# Design Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2012 QP (Afr)

> Grade 12 Design Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2012 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr12-dsgn-p1-s12-qp-afr/3059dff3-6342-41ce-b1b6-1a5ab06cd278
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Design
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2012
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 18

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Design](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/design) › [Design Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2012 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr12-dsgn-p1-s12-qp-afr/3059dff3-6342-41ce-b1b6-1a5ab06cd278)

## About this document

Design · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2012. Question paper, 18 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                 Province of the
                 EASTERN CAPE
                 EDUCATION

                        NASIONALE
                    SENIOR SERTIFIKAAT

                           GRADE 12

                     SEPTEMBER 2012

                         ONTWERP V1
                          (TEORIE)

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

                          *DSGNDM1*

                  Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                         ONTWERP V1                             (SEPTEMBER 2012)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.      Daar is SEWE vrae in hierdie vraestel.

2.      Daar is keusevrae. Lees dus die instruksies by elke vraag noukeurig deur.

3.      Die vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

        AFDELING A: Ontwerpgeletterdheid [80 punte] – VRAE 1 – 4
        AFDELING B: Ontwerp in ŉ sosiale- of omgewingskonteks [40 punte] – VRAE
                    5 en 6
        AFDELING C: Ontwerp in ŉ besigheidskonteks [30 punte] – VRAAG 7

4.      Lees die vereistes van elke vraag noukeurig deur.

5.      Beantwoord in volsinne – moenie bloot feite opnoem nie.

7.      Gebruik die puntetoekenning om die tyd wat aan elke vraag spandeer moet
        word, te bepaal.

8.      Moenie inligting en voorbeelde in verskillende vrae herhaal nie.

9.      Skryf netjies en leesbaar.

WOORDELYS

Gebruik hierdie woordelys om seker te maak jy verstaan die vrae wat gevra word

Analiseer:   ŉ Gedetailleerde en logiese bespreking van die formele elemente (soos
             lyn, kleur, toonwaarde, formaat, ensovoorts) en komposisie van die werk.

Vergelyk:    Dui verskille en ooreenkomste aan in ŉ geordende wyse binne dieselfde
             argument.

Bespreek:    Gee jou standpunt en gee redes vir die stellings wat jy maak (motiveer).

Verduidelik: Maak duidelik en gee redes vir jou stellings (motiveer).

Interpreteer: Gee ŉ ingeligte mening, ondersteun deur voorbeelde.

Sê:          Sê direk wat jy dink – gee jou opinie asook ŉ verduideliking.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012)                                 ONTWERP V1                                  3

 AFDELING A: ONTWERPSGELETTERDHEID

 VRAAG 1           ‘ONGESIENE ONTWERPE’ – TOETS ONTWERPSGELETTERDHEID

 1.1

                                              FIGUUR A
                    Toile du Jozi afdruk deur „FabricNation‟, Kaapstad, Suid-Afrika.

          1.1.1      Identifiseer en bespreek TWEE maniere waarop die ontwerper van
                     die bostaande tekstielontwerp (FIGUUR A) eenheid in die ontwerp
                     bewerkstellig het.                                                (2)

          1.1.2      Noem en bespreek die volgende VIER ontwerpselemente en -
                     beginsels wat in die ontwerp gebruik is:

                         Toonwaarde                                                    (2)
                         Perspektief                                                   (2)
                         Skaal en proporsie                                            (2)
                         Ritme                                                         (2)

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                           ONTWERP V1                             (SEPTEMBER 2012)

1.2

                      FIGUUR A                                  FIGUUR B
          Vlieër-stoel deur Karim Rashid,        Uit die “Knot” Versameling deur Atelier
                  Nederland, 2004                           Blink, België, 2009

      Vergelyk die bostaande twee stoelontwerpe (FIGUUR A en FIGUUR B), deur
      te verwys na die volgende terme:

          Innoverendheid en oorspronklikheid                                                  (2)
          Funksionaliteit                                                                     (2)
          Tekstuur                                                                            (2)
          Moontlike inspirasie                                                                (2)
          Geskikte/gepaste omgewing/konteks                                                   (2)
                                                                                             [20]

