# Economics Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2017 QP (Afr)

> Grade 12 Economics Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2017 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr12-econ-p2-sept2017-qp-afr/8b2f0509-8383-4ad0-86a1-1d73284e4dc5
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2017 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr12-econ-p2-sept2017-qp-afr/8b2f0509-8383-4ad0-86a1-1d73284e4dc5)

## About this document

Economics · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2017. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                       NASIONALE
                   SENIOR SERTIFIKAAT

                         GRAAD 12

                    SEPTEMBER 2017

                       EKONOMIE V2

PUNTE:   150

TYD:     2 uur

                 Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.

                            *ECONA2*

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                    EKONOMIE V2                       (EC/SEPTEMBER 2017)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.     Beantwoord VIER vrae as volg in die ANTWOORDEBOEK:

            AFDELING A: VERPLIGTEND
            AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae.
            AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.

 2.     Nommer die vrae korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
        gebruik word.

 3.     Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord neer.

 4.     Lees die vrae sorgvuldig deur en begin elke vraag boaan ŉ NUWE bladsy.

 5.     Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae.

 6.     Beantwoord vrae in volsinne en die uitleg, inhoud en konteks van jou
        antwoorde moet voldoen aan die kognitiewe vereistes van die vrae.

 7.     Beantwoord slegs die vereiste aantal vrae. Oortollige antwoorde sal NIE
        nagesien word NIE.

 8.     Gebruik slegs swart of blou ink.

 9.     Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

 10.    Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)                        EKONOMIE V2                                    3

 AFDELING A (VERPLIGTEND)

 VRAAG 1                                                      30 PUNTE – 20 MINUTE

 1.1    Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
        Skryf die vraagnommer(1.1.1–1.1.8) neer, kies die korrekte antwoord en maak
        ŉ kruis oor die letter (A–D) van jou keuse in die ANTWOORDEBOEK.

        1.1.1    Met kostevoordeelontleding sal ŉ projek aanvaarbaar wees as ...

                 A     sosiale koste meer is as sosiale voordele.
                 B     private voordele meer is as private koste.
                 C     private koste meer is as private voordele.
                 D     sosiale voordele meer is as sosiale koste.

        1.1.2    Werklike besteding van ŉ besigheid op insette wat vereis word vir
                 produksie, word ... koste genoem.

                 A     implisiete
                 B     eksplisiete
                 C     totale
                 D     gemiddelde

        1.1.3    Minimum opbrengs wat deur die eienaars van ŉ onderneming vereis
                 word, kan na verwys word as ŉ … wins.

                 A     suiwer
                 B     ekonomiese
                 C     super normale
                 D     normale

        1.1.4    Wanneer gemiddelde inkome laer is as gemiddelde koste, sal die
                 onderneming ...

                 A     ŉ ekonomiese verlies ly.
                 B     ŉ normale verlies ly.
                 C     gelykbreek bereik.
                 D     oormatige inkome ontvang.

        1.1.5    Buitelandse toeriste wat Suid-Afrika besoek, word ook ... toeriste
                 genoem.

                 A     binnelandse
                 B     uitgaande
                 C     inkomende
                 D     plaaslike

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                         EKONOMIE V2                       (EC/SEPTEMBER 2017)

        1.1.6   Hooflyninflasie staan ook bekend as …inflasie

                A     aangepaste kern-
                B     onaangepaste VPI-
                C     kern-
                D     PPI-

        1.1.7   Stagflasie word met ... geassosieer.

                A     hoë werkloosheid, hoë groei en lae inflasie
                B     lae pryse, hoë werkloosheid en hoë groei
                C     lae groei, hoë werkloosheid en hoë inflasie
                D     hoë groei, lae werkloosheid en lae inflasie

        1.1.8   Die markmeganisme misluk gewoonlik om besoedeling ...

                A     te verminder.
                B     te beheer.
                C     uit te wis.
                D     reg te stel.                                                 (8 × 2)   (16)

 1.2    Kies ŉ omskrywing in KOLOM B wat by ŉ begrip in KOLOM A pas. Skryf
        slegs die letter (A–I) langs die vraagnommer(1.2.1–1.2.8) in die
        ANTWOORDEBOEK neer.

