# Economics Grade 12 Eastern Cape Mock 2013 QP (Afr)

> Grade 12 Economics question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2013 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr12-econ-s13-qp-afr/85902e71-52a9-4b80-b7ab-1b413c82f9e3
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2013
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 Eastern Cape Mock 2013 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr12-econ-s13-qp-afr/85902e71-52a9-4b80-b7ab-1b413c82f9e3)

## About this document

Economics · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2013. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                  Province of the
                  EASTERN CAPE
                  EDUCATION

                          NASIONALE
                      SENIOR SERTIFIKAAT

                            GRAAD 12

                      SEPTEMBER 2013

                             EKONOMIE

PUNTE:   300

TYD:     3 uur

                               *ECONA*

                   Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                     EKONOMIE                             (SEPTEMBER 2013)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.   Beantwoord SES vrae as volg in die ANTWOORDEBOEK:
     AFDELING A: VERPLIGTEND.
     AFDELING B: Beantwoord enige DRIE vrae van die vyf vrae.
     AFDELING C: Beantwoord enige TWEE vrae van die vier vrae.

2.   Skryf die vraagnommer boaan elke vraag neer.

3.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in die
     vraestel gebruik word.

4.   Lees die vrae deeglik en begin elke vraag op ŉ NUWE bladsy.

5.   Laat 2 – 3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.

6.   Beantwoord vrae in volsinne en maak seker dat die uitleg en inhoud van jou
     antwoorde voldoen aan die kognitiewe vlakke van die vrae.

7.   Skryf netjies en leesbaar.

8.   Slegs die vereiste aantal vrae sal nagesien word in die volgorde waarin dit in
     die ANTWOORDEBOEK verskyn.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013)                            EKONOMIE                                       3

 AFDELING A: (Verpligtend)

 VRAAG 1           (LU1 – LU4)

 1.1    Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
        Kies die mees korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A, B of C) langs
        die ooreenstemmende vraagnommer (1.1.1 – 1.1.12) in die
        ANTWOORDEBOEK neer.

        1.1.1       Die geldmark in Suid-Afrika is ŉ mark vir ... besparings en lenings.

                    A       korttermyn
                    B       medium termyn
                    C       langtermyn                                                     (2)

        1.1.2       Die begin van ŉ opswaai word die ...-fase genoem.

                    A       voorspoed
                    B       resessie
                    C       herstel                                                        (2)

        1.1.3       Die gehalte van finansiële bestuur, ongemagtigde en bedrieglike
                    besteding in die openbare sektor word aan die parlement deur die
                    … gerapporteer.

                    A       Statistiese-Generaal
                    B       Ouditeur-Generaal
                    C       Goewerneur van die SARB                                        (2)

        1.1.4       Onder toestande van volmaakte mededinging, sal die
                    markvraagkurwe ...

                    A       opwaarts hel van links na regs.
                    B       afwaarts hel van links na regs.
                    C       ŉ horisontale lyn wees.                                        (2)

        1.1.5       Goedere en dienste wat hoogs begeerlik is vir die algemene
                    welvaart van die mense word …-goedere genoem.

                    A       gemeenskaps
                    B       meriete
                    C       openbare                                                       (2)

        1.1.6       Dit is ŉ voorbeeld van ŉ oligopolie mark in Suid-Afrika.

                    A       Eskom
                    B       Johannesburg Sekuriteitsbeurs
                    C       Selfoon-industrie                                              (2)

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                     EKONOMIE                          (SEPTEMBER 2013)

    1.1.7    Hierdie wet verskaf die wetlike grondslag vir die transformasie van
             die Suid-Afrikaanse ekonomie.

             A      Wet op Swart Ekonomiese Bemagtiging
             B      Wet op Gelyke Indiensneming
             C      Wet op Minimum Lone                                              (2)

    1.1.8    In Suid-Afrika is dit doelgeboude nywerheidslandgoed wat fisies
             omhein is en aan ŉ internasionale lughawe of hawe verbind is.

