# Computer Applications Technology Grade 12 P1 2017 QP (Afr)

> Grade 12 Computer Applications Technology Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2017 (Afrikaans). Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr12-catn-p1-sept2017-qp-afr-2/3aef72eb-46c4-448a-833d-d40800233ca4
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Computer Applications Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 18

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Computer Applications Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/computer-applications-technology) › [Computer Applications Technology Grade 12 P1 2017 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr12-catn-p1-sept2017-qp-afr-2/3aef72eb-46c4-448a-833d-d40800233ca4)

## About this document

Computer Applications Technology · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2017. Question paper, 18 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                          NASIONALE
                      SENIOR SERTIFIKAAT

                            GRAAD 12

                       SEPTEMBER 2017

       REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1

PUNTE:   180

TYD:     3 uur

          Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye en ŉ HTML-merkblad.

                                 *CATNA*

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                       REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                  (EC/SEPTEMBER 2017)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.     As gevolg van die aard van die drie-uur eksamen is dit belangrik om daarop
        te let dat jy NIE toegelaat sal word om die eksamenlokaal voor die einde van
        die eksamensessie te verlaat NIE.

 2.     Voeg jou van en naam in die kopskrif van ELKE dokument wat jy skep of
        stoor.

 3.     Die toesighouer sal ŉ disket met AL die lêers wat vir die eksamen benodig
        word, aan jou gee, of jy sal ingelig word waar die lêers op die netwerk of
        rekenaar gevind kan word. Indien ŉ disket aan jou uitgereik is, moet jy jou
        naam op die etiket skryf. Indien jy op ŉ netwerk werk, moet jy die instruksies
        wat deur die toesighouer gegee word, volg.

 4.     ŉ Kopie van die meesterlêers (‘master files’) sal by die toesighouer
        beskikbaar wees. Indien daar enige probleme met ŉ lêer is, mag jy die
        toesighouer vir ŉ ander kopie vra.

 5.     Hierdie vraestel bestaan uit SEWE vrae.

 6.     Beantwoord AL die vrae.

 7.     Maak seker dat jy ELKE dokument stoor deur die lêernaam wat in die
        vraestel gegee word, te gebruik. Stoor jou werk gereeld as ŉ
        voorsorgmaatreël teen moontlike kragonderbrekings.

 8.     Lees deur ELKE vraag voordat jy dit beantwoord of die probleem oplos.
        MOENIE meer doen as wat die vraag vereis NIE.

 9.     Aan die einde van die eksamen moet jy die disket wat deur die toesighouer
        aan jou gegee is inlewer met AL die antwoordlêers daarop gestoor, of jy
        moet seker maak dat AL die antwoordlêers op die netwerk/rekenaar gestoor
        is, soos wat deur die toesighouer/onderwyser aan jou verduidelik is. Maak
        absoluut seker dat AL die lêers gelees kan word.

 10.    Gedurende die eksamen mag jy gebruik maak van die hulpfunksies van die
        programme wat jy gebruik. Jy mag GEEN ander hulpbronmateriaal gebruik
        NIE.

 11.    Indien data uit ŉ vorige vraag wat jy nie kon beantwoord nie afgelei word,
        moet jy steeds voortgaan met die vrae wat volg.

 12.    Tensy anders vermeld, moet formules en/of funksies vir ALLE berekeninge in
        vrae wat sigbladwerk (‘spreadsheets’) behels, gebruik word. Absolute-
        selverwysing moet slegs waar nodig gebruik word om te verseker dat die
        formules korrek is wanneer hulle na ander selle in die sigblad gekopieer
        word.

 13.    In ALLE vrae wat woordverwerking behels, moet die taal op English (South
        African) gestel word. Die papiergrootte word as A4-portret (‘Portrait’)
        aanvaar, tensy anders aangedui.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)         REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                            3

 14.     In Aanhangsel A word die HTML-merkblad voorsien.

 15.     Die eksamengids/datadisket wat jy gaan ontvang saam met hierdie vraestel,
         bevat die volgende lêergids en lêers wat onder aangedui word. Maak seker
         dat jy die lêergids met AL die lêers het voor die eksamen begin.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                          REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                 (EC/SEPTEMBER 2017)

