# Economics Grade 12 P1 Gauteng Mock 2021 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Economics Paper 1 question paper from the Gauteng Mock Exam 2021 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr12-economics-p1-afrikaans-2021-preparatory-question-paper/97fa1afa-f16a-453a-9ffd-f1543d5efd0a
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2021
- Exam period: Gauteng Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 P1 Gauteng Mock 2021 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr12-economics-p1-afrikaans-2021-preparatory-question-paper/97fa1afa-f16a-453a-9ffd-f1543d5efd0a)

## About this document

Economics · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2021 · Afrikaans. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

         GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                  VOORBEREIDENDE EKSAMEN
                           2021
                           10731

                         EKONOMIE

                        VRAESTEL 1

TYD:      2 uur

PUNTE:    150

14 bladsye

                                              b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com

                                            EKONOMIE                              2
                                            (Vraestel 1)            10731/20

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDBOEK:

         AFDELING A: VERPLIGTEND
         AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae.
         AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.

2.    Beantwoord slegs die vereiste aantal vrae. Oortollige antwoorde sal NIE
      nagesien word NIE.

3.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik is.

4.    Lees die vrae sorgvuldig deur.

5.    Begin elke vraag op ŉ NUWE bladsy.

6.    Laat 2 – 3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.

7.    Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
      konteks van jou antwoorde ooreenstem met die kognitiewe vereistes van die
      vrae.

8.    Gebruik slegs swart of blou ink.

9.    ŉ Nie-programmeerbare sakrekenaar mag gebruik word.

10.   Skryf netjies en leesbaar.

                                                                                      b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                                EKONOMIE
                                                                                        3
                                                (Vraestel 1)               10731/21

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1                                                        30 PUNTE – 20 MINUTE

1.1   Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies
      die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
      (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.1.9 D.

      1.1.1   Die twee belangrikste markte in die ekonomiese kringloop van inkomste
              en uitgawes is die ...

              A    valutamark en faktormark.
              B    faktormark en produkmark.
              C    goedere mark en dienste mark.
              D    kapitaalmark en geldmark.

      1.1.2   Die proses om voorspellings te maak oor veranderende omstandighede
              en toekomstige gebeure wat die ekonomie kan beïnvloed.

              A    Ekonomiese voorspelling
              B    Sloerende ekonomiese aanwyser
              C    Ekonomiese aanwyser
              D    Leidende ekonomiese aanwyser

      1.1.3   Hoë inflasie is die resultaat van ... as ŉ makro-ekonomiese doel nie
              bereik word nie.

              A    prysstabiliteit
              B    eksterne stabiliteit
              C    volle indiensneming
              D    billike verdeling van inkomste

      1.1.4   As buitelandse beleggers Sasol-aandele vanaf die Johannesburgse
              Effektebeurs (JSE) koop, word dit as netto ... in die betalingsbalans
              aangeteken.

              A    direkte beleggings
              B    ander beleggings
              C    finansiële afgeleide instrumente
              D    portefeulje-beleggings

      1.1.5   Die nywerheidsbeleid wat fokus op ekonomiese ontwikkeling in spesifieke
              gebiede, word ... genoem

              A    sentralisering
              B    integrasie
              C    desentralisasie
              D    internasionale samewerking

                                                                                            b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                         EKONOMIE
                                                                                   4
                                         (Vraestel 1)               10731/21

1.1.6   ŉ Voorbeeld van ŉ monetêre beleidsbenadering wat gebruik word om
        ekonomiese groei en ontwikkeling te bevorder, staan bekend as ...

        A    eiendomsubsidies.
        B    opemarktransaksies.
        C    welvaartbelasting.
        D    grondherverdeling.

1.1.7   ŉ Sosiale aanwyser wat verband hou met gesondheid is ...

        A    die persentasie inskrywing in sekondêre skole.
        B    die beskikbaarheid van elektrisiteit.
        C    ondervoeding.
        D    infantie le mortaliteit.

1.1.8   Die verlaging van die repokoers kan gesien word as ŉ ... benadering tot
        ekonomiese groei.

        A    toegevoegde waarde
        B    aanbodkant
        C    fiskale
        D    vraagkant                                                   (8 x 2)   (16)

                                                                                       b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                           EKONOMIE
                                                                                     5
                                           (Vraestel 1)                10731/21

1.2   Kies ŉ beskrywing uit KOLOM B wat by ŉ item in KOLOM A pas. Skryf slegs
      die letter (A–I) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die
      ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.2.9 J.

