# Economics Grade 12 P2 Gauteng Mock 2022 Memo (Afrikaans)

> Grade 12 Economics Paper 2 memorandum from the Gauteng Mock Exam 2022 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr12-economics-p2-afrikaans-sep-2022-possible-answers/55df27ef-1f79-43dc-acbe-0bcb794f4687
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2022
- Exam period: Gauteng Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 19

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 P2 Gauteng Mock 2022 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/gr12-economics-p2-afrikaans-sep-2022-possible-answers/55df27ef-1f79-43dc-acbe-0bcb794f4687)

## About this document

Economics · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2022 · Afrikaans. Memorandum, 19 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Gr12 Economics P2 (Afrikaans) SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-economics-p2-afrikaans-sep-2022-question-paper/82e9d47a-c817-4545-9700-e9e2b9b7de9b) — QP · 2022 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

             VOORBEREIDENDE EKSAMEN
                          2022
                  NASIENRIGLYNE

                EKONOMIE VRAESTEL 2 (10732)

19 bladsye

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                   10732/22

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1

1.1   MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

      1.1.1   C – MK-kromme bo die GVK is ✓✓

      1.1.2   A – prysvloer ✓✓

      1.1.3   C – oligopolie ✓✓

      1.1.4   B – Toewysingsdoeltreffendheid ✓✓

      1.1.5   B – stagflasie ✓✓

      1.1.6   D – Suid-Afrikaanse burgers wat na ander lande reis ✓✓

      1.1.7   C – repokoers ✓✓

      1.1.8   A – fiskale ✓✓                                                  (8 x 2)   (16)

1.2   PASSENDE ITEMS

      1.2.1   E – Uitgawes wat verander volgens veranderinge in uitset ✓

      1.2.2   G – Volledige beheer oor die markprys ✓

      1.2.3   A – Die besluit van een maatskappy sal die besluite van ander
                  maatskappye beïnvloed ✓

      1.2.4   I – MI=MK✓

      1.2.5   D – Prysbeheer van brandstof en elektrisiteit ✓

      1.2.6   F – Behels die vasstelling van maksimum toegelate vlakke van
                  hulpbrongebruik. ✓

      1.2.7   B – Inkomstegroei veroorsaak dat individue ŉ hoër gemiddelde
                  inkomstebelasting betaal ✓

      1.2.8   C – Beskerming van die aarde se hulpbronne sodat dit alle lewe vir
                  toekomstige geslagte kan onderhou ✓(Aanvaar beide H & C)
                                                                              (8 x 1)    (8)

                                             2

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                 10732/22

1.3   GEE DIE TERM

      1.3.1   Afsluitingspunt ✓

      1.3.2   Prysleierskap ✓

      1.3.3   Onvolmaakte mededinging/Monopolie/Oligopolie/Monopolistiese
              mededinging ✓

      1.3.4   Produksieprysindeks ✓

      1.3.5   Inheemse kennis ✓

      1.3.6   Beskerming ✓                                                  (6 x 1)   (6)

                                                         TOTAAL AFDELING A:            30

                                           3

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                     10732/22

AFDELING B

Beantwoord TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.

VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE

2.1 Beantwoord die volgende vrae.

    2.1.1   Gee TWEE hindernisse wat nuwe besighede verhoed om markte te
            betree.
            •   Hindernisse vir toetrede word geskep deur advertensies ✓
            •   Nuwe toetreders het nie die nodige kapitaal/kapitaal vereistes nie/
                Gebrek aan finansies✓
            • Skaalvoordele ✓
            • Beperkte grootte van die mark ✓
            • Eksklusiewe eienaarskap van grondstowwe/Bestaande besighede
                beheer die hulpbronne ✓
            • Patente ✓
            • Lisensiëring/Wetlike vereistes ✓
            • Alleenregte ✓
            • Invoerbeperkings ✓
            • Tegnologiese meerderwaardigheid/ Tegnologie
            (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                    (2 x 1)   (2)

    2.1.2   Waarom is ŉ volmaakte mark die doeltreffendste markstruktuur?

            ● Omdat pryse in 'n volmaakte mark 'n ware weerspieëling gee van die
              skaarsheidswaarde van goedere en dienste. 
              of
            ● Dit is gerig op maksimum produksie, anders as ander markstrukture wat
              produksie beperk. 
              of
            ● 'n Volmaakte mark produseer meer teen 'n laer koste
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)             (1 x 2)        (2)

2.2 DATA RESPONS

    2.2.1   Watter tipe eksternaliteit word in die grafiek hierbo uitgebeeld?

            ŉ Positiewe eksternaliteit ✓                                                    (1)

    2.2.2   Identifiseer die sosiaal doeltreffende vlak van produksie in die grafiek
            hierbo.

            15 000 ✓                                                                        (1)

    2.2.3   Beskryf kortliks die term markmislukking.

            Die onvermoë van ŉ mark om sekere goedere op die mees wenslike vlak
            te verskaf./Waar die kragte van vraag en aanbod misluk om hulpbronne
            doeltreffend toe te wys en nie die korrekte hoeveelhede goedere en
            dienste produseer teen die regte pryse nie. ✓✓
            (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                              (2)

                                             4

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                     10732/22

