# Geography Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2013 QP (Afr)

> Grade 12 Geography Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2013 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr12-geog-p1-s13-qp-afr/d687ccdd-9822-48b3-9d49-4eedebe3d37e
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Geography
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2013
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Geography](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/geography) › [Geography Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2013 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr12-geog-p1-s13-qp-afr/d687ccdd-9822-48b3-9d49-4eedebe3d37e)

## About this document

Geography · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2013. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                       Province of the
                       EASTERN CAPE
                       EDUCATION

                               NASIONALE
                           SENIOR SERTIFIKAAT

                                 GRAAD 12

                           SEPTEMBER 2013

                              GEOGRAFIE V1

PUNTE:      300

TYD:        3 uur

                                   *GEOGA1*

         Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye en ŉ aanhegsel van 13 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                   GEOGRAFIE V1                        (SEPTEMBER 2013)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Die vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en
      AFDELING B.

2.    Beantwoord DRIE vrae wat soos volg gekies moet word:

      EEN vraag uit AFDELING A
      EEN vraag uit AFDELING B
      Die DERDE vraag uit AFDELING A of AFDELING B
      (Wat nog NIE beantwoord is NIE)

3.    Alle diagramme is in die bylaag ingesluit.

4.    Laat ŉ reël oop tussen onderafdelings wat beantwoord word.

5.    Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

6.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik is.

7.    Moet NIE in die kantlyne van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.

8.    Omring die nommer van die vrae wat jy beantwoord het jou antwoorde op
      die voorkant van die ANTWOORDEBOEK.

9.    Waar moontlik, illustreer jou antwoorde met benoemde diagramme.

10.   Skryf netjies en leesbaar.

11.   Puntetoekenning:    Indien die puntetoekenning soos volg aangedui word –
                          3 x 2 = 6, beteken dit dat DRIE feite gegee moet word
                          vir TWEE punte elk.

                          Indien die puntetoekenning soos volg aangedui word –
                          3 x 1 = 3, beteken dit dat DRIE feite gegee moet word
                          vir EEN punt elk.

                          Opsteltipe vrae moet in VOLSINNE beantwoord word.
                          Enige LYS van antwoorde sal veroorsaak dat punte
                          afgetrek word.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013)                        GEOGRAFIE V1                                    3

 AFDELING A:        FISIESE AARDYKSKUNDE: KLIMAAT EN WEER, FLUVIALE
                    PROSESSE EN STRUKTUURLANDSKAPPE

 Beantwoord ten minste EEN vraag uit hierdie afdeling.

 VRAAG 1

 1.1    Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Kies die korrekte
        antwoord en skryf slegs ‘waar ‘ of ‘onwaar’ teenoor die vraagnommer
        (1.1.1 – 1.1.10), byvoorbeeld 1.1.11 Waar.

        1.1.1      ŉ Sone wat die koue polêre winde skei van die warm tropiese
                   winde staan bekend as die poolfront.                                 (2)

        1.1.2      Bergwindtoestande langs die suidooskus van Suid-Afrika is die
                   gevolg van die interaksie tussen die Suid-Indiese hoogdruk en die
                   kuslaagdruk.                                                         (2)

        1.1.3      ŉ Lyndonderstorm is reënval veroorsaak deur ŉ trog van laagdruk
                   oor die plato.                                                       (2)

        1.1.4      Divergensie is die invloei van lug na ŉ hoogdruk.                    (2)

        1.1.5      Die absorpsie van langgolf radiasie deur lugpartikels, gasse en
                   wolke staan bekend as kweekhuis-effek.                               (2)

        1.1.6      ŉ Superponerende stroom het sy oorspronklike helling en rigting
                   behou en het nie by die bestaande rotsstruktuur aangepas nie.        (2)

        1.1.7      Gradering van riviere volgens ŉ hiërargie staan as stroomorde
                   bekend.                                                              (2)

        1.1.8      Die tyd-interval tussen die spits reënval-intensiteit en die
                   maksimum riviervloei staan as die spitsvloei bekend.                 (2)

        1.1.9      Stroomdigtheid is die belangrikste faktor wat stroomvloei
                   beïnvloed.                                                           (2)

        1.1.10     Die V-vormige vallei is ŉ fluviale verskynsel wat oor die algemeen
                   in die boloop van ŉ rivier voorkom.                                  (2)

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                 GEOGRAFIE V1                          (SEPTEMBER 2013)

1.2   Bestudeer FIGUUR 1.2 wat die globale lugsirkulasie in die vorm van die
      drieselrangskikking voorstel om die volgende vrae te beantwoord.

