# Design Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2017 Memo (Afrikaans)

> Grade 12 Design Paper 1 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2017 (Afrikaans), 39 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr12-dsgn-p1-sept2017-memo-afr/2c14c984-8ef9-457b-8caf-59b012f54122
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Design
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2017
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 39

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Design](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/design) › [Design Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2017 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/gr12-dsgn-p1-sept2017-memo-afr/2c14c984-8ef9-457b-8caf-59b012f54122)

## About this document

Design · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2017. Memorandum, 39 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                       NASIONALE
                   SENIOR SERTIFIKAAT

                         GRAAD 12

                    SEPTEMBER 2017

               ONTWERP V1 (TEORIE)
                  NASIENRIGLYN

PUNTE:   100

               Hierdie nasienriglyn bestaan uit 39 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                      ONTWERP V1                        (EC/SEPTEMBER 2017)

 AFDELING A: ONTWERPLITERATUUR

      Verstaan ontwerpteorie en gebruik ontwerpterminologie korrek.
      Die erkenning van die kenmerke van elke beweging in al vier kategorieë van
       ontwerp.
      Verstaan en interpreteer tekens, simbole, stereotipering, partydigheid en
       vooroordeel in ŉ ontwerp.

 VRAAG 1: ‘ONGESIENDE’ ONTWERPE OM VISUELE GELETTERDHEID TE
          TOETS

 1.1     1.1.1   (Ken 2 punte toe)
                  Die produk gesien in FIGUUR A is gepas vir die toeriste mark omdat
                    die nasionale blom van Suid-Afrika, die Protea, gesien kan word op
                    die armband. Oorsese besoekers sal met graagte ŉ produk koop wat
                    ŉ nasionale simbool van die land uitbeeld wat hulle besoek. 
                  Enige vrou in Suid-Afrika wat nasionale trots voel en waardering vir
                    die flora van ons land het, sal trots wees om so ŉ pragtige
                    modebykomstigheid te dra, soos gesien in FIGUUR A. FIGUUR A
                    vertoon die Proteablom, Suid-Afrika se nasionale blom.                    (2)

         1.1.2   (Ken 8 punte toe)
                 Vorm (element):
                  Die beeld in FIGUUR A maak gebruik van ŉ plat, gestileerde,
                    organiese vorm van ŉ Proteablom. Die verskillende grotes van die
                    blomme en blare bring ŉ verskeidenheid aan die ontwerp. 
                  Die beeld van die Protea is plat en 2-dimensioneel. Die beeld van die
                    protea is gegraveer op perspeks in die vorm van ŉ 3-dimensionele
                    armband met die doel om rondom die arm van die draer te
                  beweeg. 

                 Balans (beginsel):
                  Balans verwys na die visuele gewig van die ontwerp. Die armband in
                    FIGUUR A wys asimmetriese balans en daar is kontras in die grootte
                    van die gegraveerde Proteablom. Die een kant van die armband
                    vertoon die groot Proteablom teenoor die ander kant van die armband
                    wat die blare en blom vertoon. Eenheid en harmonie word gevorm
                    met die verskeidenheid en die visuele gebalanseerde beelde van die
                    blom en blomblare. 

                 Beweging/ritme (beginsel):
                  Ritme word deur die herhaling en die sagte vloei van die Proteablom
                   en -blare in die ontwerp geskep. 
                  Geïmpliseerde beweging word in die beeld vasgevang. ŉ Ritmiese
                   beweging word geskep deur die Proteablom en blare wat almal
                   deurlopend en harmonieus in dieselfde rigting wys. 
                  Ritme word geskep deur die herhaling van die soortgelyke beelde bv.
                   die Proteablom en -blare wat die vorm aan die armband gee. Die
                   beelde en hul beweging lok belangstelling en verskeidenheid in die
                   ontwerp. 

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)                          ONTWERP V1                                      3

                 Fokuspunt/klem (beginsel):
                  Die fokus/klem van die armband is die Proteablom en blare. ŉ Sterk
                    treffende kontras word geskep tussen die goue lineêre beeld van die
                    Protea teenoor die deursigtige perspeks van die armband. 
                  Die fokus/klem kan ook sterk gesien word in kontoerlyne van die
                    armband wat deur Proteablare die buitenste rand van armband
                    beklemtoon. Die kontoerlyne skep ook ŉ treffende kontras met die
                    baie plat perspeksmateriaal wat gebruik word om die armband te
                    skep. 
                  Die fokus/klem op die armband is die Proteablom. Dit is groter en
                    meer dominant en van die blomme en blare het ook ŉ heel ander vorm
                    en verskillende blare as die res van die ontwerp. Die effek wat geskep
                    word is verrassend, deur die byvoeging van iets anders. 
                 Gee krediet aan enige redelike antwoord.                                         (8)
                                                                                                 [10]
                   V1.1      KOGNITIEWE
                                                 GEWIG %            VRAE          PUNTE
                  VLAK       VAARDIGHEID
                   Laer       Waarneming /                     Deel van 1.1.1
                                                    30%                             1+1
                   orde         Begrip                         Deel van 1.1.2
                  Middel-
                              Toepassing            40%        Deel van 1.1.2        5
                   orde
                                Analise
                      Hoër      Sintese                        Deel van 1.1.1
                                                    30%                             1+2
                      orde    Evaluering /                     Deel van 1.1.2
                               Aftrekking

                                                   OF
 1.2    1.2.1    (Ken 8 punte toe)
                 Toon/Toonwaarde:
                  ŉ Toonwaarde/Tonale waarde is wanneer ŉ ligter of donkerder
                   weergawe van dieselfde kleur gebruik word. Die wit kleur wat in
                   FIGUUR B gesien word oorheers die ontwerp van die lamp. Die lamp
                   word tot lewe gebring met ŉ wye verskeidenheid van toonwaardes
                   van wit as die lamp verlig word. Hierdie monochromatiese reeks van
                   skakerings van wit skep ŉ sagte, gesofistikeerde harmonie. 

                 Eenheid en verskeidenheid:
                  Eenheid word deur die herhaling van blomagtige vorms bereik. 
                   Hierdie blomagtige vorms is baie na aan ŉ lotusblom. Die vorms gaan
                   oop en toe en varieer in grotes. Groter blare word by die basis van die
                   lamp gesien en afname in grootte nader aan die bokant. Dit skep ŉ
                   gevoel van verskeidenheid en harmonie omdat al die dele van die
                   ontwerp saamwerk. 

                 Tekstuur:
                  Die lamp het ŉ tasbare gladde tekstuur want dit is gemaak van
                   perspeks of plastiek.  Hierdie gladde oppervlak bring ŉ gevoel van
                   gesofistikeerdheid en rustigheid aan die ontwerp. 

