# Electrical Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2016 QP

> Grade 12 Electrical Technology question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2016 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr12-eltt-s16-qp-afr/673cbef3-d1ce-4b1f-9cc7-97d72833ee17
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Electrical Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2016
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Electrical Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/electrical-technology) › [Electrical Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2016 QP](https://www.hlayiso.com/library/gr12-eltt-s16-qp-afr/673cbef3-d1ce-4b1f-9cc7-97d72833ee17)

## About this document

Electrical Technology · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2016. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                NASIONALE
                            SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                             SEPTEMBER 2016

                     ELEKTRIESE TEGNOLOGIE

PUNTE:      200

TYD:        3 uur

                                         *ELTTA*

         Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye, insluitende ŉ 2-bladsy formuleblad.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
 2                             ELEKTRIESE TEGNOLOGIE                   (EC/SEPTEMBER 2016)

  INSTRUKSIES EN INLIGTING

  1.     Beantwoord ALLE vrae.

  2.     Sketse en diagramme moet groot, netjies en volledig benoem wees.

  3.     ALLE berekeninge moet getoon word en korrek tot TWEE desimale plekke
         afgerond word.

  4.     Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in
         hierdie vraestel gebruik is.

  5.     Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

  6.     Nie-programmeerbare sakrekenaars mag gebruik word.

  7.     ŉ Formuleblad word aan die einde van hierdie vraestel voorsien.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/SEPTEMBER 2016)           ELEKTRIESE TEGNOLOGIE                                     3

  VRAAG 1: BEROEPSGESONDHEID EN -VEILIGHEID

  1.1 Brandwonde as gevolg van openbare vlamme of warme vloeistowwe kan baie
      onaangenaam wees en moet korrek behandel word.

        Verduidelik TWEE stappe wat gevolg word met die behandeling van geringe
        brandwonde.                                                                      (2)

  1.2 Noem ten minste DRIE aspekte wat ŉ rol speel in werksetiek.                        (3)

  1.3 Verduidelik waarom dit belangrik is om voldoende beligting in ŉ elektriese-
      tegnologie-werkswinkel te het.                                                     (2)

  1.4 Beskryf waarom ŉ risiko-ontleding gedoen moet word om veiligheid in ŉ
      elektriesetegnologie-werkswinkel te verbeter.                                      (3)
                                                                                        [10]

  VRAAG 2: DRIEFASE-WS-OPWEKKING

  2.1 Beskryf die doel van ŉ arbeidsfaktormeter in ŉ WS-kring.                           (2)

  2.2 Noem TWEE omgewingsvriendelike metodes wat gebruik word vir die
      opwekking van wisselstroom in Suid-Afrika.                                         (2)

  2.3 ŉ Sterverbinde alternator wek 1,1 kW per fase. Elke fase het ŉ impedansie
      van 44 Ω.

        Bereken:

        2.3.1    Die fasespanning                                                        (3)

        2.3.2    Die lynspanning                                                         (3)

  2.4 Verduidelik waarom kragverspreiding na verbruikers in ster verbind word.           (2)

  2.5 Noem die funksie van ŉ wattmeter.                                                  (1)

  2.6 Definieer die term skyndrywing.                                                    (2)

  2.7 Gee EEN rede waarom verbruikers driefase-opwekking in plaas van
      enkelfase-opwekking verkies.                                                       (1)

  2.8 ŉ WS-sterverbinde alternator wek 300 kVA op met ŉ arbeidsfaktor van 0,8
      nalopend. Die lynspanning is 380 V.

        Bereken die aktiewe drywing.                                                     (3)

  2.9 Noem EEN voordeel van arbeidsfaktorverbetering.                                    (1)
                                                                                        [20]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
 4                                  ELEKTRIESE TEGNOLOGIE              (EC/SEPTEMBER 2016)

  VRAAG 3: DRIEFASETRANSFORMATORS

  3.1 As die toevoer verbind is en die sekondêre kant van ŉ transformator oopkring
      is, sal daar stroom in die sekondêre wikkelings vloei?

        Verduidelik jou antwoord.                                                        (4)

  3.2 ŉ Driefasetransformator word in delta-ster verbind. Dit het ŉ toevoerspanning
      van 11 kV en ŉ windingsverhouding van 46 : 1. Die vollas-lynstroom is 6
      ampère en die arbeidsfaktor is 0,84.

        Gegee:         VL(p)    =   11 kV
                     Np : NS    =   46 : 1
                        IL(p)   =   6A
                     Cos ө      =   0,84

        Ignoreer verliese, en bereken die volgende op volle las.