    2.2.4   Wat is die ekonomiese voordele van ŉ veilige COVID-19-entstof op
            die Suid-Afrikaanse ekonomie?

            Die ekonomiese voordele van COVID-19-inentings kan die volgende
            insluit:
            • Ingeënte mense mag minder angstig voel, en dit kan hul welstand en
                werksproduktiwiteit verbeter. ✓✓
            • Mense wat ingeënt is, is minder geneig om ŉ ernstige infeksie te kry
                wat minder mediese onkostes tot gevolg het. ✓✓
            • Ingeënte mense sal meer geneig wees om vir hul toekoms te beplan
                en geld te spaar. ✓✓
            • Gesonder mense sal aanhou om tot die ekonomie by te dra. ✓✓
            • Dit verminder las op staatsbesteding aan gesondheidsorg
            • Meer goedere en dienste sal geproduseer word as gevolg van n
                gesonder bevolking 
            (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                            (2)

    2.2.5   Waarom sal die gratis verskaffing van die COVID-19-entstowwe NIE
            noodwendig tot ŉ markmislukking lei NIE?

            •   Die regering is die enigste koper van die COVID-19-entstowwe. ✓✓
            •   Dit herverdeel die entstof onder streng voorwaardes aan sy
                burgers. ✓✓
            • Die aanbod word gewaarborg omdat regerings toelaes vir navorsing
                verskaf, in sommige gevalle subsidieer hulle die produksie. ✓✓
            • Groot bedrae is in die vervaardiging van hierdie entstowwe belê.
                Produsente sou huiwerig gewees het om op groot skaal te produseer
                as dit nie vir regeringsbetrokkenheid en ŉ gewaarborgde mark vir die
                entstowwe was nie. 
            • Die marktekort word deur die regering voorsien omdat dit 'n meriete
                goed is
            (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                (2 x 2)     (4)

2.3 Data Respons

    2.3.1   Noem die wetgewing wat mededinging in Suid-Afrika reguleer.

            Die Mededingingswet 89 van 1998 ✓                                             (1)

    2.3.2   Watter instelling is verantwoordelik vir die bevordering van
            mededinging in Suid-Afrika?

            Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging✓/
            Die mededingingskommissie                                                    (1)

    2.3.3   Beskryf kortliks die term prysvasstelling.

            Prysvasstelling verwys na ŉ ooreenkoms tussen markdeelnemers om
            pryse gesamentlik te verhoog, te verlaag of te stabiliseer om vraag en
            aanbod te beheer. ✓✓
            (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                            (2)

                                             5

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                      10732/22

     2.3.4   Waarom oorweeg die kommissie SEB-aandeelhouding voordat ŉ
             aankoop goedgekeur word?

             Om hul doelwitte te bereik, dit is om die voorheen benadeelde en
             gemarginaliseerde mense toe te laat om hul eienaarskap van besighede te
             vergroot. ✓✓
             Om ekonomiese transformasie in Suid-Afrika te verseker. ✓✓
             (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                             (2)

     2.3.5   Hoe verhoed beperkende praktyke mededinging?

             •   ŉ Dominante besigheid kan verskaffers of kliënte oorreed om nie met
                 ŉ mededinger handel te dryf nie. ✓✓
             • Groot firmas kan weier om skaars goedere aan ŉ mededinger te
                 verskaf. ✓✓
             • Die hef van pryse wat onder kosprys is om mededingers van die mark
                 uit te sluit. ✓✓
             (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                 (2 x 2)     (4)

2.4 Verduidelik kortliks die gratis ryer probleem.

     •   Die gratis ryer verwys na ŉ situasie waarin individue die voordele van ŉ
         kollektiewe aktiwiteit kan ontvang, ongeag of hulle daarvoor help betaal het of
         nie. ✓✓
     • Die gratis ryer het geen aansporing om te betaal nie aangesien hulle die
         voordele kan geniet sonder om te betaal. ✓✓
     • Die gratis ryer probleem is algemeen met openbare goedere wat nie-
         uitsluitbaar en nie-mededingend is nie. ✓✓
     • Openbare goedere(soos openbare paaie of hospitale), of dienste van ŉ
         gemeenskaplike aard is voorbeelde van die gratis ryer probleem. ✓✓
     • Nie-uitsluitbaar beteken dat nie-betalers nie gekeer kan word om die goed of
         diens te gebruik of daaruit voordeel te trek nie. ✓✓
     • Nie-mededingende verbruik bepaal dat die gebruik van ŉ goed of diens deur
         een verbruiker nie die beskikbaarheid daarvan vir ŉ ander verbruiker
         verminder nie. ✓✓
     • Die gratis ryer probleem is ŉ tipiese voorbeeld van ŉ markmislukking. ✓✓
     • Dus, die goedere kan ondergeproduseer, oorbenut of gedegradeer word. ✓✓
     (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                           (4 x 2)   (8)

                                              6

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                   10732/22

2.5 Wanneer sal dit die beste opsie wees vir ŉ onderneming, wat ŉ verlies maak
    in volmaakte mark, om NIE te sluit NIE?