      1.2.1   Identifiseer die selle gemerk A, B en C wat die globale
              lugsirkulasie teweegbring.                                   (3 x 1)   (3)

      1.2.2   Waarom is die lugbewegings geassosieer met hierdie drie selle
              (VRAAG 1.2.1) belangrik?                                  (1 x 2)      (2)

      1.2.3   Watter van die selle sal waarskynlik Suid-Afrika die meeste
              affekteer? Verduidelik jou antwoord.                        (2 x 2)    (4)

      1.2.4   Wat veroorsaak die groot daling van lug in gebied B?         (1 x 2)   (2)

      1.2.5   Stel EEN weerstoestand voor wat met sel A geassosieer word en
              gee ŉ rede vir jou antwoord.                             (1 + 2)       (3)

1.3   Bestudeer FIGUUR 1.3 wat ŉ weerkaart voorstel om die volgende vrae te
      beantwoord:

      1.3.1   Gee EEN rede om voor te stel waarom hierdie kaart van die winter
              seisoen verteenwoordigend is.                             (1 x 2)      (2)

      1.3.2   Noem die lugdrukselle gemerk A, B, C en D.                   (4 x 1)   (4)

      1.3.3   Identifiseer die weerverskynsel wat deur F verteenwoordig word.
                                                                         (1 x 1)     (1)

      1.3.4   Wat word die term genoem wanneer ŉ reeks aaneengeskakelde
              laagdrukselle soos die in F oor ŉ gebied beweeg?      (1 x 1)          (1)

      1.3.5   In watter algemene rigting beweeg die weerverskynsel by F?
                                                                           (1 x 2)   (2)

      1.3.6   Identifiseer die ontwikkelingfase van die weerverskynsel gemerk F.
              Gee ŉ rede om jou antwoord te ondersteun.                   (1 + 2)    (3)

      1.3.7   Noem die wind wat die weerverskynsel gemerk F stuur.         (1 x 1)   (1)

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013)                        GEOGRAFIE V1                                         5

 1.4    Bestudeer die diagramme (FIGUUR 1.4) wat winde illustreer wat algemeen
        in bergagtige gebiede voorkom, om die volgende vrae te beantwoord.

        1.4.1      Noem die tipe winde wat in vallei A en vallei B onderskeidelik waai.
                                                                                 (2 x 1)     (2)

        1.4.2      Stel ŉ rede voor vir die verskil in die rigting van lugbeweging in
                   valleie A en B.                                                 (1 x 2)   (2)

        1.4.3      Indien temperature oornag onder vriespunt daal, watter vorm van
                   neerslag sal by C vorm?                                    (1 x 1)        (1)

        1.4.4      Verduidelik waarom nedersettings meer geredelik by punt D op ŉ
                   valleihang geleë sal wees.                                (1 x 1)         (1)

        1.4.5      Tabuleer EEN verskil tussen die winde wat by vallei A en vallei B
                   ondervind word.                                              (1 x 2)      (2)

        1.4.6      Verwys na die diagram en verduidelik waarom temperatuur met
                   hoogte in vallei A toeneem.                              (1 x 2)          (2)

        1.4.7      Hoe word boerdery deur die temperature wat by C ondervind word
                   beïnvloed?                                               (1 x 2)          (2)

 1.5    Bestudeer die hidrogramme (FIGUUR 1.5) wat die afloop van twee
        verskillende riviere onder vier verskillende toestande voorstel om die
        volgende vrae te beantwoord.

        1.5.1      Verwys na diagram A en pas hierdie byskrifte (klein; groot) met die
                   hidrogramme genommer 1 en 2.                                 (2 x 1)      (2)

        1.5.2      Verwys na diagram B en pas hierdie byskrifte
                   (kaal; plantbedekking) met die hidrogramme 1 en 2.              (2 x 1)   (2)

        1.5.3      Verwys na diagram C en pas hierdie byskrifte (geleidelik; steil) met
                   die hidrogramme 1 en 2.                                       (2 x 1)     (2)

        1.5.4      Verwys na diagram D en pas hierdie byskrifte
                   (deurlaatbaar; ondeurlaatbaar) met die hidrogramme 1 en 2. (2 x 1)        (2)

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                  GEOGRAFIE V1                           (SEPTEMBER 2013)

1.6   Bestudeer FIGUUR 1.6 wat stroomroof voorstel asook die onderstaande
      aanhaling om die volgende vrae te beantwoord.

