# Economics Grade 12 P2 Gauteng Mock 2021 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Economics Paper 2 question paper from the Gauteng Mock Exam 2021 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr12-economics-p2-afrikaans-2021-preparatory-question-paper/979354c4-ef84-4e68-8a5c-caed3d50b141
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2021
- Exam period: Gauteng Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 P2 Gauteng Mock 2021 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr12-economics-p2-afrikaans-2021-preparatory-question-paper/979354c4-ef84-4e68-8a5c-caed3d50b141)

## About this document

Economics · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2021 · Afrikaans. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

             GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                   VOORBEREIDENDE EKSAMEN
                           2021
                           10732

                         EKONOMIE

                         VRAESTEL 2

TYD:     2 uur

PUNTE:   150

13 bladsye

                                                  b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                                EKONOMIE                             2
                                                (Vraestel 2)              10732/21

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDBOEK:

      ●     AFDELING A: VERPLIGTEND
      ●     AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae.
      ●     AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.

2.    Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE
      nagesien word NIE.

3.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik is.

4.    Skryf die vraagnommer bo elke antwoord.

5.    Lees die vrae aandagtig deur.

6.    Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

7.    Laat 2 – 3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.

8.    Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
      konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen.

9.    Gebruik slegs swart of blou ink.

10.   Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

11.   Skryf netjies en leesbaar.

                                                                                         b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                                    EKONOMIE                              3
                                                    (Vraestel 2)               10732/21

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1                                                            30 PUNTE – 20 MINUTE

1.1   Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies
      die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
      (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.1.9 D.

      1.1.1   Wanneer die ekonomie ŉ maksimum vlak van doeltreffendheid bereik en
              geen verandering aangebring kan word sonder dat iemand slegter
              daaraan toe is nie, word dit … doeltreffendheid genoem.

              A    Pareto-
              B    allokatiewe
              C    sosiale
              D    produktiewe

      1.1.2   Wanneer goedere volmaakte plaasvervangers is en kopers geen verskille
              tussen die produkte ervaar nie, word dit beskou as ...

              A    heterogeen.
              B    monogeen.
              C    homogeen.
              D    veelsydig.

      1.1.3   ŉ Markstruktuur met baie kopers en verkopers, asook gedifferensieerde
              produkte is ŉ ... mark.

              A    volmaakte
              B    monopolistiese mededingende
              C    oligopolie
              D    monopolie

      1.1.4   ŉ Ekonomiese verlies ontstaan wanneer ...

              A    totale koste minder is as die totale inkomste.
              B    totale inkomste totale koste oorskry.
              C    marginale inkomste totale inkomste oorskry .
              D    totale koste oorskry die totale inkomste.

      1.1.5   Deflasie word gedefinieer as ŉ afname in die ...

              A    salarisse van alle werkers.
              B    BBP.
              C    pryse van sekere produkte.
              D    algemene prysvlak.

      1.1.6   As die rand depresieer, sal pryse en inflasie ...

              A    daal.
              B    onveranderd bly.
              C    verhoog.
              D    verskil.

                                                                                              b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                                       EKONOMIE                             4
                                                       (Vraestel 2)           10732/21

      1.1.7   Toerisme is basies ŉ ... gebaseerde bedryf.

              A    dienste
              B    produksie
              C    goedere
              D    vervoer

      1.1.8   Besoedeling is die skadelikste vir ...

              A    huise.
              B    menslike gesondheid.
              C    boumateriaal.
              D    geboue.                                                        (8 x 2)   (16)

1.2   Kies ŉ beskrywing uit KOLOM B wat by die item in KOLOM A pas. Skryf slegs die
      letter (A–I) langs die vraagnommer (1.2.1 tot 1.2.8) in die ANTWOORDBOEK
      neer, b.v. 1.2.9 M

               KOLOM A                                        KOLOM B
      1.2.1   Onelastiese vraag        A   Die versekering dat verandering simpatiek is
                                           vir die lewenskwaliteit van beide huidige en
      1.2.2   Langtermyn                   toekomstige geslagte