        3.2.1    Die sekondêre fasespanning                                              (3)

        3.2.2    Die kVA aanslag van die transformator                                   (3)

  3.3 As die las van ŉ ideale transformator verdubbel word, verduidelik watter effek
      dit op die volgende sou hê:

        3.3.1    Stroom                                                                  (1)

        3.3.2    Spanning                                                                (1)

        3.3.3    Inset drywing                                                           (1)

  3.4 Verduidelik waarom die kern van transformators van gelamelleerde plate
      gemaak word en nie van ŉ soliede ysterkern nie.                                    (2)

  3.5 Toon deur middel van netjiese sketse die verskil tussen ŉ driefase-
      transformator en drie eenfasetransformators wat as ŉ driefase ster-delta
      transformator verbind word.                                                        (5)
                                                                                        [20]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/SEPTEMBER 2016)                ELEKTRIESE TEGNOLOGIE                                5

  VRAAG 4: DRIEFASEMOTORS EN -AANSITTERS

  4.1 As die arbeidsfaktor van ŉ induksiemotor verbeter na installasie, gee ŉ rede
      hoe die verbetering die volgende sal beïnvloed:

        4.1.1    Die stroom wat deur die motor getrek word                               (2)

        4.1.2    Die uitsetdrywing van die motor                                         (2)

  4.2 ŉ Driefase-12 kW induksiemotor word aan ŉ 400 V/50 Hz toevoer verbind.
      Die motor het ŉ rendement van 100% en ŉ arbeidsfaktor van 0,8.

        Gegee:             P    =   12 kW
                          VL    =   400 V
                            f   =   50 Hz
                           η    =   100%
                       Cos ө    =   0,8

        Bereken:

        4.2.1    Die stroom getrek deur die motor teen vollas                            (3)

        4.2.2    Die skyndrywing van die motor                                           (3)

  4.3 Verwys na die figuur hieronder en beantwoord die vrae wat daarop volg:

                                              1

                                                                  2

                                                         3

                                            FIGUUR 4.3

        4.3.1    Identifiseer die masjien hierbo.                                        (1)

        4.3.2    Benoem die dele 1 tot 3.                                                (3)

  4.4 Noem TWEE voordele van ŉ driefase-induksiemotor bo ŉ enkelfasemotor.               (2)

  4.5 Die sinkrone spoed van ŉ induksiemotor is 500 opm en die toevoer het ŉ
      frekwensie van 50 Hz. Bereken die aantal pole van die motor.                       (4)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
 6                             ELEKTRIESE TEGNOLOGIE                   (EC/SEPTEMBER 2016)

  4.6 Verwys na die figuur hieronder en beantwoord die vrae wat daarop volg:

                                        FIGUUR 4.6

        Benoem en beskryf die funksies van die dele 1 tot 4 van die sekwensiële
        aansitter met tydskakelaar hierbo.                                               (8)

  4.7 Beskryf TWEE elektriese inspeksies wat op ŉ nuwe driefase motor uitgevoer
      moet word voordat dit aan die toevoer gekoppel word.                               (4)

  4.8 Teken ŉ benoemde beheerkring vir ŉ driefase vorentoe-agtertoe-aansitter.           (6)

  4.9 Noem en beskryf EEN verlies wat in driefase-induksiemotors voorkom.                (2)
                                                                                        [40]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/SEPTEMBER 2016)             ELEKTRIESE TEGNOLOGIE                                    7

  VRAAG 5: RLC-KRINGE

  5.1 Verduidelik wat gebeur met die helderheid van ŉ gloeilamp wanneer dit in
      serie in ŉ RC-kring verbind word en die frekwensie word verlaag.                    (4)

  5.2 Noem DRIE praktiese toepassings van RLC-kringe.                                     (3)

  5.3 Noem DRIE implikasies van resonante frekwensie.                                     (3)

  5.4 Die fasordiagram vir ŉ parallel RCL-kring word hieronder getoon:

                                          FIGUUR 5.4

        5.4.1    Bereken die totale stroomvloei deur die kring.                           (3)

        5.4.2    Bereken die arbeidsfaktor van die kring en meld of dit voorlopend of
                 nalopend is.                                                             (4)

        5.4.3    Bereken die totale impedansie as die toevoerspanning 230 V is.           (3)
                                                                                         [20]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
 8                                 ELEKTRIESE TEGNOLOGIE                      (EC/SEPTEMBER 2016)

  VRAAG 6: LOGIKA

  6.1 Wat is die doel van die interne geheue van ŉ PLB?                                         (2)

  6.2 Noem en beskryf EEN voordeel van ŉ PLB oor harde bedrading met relés.                     (2)

  6.3 Beskryf EEN praktiese toepassing van ŉ PLB en verduidelik hoe dit voordelig
      vir produksie is.                                                                         (4)

  6.4 Ontwerp ŉ leerlogikadiagram vir die beheerkring van ŉ driefase vorentoe-
      agtertoe-aansitter.                                                                       (6)