      “Daar word aangevoer dat die ongewone loop van die Nigerrivier die
      oorsaak is van stroomroof ...”

      1.6.1   Verduidelik die term stroomroof.                                  (1 x 2)    (2)

      1.6.2   Verduidelik hoe stroomroof tot verjonging van ŉ rivier kan lei.
                                                                                (2 x 2)    (4)

      1.6.3   Verwys na die diagram en pas elk van die byskrifte (A, B en C) met
              die onderstaande terme:

              (a)   Die rowerstroom                                                        (1)

              (b)   Die verarmde stroom                                                    (1)

              (c)   Die punt waar stroomroof plaasvind                                     (1)

1.7   Verwys na FIGUUR 1.7 wat struktuurlandskappe en hangelemente voorstel
      om die volgende vrae te beantwoord.

      1.7.1   Noem die landvormverskynsels wat deur A tot E op die diagram
              aangedui word.                                            (5 x 1)            (5)

      1.7.2   Dui die tipe en aard van die onderliggende gesteentes wat met
              verskynsel D geassosieer word.                             (2 x 1)           (2)

      1.7.3   Meld EEN verskil tussen verskynsels A en B.                       (1 x 2)    (2)

      1.7.4   Teken ŉ dwarssnit van verskynsel A en gee byskrifte van die VIER
              elemente van die hang.                                     (4 x 2)           (8)

      1.7.5   Beskryf die gesteentestruktuur wat onderskeidelik met verskynsels
              B en C geassosieer word.                                    (2 x 1)          (2)

      1.7.6   Noem EEN ekonomiese probleem wat verskynsel C vir
              ontwikkeling inhou.                                               (1 x 2)    (2)

      1.7.7   Noem die ekonomiese belangrikheid van verskynsel D.               (1 x 2)    (2)
                                                                                          [100]

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013)                       GEOGRAFIE V1                                     7

 VRAAG 2

 2.1    Vir elk van die volgende stellings, kies die korrekte woord(e) tussen hakies.
        Skryf slegs die woord(e) teenoor die vraagnommer (2.1.1 – 2.1.10),
        byvoorbeeld 2.1.11 aardverwarming.

        2.1.1      Wanneer die isobare naby mekaar is, is die lugdrukgradiëntkrag
                   (geleidelik/steil).                                                  (2)

        2.1.2      Lug styg (kloksgewys/anti-kloksgewys) by ŉ laagdruk in die
                   Suidelike halfrond.                                                  (2)

        2.1.3      Corioluskrag deflekteer wind na (regs/links) in die Noordelike
                   halfrond.                                                            (2)

        2.1.4      ŉ Geostrofiese wind beweeg (parallel/diagonaal) aan die isobare.     (2)

        2.1.5      ŉ Moesonwind waai vanaf die oseaan na die land in die
                   (winter/somer).                                                      (2)

        2.1.6      Die erosie van ŉ rivier na sy oorsprong staan bekend as
                   (terugwaartse erosie/sywaartse erosie).                              (2)

        2.1.7      Die (vloedvlakte/pedivlakte) is die geërodeerde basisvlak van ŉ
                   Karoolandskap.                                                       (2)

        2.1.8      Die borrelende vloei van water in ŉ rivier word
                   (laminêre vloei/turbulente vloei) genoem.                            (2)

        2.1.9      ŉ Rivier waarin daar meer afsetting as erosie plaasvind is
                   (oorgegradeerd/onder gegradeerd).                                    (2)

        2.1.10     ŉ (Lakkoliet/Lopoliet) is ŉ pieringvormige intrusie van massiewe
                   stollingsgesteentes.                                                 (2)

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                  GEOGRAFIE V1                         (SEPTEMBER 2013)

2.2   FIGUUR 2.2 stel tropiese siklone voor. Bestudeer die diagram en
      beantwoord die volgende vrae.

      2.2.1   Dui die halfrond aan waar die tropiese sikloon voorkom.      (1 x 2)   (2)

      2.2.2   In watter algemene rigting beweeg hierdie storms? Verklaar jou
              antwoord.                                                   (2 x 2)    (4)

