# Economics Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2017 Memo (Afr)

> Grade 12 Economics Paper 2 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2017 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr12-econ-p2-sept2017-memo-afr/0d647577-54c5-48f2-a829-9f3e52c2252d
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2017
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2017 Memo (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr12-econ-p2-sept2017-memo-afr/0d647577-54c5-48f2-a829-9f3e52c2252d)

## About this document

Economics · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2017. Memorandum, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      NASIONALE
                  SENIOR SERTIFIKAAT

                         GRAAD 12

                   SEPTEMBER 2017

                      EKONOMIE V2
                       NASIENGIDS

PUNTE:   150

               Hierdie nasiengids bestaan uit 16 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                    EKONOMIE V2                          (EC/SEPTEMBER 2017)

 AFDELING A(VERPLIGTEND)

 VRAAG 1

 1.1    MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
        1.1.1 D  sosiale voordele meer is as sosiale koste.
        1.1.2 B  eksplisiete
        1.1.3 D  normale
        1.1.4 A  ŉ ekonomiese verlies ly.
        1.1.5 C  inkomende
        1.1.6 B  onaangepaste VPI-
        1.1.7 C  lae groei, hoë werkloosheid en hoë inflasie
        1.1.8 C  uit te wis.                                                   (8 × 2)   (16)

 1.2    PAS-ITEMS
        1.2.1 F        vind plaas wanneer gemiddelde inkome laer is as gemiddelde
                        veranderlike koste

        1.2.2   H      oordrag van eienaarskap van bates van die privaat sektor na
                        die openbare sektor

        1.2.3   G      deur regerings vasgestel om verbruikers teen uitbuiting te
                        beskerm

        1.2.4   A      word deur gemeenskap betaal en is nie ingesluit in die
                        werklike prys van goedere en dienste nie

        1.2.5   B      gebeur wanneer die marginale koers van belasting hoër is,
                        selfs as die werklike inkome onveranderd bly

        1.2.6   C      ŉ Amerikaner wat deur Suid-Afrika na Kenia reis

        1.2.7   D      dit gaan daaroor om nie-hernieubare hulpbronne ongeskonde
                        te hou

        1.2.8   I      Vredefortkoepel                                          (8 × 1)    (8)

 1.3    GEE EEN BEGRIP
        1.3.1 Minimum lone 

        1.3.2   Biodiversiteit 

        1.3.3   Besoedeling / Lugbesoedeling / Kweekhuis gasse 

        1.3.4   Samespanning 

        1.3.5   Geadministreerde pryse 

        1.3.6   Prysnemer                                                       (6 × 1)    (6)
                                                                                           [30]

                                                              TOTAAL AFDELING A: 30

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)                        EKONOMIE V2                                       3

 AFDELING B

 Beantwoord enige TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in jou
 ANTWOORDEBOEK.

 VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE

 2.1    2.1.1    Noem enige TWEE eienskappe van oligopolistiese markte.
                   Produkte is homogeen of gedifferensieerd 
                   Hindernisse maak dit moeilik om tot die mark toe te tree 
                   Produsente het aansienlike beheer oor pryse 
                   Oligopolieë is interafhanklik 
                   Kopers en verkoper beskik oor onvolledige inligting 
                 (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord)       (Enige 2 × 1)      (2)

        2.1.2    Hoekom is dit slegs moontlik om oor die langtermyn alle
                 produksiefaktore af te wissel?
                   Oor die langtermyn sal ondernemings al winste gerealiseer het,
                     wat hulle in staat sal stel om hul onderneming uit te brei 
                   Daar sal genoeg tyd wees vir nuwe ondernemings om die mark te
                     betree 
                   Die beweeglikheid van produksiefaktore verbeter oor die
                     langtermyn 
                 (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord)         (Enige 1 × 2)    (2)

 2.2                  KORTTERMYN EWEWIG-VAN ŉ VOLMAAKTE MARK

        2.2.1    Watter markstruktuur word in bostaande grafiek voorgestel?
                 Volmaakte mark                                                             (1)

        2.2.2    Identifiseer die wins maksimerende punt in bostaande grafiek.
                 Punt a                                                                     (1)

        2.2.3    Omskryf kortliks die vraagkurwe in bostaande grafiek.
                 Die vraagkurwe is horisontaal / volmaak elasties                          (2)

        2.2.4    Verduidelik kortliks die uitset vlak van ŉ volmaakte mededinger.
                   ŉ Volmaak mededingende onderneming kan enige aantal uitsette
                    teen presies dieselfde prys verkoop 
                   Die onderneming kan ongeveer 100 eenhede teen R6 verkoop 
                 (Aanvaar enige ander korrekte antwoord)               (Enige 1 × 2)         (2)
Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                    EKONOMIE V2                          (EC/SEPTEMBER 2017)