VRAAG 2

2.1

                      FIGUUR A                                  FIGUUR B
              ŉ Philips-skeermes vir mans            ŉ Philips-skeermes vir vrouens

      2.1.1       Wys TWEE moontlike geslag-stereotiperings uit wat in die twee
                  skeermes-ontwerpe sigbaar is.                                              (4)

      2.1.2       Met verwysing na die voorbeelde hierbo (FIGUUR A en FIGUUR B),
                  verduidelik kortliks watter negatiewe effekte geslag-stereotipering op
                  die samelewing kan hê.                                                     (2)

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012)                             ONTWERP V1                                         5

 2.2      Bestudeer die onderstaande ontwerp en beantwoord die vrae wat volg:

                                           FIGUUR C

          2.2.1    FIGUUR C hierbo verwys na ŉ reeks karakters wat in oorlogsvideo-
                   speletjies gebruik word. Verduidelik hoekom die karakters gesien kan
                   word as uitbeeldings van etniese stereotipering en wys die gevare
                   daarvan uit. Regverdig jou antwoord met verwysing na ten minste
                   EEN van die karakters.                                                 (2)

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                        ONTWERP V1                              (SEPTEMBER 2012)

2.3

                                         FIGUUR D
      „South African Soul‟, voetbalsool het die Internasionale kompetisie „Wêreld aan
      jou Voete‟ gewen. Die ontwerp is deur die Suid-Afrikaner, Jorg Anjulo, en is
      geborg deur Umbro, die Engelse voetbaltoerusting-verskaffer.

      2.3.1    Wat het Jorg Anjulo gebruik om Suid-Afrika in die bostaande ontwerp
               te simboliseer?                                                              (2)
                                                                                           [10]

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012)                              ONTWERP V1                                       7

 VRAAG 3

 3.1

                                           FIGUUR A
                                     Kalbas-lamp (Poland)
             Die een aan die regterkant wys die refleksies wat die patrone op die muur
                                    maak as dit aangeskakel is.

                                            FIGUUR B
                                   „Vuvuzela‟-lamp (Suid-Afrika)

          3.1.1    Beeld een OF beide van die bostaande lampe (FIGUUR A en
                   FIGUUR B) ŉ duidelike nasionale identiteit uit? Verduidelik.          (2)

          3.1.2    Dink jy dit is belangrik om produkte te maak met ŉ opmerkbare
                   kulturele of nasionale identiteit? Gee duidelike redes.               (2)

          3.1.3    Vergelyk die ooreenkomste en verskille van die bostaande twee
                   ontwerpe (FIGUUR A en FIGUUR B) onder die volgende opskrifte:

                       Vorm en Fatsoen                                                   (2)
                       Tekstuur                                                          (2)
                       Eenheid en Verskeidenheid                                         (2)

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                         ONTWERP V1                              (SEPTEMBER 2012)

3.2   Skryf ŉ artikel vir die „Art Times‟, (Suid-Afrika se enigste Nasionale
      Kunstydskrif) oor EEN kontemporêre Suid-Afrikaanse ontwerper of
      ontwerpgroep wie se werk ons kultuur op een of ander wyse reflekteer. Om te
      verseker dat die artikel duidelik en logies is, struktureer dit onder die volgende
      opskrifte:

          Naam van ontwerper of ontwerpgroep                                                 (1)
          Plaaslike/Globale invloede en inspirasie                                           (2)
          Algemene karaktereienskappe                                                        (4)
          Naam en kort analise van ten minste EEN ontwerp                                    (3)
                                                                                            [20]

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012)                             ONTWERP V1                                  9

 VRAAG 4

 4.1

                                           FIGUUR A

          Die bostaande beelde verteenwoordig sommige van die ontwerpbewegings
          wat jy bestudeer het. Bestudeer dit noukeurig en beantwoord dan die vrae wat
          volg:

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                    ONTWERP V1                             (SEPTEMBER 2012)

     4.1.1   Die definitiewe style in die ontwerpgeskiedenis het ontwikkel as ŉ
             reaksie op, of deur die invloede van vorige style.