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                     ONTWERP V1                         (EC/SEPTEMBER 2017)

                Patroon:
                 Patroon ontstaan wanneer vorms herhaal word. In FIGUUR B is
                  duidelike bande van organiseerde blomagtige vorms herhaal om die
                  algehele vorm van ŉ lotusblom te skep. Die herhaling van hierdie
                  bande van blomagtige vorms rondom die lamp, gee die ontwerp ŉ
                  vorm van eenheid. 
                 Harmonie en ŉ suksesvolle geheel word gevorm deur die herhaling
                  van dieselfde georganiseerde blomagtige vorms wat orals om die
                  lamp gesien word. 
                 Die patroon van die lamp is saamgestel uit verskillende dele en vorms
                  wat herhaal word. Die patroon neem die vorm van blare en ŉ blom
                  aan. ŉ Konvensionele statiese voorwerp in ŉ speelse, tasbare
                  ervaring wat die blaar- en blomvoorwerpe werklik laat in volle blomtyd
                  voorkom. 
                Gee krediet aan enige ander geldige antwoord.                                  (8)

        1.2.2   (Ken 2 punte toe)
                 Bio-mimicrici (Bio-nabootsing) beteken om ‘na te boots’ en om te leer
                  van natuurlike vorms om menslike probleme op te los, asook om meer
                  volhoubare ontwerpe te skep. Bio-nabootsing word duidelik in
                  FIGUUR B gesien. Die lamp is saamgestel uit blomagtige vorms wat
                  oop en toe maak. ŉ Beligtingstoestel is sentraal in die ontwerp, om
                  die lig wat deur die blomagtige-vorms gevorm word meer te
                  illumineer.  Dit boots die oop en toemaak van ŉ blom in volle vloei
                  na. 
                Gee krediet aan enige ander geldige antwoord.                                  (2)
                                                                                               [10]

                  V1.2      KOGNITIEWE
                                              GEWIG %            VRAE             PUNTE
                 VLAK       VAARDIGHEID
                  Laer       Waarneming /                    Deel van 1.2.1
                                                 30%                                2+1
                  orde         Begrip                        Deel van 1.2.2
                 Middel-                                     Deel van 1.2.1
                             Toepassing          40%                                4+1
                  orde                                       Deel van 1.2.2
                               Analise
                     Hoër      Sintese
                                                 30%         Deel van 1.2.1          2
                     orde    Evaluering /
                              Aftrekking

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)                          ONTWERP V1                                         5

 VRAAG 2: KOMMUNIKASIE DEUR MIDDEL VAN ONTWERP

 2.1    2.1.1    (Ken 1 punt toe)
                 BOODSKAP DEUR MIDDEL VAN PLAKKAAT
                 Die boodskap wat oorgedra word deur die plakkaat is die sosiale kwessie
                 wat verband hou met die gevaar van kuberboelie (cyber bulling). Die
                 kwessie kan selfs lei tot slagoffers wat selfmoord pleeg. Die plakkaat met
                 die boodskap raak beide kuberboelie sowel as sosiale boelie. Die
                 slagoffer kan aanlyn in verbinding tree met opgeleide aanlynberaders
                 wat hul kan help. 
                 Gee krediet aan enige ander geldige antwoord.                                      (1)

        2.1.2    (Ken 4 punte toe)
                  Simbolies toon die sentraal geplaaste silhoeët van die oop hand dat
                   die persoon/slagoffer van kuberboelie, blootgestel, kwesbaar en
                   swak voel. 
                  Die uitleg toon ŉ sentraal geplaaste silhoeët op ŉ swart agtergrond,
                   wat simboliseer dat die slagoffer identiteitloos is, dat hierdie slegs nog
                   ŉ ongeïdentifiseerde persoon is  wie ly onder hierdie tipe
                   molestering, en emosioneel leeg voel.               Hierdie eenvoudige
                   gestileerde beeld is donker (bold) en dramaties wat aantoon dat die
                   slagoffer geïsoleer is, omring met donkerte en blykbaar in ŉ leë swart
                   vakuum. 
                  Al die vetgedrukte swart teks, wat kleiner word hoe verder weg dit
                   van die slagoffer beweeg, val letterlik uit die slagoffer se arm. Dit kan
                   verwys na die slagoffer wat miskien oorgewig is, want woorde soos
                   ‘vettie’, ‘varkvetgat’, ‘verloorder’ en ‘pizza gesig’ Dit beklemtoon die
                   boodskap van boelies wat daarna streef om die slagoffer te
                   vermeerder totdat hy heeltemal vereensaam en verdwyn met die
                   wrede woorde.  Hierdie teks van wrede kommentaar is ook te sien
                   in vet rooi gedrukte letters. Dit simboliseer gevaar, vrees en bloed. 
                  Die rooi teks oor die pols van die slagoffer simboliseer dat die
                   persoon sy of haar pols sny en bloei in ŉ poging om die emosionele
                   pyn te laat verdwyn of selfmoord te pleeg. 
                  Eenvoudige wit en rooi ‘sand-serif’ lettertipe word gebruik teen ŉ
                   swart agtergrond om ŉ kragtige slagspreuk oor te dra. Die slagspreek
                   is in die regterhoek van die plakkaat. Die slagspreek lui: ‘Stokke en
                   klippe kan my bene breek, maar woorde kan my nie doodmaak nie’. 
                   Die duidelike en eenvoudige ‘sand-serif’ tekstipe verander na ŉ
                   dramatiese rooi kleur. Dit bied raad en leiding vir jong mense wat
                   geaffekteer word deur beide kuberboelie sowel as gewone
                   alledaagse boelie. Slagoffers kan aanlyn verbind word en met
                   opgeleide beraders praat. 
                 Gee krediet aan enige ander geldige antwoord.                                      (4)

        2.1.3    (Ken 2 punte toe)
                 DIE GESTALT-BEGINSEL VAN FIGUUR EN GROND  kan toegepas
                 word as die skadubeeld van die hand as die figuur (voorwerp), terwyl die
                 omliggende gebied as die (agtergrond) geskou kan word. 
                 Gee krediet aan enige ander geldige antwoord.                                      (2)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                      ONTWERP V1                         (EC/SEPTEMBER 2017)

 2.2    2.2.1   (Ken 1 punt toe)
                 Stereotipering is ŉ vaste indruk van ŉ groep mense of individuele met
                  sekere eienskappe, of die vervulling van voorgeskrewe rolle. Dit is die
                  moontlike stereotipering wat in FIGUUR B toegepas word. Desmond
                  Tutu word geïdealiseer as ŉ vreedsame en godsdienstige ikoon,
                  sonder om in ag te neem dat hy soos elke ander mense ook ingebore
                  menslike foute het. 
                Gee krediet aan enige ander geldige antwoord.                                   (1)