 SCENARIO

 Skilpaaie word deurgaans gevind in die gematigde en tropiese
 wêreld en in die oop oseaan. 42% van die 270-bekende spesies
 is skaars of word bedreig met uitwissing. Baie skilpaaie en hulle
 eiers word geag as kos. Eetbare spesies sluit in heelwat marine
 skilpaaie, die groen skilpad (tradisionele bestanddeel vir skilpad
 sop), die diamantrug waterskilpad, en die sagtedopskilpad. Die
 vang van vroulike skilpaaie wanneer hulle eiers lê op land, het
 gelei tot die ernstige afname van baie spesies, want dit kan van 10 tot 30 jaar neem
 vir sommige van die skilpaaie om seksuele volwassenheid te bereik.

 Die skool het die graad 12-leerders gevra om te help in ŉ veldtog om mense bewus
 te maak van die maniere hoe uitwissing van skilpaaie bekamp kan word.

 VRAAG 1       WOORDVERWERKING

 ŉ Dokument is ontwerp om terugvoering te gee oor sommige basiese feite
 aangaande Seeskilpaaie.

 Maak die 1_Turtle Facts-woordverwerkingsdokument oop.

 1.1   Stel die linkerkantse en onderste kantlyne van die dokument in op 1.5 cm.              (1)

 1.2   Die dokument het ŉ voorblad (cover page). Maak die volgende veranderinge
       aan die voorblad (cover page).

       1.2.1    Voeg die opskrif “Save The Sea Turtles” by in die Titelbeheer (Title
                control) op die voorblad (cover page).                                        (1)

       1.2.2    Vind die AutoShape op die voorblad (cover page):

                        Vul die AutoShape met die prentjie 1_Save The Turtle                 (1)
                        Maak seker dat die hoogte en wydte op presies 8 cm gestel is         (2)

 1.3   Pas ŉ saamgeperste spasie (condensed spacing) van 1.5 pt toe op die opskrif
       "BASIC FACTS ABOUT SEA TURTLES” op bladsy.                                             (2)

 1.4   Vind die verhelderde (highlighted) letter “S” op bladsy 3.

              Voeg ŉ vergrote hoofletter effek (drop cap) vir die letter “S” oor 4 lyne
              Afstand vanaf die teks is 0.5 cm                                               (2)

 1.5   Verander die bestaande styl Sub Turtle sodat die paragraaf skadering
       (shading) in geel sal wees en al die teks met die styl geformateer sal word om
       outomaties op te dateer.                                                               (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)          REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                              5

 1.6    Vind die vier paragrawe (verhelder in groen) (highlighted in green) onder die
        opskrif Reproduction en doen die volgende:

               Voeg in 2 kolomme met lyn tussenin
               Die spasiëring tussen die kolomme moet 1.5 cm wees
               Die eerste paragraaf moet in die eerste kolom wees en die ander drie
                paragrawe moet in die tweede kolom wees                                    (3)

 1.7    Pas enige gloei effek (glow) toe op die text box wat die volgende wenk (tip)
        bevat “Did you know?...” op bladsy 5.                                              (1)

 1.8    Vind die voetnota op bladsy 6 wat gevoeg is op die woord mating en maak die
        volgende veranderinge:

               Verander die voetnota na ŉ endnota
               Verander die endnota simbool na ŉ ‘ * ’ simbool                            (2)

 1.9    ŉ Tabel wat die populasiestatus van die verskillende skilpadspesies voorstel,
        is op bladsy 7 van die dokument gelys. Verander die tabel sodat:

               Die spasiëring tussen die selle 0.5 cm is                                  (1)
               Voeg ŉ funksie in verhelderde (highlighted) area (vervang die
                verhelderde (highlighted) streek) om te bepaal hoe baie skilpadspesies
                onder die populasiestatus gelys is                                         (2)

 1.10 Pas multivlak kolpunte (multilevel bullets) toe op die Glossary-lys op bladsy 8
      soos hieronder aangedui:

               Gebruik Bullet 1.jpg as die eerste vlak
               Bullet 2.jpg as die tweede vlak

                                                                                           (3)

 1.11 Redigeer die bibliografie ingevoeg op bladsy 8 om die volgende in te sluit:

          Die maand wat die webblad opgedateer is, is August en nie February nie          (1)
          Voeg ŉ opmerking (comment) wat lees “Save Sea Turtles” in                       (1)
        LW: Maak seker dat dit die opgedateerde inhoud sal vertoon in die
             bibliografie.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                       REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1               (EC/SEPTEMBER 2017)

