# Electrical Technology Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2013 QP

> Grade 12 Electrical Technology Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2013 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr12-eltt-p1-s13-qp-afr/56c0d028-d8c7-4aa0-909b-30234b836764
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Electrical Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2013
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Electrical Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/electrical-technology) › [Electrical Technology Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2013 QP](https://www.hlayiso.com/library/gr12-eltt-p1-s13-qp-afr/56c0d028-d8c7-4aa0-909b-30234b836764)

## About this document

Electrical Technology · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2013. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                    Province of the
                    EASTERN CAPE
                    EDUCATION

                            NASIONALE
                        SENIOR SERTIFIKAAT

                               GRAAD 12

                         SEPTEMBER 2013

                 ELEKTRIESE TEGNOLOGIE

PUNTE:   200

TYD:     3 uur

                                   *ELCTDM*

         Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye, insluitende ŉ formuleblad.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                           ELEKTRIESE TEGNOLOGIE                         (SEPTEMBER 2013)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.   Beantwoord AL die vrae.

2.   Sketse en diagramme moet groot, netjies en van volledige byskrifte
     voorsien wees.

3.   Alle berekeninge moet getoon word en korrek tot TWEE desimale syfers
     afgerond word.

4.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
     vraestel gebruik is.

5.   ŉ Formuleblad word aan die einde van die vraestel voorsien.

6.   Nieprogrammeerbare sakrekenaars mag gebruik word.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013)               ELEKTRIESE TEGNOLOGIE                                  3

 VRAAG 1: TEGNOLOGIE, GEMEENSKAP EN DIE OMGEWING

 1.1    Ontwerp, produksie en bemarking van sekere tegnologiese produkte vereis
        entrepreneursvaardighede vanaf die vervaardiger.

        Noem DRIE entrepreneursvaardighede wat verwag word.                          (3)

 1.2    Met verwysing na HIV/Vigs, noem EEN voorsorgmaatreël wat nagekom
        moet word wanneer ŉ persoon wat beseer is, behandel word.                    (1)

 1.3    Mense gebruik tegnologie om in hul behoeftes te voorsien. Die gebruik van
        tegnologie het positiewe en negatiewe impakte op die samelewing en die
        omgewing. Bespreek kortliks hoe die gebruik van tegnologie ŉ negatiewe
        impak op die volgende het:

        1.3.1      Lug                                                               (2)

        1.3.2      Water                                                             (2)

        1.3.3      Land                                                               (2)
                                                                                     [10]

 VRAAG 2: TEGNOLOGIESE PROSES

 2.1    Die senior inwoners van die Buqolo aftree-oord kla dat die interkomsisteem
        nie hard genoeg is nie. Die Elektriese Tegnologie-leerders word gevra om
        die probleem op te los.

        Identifiseer die probleem wat deur die inwoners van die Buqolo aftree-oord
        ondervind word.                                                              (2)

 2.2    Fisiese gestremde kinders moet leer hoe om elektries-beheerde-rolstoele te
        bemeester om sodoende ongelukke te voorkom.

        Skryf ŉ ontwerp-opdrag om die bogenoemde probleem op te los.                 (5)

 2.3    Navorsing en ondersoek bemagtig die ontwerper om bestaande produkte te
        analiseer om sodoende die probleem te verstaan en dan beter op te los.

        Beskryf DRIE metodes wat gebruik word vir die inwin van inligting wanneer
        ŉ ontwerp-opdrag ondersoek word.                                              (3)
                                                                                     [10]

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                             ELEKTRIESE TEGNOLOGIE                         (SEPTEMBER 2013)

VRAAG 3: BEROEPSGESONDHEID EN -VEILIGHEID

3.1   Noem TWEE voorsorgmaatreëls wat in gedagte gehou moet word wanneer
      daar met ŉ draagbare boormasjien gewerk word.                                      (2)

3.2   Noem TWEE voorsorgmaatreëls wat in gedagte gehou moet word wanneer
      die stroomvloei in ŉ kring met ŉ digitale multimeter gemeet word.                  (2)