      2.2.3   Verwys na die sentrum van die sikloon om die volgende vrae te
              beantwoord:

              (a)   Wat word die sentrum van die storm genoem?             (1 x 2)   (2)

              (b)   Verduidelik waarom dit windloos en wolkloos in die sentrum
                    van die storm is.                                     (1 x 2)    (2)

              (c)   Beskryf die lugdruk in die sentrum van die storm.      (1 x 2)   (2)

      2.2.4   Dui DRIE toestande aan wat die ontwikkeling van tropiese siklone
              begunstig.                                                  (3 x 2)    (6)

      2.2.5   Ondersoek die impak van ŉ tropiese sikloon op die volgende:

              (a)   Die omgewing                                           (1 x 2)   (2)

              (b)   Die ekonomie                                           (2 x 2)   (4)

2.3   Bestudeer die grafiek (FIGUUR 2.3) wat die rookkonsentrasie oor die stad
      Tshwane vir ŉ periode van 24 uur in die winter voorstel en beantwoord die
      vrae wat volg.

      2.3.1   Teen watter tyd is die rookkonsentrasie die hoogste? Gee ŉ
              moontlike rede vir jou antwoord.                           (2 + 2)     (4)

      2.3.2   Teen watter tyd is die rookkonsentrasie die laagste? Gee ŉ rede
              vir jou antwoord.                                           (2 + 2)    (4)

      2.3.3   Hoe sal die rook wat deur fabrieke veroorsaak word die
              temperatuur oor Tshwane verhoog?                             (2 x 2)   (4)

      2.3.4   Waarom sal die temperatuur in die kern van Tshwane verskil van
              die temperatuur in Faerie Glen? (ŉ Woonbuurt 10 km vanaf die
              stadskern.)                                                (1 x 2)     (2)

      2.3.5   Watter gesondheidsprobleme ondervind mense wat in die kern van
              Tshwane werk as gevolg van besoedeling?                 (2 x 1)        (2)

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013)                        GEOGRAFIE V1                                           9

 2.4    Bestudeer FIGUUR 2.4(A) en FIGUUR 2.4(B) wat dreineerbekkens en
        dreineerpatrone voorstel om beantwoord die volgende vrae.

        2.4.1      Noem die dreineerpatrone wat P, Q en R gemerk is in
                   FIGUUR 2.4(A).                                                   (3 x 1)    (3)

        2.4.2      Dui die onderliggende gesteentestruktuur aan wat met die
                   dreineerpatroon P geassosieer word en verduidelik waarom hierdie
                   gesteente-tipe tot hierdie stroompatroon gelei het.      (1 + 2)            (3)

        2.4.3      Hoeveel dreineerbekkens is daar in diagram E?                    (1 x 2)    (2)

        2.4.4      Watter sytak, 1 of 2, in diagram D, toon ŉ hoër dreineerdigtheid?
                                                                                 (1 x 2)       (2)

        2.4.5      Dui TWEE faktore aan wat kan veroorsaak dat ŉ stroom ŉ baie lae
                   dreineerdigtheid het.                                    (2 x 2)            (4)

        2.4.6      Watter effek sal ŉ hoë reënval by X het op die rivier by punt 3?
                                                                                 (1 x 2)       (2)

 2.5    Bestudeer FIGUUR 2.5 wat ŉ kronkelstroom voorstel en beantwoord die
        volgende vrae.

        2.5.1      Identifiseer die stroompatroon in X.                             (1 x 1)    (1)

        2.5.2      Watter loop van die rivier word in X aangetoon? Gee ŉ rede vir jou
                   antwoord.                                                  (1 + 1)          (2)

        2.5.3      Identifiseer die oewers (1 of 2) van die kronkelstroom in diagram X
                   waar:

                   (a)   erosie plaasvind.                                          (1 x 1)    (1)

                   (b)   afsetting plaasvind.                                       (1 x 1)    (1)

        2.5.4      Identifiseer vanaf die gemerkte pyltjies (3 of 4) waar die rivier die
                   vinnigste vloei. Gee ŉ rede vir jou keuse.                       (1 + 1)    (2)

        2.5.5      Pas die gemerkte afdelings van die rivier (A-A, B-B en C-C) met
                   die dwarsprofiele (1, 2 en 3) soos in diagram Y aangetoon. (3 x 1)          (3)

