# Business Studies Grade 12 P2 Gauteng Mock 2022 QP (Afr)

> Grade 12 Business Studies Paper 2 question paper from the Gauteng Mock Exam 2022 (Afrikaans), 10 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr12-business-studies-p2-afrikaans-sep-2022-question-paper/96d84369-7fc6-48b7-83dd-ea8fb1e2f1be
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Business Studies
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: Gauteng Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 10

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Business Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/business-studies) › [Business Studies Grade 12 P2 Gauteng Mock 2022 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr12-business-studies-p2-afrikaans-sep-2022-question-paper/96d84369-7fc6-48b7-83dd-ea8fb1e2f1be)

## About this document

Business Studies · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2022 · Afrikaans. Question paper, 10 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

VOORBEREIDENDE EKSAMEN
             2022

             10722

        BESIGHEIDSTUDIES

           VRAESTEL 2

                           TYD:     2 uur

                           PUNTE: 150

                           10 bladsye

                                            b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                               BESIGHEIDSTUDIES                           2
                                               (Vraestel 2)                10722/22

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.

1.    Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek TWEE hoofonderwerpe.

      AFDELING A:      VERPLIGTEND

      AFDELING B:      Bestaan uit DRIE vrae
                       Beantwoord enige TWEE van die DRIE vrae in hierdie afdeling.

      AFDELING C:      Bestaan uit TWEE vrae
                       Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling.

2.    Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis van wat
      vereis word.

      Let wel dat SLEGS die eerste TWEE vrae in AFDELING B en die EERSTE
      vraag in AFDELING C gemerk sal word.

3.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik is. Geen punte sal toegeken word vir antwoorde wat verkeerd
      genommer is nie.

4.    Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne wees.

5.    Gebruik die puntetoekenning en die aard van elke vraag om die lengte en diepte
      van ŉ antwoord te bepaal.

6.    Gebruik die tabel hieronder as ŉ riglyn vir punte- en tydtoekenning wanneer jy
      elke vraag beantwoord.

                                                                             TYD
                  AFDELING                     VRAAG         PUNTE
                                                                           (minute)
      A: VERPLIGTEND: Objektiewe
                                                  1            30          30 minute
         tipe vrae

      B: DRIE direkte/indirekte tipe vrae         2            40          30 minute
         KEUSE: Beantwoord enige                  3            40          30 minute
         TWEE                                     4            40          30 minute

      C: TWEE opsteltipe vrae
         KEUSE: Beantwoord enige                  5             40         30 minute
         EEN                                      6             40         30 minute
      TOTAAL                                                   150        120 minute

7.    Begin die antwoord vir ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy, bv., VRAAG 1 op ŉ
      nuwe bladsy, VRAAG 2 op ŉ nuwe bladsy.

8.    Jy mag ŉ nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik.

9.    Skryf netjies en leesbaar.
                                                                                              b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                               BESIGHEIDSTUDIES                           3
                                               (Vraestel 2)                10722/22

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1

1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies
    die antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommers
    (1.1.1 tot 1.1.5) in die ANTWOORDBOEK neer, bv., 1.1.6 D.

    1.1.1   Nana pas die ... leierskapstyl toe wanneer sy haar werknemers beloon
            het vir die nakoming van spertye op kort kennisgewing.

            A    demokratiese
            B    outokratiese
            C    transaksionele
            D    charismatiese

    1.1.2   Een van die kenmerke van suksesvolle spanprestasie is dat …

            A    spanlede hul eie doelwitte stel.
            B    daar ŉ klimaat van respek en eerlikheid is.
            C    persoonlike waardes geïmplementeer word.
            D    spanlede hul eie persoonlike behoeftes bevorder.

    1.1.3   Lerato, ŉ werknemer by ABC Hotel, het die ... -prosedure gevolg toe sy
            haar kommer oor swak werksomstandighede aan haar toesighouer
            gerapporteer het.