        2.2.5   Bereken die wins/verlies van die bogenoemde individuele
                onderneming. Toon ALLE berekeninge.
                Wins = TI – TK                      GI – GK × eenhede
                     = (100 × 6) –(100 × 4)             = 6 – 4 × 100 
                                                OF
                     = 600 – 400                         = 200 
                     = 200                                                                 (4)

 2.3    DATA-RESPONS

                                     MARKMISLUKKING
        Werkloosheid, in Suid-Afrika, het vir die drie laaste dekades toegeneem, wat
        gelei het tot ŉ amptelike werkloosheidskoers van 27,7%. Dit dui op ŉ werklose
        totaal van 8,49 miljoen, met meer as 40% van die plattelandse bevolking wat
        werkloos is en die ontwikkeling van ŉ groeiende poel werkers wat uitgesluit is
        van die arbeidsmark.

        Die Suid-Afrikaanse ekonomie staar markmislukking in die gesig met die
        aanbod van arbeid wat telkens die aanbod daarvan oorskry, as gevolg van ŉ
        gebrek aan inligting en ander faktore.
                                                     [Bron: http//www.opensadnu.uct.ac.za]

        2.3.1   Wat is die amptelike werkloosheidskoers in Suid-Afrika?
                27,7%                                                                       (1)

        2.3.2   Identifiseer ŉ rede vir markmislukking waarna in bogenoemde
                uittreksel verwys word.
                Gebrek aan inligting                                                        (1)

        2.3.3   Verduidelik waarom meer arbeiders uit die arbeidsmark uitgesluit
                word.
                    Meeste maatskappye word as gevolg van ekonomiese afname
                      gesluit 
                    Mynbou sektor ontslaan werkers 
                    Die landbou sektor word geraak deur droogte, met die gevolg
                      dat werkers hulle werk verloor 
                    Onregverdige mededinging in die tekstiel nywerheid 
                (Aanvaar enige ander korrekte antwoord)               (Enige 2 × 2)          (4)

        2.3.4   Hoe kan die markmislukking, waarna in die uittreksel verwys
                word, opgelos word?
                 Die DHN verskaf inligting en hulp ten einde deelname te
                   verbreed. 
                 Die regering dwing besighede om sekere inligting op die
                   verpakking van hul produkte aan te dui. 
                (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord)    (Enige 2 × 2)          (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)                       EKONOMIE V2                                      5

 2.4    Verduidelik vrye mededinging en aard van die produk as kenmerke van ŉ
        volmaakte mark.
        VRYE MEDEDINGING:
         Kopers moet vry wees om te koop wat hulle wil, by wie hulle wil in enige
           hoeveelhede 
         Verkopers moet vry wees om te verkoop wat en hoeveel hulle wil en waar
           hulle wil 
         Daar behoort nie regeringsinmenging en geen prysbeheer te wees nie 
         Kopers moet nie groepe vorm om laer pryse te verkry nie 
         Verkopers moet nie saamstaan om hoër pryse af te dwing nie 
                                                                      (maks 2 × 2)(4)
        AARD VAN DIE PRODUK:
         Alle produkte wat in ŉ spesifieke mark verkoop word, is homogeen 
         Hulle is presies dieselfde in kwaliteit en voorkoms 
         Dit maak geen verskil aan ŉ koper waar en by wie hy / sy die produk koop
           nie                                                     (maks 2 × 2)(4)
        (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord)                    (2 × 4)      (8)
        (Ken ŉ maksimum van 4 punte toe indien feite / voorbeelde slegs genoem is)

 2.5    Verduidelik, met behulp van ŉ diagram, hoekom oligopoliste huiwerig is
        om deel aan prysmededinging te neem.
                              GEKNAKTE VRAAGKURWE

                                                           Maksimum 4 punte vir grafiek
           Veronderstel die oligopolis verkoop teen die oorspronklike / huidige prys
            van R10 en 10 eenhede. Totale inkome is dan R20 × 10 = R200 
           Indien die onderneming probeer om die wins te verhoog deur die prys te
            verhoog met R2 tot R22, sal hoeveelheid gevra daal na 8 eenhede en
            totale inkome sal afneem na R176 (R22 × 8) 
           Indien die onderneming probeer om die wins te verlaag deur die prys te
            verlaag met R12 tot R8 en sy totale verkope styg, sal totale inkome R88
            wees 
           Die oligopolis staar dus ŉ moeilike besluit in die gesig, want in beide
            gevalle sal hulle nie voordeel trek nie 
           Verhoging van die prys van goedere of daling in die prys ten einde
            verkope te verhoog, sal nie tot hoër inkome lei nie 
        (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord)
        (Ken ŉ maksimum van 2 punte toe indien die feite / voorbeelde slegs genoem
        word)                                                                              (8)
                                                                                          [40]
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                    EKONOMIE V2                            (EC/SEPTEMBER 2017)