 2.6    Verwys na FIGUUR 2.6 wat massaverplasings voorstel om die volgende
        vrae te beantwoord.

        2.6.1      Melt watter die soort massaverplasing wat in die diagram
                   voorgestel word.                                                 (1 x 2)    (2)

        2.6.2      Verwys na die diagram en noem TWEE faktore wat die
                   massaverplasing genoem in VRAAG 2.6.1 veroorsaak het.            (2 x 2)    (4)

        2.6.3      Beskryf TWEE metodes om die effek van die bogenoemde
                   massaverplasing te verminder.                                    (2 x 2)    (4)

        2.6.4      Bespreek enige TWEE gevolge van die massaverplasing genoem
                   in VRAAG 2.6.1 op mense en die omgewing.               (2 x 2)              (4)
                                                                                              [100]

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                 GEOGRAFIE V1                         (SEPTEMBER 2013)

AFDELING B:        MENSE EN PLEKKE, MENSE EN HUL BEHOEFTES, WATER-
                   EN VOEDSELSEKERHEID

Beantwoord ten minste EEN vraag uit hierdie afdeling.

VRAAG 3

3.1   Verskillende moontlikhede word as antwoorde vir die volgende vrae verskaf.
      Kies die korrekte antwoord en skryf die letter (A – D) neer teenoor die
      vraagnommer (3.1.1 – 3.1.10), byvoorbeeld 3.1.11 B.

      3.1.1    Die fisiese groei van ŉ stad of dorp word ... genoem.

               A     stedelike uitbreiding
               B     stedelike groei
               C     verstedeliking
               D     ongebreidelde stedelike uitbreiding                             (2)

      3.1.2    Stedelike ontwikkeling langs vervoerroetes staan bekend as:

               A     Stedelike uitbreiding
               B     Ongebreidelde stedelike uitbreiding
               C     Stedelike lintvormige ontwikkeling
               D     Stedelike hiërargie                                             (2)

      3.1.3    Die sy-aansig van ŉ stad word verwys na as:

               A     Stedelike morfologie
               B     Stedelike profiel
               C     Stedelike uitbreiding
               D     Ongebreidelde stedelike uitbreiding                             (2)

      3.1.4    Die terugkeer van mense na grond wat onteien was gedurende die
               apartheidsera word ... genoem.

               A     grondherverdeling
               B     grondrestitusie
               C     grondhervorming
               D     grondgebruik-vorme                                              (2)

      3.1.5    Waar baie plaasopstalle geleë is rondom ŉ waterpoel, vorm
               sodanige nedersettings ŉ ...

               A     landelike nedersetting.
               B     verspreide nedersetting.
               C     stedelike nedersetting.
               D     kernnedersetting.                                               (2)

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013)                        GEOGRAFIE V1                                    11

        3.1.6      Nywerhede wat metale en minerale in hul onmiddellike omgewing
                   prosesseer en verwerk word ... genoem.

                   A     swaar nywerhede
                   B     grondstofnywerhede
                   C     ligte nywerhede
                   D     brugnywerhede                                                  (2)

        3.1.7      Die waterprojek wat water oordra vanaf die bo-loop van die
                   Oranjerivier in Lesotho na die Vaalrivier staan as die ... bekend.

                   A     Tugela-Vaal projek
                   B     Orange-Vaalrivier projek
                   C     Lesotho Hooglandprojek
                   D     Palmiet-Vaalrivier projek                                      (2)

        3.1.8      Die hoofhawe waardeur ystererts uitgevoer word is ...

                   A     Durban.
                   B     Port Elizabeth.
                   C     Richardsbaai.
                   D     Saldanhabaai.                                                  (2)

        3.1.9      Voedsel wat geproduseer word vanaf plante wat aangepas is vanaf
                   uitheemse gene om oeste te verhoog en weerstand te bied teen
                   plae staan as ... bekend.

