word om hulle te beheer nie, wat sodoende kan lei tot ŉ
      skielike afname in lakterende koeie se melkproduksie.

      4.4.1   Tot watter tipe parasiete behoort bosluise? Gee ŉ rede deur ŉ stelling
              uit die leesstuk vir jou antwoord aan te haal wat daarmee verband hou.         (2)

      4.4.2   Verduidelik kortliks hoe bosluise beheer kan word.                             (1)

      4.4.3   Identifiseer ŉ protosoë-siekte wat deur ŉ bosluis veroorsaak word.             (1)

4.5   Die onderstaande illustrasie toon die lewensiklus van ŉ lewerslak in sy
      verkillende stadiums soos gashere, waar hy voed, afval en vervel.

      4.5.1   Voorsien byskrifte vir die letters A, B, C en F.                                 (4)
                                                                                             [35]

                                                                 TOTAAL AFDELING B:          105
                                                                     GROOTTOTAAL:            150

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013)        LANDBOUWETENSKAPPE V1                                               17

 ANTWOORDBLAD:              LANDBOUWETENSKAPPE V1

 NAAM EN VAN:

 AFDELING A

 VRAAG 1.1                              VRAAG 1.2

  1.1.1      A      B   C       D

                                                                      BEIDE A en B
                                                  SLEGS A   SLEGS B
  1.1.2      A      B   C       D
  1.1.3      A      B   C       D                                                    Geen
  1.1.4      A      B   C       D
  1.1.5      A      B   C       D
  1.1.6      A      B   C       D        1.2.1     A         B          C            D
  1.1.7      A      B   C       D        1.2.2     A         B          C            D
  1.1.8      A      B   C       D        1.2.3     A         B          C            D
  1.1.9      A      B   C       D        1.2.4     A         B          C            D
 1.1.10      A      B   C        D       1.2.5     A         B         C      D
                        (10x2) (20)                                    (5x2) (10)

 VRAAG 1.3                              VRAAG 1.4

   1.3.1                                  1.4.1

   1.3.2                                  1.4.2

   1.3.3                                  1.4.3

   1.3.4                                  1.4.4

   1.3.5                                  1.4.5
                         (5x2) (10)                                           (5x1) (5)

                                                                                     45

## Related documents

- [Gr12 AGRS P1 QP Eng](https://www.hlayiso.com/library/gr12-agrs-p1-qp-eng/1108d6fa-9b11-4ada-96f6-431b5648e3ca) — Agricultural Sciences · QP · 2013 · Eng
- [AGRS P1 MEMO Afr](https://www.hlayiso.com/library/agrs-p1-memo-afr/bc3eb23c-e523-448d-bcc0-275b3ab4c02e) — Agricultural Sciences · Memo · 2013 · Afr
- [AGRIC P2 QP ENG GR12 SEPT2013](https://www.hlayiso.com/library/agric-p2-qp-eng-gr12-sept2013/0ecf0fe3-95a6-498a-9821-2b6854693298) — Agricultural Sciences · QP · 2013 · Eng
- [Agricultural Sciences P1 Nov 2013 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-nov-2013-afr/185c4024-a704-4db6-a22d-06f6164d474b) — Agricultural Sciences · QP · 2013 · Afr
- [AGRIC SCIENCES P1 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p1-gr12-qp-sept2022-afrikaans/f715d8c3-c3f1-44e2-9e65-b40dd2e98165) — Agricultural Sciences · QP · 2022 · Afr
- [AGR SCIENCES P1 GR12 QP SEPT2020 English](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p1-gr12-qp-sept2020-english/ecc125f9-b956-45f0-b947-431bae97cf54) — Agricultural Sciences · QP · 2020 · Eng

## More from Grade 12 Agricultural Sciences

- [Gr 12 Agric Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-agric-sci-atp-2023-24/f8eca465-7b8e-42d7-afd8-c86963794db8) — ATP
- [AGR SCIENCES P2 GR12 MEMO SEPT2025 English watermark](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr12-memo-sept2025-english-watermark/c1be4655-a92c-4be3-8a87-6a3d3531924f) — Memo · 2025 · Eng
- [Agricultural Sciences P2 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-may-june-2025-mg-eng/13ad78fc-1cb1-4d5b-9834-5d3090612634) — Memo · 2025 · Eng
- [AGRIC SCIENCES GR12 MEMO JUNE 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-gr12-memo-june-2024-english/50f98c14-1fdc-4688-ae28-220a8018f3b6) — Memo · 2024 · Eng
- [AGR SCIENCES P2 GR12 MEMO SEPT2024 English](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr12-memo-sept2024-english/52e29de4-124c-4ecc-b1cd-123d6d3731bf) — Memo · 2024 · Eng
- [AGR SCIENCES P2 GR12 QP SEPT2024 Sesotho](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr12-qp-sept2024-sesotho/7e8e1821-54ab-4154-b77f-29dc55fc5aa2) — QP · 2024 · Sesotho

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