 VRAAG 3:            KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES

 3.1    3.1.1   Noem TWEE positiewe uitwerkings wat toerisme op ons
                ekonomie het.
                Dit sal die volgende laat toeneem:
                 ekonomiese groei / BBP 
                 werksgeleenthede 
                 investering 
                 die lewenstandaard van die armes              (Enige 2 × 1)                (2)

        3.1.2   Hoe beïnvloed lugbesoedeling die omgewing?
                Lugbesoedeling dra by tot:
                 aardverwarming 
                 vernietiging van die osoonlaag 
                 suurreën 
                 kweekhuisgasse                                          (Enige 1 × 2)     (2)

 3.2    Bestudeer die onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat volg

                          KULTURELE TOERISME OP SY BESTE

        Die wêreld toerisme-organisasie beweer dat kulturele toerisme 37% van
        globale toerisme uitmaak en steeds teen 15% per jaar groei. Bestemmings
        moet dít aanwend wat hulle gemeenskappe uniek maak en investeer in die
        ontwikkeling van kulturele toerisme, want dit laat reisigers toe om plaaslike
        rituele te geniet en foto’s van gedeelde herinneringe van unieke ondervindings
        huis toe te neem. Deur kulture te omarm, kan Suid-Afrika ekonomiese groei ŉ
        hupstoot gee.
                                                  [www.solimarinternational.com Junie 2015]

        3.2.1   Watter soort toerisme word in die foto weerspieël?
                Kulturele toerisme                                                           (1)

        3.2.2   Teen watter koers groei kulturele toerisme wêreldwyd?
                15%                                                                          (1)

        3.2.3   Omskryf kortliks die begrip Inheemse Kennisstelsels.
                Inheemse kennisstelsels verwys na plaaslike kennis of ŉ tradisionele
                manier van dinge doen wat eie is aan ŉ gegewe kultuur of
                gemeenskap                                                                  (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)                       EKONOMIE V2                                       7

        3.2.4    Verduidelik EEN rede vir groei in die toerisme bedryf.
                   Stygende besteebare inkome 
                   Minder werksure, so meer tyd vir reis 
                   ŉ Bewustheid van ontspanning 
                   Verbeterde vervoer-, kommunikasie- en
                     akkommodasiefasiliteite 
                   Verhoogde advertensies en promosies 
                   Geniet die voordele van vakansies en reis 
                   Maklik verkrygbare buitelandse valuta 
                 (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord)     (Enige 2 × 1)       (2)

        3.2.5    Hoe kan Suid-Afrika sy Wêrelderfenis gebiede meer doeltreffend
                 aanwend ten einde toerisme te bevorder?
                 Wêrelderfenisgebiede kan bevorder word deur:
                  advertensie in verskeie soorte media 
                  advertensie-ruimtes plaaslik en oorsee 
                  opwinding te skep rondom hierdie gebiede, deur byvoorbeeld
                    bekende kunstenaars te nooi 
                  goed te kyk na die gebiede 
                 (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord)    (Enige 2 × 2)        (4)

 3.3    Bestudeer die onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat volg.

                        VYAND NOMMER EEN VIR ONS EKONOMIE

        Stygende pryse vir energie, voedsel, kommoditeite en ander goedere en
        dienste beïnvloed die hele ekonomie. Inflasie beïnvloed die lewenskoste, koste
        om sake te doen, leen van geld en elke ander faset van die ekonomie. Wanneer
        die ekonomie gesond is, is werkloosheid laag en lone styg soos wat besighede
        arbeid aanvra om by te hou by die groeiende ekonomie.
                                                             [Aangepas uit: www.Cartoons]

        3.3.1    Wie is die nommer een vyand vir ons ekonomie, wat in bostaande
                 spotprent uitgebeeld word?
                 Inflasie                                                                  (1)

        3.3.2    Wat gebeur met die ekonomie, volgens bostaande spotprent?
                 Dit daal / raak stadig                                                    (1)

        3.3.3    Omskryf kortliks die begrip hiperinflasie?
                 ŉ Inflasiekoers bo 50% / Mense verloor vertroue in die waarde van
                 geld en begin met ruilhandel (goedere vir dienste)                       (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                     EKONOMIE V2                         (EC/SEPTEMBER 2017)