3.3   Beskryf hoekom dit belangrik is om goeie ventilasie in ŉ elektriese
      tegnologie werkswinkel te hê.                                                      (2)

3.4   Noem TWEE onveilige handelinge wat in ŉ elektriese tegnologie
      werkswinkel kan plaasvind.                                                         (2)

3.5   Beskryf EEN voorsorgmaatreël wat in gedagte gehou moet word wanneer
      die isolasie van ŉ geleier gestroop word.                                           (2)
                                                                                         [10]

VRAAG 4: DRIE-FASE WS-OPWEKKING

4.1   Noem hoe die arbeidsfaktor van ŉ resistiewe induktiewe las verbeter kan
      word.                                                                              (1)

4.2   Definieer die term gebalanseerde las.                                              (2)

4.3   Beskryf EEN nadeel van ŉ drie-fase motor met ŉ swak nalopende
      arbeidsfaktor.                                                                     (2)

4.4   ŉ 2,5 kW gebalanseerde las is in delta aan ŉ 380 V-toevoer verbind. Die las
      het ŉ arbeidsfaktor van 0,85 en ŉ rendement van 100%.

      Bereken die kVA-aanslag van die vollas.                                            (3)

4.5   Drie lasse, elk met ŉ weerstand van 50 Ω, word in stêr verbind om ŉ 380 V,
      drie-fase toevoer te vorm.

      Bepaal die fasespanning.                                                            (2)
                                                                                         [10]

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013)                  ELEKTRIESE TEGNOLOGIE                            5

 VRAAG 5: R, L EN C KRINGBANE

 5.1    ŉ Wisselstroomkring bestaan uit ŉ induktor van 0,15 H, ŉ kapasitor van
        150 μF en ŉ resistor van 20 Ω, verbind in parallel aan ŉ toevoer van
        100 V, 50 Hz.

        Bereken die volgende:

        5.1.1      Die stroom deur die kapasitor                                  (3)

        5.1.2      Die stroom deur die induktor                                   (3)

        5.1.3      Die stroom deur die resistor                                   (3)

        5.1.4      Totale stroomvloei deur die kring                              (3)

        5.1.5      Teken ŉ netjies benoemde fasordiagram van die kring in
                   VRAAG 5.1. (nie volgens skaal nie)                             (4)

 5.2    ŉ Wisselstroomkring bestaan uit ŉ spoel en ŉ kapasitor in serie. Die
        kapasitor het ŉ kapasitansie van 49 μF. Die spoel het ŉ induktansie van
        0,14 H en ŉ weerstand van 40 Ω.

        Indien die toevoerspanning 220 V/50 Hz is, bereken die volgende:

        5.2.1      Induktiewe reaktansie                                          (3)

        5.2.2      Kapasitiewe reaktansie                                         (3)

        5.2.3      Die impedansie van die kring                                   (3)

        5.2.4      Die stroomvloei deur die kring                                 (3)

 5.3    Noem die tipe reaktansie aangebied aan die stroomvloei in die volgende:

        5.3.1      Suiwer induktiewe kring                                        (1)

        5.3.2      Suiwer kapasitiewe kring                                        (1)
                                                                                  [30]

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                            ELEKTRIESE TEGNOLOGIE                       (SEPTEMBER 2013)

VRAAG 6: SKAKEL- EN BEHEERKRINGBANE

6.1   Verduidelik die funksionele werking van ŉ DIAK.                                 (4)

6.2   Teken ŉ netjiese, volledige benoemde kenkrom van ŉ TRIAK.                       (5)

6.3   Verduidelik hoe ŉ SBG aangeskakel EN afgeskakel word.                           (4)

6.4   Teken die kringsimbool van die volgende elektroniese komponente:

      6.4.1   Die TRIAK                                                               (3)

      6.4.2   Die DIAK                                                                (2)

6.5   Verduidelik waarom die vuurhoek wat deur die RC-netwerk beheer word net
      tot by 90° beheerbaar is indien die kapasitor in FIGUUR 6.5 hieronder
      vervang word met ŉ resistor.                                                    (4)