             A      NOS’e
             B      ROI’e
             C      UPS’e                                                            (2)

    1.1.9    Vanaf 1995 is die Algemene Handelsooreenkoms op Tariewe en
             Handel (GATT) vervang deur die ...

             A      Suider Afrikaanse Doeane-unie.
             B      Vryhandelsgebied.
             C      Wêreldhandelsorganisasie.                                        (2)

    1.1.10   Dit verteenwoordig die koste van die ‘mandjie’ goedere en dienste
             van ŉ gemiddelde Suid-Afrikaanse huishouding.

             A       VPI
             B       VPIX
             C       PPI                                                             (2)

    1.1.11   Boesmantekeninge is ŉ voorbeeld van ŉ …

             A      moderne kunsvorm.
             B      algemene kunsvorm.
             C      inheemse erfenis.                                                (2)

    1.1.12   Dit verlang ŉ kreatiewe kontinuïteit van die omgewing en verseker
             dat veranderings simpatiek is tot die kwaliteit van die huidige en
             toekomstige geslagte.

             A       Beskerming
             B       Bewaring
             C       Eksternaliteit                                                  (2)

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013)                           EKONOMIE                                         5

 1.2    Gee die ekonomiese term/begrip vir elk van die volgende omskrywings.
        Skryf slegs die term/begrip langs die vraagnommer (1.2.1 – 1.2.5) in die
        ANTWOORDEBOEK.

        1.2.1      Internasionale transaksies in portfolio investering word in die …
                   rekening aangeteken.                                                    (2)

        1.2.2      Afskaffing van wette en ander vorme van regeringsbeheer staan
                   bekend as …                                                             (2)

        1.2.3      ...-toelae word aangewend om die lewensomstandighede van
                   armes te verbeter.                                                      (2)

        1.2.4      Die gesag wat inflasie in Suid-Afrika beheer is die …                   (2)

        1.2.5      ŉ Industrie wat deur ŉ klein aantal groot ondernemings gedomineer
                   word, staan bekend as …                                                 (2)

 1.3    Kies ŉ omskrywing uit KOLOM B wat pas by ŉ begrip in KOLOM A. Skryf
        slegs die korrekte letter (A tot J) langs die ooreenstemmende
        vraagnommer (1.3.1 – 1.3.8) in die ANTWOORDEBOEK.

                   KOLOM A                  KOLOM B
        1.3.1      Laffer kurwe        A    Hierdie word oorverbruik in ŉ vrye mark
                                            ekonomie
        1.3.2      Direkte             B    Om die misbruik van ekonomiese mag te
                   investering              voorkom bv. monopolie
        1.3.3      Mededingings-       C    Buitelandse toeriste wat in Suid-Afrika
                   beleid                   aankom
        1.3.4      Nie-meriete         D    Teruggee grond aan diegene wat dit as
                   goedere                  gevolg van diskriminerende wette verloor
                                            het
        1.3.5      Grond restitusie    E    Om betekenisvolle aandeel of beheer in ŉ
                                            besigheid te verkry
        1.3.6      Fisiese             F
                                            Binnelandse toeriste wat die RSA verlaat.
                   infrastruktuur
        1.3.7      Vraag-trek          G    Subsidies wat gegee word om grond te
                   inflasie                 bekom
        1.3.8      Inkomende           H    Toon die verhouding tussen
                   toeriste                 belastingkoers en belasting inkome
                                       I    Sluit lug-, pad-, spoor- en seevervoer in
                                       J    Totale vraag oorskry totale aanbod
                                                                                 (8 x 2)   (16)

                                                               TOTAAL AFDELING A:          50

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                                   EKONOMIE                            (SEPTEMBER 2013)

AFDELING B: (Beantwoord enige DRIE vrae uit hierdie afdeling.)

VRAAG 2                      (LU1 AS1 − AS4)    (50 PUNTE – 25 MINUTE)

2.1   Kies die mees korrekte woord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die woord
      langs die ooreenstemmende vraagnommer (2.1.1 – 2.1.4) in die
      ANTWOORDEBOEK.