        3.3.4   Hoe kan belasting gebruik word om inflasie te verlaag?
                Belastings word verhoog om die koopkrag te verminder                      (2)

        3.3.5   Wat is die verhouding tussen inflasie en loonaanvraag?
                 as pryse toeneem sal reële lone afneem 
                 gevolglik eis werkers hoër lone 
                 hoe hoër die inflasie hoe hoër die vraag na lone 
                (Aanvaar enige toepaslike antwoord)                   (Enige 2 × 2)         (4)

 3.4    Bespreek inkome en infrastruktuur as voordele van toerisme aan
        huishoudings.
         Inkome: lede van huishoudings ontvang inkome deur werk in die
           toerisme-nywerheid te kry. 
         Menige huishoudings is indirek betrokke by toerisme as werkers in die
           hotelbedryf, finansiële instellings, vervoer- en handelnywerhede,
           besighede wat dienste aan toeriste verskaf.  Hiervolgens dra
           toerisme dus by tot die inkome van hierdie huishoudings. 
         Entrepreneurs vanaf huishoudings kan ook aandenkings vervaardig,
           optree as musikante, interpreteerders asook toergidse en sodoende
           inkome verdien vanuit toerisme.                                   (2 × 2) (4)
         Infrastruktuur: infrastruktuur word gebou vir toerisme en is beskikbaar vir
           beide toeriste en die plaaslike bevolking. 
         Infrastruktuur word gebou om toerisme te bevorder, maar word uiteindelik
           deur huishoudings gebruik 
         bv. Paaie wat gebou word vir toegang tot ŉ streek vir ŉ spesiale
           geleentheid sal die plaaslike bevolking lank na die geleentheid verby is,
           steeds bevoordeel. 
        (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord)
        (Ken ŉ maksimum van 4 punte toe vir slegs die noem van feite / voorbeelde)
                                                                       (Enige 2 × 2)(4)     (8)

 3.5    Watter rol speel Suid-Afrika in vermindering van die negatiewe
        uitwerkings van aardverwarming?
        Suid-Afrika verminder die uitwerkings deur:
         vrywillig in te stem om teen klimaatsverandering te stry 
         kweekhuisgasse met 34% teen 2020 te verminder 
         ŉ leidende rol in internasionale klimaatsverandering onderhandelinge te
           speel 
         stede groen te hou met optredes soos die vermindering van energielading
           in geboue 
         ŉ herwinnende ekonomie te skep 
         vleilande te herstel en vorige water hulpbronne te beskerm 
         ondersteuningsprogramme wat ook deel van internasionale klimaat
           inisiatiewe uitmaak 
        (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord)
        (Ken ŉ maksimum van 2 punte toe vir slegs die noem van feite / voorbeelde)
                                                                        (Enige 4 × 2)       (8)
                                                                                           [40]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)                          EKONOMIE V2                                           9

 VRAAG 4              MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE
                      KWESSIES

 4.1    4.1.1    Noem TWEE voorbeelde van hernieubare hulpbronne.
                  Hout 
                  Landbouprodukte 
                  Herwinning van water 
                  Elektrisiteit deur wind opgewek             (Enige 2 × 1)                      (2)

        4.1.2    Wat is die doel daarvan om inflasie teikens te stel?
                 Die doel van die stel van inflasieteikens is om prysstabiliteit te
                 skep                                                                (1 × 2)     (2)

 4.2    Bestudeer die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.

                               WATERKRISIS IN DIE OOS-KAAP

        Groot dele van die Oos-Kaap gaan gebuk onder droogte en ŉ watertekort wat
        so erg is dat riviere, damme en boorgate horingdroog is.

        Boere teken miljoene rande se verliese aan as gevolg van mislukte oeste en
        onproduktiewe vee, terwyl ander hulself meer skuld op die hals haal net om
        hulle in staat te stel om hulle diere te voer.

        Die gedeeltes in die provinsie wat erg getref word, is die Joe Gqabi en die Chris
        Hani distrikte, sowel as die Mhlontlo-distrik.