    •   ŉ Verliesmakende besigheid kan op kort termyn voortgaan om te produseer
        wanneer sommige insette vasgestel is. ✓✓
    • ŉ Verliesmakende besigheid sal sy verlies minimaliseer wanneer dit op die
        vlak van uitset produseer waar die marginale inkomste gelyk is aan die
        marginale koste. ✓✓
    • Op kort termyn, as ŉ besigheid ŉ markprys ontvang wat hoër is as sy
        gemiddelde veranderlike koste (GVK), kan dit sy vermybare bedryfskoste dek
        en moet dit voortgaan om te produseer. ✓✓
    • Slegs wanneer dit nie sy GVK kan dek nie, moet dit op die kort termyn
        sluit. ✓✓
    (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                         (4 x 2)    (8)
                                                                                         [40]

VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES

3.1 Beantwoord die volgende vrae.

    3.1.1   Noem enige TWEE redes vir toerisme.

            • Vakansie ✓
            • Spesiale belangstelling ✓
            • Ekotoerisme ✓
            • Kulturele/Paleo toerimse ✓
            • Besigheid ✓
            • Konferensie ✓
            • Sport ✓
            • Medies ✓
            (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                 (2 x 1)    (2)

    3.1.2   Hoe kan besoedeling tot ŉ verlies aan biodiversiteit lei?

            •   Besoedeling maak alle spesies dood wat nie vinnig by
                omgewingsverandering kan aanpas nie. ✓✓
            • Sommige spesies het ŉ laer toleransie vir veranderende toestande as
                ander wat hulle kwesbaar maak. ✓✓
            (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)              (1 x 2)       (2)

                                            7

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                     10732/22

3.2 Data Respons

    3.2.1   Identifiseer die jaar waarin die Suid-Afrikaanse inflasiekoers die
            inflasie teikenkoers oorskry het.

            Aanvaar 2016of 2017                                                          (1)

    3.2.2   Gee EEN rede vir ŉ toename in die inflasiekoers.

            • Hoë verbruikersvraag ✓
            • Verhoogde produksiekoste ✓
            • ŉ Hoë Brent-ruolieprys ✓
            • Ondoeltreffendheid van die monetêre en fiskale beleid ✓
            • Verhoogde besteding ✓
            (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                             (1)

    3.2.3   Beskryf kortliks die term inflasieteikening.

            Dit is ŉ monetêrebeleidstrategie deur die Reserwebank wat daarop gemik
            is om inflasie binne die omvang van 3 – 6% te hou soos deur die Minister
            van Finansies bepaal. ✓✓
            (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                             (2)

    3.2.4   Hoe sal ŉ verhoging in die inflasiekoers lae-inkomsteverdieners
            benadeel?

            Lae-inkomsteverdieners sal nie hul basiese behoeftes kan bevredig
            nie. ✓✓
            (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                             (2)

    3.2.5   Hoe kan prysonstabiliteit die ekonomie negatief beïnvloed?

            Prysonstabiliteit sal die ekonomie negatief beïnvloed deur:

            •  Inflasieverwagtinge onder verbruikers, besighede en werkers te
               verhoog ✓✓
            • Besighede sal nie beleggings in langtermynprojekte maak as pryse
               onstabiel is nie. ✓✓
            • Verminderde besparings onder verbruikers. Dit kan die opgaar van
               goedere aanmoedig wat druk op die ekonomie kan skep ✓✓
            • Deur dit vir verbruikers moeilik te maak om ingeligte besluite te neem
               wat kan lei tot ŉ afname in totale vraag en ekonomiese groei ✓✓
            (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons.)                    (2 x 2)   (4)

                                             8

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                     10732/22

3.3 Data Respons

    3.3.1   Identifiseer die tipe omgewingsagteruitgang in die prent hierbo.

            Ontbossing ✓                                                                   (1)

    3.3.2   Noem die internasionale konferensie oor omgewingsvolhoubaarheid
            wat in 2011 in Suid-Afrika gehou is.

            COP17 ✓                                                                        (1)

    3.3.3   Beskryf kortliks die term gevaarlike afval.

            Dit is enige giftige neweproduk van vervaardiging, boerdery, rioolstelsels,
            konstruksie-terreine, laboratoriums en hospitale, wat ŉ nadelige impak op
            gesondheid of die omgewing het. ✓✓
            (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                             (2)

    3.3.4   Verduidelik die impak van besoedeling op die pryse van goedere en
            dienste.

            •   As die koste van besoedeling bygevoeg word, sal die pryse van
                goedere styg. ✓✓
            • Besoedeling skep ŉ behoefte aan bykomende produkte, soos
                maskers, wat die pryse van produkte opstoot om ons teen besoedeling
                te beskerm. ✓✓
            (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                             (2)

    3.3.5   Waarom is dit moeilik om in ŉ vrye mark omgewingsvolhoubaarheid
            te verseker?

            •   Vrye markte het vrye toegang tot hulpbronne. Dit lei tot oorbenutting
                van hulpbronne. ✓✓
            • Die vrye mark reageer op die vraag na goedere en dienste en
                prioritiseer winsmaksimering, ✓✓
            • dit lei tot erge druk op die omgewing. ✓
            • Die vrye mark bevorder ongelykheid en armoede. Hierdie sosiale
                euwels plaas druk op die omgewing. ✓✓
            (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                   (2 x 2)   (4)

3.4 Bespreek die uitwerking van klimaatsverandering op die omgewing.

    •   Klimaatsverandering het wêreldwyd ŉ toename in temperature meegebring. ✓✓
    •   Aardverwarming het ŉ styging in seevlakke meegebring. ✓✓
    •   Oppervlakwater in tropiese en subtropiese seestreke het souter geword en
        daar is ŉ verandering in seesoutgehalte. ✓✓
    • Hoër temperature lei tot meer ekstreme weer soos verwoestende storms,
        tsoenami's, erge droogtes en vloede. ✓✓
    • Daar is ŉ negatiewe impak op landbou as gevolg van die onvoorspelbare
        klimaat. ✓✓
    (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                        (4 x 2) (8)
                                             9