 1.12 Verander die oriëntasie van slegs die laaste 2 bladsye na landskap.                  (1)

 1.13 Vind die tabel wat op die laaste 2 bladsye van die dokument vertoon word en
      doen die volgende:

           Verander die buitenste lyne van die tabel na gebonde gidsstippie
            (dashed line) en 4½ pt die dikte                                               (2)
          Voeg ŉ opskrif (caption) in vir die prentjie wat vertoon word langs die
            “Green Sea Turtle” sodat dit as volg lees “Figure 1: Green Sea Turtle”         (1)
       LW: Opdateer (Update) die “table of figures” sodat die opskrif (caption)
           vir figuur 1 ook ingesluit sal wees.

 1.14 Voeg outomatiese bladsynommering vir die laaste 2 bladsye van die
      dokument soos volg in:

              Voeg die bladsynommers in die kopskrif (page header) in enige
               formaat                                                                     (1)
              Maak seker dat die bladsynommers weer by 1 begin                            (2)

 1.15 Voeg ŉ hiperskakel (hyperlink) in op die woord <<TOP OF THE DOCUMENT
      >> wat gevind sal word op die laaste bladsy sodat dit na die bokant van die
      dokument gekoppel sal wees.                                                          (2)

 1.16 Voeg ŉ watermerk slegs op die voorblad (cover page) wat lees Billion Baby
      Turtles.                                                                             (2)
                                                                                          [36]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)          REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                                  7

 VRAAG 2        WOORDVERWERKING

 ŉ Waarnemingsvorm was in Word ontwerp vir mense om inligting in te vul oor
 Seeskilpaaie indien hulle gedurende hulle besoek aan die seestrand of enige ander
 plek teëkom.

 Maak die 2_Observation Form-woordverwerkingsdokument oop.

 2.1    Bring ŉ paragraaf skakering (shading) aan vir die opskrif "Sea Turtle
        Observation Form” met enige skakering van groen.                                       (2)

 2.2    Formateer die teksvormveld (text form field) vir die opskrif “How many
        turtles…” sodat:

               Die maksimum lengte 2 is
               Dit geen desimale getalle vertoon nie                                          (2)

 2.3    Redigeer die aftuimelvorm (drop down form) langs die “What was the health
        condition…” veld sodat:

               Die opsie “Select One Below” bygevoeg word                                     (1)
               Vertoon as die eerste opsie in die lys                                         (1)

 2.4    Formateer die datum veld langs “Date Of Observation” sodat die datum in
        d MMMM yyyy-formaat vertoon.                                                           (1)

 2.5    Sny (Crop) die prentjie wat in die dokument is sodat dit lyk soos die
        onderstaande prentjie.

                                                                                               (1)

 2.6    Voeg ŉ help teks by die “Cell No” veld sodat dit as volg lees “Please Enter
        only 10 Digits”..                                                                      (2)

 2.7    Sit en voeg ŉ 14 cm regs geblokte soliede lyn-tab na die opskrif “Name,
        Surname and Address” na die opskrif "Contact Details" om te vertoon soos
        die onderstaande:

                                                                                               (2)

 2.8    Vind die epos-adres info@SEETurtles.org wat verskyn op die laaste bladsy
        van die dokument. Gebruik ŉ funksie in Word om die boodskap “Help Us To
        Save SEA Turtles” te vertoon wanneer jy jou muis se wyser (pointer) oor die
        epos-adres beweeg.                                                                     (2)
                                                                                              [14]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                       REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                 (EC/SEPTEMBER 2017)

 VRAAG 3       SIGBLAD

 ŉ Sigblad wat die verskillende deurlopende veldtogte van hoe om Seeskilpaaie te
 red, is in die 3_Turtle Campaign-sigblad gestoor.

 Maak die 3_Turtle Campaign-sigblad oop en werk in die Info-werkblad.

 3.1   Voeg vandag se datum in sel H1 in die formaat dd mmm YY.                            (1)

 3.2   Merge en sentreer die selle A1 tot G2.                                              (1)

 3.3   Voeg ŉ dik lyn aan die linker- en regterkant van elke sel van A3 tot O3.

       LW: Die bo- en die onderlyne moet dieselfde bly soos onder aangetoon.