        Dit bedreig voedsel sekuriteit in die land omdat baie mielie- en lusernoeste tot
        niet is.
                                                              [Bron: http//www.heraldlive.co.za]

        4.2.1    Watter ernstige probleem word tans in die Oos-Kaap ondervind?
                 Tekort aan water                                                                 (1)

        4.2.2    Waarom word voedselsekuriteit in die land bedreig?
                 Mielies- en lusernoeste is tot niet                                              (1)

        4.2.3    Hoe kan die openbare sektor onderwys aanwend om
                 omgewingsvolhoubaarheid te verseker?
                  Inkorporerende onderwerpe oor die beskerming van die
                    omgewing in die skoolkurrikulum 
                  Mense moet van omgewingsake en die gevolge van hulle dade
                    bewus gemaak word 
                  Opvoeding speel ŉ belangrike rol om mense se vermoë om die
                    omgewing te bestuur, te verbeter               (Enige 2 × 2)                 (4)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                    EKONOMIE V2                           (EC/SEPTEMBER 2017)

        4.2.4   Wat kan die regering doen om die waterkrisis in die land op te
                los?
                 Die regering behoort vinnige opspoor en herstel van lekplekke te
                    verseker 
                 Daar behoort drukbeheer van water te wees om te verhoed dat
                    pype bars 
                 Pype behoort teen enige gevaar beskerm te word 
                 Daar behoort waterbestuurprogramme te wees om ongemagtigde
                    koppeling te voorkom 
                 Moedig waterinsameling aan – installeer water tenke om
                    reënwater te bewaar 
                 Munisipaliteite moet aangemoedig word om water slim aan te
                    wend, bv. om nie motors met tuinslange te was nie 
                (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord)     (Enige 2 × 2)          (4)

 4.3    Bestudeer die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.

                            MONOPOLISTIESE MEDEDINGING
        Monopolistiese mededinging as ŉ markstruktuur is vir die eerste keer in die
        1930’s deur die ekonoom Edward Chamberlin, geïdentifiseer.

        Baie klein ondernemings word bedryf onder toestande van monopolistiese
        mededinging, insluitende gewilde winkels en restaurante wat onafhanklik besit
        en beheer word.

        In die geval van restaurante, bied elkeen iets anders aan en beskik oor unieke
        elemente, maar almal ding in wese mee vir dieselfde kliënte.

                                                 [Aangepas uit: www.economicsonlinne.co.uk]

        4.3.1   Wie was die eerste ekonoom om monopolistiese mededinging te
                identifiseer?
                Edward Chamberlin                                                            (1)

        4.3.2   Gee ŉ voorbeeld van ŉ besigheid wat in ŉ monopolistiese mark
                meeding.
                 Restaurante 
                 Kentucky fried chicken 
                 Link-apteek 
                (Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord)                                  (1)

        4.3.3   Omskryf kortliks die hibriede struktuur as ŉ kenmerk van
                monopolistiese mededinging.
                 Monopolistiese mededinging is ŉ kombinasie van volmaakte
                  mededinging en ŉ monopolie 
                 Daar is baie verkopers van gedifferensieerde produkte en elke
                  mark is relatief klein in verhouding tot die mark as ŉ geheel 
                 Elke monopolistiese mededingende besigheid het ŉ sekere mate
                  van monopolistiese mag en is eintlik ŉ mini monopolie wat die
                  enigste produsent van daardie spesifieke handelsmerk of soort
                  produk is                                             (Enige 2 × 2)       (4)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)                        EKONOMIE V2                                       11

        4.3.4    Hoe kan restaurante gedifferensieerde strategieë aanwend om
                 meer kliënte te lok?
                  Vinnige en beter diens aan kliënte 
                  Skoon en gesonde omgewing 
                  Konsekwente en goeie voorbereiding van resep 
                  Ken afslag en lojaliteitspunte toe aan lojale kliënte 
                  Spesiale programme vir kinders byvoorbeeld speel van speletjies
                    en verjaarsdag partytjies 
                 (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord)        (Enige 2 × 2)      (4)

 4.4    Verduidelik eksternaliteite as ŉ oorsaak van markmislukking, sonder ŉ
        grafiek.
           Eksternaliteite is koste wat nie ingesluit is in die prys van goedere /
            dienste nie en gevolglik is daar ŉ verskil tussen die private koste /
            voordele en die sosiale koste / voordele van produksie.
           Private koste / interne koste is die koste om die produk of diens te
            produseer wat eintlik die pryse is wat verbruikers betaal.
           Private voordele is interne voordele wat verkry word deur diegene wat
            goedere produseer en goedere koop, bv. vervaardiging van ŉ fiets (vir
            produsent) en gebruik van ŉ fiets (verbruiker).
           Sosiale koste is die totale koste wat deur die gemeenskap as ŉ geheel
            aangegaan word. Sosiale koste = private koste plus eksterne koste.
           Sosiale voordele sluit in die totale voordele wat deur die gemeenskap as
            ŉ geheel ervaar word. Sosiale voordele = private voordele plus eksterne
            voordele.
           Negatiewe eksternaliteite is dinge soos besoedeling, tabakrook en
            alkohol misbruik.  Die koste van negatiewe eksternaliteite word deur
            die gemeenskap betaal eerder as deur die produsente. 
           Positiewe eksternaliteite is die positiewe uitwerkings van produkte, aan
            derde partye, waarvoor nie betaal word nie.
           Negatiewe eksternaliteite word gereeld óór geproduseer terwyl positiewe
            eksternaliteite ónder geproduseer word. Dit lei tot markmislukking.
        (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord)
        (Ken ŉ maksimum van 4 punte toe vir slegs die noem van feite / voordele)
                                                                             (Enige 4 × 2)    (8)

