# Economics Grade 12 P2 Gauteng Mock 2021 Memo (Afrikaans)

> Grade 12 Economics Paper 2 memorandum from the Gauteng Mock Exam 2021 (Afrikaans), 21 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr12-economics-p2-afrikaans-2021-preparatory-possible-answers/6bdd2f3b-9e8a-407c-a0f6-be9c688ecf84
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2021
- Exam period: Gauteng Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 21

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 P2 Gauteng Mock 2021 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/gr12-economics-p2-afrikaans-2021-preparatory-possible-answers/6bdd2f3b-9e8a-407c-a0f6-be9c688ecf84)

## About this document

Economics · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2021 · Afrikaans. Memorandum, 21 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

 GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
             VOORBEREIDENDE EKSAMEN
                            2021
                   NASIENRIGLYNE

              EKONOMIE (VRAESTEL 2) (10732)

21 bladsye

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                     10732/21

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1

1.1 MEERVOUDIGE KEUSE

    1.1.1   A – Pareto- 

    1.1.2   C – homogeen. 

    1.1.3   B – monopolistiese mededingende 

    1.1.4   D – totale koste oorskry die totale inkomste. 

    1.1.5   D – algemene prysvlak. 

    1.1.6   C – verhoog 

    1.1.7   A – dienste 

    1.1.8   B – menslike gesondheid.                                       (8 x 2)    (16)

1.2 PASITEMS

    1.2.1   B – ŉ Verandering in prys veroorsaak ŉ kleiner persentasie verandering
                in die hoeveelheid gevra 

    1.2.2   I – ŉ Tydperk waarin alle produksiefaktore en -koste veranderlik is 

    1.2.3   D – Die verlies van potensiële voordeel van ander alternatiewe wanneer
                een alternatief gekies word 

    1.2.4   E – ŉ Owerheid wat groot samesmeltings verbied of magtig 

    1.2.5   F – Pryse van goedere en dienste wat deur die regering ingestel of
                beheer word 

    1.2.6   C – Die reis van inwoners van ŉ land binne hul eie land 

    1.2.7   G – Aan ondernemings voorsien vir aktiwiteite wat omgewingskade
                verminder 

    1.2.8   A – Die versekering dat verandering simpatiek is vir die lewenskwaliteit
                van beide huidige en toekomstige geslagte                   (8 x 1)     (8)

                                            2

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                                         10732/21

1.3 EEN TERM

   1.3.1   duopolie 

   1.3.2   gelykbreek 

   1.3.3   marginale inkomste 

   1.3.4   ekotoerisme 

   1.3.5   bewaring 

   1.3.6   groen belasting                        (6 x 1)   (6)

                                      TOTAAL AFDELING A:     30

                                  3

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                      10732/21

AFDELING B

VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE

2.1   Beantwoord die volgende vrae.

      2.1.1   Noem enige TWEE redes vir ŉ kostevoordeelontleding.

                 Markseine, bv. prys, hulp met die toekenning van hulpbronne deur
                  vraag en aanbod. 
               Goedere wat deur die regering verskaf word, soos paaie, brûe,
                  ens. word gratis voorsien. 
               Aangesien daar geen markseine is nie, kan besluite oor die
                  wenslikheid van ŉ projek subjektief wees. 
               Objektiewe kriteria kan nodig wees om ekonomiese
                  doeltreffendheid in die toekenning van hulpbronne te verseker. 
               KVO bring groter objektiwiteit by besluitneming. 
               Dit word gedoen deur al die relevante voordele en koste van ŉ
                  projek te identifiseer sodat ŉ ingeligte besluit geneem kan word. 
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons.)                 (2 x 1)   (2)

      2.1.2   Waarom is mededinging nodig om markte reg te laat funksioneer?

                 Mededinging verseker dat markte nie deur sekere ondernemings
                  oorheers word nie. 
               Mededinging laat pryse daal. 
               ŉ Groter verskeidenheid goedere op die mark sal in die behoeftes
                  van verbruikers voorsien. 
               Ondernemings wat meeding kan tot beter gehalte produkte lei. 
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons.)            (1 x 2)        (2)

2.2   DATA-RESPONS

      2.2.1   Watter markstruktuur word normaalweg met banke geassosieer?

                 Oligopoliemark                                                         (1)

      2.2.2   Noem EEN nie-prys metode wat banke gebruik om mededingend
              te wees.

               Handelsmerk 
               Adverteer 
               Uitgebreide besigheidsure 
               Beloon-aansporings vir lojale kliënte 
               Rentekoerse differensiasie vir bestaande kliënte 
              (Aanvaar enige ander korrekte alternatiewe reaksie.)                        (1)

                                              4

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                           10732/21

      2.2.3   Beskryf kortliks die term samespanning.

              Samespanning vind plaas wanneer mededingende maatskappye
              saamwerk vir hul wedersydse voordeel. 
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons.)                                (2)

      2.2.4   Waarom sal ABSA nie ŉ groter markaandeel verkry as hulle die
              bankkoste sou verlaag nie?

                 Banke gebruik ŉ nie-prys mededingingstrategie om mee te ding. Baie
                  klante geniet ander voordele wat hul banke bied, daarom bly hulle
                  lojaal aan hulle bank, selfs al verlaag ABSA hul bankkoste. 
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons.)                                (2)