                                                                                           (2)
 3.4   Vries (Freeze) ry 3.                                                                (1)

 3.5   Gebruik ŉ gepaste teksfunksie om ŉ lidkode (member code) in sel A4 te skep.

       Die kode word geskep deur ŉ kombinasie van die volgende:

          Hele inhoud van die Name-veld (field)
          Gevolg deur die lengte van die Membership Status-veld (field)
          Gevolg deur die teks-‘#code’
       Voorbeeld: Die lidkode (member code) vir 'Jacob' sal Jacob4#code wees.              (5)

 3.6   Die lidmaatskapstatus (membership status) word aan die lede gegee
       gebaseer op die jare diens wat elke lid het onder hulle spesifieke veldtog.

       Voeg ŉ funksie/formule in sel H4 om die aantal jare diens (Years of Service)
       te bepaal sedert hy/sy by die veldtog aangesluit het deur gebruik te maak van
       kolom G (Active Member Since) en sel H1, rondop tot geen desimale plek.             (6)

 3.7   Die bestuur het ŉ jaarlike fondsinsameling vir die lede gereël. Die bedrag wat
       individueel betaal moet word vir elke fondsinsameling gebeurtenis (event)
       word in selle I2:M2 aangedui.

       Gebruik ŉ formule/funksie in sel N20 om te bepaal wat die totale bedrag is wat
       deur James as ŉ lid gedurende die fondsinsamelinggebeurtenis (event)
       ingesamel is.                                                                       (3)

 3.8   Pas voorwaardelike formatering (conditional formatting) toe op die Amount
       Raised waardes wat in kolom N gegee word.

              Skadu (shade) slegs bedrae tussen R 200 en R 250 wat ingevorder
               word
              Pas enige 2 kleurskadu (shading) van jou keuse toe                          (3)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)          REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                                 9

 3.9    Die bestuur beplan om erkenning (reward) te gee aan lede vir hulle pogings
        en hulle hulp om Seeskilpaaie te help bewaar.

        Die erkenning (reward) word bepaal deur die verskil te vind tussen die teiken
        bedrag (target amount for adopting a turtle hatchling) (cell P1) en die bedrag
        wat ingesamel is deur die lede wat in kolom N vertoon word. Gebruik ŉ
        funksie in sel O4 om die tipe erkenning (reward) vir Jacob te bepaal.

        LW:     Vind die verskil in dieselfde berekening en maak gebruik van
                absolute selverwysing waar nodig.

                                                                       Reward

         As die verskil 0 is of minder                             Adoption Cert
         As die verskil tussen 1 en 100 is                                 -
         As die verskil meer as ŉ 100 is                          Participation Cert

        Kopieer funksie wat jy ingesit het in sel O4 na selle O5:O49. Maak seker dat
        dit korrek werk.                                                                      (6)

 3.10 Bereken in sel E51, die totale bedrag ingesamel deur al die platinum lede.              (4)

 3.11 Bereken die aantal lede wat aan die SEE Turtles Campaign behoort, in
      sel E52.                                                                                (3)

 3.12 Bereken die gemiddelde ouderdom van al die vroulike lede in sel E53.                    (4)

 3.13 Gebruik ŉ funksie of kombinasie van funksies in sel E54 om die aantal lede te
      vind wat nie deelgeneem het aan die Sea Turtle Garden Flag en Turtle
      Goodies-gebeurtenis (event) nie.                                                        (3)

 Werk in die Spotted-werkblad.

 3.14 Die bestuur wil die naam van die skilpad vind wat raakgesien is (spotted) deur
      die verskillende lede wat gekom het vir die gebeurtenis (event).

        Gebruik die LOOKUP-funksie in sel B2 op die Spotted-werkblad saam met
        die LOOKUP-werkblad om die naam van die skilpad wat deur die lid Jacob
        raakgesien is aan te dui.                                                             (5)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                      REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1          (EC/SEPTEMBER 2017)

 Werk in die Graph-werkblad.

