# Computer Applications Technology Grade 12 P2 2016 QP (Afr)

> Grade 12 Computer Applications Technology Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2016 (Afrikaans). Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr12-catn-p2-s16-qp-afr/0b9ed9bd-cc7b-4cca-a171-1e2b9206775a
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Computer Applications Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2016
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Computer Applications Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/computer-applications-technology) › [Computer Applications Technology Grade 12 P2 2016 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr12-catn-p2-s16-qp-afr/0b9ed9bd-cc7b-4cca-a171-1e2b9206775a)

## About this document

Computer Applications Technology · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2016. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                   SENIOR SERTIFIKAAT

                          GRAAD 12

                    SEPTEMBER 2016

       REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

                               *CATNA*

                 Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.

### Page 2

2                              REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2           (EC/SEPTEMBER 2016)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.     Hierdie vraestel bestaan uit:

       AFDELING A        (25 punte)
       AFDELING B        (75 punte)
       AFDELING C        (50 punte)

2.     Beantwoord AL die vrae.

3.     Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in die vraestel
       gebruik is.

4.     Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

5.     MOENIE in die regterkantruimte skryf NIE.

6.     Laat ŉ reël na elke subvraag oop.

7.     Daar word gewoonlik EEN punt per feit toegeken. Dus sal ŉ 2-puntvraag TWEE feite
       vereis, ensovoorts.

8.     Skryf netjies en leesbaar.

    Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/SEPTEMBER 2016)              REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                                    3

 AFDELING A

 VRAAG 1: PAS-ITEMS

 Kies ŉ term/begrip uit KOLOM B wat by ŉ beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs die
 letter (A–P) langs die vraagnommer (1.1–1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer,
 byvoorbeeld 1.11 Q.

                               KOLOM A                                        KOLOM B
 1.1    Rekenaarsagteware of rekenaarhardeware wat verkeer oor ŉ            A CMYK
        netwerk kan onderskep of aanmeld

 1.2    Parallelpoorte wat oor die algemeen gebruik word om die             B   IF
        persoonlike rekenaar aan die drukker te koppel

 1.3    Die taal wat gebruik word om dokumente op die WWW te skep           C   Input mask

 1.4    Sagteware wat optree as ŉ toevoeging tot ŉ webblad sodat dit        D   Packet
        meer gespesialiseerde inhoud soos video en animasie kan vertoon         sniffer

 1.5    ŉ Term wat geassosieer word met die kleur vermoë van ŉ drukker      E   CMOS

 1.6    ŉ Rekenaarwurm wat inligting van gebruikers steel op Facebook en    F   Validerings-
        dan die gebruiker se profiel gebruik om video’s te versprei wat         reël
        virusse bevat

 1.7    ŉ Funksie in ŉ sigblad wat ŉ waarde aan ŉ sel toeken, afhangende    G Plug-in
        van die uitkoms van die voorwaardes wat gespesifiseer is

 1.8    ŉ Kwaadwillige program wat ŉ aanvaller in staat stel om volle       H   BIOS
        beheer van jou rekenaar vanaf ŉ afgeleë plek te neem

 1.9    ŉ Tipe skyfie wat nie inligting verloor wanneer die rekenaar        I   LPT
        afgeskakel word nie

 1.10   Dit vereenvoudig data inskrywings in ŉ databasis deur die           J   Cookie
        spesifieke formaat waarin data ingesleutel moet word, af te dwing
                                                                            K   HTML

                                                                            L   GUI

                                                                            M COUNTIF

                                                                            N   Koobface

                                                                            O HTTP

                                                                            P   Rootkit
                                                                                   (10 x 1)      [10]

   Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

4                              REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                   (EC/SEPTEMBER 2016)

VRAAG 2: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die
korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (2.1–2.10) in die
ANTOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 2.11 E.