      2.2.5   Watter negatiewe gevolge kan digitale bankwese vir
              bankwerknemers inhou?

                 Digitalisering kan lei tot afleggings van werknemers.
                 Digitalisering dra by tot minder fisiese interaksie; dit kan lei tot anti-
                  sosiale gedrag en minder werkstevredenheid. 
               Ouer werknemers kan moontlik nie aanpas by die digitale
                  omgewing nie en hulle kan nie in diens geneem word nie./Hulle
                  word werkloos. 
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons.)                      (2 x 2)   (4)

2.3   DATARESPONS

      2.3.1   Noem EEN voorbeeld van ŉ veranderlike koste.

              lone; die koste van grondstowwe, elektrisiteit ens. 
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons.)                                (1)

      2.3.2   Identifiseer die punt op die grafiek waar die onderneming ŉ
              normale wins sal maak.

              Punt c.                                                                         (1)

      2.3.3   Beskryf kortliks die term marginale koste.

              Marginale koste is die bedrag waarmee die totale koste styg wanneer
              een ekstra eenheid vervaardig word.                                            (2)

      2.3.4   Hoe word die onderneming se aanbodkurwe in die bostaande
              grafiek afgelei?

              Die segment van die marginale kostekurwe van die onderneming wat
              bokant die GVK-kurwe is, is die aanbodkurwe van die onderneming.
              (aangedui deur punt b tot d op die kurwe)                                      (2)

                                                5

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                       10732/21

      2.3.5   Waarom sou die bogenoemde onderneming nie bereid wees om
              goedere te lewer teen ŉ prys onder punt b nie?

                 Onder punt b sou die gemiddelde inkomste minder wees as die
                  gemiddelde veranderlike koste van die onderneming
                  (GI < GVK). 
               Op elke produksievlak onder punt b, is die onderneming nie in
                  staat om sy totale veranderlike koste te dek met sy onderskeie
                  totale inkomste verdienste nie. 
               Deur te sluit, sal die onderneming ŉ kleiner verlies ly. 
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons.)               (2 x 2)      (4)

2.4   Vergelyk ŉ monopolie met ŉ volmaakte mededinger in terme van
      marktoegang en die aantal ondernemings.

      Marktoegang
       Daar is geen hindernisse vir toegang tot ŉ volmaakte mark nie en toegang
          tot die mark is gratis. 
       Vir ŉ monopolistiese bestaan is die toegang tot die mark geblokkeer of
          beperk. 
      Aantal ondernemings
       Die volmaakte mark bestaan uit ŉ baie groot aantal ondernemings. 
       ŉ Monopolie bestaan uit slegs een verskaffer wat die hele mark
          oorheers. 
      (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons.)
      (Ken ŉ maksimum van 4 punte toe vir slegs ŉ lys van feite/voorbeelde.)
                                                                             (4 x 2)       (8)

                                             6

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                     10732/21

2.5   Verduidelik, aan die hand van ŉ korrek benoemde grafiek, die implikasies
      van ŉ afwaarts lopende vraagkromme vir ŉ monopolie.

           Prys                                   Puntetoekenning

                                    Afwaarts lopende vraagkurwe           1 punt
                                    Aanduiding van dalende prys en
                                    toenemende vraag:                     1 punt
                                    Korrekte benoeming op asse            1 punt
      PA                A           Korrekte benoeming van asse           1 punt
                                                                  (Max. 4 punte)

      PB                                B
                                                     Vraagkurwe 
      PC                                              C
                            MI

                      HA             HB         HC        Hoeveelheid 
                                      

        ŉ Monopolis gebruik sy markkrag wanneer pryse bepaal word. 
        Die monopolis neem die wet van vraag en sy afwaartse skuins vraagkurwe
         in ag wanneer hy sy prys bepaal. 
       Die monopolis is beperk tot ŉ prys- en hoeveelheid kombinasie op die
         vraagkurwe. 
       Teen hoër pryse sal die hoeveelheid gevra van sy produk laer wees. 
       Vir monopoliste om verkope te verhoog, moet hy die prys verlaag. 
       In ŉ beweging van punt A na B (sal die prys daal van PA na PB terwyl die
         hoeveelheid van HA na HB styg ) 
       ŉ Monopolis maksimeer die totale inkomste in die eerste helfte van die
         vraagkromme. 
       Die monopolis beperk dus sy produksie om hoër pryse te vra. 
      (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons.)                    (Maks 4       (8)
                                                                                        [40]

                                            7

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                       10732/21

VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES

3.1   Beantwoord die volgende vrae.

      3.1.1   Noem enige TWEE belangrike internasionale ooreenkomste oor
              volhoubare ontwikkeling.

                 Rio de Janeiro Beraad (UNCED) 
                 Johannesburg Beraad (WBVO) 
                 Rio + 20 Beraad 
                 Kyoto-protokol 
                 Millennium Ontwikkelingsdoelwitte 
                 Verenigde Nasies Raamwerkkonvensie oor Klimaatsverandering 
                 Konferensie van die Partye (COP 17)                    (2 x 1)           (2)

      3.1.2   Hoe kan ekotoerisme die omgewing bevoordeel?

                 Ekotoerisme kan ekonomiese, sosio-kulturele en
                  omgewingsvoordele vir die regering, private sektor en plaaslike
                  gemeenskappe meebring indien dit goed geïmplementeer word. 
               Inkomste uit toeriste besoeke help om werksgeleenthede vir
                  plaaslike inwoners te skep, wat weer lei tot ŉ meer gediversifiseerde
                  ekonomie vir hulle. 
               Ekotoerisme kan bewarings- en omgewingsbestuur ondersteun as
                  dit behoorlik uitgevoer word. 
               Verder kan hulpbron-opbrengste vanaf ekotoerisme verder belê
                  word in bewaringspogings. Inskrywingsfooie wat op besoekers
                  opgelê word, kan byvoorbeeld na die instandhouding en bestuur
                  van hierdie gebiede gekanaliseer word. 
               Ekotoerisme kan ook ŉ hulpmiddel wees om bewustheid oor die
                  omgewing te verhoog en die publiek op te voed oor bewaring. 
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons.)                   (1 x 2)   (2)

                                              8

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                      10732/21

3.2   DATA-RESPONS

      3.2.1   Behalwe waterbeperkings, noem enige ander oplossing om die
              vraag na water in die land te verminder.