 3.15 Verander die grafiek om as volg te vertoon:

       NOTA:
          Sluit die data vir die jaar 2014 by die grafiek in
          Maak reeks (series) dat dit oorvleuel (overlap) by -50°
          Vertoon die x-as naam soos aangedui op die skermkopie (screenshot)
            hierbo
          Vertoon die data-etikette (labels) bo aan elke balkie (bar)
          Stel die minimum waarde van die y-as op 5                                (5)
                                                                                   [52]

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)           REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                             11

 VRAAG 4        DATABASIS

 ŉ Databasis is ontwerp om die klassifikasies en eienskappe van die Skilpaaie aan te
 dui.

 Maak die databasis 4_Turtle Classification oop.

 4.1    Formateer die Classification-tabel as volg:

        4.1.1    Verander die ry hoogte na die standaard hoogte                              (1)

        4.1.2    Verseker dat die gidslyne (gridlines) na rooi kleur verander word           (1)

        4.1.3    Redigeer die waarde lys (value list) vir die Listed As-veld sodat die
                 opsie Threatened as die derde opsie gelys word                              (2)

        4.1.4    Verander die data tipe van die Diet-veld na ŉ meer geskikte tipe            (1)

        4.1.5    Verseker dat die Scientific Name-veld nie leeg sal gelos word nie en
                 dat dit in hoofletters sal vertoon al word dit in kleinletters getik        (2)

        4.1.6    Ontwerp ŉ toevoermasker (input mask) op die Turtle ID-veld om te
                 verseker dat die gebruiker ŉ kode sal invoeg wat as volg saamgestel
                 is:
                      Een verpligte letter
                      Gevolg deur twee verpligte nommers
                      Gevolg deur ŉ asterisk (*)
                      Gevolg deur ŉ opsionele syfer of spasie
                      Dan ŉ opsionele letter of syfer
                 Voorbeeld: L78*1K of j89* K of k78*16 kan ingetik word.                     (5)

 4.2    Werk met die Turtle Images-tabel en die frm4_2-vorm.

        4.2.1    Die vorm frm4_2 is ontwerp om die prentjies van die ses skilpaaie in
                 die vorm in te sluit. Ongelukkig het die prentjie van die Green Sea
                 Turtle nie vertoon nie. Maak die nodige veranderinge in die Turtle
                 Images-tabel sodat die prentjie Green sea turtle.jpg in die vorm
                 vertoon.                                                                    (2)

        4.2.2    Kopieer (Export) die Turtle images-tabel as ŉ PDF-lêer en stoor dit
                 na die eksamengids as Export4_2.                                            (2)

 4.3    Maak die navraag qry4_3 oop. Vertoon slegs die rekords waar:

               Die totale spesies 399 of minder is
               Wie se dieet uit jelly fish en crab bestaan                                  (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                         REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                (EC/SEPTEMBER 2017)

 4.4   Ontwerp ŉ navraag genoem qry4_4 gebaseer op die Classification-tabel.

                Vertoon net die Turtle Name en Colour
                Voeg ŉ berekende veld (calculated field) genaamd Weight in pounds
                 in, wat bereken word deur die gewig (weight in kilogram) deur 2.2046
                 te deel
                Gebruik ŉ funksie om die antwoord af te rond tot een desimale plek
                Die beginletter van die skilpadnaam moet tussen G en O wees en moet
                 in stygende order volgens hulle name wees                                   (7)

 4.5   Maak die vorm frm4_5 oop en doen die volgende veranderinge:

                Voeg ŉ lyn met wydte van 4pt en ŉ skadu-effek op die prentjie in die
                 vorm kopskrif (header)
                Voeg ŉ opdragknoppie (command button) in die vorm voetskrif (footer)
                 in op die bestaande vorm
                Verseker dat die skeidingslyne (dividing lines) nie sigbaar is nie
                Maak die verstek (default view) van die vorm deurlopend                     (6)

 4.6   Ontwerp ŉ verslag genaamd rpt4_6 gebaseer op die Classification-tabel
       sodat dit as volg vertoon:

              Vertoon slegs die velde Turtle Name, Turtle ID, Colour, Weight (in kg)
               & Listed As
              Groepeer die rekords gebaseer op die Weight (in kg)-veld en stel die
               groeperings intervalle op 50s
              Verseker dat die bladsynommer nie op die eerste bladsy verskyn nie
              Voeg ŉ berekening in die verslag voetskrif (report footer) om die aantal
               Critically Endangered-skilpaaie te tel. Maak seker dat ŉ geskikte
               etike (label) gegee word vir die berekening                                   (9)
                                                                                            [42]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)         REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                            13

 VRAAG 5        WEBONTWERP (HTML)

 ŉ Webblad is ontwerp om mense feite te gee aangaande die mees bedreigde
 skilpadspesies, die gevare wat hulle in die gesig staar en die maniere om die
 skilpaaie te red.