      1.2.3   Geleentheidskoste        B   ŉ Verandering in prys veroorsaak ŉ kleiner
                                           persentasie verandering in die hoeveelheid
      1.2.4   Mededingings-                gevra
              tribunaal
                                       C   Die reis van inwoners binne hul eie land
      1.2.5   Geadministreerde
              goedere                  D   Die verlies van potensiële voordeel van ander
                                           alternatiewe wanneer een alternatief gekies
      1.2.6   Binnelandse toerisme         word

      1.2.7   Omgewingsubsidies        E   ŉ Owerheid wat groot samesmeltings verbied
                                           of magtig
      1.2.8   Bewaring
                                       F   Pryse van goedere en dienste wat deur die
                                           regering ingestel of beheer word

                                       G Aan ondernemings voorsien vir aktiwiteite wat
                                         omgewingskade verminder

                                       H   Werklike uitgawes van ŉ onderneming soos
                                           die aankoop van rou materiaal, betaling van
                                           lone en rente

                                       I   ŉ Tydperk waarin alle produksiefaktore en
                                           koste veranderlik is
                                                                                  (8 x 1)    (8)

                                                                                                b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                                   EKONOMIE                                 5
                                                   (Vraestel 2)                10732/21

1.3   Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs
      die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDBOEK neer.
      Afkortings, akronieme en voorbeelde sal NIE aanvaar word NIE.

      1.3.1    ŉ Situasie waarin twee maatskappye die totale of byna die totale mark
               beheer

      1.3.2    Die posisie in ŉ volmaakte mark waar die koste en inkomste gelyk is

      1.3.3    Die toename in inkomste as gevolg van die verkoop van een addisionele
               eenheid

      1.3 .4   Die tipe toerisme waar toeriste die plesier van die onversteurde natuur
               geniet, soos natuurlike woude

      1.3.5    Die ongeskonde behoud van nie-hernubare bronne

      1.3.6    Belasting op produksie of verbruik wat daarop gemik is om vir die skade
               aan die omgewing te vergoed                                        (6 x 1)   (6)

                                                                  TOTAAL AFDELING A:            30

                                                                                                b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                                 EKONOMIE                                     6
                                                 (Vraestel 2)                  10732/21

AFDELING B

Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.

VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE                                         40 PUNTE – 30 MINUTE

2.1 Beantwoord die volgende vrae.

     2.1.1   Noem enige TWEE redes vir ŉ kostevoordeelontleding.                   (2 x 1)    (2)

     2.1.2   Waarom is mededinging nodig om markte reg te laat funksioneer?
                                                                                   (1 x 2)    (2)

2.2 Bestudeer die volgende uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.

                       BANKE VERMINDER HULLE VOETAFDRUK

     ŉ Afname in die spasie wat deur Suid-Afrikaanse banke beset word, is opmerklik
     omdat die bankgroepe hul voetspoor in winkelsentrums wil verminder.
     Namate Suid-Afrikaners in die rigting van meer digitale bankwese beweeg, het
     gevestigde banke soos Absa, Standard Bank en FNB begin om hul baksteen en
     sement bedrywighede te verklein.
                                                 [Aangepaste bron: www. businesstech.co.za]

     2.2.1   Watter markstruktuur word normaalweg met banke geassosieer?                      (1)

     2.2.2   Noem EEN nie-prys metode wat banke gebruik om mededingend te wees.               (1)

     2.2.3   Beskryf kortliks die term samespanning.                                          (2)

     2.2.4   Waarom sal ABSA nie ŉ groter markaandeel verkry as hulle die bankkoste
             sou verlaag nie?                                                                 (2)

     2.2.5   Watter negatiewe gevolge kan digitale bankwese vir bankwerknemers
             inhou?                                                          (2 x 2)          (4)

                                                                                                  b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                                  EKONOMIE                               7
                                                  (Vraestel 2)               10732/21