            A    konflik
            B    probleemoplossing
            C    besluitneming
            D    griewe

    1.1.4   ŉ ... stel die aanbieder in staat om beelde direk vanaf ŉ rekenaar te
            projekteer.

            A    Interaktiewe witbord
            B    Oorhoofse projektor
            C    Plakkaat
            D    Skootrekenaar

    1.1.5   SS Beperk neem deel aan ŉ volhoubare omgewingsgemeenskaps-
            program. Dit is ŉ voorbeeld van ... as een van die drievoudige
            sleutelaspekte elemente.

            A    profyt
            B    persone
            C    planeet
            D    produkte
                                                                                (5 x 2)   (10)

                                                                                              b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                                   BESIGHEIDSTUDIES                        4
                                                   (Vraestel 2)                 10722/22

1.2 Voltooi die volgende stellings deur die woorde van die lys hieronder te gebruik.
    Skryf slegs die woorde langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die
    ANTWOORDBOEK neer.

             werknemer; deskundige; privaat; mondeling; prestasie; stukwerk;
              aggressiewe; normering; geskrewe; werkgewer; staatsbeheerde

     1.2.1     Die regering hou ŉ meerderheid aandele in Vuka SOC Bpk. Dit is ŉ
               voorbeeld van ŉ ... maatskappy.

     1.2.2     Inligting in die vorm van ŉ ... verslag is ŉ voorbeeld van ŉ nie-verbale
               aanbieding.

     1.2.3     ŉ Strategie om ŉ … persoon te hanteer, is om ferm te wees, maar nie om
               hulle aan te val nie.

     1.2.4     Spanlede is bewus van die strategieë en doelwitte van die span. Dit staan
               bekend as die ... stadium van spanontwikkeling.

     1.2.5     Die gebruik van die voorgeskrewe veiligheidstoerusting is die
               verantwoordelikheid van die ... om menslike gesondheid en veiligheid in
               die werkplek te bevorder.
                                                                                 (5 x 2)   (10)

                                                                                               b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                             BESIGHEIDSTUDIES                              5
                                             (Vraestel 2)                10722/22

1.3 Kies ŉ beskrywing uit KOLOM B wat by ŉ term in KOLOM A pas. Skryf slegs die
    letter (A – J) langs die vraagnommesr (1.3.1 tot 1.3.5) in die ANTWOORDBOEK
    neer, bv. 1.3.6 K.

           KOLOM A                                    KOLOM B

  1.3.1   Persoonlike houding   A   van toepassing as goedere oorverseker is

  1.3.2   Dividende             B   leiers sal moeilike take aan hul volgelinge delegeer

  1.3.3   Herinbesitstelling    C   deurlopende hersiening van spanvordering sodat
                                    spanlede foute kan regstel
  1.3.4   Ekonomiese regte
                                D   van toepassing as goedere onderverseker is
  1.3.5   Samewerking
                                E   werknemers het die reg tot onderwys

                                F   die opbrengs op ŉ belegging in aandele

                                G   die opbrengs op ŉ belegging in eiendom

                                H   werknemers het die reg om aan ŉ wetlike staking
                                    deel te neem

                                I   leiers se gedrag weerspieël die voorbeeld wat hulle
                                    in hul spanlede wil sien

                                J   bereidwilligheid om saam te werk om spandoelwitte
                                    te bereik
                                                                               (5 x 2)   (10)

                                                            TOTAAL AFDELING A:                 30

                                                                                               b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                                 BESIGHEIDSTUDIES                         6
                                                 (Vraestel 2)                  10722/22

AFDELING B

Beantwoord ENIGE TWEE vrae in hierdie afdeling.

LET WEL:      Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies duidelik aan. Die
              antwoord op ELKE vraag moet op ŉ NUWE bladsy begin, bv., VRAAG 2
              op ŉ NUWE bladsy, VRAAG 3 op ŉ NUWE bladsy.