             Met bogenoemde stelling in gedagte, kies TWEE style uit die
             onderstaande lys:

                 Die Kuns-en Kunsvlytbeweging                    (1850 – 1900)
                 Art Nouveau                                     (1890 – 1905)
                 Verbruikersmark en Styl – Modernisme, „Die Era van
                 Vaartbelyndheid‟                                (1935 – 1955)
                 Pop/Nuwe-Era („Modernisme word Pop-die Era van Oorvloed‟)
                                                                 (1955 – 1975)
                 Die „Postmoderne‟-era („Hedendaagse styl – Less is a Bore‟)
                                                          (1965 – tot die hede)
                                            DAN

             Skryf die name van die TWEE bewegings wat jy gekies het EN
             bespreek dan elk ten volle onder die volgende opskrifte:

                   Doelstellings                                                       (2)
                   Invloede op die styl                                                (2)
                   Karaktereienskappe van die styl                                     (3)
                   Die naam van EEN ontwerper wat met die beweging
                   geassosieer word en die analise van EEN van sy/haar
                   ontwerpe                                                             (3)
                                                                             (2x10)    (20)

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012)                              ONTWERP V1                                         11

 4.2

                          FIGUUR A                               FIGUUR B
                Suid-Afrikaanse Modernistiese             Suid-Afrikaanse Art Deco
             geïnspireerde gebou, Johannesburg          geïnspireerde gebou, Durban

          4.2.1    Vergelyk FIGUUR A hierbo met FIGUUR B om die VERSKILLE en
                   OOREENKOMSTE tussen die twee bewegings aan te wys wat
                   hierdie werke geïnspireer het. Maak seker dat jou vergelyking
                   duidelik verwys na die invloede en stylistiese karaktereienskappe van
                   elke beweging. (Skryf in paragraaf vorm, moenie tabelle gebruik nie.)   (8)

          4.2.2    Noem EEN ontwerper van enige van die twee bewegings hierbo en
                   die titel van EEN ontwerp deur daardie persoon.                          (2)
                                                                                           [30]

                                                                TOTAAL AFDELING A:         80

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                     ONTWERP V1                           (SEPTEMBER 2012)

AFDELING B: ONTWERP IN ŉ SOSIALE/OMGEWINGSKONTEKS
VRAAG 5
5.1   5.1.1    Baie SUID-AFRIKAANSE ontwerpers/ontwerpgroepe gebruik ontwerp
               om sosiale kwessies soos armoede, werkloosheid, misdaad en
               vooroordeel op een of ander wyse aan te spreek. Bespreek die werk
               van EEN so plaaslike ontwerper/ontwerpgroep deur na die volgende
               te verwys:
                     Die naam van die ontwerper/ontwerpgroep
                     ŉ Kort verduideliking van die ontwerper/ontwerpgroep se
                     doelwitte en ontwerp prosedures
                     Wys uit hoe hul werk sosiale kwessies of bekommernisse
                     aanspreek.                                                        (7)
5.2   Bestudeer die volgende plakkaat noukeurig en beantwoord dan die vrae wat volg:

                                        FIGUUR A
      5.2.1    Verduidelik wat die sosiale boodskap van die plakkaat is.               (1)
      5.2.2    Verduidelik hoe die ontwerper se keuse en manipulasie van beelde
               help om die boodskap oor te dra.                                        (2)

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012)                              ONTWERP V1                                          13

 5.3      Bestudeer die onderstaande plakkaat en beantwoord die vrae wat volg:

                                                FIGUUR B

          5.3.1    Dink jy die sosiale boodskap wat die plakkaat oordra is effektief? Gee
                   redes vir jou antwoord deur na die relevante ontwerp aspekte soos
                   die gebruik van beelde, kleur, toonwaarde, skrif en uitleg te verwys.    (4)

          5.3.2    Beskryf die werk van EEN INTERNASIONALE ontwerper wie se werk
                   as sosiaal verantwoordelik gesien kan word. Verwys na die
                   volgende:

                       Doelwitte
                       Die naam en ŉ kort beskrywing van EEN werk wat sosiale
                       kwessies aanspreek                                                   (6)

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                                         ONTWERP V1                        (SEPTEMBER 2012)

VRAAG 6

DAAR IS 3 VRAE (6.1, 6.2 EN 6.3).
BEANTWOORD ENIGE TWEE. (10 punte elk x 2 = 20).
MOENIE INLIGTING IN ENIGE VAN DIE VRAE HERHAAL NIE.