                   A     inheemse gewasse
                   B     kontantgewasse
                   C     geneties gemodifiseerde gewasse
                   D     uitheemse gewasse                                              (2)

        3.1.10     Suid-Afrika het ŉ tweeledige landbou-ekonomie wat uit ... bestaan.

                   A     ekstensiewe en intensiewe boerdery
                   B     kommersiële en bestaansboerdery
                   C     veeboerdery en gewasboerdery
                   D     rotasie en besproeiingsboerdery                                (2)

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                 GEOGRAFIE V1                           (SEPTEMBER 2013)

3.2   Verwys na FIGUUR 3.2 wat ŉ riviervallei toon wat op 28°-suid geleë is en
      beantwoord die volgende vrae.

      3.2.1   Identifiseer die landelike nedersettingspatroon by A en B
              onderskeidelik.                                               (2 x 1)    (2)

      3.2.2   Gee TWEE voorbeelde van bestaansboerdery wat in die gebied
              beoefen word.                                          (2 x 1)           (2)

      3.2.3   Noem EEN sosiale en EEN ekonomiese voordeel wat deur die
              inwoners van nedersetting A geniet word.               (2 x 2)           (4)

      3.2.4   Verduidelik hoe die hoek van die sonstrale nedersetting A
              affekteer.                                                    (2 x 2)    (4)

      3.2.5   Die riviervallei ondervind gronderosie. Dui TWEE faktore aan wat
              die tempo van gronderosie verhoog het.                      (2 x 1)      (2)

      3.2.6   Stel enige TWEE faktore voor wat grondbewerking by C sal
              bevoordeel.                                              (2 x 2)         (4)

3.3   Bestudeer FIGUUR 3.3 wat die grondgebruik in ŉ stad toon en beantwoord
      die volgende vrae.

      3.3.1   Die stad het heelwat buite-geleë winkelsentrums. Stel TWEE
              voordele voor wat deur hierdie gebiede bo die SSK gemerk B
              geniet word.                                              (2 x 2)        (4)

      3.3.2   Beskryf die vorm van die stad.                                (1 x 2)    (2)

      3.3.3   Watter grondgebruikmodel pas op hierdie stad?                 (1 x 1)    (1)

      3.3.4   Noem die grondgebruik-sone by A.                              (1 x 1)    (1)

      3.3.5   Gebied D is ŉ nuwe hoë-inkomste residensiële gebied. Verduidelik
              EEN faktor wat sy ligging bevoordeel.                    (1 x 2)         (2)

      3.3.6   Gebied C is ŉ industriële landgoed (groepering van
              industrieë/nywerheidspark). Skryf ŉ paragraaf (ongeveer 12 reëls)
              om die faktore wat die ligging van die nywerhede by C bevoordeel
              te bespreek en stel ook probleme voor wat moontlik in die gebied
              ondervind word kan.                                         (6 x 2)      (12)

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013)                       GEOGRAFIE V1                                        13

 3.4    Verwys na die inligting verskaf deur die Noord-Kaapse Departement van
        Landbou oor sy voedsel-ondersteuningsprogram (FIGUUR 3.4) en
        beantwoord die volgende vrae.

        3.4.1      Definieer voedselsekerheid.                                  (1 x 2)    (2)

        3.4.2      Gee redes vir die keuse van teikenbegunstigdes van die program.
                                                                             (2 x 2)       (4)

        3.4.3.     Beskryf TWEE hoof maniere waardeur die program poog om
                   voedselonsekerheid te verminder of te voorkom.         (2 x 2) (4)

        3.4.4      ŉ Tekort aan water dra by tot voedselonsekerheid in die Noord-
                   Kaap. Stel TWEE maniere waardeur die watertekort aangespreek
                   kan word.                                                  (3 x 1)     (3)

 3.5    Bestudeer die grafiek (FIGUUR 3.5) wat die werkloosheidsyfers van Suid-
        Afrika vir die jare 2001 tot 2008 aantoon om die volgende vrae te
        beantwoord.

        3.5.1      In watter jaar was die werkloosheidsyfers die hoogste?       (1 x 2)    (2)

        3.5.2      Dui EEN rede vir die lae werkloosheidsyfers gedurende 2008 aan.
                                                                             (1 x 2)       (2)

        3.5.3      Werkloses vind ŉ manier om hulself en hul families te onderhou in
                   die informele besigheidsektor. Verduidelik die konsep informele
                   arbeidsektor.                                               (1 x 2)     (2)

        3.5.4      Kan die informele arbeidsektor ŉ permanente oplossing vir
                   werkloosheid bied? Gee ŉ rede vir jou antwoord.           (1 + 2)       (3)

        3.5.5      Gee TWEE voorbeelde van werksgeleenthede in die informele
                   arbeidsektor.                                           (2 x 1)         (2)