        2.2.2   (Ken 2 punte toe)
                 Desmond Tutu dra ŉ ketting met ŉ kruis, ŉ simbool van die Christelike
                  geloof wat hy volg. 
                 ŉ Wit duif word gesien op Desmond Tutu se skouer. Dit is ŉ
                  stereotipiese simbool en demonstreer die boodskap van vrede en
                  reinheid in die ontwerp. 
                 In die boonste hoeke van die plakkaat is engele wat hulle ramshorings
                  blaas. Dit is ŉ Christelike simbool en ondersteun die persoonlike
                  Christelike eienskap van Desmond Tutu wat die idee van goedheid
                  en suiwerheid deur sy geestelike leiding aan mense wil
                  kommunikeer. 
                 Desmond Tutu se hande word gesien in ŉ simboliese gebaar wat toon
                  dat hy van nature gee en hy ŉ houding van bediening teenoor die
                  mense uitstraal wat hy lei. 
                 Die hele voorstelling blyk om Christendom voor te stel. Die pragtige
                  kronkelende plantagtige ontwerp in die agtergrond lyk soos gotiese
                  loodglas vensters, in ŉ tipiese boogstyl, soos gesien in katedrale.
                  Gotiese styl teks word gebruik om die naam van Desmond Tutu te
                  skryf. 
                 Die teenwoordigheid van die oog van God wat als sien en weet, word
                  aan die bokant van die plakkaat gesien. Dit word beskou as ŉ simbool
                  van beskerming, genesing en leiding van God se krag. 
                Gee krediet aan enige ander geldige antwoord.                                    (2)
                                                                                                [10]

                  V2        KOGNITIEWE
                                                GEWIG %            VRAE          PUNTE
                 VLAK       VAARDIGHEID
                                                                  2.1.1
                     Laer    Waarneming /
                                                   30%        Deel van 2.1.2     1+1+1
                     orde   Herroep / Begrip
                                                              Deel van 2.1.3
                                                              Deel van 2.1.2
                 Middel-
                              Toepassing           40%        Deel van 2.1.3     2+1+1
                  orde
                                                              Deel van 2.2.2
                                                                  2.2.1
                     Hoër     Evaluering /
                                                   30%        Deel van 2.1.3     1+1+1
                     orde      Aftrekking
                                                              Deel van 2.2.2

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)                       ONTWERP V1                                        7

 VRAAG 3

 Beantwoord ÓF VRAAG 3.1 ÓF VRAAG 3.2.

 3.1    (Ken 10 punte toe)
        Die nasienriglyn is puntsgewys geskryf om merkwerk te vergemaklik.
        Kandidate moet ŉ enkele opstel skryf. Nie puntsgewys nie. Dit wys hul
        vaardigheid om te evalueer en te vergelyk deur die toepassing van feitlike
        inligting.

        MATERIALS:
        Die Xhosa-bruid se halssnoer in FIGUUR A is oorwegend van glaskrale gemaak
        in ŉ verskeidenheid van kleure. Die halssnoer is gemaak met draad en sluit in ŉ
        paar ‘mother of pearl’ knopies in.  Die Indiese bruid se halssnoer in FIGUUR B
        is baie oordoen en oordadig in vergelyking met die Xhosa-kralewerk halssnoer
        met halfedelstene soos korale en pêrels geset in goud. Goud word beskou as ŉ
        noodsaaklike ritueel metaal as dit by troues kom in Indië.  Die monetêre waarde
        van die Indiese bruid se halssnoer is baie hoër as die Xhosa-bruid se halssnoer
        as gevolg van die hoë waarde van die materiale wat gebruik word – maar dit
        beteken geensins dat die waarde van die Xhosa-bruid se halssnoer
        minderwaardig is met betrekking tot die Indiese halssnoer nie. Altwee halssnoere
        is baie ryk in hul simboliek asook waarde vir die troue-seremonies. 

        VORM EN PATROON:
        In FIGUUR A word die tradisionele diamantpatroon kraagstylversiering gesien
        wat die bruid se nek omring en saggies op haar bors en skouers val. Daar word
        ŉ lang, smal wit kraleband met diamant vorms wat ingeweef is om die bruid se
        nek gesien. Die krale het tossels wat vertikaal aan die voorkant van die bruid se
        bors gesien word.  Die vorms wat in die Xhosabruid se halssnoer gesien word,
        is almal geometries, met ŉ zig-zag-formasie. Die kralewerk in die kraag skep
        diamantvorms.  In FIGUUR B is die juweelhalssnoer saamgestel uit drie rye
        halfedelstene wat in goud geset is. 
        In die Indiese bruid se halssnoer word ‘paisley’ vorms in drie rye om haar nek
        gesien, met ŉ reghoekige gedeelte aan die voorkant. ŉ Groot ‘paisley’-vormige
        steen met kleiner ‘paisley’ steentjies wat daaruit hang omring deur ŉ pêrel
        rand.  Beide FIGUUR A en FIGUUR B toon simmetriese ontwerpe, maar die
        gebruik van ruimte en patrone van die Xhosa-halssnoer is meer minimalisties as
        die Indiese halssnoer.  In beide ontwerpe word krale of halfedelgesteentes
        gesien wat herhaal word wat pragtige patrone vorm. 

        EENHEID:
        Eenheid word geskep in beide FIGUUR A en FIGUUR B met elemente in die
        ontwerp wat georganiseerd is. Die gebruik van spesifieke kleure, die eweredige
        verspreiding van kleure, materiaal keuses, vorm, tekstuur en lyn. 
        In FIGUUR A, bevat die kraag van die Xhosa-halssnoer en die lang band
        diamantvorms. Almal bestaan uit dieselfde kleure en albei afdelings van die
        halssnoer word gemaak van glaskrale wat die hele ontwerp verenig. Die

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                     ONTWERP V1                         (EC/SEPTEMBER 2017)

        oorvleueling van die twee afdelings verenig ook die twee in een ontwerp.
        Eenheid en harmonie word geskep deur die organisasie van al hierdie
        elemente.  In FIGUUR B is die hele halssnoer van goud gemaak en met
        ‘paisley’-patrone en pêrels versier wat eweredig versprei word deur die ontwerp.
        Dit vorm ŉ gebalanseerde verenigde geheel. 

        ESTETIESE VOORKOMS:
        Beide die Xhosa-bruid halssnoer in FIGUUR A en die Indiese bruid halssnoer in
        FIGUUR B kommunikeer die kralewerk die bruid se sosiale status en rykdom. 
        Albei kulture gebruik spesifieke kleure in hul tradisionele huwelikseremonie
        omdat dit die tradisie is.  Xhosa-kralewerk word ook dikwels in die
        toerismemark aangevra en baie oorsese besoekers koop krale-items as
        aandenkings van hul Suid-Afrikaanse ervaring omdat kralewerk uniek aan Suid-
        Afrika is.  Die fyn afgewerkte Indiese halssnoere is dikwels baie waardevol met
        die goue en semi-edelgesteentes en dalk selfs diamante. Die vrou sal die
        halssnoer van die huwelikseremonie dra as sy of haar man nog lewe as ŉ teken
        van hul liefde en toewyding aan mekaar.  Die Xhosa-bruid se halssnoer word
        meer vereenvoudig met sy geometriese patroonvorming in vergelyking met die
        uitgebreide, ryk versierde Indiese halssnoer, maar elke ontwerp verteenwoordig
        sy eie waardevolle kultuur deur die tradisionele huwelikseremonie. 