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                        10732/22

3.5 Hoe kan onvanpaste regerings fiskale beleid die inflasiekoers beïnvloed?

    Die regering se onvanpaste gebruik van fiskale beleid kan bydra tot hoër inflasie
    deur:

    •   Staatsbesteding te verhoog sonder om die totale aanbod te verhoog wat pryse
        laat styg. ✓✓
    • Besteding aan kapitaalprojekte, bv. paaie, behuising, ens., wat meer is as die
        ekonomie se kapasiteit, sal pryse laat styg. ✓✓
    • Toenemende besteding aan verbruik soos onderwys, gesondheid en
        veiligheid. ✓✓
    • Groot bedrae geld is in die maatskaplike sektor te bestee omdat daar ŉ
        behoefte is om werkloosheid en armoede te verminder, wat veroorsaak dat
        daar ŉ toename in totale vraag is. ✓✓
    • Geld word geleen om die vlakke van maatskaplike toelaes te verhoog teen ŉ
        hoër koers as die inflasiekoers. ✓✓
    • Verlaagde persoonlike inkomstebelasting skep groter verbruikersvraag. ✓✓
    • Verlaging van maatskappybelasting/invoerbelasting sal lei tot verhoogde
        produksie en invoer. ✓✓
    • Aanvaar ook monetêre argumente.
    (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                         (4 x 2)       (8)
                                                                                            [40]

VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES

4.1 Beantwoord die volgende vrae.

    4.1.1   Gee TWEE voorbeelde van Wêrelderfenisgebiede in Suid-Afrika.

            •   Mapungubwe Nasionale Park ✓
            •   Die Vredefort-koepel ✓
            •   Sterkfontein-grotte/Wieg van die Mensdom ✓
            •   Robbeneiland ✓
            •   Richtersveld Kulturele en Botaniese Landskap
            •   iSimangaliso-vleilandpark/St Lucia ✓
            •   Die Kaapse Fynbos-streek ✓
            •   uKhahlamba Drakensberg-park ✓
            •   Makhonjwaberge ✓                                                             (2)

    4.1.2   Wat kan die ontstaan van onwettige (swart) markte veroorsaak?

            •  Onwettige markte ontwikkel wanneer mense nie goedere kan bekom
               teen die regering se maksimum prys nie en hoër onwettige pryse moet
               betaal om die goedere te bekom. ✓✓
            • Indien swartmarkte ontstaan sal dit aanleiding gee dat die aanbod op
               markte afneem aangesien produsente dit teen duurder kan verkoop op
               swartmarkte 
             (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                (1 x 2)       (2)

                                            10

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                    10732/22

4.2 Data Respons

    4.2.1   Identifiseer die hoeveelheid waarteen wins gemaksimeer sal word.

            By hoeveelheid 15 is die wins R75. ✓                                         (1)

    4.2.2   Watter markstruktuur word in die inligting hierbo uitgebeeld?

            Volmaakte mededinging ✓                                                      (1)

    4.2.3   Beskryf kortliks die term marginale inkomste.

            Marginale inkomste verwys na die ekstra inkomste wat verkry word deur
            nog een eenheid van ŉ produk te verkoop. ✓✓                                  (2)

    4.2.4   Waarom sou dit nie moontlik wees, vir die individuele besigheid in die
            inligting hierbo, om sy prys te verhoog nie?

            ŉ Hoër prys as die markprys kan nie gehef word nie aangesien klante
            verlore gaan vir ander produsente wat teen die markprys verkoop. ✓✓
            (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                           (2)

    4.2.5   Bereken marginale koste van die firma teen ŉ hoeveelheid van 15.
            Toon ALLE berekeninge.

            Totale Koste berekening (1 punt) 
            Totale Koste = (Totale Inkomste – Wins)
            Bereken totale koste van 10 eenhede produksie                           ✓
                          By 10 eenhede is totale koste (R100 – 50) = R50
            Bereken totale koste van 15 eenhede produksie
                          By 15 eenhede is totale koste (R150 – 75) = R75

            Marginale koste berekening
                  ∆ 𝑇𝐾
            𝑀𝐾 = ∆ 𝐻    (1 punt vir die formule)

                   75 − 50
            𝑀𝐾 =
                   15 − 10
                   25
            𝑀𝐾 = 5

            MK = 5 ✓✓ (Korrekte antwoord 2 punte)                             (2 x 2)    (4)

                                           11

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                       10732/22

4.3 Data Respons

    4.3.1   Noem EEN indeks wat gebruik word om inflasie te bereken.                        (1)

            •   Verbruikers-prysindeks (VPI) ✓
            •   Produsente-prysindeks (PPI) ✓
            •   Implisiete BBP-inflator (alles insluitende inflasiekoers) ✓                 (1)

    4.3.2   Noem EEN oorsaak vir die afgradering van Suid-Afrika na rommel
            status.

            • Inflasie ✓
            • Korrupsie ✓
            • Staatskaping ✓
            • COVID-19 ✓
            (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                              (1)

    4.3.3   Beskryf kortliks die term hiperinflasie.

            Dit is vinnige, buitensporige en buite beheer algemene prysstygings in ŉ
            ekonomie./Dit is vinnig stygende inflasie van meer as 50% per maand. ✓✓
            (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                              (2)