2.1      Die volgende is ŉ opsie in ŉ e-pos wat jou toelaat om ŉ boodskap te stuur aan
         verskeie ontvangers sonder dat die ontvanger se naam sigbaar is aan die ander
         ontvangers van dieselfde e-pos boodskap:

        A        To
        B        Bcc
        C        Forward
        D        CC                                                                                     (1)

2.2      Watter EEN van die volgende lêeruitbreidings kan nie geassosieer word met ŉ
         saamgeperste lêer nie?

        A        mpeg
        B        zip
        C        jpeg
        D        rtf                                                                                    (1)

2.3      ŉ Bloudruk kan gebruik word om ander soortgelyke dokumente mee te skep:

        A        Templaat
        B        Brief
        C        Verslag
        D        Werkblad                                                                               (1)

2.4      Hierdie is ŉ webblad om video’s te deel:

        A        Yahoo
        B        YouTube
        C        Telkom
        D        Google                                                                                 (1)

2.5      Die belangrikste netwerkprotokol wat gebruik word vir die oplaai en aflaai van lêers:

        A        VoIP
        B        RSS
        C        HTML
        D        FTP                                                                                    (1)

2.6      Hierdie funksie verseker dat die paragraaf saam met die volgende paragraaf op
         dieselfde bladsy gehou word:

        A        6 pt voor en na
        B        Widow control
        C        Keep with next
        D        Keep lines together                                                                    (1)

    Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/SEPTEMBER 2016)              REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                                    5

 2.7    Watter EEN van die volgende stellings is ŉ groot voordeel van die stuur van ŉ e-pos?

        A        Dit is vinniger as slakkepos.
        B        Jy kan geld oordra.
        C        Dit kan nie deur ŉ virus besmet word nie.
        D        Dit maak die rekenaar vinniger.                                                     (1)

 2.8    Hierdie tipe rekenaars word algemeen in groot hospitale en in groot ondernemings
        gebruik omdat hulle groot hoeveelhede data kan verwerk:

        A        Mini rekenaars
        B        Persoonlike rekenaars
        C        Super rekenaars
        D        Hoofraamrekenaars                                                                   (1)

 2.9    Die naam wat gegee word vir beserings as gevolg van vinnige, herhalende aksies:

        A        Ergonomika
        B        RSI
        C        Karpale Tonnelsindroom
        D        Epikondilitis                                                                       (1)

 2.10   Watter EEN van die volgende is ŉ HTML tag wat gebruik kan word om ŉ prentjie in te
        voeg?

        A        <applet>
        B        <img alt>
        C        <img src>
        D        <image>                                                                          (1)
                                                                                                 [10]
 VRAAG 3: WAAR/ONWAAR-ITEMS

 Al die volgende stellings is ONWAAR. Verander SLEGS die onderstreepte woord om dit
 WAAR te maak. (Jy mag nie net die woord ‘NIE’ gebruik om jou stelling te verander nie.)

 3.1    Die SVE is die groot stroombaanbord binne die rekenaar wat gleuwe en konnektors
        het vir al die komponente van ŉ rekenaar.                                                    (1)

 3.2    OMR is ŉ tegnologie wat maak dat ŉ masjien karakters soos rekeningnommers op ŉ
        tjek kan lees.                                                                               (1)

 3.3    Gumtree is die grootste Internet veiling webwerf in Suid-Afrika.                             (1)

 3.4    Phishing herlei die gebruiker outomaties na ŉ ander vals webtuiste.                          (1)

 3.5    ŉ Boekmerk is ŉ genommerde etiket wat jy kan byvoeg by ŉ tabel, prentjie of ŉ item.          (1)
                                                                                                     [5]

                                                                      TOTAAL AFDELING A:             25

   Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

6                               REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                    (EC/SEPTEMBER 2016)

AFDELING B

VRAAG 4: STELSELTEGNOLOGIEË

4.1      Fotoplakwerk (scrapbooking) is jou ma se stokperdjie. Sy wil van jou matriekafskeid
         foto’s redigeer deur dele van hulle af te sny en te verklein. Sy wil nie baie tyd en geld
         hieraan spandeer nie. Sommige van jou vriende het aanbeveel dat sy sommer Paint
         gebruik terwyl ander gesê het dat sy eerder Photshop moet gebruik.