VRAAG 2: BESIGHEIDSGELEENTHEDE

2.1   Noem enige DRIE voorbeelde van langtermynversekering.                                (3)

2.2   Bespreek in breë trekke die verskil tussen bestuur en leierskap.                     (4)

2.3   Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                              HARVEY PROKUREURS (HP)
      Harvey Prokureurs is welbekend om sake te wen wat verband hou met
      besigheidsreg. Die bestuur van HP verseker dat kommunikasie duidelik is, sodat
      hul werknemers presies weet wat hulle moet doen.

      2.3.1    Identifiseer die leierskapstyl wat deur HP gebruik is. Motiveer jou
               antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal.                          (3)

      2.3.2    Verduidelik ander voordele van die leierskapstyl wat in VRAAG 2.3.1
               geïdentifiseer is.                                                          (4)

2.4   Bespreek die impak van uitdeelstukke as ŉ visuele hulpmiddels.                       (6)

2.5   Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                EGOLI BED & ONTBYT (EBO)
      Buyi, die eienaar van Egoli Bed & Ontbyt, het ŉ aanbieding oor haar besigheid
      se finansiëlestate aan verskeie belanghebbendes gehou. Buyi het gepaste
      gebare gebruik om haar punt te beklemtoon. Sy het ook haar aanbieding kort en
      eenvoudig gehou.

      2.5.1    Haal TWEE faktore vanuit die scenario hierbo wat Buyi in ag geneem
               het tydens die aanbieding.                                                  (2)

      2.5.2    Verduidelik hoe Buyi vrae na haar aanbieding op ŉ nie-aggressiewe en
               professionele manier moet hanteer.                                          (6)

2.6   Bespreek TWEE beginsels van versekering.                                             (6)

2.7   Evalueer die impak van nie-winsgewende maatskappye as ŉ vorm van
      eienaarskap.                                                                         (6)
                                                                                          [40]
                                                                                              b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                               BESIGHEIDSTUDIES                          7
                                               (Vraestel 2)               10722/22

VRAAG 3: BESIGHEIDSROLLE

3.1   Noem enige VIER komponente van korporatiewe sosiale verantwoordelikheid.            (4)

3.2   Bespreek in breë trekke TWEE maniere waarop professionele,
      verantwoordelike, etiese en effektiewe sakepraktyke uitgevoer moet word.            (4)

3.3   Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                            BOITUMELO HANDELAARS (BH)

      Die bestuur van Boitumelo Handelaars hou die inligting van hul werknemers
      vertroulik. BH hanteer al hulle werknemers met respek, ongeag van hul sosio-
      ekonomiese status.

      Identifiseer TWEE menseregte wat deur BH bevorder word. Motiveer jou
      antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal.

      Gebruik die table hieronder as ŉ RIGLYN om VRAAG 3.3 te beantwoord.

              MENSEREGTE                       MOTIVERINGS
       1.
       2.                                                                                 (6)

3.4   Bespreek die oorsake van konflik in die werkplek.                                   (6)

3.5   Verduidelik hoe besighede die prys van goedere in landelike gebiede as ŉ
      onetiese sakepraktyk kan hanteer.                                                   (6)

3.6   Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                 RODNEY BOUERS (RB)

      Rodney, die spanleier, pas die spandinamiese teorieë toe om sy span effektief te
      lei. Hy ken take toe volgens die rol van elke spanlid. Rodney weet dat spanlede
      met soortgelyke sterkpunte kan meeding vir spantake.

