# Economics Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2016 Memo (Afr)

> Grade 12 Economics Paper 2 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2016 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr12-econ-p2-s16-memo-afr/954d85ca-4aa9-4c93-80cd-f3bad5647808
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2016
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2016 Memo (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr12-econ-p2-s16-memo-afr/954d85ca-4aa9-4c93-80cd-f3bad5647808)

## About this document

Economics · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2016. Memorandum, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                        NASIONALE
                    SENIOR SERTIFIKAAT

                            GRAAD 12

                    SEPTEMBER 2016

                      EKONOMIE V2
                      MEMORANDUM

PUNTE:   150

               Hierdie memorandum bestaan uit 14 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                   EKONOMIE V2                               (EC/SEPTEMBER 2016)

    AFDELING A (VERPLIGTEND)

    VRAAG 1

    1.1   MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

          1.1.1       B   hoeveelheid aangevra gelyk is aan die hoeveelheid
                          aangebied. 

          1.1.2       B   advertensies. 

          1.1.3       A   openbare 

          1.1.4       C   dienslewerings-

          1.1.5       C   kern-inflasie. 

          1.1.6       A   ekonomiese wins 

          1.1.7       B   ŉ negatiewe 

          1.1.8       A   waterbesoedeling.                                      (8 x 2)   (16)

    1.2   MATCHING ITEMS

          1.2.1       G   kostes of voordele wat ŉ party beïnvloed wat nie betrokke is by
                          ŉ ekonomiese aktiwiteit nie 

          1.2.2       F   gebeur waar marginale koste die marginale inkome sny 

          1.2.3       I   aanvaar of verbied groot samesmeltings 

          1.2.4       H   toegang word deur lisensiëring beperk 

          1.2.5       A   meet die veranderinge in pryse van alle finale goedere en
                          dienste wat in ŉ spesifieke jaar geproduseer word 

          1.2.6       C   buitelanders wat Suid-Afrika besoek 

          1.2.7       B   stel afval aan die omgewing bekend 

          1.2.8       D   aktiwiteite van toeriste wat kunsgalerye, museums en ook
                          feeste besoek                                         (8 x 1)      (8)

    1.3   GIVE ONE TERM

          1.3.1       Hernubare hulpbron 

          1.3.2       Binnelandse toerisme 

          1.3.3       Deflasie 

          1.3.4       Pareto doeltreffendheid 

          1.3.5       Prysmaker/Monopolie 

          1.3.6       Homogene                                                    (6 x 1)    (6)

                                                                  TOTAAL AFDELING A:          30

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016)                            EKONOMIE V2                                      3

  AFDELING B

  VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE

  2.1    2.1.1     Kontanttoelae 
                   Rentevrye lenings 
                   Afskryf van Waardevermindering 
                   Huurrabatte
                   Kan direk of indirek wees
                  (Aanvaar enige ander korrekte, toepaslike antwoord)                (1 x 2)    (2)

         2.1.2    Maak nie saak hoeveel die verskaffer verskaf aan die mark nie, dit
                  kan nie die markprys verander nie, hy is ŉ prys nemer, die
                  vraagkurwe is volmaak elasties. 
                  (Aanvaar enige ander korrekte, toepaslike antwoord)            (1 x 2)        (2)

  2.2    Data Respons

         2.2.1        P1                                                                       (1)

         2.2.2        H1                                                                       (1)

         2.2.3           Die regering maak gebruik van tradisionele metodes om rykdom
                          te verdeel  bv. heffing van belastings en verskaffing van
                          gratis dienste 
                         Implementeer regstelling metodes om herverdeling af te
                          dwing  bv. SEB en regstellende aksie 
                      (Aanvaar enige ander korrekte, toepaslike antwoord)         (Maks. 4)     (4)

         2.2.4          Maksimum pryse laat die armes toe om makliker toegang te
                         verkry tot sekere goedere en dienste. 
                       Verkopers sal nie bereid wees om te verkoop teen die maksimum
                         prys nie, gevolglik sal minder van die betrokke goedere aangebied
                         word 
                       ŉ Swart mark kan ontstaan waar verkopers hulle goedere of
                         dienste aanbied teen ŉ prys wat hoër as die maksimum prys
                         is. 
                      (Aanvaar enige ander korrekte, toepaslike antwoord)      (Enige 2 x 2)    (4)

  2.3    Data Respons

         2.3.1        Koste:
                      hoë kapitaal koste,  brandstofpryse,  brandstof
                      verbruikpatrone                                            (Enige 1)
                      Voordele:
                      energie doeltreffendheid,  lae koste behuising, 
                      sonkrag waterverwarmers                                    (Enige 1)     (2)