        PRODUKSIE TEGNIEK:
        FIGUUR A stel ŉ Xhosa-bruid halssnoer voor, gemaak van krale. Hierdie
        halssnoer is gemaak deur vroue.  Hulle kralewerk is ŉ manier om te
        kommunikeer sonder woorde. Dit word gedoen deur middel van patrone,
        verskillende style en kleure. Elke ontwerp is ontwerp vir ŉ spesifieke groep,
        daarom is die trou halssnoer se simboliese betekenis so spesiaal vir die
        geleentheid, aangesien die boodskap in dekoratiewe geometriese ontwerp
        geweef word.  Hulle kralewerk is ŉ manier om te kommunikeer sonder
        woorde. Dit word gedoen deur middel van patrone, verskillende style en kleure.
        Elke ontwerp is ontwerp vir ŉ spesifieke groep, daarom is die trou halssnoer se
        simboliese betekenis so spesiaal vir die geleentheid, aangesien die boodskap
        in dekoratiewe geometriese ontwerp geweef word.  Hierdie bruidshalssnoere
        word op grootskaal geproduseer, tensy ŉ unieke handgemaakte halssnoer deur
        ŉ juwelier verlang word. 
        Gee krediet aan enige ander geldige antwoord.                                          [10]

         V3.1           KOGNITIEWE
                                              GEWIG %            VRAE           PUNTE
         VLAK          VAARDIGHEID
                          Kennis /
          Laer
                          Herroep                  30%        Deel van 3.1          3
          orde
                           Begrip
        Middel-        Toepassing van
                                                   40%        Deel van 3.1          4
         orde             elemente
                           Analise
          Hoër
                           Sintese                 30%        Deel van 3.1          3
          orde
                         Evaluering

                                              OF

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)                        ONTWERP V1                                        9

 3.2    (Ken 10 punte toe)
        Die nasienriglyn is puntsgewys geskryf om merkwerk te vergemaklik.
        Kandidate moet ŉ enkele opstel skryf. Nie puntsgewys nie. Dit wys hul
        vaardigheid om te evalueer en te vergelyk deur die toepassing van feitlike
        inligting.

        In hierdie vraag word daar verwag van die kandidaat om die figure
        vergelyk en sal gepenaliseer word indien twee afsonderlike opstelle, of
        inligting wat in ŉ tabelvorm geskryf word. (Maksimum 3 uit 10).

        Hierdie vergelykende opstel vergelyk die SA Perm Gebou in FIGUUR C
        met die Pantheon Tempel. ŉ Romeinse gebou. Die kandidaat mag enige
        ander geskikte voorbeeld vir die vergelykende opstel gebruik.

        KONTEKS:
         Die Romeinse Pantheon is ŉ voorbeeld van ŉ Romeinse tempel, terwyl die
          SA Perm Gebou ŉ hedendaagse openbare/sekulêre gebou is wat invloede
          en kenmerke van antieke Romeinse argitektuur toon. 

        DOEL/FUNKSIE:
         Die doel van die Pantheon is nie vir seker bekend nie, maar die naam,
          voorportaal en versiering dui daarop dat dit ŉ tempel van een of ander soort
          was.  Die Pantheon was waarskynlik ontwerp as ŉ plek waar die keisers
          openbare verskynsels in ŉ omgewing kon maak, wat die kykers dieselfde
          status as die ander Romeinse gode gegee het.  Die doel van die SA Perm
          gebou was die vestiging van bankbeleggings en die uitvoer van finansiële
          transaksies. 

        UITLEG/PLAN:
         Van buite gesien vertoon die Pantheon en die SA Perm Gebou altwee as ŉ
           soliede, geslote versameling van meetkundige vorms. 
         Die Pantheon is een soliede, sirkelvormige betonkopel, met ŉ sentrale
           opening (ŉ ‘ocultus’ van 8,3 m in deursnee) na bo. Hierdie ‘oculus’ laat
           natuurlik lig in die sirkelvorm vloei.  Alhoewel die SA Perm Gebou nie
           sirkelvormig is, maar reghoekig, is daar ŉ groot sentrale deel aan die kant van
           gebou wat natuurlike lig van buite af laat inskyn. 
         Albei geboue het binneruimtes wat gevul word met natuurlike lig as gevolg
           van die gewelfde vorms en die lig wat van die ligbron oorloop. 
         Die Pantheon se voorkant bestaan uit ŉ groot stoep met vertikale graniet
           Korintiese kolomme onder ŉ traigulêre voetstuk, wat amper as ŉ afsonderlike
           deel voorkom.  Die ingang en voorkant uit stewige betonkolomme het wat
           bestaan uit ŉ onder en boog en ŉ dakstruktuur wat mens herinner aan ŉ
           Griekse voetstuk. 
         Die groot interne afdelings maak voorsiening vir groot byeenkomste van
           mense en die SA Perm Gebou bied toegang vir ŉ beheerde hoeveelheid
           mense  om hul finansiële vereistes te betree. 
         Die interieurs van beide die Pantheon en die SA Perm Gebou word omring
           deur kolomme. Marmer Korintiese kolomme word aan weerskante van
           geplaas wat goddelikheidsbeelde in die Pantheon bevat.  Die SA Perm

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                     ONTWERP V1                      (EC/SEPTEMBER 2017)

           Gebou se gegote betonkolomme is slank met gewone hoofletters en vorm
           kolonnades binne die groot ingang. 

        MATERIALE EN PRODUKSIE TEGNIEKE:
         Die Pantheon, gemaak van Romeinse beton wat bekend staan as mortel, is
          in marmer beklee.  Die Pantheon, gemaak van Romeinse beton wat bekend
          staan as mortel, is in marmer beklee. Die koepel is bedek om sy gewig te
          verminder; die basis is 6,4 m dik en 1,2 m dik aan die bokant. Die onderkant
          van die koepel is gemaak van beton. Ligter materiaal is aan die bokant
          gebruik met poreuse puimsteen.  Die afwaartse gewig van die koepels word
          gedra deur 8-vat kelders en die 6,4 m dik muur. 
         Die SA Perm Gebou is gebou uit rooi baksteen en versterkte beton, staal en
          glas.  Moderne masjinerie en tegnologie is gebruik vir die konstruksie van
          hierdie hedendaagse gebou.  Om rede die gebou met aansienlike bedrae
          geld werk, sal dit ŉ geïntegreerde boubeheerstelsel met effektiewe en
          sentrale bedryfsprogramme moet insluit, insluitende toesig, alarmstelsels,
          elektriese stelsels, ens. 

        VERHOUDING TOT DIE TERREIN:
         Die Pantheon domineer die terrein waarop dit gebou is, met strate aan albei
          kante van die gebou.  Die SA Perm Gebou is in die hoofstraat van
          Grahamstad, genaamd ‘High Street’. 
        Gee krediet aan enige geldige inligting.                                             [10]

         V3.2         KOGNITIEWE
                                           GEWIG %            VRAE          PUNTE
        VLAK          VAARDIGHEID
         Laer
                      Kennis, Begrip          30%          Deel van 3.2         3
         orde
        Middel-
                       Toepassing             40%          Deel van 3.2         4
         orde
                        Analise
          Hoër
                        Sintese               30%          Deel van 3.2         3
          orde
                       Evaluering

                                                              TOTAAL AFDELING A:             30

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)                       ONTWERP V1                                      11

 AFDELING B: ONTWERPGESKIEDENIS

      Geskiedenis van Ontwerp: Insluitende Grieks, Romeinse, Goties, Barok,
       Rococo, Neoklassieke, Victoriaans, Kuns en Kunsvlyt, Art Nouveau,
       Bauhaus, Art Deco, Skandinawiese Ontwerp, De Stijl, Modernisme, Populêre
       kultuur, Pop/Nuwe Ouderdom en Postmodernisme.
      ŉ Oorsig van argitektuur, waarin klassieke voorbeelde vergelyk word met
       hedendaagse werke.
      Visuele Analise (onsigbare voorbeelde van ontwerp): basiese terminologie
       wat ontwerp en eienskappe beskryf en ondersteun, om met selfvertroue
       gebruik te word.