2.3   Bestudeer die onderstaande grafiek en beantwoord die vrae wat volg.

      2.3.1   Noem EEN voorbeeld van ŉ veranderlike koste.                                (1)

      2.3.2   Identifiseer die punt op die grafiek waar die onderneming ŉ normale wins
              sal maak.                                                                   (1)

      2.3.3   Beskryf kortliks die term marginale koste.                                  (2)

      2.3.4   Hoe word die onderneming se aanbodkurwe in die bostaande grafiek
              afgelei?                                                                    (2)

      2.3.5   Waarom sou die bogenoemde onderneming nie bereid wees om goedere
              te lewer teen ŉ prys onder punt b nie?                     (2 x 2)          (4)

2.4   Vergelyk ŉ monopolie met ŉ volmaakte mededinger in terme van marktoegang en
      die aantal ondernemings.                                                            (8)

2.5   Verduidelik, met behulp van ŉ korrek benoemde grafiek, die implikasies van ŉ
      afwaarts lopende vraagkromme vir ŉ monopolis.                                       (8)
                                                                                         [40]

                                                                                             b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                                        EKONOMIE                                       8
                                                        (Vraestel 2)                    10732/21

VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
                                                                       40 PUNTE – 30 MINUTE

3.1   Beantwoord die volgende vrae.

      3.1.1   Noem enige TWEE belangrike internasionale ooreenkomste oor
              volhoubare ontwikkeling.                                                      (2 x 1)    (2)

      3.1.2   Hoe kan ekotoerisme die omgewing bevoordeel?                                  (1 x 2)    (2)

3.2   Bestudeer die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.

       KOMMER OOR WATERVOORSIENING TYDENS KOMENDE HITTEGOLF IN
                             GAUTENG

      Tydens die verwagte hoë temperature word inwoners in Gauteng aangeraai om
      water spaarsamig te gebruik. Uiterste hoë temperature en lae dam watervlakke
      het gelei tot ŉ hoë waterverbruik, wat groot druk op die stelsel sit. Rand Water sal
      beperkings op verskillende gebiede toepas om die vraag na water te verminder.
      Dit is daarop gemik om billike aanbod en stelselstabiliteit te verseker.
         [Aangepaste bron: https://www.iol.co.za/the-star/news/concern-over-water-supply-as-gauteng-
                                                                         heat-wave-looms-35902012]

      3.2.1   Behalwe waterbeperkings, noem enige ander oplossing om die vraag na
              water in die land te verminder.                                                          (1)

      3.2.2   Noem EEN internasionale maatstaf wat volhoubaarheid ten opsigte van
              klimaatsverandering verseker.                                                            (1)

      3.2.3   Beskryf kortliks die term water beperkte land.                                           (2)

      3.2.4   Verduidelik EEN effek van waterbeperkings op die ekonomie.                               (2)

      3.2.5   Hoe beïnvloed klimaatsverandering bedreigde spesies?                          (2 x 2)    (4)

                                                                                                           b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                                      EKONOMIE                                       9
                                                      (Vraestel 2)                    10732/21

3.3   Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                   SOWETO-, JOBURG- EN APARTHEIDSTOER

      Die Soweto-, Johannesburg- en Apartheidstoer is ŉ voldag toer waar jy die
      wonders van Johannesburg, Soweto en ander kulturele terreine kan ervaar.
                       [Bron: https://sowetoguidedtours.co.za/Soweto-Johannesburg-tour/index.html]

      3.3.1   Identifiseer EEN inheemse kulturele terrein rondom Johannesburg.                        (1)

      3.3.2   Noem EEN voordeel van inheemse toerisme.                                                (1)

      3.3.3   Beskryf kortliks die term inheemse kultuur.                                             (2)

      3.3.4   Verduidelik EEN vorm van direkte besteding deur toeriste.                               (2)

      3.3.5   Hoe beïnvloed kultuur toerisme?                                             (2 x 2)     (4)

3.4   Verduidelik die uitwerking van toerisme op armoede.                                 (4 x 2)     (8)

3.5   Evalueer die doeltreffendheid van besoedelingsbeheermaatreëls in Suid-Afrika.                   (8)
                                                                                                     [40]