         2.3.2        KVA – word aangewend om ŉ investering projek te evalueer deur
                      totale sosiale koste op te weeg teen totale sosiale voordele. 
                      (Aanvaar enige ander korrekte, toepaslike antwoord)                       (2)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                  EKONOMIE V2                               (EC/SEPTEMBER 2016)

          2.3.3    Om te besluit om ŉ projek aan te pak, al dan nie 
                   Om te bepaal of ŉ projek ŉ haalbare investering is, al dan nie 
                   Bepaal of die projek die land as ŉ geheel sal bevoordeel 
                  (Aanvaar enige korrekte, toepaslike antwoord)            (Enige 1 x 2)     (2)

          2.3.4     Markte misluk a.g.v. ontoepaslike toekenning van hulpbronne 
                    KVA poog om projek evaluerings te korrigeer vir moontlike
                     markmislukking 
                   ŉ Behoefte vir KVA ontstaan in gevalle van markmislukkings waar
                     die regering daarna streef om benodigde dienste te verskaf 
                  (Aanvaar enige korrekte, toepaslike antwoord)           (Enige 2 x 2)      (4)

    2.4    Kartel 
           ŉ Kartel is ŉ groep produsente wie se doel dit is om ŉ kollektiewe
             monopolie te vorm ten einde pryse vas te stel en aanbod en mededinging
             te beperk. 
           Oor die algemeen is kartelle ekonomies onstabiel omdat daar ŉ groter
             aansporing vir lede is om nie by die ooreenkoms te hou nie, om skelm
             pryse onwettig te sny en om meer te verkoop as die daargestelde
             kwotas. 
           Party bekende kartelle is olie produserende lande (OPEC) en De Beers
             diamante in Suid-Afrika. 
           Kartelle word oor die algemeen deur wetgewing verbied in die meeste
             lande. Tog bly hulle nasionaal en internasionaal voortbestaan. 
          (Aanvaar enige ander relevante verduideliking)                       (Maks. 4)

          Prysleierskap 
           ŉ Dominante onderneming sal die prys van sy produk verhoog in die hoop
             dat sy mededingers dit sal sien as ŉ sein om dieselfde te doen. 
           Dit is ŉ voorbeeld van stilswyende samespanning. 
           Voorbeelde van prysleierskap is in die staal- en voedselindustrieë. 
          (Aanvaar enige ander relevante verduideliking)                      (Maks 4)       (8)

    2.5    As gevolg van die feit dat monopolieë besluit op produksievlakke en hul
             eie prysvlakke bepaal, beïnvloed verbruikers (vraag) nie die prys of
             aanbod nie. 
           Die monopolie word tog beïnvloed deur die beperkte begroting van
             verbruikers omdat hulle besluit hoeveel hulle wil spandeer op ŉ betrokke
             produk. 
           Alhoewel die monopolie die enigste verskaffer van die produk is, mag
             verbruikers besluit om nie die produk te koop nie. 
           Ten spyte van onbeskikbaarheid van geen naby-substitute nie, mag
             verbruikers steeds substitute wat monopoliste verskaf, vervang  bv.
             paraffien vir elektrisiteit 
          (Aanvaar enige ander relevante respons)                              (Maks 8)       (8)
                                                                                             [40]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016)                                   EKONOMIE V2                                5

  VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES

  3.1    3.1.1           Toename in advertensies en promosies 
                         Maklike verkryging van buitelandse valuta vir betalings 
                         Groter bewustheid van gerief en ontspanning 
                         Binnelandse toerisme 
                         Toename in besteebare inkome 
                         Verminderde werksure 
                         Verbeterde vervoer-, kommunikasie- en akkommodasie-
                          fasiliteite 
                         Uitwerking van die internet 
                      (Aanvaar enige ander relevante respons)                       (2 x 1)       (2)

         3.1.2        Wanneer die pryse van belangrike sleutel insetgoedere styg (olie,
                      energie, kapitaalgoedere en intermediêre goedere), word die
                      plaaslike produksiekoste opwaarts gedruk. 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons)                            (2)

  3.2    Data Respons

         3.2.1        2010                                                                      (1)

         3.2.2        Afname/Daling                                                             (1)

         3.2.3        VPI is ŉ indeks wat die prys van ŉ vaste mandjie goedere en dienste
                      van ŉ verbruiker, meet                                                   (2)

         3.2.4           Pryse styg teen ŉ baie hoë koers, meer as 50% 
                         Die geldeenheid van die land verloor krag omdat mense nie
                          basiese goedere en dienste kan bekostig nie 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons)      (Enige 1 x 2)        (2)