 3.6    Bestudeer die uittreksel (FIGUUR 3.6) en beantwoord die volgende
        vrae.

        3.6.1      Noem TWEE van Suid-Afrika se waterbronne.                    (2 x 1)    (2)

        3.6.2      Lys TWEE faktore wat gelei het tot ŉ toename in die aanvraag vir
                   waterbronne in Suid-Afrika.                                (2 x 1)      (2)

        3.6.3      Skryf ŉ paragraaf (ongeveer 12 reëls) om die redes te bespreek vir
                   die watertekorte in Suid-Afrika en stel volhoubare maniere voor om
                   die land se waterbronne te bestuur.                          (6 x 2)    (12)
                                                                                          [100]

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                                    GEOGRAFIE V1                          (SEPTEMBER 2013)

VRAAG 4

4.1   Kies die konsep/term uit die onderstaande lys om te pas by die beskrywing
      wat gegee word. Skryf slegs die konsep/term neer teenoor die
      vraagnommer (1.4.1 – 1.4.10), byvoorbeeld 1.4.11 Primêr.

                              LYS VAN KONSEPTE/TERME

                Stervormig        Natpunt      Drempelbevolking      Ligging

               Vragverbrekingspunt      Betalingsbalans       Bruinstandplase

         Invoervervanging        Lynvormig     Sosio-ekonomiese ongeregtigheid

          Multinasionale korporasie          Nywerheidsontwikkelingskorporasie

          Droëpunt        Reikwydte      Landelike ontwikkeling      Standplaas

       Handelsbalans         Groenstandplase       Deurgangsdorp       Vrye handel

      4.1.1      ŉ Nedersetting wat naby ŉ permanente waterbron voorkom                  (2)

      4.1.2      Die vorm van ŉ nedersetting langs die oewers van ŉ rivier opgerig       (2)

      4.1.3      ŉ Nedersetting waar een soort vervoer met ŉ ander vervang word          (2)

      4.1.4      Die maksimumafstand wat ŉ persoon bereid is om te reis na ŉ
                 dienssentrum                                                            (2)

      4.1.5      Die presiese terrein wat deur ŉ nedersetting bedek word                 (2)

      4.1.6      Die rekeningstaat wat die waarde van ŉ land se transaksies met
                 die res van die wêreld aantoon.                                         (2)

      4.1.7      Nuwe standplase vir nywerheidsontwikkeling geleë in die landelike-
                 stedelike oorgangsone                                                   (2)

      4.1.8      Die vervanging van goedere wat voorheen ingevoer was met
                 plaaslik vervaardigde goedere                                           (2)

      4.1.9      Wanneer alle mense nie gelyke toegang het tot dienste, fasiliteite
                 en hulpbronne in ŉ bepaalde plek nie                                    (2)

      4.1.10     Groot maatskappye met takke wat in verskeie lande bedryf word           (2)

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013)                       GEOGRAFIE V1                                       15

 4.2    Verwys na FIGUUR 4.2 wat ŉ landelike nedersetting 30 km buite Ladysmith
        in KwaZulu-Natal aantoon en beantwoord die volgende vrae.

        4.2.1      Verduidelik hoe reliëf die standplaas van die nedersetting
                   beïnvloed het.                                               (1 x 2)   (2)

        4.2.2      Gee EEN ander rede, behalwe boerdery, waarom mense hulle in
                   landelike gebiede vestig.                              (1 x 2)         (2)

        4.2.3      ŉ Boer wil graag ŉ deel van sy plaasgrond in ŉ slaap-en-ontbyt
                   onderneming omskep. Dui EEN voordeel en EEN nadeel wat
                   hierdie verandering in grondgebruik op die nedersetting sal het.
                                                                                (2 x 2)   (4)

        4.2.4      Skryf ŉ paragraaf (ongeveer 12 reëls) en voorspel die uitwerking
                   wat veesiektes en bosbrande sal het op die ekonomie van die
                   nedersetting en stel maniere voor wat die regering kan onderneem
                   om die boere te help wat deur veesiektes en veldbrande geraak
                   was.                                                         (6 x 2)   (12)