                                                                                                         b.o.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                                    EKONOMIE                                   10
                                                    (Vraestel 2)                    10732/21

VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
                                            40 PUNTE – 30 MINUTE

4.1   Beantwoord die volgende vrae.

      4.1.1   Noem enige TWEE negatiewe gevolge van monopolieë op verbruikers.
                                                                          (2 x 1)               (2)

      4.1.2   Hoe beïnvloed die toerisme vermenigvuldiger effek die ekonomie van die
              gasheerland?                                                     (1 x 2)          (2)

4.2   Bestudeer die onderstaande prent en beantwoord die vrae wat volg.

                       MONOPOLISTIESE MEDEDINGENDE MARK

                                                              MELK B

                              [Bron: https://www.youtube.com/watch?v=T3F1Vt3IyNc]

      4.2.1   Noem EEN voorbeeld, buiten die melkbedryf, van monopolistiese
              mededinging.                                                                      (1)

      4.2.2   Noem die strategie wat ondernemings gebruik om ŉ persepsie van hul
              produkte te skep.                                                                 (1)

      4.2.3   Beskryf kortliks die term hibriede-struktuur.                                     (2)

      4.2.4   Hoe verskil ewewigsprys onder monopolistiese mededinging van
              volmaakte mededinging?                                                            (2)

      4.2.5   Waarom is dit nie moontlik vir ondernemings in ŉ monopolistiese
              mededingende mark om langtermyn ekonomiese winste te verdien nie?
                                                                              (2 x 2)           (4)

                                                                                                b.o.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                                  EKONOMIE                                      11
                                                  (Vraestel 2)                    10732/21

4.3   Bestudeer die onderstaande beeld en beantwoord die vrae wat volg.

                                                             [Bron: internetbeelde]

      4.3.1   Identifiseer ŉ soort besoedeling wat in die prent hierbo kan ontstaan.             (1)

      4.3.2   Noem EEN rede waarom mense in informele nedersettings bly.                         (1)

      4.3.3   Beskryf kortliks die term besoedeling.                                             (2)

      4.3.4   Hoe bedreig informele nedersettings omgewing sensitiewe gebiede?                   (2)

      4.3.5   Hoe veroorsaak ontbossing besoedeling?                                  (2 x 2)    (4)

4.4   Verduidelik, met behulp van ŉ korrek benoemde grafiek, die impak van nuwe
      toetreders op die langtermyn-ewewig van ŉ individuele onderneming in ŉ
      volmaakte mark.                                                                            (8)

4.5   Analiseer indiensneming as ŉ voordeel van toerisme.                                        (8)
                                                                                                [40]

                                                                 TOTAAL AFDELING B:              80

                                                                                                 b.o.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                                 EKONOMIE                           12
                                                 (Vraestel 2)            10732/21

AFDELING C

Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.

Jou antwoord sal as volg geassesseer word:

                                                                       PUNTE-
                   STRUKTUUR VAN OPSTEL
                                                                     TOEKENNING
Inleiding

Die inleiding is ŉ laerorde-antwoord.                                  Maks. 2
 ŉ Goeie begin is om die sleutelkonsep wat met die
   vraagonderwerp verband hou, te definieer of te omskryf.
 Moet NIE enige deel van die vraag by die inleiding insluit NIE.
 Moet NIE enige gedeelte van die inleiding in die liggaam herhaal
   NIE.
 Vermy enige bespreking van die liggaam in die inleiding.
Liggaam

Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede/Diepgaande bespreking/         Maks. 26
Ondersoek/Bespreek krities/Analiseer/Vergelyk/Evalueer/
Onderskei/ Differensieer/Verduidelik

Addisionele gedeelte: Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/       Maks. 10
Evalueer krities/Trek ŉ grafiek en verduidelik/Gebruik die gegewe
grafiek en verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/Lei af/
Vergelyk/Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/Debatteer kortliks/
Hoe?/Stel voor/Analiseer
Slot

Enige hoërorde-slot moet die volgende insluit:                         Maks. 2
 ŉ Kort samevatting van dit wat bespreek is, sonder herhaling van
  enige feite wat reeds genoem is
 Enige opinie of waardeoordeel oor die feite wat bespreek is
 Addisionele ondersteunende inligting wat die bespreking/
  ontleding versterk
 ŉ Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra
 Aanbevelings
                                                        TOTAAL:          40

                                                                                     b.o.