    4.3.4   Wat word bedoel met “onder beleggingsgraad”?

            Dit is wanneer daar ŉ hoë risiko is dat beleggings waarde kan verloor of
            nie terugbetaal word nie. ✓✓
            Die beleggings is geneig om meer sensitief te wees vir veranderinge in
            ekonomiese toestande. ✓✓
            (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                              (2)

    4.3.5   Hoe sal die rommelstatus inflasie in Suid-Afrika beïnvloed?

            •   Beleggers sal ŉ hoër rentekoers vir uitleen eis, wat leenkoste sal
                verhoog. ✓✓
            • Dit kan produksiekoste verhoog en pryse laat styg. ✓✓
            • Hoër rentekoerse plaaslik, sal die besteebare inkomste van
                verbruikers verminder, van wie die meerderheid tot ŉ mate op krediet
                staatmaak. ✓✓
            • Die rand wisselkoers sal ook negatief beïnvloed word, wat lei tot
                verhoogde pryse van ingevoerde goedere op die kort termyn en
                verhoogde pryse oor die algemeen op die langer termyn. ✓✓
            (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                    (2 x 2)   (4)

                                             12

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                    10732/22

4.4 Bespreek kortliks die redes vir die gebruik van koste-voordeel-analise (KVA).

    •   Om markseine te bepaal, bv., pryse help om hulpbronne deur vraag en
        aanbod toe te wys. ✓✓
    • Goedere wat deur die regering verskaf word, soos paaie, brûe, ens., word
        gratis verskaf. ✓✓
    • Met die afwesigheid van markseine, kan besluite oor die wenslikheid van ŉ
        projek subjektief wees. ✓✓
    • Objektiewe kriteria kan vereis word om ekonomiese doeltreffendheid in
        hulpbrontoewysing te verseker. ✓✓
    • KVA bring groter objektiwiteit tot besluitneming. ✓✓
    • Dit word gedoen deur al die relevante voordele en koste van ŉ projek te
        identifiseer sodat ŉ ingeligte besluit geneem kan word. ✓✓
    (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                        (4 x 2)    (8)

4.5 Evalueer die sukses van die Aardeberaad om omgewingsvolhoubaarheid in
    Afrika aan te spreek.

    Die Aardberaad wat in Rio de Janeiro gehou is, was uiters suksesvol in Afrika
    omdat:
    • Agenda 21, ŉ aksieplan van die Aardberaad wat gemik was op volhoubare
        ontwikkeling lande bewus gemaak van die gevare van onvolhoubare
        ontwikkeling. ✓✓
    • Verskeie SAOG-lande het omgewingsbestuursprogramme ontwikkel wat
        daarop gemik is om grondhulpbronne te beskerm en te rehabiliteer. 

    Die Aardberaad wat in Rio de Janeiro gehou is, was uiters onsuksesvol omdat:
    • Daar word erken dat volhoubaarheid nie bereik kan word totdat armoede
        verminder is en dat daar ŉ groot probleem van armoede en ongeletterdheid in
        baie lande in Afrika is. ✓✓
    • Daar is onvoldoende koördinering tussen regerings, NRO's en die private
        sektor. ✓✓
    • Agenda 21 se implementering, ŉ doelwit van die Aardeberaad word belemmer
        deur Afrika-grondbesitkwessies, vermindering van weivelde en
        grondagteruitgang. ✓✓
    • Vinnige bevolkingsgroei en verhoogde vraag na voedsel- en energiebronne is
        besig om woude uit te put. ✓✓
    • Afrika word geteister met herhalende droogtes, toenemende wateraanvraag en
        waterbesoedeling wat die implementering van Agenda 21 belemmer. ✓✓
    • Daar is konflikte oor gedeelde waterbronne al het SAOG-lande hervormings
        geïmplementeer wat gemik is op volhoubare bestuur van waterbronne. ✓✓
    • Toerisme en bevolkingsdruk het ook die implementering van Agenda 21
        belemmer. ✓✓
    • Gebrek aan tegnologie-oordrag, toegang tot navorsingsbevindinge en
        kapasiteitsbou het ook vordering belemmer. Lande sukkel om nasionale data
        oor Agenda 21-kwessies in te samel en te ontleed. ✓✓
    (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoorde.)
    (Ken ŉ maksimum van 2 punte toe vir blote lys van feite/voorbeelde.)     (4 x 2)     (8)
                                                                                        [40]
                                                             TOTAAL AFDELING B:          80

                                           13

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                 10732/22

AFDELING C

Beantwoord EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.

Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:

                                                                                 PUNTE-
                          STRUKTUUR VAN OPSTEL
                                                                               TOEKENNING
Inleiding

Die inleiding is ŉ laerorde-antwoord.

•  ŉ Goeie begin is om die sleutelkonsep wat met die vraag verband hou, te       Maks. 2
   definieer of te omskryf.
• Moet NIE enige deel van die vraag by die inleiding insluit NIE.
• Moet NIE enige deel van die inleiding by die liggaam insluit NIE.
• Vermy dit om in die inleiding te noem wat jy in die liggaam gaan bespreek.
Liggaam

Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede/Diepgaande bespreking/
Ondersoek/Bespreek krities/Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/               Maks. 26
Verduidelik/Teken ŉ grafiek en verduidelik/Gebruik die grafiek gegee en
verduidelik/Voltooi die grafiek gegee/Assesseer/Debatteer
ŉ Maksimum van 8 punte kan aan opskrifte/voorbeelde toegeken word.