               Opvoedkundige bewustheid 
               Herwin afvalwater 
               Verbeter besproeiing en landbou-watergebruik 
               Waterpryse 
               Opgaar van reënwater 
               Nuwe bewaringstegnologieë 
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons.)                           (1)

      3.2.2   Noem EEN internasionale maatstaf wat volhoubaarheid ten
              opsigte van klimaatsverandering verseker.

               Die Stede Klimaat Aksie Projek 
               Kyoto-protokol 
               Nasionale strategie vir reaksie op klimaatsverandering 
               Parys-ooreenkoms
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons.)                           (1)

      3.2.3   Beskryf kortliks die term water beperkte land.

                 ŉ Land waar die beskikbare waterbronne onvoldoende is om aan
                  die eise te voldoen. 
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons.)                           (2)

      3.2.4   Verduidelik EEN effek van waterbeperkings op die ekonomie.

                 Waterbeperkings vertraag/verminder produksie, wat die
                  uitvoersektor raak. 
               Dit het ŉ direkte impak op die landbou wat deur reën gevoed word
                  en besproei word, sowel as die lewering van vee in die land. 
               Waterbeperkings lei tot afleggings in die werkplekke as gevolg van
                  verminderde winste deur ondernemings wat nie meer werkers kan
                  bekostig nie. 
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons.)                           (2)

      3.2.5   Hoe beïnvloed klimaatsverandering bedreigde spesies?

                 Dit beïnvloed hul oorvloed, genetiese samestelling, gedrag en
                  oorlewing. 
               ŉ Afname in spesies bedreig die dienste wat die natuur aan mense
                  lewer, wat die funksionering van koolstofsinke insluit en die
                  verhoging van ons weerstand teen klimaatsverandering. 
               Klimaatsverandering veroorsaak ook beduidende fisiologiese
                  veranderinge – warmer temperature tydens eierinkubasie
                  veroorsaak ŉ ongebalanseerde geslagsverhouding tussen vroulike
                  en manlike bedreigde groen seeskilpaaie.
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons.)                 (2 x 2)   (4)

                                              9

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                         10732/21

3.3   DATA-RESPONS

      3.3.1   Identifiseer EEN inheemse kultuurterrein rondom Johannesburg.

                 Lesedi Kulturele Dorp 
                 Die Wieg van die Mensdom 
                 Mapoch Ndebele Tradisionele Dorp naby Bronkhorstspruit 
                 Die Sibaya Zulu Boma Kulturele Dorp geleë in Kyalami 
                 Die Credo Mutwa Kulturele Dorp by die Oppenheimer-toring in
                  Sentraal-Wes Jabavu, Soweto 
               Die Ke-Ditselana Kulturele Dorp in Katlehong 
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons.)                              (1)

      3.3.2   Noem EEN voordeel van inheemse toerisme.

                 Dit help om plaaslike infrastruktuur te verbeter 
                 Dra gewoonlik by tot ŉ positiewe interaksie tussen besoekers en
                  plaaslike gemeenskappe, 
               Bevorder sodoende ŉ groter kulturele bewustheid en respek. 
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons.)                              (1)

      3.3.3   Beskryf kortliks die term inheemse kultuur.

              Die tradisies, argitektuur, rituele, musiek en kunswerke van ŉ plaaslike
              of streeks-kulturele groep. 
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons.)                              (2)

      3.3.4   Verduidelik EEN vorm van direkte besteding deur toeriste.

                 Geld bestee aan vervoer deur toeriste./Geld bestee aan inkopies/
                  koop van plaaslike produkte./Geld spandeer by plaaslike
                  restaurante, kroeë en casino's. (Enigeen) 
               Toeriste dra veral by tot werkskepping, aangesien geld direk na
                  die plaaslike ekonomie gaan.
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons.)                              (2)

      3.3.5   Hoe beïnvloed kultuur toerisme?

                 Kultuur en toerisme het ŉ wedersydse voordelige verhouding wat
                  die aantreklikheid en mededingendheid van plekke, streke en
                  lande kan versterk. 
               Kultuur word ŉ al hoe belangriker element van die toerismeproduk
                  want dit skep ŉ eiesoortigheid in ŉ wêreldmark wat oorvol is. 
               Dit het ŉ positiewe ekonomiese en sosiale impak, want dit vestig
                  en versterk identiteit, dit help om selfbeeld te bou, asook om die
                  kulturele en historiese erfenis te bewaar / met kultuur as ŉ
                  instrument, vergemaklik dit harmonie en begrip onder mense. 
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons.)                  (2 x 2)     (4)

                                              10

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                       10732/21

3.4   Verduidelik die gevolge van toerisme op armoede.

      Positiewe gevolge:

         Toerisme bied werk/werksgeleenthede vir die armes op die platteland, met
          geleenthede om ŉ inkomste te verdien en om hulself te onderhou. 
         Toerisme stel landelike mense in staat om te deel in die voordele van
          toerisme-ontwikkeling, wat hulle help om hul lewenstandaarde te verbeter.
          