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
                                                EKONOMIE                                 13
                                                (Vraestel 2)               10732/21

VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE                                        40 PUNTE – 40 MINUTE

●   Bespreek breedvoerig hoe die volgende faktore tot die wantoedeling van
    hulpbronne in die mark lei:

        -   Ontbrekende markte (10 punte)
        -   Gebrek aan inligting (8 punte)
        -   Immobiliteit van produksiefaktore (8 punte)                           (26)

●   Hoe effektief is die regering se inmengingsstrategie vir die herverdeling van
    welvaart in Suid-Afrika?                                                      (10)   (40)

VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
                                                               40 PUNTE – 40 MINUTE

●   Bespreek breedvoerig die maatreëls wat gebruik word om vraag-trek-inflasie te
    bekamp.                                                                     (26)

●   Hoe belangrik is veranderinge in die inflasiekoers vir beleggers?            (10)    (40)

                                                               TOTAAL AFDELING C:         40

                                                                            TOTAAL:      150

                                           EINDE

## Related documents

- [ECONOMICS P2 QP GR12 SEPT2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-gr12-sept2021-afrikaans/dd04c2d3-fe9a-483a-8499-6776d07f5cd2) — Economics · QP · 2021 · Afr
- [Gr12 Economics P2 (Afrikaans) SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-economics-p2-afrikaans-sep-2022-question-paper/82e9d47a-c817-4545-9700-e9e2b9b7de9b) — Economics · QP · 2022 · Afr
- [Grade 12 NSC Economics P2 (Afrikaans) 2020 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p2-afrikaans-2020-preparatory-question-paper/d34a6a9d-f432-46f7-873d-1a849eb9a1cc) — Economics · QP · 2020 · Afr
- [Grade 12 NSC Economics P2 (Afrikaans) Preparatory 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p2-afrikaans-preparatory-2017-question-paper/498eaf17-b8bb-4092-a221-96afe7bd7aa2) — Economics · QP · 2017 · Afr
- [Grade 12 NSC Economics P2 (Afrikaans) 2015 Preparatory Examination Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p2-afrikaans-2015-preparatory-examination-paper/14747984-6602-4d68-a89a-339c7ef58679) — Economics · QP · 2015 · Afr
- [Grade 12 NSC Economics P2 (Afrikaans) 2020 Preparatory Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p2-afrikaans-2020-preparatory-possible-answers/ba246fa2-7d32-4ab7-981e-10d6b2dd4a91) — Economics · Memo · 2020 · Afr

## More from Grade 12 Economics

- [Economics P2 Memo Afr watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-afr-watermark/c9d66fa3-0b40-419d-a6f6-d862847d4e82) — Memo · 2025 · Afr
- [Economics P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-mg-afr/4cc1190f-9c0a-43ea-98bc-3252875816a9) — Memo · 2025 · Afr
- [ECONOMICS QP.P1 GR 12 JUNE 2024 (Backup papers)](https://www.hlayiso.com/library/economics-qp-p1-gr-12-june-2024-backup-papers/cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941) — QP · 2024
- [ECONOMICS P1 GR12 QP JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-qp-june-2024-afrikaans/c346a16c-1f30-4d4f-bcd0-fc46002d1c9d) — QP · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR12 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-memo-sept-2024-afrikaans/4e5fd6f8-b056-49dd-befb-68b8106fad9c) — Memo · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR12 QP SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-qp-sept2024-afrikaans/8c1cb29b-6587-4828-ae16-d72e2952b976) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