 4.5     Hoe het die implementering van minimum lone werkers in Suid-Afrika
         bevoordeel?
         Minimum lone het werkers bevoordeel deur:
         hul koopkrag te verhoog ten einde meer goedere en dienste te kan
            bekostig 
         hul lewenspeil te verhoog deur meer behoeftes te kan bevredig 
         die verspreiding van inkome, na diegene wat baie lae lone in die verlede
            verdien het, te verbeter 
         werkers teen uitbuiting deur werkgewers te beskerm 
        (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord)
         (Ken ŉ maksimum van 2 punte toe vir slegs die noem van feite / voorbeelde)           (8)
                                                                                             [40]

                                                                TOTAAL AFDELING B:            80

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                     EKONOMIE V2                          (EC/SEPTEMBER 2017)

 AFDELING C

 Beantwoord EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK.

                      STRUKTUUR VAN OPSTEL                                PUNTETOEKENNING
 INLEIDING
   ŉ Goeie begin sal wees om die begrip of sleutelwoord wat in die
     vraag gebruik word, te definieer.
   Sluit ander sinne in om die onderwerp te ondersteun.                        Maks. 2
   Moenie enige gedeelte van die vraag in jou inleiding insluit nie.
   Moenie enige gedeelte van die inleiding in jou inhoud herhaal nie.
   Vermy om in die inleiding te sê wat jy in die inhoud gaan bespreek.
 INHOUD:
    Hoofgedeelte: Bespreek in detail/In-diepte bespreking/
                                                                               Maks. 26
     Ondersoek/Bespreek krities/Ontleed/Vergelyk/Evalueer/
     Onderskei/ Differensieer/Verduidelik/Assesseer/Debatteer
    Addisionele gedeelte: Gee eie mening/Bespreek krities/
     Evalueer/Evalueer krities/Teken ŉ grafiek en verduidelik/Gebruik
     die gegewe grafiek en verduidelik/Voltooi die gegewe                      Maks. 10
     grafiek/Bereken/Lei af/Vergelyk/Verduidelik/Onderskei/
     Interpreteer/Debatteer/Hoe?/Stel voor
 SLOT
 Enige toepaslike hoër orde slot wat die volgende behoort in te sluit:
   ŉ Kort opsomming van wat bespreek is/ontleed sonder om reeds
     genoemde feite, in die inhoud, te herhaal
   ŉ Mening of gewaardeerde oordeel oor die bespreekte feite                   Maks. 2
   Addisionele ondersteunende inligting om bespreking te
     versterk/ontleding
   ŉ Teenstrydige sienswyse met motivering, indien vereis
   Aanbeveling
                               TOTAAL                                              40

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)                     EKONOMIE V2                                    13

 VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE

 ŉ Monopolie is een van die uiterste punte van ons mark strukture en is ŉ
 integrale deel van ons ekonomie.

        Ondersoek die eienskappe van ŉ monopolie as ŉ mark struktuur.                 (26)
        Hoekom, na jou mening, is ŉ monopolie ŉ ongewenste soort mark
         struktuur?                                                                    (10)

 INLEIDING

 ŉ Monopolie bestaan wanneer daar een verskaffer van goedere of dienste is
 waarvoor daar nie naby substitute is nie. 
 (Aanvaar enige toepaslike inleiding)                                                   (2)

 INHOUD

  Aantal besighede 
    - Bestaan wanneer een groot besigheid die hele mark kan voorsien teen ŉ laer
      prys as twee of meer soortgelyke ondernemings.
    - Dit verteenwoordig die hele industrie 

  Aard van produk 
    - Die produk van die monopolie is uniek en het geen naby-substitute nie 
    - bv. Eskom en die spoorvervoer 

  Toetrede en uittrede 
   - Daar is hindernisse tot toetrede, vir sommige produsente is dit onmoontlik om
      tot die mark toe te tree. 
   - Regering gebruik soms patente, wat lisensies en kopiereg is vir mense wat
      produkte uitgevind het, ten einde hulle teen mededinging te beskerm. 
   - Wettige beperkings word ook gebruik om een besigheid eksklusiewe regte te
      gee om ŉ spesifieke produk te produseer of om sekere dienste te lewer 
   - bv. Poskantoor 

  Beheer oor pryse 
   - ŉ Monopolie het volle beheer oor die prys van goedere en dienste. 
   - Hulle beheer prys deur uitset te manipuleer en kan hul uitset beperk ten einde
      ŉ tekort te skep, wat ŉ styging in prys teweegbring. 
   - Die monopolis weerhou ook inligting van verbruikers 

  Vraagkurwe 
   - Monopoliste word gekonfronteer met vraagkurwes vir hulle produk, want die
      wet van vraag word toegepas 
   - Omdat die monopolis die enigste verskaffer is, kan hy besluit by watter punt op
      die vraagkurwe hy wil wees.