         Toerisme bied ŉ alternatief vir verstedeliking en dit elimineer baie sosio-
          ekonomiese kwessies wat deur verstedeliking geskep word. 
         Toerisme maak voorsiening vir die koppeling met hoofstroom toerisme- en
          aanbodsektore deur middel van verskillende vennootskappe. 
         Toerisme help met die ontwikkeling en instandhouding van landelike
          dienste soos vervoer, dorpswinkels, ens.                           (Maks. 4)

      Negatiewe gevolge:

         Toerisme kan lei tot verhoogde ongelykhede tussen groepe mense in die
          land, omdat plattelandse mense nie altyd ten volle voordeel daaruit trek
          nie.
       Toerisme kan veroorsaak dat plaaslike pryse styg omdat toeriste dikwels
          opgeblase pryse betaal, wat die arm, plaaslike mense nie altyd kan
          bekostig nie. 
       Hoë vlakke van toerisme kan lei tot groter vlakke van besoedeling,
          rommel, waterbesoedeling en verhoogde waterverbruik. 
       Aangesien vinnige toerisme-ontwikkeling net vir groot ondernemings
          voorsiening maak, kan plaaslike winkels en tradisies vernietig word. 
      (Aanvaar enige ander korrekte relevante repons.)                      (Maks. 4)
      (Ken ŉ maksimum van 4 punte toe vir slegs die lys van feite/voorbeelde.)
                                                                                (2 x 4)    (8)

3.5   Evalueer die effektiwiteit van besoedelingsbeheermaatreëls in Suid-Afrika.

      Positiewe gevolge:

         Ondernemings spandeer meer geld aan toerusting wat lugbesoedeling
          verminder, en dit bevoordeel die gemeenskap in die algemeen. 
          (ŉ voorbeeld is die groot hoeveelhede geld wat aan waterbehandeling
          bestee word) 
         Die regering het verhandelbare vrystellings ingestel waar gereguleerde
          besoedelingspermitte uitgereik word. 
         Die toekenning van eiendomsreg word uitgebrei na gewone goedere, soos
          myne of nywerhede wat die koste moet dek om die besoedeling van die
          rivier op te ruim. 
         Die regering hef ook omgewingsbelasting (groen belasting) op die verbruik
          van goedere wat die omgewing besoedel. 
         Die regering het sekere omgewingsubsidies, verkry uit die
          omgewingsbelasting, wat gebruik word om ondernemings te beloon wat
          besoedeling verminder, sonkrag gebruik, ens. 

                                              11

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                   10732/21

      Negatiewe gevolge:

         Die regering oefen nie effektiewe beheer uit oor die voortdurende storting
          van afval nie, weens ŉ gebrek aan koördinasie tussen departemente. 
       Die boetes wat opgelê word aan bedrywe wat afval stort is te min en hulle
          hou steeds aan om die omgewing te besoedel. 
       Die minimum standaarde vir gevaarlike gas- en brandstofvrystellings word
          nie toegepas of aangepas nie. 
       Die herwinning van afvalmateriaal word nie wyd aangemoedig en bevorder
          nie; gevolglik vloei stortterreine oor. 
       Die regering het verskillende besoedelings-wette wat nie regtig effektief
          geïmplementeer word nie. 
       Swak dienslewering in sekere gebiede vererger die probleem van
          ondoeltreffende besoedelingsbeheer. 
      (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons.)
      (Ken ŉ maksimum van 2 punte toe vir slegs ŉ lys van feite/voorbeelde.)             (8)
                                                                                       [40]

VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES

4.1   Beantwoord die volgende vrae.

      4.1.1   Noem enige TWEE negatiewe gevolge van monopolieë op
              verbruikers.

                 Hoër pryse as gevolg van ŉ gebrek aan mededinging.
                 Verminderde aanbod omdat monopolieë minder voorsien as die
                  markvraag om pryse hoog te hou.
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons.)          (2 x 1)        (2)

      4.1.2   Hoe beïnvloed die toerisme vermenigvuldiger effek die ekonomie
              van die gasheerland?

                 Die land sal ŉ toename in die BBP ervaar. 
                 Ondernemings sal meer werkers in diens neem, wat ŉ inkomste vir
                  huishoudings skep. 
               Die huishoudings spandeer meer aan die ekonomie, wat die
                  produksievolumes in die land verhoog. 
               Die regering word gevra om meer te spandeer op basiese dienste
                  en ontwikkeling van toerisme-infrastruktuur. 
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons.)           (1 x 2)       (2)

                                            12

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                    10732/21

4.2   DATA-RESPONS

      4.2.1   Noem EEN voorbeeld, buiten die melkbedryf, van monopolistiese
              mededinging.

               restaurante 
               haarsalonne 
               klere 
               verbruikerselektronika 
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons.)                          (1)

      4.2.2   Noem die strategie wat ondernemings gebruik om ŉ persepsie
              van hul produkte te skep.

              Handelsmerk.                                                              (1)

      4.2.3   Beskryf kortliks die term hibriede-struktuur.

              Hibriede struktuur is ŉ term wat in Ekonomie gebruik word om
              monopolistiese mededinging te beskryf, ŉ markstruktuur wat bestaan
              uit elemente van volmaakte mededinging en ŉ monopolie. 
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons.)                          (2)

      4.2.4   Hoe verskil ewewigsprys onder monopolistiese mededinging van
              volmaakte mededinging?

              Die monopolistiese mededinger se ewewigsprys is hoër as in ŉ
              volmaakte mark. 
              Die verbruiker betaal minder in die volmaakte mark as in die
              monopolistiese mark. 
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons.)                          (2)

      4.2.5   Waarom is dit nie moontlik vir maatskappye in ŉ monopolistiese
              mededingende mark om langtermyn ekonomiese winste te
              verdien nie?