 VRAAG 4 (30 punte)

 4.1     (Ken 20 punte toe in totaal)

         LEERDERS MOET TWEE UIT ŉ MOONLIKE NEGE
         KUNSBEWEGINGS/STYLE/TYDPERKE KIES.

         NEEM KENNIS:
         Vir elk van die style of bewegings moet die kandidate die eienskappe van die
         beweging beklemtoon wat die karaktereienskap van daardie spesifieke
         beweging beklemtoon deur te verwys na die aanhaling.
         Die stoel soos gesien in FIGUUR A is bloot om die kandidaat te help om die
         eienskappe van die beweging/style te herroep. Hulle kan verwys na enige
         argitektuurstruktuur of produk van die gekose beweging of styl.

         ‘Die ontwerper se ware doel is om die dinge wat ons omring, nie net in terme
         van funksie, voorkoms, koste en materiale, maar ook in terme van aspirasie en
         begeerte – soos in ŉ droom van hoe goed die lewe kan verbeter.’
                                                                       Terence Conran

         BAUHAUS
         Die tydperk/styl in konteks: (Ken 1 punt toe)
          Die Bauhaustydperk is gestig in ŉ tyd toe die Duitsers van emosionele
            ekspressionisme na nuwe objektiwiteit oorbeweeg het. 
          Hulle het probeer om oplossings te vind vir die probleme wat die werkersklas
            ondervind het gedurende die depressiejare van die Eerste Wêreldoorlog in
            Duitsland.  Hulle het tegnologie gebruik om behoorlike behuising en
            ontwikkelinge van hoë gehalte ontwerpe te skep.  Om hul lewenstyl te
            verbeter moes hulle funksionele, tog aangename produkte skep. 
         Gee krediet aan enige ander geldige antwoord.                                         (1)

         Doelwitte: (Ken 1 punt toe)
          Om gesonde behuising te voorsien vir ŉ groeiende bevolking onder moeilike
           ekonomiese toestande. 
          Om voordeel te trek uit nuwe tegnologie. 
          Om ŉ deurbraak te bereik vir rasionele en funksionele vorms in ontwerp
           (rasionalisme en funksionalisme). 
          Om produkte vir die massas bekostigbaar te maak deur middel van koste-sny
           in die industriële produksie. 

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                    ONTWERP V1                        (EC/SEPTEMBER 2017)

         Hul hoofdoel was om die materiale wêreld weer uit te beeld en die eenheid
          van al die kunste te weerspieël. 
         Die Bauhausskool het daarop gemik om hul studente op te lei om ontwerpe
          te skep wat die masjienleeftyd weerspieël,  sodat die ontwerpe suiwer,
          eenvoudig en funksioneel is. 
         Hulle doel was om alle kunste en handwerk as ŉ funksionele geheel te laat
          werk. 
        Gee krediet aan enige ander geldige antwoord.                                         (1)

        Invloede: (Ken 2 punte toe)
         Bauhaus-styl is beïnvloed deur die eenvoudige, onaangeraakte meubels van
           die Kuns- en Kunsvlytbeweging. 
         Die Kubistiese beweging het geglo om voorwerpe te verminder na hul mees
           basiese vorms (die kubus, silinder, ‘sphere’). 
         Die De Stijl-beweging se onpersoonlike, abstrakte werke was vierkantige en
           reghoekige blokke met primêre kleure wat geskei word deur horisontale en
           vertikale lyne van wit en swart. Die gladde oppervlaktes lyk of dit deur ŉ
           masjien geskep is en op ŉ wiskundige manier baseer is. 
         Die Amerikaanse argitek Louis Sullivan met sy aanhaling: ‘Vorm Volg
           Funksie’. Dit beteken voorwerpe voldoen aan die beginsels van suiwerheid
           en vorms was sonder versierings. 
        Gee krediet aan enige ander geldige antwoord.                                         (2)

        Karaktereienskappe: (Ken 5 punte toe)
         Aanvanklik was die fokus op handproduksie. Goedere is van natuurlike
           materiale gemaak. Nou het die fokus geskuif na die inkorporering van
           tegnologie en industriële prosesse om moderne ontwerp te skep. 
         Die Bauhaustydperk kan dus eerder as ekspressief en dekoratief gesien
           word. Hulle moedig ontwerp aan vir massaproduksie. 
         Ontwerp was modern, eenvoudig, universeel en funksioneel. Produksie en
           vervaardiging was gefokus op kwaliteit. 
         Bauhaus het weg beweeg van versiering en was ten gunste van eenvoud,
           funksie en elegansie. 
         Hulle het reëlmatigheid in plaas van simmetrie gebruik. 
         Suiwerheid van vorm. 
         Hulle het by die gesegdes gehou: ‘Waarheid van die Materiaal’ en ‘Vorm volg
           funksie’. 
         Hulle het nuwe materiale en tegnologie gebruik soos bv. versterkte sement. 
         Hulle het van geometriese vorms gebruik gemaak. 
         Lyne was hoofsaaklik reguit en vorms geometries. 
         Kleure was gewoonlik natuurlik en hulle het die kleur van die staal, hout en
           sement behou,  of natuurlike primêre kleure gebruik. 
         Oppervlaktes was glad, koud en onpersoonlik. 
         Hulle het verskillende materiale en tegnieke in eenvoudige praktiese projekte
           toegepas. 
         Die konserwatiewe vorms van meubels is gedematerialiseerd bv. meubels
           moes in hul basiese en noodsaaklike vorm wees. Geen versiering. 
         Hulle het voorafgemaakte meubels vervaardig. 
         Hulle het klem geplaas op die fisiese proporsies van die materiale. 
         Stoele was eenvoudig en onversierd, ligte staal rame was gebruik vir die oop
           gestruktureerde stoele,  wat kon vervaardig word in massas. 
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)                       ONTWERP V1                                      13

         Argitekte het van baie verskillende elemente gebruik gemaak: staal-raam
          konstruksies, ŉ glas mure, versterkte sement, oop plan konstruksies en mure
          wat kon beweeg na verlang van ontwerper, onversierde mure, alle onnodige
          voorwerpe is versteek in ŉ sentrale kern van die gebou, versterkte beton,
          kubusagtige strukture, voorafvervaardigde eenhede, masjien gemaakte
          komponente, suiwerheid en vorm. 
        Gee krediet aan enige ander geldige antwoord.                                          (5)