 Maak die onvolledige 5_Save Us-webblad in ŉ webblaaier asook in ŉ teks-HTML-
 redigeerder oop bv. Notepad (NIE ŉ woordverwerkingsprogram soos Word NIE).

 LET WEL:
    Vraagnommers is as opmerkings (comments) in die kodering ingevoeg as
      riglyne om aan te dui ongeveer waar die antwoord(e) ingevoeg behoort te
      word.
    ŉ HTML-merkblad (tag sheet) is as verwysing aangeheg.

 Jou finale webbladsy behoort soos die voorbeeld hieronder te lyk.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                       REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1               (EC/SEPTEMBER 2017)

 5.1   Voeg die HTML kode in sodat die teks Save Sea Turtles in die webblaaier-
       oortjie (browser tab) sal verskyn.                                                 (2)

 5.2   Verander die grootte van die horisontale lyne wat saam met die opskrif
       “7 Things You Can Do To Save Sea Turtles” kom na 6.                                (1)

 5.3   Voeg die prentjie Baby Turtle wat gevind kan word in die eksamengids in na
       die opskrif “7 Things You…” sodat die wydte en die hoogte van die prentjie
       100 en 45 persent sal wees en die teks “Baby Turtle” moet vertoon word
       indien die prentjie nie in die blaaier (browser) wys nie.                          (5)

 5.4   Verander die woord SEVEN in die eerste paragraaf na vetdruk (bold).                (1)

 5.5   Verander die nie-geordende lys (unordered list) wat vertoon word na die
       eerste paragraaf na ŉ vierkantige patroon (square pattern).                        (2)

 5.6   Verander die opskrif “Most Endangered…” sodat dit die opskrif word vir die
       hele tabel soos aangedui in die skermkopie (screenshot).                           (3)

 5.7   Maak die volgende veranderinge in die tweede ry van die tabel wat die
       opskrifte Turtle Name en Scientific name bevat sodat:

              Die ry-kleur groen is
              Die fontkleur wit is vir albei opskrifte                                   (2)

 5.8   Voeg ŉ opskrif (caption) aan die einde van die tabel in wat in die webbladsy
       (webpage) vertoon word sodat dit die volgende boodskap vertoon “Table 1:
       List Of Endangered Turtle Species” soos in die skermkopie (screenshot)
       (centred) aangedui word.                                                           (3)

 5.9   Korrigeer die hiperskakel(hyperlink)-tag wat ingevoeg is op die woord
       SEETurtles.org en gevind kan word in die laaste paragraaf sodat dit
       gekoppel kan word aan die www.SEETURTLES.ORG webtuiste (website).                  (1)
                                                                                         [20]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)          REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                            15

 VRAAG 6        ALGEMEEN

 Maak die 6_Spotted By & Scientific Info sigblad oop en werk in die Spotted By &
 Scientific Info-werkblad.

 6.1    Verberg die werkblaaie 2 en 3 want dit word nie meer benodig nie.                  (1)

 6.2    Kolom D bevat die name van die verskillende skilpaaie. Vervang al die
        verskynings van die woord turtle met die hoofletter TURTLE.
        LW: Enige metode kan gebruik word.                                                 (2)

 6.3    Kolom B bevat die naam van die persoon wie verskillende skilpaaie
        raakgesien het. Gebruik enige gepaste metode om die naam te vind wat nie
        twee keer herhaal word nie.

        Plaas die naam van die persoon in sel G3.                                          (2)

 6.4    Sorteer die inhoud van die werkblad eers volgends Scientific Name in
        dalende order en dan volgens Spotted By in stygende order. Skryf die naam
        van die skilpad neer in sel G9 wat in eerste ry van die werkblad voorkom
        nadat die sortering gedoen is.                                                     (3)

 6.5    Beskerm die selle A1:D1 met die wagwoord (password) 2017. Maak seker dat
        net die vier selle beskerm is.                                                     (2)
                                                                                          [10]

 VRAAG 7        INTEGRASIE

 Die naam van die aannemingsertifikaatwenners is gestoor in die
 7_Winners List-sigblad, in die Winners-werkblad.