6.1

                  FIGUUR A                                FIGUUR B
       „Sonstraal‟-(Sunburst)spieël deur     Handsak ontwerp en gemaak deur Kunye.
        Hanan, geproduseer deur Wola              Gemaak van plastiekstukkies.
       Nani in Khayelitsha. Gemaak van
              draad en opgerolde
                tydskrifbladsye.

      6.1.1    Gee ŉ definisie van volhoubare ontwerp en sê dan of FIGUUR A
               en/of FIGUUR B hierbo in die kategorie van volhoubare ontwerp val.
               Gee redes.                                                              (2)

      6.1.2    Skryf oor EEN Suid-Afrikaanse ontwerper wie se ontwerp
               omgewingskwessies aanspreek. Gebruik die onderstaande opskrifte:

                      Die naam van die ontwerper                                       (1)
                      Sy/haar doelwitte                                                (1)
                      Die invloede op sy/haar werk                                     (2)
                      Die naam en ŉ kort analise van EEN van sy/haar
                      produkontwerpe, insluitend spesifieke verwysing na die manier
                      waarop die ontwerpe omgewingskwessies aanspreek                   (4)
                                                                                       [10]

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012)                               ONTWERP V1                                       15

 6.2

                                           FIGUUR A
                               Tennisbal-stoel, deur Hugh Hayden.
           Hierdie prettige ontwerp is gemaak van tennisballe en was die wenner van die
            „BRKLYN Designs‟ toekennings vir die „Die mees innoverende gebruik van
                                         materiale.‟ (2009).

          6.2.1    Verduidelik die volgende:

                          Die verskil tussen die terme, „Herdoel‟ (nuwe doel gee) en
                          „Herwinning‟                                                    (2)
                          Watter van die bostaande twee terme kan gebruik word om
                          FIGUUR A hierbo te beskryf? Gee redes.                          (1)

          6.2.2    Beskryf die werk van EEN INTERNASIONALE ontwerper wat op ŉ
                   omgewingsvriendelike wyse op omgewingskwessies fokus deur die
                   herstel of herwinning van die innerlike/uiterlike omgewing van die
                   wêreld om hulle. Jou bespreking moet ten minste EEN voorbeeld van
                   die ontwerper se werk insluit.                                         (7)

                                                  EN/OF

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                                    ONTWERP V1                            (SEPTEMBER 2012)

6.3

                                        FIGUUR C
         Die inleidingsblad van die “Treehugger”-webblog om hul „Best of Green‟
                           toekennings van 2010 bekend te stel.

      6.3.1   Kontemporêre ontwerpers word al hoe meer bewus van die
              belangrikheid „groen ontwerp‟ soos in FIGUUR C hierbo.

              Bespreek die werk van EEN PLAASLIKE OF EEN
              INTERNASIONALE ontwerper wie se werk as „groen‟ beskou kan
              word, deur na ten minste EEN ontwerp van die ontwerper te verwys
              om jou stelling te staaf.

              (MOENIE INLIGTING WAT JY DALK IN 6.1 OF 6.2 GEBRUIK HET,
              HERHAAL NIE).                                                           (10)
                                                                   (2x10)             (20)

                                                          TOTAAL AFDELING B:           40

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012)                                 ONTWERP V1                                       17

 AFDELING C: ONTWERP IN ŉ BESIGHEIDSKONTEKS

 VRAAG 7

 Beantwoord AL die vrae wat volg:

 7.1

                                             FIGUUR A
                                „Stereotipe‟, Daizi Zheng, Londen
          Die beelde in FIGUUR A hierbo verwys na ongewone verpakkings vir gesonde
             produkte, Wortelstokkies is in ŉ sigaretboksie verpak, ŉ skyfie-pakkie vol
                 seldery in en ŉ pilhouer vol gedroogte bloubessies (blueberries).