Bykomende gedeelte: Bespreek krities/Evalueer/Evalueer krities/Debatteer/
Lei af/Vergelyk/Onderskei/Interpreteer/Hoe?/Stel voor                           Maks. 10
ŉ Maksimum van 2 punte kan vir die blote noem van feite toegeken word.
Slot

Enige hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit:

• ŉ Kort samevatting van dit wat bespreek is, sonder die herhaling van enige
  feite wat reeds genoem is                                                      Maks. 2
• Enige opinie of waardeoordeel oor die feite wat bespreek is
• Bykomende ondersteunende inligting wat die bespreking/ontleding versterk
• ŉ Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra
• Aanbevelings
TOTAAL                                                                             40

                                               14

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                     10732/22

VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE

•   Vergelyk en kontrasteer ŉ oligopolistiese mededinger met ŉ monopolistiese
    mededinger in terme van:

      o      Beheer oor pryse                     (8)
      o      Ekonomiese wins/verlies              (8)
      o      Vraagkromme                          (10)
                                                                            (26 punte)
•   Wat is die effek van samespanning op markte?                            (10 punte)

INLEIDING

ŉ Oligopolie word gekenmerk deur ŉ bedryf wat deur ŉ klein aantal groot besighede
oorheers word. Monopolistiese mededinging is ŉ kombinasie van volmaakte
mededinging en ŉ monopolie. Die mees kenmerkende kenmerk van monopolistiese
mededinging is dat die produkte van verskeie besighede verskil, ten spyte daarvan dat
dit noue plaasvervangers vir mekaar is. ✓✓
(Aanvaar enige ander relevante inleiding.)                                   (Maks. 2)

LIGGAAM: HOOFDEEL

Beheer oor pryse

•   ŉ Oligopolie bestaan wanneer ŉ klein aantal groot maatskappye die aanbod in ŉ
    mark kan beïnvloed. ✓✓
•   Deur die aanbod van die produk of diens op die mark te beheer, poog oligopolieë
    om sy pryse en winste hoog te hou. ✓✓
•   Die beperkte aantal besighede maak hulle prysmakers. ✓✓
•   In ŉ monopolistiese mededingende mark verkoop elke onderneming teen sy eie
    prys aangesien ŉ enkele prys nie vir die gedifferensieerde produkte bepaal kan
    word nie. ✓✓
•   ŉ Verskeidenheid pryse bestaan vir die verskillende gedifferensieerde goedere in ŉ
    monopolistiese mededingende mark. ✓✓                                     (Maks. 8)

Ekonomiese wins/verlies

•   Oligopolieë kan die aanbod beheer, en marktoetrede word beperk. ✓✓
•   Dit maak dit vir hulle moontlik om langtermyn- en korttermynwinste te verdien. ✓✓
•   Vir die monopolisties mededingende onderneming is dit slegs moontlik om
    ekonomiese winste op kort termyn te maak. ✓✓
•   As gevolg van die maklike toetrede tot die mark, sal korttermynwinste meer
    besighede na die mark lok. ✓✓
•   In die langtermyn sal ewewig bereik word wanneer slegs normale winste verdien
    word en daar geen verdere aansporing vir nuwe firmas is om die mark te betree
    nie. ✓✓                                                                   (Maks. 8)

                                             15

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                        10732/22

Vraagkromme

•   ŉ Oligopolis staar ŉ geknikte vraagkromme in die gesig. Hierdie vraagkromme
    bestaan uit twee afdelings. ✓✓
• Die boonste gedeelte, die gedeelte wat met hoë pryse verband hou, het ŉ baie
    elastiese helling, m.a.w. die vraag is baie sensitief vir ŉ prysverandering. ✓✓
• Die onderste gedeelte, die gedeelte wat met laer pryse verband hou, is baie
    onelasties, m.a.w. vraag is nie sensitief vir ŉ prysverandering nie. ✓✓
• Die vraagkromme vir ŉ monopolistiese mededinger is afwaarts skuins. ✓✓
• Korttermyn-ewewig (ekonomiese wins en ekonomiese verlies) stem ooreen met ŉ
    monopolie, maar die vraagkromme is meer pryselasties (platter) as gevolg van
    goeie/baie plaasvervangers. ✓✓                                              (Maks. 10)
(Kandidate kan gekrediteer word vir die teken van grafieke. Maks. 2 punte moet vir
elke grafiek toegeken word. 2 Punte vir die oligopolie vraagkromme en 2 punte vir die
vraagkromme van die monopolistiese mededinger.)
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoorde.)
(ŉ Maksimum van 8 punte sal toegeken word vir blote lys van feite/voorbeelde.)
                                                                                (Maks. 26)

ADDISIONELE DEEL

Hoe beïnvloed samespanning markte?

•   Verskaffers toon anti-mededingende gedrag wanneer hulle saamspan, in plaas
    van om mee te ding, bepaal hulle pryse en hoeveelhede. ✓✓
• Samespanning kan lei tot hoër pryse vir verbruikers. Dit lei tot ŉ afname in
    verbruiker-surplus en toewysings-ondoeltreffendheid. ✓✓
• Wanneer produsente instem om pryse kunsmatig hoog te hou, het verbruikers dalk
    geen ander keuse as om hierdie opgeblase pryse te betaal nie. ✓✓
• Besighede ding mee deur doeltreffend te wees en innoverende produkte aan te
    bied. As hulle nie meer meeding nie, sal hulle minder gemotiveerd wees om
    doeltreffend en innoverend te wees. ✓✓
• Produsente wat saamspan en nie meeding nie, sal minder gemotiveerd wees om
    goeie kliëntediens te lewer. ✓✓
• As ŉ bedryf bekend word daarvoor dat dit teenmededingend is of soos ŉ kartel
    optree, sal die publiek agterdogtig en gegrief word teenoor die bedryf. ✓✓
• Ondernemings wat saamspan, moet ŉ aansienlike bedrag geld aan advertensies
    en bemarking bestee om handelsmerklojaliteit en produkdifferensiasie te bou. ✓✓
• Nuwe firmas kan ontmoedig word om die mark te betree deur hierdie tipe
    samespanning wat as ŉ hindernis vir toetrede kan dien. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                           (Maks. 10)