                 KOLOM A                              KOLOM B
      1.2.1   Belasting                A   ŉ Verlaging in die prys van goedere
                                           en verbruikers het meer geld om
      1.2.2   Keynesianisme                aan ander goedere te spandeer

      1.2.3   Inkomste-effek           B   Die proses van verhoogde
                                           internasionale samewerking en
      1.2.4   Amplitude                    kommunikasie, wat tot
                                           internasionale handel lei
      1.2.5   Inligting- en
              kommunikasietegnologie   C   ŉ Instelling wat KMMO's bystaan

                                       D   ŉ Teorie wat die betrokkenheid van
      1.2.6   Globalisering                die regering by die ekonomie
                                           regverdig
      1.2.7   Departement van
              Handel, Nywerheid en     E   Meet die afstand tussen twee pieke
              Mededinging                  of tussen twee trôe

      1.2.8   Menslike kapitaal        F   Mense en hul vaardighede wat
                                           benodig word vir produksie

                                       G   Verpligte betaling deur ŉ privaat
                                           individu of sakeonderneming aan
                                           die staat waarvoor daar geen direkte
                                           voordeel is nie.

                                       H   ŉ Belangrike groeisektor van die
                                           Geïntegreerde
                                           Vervaardigingstrategie

                                       I   Meet die afstand van die tendenslyn
                                           tot die piek en die tendenslyn tot die
                                           trog
                                                                           (8 x 1)   (8)

                                                                                         b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                              EKONOMIE
                                                                                      6
                                              (Vraestel 1)               10731/21

1.3   Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs
      die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDBOEK neer. Afkortings,
      akronieme en voorbeelde sal NIE aanvaar word NIE.

      1.3.1   Bedrag wat betaal moet word vir die verskillende produksiefaktore wat
              gebruik word om goedere en dienste te produseer

      1.3.2   Pogings deur belangegroepe om regeringsgedrag tot hul voordeel te
              beïnvloed

      1.3.3   ŉ Vorm van krediet wat gebruik kan word wanneer betalingsbalans-
              probleme ondervind word

      1.3.4   Dit verwys na die grootte en struktuur van die bevolking

      1.3.5   Waarde toevoeging tot grondstowwe deur dit plaaslik te verwerk tot
              finale produkte vir verbruikers

      1.3.6   Die uitset per werker in ŉ bepaalde tydperk                   (6 x 1)   (6)

                                                             TOTAAL AFDELING A:           30

                                                                                          b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                                         EKONOMIE
                                                                                                                  7
                                                         (Vraestel 1)                         10731/21

AFDELING B

Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.

VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE                                                  40 PUNTE – 30 MINUTE

2.1   Beantwoord die volgende vrae.

      2.1.1   Noem TWEE soorte sekuriteite wat in die geldmark voorkom.                            (2 x 1)        (2)

      2.1.2   Waarom is ŉ vryswewende wisselkoers voordeliger vir die meeste
              lande?                                                       (1 x 2)                                (2)

2.2   Bestudeer die volgende sirkelgrafiek en beantwoord die vrae wat volg.

       BYDRAE VAN DIE VERSKILLENDE BEDRYWE TOT SUID-AFRIKA SE BBP

                                                            Landbou, bosbou, visvang: 2,59%
                        Persoonlike dienste: 5,96%
                                                                   Mynbou en steengroewery: 8,06%

         Algemene regerings dienste:
                            16,74%
                                                                                 Vervaardiging: 13,53%

                                                                                   Elektrisiteit, gas en water:
                                                                                   2,31%
                                                                                  Konstruksie: 3,77%

        Finansies, eiendom en sake
                    dienste: 22,39%
                                                                          Handel, spysenering en
                                                                          akkommodasie: 15,10%

                                       Vervoer, berging en kommunikasie: 9,55%

                              [Aangepaste bron: https://www.southafricanmi.com/south-africas-gdp.html]

      2.2.1   Identifiseer die bedryf in die sekondêre sektor wat die meeste bygedra
              het tot ekonomiese groei in die diagram hierbo?                                                     (1)

      2.2.2   Noem die metode wat gebruik is om die Bruto Binnelandse Produk te
              bereken in die diagram hierbo.                                                                      (1)

      2.2.3   Beskryf kortliks die term nasionale produksie.                                                      (2)

      2.2.4   Hoe beïnvloed die vergoeding van werknemers arbeidsproduktiwiteit?                                  (2)

      2.2.5   Waarom is die vermenigvuldigingseffek op vervaardiging belangrik in
              die ekonomie?                                                 (2 x 2)                               (4)