         4.1.1   Watter EEN van die twee programme dink jy, moet onder die omstandighede
                 genoem, deur jou ma gebruik word?                                                        (1)

         4.1.2   Noem TWEE redes om jou keuse te motiveer.                                                (2)

4.2      Sy gebruik haar lessenaarrekenaar om uitlegte vir haar fotoplakboek te ontwerp. Al
         die grafiese lêers wat sy skep, neem ŉ groot deel van die hardeskyf spasie op.

         4.2.1   Noem TWEE maniere hoe sy vrye spasie op die hardeskyf kan skep.                          (2)

         4.2.2   Jy stel voor dat sy ŉ eksterne hardeskyf aankoop. Noem TWEE voordele van
                 eksterne hardeskywe.                                                                     (2)

         4.2.3   Noem TWEE redes hoekom dit belangrik is dat sy haar lêers op ŉ gereelde
                 basis rugsteun.                                                                          (2)

4.3      Sy kom agter dat haar rekenaar vries wanneer sy in Microsoft Word 2013 werk en dat
         sy dan nie Word kan verlaat nie. Om Word te verlaat, moet sy die Taakbestuurder
         oopmaak.

         4.3.1   Watter sleutels op die sleutelbord moet sy gebruik om toegang tot die
                 Taakbestuurder (Task manager) te verkry?                                                 (1)

         4.3.2   Verduidelik die stappe wat sy moet volg nadat sy die Taakbestuurder (Task
                 manager) oopgemaak het om die gevriesde program te sluit.                                (2)

4.4      Jou ma wil ŉ nuwe drukker koop.

         4.4.1   Watter drukker sal geskik wees om hoë kwaliteit foto’s te druk?                          (1)

         4.4.2   Die drukker het gestop nadat dit tien bladsye gedruk het. Noem TWEE
                 moontlike redes hiervoor.                                                            (21)

4.5      Terwyl jou ma besig was om etikette te ontwerp vir haar fotoplakboek, het sy musiek
         geluister. Ewe skielik het die musiek gestop. Noem EEN moontlike rede hiervoor.
         (Nota: Die klankkaart is nie die rede nie.)                                                      (1)

    Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/SEPTEMBER 2016)              REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                                        7

 4.6    Sodra jou ma aan die Internet koppel om foto’s af te laai, installeer die bedryfstelsel
        outomaties ‘patches’ en opdaterings vir die sagteware sowel as vir die bedryfstelsel
        op haar rekenaar.

        4.6.1    Hoe kan sy voorkom dat opdaterings nie vanaf die Internet op haar rekenaar
                 afgelaai en geïnstalleer word nie?                                                      (1)

        4.6.2    Noem TWEE redes hoekom jy nie outomatiese opdaterings sou skeduleer om
                 af te laai en te installeer op jou ma se rekenaar nie.                                  (2)

 4.7    Jou ma en haar vriendin ruil dikwels foto’s uit via e-pos. Jou ma se e-pos adres is as
        volg: jjsenekal@yahoo.com.

        4.7.1    Is dit ŉ webgebaseerde of rekenaar gebaseerde e-pos program? Motiveer
                 jou antwoord.                                                                           (2)

        4.7.2    Noem EEN nadeel van hierdie tipe e-posprogrammatuur.                                    (1)

 4.8    Hoekom is dit nie wenslik dat jou ma digitale foto’s teen die maksimum resolusie wat
        haar digitale kamera kan neem, fotografeer nie?                                                  (1)

 4.9    Jou ma spandeer meeste van haar tyd voor die rekenaar en voer daarom verskeie
        muis aksies uit deur die muis rond te beweeg.