GEVOLGTREKKING

Oligopolieë en monopolistiese, mededingende besighede maak albei staat op
produkdifferensiasie om mee te ding. Monopolistiese-mededinging is ŉ realistiese
markstruktuur met geen langtermyn wins as gevolg van vrye marktoetrede nie. ŉ
Oligopolie kan langtermyn-winste maak deur beperkte marktoetrede en samespanning
om aanbod te beperk. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevante hoër-orde gevolgtrekking.)           (Maks. 2)       [40]

                                               16

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                     10732/22

VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES

●   Ondersoek, in detail, die uitwerking van toerisme op die volgende:

    o    Indiensneming (8)
    o    Omgewing (8)
    o    Eksternaliteite ( 10)                                              (26 punte)

●   Ontleed die impak van die COVID-19-inperking op die toerismebedryf in Suid-
    Afrika.                                                        (10 punte)

INLEIDING

Toerisme is die aktiwiteite van mense wat reis na plekke vir ontspanning, besigheid en
ander doeleindes en bly in plekke buite hul gewone omgewing vir nie meer as een
opeenvolgende jaar nie. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevante inleiding.)                          (Maks. 2)

LIGGAAM: HOOFDEEL

Indiensneming

•   Die toerismebedryf het ongeveer 7% van die Suid-Afrikaanse arbeidsmag in diens,
    en word moontlik beskou as die grootste verskaffer van werk en verdiener van
    buitelandse valuta. ✓✓
•   Die toerismebedryf het meer as 1,2 miljoen mense in diens geneem. ✓✓
•   Is ideaal om werk te verskaf in gebiede wat min werksgeleenthede bied. ✓✓
•   Is arbeidsintensief alhoewel dit die laagste verhouding van belegging tot
    werkskepping het. ✓✓
•   Gebruik verskillende vaardighede, van rekenmeesters tot haarkappers. ✓✓
•   Het die potensiaal om werk te skep en geleenthede vir klein entrepreneurs te
    bied. ✓✓
•   Verskaf onmiddellike werk soos lewendige vermaak by vakansieoorde. ✓✓
•   Verskaf entrepreneursgeleenthede in die informele sektor soos
    vrugteverkopers. ✓✓                                                       (Maks. 8)

                                             17

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                     10732/22

Omgewing

•   Toerisme het die potensiaal om voordelige uitwerkings op die omgewings te skep
    deur by te dra tot omgewingsbeskerming en -bewaring. ✓✓
•   Dit is ŉ manier om bewustheid van omgewingswaardes te verhoog en dit kan as ŉ
    instrument dien om beskerming van natuurlike gebiede te finansier en hul
    ekonomiese belangrikheid te verhoog. ✓✓
•   Baie bestemmings bevorder ekotoerisme en volhoubare toerisme en dit kan help
    om mense op te voed oor die omgewingsimpakte van toerisme. ✓✓
•   Die negatiewe omgewingsimpakte van toerisme is wesenlik. Dit sluit die uitputting
    van plaaslike natuurlike hulpbronne sowel as besoedeling en afvalprobleme in. ✓✓
•   Toerisme plaas dikwels druk op natuurlike hulpbronne deur oorverbruik, dikwels op
    plekke waar hulpbronne reeds skaars is. ✓✓
•   Toerisme plaas enorme stres op plaaslike grondgebruik, en kan lei tot gronderosie,
    verhoogde besoedeling, verlies van die natuurlike habitat, en meer druk op
    bedreigde spesies. ✓✓
•   Hierdie effekte kan geleidelik die omgewingshulpbronne vernietig waarvan toerisme
    self afhanklik is. ✓✓
•   Toerisme dra by tot meer as 5 persent van die globale kweekhuisgasvrystellings,
    met vervoer verantwoordelik vir 90 persent hiervan. ✓✓
•   Toerisme lei dikwels tot oorbenutting van water, bv. ŉ gemiddelde gholfbaan in ŉ
    tropiese land gebruik soveel as 60 000 liter water, soortgelyk aan ŉ plattelandse
    dorpie. ✓✓
•   Dit gebruik ook 1 500 kg chemiese kunsmis, plaagdoders en onkruiddoders per
    jaar. ✓✓                                                                   (Maks. 8)

Eksternaliteite

•   Toerisme-aktiwiteite kan voordele of koste tot gevolg hê vir derde partye wat nie
    deel is van die koper-verkoper-mark nie. ✓✓
• Negatiewe eksternaliteite: Vliegtuiggeraas wat inwoners naby lughawens steur. ✓✓
• Ander voorbeelde/koste: Verkeer en verkeersopeenhoping, ekstra polisiëring as
    gevolg van misdaad, verhoogde gesondheidsdienste en sanitasie, vernietiging van
    flora en fauna, bederf uitsigte van die landskap, verhoogde instandhouding van
    infrastruktuur, ens. ✓✓
• Toerisme kan inflasie veroorsaak, wat sekere goedere vir plaaslike inwoners
    onbekostigbaar maak. ✓✓
• Positiewe eksternaliteite: bv. die Gautrein verskaf vinnige skakels na verskillende
    gebiede, veral na die lughawe. ✓✓
• Ander voordele is nuwe ontspanningsgeriewe en verhoogde direkte en indirekte
    belastingsinkomste.✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)
(Ken ŉ maksimum van 8 punte toe vir die blote lys van feite/voorbeelde.)      (Maks. 10)

                                             18

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                       10732/22

BYKOMENDE DEEL

Ontleed die impak van die COVID-19-inperking op die toerismebedryf in Suid-
Afrika.