      2.1.1                   ŉ Land wat met ander lande handeldryf het ŉ (geslote/oop)
                              ekonomie.                                                              (2)

      2.1.2                   As die regering beheer oorneem oor bates in privaatbesit word dit
                              (privatisering/nasionalisering) genoem.                                (2)

      2.1.3                   Medium Termyn Bestedingsraamwerk staan ook bekend as die
                              (aanvullende/hoof)-begroting.                                          (2)

      2.1.4                   As die waarde van ŉ geldeenheid daal as gevolg van markkragte,
                              staan dit bekend as (appresiasie/depresiasie).                         (2)

2.2   Noem enige DRIE soorte siklusse.                                                    (3 x 2)    (6)

2.3   DATA RESPONS

      Bestudeer die onderstaande grafiek en beantwoord die vrae wat volg.

                              R/$
                                               V
                                                                A

                               R9                         E                    A1

          Prys van dollars     R6                                    E1

                                                                          V
                               R3
                                        A
                                                     A1

                                    0       20       40        60         80
                                              Hoeveelheid dollars

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013)                           EKONOMIE                                      7

        2.3.1      Definieer die begrip ‘wisselkoers’.                                  (2)

        2.3.2      Wat gebeur met die Suid-Afrikaanse rand, as die aanbod van VS
                   dollar toeneem?                                                      (2)

        2.3.3      Noem die TWEE soorte inmenging wat monetêre owerhede kan
                   toepas by vaste wisselkoerse.                                        (4)

        2.3.4      Noem die monetêre gesag wat die wisselkoers beïnvloed deur die
                   aanbod van beskikbare buitelandse valuta te verander.                (2)

 2.4    DATA RESPONS

        Bestudeer die volgende uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.

                            Parastatale nie-winsgewend: opname
        Vyf uit nege SBOs het winste aangeteken in die 2009/10 finansiële jaar,
        soos deur die SA Instituut van Rasseverhoudinge bekend gemaak. Transnet
        was die mees winsgewende parastataal terwyl Eskom die grootste verlies in
        2009/10 aangeteken het, aldus die laaste Suid-Afrikaanse Opname.

        Die Korrelbed Reaktor Module, SA Lugdiens, SA Express, en die SA
        Bosbou Maatskappy het almal ŉ wins in 2009/10 getoon.

        “Die parastataal wat die minste wins in die 2009/10 finansiële jaar getoon
        het, was Eskom met ŉ verlies van meer as R9,7 miljard, alhoewel hulle
        geluk intussen gedraai het en hulle ŉ wins van R13 miljard vir 2010/11
        getoon het.”

        “Die grootste bekommernis met hierdie uitslae is dat die regering die
        instansies wat verliese ly, sal moet ondersteun op ‘belastingbetalers’ se
        onkoste,” aldus ŉ navorser by die instituut.
                          [Vryelik vertaal en aangepas uit die City Press 2012-01-17]

        2.4.1      Watter parastataal het die grootste verlies in 2009/10 aangeteken?   (2)

        2.4.2      Definieer die begrip ‘herstrukturering’ van ŉ besigheid.             (2)

        2.4.3      Noem enige TWEE redes vir privatisering.                             (4)

        2.4.4      Wat is die grootste bekommernis vir die regering indien die
                   parastatale verliese ly?                                             (2)

 2.5    Bespreek die rol van die ‘sakesektor’ in die ekonomiese kringloop.              (8)

 2.6    Verduidelik ‘gemeenskapsgoedere’ kortliks.                                       (8)
                                                                                        [50]

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                         EKONOMIE                           (SEPTEMBER 2013)

VRAAG 3          (LU2 AS1 – AS3)     (50 PUNTE – 25 MINUTE)

3.1   Kies die mees korrekte woord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die woord
      langs die vraagnommer (3.1.1 – 3.1.4) in die ANTWOORDEBOEK.

      3.1.1       As ŉ besigheid se totale koste sy totale inkome oorskry, realiseer
                  dit ŉ ekonomiese (wins/verlies).                                        (2)

      3.1.2       Produkdifferensiasie en (prys/advertensies) speel ŉ belangrike rol
                  in nie-prys mededinging.                                                (2)

      3.1.3       Vaste kostes staan ook bekend as (direkte/indirekte)-koste.             (2)

      3.1.4       Openbare parke en swembaddens is voorbeelde van (nie-
                  meriete/kollektiewe) goedere.                                           (2)

3.2   Noem enige DRIE eienskappe van ‘openbare goedere’.                        (3 x 2)   (6)

3.3   DATA RESPONS

      Bestudeer die onderstaande grafiek en beantwoord die vrae wat volg.