      3.6.1   Haal die belangrikheid van spandinamiese teorieë in die verbetering van
              spanprestasie aan uit die scenario hierbo.                                  (2)

      3.6.2   Gee Rodney raad oor ander belangrikhede van spandinamiese teorieë
              om spanprestasie te verbeter.                                               (4)

3.7   Onderskei tussen korporatiewe maatskaplike verantwoordelikheid (KMV) en
      korporatiewe maatskaplike investering (KMI).                                        (8)
                                                                                         [40]

                                                                                             b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                               BESIGHEIDSTUDIES                        8
                                               (Vraestel 2)               10722/22

VRAAG 4: DIVERSE ONDERWERPE

BESIGHEIDSGELEENTHEDE

4.1   Definieer die term skuldbriewe.                                                   (2)

4.2   Bespreek in breë trekke die voordele van ŉ privaat maatskappy.                    (4)

4.3   Verduidelik hoe belasting kan bydra tot die sukses en/of mislukking van ŉ
      vennootskap.                                                                      (4)

4.4   Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                            MANDY SE BELEGGINGSOPSIES

      Mandy wil R6 000 belê in ŉ vaste deposito rekening vir twee jaar. Ray Bank het
      haar 7% eenvoudige rente per jaar aangebied en Lam Bank het haar 7%
      saamgestelde rente per jaar aangebied.

      4.4.1   Bereken die bedrag rente wat Mandy na twee jaar sal ontvang as sy by
              Ray Bank belê.                                                            (3)

      4.4.2   Bereken die bedrag rente wat Mandy na twee jaar sal ontvang as sy by
              Lam Bank belê.                                                            (4)

      4.4.3   Beveel die beste beleggingsopsie aan en motiveer jou antwoord.            (3)

BESIGHEIDSROLLE

4.5   Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                         NARIVA HANDELAARS BEPERK (NHB)

      Nariva Handelaars Beperk verkoop gehalte, modieuse, mans- en vroulike klere.
      Die werknemers van NHB is bewus van die indiensnemingsbeleide van die
      onderneming. Hulle het ook akkurate verslae aan aandeelhouers by die jaarlikse
      algemene vergadering voorgelê.

      Identifiseer TWEE King-kode beginsels vir goeie korporatiewe bestuur wat deur
      NHB toegepas word. Motiveer jou antwoord deur uit die scenario hierbo aan te
      haal.

      Gebruik die tabel hieronder as ŉ RIGLYN om VRAAG 4.5 te beantwoord.

              KING-KODE BEGINSELS                         MOTIVERINGS
       1.
       2.                                                                              (6)

                                                                                           b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                              BESIGHEIDSTUDIES                          9
                                              (Vraestel 2)                10722/22

4.6   Identifiseer die diversiteitskwessie wat Vast Skeppings toegepas het in ELKE
      verklaring hieronder.                                                                   .

      4.6.1   Vast Skeppings verseker dat daar nie teen werknemers gediskrimineer
              word op grond van hulle velkleur nie.                                      (2)

      4.6.2   Hulle maak voorsiening vir spesiale kos in die werknemers se kantien.      (2)

4.7   Verduidelik die rol van die gesondheids- en veiligheidsverteenwoordigers om die
      werksomgewing te beskerm.                                                          (4)

4.8   Beveel maniere aan waarop besighede tyd en moeite kan bydra om die
      welstand van gemeenskappe te bevorder.                                             (6)
                                                                                        [40]

                                                             TOTAAL AFDELING B:             80

                                                                                            b.o.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                                 BESIGHEIDSTUDIES                        10
                                                 (Vraestel 2)                10722/22

AFDELING C

Beantwoord EEN vraag in hierdie afdeling.

LET WEL:     Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan. Die
             antwoord op ELKE vraag moet op ŉ NUWE bladsy begin, bv. VRAAG 5
             op ŉ NUWE bladsy OF VRAAG 6 op ŉ NUWE bladsy.

VRAAG 5:     BESIGHEIDSGELEENTHEDE (SEKURITEITE)

 Baie maatskappye maak gebruik van die Johannesburgse Sekuriteitebeurs (JSE) om
 beleggers aan te lok. Hulle raai ook hul beleggers aan om beleggingsbesluite faktore
 in ag te neem. Daar is verskeie tipes aandele beskikbaar in die mark. Party beleggers
 verkies om in RSA Kleinhandelspaareffekte te belê.