        Ontwerper en ŉ ontwerp: (Ken 1 punt toe)
         Cantilever’ Stoel – deur Mies van der Rohe 
         ‘Tubular’ Stoel – deur Mies van der Rohe 
         Die Barcelona Stoel – deur Mies van der Rohe
         ‘Zig-Zag’ Stoel – deur Gerrit Rietveld 
         ‘Wassily’ Stoel – deur Marcel Breuer 
         ‘Tac’ Teepot – deur Walter Gropius 
         ‘Cradle’ – deur Peter Keler 
         ‘Tea-extract’ pot 1924 – deur Marianne Brandt 
         Dak Lamp – deur Marianne Brandt                                                      (1)
                                                                                               (20)
                                             EN/OF
        GOTIES
        Die tydperk/styl in konteks: (Ken 1 punt toe)
         Na die val van die Romeinse Ryk, was Europa in ŉ toestand van verwarring
           en dit was gedurende die tydperk dat siektes, oorlog, geweld en hongersnood
           geheers het. 
         Die gevoel van vrees wat ontwikkel het, bygelowige oortuigings het ontwikkel
           by mense en die Christinkerk het gegroei soos die Romeinse keisers vervang
           is. 
         Die argitektoniese styl van die kerk het na ŉ Gotiese styl beweeg, met
           kenmerke en ontwerpmotiewe wat ŉ meer geestelike of mistieke atmosfeer
           uitbeeld. 
        Gee krediet aan enige ander geldige antwoord.                                          (1)

        Doelwitte: (Ken 1 punt toe)
         Die kerk moes ŉ baie hoë toring hê sodat dit die sentrale fokuspunt kon wees
          om vir God die eer te gee. 
        Gee krediet aan enige ander geldige antwoord.                                          (1)

        Invloede: (Ken 2 punte toe)
         Die toestand van verwarring en vrees wat ervaar is deur die mense het hulle
           nader aan die kerk gelei. Hulle het vasgehou aan hul sterk geloofstelsels. Dit
           het dus gelei tot die bou van groot kerke en katedrale. 
         Die ryk eiendomeienaars, aristokrate, adel en die Kerk 
         In argitektuur is die Romeinse ‘basilica’-plan aangeneem in die drie Gotiese
           kerke. 
        Gee krediet aan enige ander geldige antwoord.                                          (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                                    ONTWERP V1                          (EC/SEPTEMBER 2017)

        Karaktereienskappe: (Ken 5 punte toe)
        Argitektuur:
         Die toestand van verwarring en vrees wat ervaar is deur die mense het hulle
           nader aan die kerk gelei. Hulle het vasgehou aan hul sterk geloofstelsels. Dit
           het dus gelei tot die bou van groot kerke en katedrale. 
         Op ŉ praktiese manier is die geboue ontwerp om meer ruimte te verskaf en
           minder bou materiaal te gebruik. 
         Hoofelemente van Gotiese argitektuur sluit in: gespitste boë met steunboë;
           geriffelde kelders; en loodglasvensters. 
         Geboë punte was hoog in vergelyking met die afgeronde boë van die
           Romeinse era. 
         Die vlieënde steunboogkolomme het die gewig van die opwaartse stygende
           dak tot op die grond gedra. Dit het die groot vensterruimtes in die mure
           toegelaat. (met ander woorde, die mure moes nie die enigste steun vir die
           dak wees nie). 
         Die katedraal was ook ŉ kunsmuseum – gebruik om kunsgeskiedenis van die
           wêreld vir die Christindom te leer. 
         Die katedraal was die heiligdom van die beroemdes wat gesterf het. Hulle
           grafte was hulle trots en is versier. 
        Meubels:
         Groot en swaar, donker hout meubels (Eikehoud, Okkerneut en Rooshout) 
         Die puntige boogvorms met ingewikkelde uitsny werk, kan gesien word op die
           meubels. 
         Gotiese tekstiele bv. gordyne, het met kleure gespog soos pers, ‘ruby’ rooi,
           swart, mosterd, gras groen en goud. 
         Tekstielontwerpe het geometriese en dramatiese patrone vertoon. 
         Gotiese meubels was formeel en nie ontwerp vir gemak nie. 
        Beligte manuskripte:
         Dit is geïllustreerde handgemaakte boeke of manuskripte wat met
           goudblaarversiering bedek is. Die goue blare sal lig uit die bladsy weerspieël
           wat dit die indruk gee van ŉ goue skynsel. 
         Hierdie manuskripte was meestal godsdiensdig en is in kloosters
           geproduseer. Versiering het verskeie voorletters, rame en miniatuur
           illustrasies ingesluit. 
        Loodglas-vensters:
         Hierdie vensters het die hele kerk ophelder en ŉ wonderlike helder atmosfeer
           geskep in die Gotiese kerk. 
         Hulle het ŉ stories vertel, wat dikwels Bybelse tonele uitbeeld. 
        Gee krediet aan enige ander geldige antwoord.                                           (5)

        Ontwerper en ŉ ontwerp: (Ken 1 punt toe)
         Argitektuur: ‘Notre Dame’ Katedraal in Parys (1163-1250) 
         Argitektuur: ‘Salisbury’ Katedraal in Brittanje (1220-1270) 
         Argitektuur: ‘Chartres’ Katedraal in Franse (1140-1220) 
         Tapeserië: ‘Lady with the Unicorn’ in ‘Chateau Pierre d’Aubusson                      (1)
                                                                                                (20)
                                            EN/OF

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)                       ONTWERP V1                                     15