                KOLOM A                                     KOLOM B
        1.2.1   Toemaak/              A    word deur gemeenskap betaal en is nie
                Deure sluit                ingesluit in die werklike prys van goedere en
                                           dienste nie

        1.2.2   Privatisering         B    gebeur wanneer die marginale koers van
                                           belasting hoër is, selfs as die werklike inkome
                                           onveranderd bly

        1.2.3   Prysplafonne          C ŉ Amerikaner wat deur Suid-Afrika na Kenia
                                        reis

        1.2.4   Sosiale koste         D dit gaan daaroor om nie-hernieubare
                                        hulpbronne ongeskonde te hou

        1.2.5   Kerfbekruiping        E    vind plaas wanneer daar ŉ verskeidenheid
                                           produkte is

        1.2.6   Deurgang-             F    vind plaas wanneer gemiddelde inkome laer
                toerisme                   is as gemiddelde veranderlike koste

        1.2.7   Bewaring              G deur regerings vasgestel om verbruikers teen
                                        uitbuiting te beskerm

        1.2.8   Wêrelderfenis-        H oordrag van eienaarskap van bates van die
                gebied                  privaat sektor na die openbare sektor

                                      I    Vredefortkoepel
                                                                                   (8 × 1)    (8)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)                        EKONOMIE V2                                      5

 1.3    Gee die korrekte begrip vir elk van die volgende omskrywings.

        1.3.1    ŉ Wettig vasgestelde prysvloer op lone wat deur die regering bepaal is

        1.3.2    Die verskeidenheid plant- en dierelewe in ŉ spesifieke habitat

        1.3.3    Koolstofdioksied(CO2)-gas wat in die atmosfeer vrygestel word, as
                 gevolg van verskillende ekonomiese aktiwiteite

        1.3.4    ŉ Ooreenkoms wat plaasvind wanneer verkopers ŉ ooreenkoms
                 aangaan om mededinging te beperk

        1.3.5    Pryse wat deur die regering vasgestel word of beheer word deur
                 aangestelde owerhede

        1.3.6    Ondernemings wat geen invloed op pryse het nie                   (6 × 1)    (6)
                                                                                            [30]

                                                               TOTAAL AFDELING A: 30

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                     EKONOMIE V2                         (EC/SEPTEMBER 2017)

 AFDELING B

 Beantwoord enige TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in jou
 ANTWOORDEBOEK.

 VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE                                     40 PUNTE – 30 MINUTE

 2.1    Beantwoord die volgende vrae.

        2.1.1   Noem enige TWEE eienskappe van oligopolistiese markte.             (2 × 1)   (2)

        2.1.2   Hoekom is dit slegs moontlik om oor die langtermyn alle
                produksiefaktore af te wissel?                                     (1 × 2)   (2)

 2.2    Bestudeer die onderstaande grafiek en beantwoord die vrae wat volg.

                     KORTTERMYN EWEWIG-VAN ŉ VOLMAAKTE MARK

        2.2.1   Watter markstruktuur word in bostaande grafiek voorgestel?                   (1)

        2.2.2   Identifiseer die wins maksimerende punt in bostaande grafiek.                (1)

        2.2.3   Omskryf kortliks die vraagkurwe in bostaande grafiek.                        (2)

        2.2.4   Verduidelik kortliks die uitset vlak van ŉ volmaakte mededinger.             (2)

        2.2.5   Bereken die wins/verlies van die bogenoemde individuele
                onderneming. Toon ALLE berekeninge.                                          (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)                       EKONOMIE V2                                         7

 2.3    Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.

                                     MARKMISLUKKING
        Werkloosheid, in Suid-Afrika, het vir die drie laaste dekades toegeneem, wat
        gelei het tot ŉ amptelike werkloosheidskoers van 27,7%. Dit dui op ŉ werklose
        totaal van 8,49 miljoen, met meer as 40% van die plattelandse bevolking wat
        werkloos is en die ontwikkeling van ŉ groeiende poel werkers wat uitgesluit is
        van die arbeidsmark.