        4.9.1    Hoekom sal jy ŉ ergonomiese sleutelbord vir jou ma aanbeveel?                           (1)

        4.9.2    Noem EEN rede hoekom jy ŉ koordlose muis bo ŉ gekabelde muis sal
                 verkies.                                                                             (1)
                                                                                                     [25]

   Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 8

8                              REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                    (EC/SEPTEMBER 2016)

VRAAG 5: INTERNET- EN NETWERKTEGNOLOGIEË

5.1      Jou ma gebruik die Internet daagliks om te kommunikeer, om sake te doen en om
         aanlyn-inkopies vir haar fotoplakwerk (scrapbooking) stokperdjie te doen.

         5.1.1   Wanneer jou ma ŉ Internet konneksie moet kies, verkies sy ŉ
                 breëbandkonneksie. Noem EEN rede vir haar keuse.                                        (1)

         5.1.2   Een van die breëbandpakkette wat jou ma ondersoek het, word as
                 “unshaped” geadverteer.

                 Verduidelik kortliks wat “unshaped” in hierdie konteks beteken.                         (1)

         5.1.3   Waarom sal die aflaai van flieks en musiek lêers die limiet (cap) affekteer en
                 nie die aflaai van data lêers nie?                                                      (1)

         5.1.4   Verduidelik aan jou ma waarom sommige ADSL-pakkette twee verskillende
                 spoedspesifikasies aandui.                                                              (1)

5.2      Die Internet stel ons in staat om met een of meer mense te kommunikeer deur die
         gebruik van Intydse boodskapdienste (Real-time messaging) wat jou toelaat om met
         teks, klank of video te kommunikeer.

         5.2.1   Wat is die belangrikste verskil tussen Intydse boodskapdienste en e-pos
                 kommunikasie?                                                                           (2)

         5.2.2   Lys TWEE voordele van die gebruik van VoIP-programmatuur.                               (2)

5.3      Jy het vir jou ma vertel om deel te word van ŉ ‘extranet’-netwerk.

         5.3.1   Wat is ŉ ‘extranet’-netwerk?                                                            (1)

         5.3.2   Hoe kan sy by so ŉ netwerk baat vind?                                                   (1)

5.4      Jou ma verklaar dat haar rekenaar gewoonlik outomaties na Google gegaan het
         wanneer sy haar webblaaier oopgemaak het. Nou gaan dit egter na vreemde
         webtuistes wat allerhande soorte produkte adverteer.

         5.4.1   Wat is die waarskynlikste oorsaak hiervan?                                              (1)

         5.4.2   Noem TWEE maniere hoe jou ma kan vasstel dat sy op ŉ veilige webtuiste is
                 wanneer sy sake op die Internet doen.                                                   (2)

5.5      Jou ma wil ŉ e-posboodskap van ŉ sekere persoon lees. Hoe kan sy dié boodskap
         vinnig in die hande kry?                                                                        (1)

5.6      Waarom wil jou ma e-posboodskappe in stoorareas soos Folders of Labels stoor?                (1)
                                                                                                     [15]

    Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 9

(EC/SEPTEMBER 2016)               REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                                       9

 VRAAG 6: INLIGTINGSBESTUUR

 6.1    Jou ma het die sleutelwoord fotoplakwerk (scrapbooking) in die soekblokkie in Google
        ingetik en meer as ŉ honderd ‘hits’ of trefslae gekry.

        6.1.1    Verduidelik wat die term ‘hit’ in hierdie konteks beteken deur te verduidelik
                 hoe ŉ soekenjin werk.                                                                   (1)

        6.1.2    Noem TWEE maniere waarop die soektog verminder, en meer verfyn kan
                 word.                                                                                   (2)

 6.2    Verduidelik aan jou ma wat die term inligtingsoorlading beteken.                                 (1)

 6.3    Noem TWEE aanduidings wat jou ma kan gebruik om die moontlike akkuraatheid en
        betroubaarheid van inligting op ŉ webtuiste te evalueer.                                         (2)

 6.4    Verduidelik kortliks hoe fotoplakkers (scrappers) voordeel kan trek uit die bemarking
        van hulle fotoplakwerk benodigdhede op die Internet.                                             (2)

 6.5    Jou ma het ŉ lêer genaamd Fotoplakwerk.docx van haar vriendin via e-pos ontvang.
        Sy het probeer om die lêer in Word 2003 oop te maak maar het probleme ondervind.