                         FIGUUR 6.5: LAMPVERDOOFKRING

6.6   Noem DRIE voordele wat ŉ TRIAK en ŉ SBG oor resistiewe metodes van
      kragbeheer het.                                                                  (3)
                                                                                      [25]

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013)                  ELEKTRIESE TEGNOLOGIE                                   7

 VRAAG 7: VERSTERKERS

 7.1    Noem VIER eienskappe van ŉ ideale operasionele versterker.                        (4)

 7.2    Operasionele versterkers kan in enkel inset/enkel uitset, ŉ differensiële
        inset/differensiële uitset of ŉ differensiële inset/enkel uitset gekoppel word.
        Verduidelik die term differensieel, met spesifieke verwysing na operasionele
        versterkers.                                                                      (2)

 7.3    Verduidelik die verskil tussen positiewe en negatiewe terugvoer, met
        verwysing na versterkers. Gee ŉ voorbeeld van elk.                                (4)

 7.4    Die operasionele versterker in FIGUUR 7.4 is gekoppel in ŉ sekere manier.

                    FIGUUR 7.4: OPERASIONELE VERSTERKERKRING

        Maak gebruik van jou kennis van operasionele versterkers en bepaal die
        volgende:

        7.4.1      In watter modus is die operasionele versterker gekoppel?               (1)

        7.4.2      Sal hierdie ŉ goeie of swak versterker wees vir audio gebruik?
                   Verwys na die inset en uitset golfvorms en motiveer jou antwoord.      (2)

        7.4.3      Bepaal die winsstelling van die versterker deur gebruik te maak
                   van die inligting wat verkrygbaar is in die kring in FIGUUR 7.4.       (2)

        7.4.4      Verduidelik wat jy sal doen om die wins van hierdie versterker te
                   vermeerder. Verduidelik ook die aard van die aanpassing wat jy
                   sal maak.                                                              (3)

 7.5    Negatiewe terugvoer hou sekere voordele in wanneer dit in versterkerkringe
        toegepas word. Noem DRIE bruikbare voordele wat negatiewe terugvoer in
        versterkers het.                                                                  (3)

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                            ELEKTRIESE TEGNOLOGIE                      (SEPTEMBER 2013)

7.6   Verwys na die kring hieronder en beantwoord die vraag wat volg.

                        FIGUUR 7.6: WIEN BRUGOSSILATOR

      Bereken die resonante frekwensie van die Wienbrugossillator in
      FIGUUR 7.6 hierbo.                                                             (3)

7.7   Noem EEN metode van voorspanning in ŉ gemeenskaplike
      emittorversterker.                                                              (1)
                                                                                     [25]

VRAAG 8: DRIE-FASE TRANSFORMATORS

8.1   Noem TWEE metodes wat gebruik word om vloedlekkasie in transformators
      te bekamp.                                                                     (2)

8.2   ŉ 30 kVA transformator met ŉ windingverhouding van 50:1 is verbind in ŉ
      delta-star verbinding om ŉ plaas met ŉ lynspanning van 380 V te voorsien.
      Bereken die volgende:

      8.2.1   Sekondêre fasespanning                                                 (2)

      8.2.2   Primêre lynspanning                                                    (3)

      8.2.3   Drywing gelewer teen vollas teen ŉ arbeidsfaktor van
              0,85 nalopend                                                          (4)

8.3   Noem VIER verliese wat in transformators plaasvind.                             (4)
                                                                                     [15]

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013)                  ELEKTRIESE TEGNOLOGIE                                 9

 VRAAG 9: LOGIESE KONSEPTE EN PLB’s

 9.1    Wat word deur die stelling ‘programmeerbare logiese beheer’ (PLB) of
        ‘programmeerbare integreerbare kring (PIC) binne die digitale omgewing
        geimpliseer?                                                                    (2)

 9.2    Beskryf die hoofverskille tussen ŉ hard-bedrade stelsel en ŉ PLB of sagte-
        bedrade stelsel.                                                                (4)

 9.3    ŉ PLB skandeer die program wanneer dit die instruksies in die LOOP-
        modus uitvoer. Dit word gedoen in drie hoofstappe, waarna die proses van
        voor af begin.