 7.1    Skep ŉ saamvoegfunksie (mail merge) soos volg:

               Koppel (Link) die dokument 7_Certificate aan die Winners-werkblad in
                die 7_Winners List-sigblad lêer.
               Koppel (Link) die plekhouers wat in geel geskadu is na die toepaslike
                velde.
               Slegs die platinum lede met ŉ aannemingsertifikaat mag sertifikate
                ontvang.                                                                   (4)

        MOET NOG NIE die saamvoeg (merge) voltooi nie.

        Stoor die dokument 7_Certificate.

               Voltooi die saamvoeg (merge) en stoor die saamvoeg (merged)
                dokument in jou eksamengids as 7_CertificateMerged.                        (2)
                                                                                           [6]

                                                                            TOTAAL:        180

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
  16                            REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                            (EC/SEPTEMBER 2017)

                      AANHEGSEL A – HTML-MERKBLAD (HTML TAG SHEET)
              Basiese Merkers (Basic Tags)                         Formateringsmerkers (Formating Tags) continued
      Merker (Tag)                   Beskrywing                       Merker (Tag)               Beskrywing
<body></body>             Definieer die liggaam van die           <li></li>             Word voor elke lysitem
                          webblad                                                       ingevoeg, en voeg dan 'n
<body                     Stel die agtergrondkleur van die                              nommer of simbool by
bgcolor="pink">           webblad                                                       afhangende van die tipe lys
                                                                                        wat geselekteer is
<body text="black">         Stel die kleur van die                <img src="name">      Voeg 'n prent in
                            liggaamteks t
<head></head>               Bevat inligting oor die dokument      <img src="name"        Stel 'n prent inlyn: kan ook
                                                                  align="left">          ''right", "center"; "bottom",
                                                                                         "top", "middle'' wees
<html></html>               Skep 'n HTML-dokument – begin         <img src="name"        Stel die grootte van die raam
                            en eindig 'n webblad                  border="1">            rondom 'n prent
<title></title>             Definieer 'n titel vir die dokument   <img src="name"        Stel die hoogte en breedte van
<!-- -->                    Kommentaar                            width="200"            'n prent
                                                                  height
                                                                  ="200">
               Teksmerkers (Text Tags)                            <img src="name"        Vertoon alternatiewe teks
     Merker (Tag)                 Beskrywing                      alt="alternative       wanneer die muis oor 'n prent
<hl></hl>               Skep die grootste opskrif                 text">                 gehou word of wanneer die
                                                                                         prent nie gevind word nie
<h6></h6>                   Skep die kleinste opskrif             <hr/>                  Voeg 'n horisontale lyn in
<b></b>                     Skep teks in vetdruk                  <hr size="3"/>         Stel die grootte (hoogte) van 'n
<i></i>                     Skep teks in skuinsdruk                                      reël
<font                       Stel fontgrootte van "1" tot "7"      <hr width="80%"/>      Stel die breedte van 'n lyn, in
size="3"></font>                                                                         persentasie of absolute
                                                                                         waarde
<font                   Stel fontkleur                            <hr                    Stel die kleur van die lyn
color="green"></font                                              color="ff0000"/>
>
<font face="Times       Stel fonttipe                                         Tabelmerkers (Table Tags)
New Roman"></font>
              Skakelmerkers (Link Tags)                               Merker (Tag)                Beskrywing
                        Tag                                       <table></table>        Skep 'n tabel
  <a href="URL"></a>    Skep 'n hiperskakel                       <tr></tr>              Skep 'n ry in 'n tabel
<a href="URL"><img      Skep 'n prentskakel                       <td></td>              Skep 'n sel in 'n tabel
src="URL"></a>
<a name="NAME"></a>     Skep 'n teikenarea                        <th></th>              Skep 'n tabelopskrif (in 'n sel
<a href="#NAME"></a>                                                                     met algemene vetgedrukte,
                          Skakel na 'n teikenarea wat
                                                                                         gesentreerde teks)
                          elders in die dokument geskep is
          Formateringsmerkers (Formating Tags)                    <table                 Stel die breedte van die tabel
                                                                  width="50">
                       Merker (Tag)                               <table                 Stel die breedte van die raam
                                                                  border="1">            rondom die selle van die tabel
<p></p>                     Skep 'n nuwe paragraaf                <table                 Stel die spasie tussen die selle
                                                                  cellspacing="1">       van die tabel
<p align="left">            Stel 'n paragraaf links inlyn         <table                 Stel die spasie tussen 'n
                            (verstek), kan ook ''right'' of       cellpadding="1">       selraam en die inhoud daarvan
                            ''center'' wees
<br/>                       Voeg 'n reëlbreuk ('line break') in   <tr align="left">      Stel die inlynstelling vir die
<ol></ol>                                                                                sel(le) (kan ook ''center'' of
                            Skep 'n genommerde lys
                                                                                         ''right'' wees)
<ol type="A","a",           Definieer die tipe nommers wat        <tr valign="top">      Stel die vertikale inlynstelling
"I","i","1"></ol>           gebruik is                                                   vir sel(le) (kan ook ''middle'' of
                                                                                         ''bottom'' wees)
<ul></ul>                   Skep 'n kolpuntlys                    <td colspan="2">       Stel die getal kolomme
                                                                                         waaroor 'n sel moet strek
<ul type="disc",            Definieer die tipe kolpunte wat       <td rowspan="4">       Stel die getal rye waaroor 'n
"square","circle"></        gebruik word                                                 sel moet strek
ul>