        Die Suid-Afrikaanse ekonomie staar markmislukking in die gesig met die
        aanbod van arbeid wat telkens die aanbod daarvan oorskry, as gevolg van ŉ
        gebrek aan inligting en ander faktore.
                                                      [Bron: http//www.opensadnu.uct.ac.za]

        2.3.1    Wat is die amptelike werkloosheidskoers in Suid-Afrika?                      (1)

        2.3.2    Identifiseer ŉ rede vir markmislukking waarna in bogenoemde
                 uittreksel verwys word.                                                      (1)

        2.3.3    Verduidelik waarom meer arbeiders uit die arbeidsmark uitgesluit
                 word.                                                         (2 × 2)        (4)

        2.3.4    Hoe kan die markmislukking, waarna in die uittreksel verwys word,
                 opgelos word?                                                 (2 × 2)        (4)

 2.4    Verduidelik vrye mededinging en aard van die produk as kenmerke van ŉ
        volmaakte mark.                                                 (2 × 4)               (8)

 2.5    Verduidelik, met behulp van ŉ diagram, hoekom oligopoliste huiwerig is om deel
        aan prysmededinging te neem.                                                           (8)
                                                                                              [40]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                     EKONOMIE V2                           (EC/SEPTEMBER 2017)

 VRAAG 3:       KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
                                               40 PUNTE – 30 MINUTE

 3.1    Beantwoord die volgende vrae.

        3.1.1   Noem TWEE positiewe uitwerkings wat toerisme op ons ekonomie
                het.                                                      (2 × 1)             (2)

        3.1.2   Hoe beïnvloed lugbesoedeling die omgewing?                         (1 × 2)    (2)

 3.2    Bestudeer die onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat volg.

                          KULTURELE TOERISME OP SY BESTE

        Die wêreld toerisme-organisasie beweer dat kulturele toerisme 37% van
        globale toerisme uitmaak en steeds teen 15% per jaar groei. Bestemmings
        moet dít aanwend wat hulle gemeenskappe uniek maak en investeer in die
        ontwikkeling van kulturele toerisme, want dit laat reisigers toe om plaaslike
        rituele te geniet en foto’s van gedeelde herinneringe van unieke ondervindings
        huis toe te neem. Deur kulture te omarm, kan Suid-Afrika ekonomiese groei ŉ
        hupstoot gee.
                                                   [www.solimarinternational.com June 2015]

        3.2.1   Watter soort toerisme word in die foto weerspieël?                            (1)

        3.2.2   Teen watter koers groei kulturele toerisme wêreldwyd?                         (1)

        3.2.3   Omskryf kortliks die begrip Inheemse Kennisstelsels.                          (2)

        3.2.4   Verduidelik EEN rede vir groei in die toerisme bedryf.                        (2)

        3.2.5   Hoe kan Suid-Afrika sy Wêrelderfenis gebiede meer doeltreffend
                aanwend ten einde toerisme te bevorder?                       (2 × 2)         (4)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)                         EKONOMIE V2                                      9

 3.3    Bestudeer die onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat volg.

                         VYAND NOMMER EEN VIR ONS EKONOMIE

        Stygende pryse vir energie, voedsel, kommoditeite en ander goedere en
        dienste beïnvloed die hele ekonomie. Inflasie beïnvloed die lewenskoste, koste
        om sake te doen, leen van geld en elke ander faset van die ekonomie. Wanneer
        die ekonomie gesond is, is werkloosheid laag en lone styg soos wat besighede
        arbeid aanvra om by te hou by die groeiende ekonomie.

                                                              [Aangepas uit: www.Cartoons]

        3.3.1    Wie is die nommer een vyand vir ons ekonomie, wat in bostaande
                 spotprent uitgebeeld word?                                                  (1)

        3.3.2    Wat gebeur met die ekonomie, volgens bostaande spotprent?                   (1)

        3.3.3    Omskryf kortliks die begrip hiperinflasie?                                  (2)

        3.3.4    Hoe kan belasting gebruik word om inflasie te verlaag?                      (2)

        3.3.5    Wat is die verhouding tussen inflasie en loonaanvraag?           (2 × 2)    (4)

 3.4    Bespreek inkome en infrastruktuur as voordele van toerisme aan
        huishoudings.                                                             (2 × 4)    (8)

 3.5    Watter rol speel Suid-Afrika in vermindering van die negatiewe uitwerkings
        van aardverwarming?                                                                   (8)
                                                                                             [40]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                      EKONOMIE V2                           (EC/SEPTEMBER 2017)

 VRAAG 4             MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE
                     KWESSIES                     40 PUNTE – 30 MINUTE

 4.1    Beantwoord die volgende vrae.

        4.1.1   Noem TWEE voorbeelde van hernieubare hulpbronne.                     (2 × 1)    (2)

        4.1.2   Wat is die doel daarvan om inflasie teikens te stel?                 (1 × 2)    (2)

 4.2    Bestudeer die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.

                               WATERKRISIS IN DIE OOS-KAAP

        Groot dele van die Oos-Kaap gaan gebuk onder droogte en ŉ watertekort wat
        so erg is dat riviere, damme en boorgate horingdroog is.