         3.2.5        VPI I2012 = Prys van mandjie in huidige jaar (2014)
                                  Prys van mandjie in basisjaar (2010) x 100 
                                   248,10
                               =            x 100 
                                    200
                               = 124,1                                                         (4)

  3.3    Data Respons

         3.3.1           Sho’t left-veldtog 
                         Its Here Vaya Mzantsi                                      (2 x 1)    (2)

         3.3.2        Die aktiwiteite waar mense reis vir verskeie doele, bv. konferensies,
                      vergaderings, ontspanning, gesondheid, ens. 
                      (Aanvaar enige ander korrekte, toepaslike antwoord)                        (2)

         3.3.3           Adverteer bestemmings met toeriste aantreklikhede 
                         Bied ŉ volledige toerisme pakket aan,  bv. veilige en
                          betroubare vervoer/gerieflike akkommodasie 
                      (Aanvaar enige ander korrekte, toepaslike antwoord)         (Maks. 2)      (2)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                    EKONOMIE V2                              (EC/SEPTEMBER 2016)

          3.3.4        Toerisme in stedelike en plattelandse gebiede stimuleer die
                        besigheidsomgewing in areas soos voedsel, ontspanning en
                        ander dienste 
                      Bied entrepreneurs geleenthede in die informele sektor 
                      Konstruksie nywerheid, vervaardigingsektor en vervoersektor
                        trek voordeel uit verhoogde vraag na toerisme 
                      Besighede trek voordeel wanneer die regering die infrastruktuur
                        ontwikkel, byvoorbeeld, opgradering van paaie, brûe en
                        lughawens 
                     (Aanvaar enige ander korrekte, toepaslike antwoord)       (Maks. 4)     (4)

    3.4     Toename in huishoudelike verbruik a.g.v. maklike beskikbaarheid van
             krediet 
             Afname in besparings lei daartoe dat verbruikers meer geld het om te
             spandeer 
           Besteding deur investeerders mag lei tot hoër wins verwagtinge deur
             besighede 
             Hulle sal meer investeer, wat mag lei tot ŉ toename in die vraag na
             goedere en dienste 
           ŉ Toename in regeringsbesteding lei tot ŉ toename in pryse 
             Meer geld kom in sirkulasie a.g.v. ŉ toename in besteding op
             infrastruktuur, verbruiksbesteding en sosiale besteding 
           Uitvoerverdienste sal groei a.g.v. verhoogde vraag na plaaslik
             geproduseerde goedere in buitelandse lande, sonder ŉ styging in
             produksie  dit mag tot hoër pryse lei 
           Verlaging in individuele belastingrabatte, wat verbruikers met meer
             besteebare inkome laat  dit mag lei tot luukse bestedingspatrone
             deur verbruikers                                           (Enige x 4)       (8)
          (Kandidate kan ŉ maksimum van 2 punte verdien vir noem van feite)

    3.5     Toeriste besoek lande vir verskillende redes, maar hoofsaaklik, is hulle op
             soek na outentisiteit. 
           Kulturele dorpies kan verbeter word om toerisme te fasiliteer 
           Advertensieveldtogte, plaaslik en internasionaal, kan daarop fokus om
             erfenisgebiede te bevorder – dit sal toeriste meer bewus maak van
             hierdie gebiede 
           Toeriste kan aangemoedig word om verskillende kulture te ervaar deur by
             ŉ huishouding in die ‘township’ te bly en by ŉ sjebien te eet 
           Kuns- en kultuurfeeste, bv. Die Nasionale Kunstefees en Macufe African
             Cultural Festival, behoort wyd geadverteer te word om toeriste aan te
             moedig om dit by te woon 
          (Aanvaar enige ander korrekte, toepaslike antwoord)               (Enige 4 x 2)     (8)
                                                                                             [40]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016)                            EKONOMIE V2                                        7

  VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
  4.1     4.1.1        Produkte is gedifferensieerd 
                       Dit is ŉ hibriede struktuur 
                       Min beheer oor pryse 
                       Uittrede en toetrede is relatief maklik 
                       Kopers en verkopers beskik oor onvolledige inligting 
                       Afwesigheid van ŉ onderneming se interafhanklikheid 
                       Nie-prysmededinging 
                      (Aanvaar enige ander korrekte, toepaslike antwoord)    (Enige 2 x 1)         (2)
          4.1.2         Om te verseker dat ons omgewing ongedeerd bly, bv. ons strande
                         en al die organisme wat daarbinne lewe. 
                       Om respek te kweek vir verskillende kulture en menseregte 
                       Bevordering van herwinning, energie doeltreffendheid, bewaring
                         van water. 
                      (Aanvaar enige ander korrekte, toepaslike antwoord)                          (2)