Die COVID-19-inperking het die volgende negatiewe uitwerkings op toerisme gehad:

•   Die land het aan die einde van 2020 aansienlik hoër werkloosheidsvlakke in die
    toerismebedryf as enige ander sektor in die gesig gestaar as gevolg van die
    gebrek aan beweging. ✓✓
• Werkloosheid het breër oorvloei-effekte wat baie ander sektore van die ekonomie
    raak. ✓✓
• As gevolg van werkloosheid het die totale vraag ernstig in die ekonomie afgeneem.
    Mense kon nie basiese goedere en dienste bekostig nie. ✓✓
• As gevolg van ŉ afname in totale vraag, het produksie in maatskappye afgeneem
    en sodoende hul winste verminder. Ekonomiese aktiwiteit was baie laag. ✓✓
• Vraag en aanbod van toerisme-dienste het afgeneem as gevolg van reisverbod en
    die instelling van wette oor sosiale distansiëring. ✓✓
• Belegging in toerisme-infrastruktuur het afgeneem omdat dit nie volhoubaar was
    nie. ✓✓
• Toerisme ondernemings kon nie meer hul skuld betaal nie, aangesien hulle geen
    inkomste verdien het nie. ✓✓
• Gevolglik het baie toerisme-ondernemings gesluit en hul bates is
    teruggeneem. ✓✓
• Dit het gelei tot verdere werksverliese aangesien mense afgelê is wat tot verdere
    armoede gelei het. ✓✓
• Inkomende toerismesvlakke het afgeneem namate die land se grense gesluit is.
    Dit het gelei tot ŉ afname in buitelandse valuta wat die land ontvang het. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)
(Ken ŉ maksimum van 2 punte toe vir die blote lys van feite/voorbeelde.)      (Maks. 10)

Samevatting

Bemarking van toerismeprodukte aan beide plaaslike en internasionale markte is
belangrik om die volle groeipotensiaal te bereik van die sektor in Suid-Afrika./Die
potensiaal van die toerismesektor is nie bereik nie, en voortgesette bemarking is nodig
om te verseker dat dit sy volle potensiaal bereik, in beide die binnelandse mark en die
internasionale mark. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevante hoër orde gevolgtrekking.)              (Maks. 2)   [40]

                                                                TOTAAL AFDELING C:           40

                                                                               TOTAAL:      150

                                              19

## Related documents

- [Grade 12 NSC Economics P2 (Afrikaans) 2020 Preparatory Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p2-afrikaans-2020-preparatory-possible-answers/ba246fa2-7d32-4ab7-981e-10d6b2dd4a91) — Economics · Memo · 2020 · Afr
- [Grade 12 NSC Economics P2 (Afrikaans) Preparatory 2017 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p2-afrikaans-preparatory-2017-possible-answers/bda96458-ebe4-44b9-92e5-333e776e1614) — Economics · Memo · 2017 · Afr
- [Gr12 Economics P1 (Afrikaans) SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-economics-p1-afrikaans-sep-2022-question-paper/4b579af8-e0b1-4689-a729-7d9986eea052) — Economics · QP · 2022 · Afr
- [ECON P2 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/econ-p2-gr12-qp-sept2022-afrikaans/4dfd489d-79be-494e-a2cf-f0b51ee8c5e1) — Economics · QP · 2022 · Afr
- [Grade 12 NSC Economics P2 (Afrikaans) 2020 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p2-afrikaans-2020-preparatory-question-paper/d34a6a9d-f432-46f7-873d-1a849eb9a1cc) — Economics · QP · 2020 · Afr
- [Grade 12 NSC Economics P2 (Afrikaans) Preparatory 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p2-afrikaans-preparatory-2017-question-paper/498eaf17-b8bb-4092-a221-96afe7bd7aa2) — Economics · QP · 2017 · Afr

## More from Grade 12 Economics

- [ECONOMICS P2 GR12 QP JCT 2025 AFR D watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr12-qp-jct-2025-afr-d-watermark/3dba3588-624d-493b-bc60-00d7e2783cae) — QP · 2025 · Afr
- [Economics Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-free-state/4def59dd-ebf4-4191-89e7-2b6d4609d6cc) — QP · 2025
- [Economics Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-mpumalanga/5449d7a4-548e-416d-91b4-1da462710798) — QP · 2025
- [Economics Grade 12 NSC P2 QP September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p2-qp-september-2025-mpumalanga/efbb0e99-1236-496b-bc64-5b31b3784493) — QP · 2025
- [Economics P1 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2025-afr/e9c77643-7f83-42e3-b28d-cf84e96050ca) — QP · 2025 · Afr
- [Economics P2 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-afr/4c93e067-5237-46b7-ab21-5c2cea219788) — QP · 2025 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