Skryf ŉ opstel oor beleggingsekuriteite waarin jy die volgende aspekte insluit:

   Bespreek in breë trekke die funksies van die Johannesburgse Sekuriteitebeurs.
   Verduidelik enige DRIE faktore wat in ag geneem moet word wanneer
    beleggingsbesluite geneem word.
   Bespreek VIER tipes aandele.
   Adviseer beleggers oor die impak van die Regering/RSA Kleinhandelspaareffekte.        [40]

VRAAG 6: BESIGHEIDSROLLE (KREATIEWE DENKE EN PROBLEEMOPLOSSING)

Die besigheidsomgewing is dinamies en vereis dat besighede innoverend in hul
benaderings moet wees. Sommige besighede pas die Delphi-tegniek en
dinkskrumtegniek toe om komplekse sakeprobleme op te los. Ander redeneer dat ŉ
kragveld-analise die mees geskikte probleem-oplossingstegniek is. Besighede streef
daarna om ŉ omgewing te skep wat kreatiewe denke in die werkplek bevorder.

Skryf ŉ opstel oor probleemoplossing en kreatiewe denke waarin jy die volgende
aspekte bespreek:

   Brei uit oor die verskille tussen probleemoplossing en besluitneming.
   Verduidelik hoe besighede die Delphi-tegniek en dinkskrumtegniek in die werkplek
    moet toepas.
   Bespreek die impak van kragveld-analise as ŉ probleemoplossingstegniek.
   Stel maniere voor waarop besighede ŉ omgewing kan skep wat kreatiewe denke in
    die werkplek bevorder.                                                                [40]

                                                                 TOTAAL AFDELING C:       40

                                                                                  TOTAAL: 150

                                            EINDE

## Related documents

- [Grade 12 NSC Business Studies P2 (Afrikaans) 2020 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-business-studies-p2-afrikaans-2020-preparatory-question-paper/f8c01536-6bfb-46a9-a239-5be24871bd21) — Business Studies · QP · 2020 · Afr
- [Grade 12 NSC Business Studies Afrikaans 2018 Prepartory Possible Answer](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-business-studies-afrikaans-2018-prepartory-possible-answer/39290679-cd48-4295-b23b-0cf3da345556) — Business Studies · Memo · 2018 · Afr
- [BUSINESS STUDIES P1 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-gr12-qp-sept2022-afrikaans/be8e7318-8cb4-4d1b-b83a-12d6a4b7bc75) — Business Studies · QP · 2022 · Afr
- [2022 KZN June P2 QP](https://www.hlayiso.com/library/2022-kzn-june-p2-qp/1733f4da-69f9-4b52-8281-d834296b0e17) — Business Studies · QP · 2022
- [2022 KZN Prelim P2 QP](https://www.hlayiso.com/library/2022-kzn-prelim-p2-qp/d2081940-b442-4d14-b622-224f975db2b6) — Business Studies · QP · 2022
- [Grade 12 NSC Business Studies P1 (Afrikaans) 2020 Preparatory Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-business-studies-p1-afrikaans-2020-preparatory-possible-answers/48729a29-53d6-4800-bf7a-8ddb1d000fc1) — Business Studies · Memo · 2020 · Afr

## More from Grade 12 Business Studies

- [Business Studies P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/f4a2fe3f-aebb-41a3-958b-d0e7753b1b85) — Memo · 2025 · Afr
- [Business Studies Grade 12 NSC MEMO March 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-memo-march-2025-kzn/265a7b30-6354-430a-8f92-943232e91956) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-kzn/50092793-d71b-4715-8f5c-e6fbd536870d) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-mpumalanga/542d7502-5f88-419f-a9da-da529a7d163f) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-mpumalanga/c4a1c821-283b-4e67-953b-7523f8a29517) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-north-west/ebfb4a83-3104-4f58-b833-85dbe10fab18) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