        9.3.1      Verduidelik kortliks wat die stelling hierbo impliseer deur na die
                   werking van PLBs te verwys.                                          (2)

        9.3.2      Noem en beskryf die DRIE hoofstappe van ŉ PLB wanneer dit
                   funksioneel opereer.                                                 (6)

 9.4    FIGUUR 9.4 toon ŉ eenvoudige EN hek voorstelling van twee skakelaars
        wat ŉ spoel aktiveer.

                          FIGUUR 9.4: EN-HEK MET SKAKELAARS

        9.4.1      Verander die Boolese vergelyking van A.B = X na ŉ logiese
                   leerdiagram vir gebruik in ŉ PLB.                                    (4)

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                            ELEKTRIESE TEGNOLOGIE                        (SEPTEMBER 2013)

9.5   FIGUUR 9.5 toon ŉ PLB wat aan ŉ olietenk gekoppel is.

                FIGUUR 9.5: PRAKTIESE TOEPASSING VAN ’N PLB

      Probleemstelling
      • Jy beheer smeerolie wat vanaf ŉ tenk voorsien word in die fabriek. Die
          olie in die tenk verminder die heeltyd.
      • Dit is nodig vir die motor om die olie gedurig aan te vul totdat die vol-vlak
          sensor geaktiveer word.
      • Wanneer dit gebeur, moet die motor afgeskakel word totdat die olie-vlak
          tot by die lae-vlak sensor daal. Hier skakel die motor weer aan en die
          proses word herhaal.
      Inligting
      • Beheer word moontlik gemaak deur twee sensors. Een word aan die
          onderkant en die ander een aan die bokant van die tenk geplaas.
      • Daar word drie I/Os benodig, (met ander woorde – insette/uitsette). Twee
          is insette (die sensors) en die ander een is ŉ uitset (die motor).
      • Albei die insette sal NC (normaal geslote) optiese-veselvlak sensors
          wees. Wanneer hulle NIE in vloeistof gedompel is nie, sal hulle AAN
          wees, en wanneer hulle wel gedompel is in vloeistof sal hulle AF wees.
      • Elke inset- en uitsettoestel het ŉ adres. Hierdie adres laat die PLB weet
          waar hulle fisies gekoppel is. Hierdie adresse word hieronder getoon.

         INSETTE           ADRES        UITSET       ADRES        INTERNE RELÊ
       Lae inset relê       0000         Motor        0500            1000
       Hoë inset relê       0001

      9.5.1    Bepaal of die volgende Boolese vergelyking die bogenoemde
               probleem stelling sal bevredig:
               A.B + AB = X                                                              (2)

      9.5.2    Maak gebruik van die inligting wat hierbo verskaf is en bepaal die
               logiese leerdiagram wat die PLB korrek sal laat funksioneer.              (7)

      9.5.3    Elk van die insette en uitsette word ŉ adres gegee. Verduidelik
               hoekom dit gedoen word met verwysing na PLB-toestelle.                    (2)

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013)                   ELEKTRIESE TEGNOLOGIE                                11

 9.6    FIGUUR 9.6 hieronder toon die heknetwerk van ŉ logiese kring.

                                  FIGUUR 9.6: LOGIESE KRING

        9.6.1      Bepaal die vereenvoudigde Boolese uitdrukking vir die logiese
                   kring EN teken dan die ekwivalente logiese kring van jou antwoord.    (6)
                                                                                        [35]

 VRAAG 10: DRIE-FASE MOTORS EN BEHEER

 10.1 ŉ Drie-fase motor werk vanaf ŉ 380 V stelsel en ontwikkel 8 kW. Die motor
      het ŉ arbeidsfaktor van 0,8 en ŉ rendement van 100%. Indien die motor in
      stêr deur ŉ stêr-delta aansitter aangeskakel word, bereken die volgende
      teen vollas:

        10.1.1     Lynstroom en fasestroom                                              (5)

        10.1.2     Inset in kVA                                                         (3)

 10.2 Hoekom word ŉ stêr-delta aansitter gebruik om drie-fase motors aan te
      skakel?                                                                           (3)