  6.5 Verwys na die waarheidstabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg:

        A       B     C    SOM     DRA
        0       0     0    0       0
        0       0     1    1       0
        0       1     0    1       0
        0       1     1    0       1
        1       0     0    1       0
        1       0     1    0       1
        1       1     0    0       1
        1       1     1    1       1

        6.5.1       Gebruik die Karnaugh-kaart-metode om die afvoer DRA te
                    vereenvoudig.                                                               (5)

        6.5.2       Teken ŉ logikakring vir die uitdrukking in VRAAG 6.5.1.                     (4)

        6.5.3       Teken ŉ leerlogikadiagram vir die uitdrukking in VRAAG 6.5.1.               (3)

  6.6 Vereenvoudig die volgende Boole-vergelyking:

                                                                                                (4)

  6.7 Noem DRIE praktiese toepassings van PLBs in die industrie.                                (3)

  6.8 Identifiseer die simbole hiernaas:

        6.8.1
                                                                                                (1)

        6.8.2
                                                                                                (1)

        6.8.3                                                                                   (1)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/SEPTEMBER 2016)                ELEKTRIESE TEGNOLOGIE                                   9

  6.9 Verwys na FIGUUR 6.9 en gebruik die Karnaugh-kaart metode om dit te
      vereenvoudig.

                                                                                            (4)
                       FIGUUR 6.9
                                                                                           [40]
  VRAAG 7: VERSTERKERS

  7.1 Negatiewe terugvoer verminder die wins van ŉ versterkerkring. Is negatiewe
      is negatiewe terugvoer infase of uitfase met die inset van die kring? Motiveer
      jou antwoord.                                                                         (3)

  7.2 Beskryf die werkbeginsel van ŉ operasionele versterker.                               (2)

  7.3 Met behulp van ŉ eenvoudige skets, verduidelik die term negatiewe
      terugvoering.                                                                         (5)

  7.4 Verwys na die kring hieronder en beantwoord die vrae wat volg:

                                           FIGUUR 7.4

        7.4.1    Identifiseer die bogenoemde kringdiagram.                                  (1)

        7.4.2    Gebruik die inligting op die kring om die uitsetspanning te bereken.       (3)

        7.4.3    Teken die inset- en uitsetgolfvorme vir bogenoemde kringdiagram.           (2)

        7.4.4    Wat sal met die spanningswins van die versterker gebeur indien die
                 waarde van die terugvoerresistor vermeerder word?                          (2)

  7.5 Noem VIER eienskappe van ŉ Schmitt-sneller versterker.                                (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
 10                            ELEKTRIESE TEGNOLOGIE                    (EC/SEPTEMBER 2016)

  7.6 Beskryf hoe ŉ differensiaalversterker die basis van ŉ operasionele versterker
      vorm                                                                                (2)

  7.7 Teken die kringdiagram sowel as die inset- en uitset golfvorms van ŉ
      sommeerversterker.                                                                  (8)

  7.8 Noem TWEE toepassings van sommeerversterkers.                                       (2)

  7.9 Gee TWEE gebruike van ŉ integreerder.                                               (2)

 7.10 Teken ŉ kringdiagram van ŉ Hartley-ossillator en noem ook TWEE
      toepassings van die ossillator.                                                     (6)

 7.11 Verwys na die kring hieronder en beantwoord die vrae wat volg:

                                       FIGUUR 7.11

        7.11.1 Bereken die ossillasiefrekwensie van die RC-ossillator in
               FIGUUR 7.11. Alle resistors is dieselfde en het ŉ waarde van 10 kΩ
               elk. Die kapasitors is ook dieselfde en het ŉ waarde van 250 pF elk.       (3)

        7.11.2 Noem TWEE toepassings van die ossillator.                                  (2)

 7.12 Wanneer sal ŉ Schmitt-sneller versterker in die elektronika veld gebruik
      word?                                                                               (2)
                                                                                         [50]

                                                                           TOTAAL:        200

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/SEPTEMBER 2016)             ELEKTRIESE TEGNOLOGIE                                11

 FORMULEBLAD

 DRIEFASE-WS-OPWEKKING                       RLC-KRINGE

 Ster                                         XL = 2πfL
 VL = √3 vPH                                             1
                                              Xc =
                                                     2πfc
 IL =IPH
                                             Serie
 Delta                                       IT = IR = IC = IL
 IL = √3 IPH
                                              Z = √R2 + (X L − XC )2
 VL = VPH
                                              VL = I XL
 S = √3 VL IL                                 VC = I XC
 Q = √3 VL IL Sin θ
                                              VT = I Z
           P
 Cosθ =
           S
                                              VT = √VR 2 + (VL − VC )2
 Tweewattmeter-metode
 P T = P1 + P2
                                                     VT
                                              IT =
                                                     Z
 DRIEFASETRANSFORMATORS
                                                             R
                                              Cosθ =
                                                             Z
 Ster
 VL = √3 VPH                                              VR
 IL = IPH                                     Cosθ =
                                                          VT