  Kopiereg voorbehou                                                                            Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com

## Related documents

- [GR12 CATN P1 Sept2017 QP Eng 2](https://www.hlayiso.com/library/gr12-catn-p1-sept2017-qp-eng-2/7f2741dd-5b56-4f4d-9efb-26c2263be0a2) — Computer Applications Technology · QP · 2017 · Eng
- [GR12 CATN P1 Sept2017 MEMO Afr 2](https://www.hlayiso.com/library/gr12-catn-p1-sept2017-memo-afr-2/b5a0c65b-f27d-4e3e-85bd-cf66c1dcadc6) — Computer Applications Technology · Memo · 2017 · Afr
- [GR12 CATN P1 Sept2017 MEMO Eng 2](https://www.hlayiso.com/library/gr12-catn-p1-sept2017-memo-eng-2/b5c28ac2-09a3-4703-849c-349924c32018) — Computer Applications Technology · Memo · 2017 · Eng
- [Computer Application Technology P1 Feb March 2017 Afr](https://www.hlayiso.com/library/computer-application-technology-p1-feb-march-2017-afr/5202d242-87ee-4a25-a640-e1382d1c2f52) — Computer Applications Technology · QP · 2017 · Afr
- [CAT P1 QP GR12 SEPT 2022 English](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-qp-gr12-sept-2022-english/2c41f16c-52dc-4d98-a4a4-e3296512bace) — Computer Applications Technology · QP · 2022 · Eng
- [CAT P1 GR12 QP SEPT 2020 English](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-gr12-qp-sept-2020-english/6e7f27db-454b-4095-a4e8-522ceffa7412) — Computer Applications Technology · QP · 2020 · Eng

## More from Grade 12 Computer Applications Technology

- [CAT P1 MEMO GR12 SEPT 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-memo-gr12-sept-2025-eng-watermark/9df1288f-0f95-46d9-8231-26c401ed1a1b) — Memo · 2025 · Eng
- [CAT P2 GR12 MEMO September 2025 - AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-gr12-memo-september-2025-afr-watermark/3e182b7b-5d5f-4afc-b54c-b286289512f6) — Memo · 2025 · Afr
- [Computer Applications Technology P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/computer-applications-technology-p1-may-june-2025-mg-eng/8beb5c31-24fa-4cf4-b90c-aedcc234a4dd) — Memo · 2025 · Eng
- [CAT P1 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-memo-gr12-sept-2024-english/91df7fb9-ea6b-4fed-8f93-a1466ec697c3) — Memo · 2024 · Eng
- [Computer Applications Technology P2 May-June 2024 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-computer-applications-technology-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-2-english/a32bb637-25b5-4469-8be9-e72527e65d8a) — Memo · 2024 · Eng
- [Computer Applications Technology P1 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/computer-applications-technology-p1-nov-2023-eng/60311585-04c7-46dc-bcf6-87da09dc1ea5) — QP · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