  Ekonomiese wins 
   - Dit is moontlik vir die monopolis om ekonomiese wins oor die kort- sowel as die
      langtermyn te maak. 
   - Dit is omdat dit geen gevaar in die gesig staar van moontlike nuwelinge tot die
      mark nie, as gevolg van die hindernisse tot toetrede. 
Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                                   EKONOMIE V2                         (EC/SEPTEMBER 2017)

 (ŉ Maksimum van 8 punte mag toegeken word indien feite / voorbeelde slegs genoem
 word)
 (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord)                                       (26)

 ADDISIONELE GEDEELTE

 Monopolieë mag ongewens wees omdat:
  hulle pryse hoër stel as in ŉ mededingende mark, wat lei tot ŉ daling in
    verbruikersurplus.
  hulle allokatief ondoeltreffend is, want die prys is hoër as die marginale koste, as
    die hoeveelheid wat hulle verkoop.
  hulle ook produktief ondoeltreffend is, want dit is nie die laagste punt op die
    gemiddelde koste kurwe nie. 
  hulle mag ook minder aansporings hê om kostes te sny, as gevolg van ŉ tekort
    aan mededinger.
  die koste kurwes van ŉ monopolie sal hoër wees as wat dit sou wees as daar
    meer mededingende druk was.
  hulle ŉ gebrek het aan die aansporings om nuwe produkte te ontwikkel en ŉ
    goeie kwaliteit diens te lewer 
  hulle abnormale wins realiseer en dit kan gesien word as ŉ ongelyke en
    onregverdige verspreiding van hulpbronne in die gemeenskap.
  hulle neig om die verbruikers uit te buit, want hulle is afhanklik van die
    onderneming vir die produk / diens omdat daar geen naby substitute vir die
    produk is nie.
 (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord)                           (maks 10)   (10)

 SLOT:

 Monopolieë is belangrik ten einde unieke goedere en dienste te verskaf, maar
 ondoeltreffend deurdat hulle neig om minder te voorsien teen hoër pryse en
 verbruikers in die proses uitbuit 
 (Aanvaar enige toepaslike slot)                                                           (2)
                                                                                          [40]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)                       EKONOMIE V2                                   15

 VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIE

 In die hedendaagse dalende ekonomiese klimaat, word al die ekonomiese sektore
 nadelig deur inflasie beïnvloed.

        Ontleed die oorsaak van kostedruk-inflasie.                                    (26)
        Watter invloed het inflasie op die huishoudings?                               (10)

 INLEIDING

 Kostedruk-inflasie word veroorsaak deur ŉ toename in die koste van goedere en
 dienste wat belangrik is in die ekonomie en waarvoor geen alternatief bestaan nie.    (2)

 HOOFGEDEETE

 OORSAKE VAN KOSTEDRUK-INFLASIE
     Toename in Lone: 
      -    In Suid-Afrika, omvat stygings in lone meer as 50% van Bruto Toegevoegde
           Waarde teen basiese pryse 
      -    As die styging in lone nie gepaardgaan met ŉ toename in produksie nie, sal
           die produksiekoste styg 
      -    Produsente sal die pryse van hulle produkte verhoog ten einde te vergoed
           vir die hoër produksiekoste 
     Sleutelinsette / styging in pryse van ingevoerde kapitaalgoedere 
        - Wanneer die pryse van sleutelinsette wat ingevoer word toeneem, styg
           plaaslike produksiekoste veral in die vervaardigingsektor 
     Wisselkoersdepresiasie 
      -    ŉ Daling in die waarde van die rand sal lei tot ŉ styging in pryse van
           invoere 
     Winsgrense 
      -    Wanneer ondernemingswinsgrense verhoog, sal die pryse wat
           verbruikers betaal ook verhoog 
      -    Soms gebruik ondernemings hulle markkrag om pryse op te stoot 
     Produktiwiteit 
      -    Minder produktiewe produksiefaktore sal lei tot verhoogde
           eenheidskoste 
      -    Stakings en wegbly-aksies lei dikwels tot laer produksie-uitset en kan lei
           tot ŉ styging in pryse 
     Natuurrampe 
      -    Natuurrampe soos droogte, oorstromings en aardverwarming kan
           produksiekoste laat styg 
      -    Dit is dikwels die geval in verhouding tot voedselpryse 
 (ŉ Maksimum van 8 punte mag toegeken word vir slegs die noem van feite /
 voorbeelde)                                                                          (26)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                                     EKONOMIE V2                         (EC/SEPTEMBER 2017)