        Boere teken miljoene rande se verliese aan as gevolg van mislukte oeste en
        onproduktiewe vee, terwyl ander hulself meer skuld op die hals haal net om
        hulle in staat te stel om hulle diere te voer.

        Die gedeeltes in die provinsie wat erg getref word, is die Joe Gqabi en die Chris
        Hani distrikte, sowel as die Mhlontlo-distrik.

        Dit bedreig voedsel sekuriteit in die land omdat baie mielie- en lusernoeste tot
        niet is.
                                                           [Bron: http//www.heraldlive.co.za]

        4.2.1   Watter ernstige probleem word tans in die Oos-Kaap ondervind?                   (1)

        4.2.2   Waarom word voedselsekuriteit in die land bedreig?                              (1)

        4.2.3   Hoe kan die openbare sektor onderwys aanwend om
                omgewingsvolhoubaarheid te verseker?                                 (2 × 2)    (4)

        4.2.4   Wat kan die regering doen om die waterkrisis in die land op te los?
                                                                                 (2 × 2)        (4)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)                        EKONOMIE V2                                       11

 4.3    Bestudeer die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.

                            MONOPOLISTIESE MEDEDINGING
        Monopolistiese mededinging as ŉ markstruktuur is vir die eerste keer in die
        1930’s deur die ekonoom Edward Chamberlin, geïdentifiseer.

        Baie klein ondernemings word bedryf onder toestande van monopolistiese
        mededinging, insluitende gewilde winkels en restaurante wat onafhanklik besit
        en beheer word.

        In die geval van restaurante, bied elkeen iets anders aan en beskik oor unieke
        elemente, maar almal ding in wese mee vir dieselfde kliënte.

                                                [Aangepas uit: www.economicsonlinne.co.uk]

        4.3.1    Wie was die eerste ekonoom om monopolistiese mededinging te
                 identifiseer?                                                                (1)

        4.3.2    Gee ŉ voorbeeld van ŉ besigheid wat in ŉ monopolistiese mark
                 meeding.                                                                     (1)

        4.3.3    Omskryf kortliks die hibriede struktuur as ŉ kenmerk van
                 monopolistiese mededinging.                                      (2 × 2)     (4)

        4.3.4    Hoe kan restaurante gedifferensieerde strategieë aanwend om meer
                 kliënte te lok?                                             (2 × 2)          (4)

 4.4    Verduidelik eksternaliteite as ŉ oorsaak van markmislukking, sonder ŉ grafiek.
                                                                               (4 × 2)        (8)

 4.5    Hoe het die implementering van minimum lone werkers in Suid-Afrika
        bevoordeel?                                                                           (8)
                                                                                             [40]

                                                               TOTAAL AFDELING B:             80

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                     EKONOMIE V2                          (EC/SEPTEMBER 2017)

 AFDELING C

 Beantwoord EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK.