        6.5.1    Verduidelik kortliks aan haar wat die probleem is.                                      (1)

        6.5.2    Verduidelik EEN manier hoe om die probleem op te los sodat sy wel die lêer
                 in Word 2003 kan oopmaak.                                                            (1)
                                                                                                     [10]
 VRAAG 7: SOSIALE IMPLIKASIES

 7.1    Jou ma maak gebruik van ŉ webtuiste op die Internet om ŉ fotoplakboek te koop.

        7.1.1    Noem EEN voordeel en EEN nadeel van aanlyn-aankope.                                     (2)

        7.1.2    Noem TWEE maniere om jouself te beskerm wanneer jy aanlyn-inkopies doen. (2)

 7.2    Verduidelik aan jou ma hoe die volgende rekenaarmisdade gepleeg word:

        7.2.1    Intellektuele eiendom                                                                   (1)

        7.2.2    Uitvissingsbedrog (phishing)                                                            (1)

 7.3    Jou ma het ontdek dat baie mense nie ŉ e-posadres het nie en in plaas daarvan
        webtuistes soos Facebook en MySpace gebruik.

        7.3.1    Wat is die algemene of generiese naam wat gebruik word om webtuistes soos
                 Facebook en MySpace te beskryf?                                                         (1)

        7.3.2    Noem TWEE eienskappe, behalwe die pos van teksboodskappe, wat ŉ
                 webtuiste soos Facebook het.                                                            (2)

 7.4    Verduidelik wat die term ‘crippleware’ beteken.                                               (1)
                                                                                                     [10]

   Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 10

10                               REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                  (EC/SEPTEMBER 2016)

VRAAG 8: OPLOSSINGONTWIKKELING

8.1       Jou ma het ŉ databasis met al die kontak besonderhede van die nabygeleë
          fotoplakwerk winkels opgestel. Sy het ŉ verslag in die databasis saamgestel en
          sommige van die inligting word hieronder vertoon.

          NAAM VAN WINKEL               ADRES                         TELEFOON

          Scrapbook Nook                152 Main Road                 ############
          I-Scrap                       244 Cape Road                 ############
          Atmosphere Crafts             15 Chelmsford Road            ############
          Arts and Crafts               150 Main Road                 ############
          Creative Arts                 123 Lincoln Road              ###########

          Totaal

          8.1.1    Sy wil ŉ funksie byvoeg om die aantal inskrywings in die verslag bymekaar te
                   tel sodat dit outomaties aan die einde van die verslag vertoon word.

                   Noem die funksie wat sy sal gebruik om dit te doen en verduidelik presies
                   waar in die verslag sy hierdie funksie moet plaas.                                    (2)

          8.1.2    Verduidelik aan jou ma wat die rede is vir die klomp hutstekens (########)
                   wat in die telefoon veld verskyn en hoe die probleem opgelos kan word.                (2)

          8.1.3    Watter eienskap van ŉ databasis kan gebruik word om te verseker dat elke
                   selfoonnommer uit 10 syfers bestaan?                                                  (1)

8.2       Jou ma wonder of dit nie beter sal wees om eerder ŉ sigblad as ŉ databasis te
          gebruik vir die vaslegging van inligting oor die verskillende winkels nie.

          8.2.1    Noem TWEE voordele hoekom databasisse beter is met die hantering van
                   groot hoeveelhede data in plaas van sigblaaie.                                        (2)

          8.2.2    Indien jou ma besluit om eerder ŉ sigblad te gebruik, het sy nodig om al die
                   inligting weer oor te tik in die sigblad? Motiveer jou antwoord.                      (2)

     Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 11

(EC/SEPTEMBER 2016)              REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                                 11

 8.3    Jou ma het die volgende formule in ŉ sigblad gebruik:

                                              =14%*$B$3

        8.3.1    Watter term word gebruik om die seladressering te beskryf waar ŉ gedeelte
                 van die seladres of die hele seladres dollartekens insluit, byvoorbeeld $B$3?         (1)

        8.3.2    Waarom word die tipe adressering, waarna in VRAAG 8.3.1 verwys word, in ŉ
                 sigblad benodig of gebruik?                                                           (1)

 8.4    Jou ma wil die laaste twee bladsye van ŉ 300-bladsye dokument druk. Terwyl die
        drukstuk besig is om te ‘spool’, besef jou ma dat sy die hele dokument na die drukker
        gestuur het!.