 ADDISIONELE GEDEELTE
 Watter invloed het inflasie op die huishoudings?
 Huishoudings is dikwels bekommerd oor die hoë inflasiekoers om die volgende
 redes:
 • Inflasie beïnvloed die verspreiding van reële inkome.
 • Mense met vaste inkomes ly as die koopkrag van hulle inkome (hulle reële
    inkome) daal as prysvlakke styg.
 • Mense wie se inkome vinniger styg as die inflasiekoers, ondervind ŉ toename in
    hulle reële lone 
 • Inflasie neig tot ŉ meer ongelyke verdeling van inkome omdat die laer inkome
    verdieners ondervind dat hulle lone nie so maklik styg soos dié van hoër inkome
    verdieners nie.
 • In tye van hoë inflasie neig huishoudings om reële bates aan te koop (bv. huise,
    goud, antiekhede, skilderye, ens.) wat hul reële waarde behou omdat hulle pryse
    vinniger styg as die inflasiekoers.
 • As werkers se nominale lone styg sonder inflasie, mag hulle reële lone (die
    koopkrag van nominale lone) konstant bly. 
 • Onder die progressiewe belastingstelsel mag verhoogde nominale lone
    loonverdieners in ŉ hoër belasting kerf plaas (hoër marginale belastingkoers).
 • Die persentasie van inkome betaal aan belasting neem toe ten spyte van reële
    lone wat konstant bly.
 (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord)                         (maks 10)       (10)

 SLOT
 Inflasie is nadelig vir die ekonomie, onder andere lei dit tot depresiasie van die rand
 en slaan dit die armes hard deur hulle lewenspeil in die proses te verlaag. 
 (Aanvaar enige ander hoër orde slot)                                                        (2)
                                                                                            [40]

                                                                TOTAAL AFDELING C:            40
                                                                    GROOTTOTAAL:             150

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

## Related documents

- [GR12 ECON P2 Sept2017 QP Eng](https://www.hlayiso.com/library/gr12-econ-p2-sept2017-qp-eng/ee07c430-a1b8-4462-a224-b9f4533baf78) — Economics · QP · 2017 · Eng
- [ECONOMICS P1 GR12 MEMO SEPT2017 English](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-memo-sept2017-english/3bc2ac92-e0de-4198-91d6-d15849198b39) — Economics · Memo · 2017 · Eng
- [Grade 12 NSC Economics P2 Preparatory 2017 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p2-preparatory-2017-possible-answers/779e706d-0501-401b-86fa-ad09b22489ec) — Economics · Memo · 2017
- [Grade 12 NSC Economics P2 (Afrikaans) Preparatory 2017 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p2-afrikaans-preparatory-2017-possible-answers/bda96458-ebe4-44b9-92e5-333e776e1614) — Economics · Memo · 2017 · Afr
- [Economics P2 Nov 2017 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-nov-2017-memo-eng/75fe79dc-5067-4113-aa9a-b15a64821265) — Economics · Memo · 2017 · Eng
- [ECONOMICS P2 MEMO GR 12 SEPT2014 ENG](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-gr-12-sept2014-eng/1843478e-2caf-42f7-8958-2e260cc3449c) — Economics · Memo · 2014 · Eng

## More from Grade 12 Economics

- [ECONOMICS P2 GR12 QP JCT 2025 AFR D watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr12-qp-jct-2025-afr-d-watermark/3dba3588-624d-493b-bc60-00d7e2783cae) — QP · 2025 · Afr
- [Economics Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-free-state/4def59dd-ebf4-4191-89e7-2b6d4609d6cc) — QP · 2025
- [Economics Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-mpumalanga/5449d7a4-548e-416d-91b4-1da462710798) — QP · 2025
- [Economics Grade 12 NSC P2 QP September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p2-qp-september-2025-mpumalanga/efbb0e99-1236-496b-bc64-5b31b3784493) — QP · 2025
- [Economics P1 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2025-afr/e9c77643-7f83-42e3-b28d-cf84e96050ca) — QP · 2025 · Afr
- [Economics P2 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-afr/4c93e067-5237-46b7-ab21-5c2cea219788) — QP · 2025 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