                 In die langtermyn kan ondernemings slegs normale wins maak as
                  gevolg van die maklike toegang tot die mark. 
               Die ekonomiese wins wat op kort termyn behaal word, lok meer
                  ondernemings na die mark. 
               Nuwe ondernemings wat die mark betree, verswak die
                  markaandeel van bestaande ondernemings. 
               Die vraagkurwe sal na links skuif totdat die GI gelyk is aan GK. 
               Ondernemings verdien nou net normale wins. 
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons.)               (2 x 2)    (4)

                                            13

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                       10732/21

4.3   DATA-RESPONS

      4.3.1   Identifiseer ŉ tipe besoedeling wat in die prent hierbo kan ontstaan.

              Grondbesoedeling                                                            (1)

      4.3.2   Noem EEN rede waarom mense in informele nedersettings bly.

               Gebrek aan bekostigbare behuising 
               Swak bestuur 
               Laag besoldigde werk 
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante reaksie.)                            (1)

      4.3.3   Beskryf kortliks die term besoedeling.

              Besoedeling is die bekendstelling van skadelike stowwe in die
              omgewing.
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons.)                            (2)

      4.3.4   Hoe bedreig informele nedersettings omgewingsensitiewe
              gebiede?

                 Informele nedersettings bedreig omgewingsensitiewe gebiede soos
                  waterdraers, woude, vleilande en ander watermassas. 
               Informele nedersettings het geen sanitasie-, water-, elektrisiteits- en
                  afvalverwyderingsgeriewe nie. 
               Verskeie vorme van besoedeling (water, land en lug) beïnvloed
                  hierdie gebiede negatief. 
               Opeenvolgende oorbevolking plaas ernstige druk op munisipale
                  dienste, met gepaardgaande omgewingsbesoedeling. 
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons.)                            (2)

      4.3.5   Hoe veroorsaak ontbossing besoedeling?

                 Ontbossing verwyder nie net plantegroei wat belangrik is vir die
                  verwydering van koolstofdioksied nie, maar die skoonmaak van die
                  woude veroorsaak ook kweekhuisgasvrystellings. 
               Ontbossing verminder die verwyderings komponent van hierdie
                  siklus,wat tot verdere verhoging van die koolstofdioksied in die lug
                  lei / dit het ŉ toename in temperatuur tot gevolg, ŉ effek wat
                  bekend staan as aardverwarming. 
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons.)                  (2 x 2)   (4)

                                              14

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                              10732/21

4.4   Verduidelik, met behulp van ŉ korrek benoemde grafiek, die impak van
      nuwe toetreders op die langtermyn - ewewig van ŉ individuele onderneming
      in ŉ volmaakte mark.

                        Mark                                   Individuele onderneming

          Prys                                          Prys
                                  MA1                                                MK
                                           MA2
                                                                                                  GK

            P1                                            P1                                       V
                                                                       
                                                                            Y
            P2                                            P2                                      V1

                                   Markvraag

                        H1                                 0              H2    H1
                             H2           Uitset                                          Uitset

                                        Puntetoekenning

                 Mark
                 Korrekte verskuiwing van aanbodkurwe                       1 punt
                 Toon daling in prys                                        1 punt

                 Individuele firma
                 Wys afwaartse verskuiwing in vraagkurwe          1 punt
                 Wys nuwe ewewigsposisie (Y): GK=MK=V1=P2         1 punt
                                                         (Maks. 4 punte)

      ŉ Toename in die aantal nuwe toetreders sal die volgende uitwerking hê:

         Die markaanbodkurwe skuif regs van MA1 na MA2 en die hoeveelheid neem
          toe van H1 tot H2. 
       Die verkoopsprys daal van P1 na P2 as gevolg van die verskuiwing in die
          markaanbodkurwe. 
       Die onderneming se individuele vraagkurwe skuif af van V tot V1. 
       Laer pryse en ŉ verminderde vraag sal daartoe lei dat ondernemings wat
          vroeër ekonomiese winste verdien het, slegs normale winste teen P2 V2
          behaal. 
      (Aanvaar enige ander korrekte relatiewe respons                 (Maks. 4 punte)                   (8)

                                                   15

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                   10732/21

4.5   Analiseer indiensneming as ŉ voordeel van toerisme.

         Toerisme is arbeidsintensief. 
          - Toerisme hou geen toegangsversperrings in nie en het ook die laagste
             verhouding tussen beleggings en werkskepping. 
          - Toerisme het die grootste vermenigvuldigingseffek in terme van
             inkomstegenerering en werkskepping, selfs onder die kleiner
             ondernemers. 
       Toerisme gebruik baie vaardighede. 
          - Die potensiaal vir indiensopleiding is eindeloos, want toerisme is uniek
             in verskillende gebiede, soos rekenmeesters, haarkappers,
             veldspoorsnyers, ens. 
       Toerisme bied onmiddellike werk. 
          - As dit goed georganiseer is, kan die toerismesektor binne ’n baie kort
             tyd baie werksgeleenthede skep, aangesien sommige aktiwiteite baie
             informeel is. 
       Toerisme bied ondernemingsgeleenthede. 
          - Die toerismesektor maak ook voorsiening vir informele sektor aktiwiteite,
             soos handwerk, vrugte-/groenteverkopers, stoelverhurings, koskioske,
             ens. 
      (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons.)
      (Ken ŉ maksimum van 2 punte toe vir slegs ŉ lys van feite en voorbeelde.)          (8)
                                                                                        [40]

                                                             TOTAAL AFDELING B:          80

                                            16

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                      10732/21

AFDELING C

Beantwoord enige EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.

VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE

    Bespreek breedvoerig hoe die volgende faktore tot die wantoedeling van
     hulpbronne in die mark lei:

     o    Ontbrekende markte (10 punte)
     o    Gebrek aan inligting (8 punte)
     o    Immobiliteit van produksiefaktore (8 punte)                    (26 punte)

    Hoe effektief is die regering se inmengingstrategie oor die herverdeling
     van welvaart in Suid-Afrika?                                     (10 punte)

INLEIDING

Ontbrekende markte, gebrek aan inligting en onbeweeglikheid van produksiefaktore is
van die vele redes vir markmislukking. 
(Aanvaar enige ander korrekte inleiding.)                                (Maks. 2)

LIGGAAM: HOOFDEEL

Ontbrekende markte 
    Markte is onvolledig omdat dit nie aan die vraag na sekere goedere kan
      voldoen nie. 
    Openbare goedere (gemeenskaps- en kollektiewe goedere) is baie gewild,
      maar word nie deur die mark voorsien nie, weens die lae wins wat daaruit
      behaal word en die hoë koste van kapitaal wat nodig is om dit te voorsien. 
    Aangesien private produsente hierdie goedere nie kan weerhou vir
      wanbetaling nie, is hulle huiwerig om hierdie goedere te verskaf. 
    Die regering lewer dus hierdie goedere en dienste. 

Openbare goedere 
   Dit sluit gemeenskaps- en kollektiewe goedere in en het twee kenmerke:
   Nie-wedywering: Verbruik deur een persoon verminder nie die verbruik deur ŉ
     ander individu nie , bv. ŉ vuurtoring. 
   Nie-uitsluitbaarheid: Verbruik kan nie beperk word tot diegene wat daarvoor
     betaal nie (gratis verbruikers kan dit gebruik) , byvoorbeeld, radio en
     televisie. 
   Daarbenewens: Maatskaplike voordele oortref privaat voordele: bv.
     gesondheidsorg en onderwys. 
   Nie-verwerpingsvermoê: Individue kan hulle nie van die verbruik weerhou nie,
     
     bv. straatbeligting. 
   Deurlopende verbruik,  bv. verkeersligte. 

Gemeenskapsgoedere 
   Dit is goedere soos verdediging, polisiedienste, gevangenisdienste,
    straatbeligting, vloedbeheer,  stormwaterdreinering en vuurtorings. 
                                            17

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                       10732/21

Kollektiewe goedere 
    Dit is goedere soos parke, strandgeriewe en strate. 
    Markte is onvolledig en kan nie aan die vraag na alle goedere voldoen nie. 
    Die regering voorsien openbare goedere, wat bestaan uit:

Meriete en nie-meriete goedere 
   Meriete goedere: dit is baie toepaslik vir algemene welstand, maar word nie
      deur die mark hoog aangeskryf nie , bv. gesondheidsorg, onderwys en
      veiligheid. 
   As mense die markprys daarvoor sou betaal, sou baie min verbruik word. 
   Die mark misluk omdat die mark minder as die gewenste hoeveelheid lewer.
      
   Nie-meriete goedere: Hierdie goedere word oorverbruik, byvoorbeeld sigarette,
      alkohol en dwelms / dus word meer van die goedere geproduseer as wat
      sosiaal wenslik is. 
   Die regering verbied of verminder die verbruik van hierdie produkte deur
      belasting en gee inligting aan die bevolking oor die skadelike gevolge daarvan.
      
                                                                      (Maks. 10 punte)

Gebrek aan inligting 
   Verbruikers, werkers en entrepreneurs het nie die nodige inligting om rasionele
     besluite te neem nie. 
   Dit lei daartoe dat hulpbronne nie doeltreffend toegewys word nie. 
   Verbruikers: Om hul voordele te maksimeer, benodig verbruikers
     gedetailleerde inligting oor goedere en dienste. 
   Alhoewel tegnologie dit aan die verbruiker bied, het hulle natuurlik volmaakte
     inligting. 
   Werkers is dikwels nie bewus van werksgeleenthede nie. 
   Ondernemers het nie inligting oor die koste, beskikbaarheid en produktiwiteit
     van produksiefaktore nie, wat die effektiwiteit daarvan beïnvloed . 
                                                                     (Maks. 8 punte)