        Hoe kan sy probeer keer dat die hele 300-bladsye dokument gedruk word?                         (1)

 8.5    Jy het jou ma en haar vriende gevra om jou PAT-taak deur te lees en om
        veranderings en voorstelle aan te bring.

        8.5.1    Verduidelik TWEE fasiliteite van Word wat hulle sal toelaat om dieselfde
                 dokument elektronies te deel en veranderinge aan te bring sonder dat die een
                 die ander se werk sal verwyder.                                                       (2)

        8.5.2    Verduidelik wat jy verstaan onder die term: toeganklikheid van ŉ dokument.         (1)
                                                                                                   [15]

                                                                      TOTAAL AFDELING B:               75

   Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 12

12                              REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                 (EC/SEPTEMBER 2016)

AFDELING C

Lees die volgende scenario aandagtig deur aangesien al die vrae in AFDELING C wat volg,
daarop gebaseer is.

SCENARIO

Die Beheerliggaam van jou skool wil die rekenaardepartement uitbrei deur ŉ sentrum vir lees
en navorsing by te voeg. Hulle benodig die tegniese kennis en hulp van die RTT-leerders.
Die skool stel belang om nuwe rekenaars vir hierdie sentrum aan te koop en moet die regte
besluite neem deur te kies tussen die onderstaande rekenaars.

VRAAG 9: GEÏNTEGREERDE SCENARIO

Bestudeer die volgende advertensies van ŉ lessenaarrekenaar en ŉ skootrekenaar en
beantwoord dan die vrae wat volg.

                   REKENAAR A                                     REKENAAR B

                  All in one desktop                             Lenova Laptop
           Intel Pentium dual core J2900                    AMD E1-6010 processor
                    2.4 GHz CPU                                 2GB DDR 3 RAM
                       4 GB RAM                              Webcam, card reader
                     500 GB HDD                               Wireless LAN, HDMI,
                     Bluetooth 4.0                        Numeric keypad, DVD Writer,
                       Windows 8                        15.6” HD LCD screen, Bluetooth
             12 Month on-site warranty                     500 GB HDD, Windows 8.1
                                                        1 year warranty on selected parts

9.1       Die Beheerliggaam van jou skool moet besluit tussen die lessenaarrekenaar
          (Rekenaar A) en die skootrekenaar (Rekenaar B). Help hulle deur die volgende vrae
          te beantwoord.

          9.1.1   Watter maatskappy het die SVE (CPU) in Rekenaar A, vervaardig?                        (1)

          9.1.2   Wat is die kapasiteit van die hardeskyf in Rekenaar A?                                (1)

          9.1.3   Watter bedryfstelsel is in Rekenaar A geïnstalleer?                                   (1)

          9.1.4   Verduidelik die doel van die geadverteerde kaartleser in Rekenaar B.                  (2)

          9.1.5   Verduidelik die doel van DDR RAM in Rekenaar B aan die kliënt.                        (2)

          9.1.6   Noem TWEE funksies van ŉ bedryfstelsel.                                               (2)

          9.1.7   Verduidelik aan die Beheerliggaam die betekenis van ŉ warm uitruiling (hot
                  swapping).                                                                            (2)

     Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 13

(EC/SEPTEMBER 2016)               REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                                 13