                                                                                                                      b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                                    EKONOMIE
                                                                                                   8
                                                    (Vraestel 1)                   10731/21

2.3   Bestudeer die onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat volg.

      SINKGAT VAN 4 METER DIEP VEROORSAAK VERKEERSAFLEIDINGS IN
      BENONI

      Motoriste is gewaarsku oor ŉ sinkgat op die N12 (Snake Weg) naby Benoni. Die
      sinkgat is Saterdagoggend in die vroeë oggendure ontdek en teen die middag
      was die paaie nog steeds afgesluit. Volgens die Gautengse Departement van
      Padvervoer is die sinkgat ongeveer vier meter diep.
       [Aangepaste bron: https://www.news24.com/news24/southafrica/news/4-metre-deep-sinkhole-
                                                    causes-traffic-diversions-in-benoni-2019110]

      2.3.1   Noem die regeringsvlak waarvolgens die munisipaliteit van Benoni
              geklassifiseer kan word.                                                              (1)

      2.3.2   Noem enige ander funksie van die munisipaliteit, behalwe die herstel
              van paaie.                                                                            (1)

      2.3.3   Beskryf kortliks die term gratis ryer.                                                (2)

      2.3.4   Verduidelik een voordeel van verbeterde padverbindings.                               (2)

      2.3.5   Watter impak sal ŉ kleiner begrotingstoewysing op padveiligheid hê?                   (4)

2.4   Bespreek die interaksies tussen ekonomiese deelnemers aan ŉ geslote
      ekonomie.                                                                         (4 x 2)     (8)

2.5   Waarom is dit nodig om die betalingsbalans-data van ŉ land te ondersoek?                      (8)
                                                                                                   [40]

                                                                                                       b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                                EKONOMIE
                                                                                                9
                                                (Vraestel 1)                   10731/21

VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES                                 40 PUNTE – 30 MINUTE

3.1   Beantwoord die volgende vrae.
      3.1.1   Noem enige TWEE kenmerke van ekonomieë in die suide.                   (2 x 1)    (2)

      3.1.2   Hoe gebruik die SARB sy opemarktransaksies om krediet te beperk?
                                                                            (1 x 2)             (2)

3.2   Bestudeer die onderstaande tabel en beantwoord die vrae wat volg.

      SUID-AFRIKA SE SOSIALE EN MENSLIKE ONTWIKKELINGSAANWYSERS

                                 Verwagte
                Lewens-                        Gemiddelde
                                  jare van                       BNI per        MOI
       Jaar    verwagting                        jare van
                                   skool-                       capita ($)     waarde
               by geboorte                      skoolhou
                                 opleiding
       2018         62,0            13,3           10,1           12,073        12,073
       2019         62,8            13,3           10,1           11,948        11,948
       2020         63,4            13,3           10,1           11,923        1,.923

                                                               [Bron: http:hdr.undp.org 2020]

      3.2.1   Identifiseer die jaar wat die beste lewenspeil vir Suid-Afrikaners getoon
              het in die bostaande tabel.                                                       (1)

      3.2.2   Noem EEN rede vir die afname in die Bruto Nasionale Inkomste (BNI)
              per capita tussen 2019 en 2020 in die tabel hierbo.                               (1)

      3.2.3   Beskryf kortliks die term lewensverwagting.                                       (2)

      3.2.4   Bespreek doeltreffende dienslewering deur die regering as ŉ maatstaf
              vir die lewenstandaard.                                                           (2)

      3.2.5   Hoe beïnvloed lae lewensverwagting die Menslike Ontwikkelingsindeks
              (MOI) van ŉ land?                                              (2 x 2)            (4)

                                                                                                    b.o.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                                EKONOMIE
                                                                                                 10
                                                (Vraestel 1)                    10731/21

3.3   Bestudeer die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.

                             SPESIALE EKONOMIESE SONE

      Een van die belangrikste instrumente om die land se nywerheidsontwikkelings-
      agenda te versnel, is die nuwe Spesiale Ekonomiese Sone-program(SES).

      Die land se nywerheidsontwikkelingsagenda word duidelik uiteengesit in ons
      Nasionale Nywerheidsbeleids-raamwerk (NNBR), Nywerheidsbeleidaksieplan
      (IPAP) en Nasionale Ontwikkelingsplan (NOP).