                                      KMK
                                              KGK

         Koste    P
                                                  TI
       Koste
                                                  GI

                   0            Q
                            Hoeveelheid

      3.3.1       Wat stel die bostaande grafiek voor?                                    (2)

      3.3.2       Wat gebeur as die minimum punt van die KGK laer is as die
                  markprys ‘P’?                                                           (2)

      3.3.3       By watter punt sal die onderneming sy wins kan maksimaliseer?           (2)

      3.3.4       Verduidelik ‘eksplisiete koste’ kortliks.                               (4)

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013)                            EKONOMIE                                   9

 3.4    DATA RESPONS

        Bestudeer die onderstaande scenario en beantwoord die vrae wat volg.

        Sipho bedryf ŉ vervaardigingsonderneming en verskeie neweprodukte word
        gedurende die produksieproses geproduseer. Hy moet nou reëlings tref om
        ontslae te raak van die afvalprodukte. Dit beteken om dit te verbrand, by ŉ
        afvalterrein of in die see te stort. Maar mense in die omliggende omgewing
        sal ly as gevolg van die besoedeling voortspruitend uit sy metodes van
        afvalverwydering.

        3.4.1      Definieer die begrip ‘eksternaliteite’.                            (2)

        3.4.2      Verduidelik ‘sosiale koste’ kortliks.                              (4)

        3.4.3      Onderskei tussen ‘private koste’ en ‘private voordele’.            (4)

 3.5    Verduidelik ‘samespanning’ tussen oligopolieë kortliks.                       (8)

 3.6    Bespreek ‘allokatiewe ondoeltreffendheid’ as ŉ gevolg van markmislukking.      (8)
                                                                                      [50]

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                   EKONOMIE                              (SEPTEMBER 2013)

VRAAG 4       (LU3 AS1 – AS4)    (50 PUNTE – 25 MINUTE)

4.1   Kies die mees korrekte woord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die woord
      langs die ooreenstemmende vraagnommer (4.1.1 – 4.1.4) in die
      ANTWOORDEBOEK.

      4.1.1    Monetêre beleid bestaan uit besluite deur die (SARB/Minister van
               Finansies) om die rentekoers en geldvoorraad te beïnvloed.               (2)

      4.1.2    Mense in die (suidelike/noordelike)-verdeel geniet ŉ hoër
               lewenstandaard.                                                          (2)

      4.1.3    Die minimum verdienste wat vereis word om te voorkom dat die
               entrepreneur die mark verlaat, is die (ekonomiese/normale) wins.         (2)

      4.1.4    ŉ Ekonomiese aanwyser wat verband hou met produksie is die
               (BBP/EAB).                                                               (2)

4.2   Noem enige DRIE ‘aansporings’ wat die DHN bied aan kleinsake
      ontwikkeling.                                                          (3 x 2)    (6)

4.3   DATA RESPONS

      Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.

                    HOP, GEAR en dit als: oorskou tien jaar later

      Aangesien dit slegs ŉ paar weke is alvorens dit 10 jaar is sedert die
      publikasie van die GEAR beleid, maak dit vir my sin om vanaand terug te
      keer na ‘HOP, GEAR en dit als’ en ŉ oorskou te doen op die lesse wat
      geleer is, in ag genome die perspektief van vervlietende tyd. Ek was een
      van die ‘tegniese span’ wat die GEAR dokument saamgestel het, eerder as
      die ‘argitek’ van GEAR soos wat ek na verwys word. Ek was in werklikheid
      meer ŉ ‘steenlêer’ en ŉ ‘algemene arbeider’.
                             [Verkort en aangepas uit ŉ lesing deur: Stephen Gelb]

      4.3.1    Noem enige TWEE ekonomiese beleide van die Suid-Afrikaanse
               owerheid.                                                                 (4)

      4.3.2    Noem enige TWEE faktore wat ontwikkelingstrategieë kan
               beïnvloed.                                                                (4)

      4.3.3    Waarvoor staan die akroniem ‘GEAR’? (wenk – onthou dis Engels,
               jy mag dit in Afrikaans vertaal sou jy verkies)                           (2)

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013)                           EKONOMIE                                     11

 4.4    DATA RESPONS

        Bestudeer die volgende uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.