  4.2     Data Respons
          4.2.1       Die land is basies  en ongeskonde                              (2 x 1)    (2)
          4.2.2        Toeriste besoedel die omgewing 
                       Toeriste buit die natuur uit 
                      (Aanvaar enige toepaslike antwoord)                        (Enige 1 x 2)     (2)
          4.2.3         Toeriste mag voordeel trek deur hulle eie land se sterk
                         geldeenheid te gebruik vir ŉ luukse vakansie 
                       Toeriste sal produkte vir goedkoop kan koop 
                      (Aanvaar enige ander korrekte, toepaslike antwoord)     (Enige 1 x 2)        (2)
          4.2.4          Suid-Afrika verdien meer buitelandse verdienste a.g.v. goedkoop
                          produkte 
                       Die land is ŉ goedkoop vakansie bestemming waar toeriste meer
                          bestee en langer vakansie hou a.g.v. die lae waarde van die
                          rand 
                       Die vraag na plaaslik geproduseerde produkte sal toeneem wat
                          werk skep in verskeie sektore 
                       Suid-Afrikaanse besighede geniet groter blootstelling aan die
                          vraag van buitelanders en poog om in hulle behoeftes te
                          voorsien 
                      (Aanvaar enige ander korrekte, toepaslike antwoord)     (Enige 2 x 2)       (4)
  4.3     4.3.1       ŉ Oligopolie                                                               (1)
          4.3.2       Prys – 10                                                                  (1)
          4.3.3          ŉ Oligopolie het min om te wen deur pryse te verlaag en baie om
                          te verloor deur pryse te verhoog 
                       Die vraagkurwe het twee segmente, een vir hoër pryse wat
                          elasties is en een vir laer pryse wat onelasties is.
                       Die vraagkurwe is geknak 
                      (Aanvaar enige toepaslike antwoord)                        (Enige 2 x 2)    (4)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                    EKONOMIE V2                               (EC/SEPTEMBER 2016)

          4.3.4         Besighede pas produkdifferensiasie toe (fisiese voorkoms van die
                         produk) wanneer elke besigheid ŉ produk produseer wat ietwat
                         verskillend is van die produk wat andere produseer 
                      ŉ Spesifieke beeld, wat aanklank vind by verbruikers, word aan ŉ
                         produk toegeken 
                      Besighede gebruik advertensies en bemarking om handelsmerk
                         lojaliteit op te bou 
                      Lojaliteit beloning en deur tot deur aflewering is voorbeelde van
                         nie-prysmededinging 
                      Produkte is gedifferensieerd in terme van verpakking 
                     (Aanvaar enige ander korrekte, toepaslike antwoord)     (Enige 2 x 2)     (4)

    4.4      Salaris- en loontrekkers  – beïnvloed mense wie se inkome relatief
              vas is, inkome wat nie verander soos wat die pryse in die mark toeneem
              nie  bv. pensionarisse en die armes. 
           Investeerders en bespaarders  – investeerders neig om voordeel te
              trek wanneer hulle investeer in bates met ŉ buigsame markwaarde, 
              maar hulle sal negatief beïnvloed word as hulle investeer in bates met
              vaste nominale waardes.  Aan die ander kant verloor bespaarders
              wat geld belê in vaste deposito’s,  a.g.v. die afname in die reële waarde
              van geld. 
           Krediteure en debiteure  – debiteure word bevoordeel deur
              prysstygings omdat hulle skulde terugbetaal met geld met ŉ lae
              koopkrag  en krediteure word benadeel, want wanneer hulle die geld
              moet terugbetaal, het dit koopkrag verloor. 
           Industriële vrede  – loon bedinging gaan soms saam met stakings en
              massa-aksie  wat soms in geweld kan oorloop wat die gemeenskap
              in geheel kan skaad. 
           Belastingbetalers  – belastingbetalers is geneig om in ŉ hoër belasting
              kerf gedruk te word, want belasting word betaal op nominale lone  die
              lewenstandaard word egter bepaal deur reële lone (hulle verdien meer,
              betaal meer belasting en koop minder 
          (Aanvaar enige ander korrekte, toepaslike antwoord)                (Enige 2 x 4)     (8)