      Die nuwe Afrika-kontinentale Vryhandelsgebied (AFCTA) wat op 1 Januarie 2021
      in werking getree het, sal ons SES's ondersteun.
                                              [Aangepas uit Mail and Guardian – 26 Julie 2019]

        3.3.1   Verskaf EEN hoofdoel van die Nasionale Nywerheidsbeleids-
                raamwerk.                                                                         (1)

        3.3.2   Noem EEN voordeel wat ŉ land verkry uit regstreekse buitelandse
                beleggings(RBB's).                                                                (1)

        3.3.3   Beskryf kortliks die term de-industrialisering.                                   (2)

        3.3.4   Wat is die verband tussen die vervaardigingsektor en die primêre
                sektor?                                                                           (2)

        3.3.5   Hoe sal SES’s voordeel trek uit die nuwe AFCTA?                       (2 x 2)     (4)

3.4     Bespreek kortliks groei en handel as uitdagings van globalisering wat
        ontwikkelende lande in die gesig staar.                                       (2 x 4)     (8)

3.5     Hoe kan regerings aansporings gebruik om nywerheidsontwikkeling aan te
        moedig?                                                                                   (8)
                                                                                                 [40]

                                                                                                  b.o.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                                    EKONOMIE
                                                                                                     11
                                                    (Vraestel 1)                    10731/21

VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES
                                           40 PUNTE – 30 MINUTE

4.1   Beantwoord die volgende vrae.

      4.1.1   Noem TWEE soorte ondoeltreffendhede van openbare sektor
              voorsiening.                                                                (2 x 1)     (2)

      4.1.2   Hoe word ontwikkelende lande negatief beïnvloed deur kapitalisme?
                                                                             (1 x 2)                  (2)

4.2   Bestudeer die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.

                         MYNBOU EN MINERALE IN SUID-AFRIKA

      Suid-Afrika is ŉ wêreldleier op die gebied van mynbou. Die land is bekend vir sy
      oorvloed minerale bronne, wat ŉ aansienlike deel van die wêreldproduksie en –
      reserwes uitmaak, en die Suid-Afrikaanse mynboumaatskappye is belangrike
      rolspelers in die wêreldwye bedryf.

              [Bron: https://www.brandsouthafrica.com/investments-immigration/business/ economy/
                                                              mining-and-minerals-in-south-africa]

      4.2.1   Noem enige EEN kommoditeit wat Suid-Afrika na die buitelande uitvoer.                   (1)

      4.2.2   Noem die ekonomiese sektor waarin mynbou geklassifiseer word.                           (1)

      4.2.3   Beskryf kortliks die term netto gouduitvoere.                                           (2)

      4.2.4   Hoe dra mynbou by tot die vermindering van die betalingsbalans
              onewewigtigheid?                                                                        (2)

      4.2.5   Bespreek die impak van wisselkoersskommelings op die
              mynbousektor.                                                               (2 x 2)     (4)

                                                                                                      b.o.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                               EKONOMIE
                                                                                            12
                                               (Vraestel 1)                  10731/21

4.3   Bestudeer die onderstaande tekenprent en beantwoord die vrae wat volg.

                                                              …EK HET
                                                               DIT!!

                                                                  VERANTWOORDELIKE
                                                                  GROND-HERVORMING

                                                            [Aangepas uit www.google.com]

      4.3.1   Identifiseer die grondbeleid soos aangedui in die diagram hierbo.              (1)

      4.3.2   Noem EEN ander beleid wat gebruik word vir welvaartverspreiding.               (1)

      4.3.3   Beskryf kortliks die term ekonomiese groei.                                    (2)

      4.3.4   Hoe het die onlangse arbeidswette verander om tot welvaartskepping in
              Suid-Afrika by te dra?                                                         (2)

      4.3.5   Hoe kan die Uitgebreide Openbarewerksprogramme gebruik word om
              die werkloosheidsyfer te verlaag?                          (2 x 2)             (4)

4.4   Bespreek hoe bestuursmislukking en burokrasie tot mislukking in die openbare
      sektor bydra.                                                           (4 x 2)        (8)

4.5   Evalueer die gebruik van aanwysers om die gesondheid van ŉ bevolking tydens
      die Covid-19-pandemie te monitor.                                                      (8)
                                                                                            [40]

                                                               TOTAAL AFDELING B:            80

                                                                                             b.o.

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
                                                 EKONOMIE
                                                                                       13
                                                 (Vraestel 1)            10731/21

AFDELING C

Beantwoord EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.

Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:

                                                                               PUNTE-
                      STRUKTUUR VAN OPSTEL
                                                                             TOEKENNING
Inleiding

Die inleiding is ŉ laerorde-respons.