Immobiliteit van produksiefaktore 
   Arbeid neem tyd om van een gebied na ŉ ander te beweeg. 
   Die aanbod van geskoolde arbeid kan nie verhoog word nie, weens die tyd wat
     dit neem om opgelei te word. 
   Fisieke kapitaal, soos fabrieksgeboue of infrastruktuur soos telefoonlyne, kan
     nie maklik herverdeel word nie. 
   Strukturele veranderinge, soos die verandering van die vervaardiging van
     plastiekpakkies na papierpakkies of die verskuiwing van arbeidsintensiewe
     produksie na rekenaargebaseerde produksie vereis ŉ verandering in arbeiders
     se vaardighede, indiensneming en werkspatrone. 
   Dit neem tyd om te verander, want die opleiding van arbeid is ook duur. 
     (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons.)               (Maks. 8 punte)
       (Ken ’n maksimum van 8 punte toe vir slegs die lys van feite/voorbeelde.)
                                                                          (Maks. 26)

                                             18

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                         10732/21

ADDISIONELE DEEL

  Suid-Afrika het een van die ongelykste welvaart verspreidings in die wêreld. 
  Oordragte, sosiale besteding en BBSEB is suksesvol gebruik om ongelykhede wat
   deur apartheid veroorsaak is, te verminder. 
 Die regering het beperkte gebruik gemaak van welvaartbelasting/ŉ belasting op
   welvaart kan welvaart-ongelykheid verminder, terwyl dit ook addisionele
   regeringsinkomste lewer. 
 Die regering het misluk om beduidende inklusiewe ekonomiese groei te
   bevorder. 
 Die regering het die onderwysbeleid suksesvol gebruik om geleenthede te skep vir
   minderbevoorregtes om kwalifikasies te verwerf en hoër inkomste te verdien.
 Ondanks ŉ paar positiewe maatreëls, was die regering in die algemeen nie
   effektief om die welvaartgaping te verminder nie, aangesien dit steeds groter
   word. 
(Aanvaar enige ander korrekte relevante respons.)                          (Maks. 10)
(ŉ Maksimum van 4 punte word toegeken vir bloot ŉ lys van feite/voorbeelde.)

GEVOLGTREKKING

Die markte kan doeltreffend wees, maar nie noodwendig billik of regverdig nie - die
regering moet ingryp om markte te help om beter te funksioneer en ŉ regverdiger
verdeling van welvaart en inkomste te bevorder. 
(Aanvaar enige ander korrekte relevante hoër orde gevolgtrekking.)          (Maks. 2) [40]

VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES

   Bespreek breedvoerig die maatreëls wat gebruik word om vraag-trek-
    inflasie te bekamp.                                            (26 punte)

   Hoe belangrik is veranderinge in die inflasiekoers vir beleggers? (10 punte)

INLEIDING

Vraag-trek-inflasie vind plaas wanneer die totale vraag in ŉ ekonomie die totale aanbod
oorskry, selfs as bruto binnelandse produk styg en werkloosheid daal.  (Maks. 2)

LIGGAAM: HOOFDEEL

Beleidmakers kan verskillende beleidsmaatreëls gebruik om inflasie te bestry as dit te
veel styg. 

Fiskale maatreëls 

Fiskale maatreëls is maatreëls wat die Minister van Finansies met betrekking tot
belasting en besteding instel. Voorbeelde van maatreëls wat ingestel kan word, sluit
in:
   ŉ Toename in direkte belasting (persoonlike inkomstebelasting) wat sal help om
    die vraag te verminder. 
   ŉ Toename in indirekte belasting (BTW) laat uitgawes daal omdat goedere
    duurder word. 
   Deur ŉ leningsheffing op te lê, word die besteebare inkomste van verbruikers
    verminder. 
                                             19

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                        10732/21

   Die staat besnoei die uitgawes deur regeringsprojekte soos paaie, hospitale en
    skole te kanselleer. 
   Die land se begrotingstekort is nie inflasionêr nie (die regering gebruik lenings
    van die nie-banksektor om inflasie te beperk). 
   Die staat stel bo-heffings in op ingevoerde goedere/dit verhoog die prys van
    ingevoerde goedere, wat veroorsaak dat baie mense nie die goedere kan
    bekostig nie. 

Monetêre maatreëls 

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) en die regering pas sekere monetêre
maatreëls toe om die inflasie hok te slaan:

   Die SARB pas die hoeveelheid geld aan die behoeftes van die ekonomie aan
    (bv. deur middel van ŉ ope-mark beleid) en handhaaf sodoende ŉ fyn balans
    tussen die lewering van goedere en dienste en geldvoorraad. 
   Die SARB bekamp inflasie, wat veroorsaak word deur oormatige vraag deur die
    geldvoorraad te verminder. 
   Die bankkoers van die sentrale bank (SARB) beïnvloed die rentekoerse in die
    ekonomie (repokoers)/die bankkoers kan verhoog word om besparings aan te
    moedig. 
   Oormatige krediet kan verminder word deur kredietverlening deur banke te
    beperk. 
   Die SARB kan morele druk (morele oorreding) op finansiële instellings toepas om
    strenger te wees wanneer hulle krediet verleen. 