                          Vaardigheidsontwikkeling in Suid-Afrika

        Daar is miljoene mense regoor Suid-Afrika wat wil en nodig het om nuwe
        vaardighede aan te leer. Sommiges is leerders wat nog op skool of kollege
        is. Ander is reeds werksaam, maar moet vaardighede waaroor hulle beskik
        verbeter en nuwes aanleer.

        Daar is ŉ beraamde 4,3 miljoen mense wat werkloos is, waarvan die meeste
        oor min opleiding en vaardighede beskik. Meer as die helfte van die graad
        12 leerders wat jaarliks skool verlaat beskik nie oor genoegsame basiese
        vaardighede om werk in enige ekonomiese sektor te kry nie. Te enige tyd is
        daar soveel as 7 000 gegradueerdes met universiteitsgrade wat ook
        werkloos is. Al hierdie syfers kan selfs hoër wees.

        So dit is duidelik dat vaardigheidsontwikkeling, tesame met onderwys en
        opleiding kern elemente vir die mense van Suid-Afrika is en ook vir die
        ekonomiese groei van die land.
                          [Vryelik vertaal en aangepas vanuit: www.vocational.co.za]

        4.4.1      Watter organisasie is verantwoordelik vir vaardigheidsontwikkeling
                   in Suid-Afrika?                                                      (2)

        4.4.2      Wat, volgens die uittreksel, is die hoofrede vir werkloosheid?       (2)

        4.4.3      Noem enige TWEE inset sektore wat besighede benodig om mee
                   te ding, te oorleef en voorspoed te beleef.                          (4)

        4.4.4      Noem EEN belangrike element vir ekonomiese groei, waarna in die
                   uittreksel verwys word.                                              (2)

 4.5    Bespreek TWEE metodes van ‘uitvoerbevordering’.                                 (8)

 4.6    Bespreek ‘onderwys’ as ŉ sosiale aanwyser, kortliks.                             (8)
                                                                                        [50]

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                    EKONOMIE                              (SEPTEMBER 2013)

VRAAG 5       (LU4 AS1 − 3) (50 PUNTE – 25 MINUTE)

5.1   Kies die mees korrekte woord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die woord
      langs die ooreenstemmende vraagnommer (5.1.1 – 5.1.4) in die
      ANTWOORDEBOEK.

      5.1.1    Toerisme is ŉ (arbeids/kapitaal)-intensiewe bedryf.                       (2)

      5.1.2    Vraag na hoër lone sal lei toe (vraag-trek/koste-druk) inflasie.          (2)

      5.1.3    Die genot van ongerepte natuur word na verwys as
               (ekotoerisme/avontuurtoerisme).                                           (2)

      5.1.4    Son-energie is ŉ (hernieubare/nie-hernieubare) bron van energie.          (2)

5.2   Noem enige DRIE toestande wat as toerisme/ŉ toeris beskou kan word.
                                                                        (3x2)            (6)

5.3   DATA RESPONS

      Bestudeer die onderstaande grafiek en beantwoord die vrae wat volg.

                 [Aangepas uit die SARB’s Kwartaallikse Bulletin September 2012]

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013)                            EKONOMIE                                      13

        5.3.1      Definieer die begrip ‘kern inflasie’.                                  (2)

        5.3.2      Noem die soort verbruiksgoedere met ŉ opwaartse inflasie neiging
                   in 2012.                                                               (2)

        5.3.3      Verduidelik ‘geadministreerde prys inflasie’ kortliks.                 (4)

        5.3.4      Definieer die begrip ‘nie-duursame goedere’.                           (2)

 5.4    DATA RESPONS

        Bestudeer die onderstaande spotprent en uittreksel en beantwoord die vrae
        wat volg.