                      STRUKTUUR VAN OPSTEL                                PUNTETOEKENNING
 INLEIDING
   ŉ Goeie begin sal wees om die begrip of sleutelwoord wat in die
     vraag gebruik word, te definieer.
   Sluit ander sinne in om die onderwerp te ondersteun.                        Maks. 2
   Moenie enige gedeelte van die vraag in jou inleiding insluit nie.
   Moenie enige gedeelte van die inleiding in jou inhoud herhaal nie.
   Vermy om in die inleiding te sê wat jy in die inhoud gaan bespreek.
 INHOUD:
    Hoofgedeelte: Bespreek in detail/In-diepte bespreking/
                                                                               Maks. 26
     Ondersoek/Bespreek krities/Ontleed/Vergelyk/Evalueer/
     Onderskei/ Differensieer/Verduidelik/Assesseer/Debatteer
    Addisionele gedeelte: Gee eie mening/Bespreek krities/
     Evalueer/Evalueer krities/Teken ŉ grafiek en verduidelik/Gebruik
     die gegewe grafiek en verduidelik/Voltooi die gegewe                      Maks. 10
     grafiek/Bereken/Lei af/Vergelyk/Verduidelik/Onderskei/
     Interpreteer/Debatteer/Hoe?/Stel voor
 SLOT
 Enige toepaslike hoër orde slot wat die volgende behoort in te sluit:
   ŉ Kort opsomming van wat bespreek is/ontleed sonder om reeds
     genoemde feite, in die inhoud, te herhaal
   ŉ Mening of gewaardeerde oordeel oor die bespreekte feite                   Maks. 2
   Addisionele ondersteunende inligting om bespreking te
     versterk/ontleding
   ŉ Teenstrydige sienswyse met motivering, indien vereis
   Aanbeveling
                               TOTAAL                                              40

 VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE                                        40 PUNTE – 40 MINUTE

 ŉ Monopolie is een van die uiterste punte van ons mark strukture en is ŉ integrale
 deel van ons ekonomie.

        Ondersoek die eienskappe van ŉ monopolie as ŉ mark struktuur.                       (26)
        Hoekom, na jou mening, is ŉ monopolie ŉ ongewenste soort mark struktuur?            (10)

 VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIE
                                                                40 PUNTE – 40 MINUTE

 In die hedendaagse dalende ekonomiese klimaat, word al die ekonomiese sektore
 nadelig deur inflasie beïnvloed.

        Ontleed die oorsaak van kostedruk-inflasie.                                         (26)
        Watter invloed het inflasie op die huishoudings?                                    (10)

                                                                 TOTAAL AFDELING C:            40
                                                                     GROOTTOTAAL:             150

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com

## Related documents

- [GR12 ECON P2 Sept2017 QP Eng](https://www.hlayiso.com/library/gr12-econ-p2-sept2017-qp-eng/ee07c430-a1b8-4462-a224-b9f4533baf78) — Economics · QP · 2017 · Eng
- [ECONOMICS P1 GR12 QP SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-qp-sept2017-afrikaans/5e40d41d-6537-4b4d-9803-062fd519c72e) — Economics · QP · 2017 · Afr
- [Grade 12 NSC Economics P2 (Afrikaans) Preparatory 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p2-afrikaans-preparatory-2017-question-paper/498eaf17-b8bb-4092-a221-96afe7bd7aa2) — Economics · QP · 2017 · Afr
- [Economics P2 May June 2017 Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2017-eng/695f9083-05e8-422b-88cd-dd2a1d417b26) — Economics · QP · 2017 · Eng
- [ECONOMICS P2 GR12 QP SEPT 2023 English](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr12-qp-sept-2023-english/fc883496-5ba9-4219-a274-ff0bc055bc5e) — Economics · QP · 2023 · Eng
- [ECON P2 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/econ-p2-gr12-qp-sept2022-afrikaans/4dfd489d-79be-494e-a2cf-f0b51ee8c5e1) — Economics · QP · 2022 · Afr

## More from Grade 12 Economics

- [Economics P2 Memo Afr watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-afr-watermark/c9d66fa3-0b40-419d-a6f6-d862847d4e82) — Memo · 2025 · Afr
- [Economics P2 (English) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-english-june-2025-possible-answers/3df8bb66-2d0a-4b1b-89bf-509b303bfa3e) — Memo · 2025 · Eng
- [Economics P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2025-mg-eng/f6c27985-fe67-48df-afba-d85bf5f76379) — Memo · 2025 · Eng
- [Economics P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-mg-afr/4cc1190f-9c0a-43ea-98bc-3252875816a9) — Memo · 2025 · Afr
- [NW 12 ECONOMICS P2 QP ENG JUNE 2025](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-economics-2025-nw-june-exam-question-paper-paper-2-english/c80fc8cc-fc9d-44e9-a820-8736783a4556) — QP · 2025 · Eng
- [ECONOMICS QP.P1 GR 12 JUNE 2024 (Backup papers)](https://www.hlayiso.com/library/economics-qp-p1-gr-12-june-2024-backup-papers/cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941) — QP · 2024

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