 9.2    Indien die Beheerliggaam besluit om Rekenaar B te koop, gaan hulle van ŉ koordlose
        breëband Internetkonneksie gebruik maak.
        9.2.1    Noem TWEE voordele verbonde aan die gebruik van ŉ koordlose
                 Internetkonneksie.                                                                     (2)
        9.2.2    Noem TWEE kenmerke wat in onlangse weergawes van Windows ingebou is
                 en wat help om rekenaarsekuriteit te verhoog.                                          (2)
 9.3    Baie van die leerders sal gebruik maak van ŉ aantal maklik-om-te-gebruik aanlyn
        stoornutsprogramme soos Google Drive om lêers aanlyn te stoor en met ander
        gebruikers te deel en om lêers te sinkroniseer.
        9.3.1    Noem TWEE ander voorbeelde van soortgelyke webtuistes of dienste.                      (2)
        9.3.2    Hoe kan die leerders ŉ lêer met ander gebruikers deel deur hierdie fasiliteite
                 te gebruik?                                                                            (2)
        9.3.3    Verduidelik aan die leerders wat dit beteken om lêers te sinkroniseer en hoe
                 hierdie tipe stelsels dit doen.                                                        (2)
 9.4    Die leerders is gewaarsku om versigtig te wees om nie plagiaat te pleeg nie en om die
        akkuraatheid van inligting op wiki-webtuistes en blogs na te gaan wanneer hulle
        navorsing doen.
        9.4.1    Verduidelik die term: plagiaat.                                                        (2)
        9.4.2    Verduidelik aan die leerders hoekom die inligting wat vanaf ŉ ‘blog’ verkry
                 word nie noodwendig akkuraat is nie.                                                   (1)
        9.4.3    Noem TWEE redes hoekom ouers en leerders sal verkies om die hoof se
                 boodskap rakende die lees en navorsing sentrum eerder as ŉ ‘podcast’ te
                 ontvang in plaas van ŉ gewone nuusbrief.                                               (2)
        9.4.4    Noem TWEE ander tipiese toepassings van wiki’s, behalwe om as
                 naslaanwebtuistes (ensiklopedieë soos Wikipedia) gebruik te word.                      (2)
        9.4.5    Een van die leerders het genoem dat die hoof “Word gebruik om te blog”.
                 Hoe is dit moontlik?                                                                   (2)
        9.4.6    Verduidelik hoe maak mense ŉ bestaan as ‘bloggers’ ‘blogs’ kan maak, indien
                 dit oor algemeen gratis besoek kan word.                                               (1)
 9.5    Die skool wil VoIP gebruik om met ŉ skool in Australië te kommunikeer.
        9.5.1    Watter VoIP-program word oor die algemeen gebruik?                                     (1)
        9.5.2    Noem enige EEN VoIP-verskaffer wat deur die skool gebruik kan word.                    (1)
        9.5.3    Die Beheerliggame van die twee skole beplan ŉ videokonferensie. Watter
                 TWEE hardeware toestelle moet verbind word aan die skoolhoof se rekenaar
                 om hierdie diens te fasiliteer?                                                        (2)

   Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 14

14                              REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                   (EC/SEPTEMBER 2016)

9.6       Die skool wil met skole in agtergeblewe gebiede kommunikeer. Deel van die
          navorsing in die laboratorium sal wees om maniere te vind om die digitale kloof
          (digital divide) tussen jou skool en die skole in die agtergeblewe gebiede te
          verminder.

          9.6.1   Wat is die TWEE beste maniere om die digitale kloof te verklein?                        (2)

          9.6.2   Digitale kommunikasie is maklik om te gebruik en kan geld spaar. Noem
                  TWEE redes waarom jy dink mense in Suid-Afrika nie gereeld gebruik maak
                  van digitale kommunikasie nie.                                                          (2)

9.7       Op watter TWEE maniere kan die skool ŉ bydrae tot ŉ groener omgewing lewer?                     (2)

9.8       Die Beheerliggaam is besig om twee dokumente vir die hoof voor te berei rakende die
          keuse van rekenaars vir die sentrum. Hulle het egter ŉ paar vrae en probleme
          ondervind. Help hulle deur die volgende sigblad en woordverwerkings vrae te
          beantwoord.