        Baie olie het uit die Golf van Mexiko se Deepwater Horizon gelek.
        Ongeveer 800 dooie voëls, seeskilpaaie, dolfyne en ander diere is aan
        die kus van die Golf gevind.
                [Vryelik vertaal en aangepas uit die National Geographic, June 8, 2010]

        5.4.1      Verduidelik die begrip ‘waterbesoedeling’ kortliks.                    (4)

        5.4.2      Wat, na aanleiding van bostaande spotprent, was die hoofoorsaak
                   van hierdie besoedeling?                                               (2)

        5.4.3      Onderskei tussen ‘Beskerming’ en ‘Bewaring’.                           (4)

 5.5    Verduidelik kortliks die uitwerking van toerisme op die plattelandse
        bevolking.                                                                        (8)

 5.6    Bespreek enige TWEE redes vir markmislukking met betrekking tot
        omgewingsvolhoubaarheid.                                                           (8)
                                                                                          [50]

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                                    EKONOMIE                              (SEPTEMBER 2013)

VRAAG 6       (LU1 EN LU2) (50 PUNTE – 25 MINUTE)

6.1   Kies die mees korrekte woord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die woord
      langs die ooreenstemmende vraagnommer (6.1.1 – 6.1.4) in die
      ANTWOORDEBOEK.

      6.1.1    Koste wat met die vlak van uitsette wissel, word
               (vaste/veranderlike) koste genoem.                                        (2)

      6.1.2    Ekonomiese aktiwiteite is op die laagste wanneer die sakesiklus die
               (trog/piek) bereik.                                                       (2)

      6.1.3    In ŉ monopolie mark, word verkopers na verwys as prys
               (-makers/-nemers).                                                        (2)

      6.1.4    Die waarde van die vermenigvuldiger neem toe wanneer die
               marginale geneigdheid tot (verbruik/besparing) toeneem.                   (2)

6.2   Noem die DRIE voorbeelde van inspuitings in die ekonomiese kringloop.
                                                                          (3x2)          (6)

6.3   DATA RESPONS

      Bestudeer die volgende uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.

                                 LOPENDE REKENING

      In die eerste kwartaal van 2012 het ekonomiese groei van ŉ aantal Suid-
      Afrikaanse sleutel handelsvennote afgeneem, veral die Euro gebied,
      Verenigde Koninkryk en China. Hierdie wêreldwye verwikkelinge val saam
      met binnelandse aanbodbeperkings en ŉ appresiasie in die eksterne waarde
      van die rand, wat lei tot ŉ inkrimping in uitvoerverdienste oor hierdie periode.
      In teenstelling, neig die waarde van goedere invoer hoër in die eerste
      kwartaal van 2012. Gevolglik het die tekort op die handelsrekening van die
      betalingsbalans redelik gerek.
                            [Vryelik vertaal en aangepas vanuit SARB Bulletin, 2012]

      6.3.1    Noem TWEE redes, volgens die uittreksel, vir die toename in die
               tekort op die handelsrekening van die betalingsbalans.                    (4)

      6.3.2    Noem enige EEN sleutel handelsvennoot van Suid-Afrika, volgens
               die uittreksel.                                                           (2)

      6.3.3    Noem enige TWEE komponente/items in die lopende rekening.                 (4)

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013)                                  EKONOMIE                            15

 6.4    DATA RESPONS

        Bestudeer die volgende grafiek en beantwoord die vrae wat volg.

                                                                      B
                                                                                 A
                                    M                        N

                                                                          V/GI

                     Prys \ Koste
                                    P
                                                             O

                                                                 MI

                                        0                    H
                                            Hoeveelheid

        6.4.1      Wat stel bostaande grafiek voor?                                   (2)

        6.4.2      Wat stel die area ‘MNOP’ voor?                                     (2)

        6.4.3      Benoem die kurwes A en B in bostaande grafiek.                     (4)

        6.4.4      Definieer die begrip ‘Marginale Inkomste’.                         (2)

 6.5    Bespreek ‘ondoeltreffendheid’ as een van die probleme van openbare sektor
        voorsiening.                                                                  (8)

 6.6    Verduidelik kortliks ‘normale wins’ in ŉ volmaak mededingende mark.            (8)
                                                                                      [50]

                                                                 TOTAAL AFDELING B:   150

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                                    EKONOMIE                            (SEPTEMBER 2013)

AFDELING C: (Beantwoord enige TWEE vrae uit hierdie afdeling)