    4.5      Die regering kan negatiewe eksternaliteite verminder 
             Die regerings het veldtogte geloods ten einde mense te verander/oorreed
              om nie negatiewe eksternaliteite te veroorsaak nie. 
           Heffing van belasting op goedere wat negatiewe eksternaliteite
              veroorsaak  bv. belasting word gehef op sigarette en alkohol. 
           Afdwing van wette en regulasies om aktiwiteite te voorkom wat
              negatiewe eksternaliteite veroorsaak  bv. tabak maatskappye word
              nie toegelaat om te adverteer nie. 
           Die regering het wette ingestel wat die hoeveelheid lugbesoedeling en
              afval reguleer. 
          (Aanvaar enige ander korrekte, toepaslike antwoord)               (Maks. 4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016)                       EKONOMIE V2                                      9

             Die regering moedig positiewe eksternaliteite aan deur: 
             Advertensies oor die radio of televisie moedig Suid-Afrikaners aan om
              skaars hulpbronne wat deur die regering verskaf word, op ŉ spesifieke
              manier aan te wend 
           Verskaffing van onderwys, gesondheidsorg en ander dienste teen ŉ lae
              koste of gratis aan voorheen benadeelde gemeenskappe 
           Verskaf verbruikers subsidies aan arm gemeenskappe 
          (Aanvaar enige ander korrekte, toepaslike antwoord)                 (Maks. 4)     (8)
                                                                                           (40)

  AFDELING C

  STRUKTUUR VAN OPSTEL                                        PUNTETOEKENNING
  Inleiding
   ŉ Goeie begin sal wees om die begrip of sleutelwoord
      wat in die vraag gebruik word, te definieer.
   Sluit ander sinne in om die onderwerp te ondersteun.
   Moenie enige gedeelte van die vraag in jou inleiding
      insluit nie.
   Moenie enige gedeelte van die inleiding in jou inhoud
      herhaal nie.
   Vermy om in die inleiding te sê wat jy in die inhoud gaan
      bespreek                                                     Maks. 2
  Inhoud
  Hoofgedeelte: Bespreek in detail/In-diepte
  bespreking/Ondersoek/Bespreek krities/Ontleed/Vergelyk/
  Evalueer/Onderskei/Differensieer/Verduidelik/Assesseer/
  Debatteer                                                       Maks. 26
   Addisionele gedeelte: Gee eie mening/Bespreek
  krities/Evalueer/Evalueer krities/Teken ŉ grafiek en
  verduidelik/Gebruik die gegewe grafiek en verduidelik/
  Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/Lei af/Vergelyk/
  Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/Debatteer kortliks           Maks. 10
  Slot
  Enige toepaslike hoër orde slot wat die volgende behoort in
  te sluit:
   ŉ Kort opsomming van wat bespreek is/ontleed sonder
      om reeds genoemde feite, in die inhoud, te herhaal
   ŉ Mening of gewaardeerde oordeel oor die bespreekte
      feite
   Addisionele ondersteunende inligting om bespreking te
      versterk/ontleding
   ŉ Teenstrydige sienswyse met motivering, indien vereis
   Aanbevelings                                                   Maks. 2
  TOTAAL                                                          Maks. 40

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                   EKONOMIE V2                              (EC/SEPTEMBER 2016)

     VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE

     Bespreek die drie korttermyn ewewigsposisies, by volmaakte markte, met
     behulp van grafieke met volledige byskrifte.

     Waarom is ewewigsposisies oor die korttermyn nie volhoubaar oor die
     langtermyn nie?

     INLEIDING

     Die individuele onderneming kan ŉ ekonomiese wins, ekonomiese verlies of
     normale wins oor die korttermyn maak. Dit word verwys na as korttermyn ewewig
     posisies. 
     (Aanvaar enige ander korrekte, toepaslike antwoord)                                     (2)

     INHOUD

     Ekonomiese wins 
     ŉ Besigheid maak ŉ ekonomiese wins wanneer gemiddelde inkome meer as
     gemiddelde koste. 

                                                                Puntetoekenning
                                                                 Korrekte byskrifte van
                                                                  asse            1 punt
                                                                 Korrekte Koste
                                                                  kurwes          1 punt
                                                                 Akkurate Inkomste
                                                                  kurwes          1 punt
                                                                 Wins
                                                                  maksimeringspunt
                                                                                2 punte
                                                                 Ekonomiese wins
                                                                  area          2 punte
                                                                              Maks. = 4