        ART NOUVEAU
        Die tydperk/styl in konteks: (Ken 1 punt toe)
         Hulle was teen die massa-vervaardigde artikels van die Kuns- en
           Kunsvlytbeweging van die 19de eeu. 
         Hulle het pragtige vervaardigde voorwerpe geskep,  maar ongelukkig kon
           hulle nie teen die tyd aanpas aangesien produkte moeilik was om in massas
           te produseer. Dit was net te duur. 
        Gee krediet aan enige ander geldige antwoord.                                         (1)
        Doelwitte: (Ken 1 punt toe)
        Dit het uit die Kuns- en Kunsvlytbeweging gegroei (Dit kan gesien word in die
            ooreenstemming van sommige produkte):
         Om noue bande tussen die kunstenaars en ambagsmanne in die ontwerp van
            produkte te vestig. 
         Om die tradisie van die gebruik van vaardige vakmanne te laat herleef. 
         Hulle het egter nie die idee van fabriekgemaakte goedere verwerp nie, maar
            wou die kwaliteit van handgemaakte produkte behou. Hulle het dus
            handgemaakte produkte vervaardig maar van moderne materiaal bv. metaal
            en staal (ysterwerk) 
        Gee krediet aan enige ander geldige antwoord.                                         (1)
        Invloede: (Ken 2 punte toe)
         Natuur: In hul verwysing na die natuurlike wêreld soos poue, lelies en
           rankplante. 
         Japanese houtsneewerk: met eenvoudige, vloeiende dekoratiewe lyne. 
           gestileerde vorms, lynpatrone, dekoratiewe patrone, plat en gekleurde
           vorms. 
         Alphonse Mucha: hulle was beïnvloed deur sy kunswerke van vroue 
         Gustav Klimt: was beïnvloed deur Klimt se gebruik van dekoratiewe
           patrone. 
         Keltiese Kuns: met hul elegante, krullende lyne en ontwerpe,  en die
           dekoratiewe vlegsels wat gemaak word met linte. 
         Viking ontwerpe: met hulle fyn lyne en spirale, uitbundige ornamente en
           romantiese idees. 
         Simbolies: (ŉ kunsbeweging van die tydperk): plat areas van kleur, organiese
           krullende buitelyne, en sensasionele ontwerpe wat die vrou se kurwes
           geklemtoon asook die natuur se organiese lyne. 
         Die Kuns- en Kunsvlytbeweging: met hul natuurlike vloeiende vorms. 
         Laat Gotiese styl: met sy flambojante lyne en loodglaswerk. 
         Franse Rococo Kunsperiode: met hul delikate lyne en vorms sowel as
           speelse lig en atmosfeer het dit Art Nouveau beïnvloed. 
        Gee krediet aan enige ander geldige antwoord.                                         (2)
        Karaktereienskappe: (Ken 5 punte toe)
         Onderwerp: diere, voëls, plante. hoogs gestileerde rose (Rennie Mackintosh),
           sonneblomme, lelies en poue, asook sensasionele vroulike figure. 
         Produkte: tekstiele, keramiekwerk, metaalwerk, glasware, juweliersware,
           meubels en argitektuur. 
         Materiale: eksotiese materiale, e.g. ‘mother of pearl, ‘lapis lazuli’, ivoor,
           gekleurde glas en metaal, klei, juweliersware asook meubels en yster.  Hulle
           het gebruik gemaak van sy, fluweel en borduurwerk op tekstiele.  Hulle het
           ook gebruik gemaak van gelakte hout, versier met ander materiale vir meubel
           stukke.  Mosaïek en loodglas was ook populêr. 

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                                    ONTWERP V1                          (EC/SEPTEMBER 2017)

         Ontwerpe en produkte was versierd en dekoratief. 
        Elemente van Ontwerp:
         Lyn: Die gebruik van sweepslag(‘serpentine’/’whiplash’)-lyne om gestileerde
           en eenvoudige lyne te skep. 
         Vorm en fatsoen: Die vloeiende kurwes en vorms wat gebruik is reflekteer die
           sweepslaglyne. 
         Kleur: vir binnehuisversierings was die kleure subtiel en sag, bv. skakerings
           van pienk, groen en geel. 
         In Alphoso Muncha se plakkate is gebruik gemaak van dowwe kleure met
           kronkelende lyne. 
        Beginsels van Ontwerp:
         Balans: oorwegend asimmetries 
         Kontras: groot en klein vorms. Koue kleure teenoor warm kleure. 
         Beweging: die herhaling van sweepslaglyne skep ŉ gevoel van beweging. 
        Gee krediet aan enige ander geldige antwoord.                                           (5)
        Ontwerper en ŉ ontwerp: (Ken 1 punt toe)
         Juweliersware: ‘Dragonfly’ borsspeld deur Rene Lalique 
         Art Nouveau borsspeld deur Winifred Green 
         Lampe: ‘Lotus Tale’ Lamp deur Louis Comfort Tiffany 
         Metaalwerk: ‘Cornet dragon’ Hek deur Antoni Gaudi 
         Binneversiering: Trap in die ‘Van Eetvelde’ huis in Brussels deur Victor
          Horta 
         Meubels: ‘Cabinet Vitrine’ deur Gustave Gustave Serrurier-Bovy 
         Plakkaat: Pen plakkaat deur Alphonso Mucha 
         ‘Job’-plakkaat deur Alphonso Mucha                                                    (1)
                                                                                                (20)
                                             EN/OF
        KUNS- EN KUNSVLYTBEWEGING
        Die tydperk/styl in konteks: (Ken 1 punt toe)
         Veelvoudige verdieping geboue, fabrieke, brûe en spoorweë wat tot die einde
           van die 19de eeu begin verskyn het in stedelike gebiede het gou
           agteruitgegaan en ontaard in krotbuurte. 
         Fabrieke was ernstige gesondheidsrisiko’s. Dit was die begin van die
           sosialistiese tydperk en die beskerming van regte vir vakmanne. 
         Hierdie beweging was ŉ terugslag teen die kragte van industrialisasie in
           Brittanje. 
        Gee krediet aan enige ander geldige antwoord.                                           (1)
        Doelwitte: (Ken 1 punt toe)
         Om die produksie van handgemaakte kwaliteit goedere aan te moedig wat
          visueel en esteties waardig is, in teenstelling met lae gehalte goedere. 
         Om die lewenskwaliteit van die ontwerpers en vakmanne te verhoog 
         Om die waarde en betrokkenheid van die vaardige vakman en ontwerper te
          herstel. 
         Om die ontwerp van eenvoudiger, minder dekoratiewe produkte aan te
          moedig. 
         Om produkte te skep van natuurlike materiale (bv. hout en steen). Dit was om
          die natuurlike skoonheid van die materiaal beter te laat vertoon. 
         Om die sosiale orde, stabiliteit en goeie Christelike waardes terug te bring. 
        Gee krediet aan enige ander geldige antwoord.                                           (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)                        ONTWERP V1                                     17

        Invloede: (Ken 2 punte toe)
         Die Middeleeuse Gotiese styl,  was ŉ tydperk wat verband hou met orde,
           stabiliteit en goeie Christelike waardes. Dit was in die ontwerpe
           verteenwoordig deur die gebruik van die punt boog, sowel as die ‘quatrefoil’-
           en ‘trefoil’ motiewe. Die ontwerper sluit ook mitologiese temas soos drake
           in. 
         Die rustieke Engelse kothuis styl  – eenvoudige argitektuur styl met
           handgemaakte meubels – hulle het gebruik gemaak van plaaslike materiale
           wat in hul natuurlike toestand (steen en hout) gebly het, bv. stoele van
           gesnyde hout en geweefde sitplekke. Vloerplanke is natuurlik gelaat asook
           dakplanke om die natuurlike skoonheid van die materiale te wys.  Dit staan
           bekend as ‘waarheid van die materiale’. 
         Die tydperk is beïnvloed deur die alledaagse lewe van die natuur bv. diere en
           blom motiewe. 
        Gee krediet aan enige ander geldige antwoord.                                          (2)