          9.8.1   Die dokument wat hulle geskep het, is baie lank. Noem EEN fasiliteit van ŉ
                  woordverwerkingsprogram wat hulle kan gebruik om vinnig en maklik na ŉ
                  spesifieke plek in die dokument te navigeer.                                            (1)

          9.8.2   Die Beheerliggaam kon nie ŉ inhoudsopgawe skep nie. Noem die stappe wat
                  hulle moet volg voordat hulle ŉ outomatiese inhoudsopgawe kan skep.                     (2)

          9.8.3   Verduidelik die verskil tussen die verdeling van ŉ venster en die vries van ŉ
                  venster in Excel.                                                                       (2)

9.9       Baie gehoorgestremde gebruikers maak staat op IKT vir beter kommunikasie.

          9.9.1   Noem die tipe toepassing wat ŉ gehoorgestremde leerder in staat stel om ŉ
                  lesing of gesprek te volg.                                                              (1)

          9.9.2   Hoe kan video’s op YouTube toeganklik gemaak word vir dowe gebruikers?                  (1)

          9.9.3   Verduidelik hoe ŉ toepassing soos Google Voice Search ŉ gesiggestremde
                  gebruiker kan help.                                                                     (2)

                                                                        TOTAAL AFDELING C:                 50
                                                                            GROOTTOTAAL:                  150

     Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

## Related documents

- [Gr12 CATN P1 S16 QP Eng](https://www.hlayiso.com/library/gr12-catn-p1-s16-qp-eng/4dfd583a-548e-452f-8c6b-bf78b063b75f) — Computer Applications Technology · QP · 2016 · Eng
- [Gr12 AFRHL P1 S16 QP Afr](https://www.hlayiso.com/library/gr12-afrhl-p1-s16-qp-afr/fa66d3f7-cac1-40ac-a0bb-dce31e15b66e) — Computer Applications Technology · QP · 2016 · Afr
- [CAT P2 GR12 SEPT2022 English deaf](https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-gr12-sept2022-english-deaf/54bb9db8-ddb8-49da-98d3-9305d3e38697) — Computer Applications Technology · QP · 2022 · Eng
- [CAT P2 GR12 SEPT2022 English](https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-gr12-sept2022-english/5bf11b7b-3780-438b-a247-980dec6042a6) — Computer Applications Technology · QP · 2022 · Eng
- [CAT P2 GR12 QP SEPT2021 English](https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-gr12-qp-sept2021-english/11ae334d-913d-4246-abdc-be3c7dffc6ce) — Computer Applications Technology · QP · 2021 · Eng
- [CAT P2 GR12 QP SEPT2020 English](https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-gr12-qp-sept2020-english/497f003b-193b-4666-867a-4761ef9d3e33) — Computer Applications Technology · QP · 2020 · Eng

## More from Grade 12 Computer Applications Technology

- [CAT P1 MEMO GR12 SEPT 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-memo-gr12-sept-2025-eng-watermark/9df1288f-0f95-46d9-8231-26c401ed1a1b) — Memo · 2025 · Eng
- [CAT P2 GR12 MEMO September 2025 - AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-gr12-memo-september-2025-afr-watermark/3e182b7b-5d5f-4afc-b54c-b286289512f6) — Memo · 2025 · Afr
- [Computer Applications Technology P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/computer-applications-technology-p1-may-june-2025-mg-eng/8beb5c31-24fa-4cf4-b90c-aedcc234a4dd) — Memo · 2025 · Eng
- [CAT P1 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-memo-gr12-sept-2024-english/91df7fb9-ea6b-4fed-8f93-a1466ec697c3) — Memo · 2024 · Eng
- [Computer Applications Technology P2 May-June 2024 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-computer-applications-technology-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-2-english/a32bb637-25b5-4469-8be9-e72527e65d8a) — Memo · 2024 · Eng
- [Computer Applications Technology P1 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/computer-applications-technology-p1-nov-2023-eng/60311585-04c7-46dc-bcf6-87da09dc1ea5) — QP · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