          7.1.1    Beskryf ŉ moontlike teikenmark vir die reeks produkte wat in FIGUUR
                   A hierbo geïllustreer is. Gee redes vir jou antwoord.                    (2)

          7.1.2    Gee die volgende inligting:

                         EEN moontlike doel van die verpakking in FIGUUR A hierbo           (1)
                         VYF karaktereienskappe van goeie verpakking                        (5)

 7.2      7.2.1    Noem die ontwerpdissipline wat jy bestudeer, bv. tekstiel, keramiek of
                   grafiese-ontwerp en gee dan die volgende inligting:

                         Die naam van TWEE tersiêre instansies waar jy moontlik sal
                         kan gaan studeer in jou spesifieke dissipline                      (2)
                         Die naam van die diploma/graad wat jy sal kry wanneer jou
                         studies voltooi is, sowel as die aantal jare wat jou studies sal
                         duur                                                               (2)
                         VIER moontlike beroepskeuse wat daar vir jou beskikbaar sal
                         wees nadat jy studeer het                                          (4)

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
18                                     ONTWERP V1                              (SEPTEMBER 2012)

7.3

                                       FIGUUR A
                                      Opvou-fiets

      7.3.1   Verbeel jou dat jy jou eie besigheid wil begin wat soortgelyke fietse,
              soos die in FIGUUR A, vir die Suid-Afrikaanse mark ontwerp en
              vervaardig. Pas die SWOT-analise op die bostaande ontwerp toe en
              besluit of dit ŉ goeie idee is of nie. Gee redes vir elkeen.               (8)

      7.3.2   As deel van ŉ besigheidsplan vir die bostaande maatskappy,
              verduidelik die volgende:

                  Die tipe maatskappy wat die mees geskik sal wees vir die
                  produksie van ŉ fiets
                  Die TWEE belangrikste punte wat jy ingedagte moet hou
                  wanneer die koste en prys van die produk uitgewerk word. Gee
                  voorbeelde by elk.
                  TWEE vrae wat jy sal moet vra wanneer jy die moontlike
                  teikenmark navors                                                      (6)
                                                            TOTAAL AFDELING C:            30
                                                                  GROOTTOTAAL:           150

## Related documents

- [Gr12 DSGN P1 S12 QP Eng](https://www.hlayiso.com/library/gr12-dsgn-p1-s12-qp-eng/5e3c6ff9-0a57-415c-914c-03e39fb4c754) — Design · QP · 2012 · Eng
- [Gr12 DSGN P1 S12 MEMO Afr](https://www.hlayiso.com/library/gr12-dsgn-p1-s12-memo-afr/04e27a84-d892-49e4-9f10-829c576c32af) — Design · Memo · 2012 · Afr
- [Gr12 DSGN P1 S12 MEMO Eng](https://www.hlayiso.com/library/gr12-dsgn-p1-s12-memo-eng/27a777b0-53d5-49e5-a41c-bb1a75e3005d) — Design · Memo · 2012 · Eng
- [DESIGN P1 GR12 QP SEPT2018 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-gr12-qp-sept2018-afr-d/003cc0ea-c27d-4140-81dc-02b509b4c8d3) — Design · QP · 2018 · Afr
- [DESIGN P1 GR12 QP SEPT2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-gr12-qp-sept2018-afrikaans/95ab1e71-93b2-4279-a6ee-8696ae4aa645) — Design · QP · 2018 · Afr
- [DESIGN P1 GR12 QP SEPT2018 English](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-gr12-qp-sept2018-english/30e880f9-d61a-4fac-9f2e-42c830ef5c34) — Design · QP · 2018 · Eng

## More from Grade 12 Design

- [Gr 12 Des ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-des-atp-2023-24/0fd522c6-2d5a-4c5b-9e0b-06e7b199eb25) — ATP
- [Design P1 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-may-june-2025-mg-afr/ccc80683-987a-4611-994f-f9eff5587a50) — Memo · 2025 · Afr
- [Design P1 Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-design-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1/79defddf-f99d-45c8-840b-73877abd8f11) — Memo · 2025 · Eng
- [Design P1 Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-design-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1/a85d8220-5a26-4f17-990e-081cb336014f) — Memo · 2025 · Afr
- [Design P1 Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-design-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/5cf24f22-37cf-4c83-99d1-522c23cb4496) — Memo · 2025 · Afr
- [Design P2 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p2-nov-2024-eng/e3c099fa-b074-4932-aa7e-cbc7e78a1e3e) — QP · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