     Gegewe ŉ markprys van P3, sal wins gemaksimeer word waar MI = MK = P3.
      Dit gebeur by hoeveelheid van Q3.
      By Q3 is die besigheid se gemiddelde inkome (GI) per eenheid, gelyk aan P 3. 
      Die gemiddelde koste per eenheid is C1 wat laer is as prys P3.
      Die onderneming maak ŉ ekonomiese wins per eenheid geproduseer, van P 3 –
        C1. 
     ŉ Ander verduideliking
      Totale inkome is gelyk aan P3 × Q3, daarom word totale inkome voorgestel deur
       die area 0P3E3Q3. 
      Totale koste is gelyk aan C1 × Q3, dit verteenwoordig die area 0C1MQ3. 
      Die verskil tussen hierdie twee areas is die ekonomiese wins wat voorgestel
       word deur die grys gedeelte, C1P3E3M.               (Maks. 4 vir verduideliking)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016)                        EKONOMIE V2                                        11

 Ekonomiese verlies 
 ŉ Besigheid maak ŉ ekonomiese verlies wanneer gemiddelde inkome laer is as
 gemiddelde koste. 

                                                             Puntetoekenning
                                                              Korrekte byskrifte van
                                                               asse            1 punt
                                                              Korrekte Koste kurwes
                                                                               1 punt
                                                              Akkurate Inkomste
                                                               kurwes          1 punt
                                                              Wins maksimeringspunt
                                                                             2 punte
                                                              Ekonomiese wins area
                                                                             2 punte
                                                                             Maks. = 4

   Gegewe ŉ markprys van P3, word wins gemaksimeer waar MI = MK by punt
    E3. 
  Dit gebeur by hoeveelheid Q3. 
  By Q3 is die onderneming se gemiddelde inkome (GI) per geproduseerde
    eenheid, P3. 
  Die gemiddelde koste per eenheid is C3 waar dit hoër is as die prys van P3. 
  Die onderneming maak ŉ ekonomiese verlies per geproduseerde eenheid wat
    gelyk is aan die verskil tussen C3 en P3. 
 ŉ Ander verduideliking.
  Totale inkome is gelyk aan P3 × Q3, daarom verteenwoordig totale inkome die
    area 0P3E3Q3. 
  Totale koste is gelyk aan C3 × Q3, dit word verteenwoordig deur die area
    0C3MQ3. 
  Die verskil tussen hierdie twee areas is die ekonomiese verlies wat voorgestel
    word deur die grys area C3P3E3M. 
  Of die onderneming moet voortgaan om te produseer, sal afhang van die vlak
    van die GI (dit is P3) relatief tot die onderneming se gemiddelde veranderlike
    koste.                                                 (Maks. 4 vir verduideliking)

 Normale Wins 
 ŉ Onderneming maak ŉ normale wins waar totale inkome (TI) gelyk is aan totale
 koste of wanneer gemiddelde inkome (GI) gelyk is aan gemiddelde koste (GK). 
 Normale wins is die maksimum opbrengs wat die eienaar van die onderneming
 verwag om te ontvang om voort te bestaan in die industrie. 

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                EKONOMIE V2                               (EC/SEPTEMBER 2016)

                                                          Puntetoekenning
                                                           Korrekte byskrifte van
                                                            asse            1 punt
                                                           Korrekte Koste kurwes
                                                                            1 punt
                                                           Akkurate Inkomste
                                                            kurwes          1 punt
                                                           Wins maksimeringspunt
                                                                          2 punte
                                                           Ekonomiese wins area
                                                                          2 punte
                                                                          Maks. = 4

   Gegewe ŉ markprys van P2, word wins gemaksimeer waar MI = MK = P2. 
   Dit gebeur by ŉ hoeveelheid van Q2. 
   By Q2 is die onderneming se gemiddelde inkome (GI) per geproduseerde
    eenheid P2, wat ook gelyk is aan die gemiddelde koster per eenheid C2 (AK). 
  Omdat GI = GK, maak die onderneming ŉ normale wins, want al die kostes is
    ten volle gedek. 
  Punt E2 word gewoonlik die gelykbreekpunt genoem. 
 ŉ Ander verduideliking
  Totale inkome is gelyk aan P2 x Q2, daarom word totale inkome voorgestel deur
    die area 0P2E2Q2. 
  Totale koste is gelyk aan C2 × Q2, dit word verteenwoordig deur die area
    0P2E2Q2. 
  Omdat totale inkome gelyk is aan totale koste, maak die produsent ŉ normale
    wins.                                              (Maks. 4 vir verduideliking)   (26)
 ADDISIONELE GEDEELTE
  Wins is ŉ sein vir toetrede van nuwe besighede en uitbreiding van bestaande
    besighede 
  Nuwe tegnologie ontwikkel daagliks en lei tot toenemende aanbod in die
    mark 
  Die hoeveelheid wat besighede aan die mark bied, neem toe (dit dui op
    massaproduksie) 
  Die toename in aanbod, lei tot ŉ afname in prys a.g.v. laer eenheidskoste 
  Alle besighede in die industrie wil ŉ normale wins maak en produseer teen die
    minimum punt van die langtermyn gemiddelde koste kurwe 
  Die ekonomiese verlies lei tot sommige besighede wat die mark verlaat en die
    aanbod sal daal. 
  Die daling in aanbod sal lei tot ŉ toename in prys totdat dit dieselfde vlak bereik
    as die langtermyn gemiddelde koste.
  As ondernemings hulle verliese kan omswaai in winste, sal hulle normale wins
    oor die langtermyn realiseer                                          (Maks. 10)   (10)
 SLOT
 In die praktyk is daar slegs ŉ paar volmaakte markte in sekere sektore, wat aan die
 voorwaardes voldoen, byvoorbeeld in mynwese en landbou. Hierdie sektore
 illustreer die manier hoe die markmeganisme werk.
 (Aanvaar enige toepaslike slot.)                                                         (2)
                                                                                          [40]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016)                      EKONOMIE V2                                      13

 VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES

  Bespreek openbare sektor beheer as maatreëls om
   omgewingsvolhoubaarheid te verseker.
  Hoe doeltreffend is die Suid-Afrikaanse regering se ingrypings met
   betrekking tot omgewingsvolhoubaarheid?

 INLEIDING

 Die omgewing bring lewe vir elke lewende organisme, dit is belangrik dat ons
 daarna omsien en seker maak dat ons dit veilig bewaar vir toekomstige geslagte.
 (Aanvaar enige toepaslike inleiding)                                                     (2)

 INHOUD

 Toestaan van eiendomsreg 
  Dit beteken dat die regering mense die reg gee om sekere gebiede te besit, bv.
     dele van strome, bosse, ens. Dit het positiewe uitwerkings op bewaring, want
     dit verseker dat mense omsien na die eiendom wat hulle besit. 
 Betalings/Heffings vir die gebruik van die omgewing 
  Verbruikers en produsente moet betaal vir die gebruik en misbruik van die
     omgewing. 
  Daar word ŉ maandelikse fooi deur die regering gehef vir die afval wat
     geproduseer word, bv. munisipale heffings. 
  Die regering belas ook industrieë en voertuig eienaars met heffings op
     uitlaatgasse. 
 Omgewingsbelasting 
  Dit staan ook bekend as groenbelasting of eko-belasting. 
  Die regering hef hierdie belasting op verbruik van ŉ goed wat ŉ negatiewe
     uitwerking op die omgewing het en wat nie goed is vir die omgewing nie, bv.
     heffing op plastieksakke. 
 Omgewingsubsidies 
  Die regering subsidieer aktiwiteite wat omgewingskade verminder. 
  Hierdie aktiwiteite sluit in die verbetering van tegnieke en toerusting soos son-
     energie en windkrag om lugbesoedeling te verminder 
  Produsering van omgewings vriendelike substitute, soos loodvrye petrol en
     ondersteuning en aanmoediging van afval herwinning 

 Bevel en Beheer (BEB)
  Die regering dwing beleid af deur maksimum uitflaatvlakke van gasse daar te
    stel. 
  Meeste ontwikkelde lande het regulasies wat lug- en waterbesoedeling
    beheer.
 Daar is 3 benaderings tot BEB-stelsels:
  Hoeveelheidstandaarde: Dit fokus op die hoeveelheid besoedeling wat
    veroorsaak word. 
  Kwaliteitstandaarde: Dit fokus op die impak wat uitgestraalde besoedeling op
    die omgewing het. 
  Sosiale impakstandaarde: Dit fokus op die uitwerking wat uitstraling van
    besoedeling op mense het. 
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                                 EKONOMIE V2                               (EC/SEPTEMBER 2016)

 Onderwys 
  Dis nodig dat mense meer bewus gemaak moet word van omgewingskwessies
    en die gevolge van hulle aksies – onderwys speel ŉ belangrike rol in
    verbetering van mense se vermoë om die omgewing te bestuur. 
  Dit kan gedoen word deur dit na skole te neem en deur tradisionele
    landboustelsel weer te herlaai met energie. 
 Vrywillige maatreëls 
  Regering probeer om vrywillige ooreenkomste met besighede aan te gaan ten
    einde besoedeling ter verminder, eerder as om wette en regulasies in te
    stel. 
  Die ooreenkomste sluit formele kontrakte en informele verbintenisse wat
    besighede oor onderhandel, om by hulle eie omstandighede aan te pas 
 ŉ Maksimum van 8 punte vir opskrifte.                                   (Maks. 26)        (26)