  ŉ Goeie begin is om die sleutelkonsep wat met die vraagonderwerp             Maks. 2
   verband hou, te definieer of te omskryf.
 Moenie enige deel van die vraag by die inleiding insluit nie.
 Moenie enige gedeelte van die inleiding in die liggaam herhaal nie.
 Vermy om in die inleiding te sȇ wat jy in die liggaam gaan bespreek.
Liggaam

Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede/Diepgaande bespreking/                  Maks. 26
Ondersoek/Bespreek krities/Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/
Differensieer/Verduidelik/Assesseer/Debatteer

Addisionele gedeelte: Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/ Evalueer       Maks. 10
krities/Trek ŉ grafiek en verduidelik/Gebruik die gegewe grafiek en
verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/Lei af/Vergelyk/
Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/Debatteer kortliks/Hoe?/Stel/Voorstel ŉ
grafiek op (valutamark, vermenigvuldiger)
Slot

Enige hoërorde-slot moet die volgende insluit:                                  Maks. 2

   ŉ Kort samevatting van dit wat bespreek is sonder om enige feite wat
    alreeds genoem is te herhaal
   Enige mening of waardeoordeel oor die feite wat bespreek is
   Addisionele ondersteunende inligting wat die bespreking/ontleding
    versterk
   ŉ Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra
   Aanbevelings
                                                                  TOTAAL:         40

                                                                                          b.o.

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
                                               EKONOMIE
                                                                                         14
                                               (Vraestel 1)               10731/21

VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE                                       40 PUNTE – 40 MINUTE

   Bespreek breedvoerig die gebruik van aanbodkantbeleide vir die 'gladstryk van
    sakesiklusse'.                                                                (26)

   Evalueer die effek van reële rentekoerse op die sakesiklusse.                 (10)   [40]

VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES                                   40 PUNTE – 40 MINUTE

   Bespreek breedvoerig die argumente ten gunste van handelsbeskerming.          (26)

   Evalueer die negatiewe impak van ŉ vryehandelsbeleid op die ekonomie.         (10)   [40]

                                                              TOTAAL AFDELING C:          40

                                                                            TOTAAL:      150

                                           EINDE

## Related documents

- [Gr12 Economics P1 (Afrikaans) SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-economics-p1-afrikaans-sep-2022-question-paper/4b579af8-e0b1-4689-a729-7d9986eea052) — Economics · QP · 2022 · Afr
- [Grade 12 NSC Economics P1 (Afrikaans) 2020 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p1-afrikaans-2020-preparatory-question-paper/468fe2d7-94f8-43ec-88c6-86cf12e31969) — Economics · QP · 2020 · Afr
- [Grade 12 NSC Economics P1 (Afrikaans) X10 2019 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p1-afrikaans-x10-2019-preparatory-examination-question-paper/37295a41-5de8-4317-9725-dc223714aee3) — Economics · QP · 2019 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR12 MEMO SEPT2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-memo-sept2021-afrikaans/be8a315c-3850-4a12-a242-cce45d9f946b) — Economics · Memo · 2021 · Afr
- [ECONOMICS P2 QP GR12 SEPT2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-gr12-sept2021-afrikaans/dd04c2d3-fe9a-483a-8499-6776d07f5cd2) — Economics · QP · 2021 · Afr
- [Gr12 Economics P2 (Afrikaans) SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-economics-p2-afrikaans-sep-2022-question-paper/82e9d47a-c817-4545-9700-e9e2b9b7de9b) — Economics · QP · 2022 · Afr

## More from Grade 12 Economics

- [Economics P2 Memo Afr watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-afr-watermark/c9d66fa3-0b40-419d-a6f6-d862847d4e82) — Memo · 2025 · Afr
- [Economics P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-mg-afr/4cc1190f-9c0a-43ea-98bc-3252875816a9) — Memo · 2025 · Afr
- [ECONOMICS QP.P1 GR 12 JUNE 2024 (Backup papers)](https://www.hlayiso.com/library/economics-qp-p1-gr-12-june-2024-backup-papers/cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941) — QP · 2024
- [ECONOMICS P1 GR12 QP JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-qp-june-2024-afrikaans/c346a16c-1f30-4d4f-bcd0-fc46002d1c9d) — QP · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR12 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-memo-sept-2024-afrikaans/4e5fd6f8-b056-49dd-befb-68b8106fad9c) — Memo · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR12 QP SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-qp-sept2024-afrikaans/8c1cb29b-6587-4828-ae16-d72e2952b976) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