Ander maatreëls 

Bykomende maatreëls wat getref kan word om inflasie te bekamp, sluit in:
 Verhoog produktiwiteit: Dit is ŉ langtermynmaatreël wat ingestel word deur
    verbeterde onderwys en opleiding, wat meer mense in diens kan neem en
    verseker dat hulle meer produktief is. 
 Prysbeheer: Deur die prys van sekere noodsaaklike goedere vas te stel, verseker
    die regering dat dit bekostigbaar bly. 
 ŉ Loonbeleid : Die regering neem ŉ besluit om die inflasiespiraal van verhoogde
    lone en pryse te verbreek deur die loonverhoging onder of op die vlak van inflasie
    te hou. 
 Strenger voorwaardes vir verbruikerskrediet: Die regering maak dit moeiliker vir
    verbruikers om krediet te kry om hul besteding te beperk. 
 Moedig persoonlike besparings aan: Die regering stel maatreëls in om
    besparings aan te moedig, byvoorbeeld deur belasting op spaargeld te verlaag.
    (die wanbalans tussen vraag en aanbod word reggestel deur verhoogde
    besparings, omdat mense meer spaar en minder spandeer)
 Invoerbeheer word verslap. 
 Vryswewende wisselkoers: Pryse word outomaties aangepas by internasionale
    toestande. 
 Indeksering: ŉ Beleid om pryse van items soos lone, pensioene en rentekoerse
    op verbande te koppel aan prysindekse om die gevolge van inflasie uit te
    skakel. 
(Aanvaar enige ander korrekte relevante respons.)
(Ken ŉ maksimum van 8 punte toe vir subopskrifte, lys van feite en voorbeelde)
                                                                          (Maks. 26)
                                              20

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                     10732/21

ADDISIONELE DEEL

Veranderings in die inflasiekoers vir beleggers is beduidend omdat:

●   Besparing, veral in vaste bankdeposito's in die bank, sal negatief geraak word as
    gevolg van inflasie (langtermynbesparing en beleggings verloor hul werklike
    waarde) 
● Namate inflasie toeneem, verminder die waarde van beleggings in effekte
    waaraan ŉ vaste rentekoers betaal word. 
● Stygende inflasie verminder die koopkrag van die toekomstige (vaste)
    koeponinkomste van ŉ verband, wat die huidige waarde van sy toekomstige
    vaste kontantvloei verminder. 
● Versnellende inflasie is selfs nadeliger vir langtermyneffekte, gegewe die
    kumulatiewe impak van laer koopkrag vir kontantvloei wat ver in die toekoms
    ontvang word. 
● Bates met vaste, langtermyn kontantvloei presteer gewoonlik sleg as inflasie
    styg, aangesien die koopkrag van die toekomstige kontantvloei met tyd daal. 
● Omgekeerd, kommoditeite en bates met aanpasbare kontantvloei (byvoorbeeld
    huurinkomste) vaar beter met stygende inflasie. 
● Leners (debiteure) trek voordeel uit prysstygings, maar uitleners (krediteure)
    word negatief beïnvloed, aangesien die leningsbedrag wat later terugbetaal word
    ŉ laer waarde het. 
(Aanvaar enige ander korrekte respons.)                                     (Maks. 10)
(ŉ Maksimum van 4 punte word toegeken vir bloot ŉ lys van feite/voorbeelde.)

GEVOLGTREKKING

Inflasie kan ŉ bedreiging vir die normale fuksionering van die ekonomie wees;
daarom is maatreëls soos monetêre en fiskale beleide noodsaaklik om die verskynsel
onder beheer te hou. 
(Enige ander korrekte relevante hoërorde-gevolgtrekking.)                  (Maks. 2)     [40]

                                                             TOTAAL AFDELING C:           40

                                                                            TOTAAL:      150

                                             21

## Related documents

- [Grade 12 NSC Economics P2 (Afrikaans) 2020 Preparatory Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p2-afrikaans-2020-preparatory-possible-answers/ba246fa2-7d32-4ab7-981e-10d6b2dd4a91) — Economics · Memo · 2020 · Afr
- [Grade 12 NSC Economics P2 (Afrikaans) Preparatory 2017 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p2-afrikaans-preparatory-2017-possible-answers/bda96458-ebe4-44b9-92e5-333e776e1614) — Economics · Memo · 2017 · Afr
- [ECONOMICS P2 QP GR12 SEPT2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-gr12-sept2021-afrikaans/dd04c2d3-fe9a-483a-8499-6776d07f5cd2) — Economics · QP · 2021 · Afr
- [Gr12 Economics P2 (Afrikaans) SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-economics-p2-afrikaans-sep-2022-question-paper/82e9d47a-c817-4545-9700-e9e2b9b7de9b) — Economics · QP · 2022 · Afr
- [Grade 12 NSC Economics P2 (Afrikaans) 2020 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p2-afrikaans-2020-preparatory-question-paper/d34a6a9d-f432-46f7-873d-1a849eb9a1cc) — Economics · QP · 2020 · Afr
- [Grade 12 NSC Economics P2 (Afrikaans) Preparatory 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p2-afrikaans-preparatory-2017-question-paper/498eaf17-b8bb-4092-a221-96afe7bd7aa2) — Economics · QP · 2017 · Afr

## More from Grade 12 Economics

- [ECONOMICS P2 GR12 QP JCT 2025 AFR D watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr12-qp-jct-2025-afr-d-watermark/3dba3588-624d-493b-bc60-00d7e2783cae) — QP · 2025 · Afr
- [Economics Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-free-state/4def59dd-ebf4-4191-89e7-2b6d4609d6cc) — QP · 2025
- [Economics Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-mpumalanga/5449d7a4-548e-416d-91b4-1da462710798) — QP · 2025
- [Economics Grade 12 NSC P2 QP September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p2-qp-september-2025-mpumalanga/efbb0e99-1236-496b-bc64-5b31b3784493) — QP · 2025
- [Economics P1 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2025-afr/e9c77643-7f83-42e3-b28d-cf84e96050ca) — QP · 2025 · Afr
- [Economics P2 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-afr/4c93e067-5237-46b7-ab21-5c2cea219788) — QP · 2025 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