 ADDISIONELE GEDEELTE

 Hoe doeltreffend is die Suid-Afrikaanse regering se ingrypings met betrekking
 tot omgewingsvolhoubaarheid?
  In ŉ poging om omgewings probleme, wat deur plastiek winkel sakke
      veroorsaak word, te beheer, het die Suid-Afrikaanse regering ŉ heffing per
      sakkie in te stel om die gebruik daarvan te ontmoedig 
  Die heffing is slegs suksesvol oor die korttermyn. Die doeltreffendheid van die
      heffing het aangehou afneem ten spyte van omvattende toepassing by
      betaalpunte – daar is baie plastieksakke wat die omgewing besoedel. 
  ŉ Bande heffing is ingestel om hergebruik aan te moedig, te hersirkuleer en om
      afval te herwin as gevolg van Suid-Afrika wat jaarliks miljoene afval
      genereer 
  Elektriese filament gloeilampe (bv. nie energie-besparende gloeilampe ) is
      onderhewig aan ŉ betaling van ŉ Omgewings heffing indien dit in die RSA
      gebruik word 
  Om die gebruik van energie besparende gloeilampe aan te moedig, subsidieer
      die regering inwoners in plattelandse gebiede deur hulle nie-besparende
      gloeilampe gratis om te ruil vir energie-besparende gloeilampies 
     ŉ Heffing op koolstofdioksied gasse wat deur motors vrygestel word, is ingestel,
      waar nuwe passasiers voertuie belas word volgens hulle gesertifiseerde
      koolstofdioksied gas uitlating. 
     Die doel van die heffing is om die samestelling van die Suid-Afrikaanse voertuig
      vloot meer energie doeltreffend en omgewingsvriendelik te maak. 
 (Aanvaar enige ander korrekte, toepaslike antwoord)                        (Enige 5 x 2) (10)

 SLOT

 Dit is voor die hand liggend dat die omgewing ŉ waardevolle hulpbron is en die
 regering als moet doen wat moontlik is om daarna om te sien en daarom behoort
 die publiek dieselfde te doen. 
 (Aanvaar enige toepaslike slot)                                                            (2)
                                                                                           [40]
                                                              TOTAAL AFDELING C:             40
                                                                  GROOTTOTAAL:             150

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

## Related documents

- [Economics P2 Nov 2016 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-nov-2016-memo-eng/508d2e06-2851-499d-9d6f-83894f520210) — Economics · Memo · 2016 · Eng
- [Economics P2 Nov 2016 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-nov-2016-memo-afr/b4dfb506-dfe9-4930-b505-6849623db422) — Economics · Memo · 2016 · Afr
- [ECONOMICS P2 MEMO GR 12 SEPT2014 ENG](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-gr-12-sept2014-eng/1843478e-2caf-42f7-8958-2e260cc3449c) — Economics · Memo · 2014 · Eng
- [ECONOMICS P2 MEMO GR12 SEPT2014 AFRIKAANS](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-gr12-sept2014-afrikaans/f49aa136-8785-408e-90f0-b03837af7a8f) — Economics · Memo · 2014 · Afr
- [EKON V1 GR12 SEPT 2016 AFR QP](https://www.hlayiso.com/library/ekon-v1-gr12-sept-2016-afr-qp/f2c2ced8-3292-4e4d-9559-2c01701ad577) — Economics · QP · 2016 · Afr
- [Econ P2 Qp Eng](https://www.hlayiso.com/library/econ-p2-qp-eng/ee87e601-aa9b-4002-832d-655baa4bfc54) — Economics · QP · 2016 · Eng

## More from Grade 12 Economics

- [ECONOMICS P2 GR12 QP JCT 2025 AFR D watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr12-qp-jct-2025-afr-d-watermark/3dba3588-624d-493b-bc60-00d7e2783cae) — QP · 2025 · Afr
- [Economics Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-free-state/4def59dd-ebf4-4191-89e7-2b6d4609d6cc) — QP · 2025
- [Economics Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-mpumalanga/5449d7a4-548e-416d-91b4-1da462710798) — QP · 2025
- [Economics Grade 12 NSC P2 QP September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p2-qp-september-2025-mpumalanga/efbb0e99-1236-496b-bc64-5b31b3784493) — QP · 2025
- [Economics P1 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2025-afr/e9c77643-7f83-42e3-b28d-cf84e96050ca) — QP · 2025 · Afr
- [Economics P2 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-afr/4c93e067-5237-46b7-ab21-5c2cea219788) — QP · 2025 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