        Karaktereienskappe: (Ken 5 punte toe)
         Die Kuns- en Kunsvlytbeweging herleef ŉ belangstelling in handwerk soos
           borduurwerk, snywerk, blokdruk en loodglaswerk. 
         Onderwerpe soos diere, plante, voëls en Middeleeuse motiewe (bv. die ‘
           ‘trefoil’ en ‘quatrefoil’). 
         Produkte: Tekstiele, meubels, keramiekwerk, handgemaakte leerboeke,
           metaalwerk en argitektuur. 
         Materiale: Natuurlike materiale soos hout en klip.  Hulle het meer gebruik
           gemaak van plaaslike materiale.  Hulle het yster as ŉ standaard komponent
           in geboue gebruik, sowel as glas en staal. 
         Versiering: Is gebruik om die basiese ontwerp te verbeter en nie net ter wille
           van die versiering alleen nie.  Versierings is tot die minimum beperk.  Hulle
           het die natuurlike waarde van die materiale in huishoudelike ontwerpe behou.
           (bv. houtmeubels was nie vernis nie.)  Hulle het verskillende bou elemente
           gemeng, bv. torings, gespitste boë en loodglas vensters. 
        Gebruik van Elemente en Beginsels:
         Vorms: was eenvoudig sonder enige ekstra versierings.  Tekstiele en
           keramiek ontwerpe was meer organies as gevolg van die sterk inspirasie van
           blomme en plante. 
         Kleur: Hulle het gebruik gemaak van effe kleure in skakerings van blou, geel,
           rooi asook neutrale aardse kleure. 
         Balans: Algemene simmetriese balans is gebruik as gevolg van die
           Middeleeuse gotiese invloed van stabiliteit en orde. 
         Eenheid: Eenheid word bereik deur die herhaling van organiese lyne in ŉ
           onderwerp. 
        Gee krediet aan enige ander geldige antwoord.                                          (5)

        Ontwerper en ŉ ontwerp: (Ken 1 punt toe)
         Tekstiel (tapesërie): ‘The Strawberry Thieves’ deur William Morris 
         Meubels: ‘Morris’ Armstoel deur William Morris 
         Argitektuur: ‘The Red House’ deur Phillip Webb                                       (1)
                                                                                               (20)
                                             EN/OF

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
18                                    ONTWERP V1                        (EC/SEPTEMBER 2017)

        SKANDINAWIESE
        Die tydperk/styl in konteks: (Ken 1 punt toe)
         Skandinawiese ontwerp het ontwikkel gedurende die 1950’s in Denemarke,
           Noorweë, Swede en Finland. 
         Na die Tweede Wêreldoorlog was die koste van materiaal baie laag. Die
           metodes vir massaproduksie het die konsep geskep om pragtige en
           funksionele alledaagse voorwerpe te skep wat deur almal moontlik gemaak
           kon word. 
        Gee krediet aan enige ander geldige antwoord.                                         (1)

        Doelwitte: (Ken 1 punt toe)
         Om pragtige, visuele en funksionele alledaagse produkte te skep wat deur
          almal bekostig kan word. 
         Om eenvoudige, elegante ontwerpe te skep sonder om die kwaliteit te
          verminder of die skoonheid te verloor.  Sulke produkte versag die woonplek
          sonder om dit te oorheers. 
        Gee krediet aan enige ander geldige antwoord.                                         (1)

        Invloede: (Ken 2 punte toe)
         Die Modernistiese- en Bauhausbewegings met hul artistieke innovasie sowel
           as tegnologiese en sosiale vooruitgaan. 
         Die evolusie van moderne meubelontwerpe as kuns-, tegnologie- en
           argitektoniese teorieë is gekombineer en bevorder. 
         Sosiale demokrasie wat ontwikkel het gedurende die 1950’s het hierdie
           beweging begin. 
         Masjinerie, nuwe tegnologie en nuwe materiale wat beskikbaar was na die
           2de Wêreld Oorlog het hulle ook beïnvloed. 
         Die surrealistiese beweging het hulle soms geïnspireer. 
         Lang winters met net ŉ paar ure van sonskyn het Skandinawiese ontwerpers
           geïnspireer om helder, ligte en praktiese eenvoudige ontwerpe te skep. 
        Gee krediet aan enige ander geldige antwoord.                                         (2)

        Karaktereienskappe: (Ken 5 punte toe)
         Kleur: Ligte kleur hout; ontwerpe is gedruk in helder en opbeurende kleure. 
         Patrone: Eenvoudig en artistieke gedrukte ontwerpe; gestileerde blom
           motiewe is baie gebruik. Sowel as kolle en strepe. 
         Vorm/Spasie: sagte rond hoeke ; eenvoudige organiese vorms; 
           biomorfiese vorms word gekombineer met ingewikkelde geometriese
           vorms.  Meubels was eenvoudig in vorm met gladde teksture.  Hulle het
           baie aandag gegee aan vakmanskap en gemaklikheid. 
         Lyn: Meubels het reguit lyne sowel as organiese lyne gehad.  In klere modes
           vir vrouens is die eenvoudige A-lyn romp en rokke gesien 
         Nuwe materiale: veselglas, rubber, plastiek, ‘vinyl’ en ‘plywood’. 
           Vormgedrukte hou, geanodiseerde of geëmaljeerde aluminium of geperste
           staal. 
         Hulle het moderne materiale soos plastiek gebruik om eenvoudige
           stapelstoele te skep. 
         Aandag aan detail en afwerking word beklemtoon. 
        Gee krediet aan enige ander geldige antwoord.                                         (5)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [GR12 DSGN P1 Sept2017 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/gr12-dsgn-p1-sept2017-memo-eng/3fc35a33-0f5c-4733-9003-2d29f1c514a5) — Design · Memo · 2017 · Eng
- [GR12 DSGN P1 Sept2017 QP Eng](https://www.hlayiso.com/library/gr12-dsgn-p1-sept2017-qp-eng/678aa902-4c78-4a74-8d7b-119346299a3f) — Design · QP · 2017 · Eng
- [GR12 DSGN P1 Sept2017 QP Afr](https://www.hlayiso.com/library/gr12-dsgn-p1-sept2017-qp-afr/53428d6a-2b62-417c-8590-194192625d59) — Design · QP · 2017 · Afr
- [Design P1 Nov 2017 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-nov-2017-memo-eng/f5d8441f-5f2c-49d8-ab92-8da621e89e48) — Design · Memo · 2017 · Eng
- [Design P1 Nov 2017 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-nov-2017-memo-afr/05878128-7eb2-4f90-8a89-c8a7327dbca5) — Design · Memo · 2017 · Afr
- [Design P1 Feb March 2017 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-feb-march-2017-memo-afr/eed60c80-2c53-49e5-b630-510f9c8460a0) — Design · Memo · 2017 · Afr

## More from Grade 12 Design

- [Gr 12 Des ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-des-atp-2023-24/0fd522c6-2d5a-4c5b-9e0b-06e7b199eb25) — ATP
- [Design P1 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-may-june-2025-afr/e35d300a-db4f-4a06-ba8a-6f659dbd37ad) — QP · 2025 · Afr
- [Design P1 Nov 2025 Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-design-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1/3f14a710-b913-44a8-ade1-31e4d395f557) — QP · 2025 · Eng
- [Design P1 Nov 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-design-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1/47ba80e3-12dd-4fd4-8302-34e3b97a6b9a) — QP · 2025 · Afr
- [Design P1 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-nov-2024-eng/3f0bd4c5-8226-45ef-87fa-5c9996cba696) — QP · 2024 · Eng
- [Design P1 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-nov-2024-afr/6958913b-f502-40d3-8387-1f0a78a3ed25) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