 10.3 Verduidelik die term nul-spanning-spoel met verwysing na motoraansitters.         (3)

 10.4 Verduidelik die term normaal geslote met verwysing na motoraansitters.            (2)

 10.5 Hoekom moet die raam van ŉ drie-fase motor geaard wees?                           (3)

 10.6 Hoe kan die draairigting van ŉ drie-fase motor verander word?                     (2)

 10.7 Elektriese motors het interne verliese. Noem en beskryf DRIE van die
      verliese.                                                                         (6)

 10.8 Nadat ŉ motor geïnstalleer is, en voor dit aangeskakel word, word basiese
      meganiese en elektriese inspeksies gedoen. Noem EEN basiese
      meganiese, EN TWEE basiese elektriese inspeksies wat gedoen moet word
      voordat die motor in gebruik geneem mag word.                                      (3)
                                                                                        [30]

                                                                           TOTAAL:      200

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                   ELEKTRIESE TEGNOLOGIE                (SEPTEMBER 2013)

ELECTRICAL TECHNOLOGY/ELEKTRIESE TEGNOLOGIE

FORMULA SHEET/FORMULEBLAD

                                              Single phase/Enkel fase

                            √
     √

     √
                                              Three-phase/Drie-fase
     √                      √

     √                      √

                                              Delta
                            √

                            √
                                              Star/Ster

                                √

         √

                            END/EINDE

## Related documents

- [Gr12 ELTT P1 S13 QP Eng](https://www.hlayiso.com/library/gr12-eltt-p1-s13-qp-eng/d71ed1fe-b82e-47c2-8648-81b0baa62ee8) — Electrical Technology · QP · 2013 · Eng
- [Electrical Technology Nov 2013 Eng](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-nov-2013-eng/ccbd8845-3d79-4586-bf96-8ee64929d1f5) — Electrical Technology · QP · 2013 · Eng
- [Electrical Technology Nov 2013 Afr](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-nov-2013-afr/5b3d2439-6e39-4a1d-8508-3f15ea3a7427) — Electrical Technology · QP · 2013 · Afr
- [ELEC TECH QP SEPT2023 Power Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/elec-tech-qp-sept2023-power-afrikaans/f439f817-47a3-42b4-8762-e49f2c6ca1f2) — Electrical Technology · QP · 2023 · Afr
- [ELEC TECH QP SEPT2023 Electronics Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/elec-tech-qp-sept2023-electronics-afrikaans/f94a8c28-7fd6-4556-9263-d3c58461df27) — Electrical Technology · QP · 2023 · Afr
- [ELEC TECH QP SEPT2023 Digital Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/elec-tech-qp-sept2023-digital-afrikaans/70991b22-194b-42c5-a61f-97cf808eb68d) — Electrical Technology · QP · 2023 · Afr

## More from Grade 12 Electrical Technology

- [Gr 12 Dig Elec ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-dig-elec-atp-2023-24/8d3b2ee7-1d14-498d-a86b-d9fc34674531) — ATP
- [ELECTRIC TECH (Digital) MEMO GR12 SEPT 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/electric-tech-digital-memo-gr12-sept-2025-eng-watermark/0a867070-2654-43cf-8e48-5037555e0c3d) — Memo · 2025 · Eng
- [Electrical Technology P1 (Electronics) (English) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-p1-electronics-english-june-2025-possible-answers/4302563e-89b7-4f54-8a21-63b2020e985f) — Memo · 2025 · Eng
- [Electrical Technology Nov 2025 (Digital) MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-electrical-technology-2025-nsc-november-exam-memorandum/3b862a0c-6a87-4296-b5b6-09b072c7d1e9) — Memo · 2025 · Afr
- [ELEC TECH GR12 MEMO SEPT2024 Power Systems Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/elec-tech-gr12-memo-sept2024-power-systems-afrikaans/1a395c97-b838-42e6-9bd6-30a85a714b11) — Memo · 2024 · Afr
- [ELEC TECH GR12 MEMO SEPT2024 Power Systems English](https://www.hlayiso.com/library/elec-tech-gr12-memo-sept2024-power-systems-english/bea78337-b137-406a-9b4a-c6e631a84c9d) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