 Delta
                                             Parallel
 IL = √3 IPH                                 VT = VR = VC = VL
 VL = VPH                                             VR
                                              IR =
                                                         R
 P = √3 VL IL Cos θ
                                                     Vc
                                             IC =
                                                     Xc
 S = √3 VL IL
                                                     VL
 Q = √3 VL IL Sin θ                          IL =
                                                     XL

               P
 Cosθ =                                      IT = √IR 2 + (IL − IC )2
               S
  VPH(p)       NP       IPH(p)                            IR
           =        =                         Cosθ =
  VPH(S)       NS       IPH(S)                            IT

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
 12                                   ELEKTRIESE TEGNOLOGIE                           (EC/SEPTEMBER 2016)

 DRIEFASE-MOTORS EN -AANSITTERS                   VERSTERKERS

 Ster                                                             V         R
                                                  Wins AV = Vuit = − [R f ]
                                                                       in   in
 VL = √3 vPH
                                                                  V             R
                                                  Wins AV = Vuit = 1 + [R f ]
 IL =IPH                                                               in        in

 Delta
 IL = √3 IPH                                                1
                                                  fr =
 VL = VPH                                                2π √LC

                                                           1
 Drywing                                          f=
                                                       2π √6RC

 P=        √3 VL IL Cos θ                         SKYNDRYWING
 S=        √3 VL IL
                                                            P 𝐀𝐊𝐓𝐈𝐄𝐅
 Q=        √3 VL IL Sin θ                         PSKYN =       Cosθ

                     Pin − verliese
 Rendement (η)=
                          Pin

 Spoed

        60 × f
 ns =
           p

           ns − nr
 Glip =
               ns

Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com

## Related documents

- [Electrical Technology Nov 2016 Eng](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-nov-2016-eng/95e1f35d-d2c4-4198-8eb8-8fa3193c6b84) — Electrical Technology · QP · 2016 · Eng
- [Electrical Technology Nov 2016 Afr](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-nov-2016-afr/6b530a19-e8ec-491c-b9ff-4b580ab62343) — Electrical Technology · QP · 2016 · Afr
- [Electrical Technology Feb March 2016 Afr](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-feb-march-2016-afr/56eeaf01-6467-4162-8326-4f8e39b47094) — Electrical Technology · QP · 2016 · Afr
- [Electrical Technology Feb March 2016 Eng](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-feb-march-2016-eng/a1ab3528-da57-4f3c-8452-f7c3a399a04e) — Electrical Technology · QP · 2016 · Eng
- [ELEC TECH QP SEPT2023 Power Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/elec-tech-qp-sept2023-power-afrikaans/f439f817-47a3-42b4-8762-e49f2c6ca1f2) — Electrical Technology · QP · 2023 · Afr
- [ELEC TECH QP SEPT2023 Electronics Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/elec-tech-qp-sept2023-electronics-afrikaans/f94a8c28-7fd6-4556-9263-d3c58461df27) — Electrical Technology · QP · 2023 · Afr

## More from Grade 12 Electrical Technology

- [Gr 12 Dig Elec ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-dig-elec-atp-2023-24/8d3b2ee7-1d14-498d-a86b-d9fc34674531) — ATP
- [ELECTRIC TECH (Digital) MEMO GR12 SEPT 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/electric-tech-digital-memo-gr12-sept-2025-eng-watermark/0a867070-2654-43cf-8e48-5037555e0c3d) — Memo · 2025 · Eng
- [Electrical Technology P1 (Electronics) (English) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-p1-electronics-english-june-2025-possible-answers/4302563e-89b7-4f54-8a21-63b2020e985f) — Memo · 2025 · Eng
- [Electrical Technology Nov 2025 (Digital) MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-electrical-technology-2025-nsc-november-exam-memorandum/3b862a0c-6a87-4296-b5b6-09b072c7d1e9) — Memo · 2025 · Afr
- [ELEC TECH GR12 MEMO SEPT2024 Power Systems Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/elec-tech-gr12-memo-sept2024-power-systems-afrikaans/1a395c97-b838-42e6-9bd6-30a85a714b11) — Memo · 2024 · Afr
- [ELEC TECH GR12 MEMO SEPT2024 Power Systems English](https://www.hlayiso.com/library/elec-tech-gr12-memo-sept2024-power-systems-english/bea78337-b137-406a-9b4a-c6e631a84c9d) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