                PUNTETOEKENNING VIR OPSTELTIPE VRAE
               STRUKTUUR VAN OPSTEL              Puntetoekenning
Inleiding                                            Maks 3
Inhoud
• Hoofdeel: Byvoorbeeld bespreek/verduidelik/                        Maks 30
              gedetailleerde opstel/ontleed/evalueer
• Addisionele gedeelte: Byvoorbeeld teken ŉ grafiek of
                                                                     Maks 10
                           diagram/verwys/dui aan
Slot                                                                  Maks 2
Interpretasie                                                         Maks 5
TOTAAL                                                                 50

VRAAG 7      (LU1 AS1)

OPSTELTIPE

Bespreek die volgende sakesiklus-aanwysers wat in vooruitskatting gebruik kan
word, ten volle – Leidende, Sloerende, Samevallende, Lengte en Amplitude.

As toevoeging, teken ŉ volledige ‘sakesiklus’ met byskrifte.                           [50]

VRAAG 8      (LU2 AS1)

OPSTELTIPE

Skryf ŉ gedetailleerde opstel oor die eienskappe van volmaakte mededinging.
Maak gebruik van ŉ PMK (grafiek) om die volgende punte daarop aan te dui.
       Ondoeltreffende produktiwiteit    (A)
       Doeltreffende produktiwiteit      (B)
       Onmoontlike produktiwiteit        (C)                                           [50]

VRAAG 9      (LU3 AS3)

OPSTELTIPE

Skryf ŉ gedetailleerde opstel oor die metodes van invoervervanging.

Verwys ook na die argumente ten gunste van vryhandel.                                  [50]

VRAAG 10 (LU4 AS1)

OPSTELTIPE

Ontleed die oorsake van koste-druk inflasie.

As toevoeging verwys ook na enige VYF gevolge van inflasie.                            [50]

                                                               TOTAAL AFDELING C:      100
                                                                   GROOTTOTAAL:        300

## Related documents

- [Economics HG 2013 QP](https://www.hlayiso.com/library/economics-hg-2013-qp/a8e69965-e2d4-4bc3-916d-58cf41c0f0f9) — Economics · QP · 2013
- [ECONOMICS P2 GR12 QP SEPT 2023 English](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr12-qp-sept-2023-english/fc883496-5ba9-4219-a274-ff0bc055bc5e) — Economics · QP · 2023 · Eng
- [ECON P2 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/econ-p2-gr12-qp-sept2022-afrikaans/4dfd489d-79be-494e-a2cf-f0b51ee8c5e1) — Economics · QP · 2022 · Afr
- [ECONOMICS P2 QP GR12 SEPT2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-gr12-sept2021-afrikaans/dd04c2d3-fe9a-483a-8499-6776d07f5cd2) — Economics · QP · 2021 · Afr
- [ECONOMICS P2 QP SEPT 2019 English](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-sept-2019-english/508a14ba-a1bb-463c-9739-8b79c8031f85) — Economics · QP · 2019 · Eng
- [ECON P1 GR12 QP SEPT 2018 Eng D2](https://www.hlayiso.com/library/econ-p1-gr12-qp-sept-2018-eng-d2/7e11760f-b27e-464b-a661-2bba7fcb9dc7) — Economics · QP · 2018 · Eng

## More from Grade 12 Economics

- [Economics P2 Memo Afr watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-afr-watermark/c9d66fa3-0b40-419d-a6f6-d862847d4e82) — Memo · 2025 · Afr
- [Economics P2 (English) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-english-june-2025-possible-answers/3df8bb66-2d0a-4b1b-89bf-509b303bfa3e) — Memo · 2025 · Eng
- [Economics P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2025-mg-eng/f6c27985-fe67-48df-afba-d85bf5f76379) — Memo · 2025 · Eng
- [Economics P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-mg-afr/4cc1190f-9c0a-43ea-98bc-3252875816a9) — Memo · 2025 · Afr
- [NW 12 ECONOMICS P2 QP ENG JUNE 2025](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-economics-2025-nw-june-exam-question-paper-paper-2-english/c80fc8cc-fc9d-44e9-a820-8736783a4556) — QP · 2025 · Eng
- [ECONOMICS QP.P1 GR 12 JUNE 2024 (Backup papers)](https://www.hlayiso.com/library/economics-qp-p1-gr-12-june-2024-backup-papers/cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941) — QP · 2024

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