 4.3    Bestudeer FIGUUR 4.3 wat ŉ stedelike profiel aantoon en beantwoord die
        volgende vrae.

        4.3.1      Noem die grondgebruiksone gemerk A.                          (1 x 2)   (2)

        4.3.2      Dui TWEE kenmerke van die sone gemerk A aan soos vanaf die
                   diagram afgelei.                                      (2 x 2)          (4)

        4.3.3      Gee die term wat gebruik word vir die beweging van kommersiële
                   funksies weg vanaf gebied A.                             (1 x 2)       (2)

        4.3.4      Skat die impak van hierdie neiging (verwys na jou antwoord in
                   VRAAG 4.3.3) op die invloedsfeer van grondgebruik in sone A.
                                                                               (1 x 2)    (2)

        4.3.5      Gebied B is die oorgangsone. Gee EEN ander term wat gebruik
                   word om hierdie sone te beskryf.                       (1 x 2)         (2)

        4.3.6      Beskryf kortliks die stedelike omgewing by B.                (2 x 2)   (4)

        4.3.7      Met verwysing na stedelike beplanning, stel ŉ moontlike rede voor
                   vir die toestand van gebied B.                              (1 x 2)    (2)

        4.3.8      ŉ Groengordel word by C gevind. Stel die rol voor wat die
                   groengordel speel om die toestand in die stedelike omgewing te
                   verbeter.                                                  (1 x 2)     (2)

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                                GEOGRAFIE V1                            (SEPTEMBER 2013)

4.4   Bestudeer die tabel (FIGUUR 4.4) wat die bydrae tot die BBP in 2009 in
      Suid-Afrika aantoon om die volgende vrae te beantwoord.

      4.4.1   Watter ekonomiese aktiwiteit het in 2009 die grootste bydrae tot die
              BBP gelewer? Gee TWEE redes om jou antwoord te ondersteun.
                                                                       (2 + 2 x 1)     (6)

      4.4.2   Watter ekonomiese aktiwiteit het die minste bygedra tot die BBP in
              2009?                                                        (2 x 1)     (2)

      4.4.3   Verduidelik waarom landbou, bosbou en vissery van groot
              ekonomiese belangrikheid vir Suid-Afrika is.                  (2 x 2)    (4)

      4.4.4   Skryf ŉ paragraaf (ongeveer 12 reëls) en bespreek hoe sosio-
              ekonomiese faktore die vervaardigingsektor in Suid Afrika bevorder
              en beperk.                                                  (6 x 2)      (12)

4.5   Verwys na die uittreksel (FIGUUR 4.5) en beantwoord die volgende vrae.

      4.5.1   Beskryf die rol van die Trots Suid-Afrikaanse-veldtog.        (1 x 2)    (2)

      4.5.2   Noem TWEE voordele van die Trots Suid-Afrikaanse-veldtog vir
              die land.                                               (2 x 2)          (4)

      4.5.3   Wat is die negatiewe gevolge van globalisering wat die Trots Suid-
              Afrikaanse-veldtog probeer aanspreek?                        (2 x 2)     (4)

      4.5.4   Wat is die voordele van globalisering vir Suid-Afrika?        (2 x 2)    (4)

      4.5.5   Vir ŉ maatskappy of ŉ produk om te kwalifiseer vir die Trots Suid-
              Afrikaanse-logo moet dit aan sekere kriteria voldoen. Melt EEN van
              hierdie kriteria.                                             (1 x 2)    (2)
                                                                                      [100]

                                                                GROOTTOTAAL:           300

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com

## Related documents

- [GEOGRAPHY P2 QP ENG SEPT2013](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-qp-eng-sept2013/efe53e42-9ddb-403c-9709-4ea195540146) — Geography · QP · 2013 · Eng
- [GEOGRAPHY P1 GR12 QP SEPT2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-gr12-qp-sept2019-afrikaans/9f9f46f5-415d-417f-a86c-3c476edee1db) — Geography · QP · 2019 · Afr
- [GEOGRAPHY P1 GR12 QP SEPT2019 English](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-gr12-qp-sept2019-english/163e5499-d825-458c-9f96-f94970355b77) — Geography · QP · 2019 · Eng
- [GEOGRAPHY P1 GR12 QP SEPT2016 Afr](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-gr12-qp-sept2016-afr/bb782ea1-37f7-4b82-9cfe-84810e2b2031) — Geography · QP · 2016 · Afr
- [GEOG P1 GR12 SEPT14 QP Eng adapted](https://www.hlayiso.com/library/geog-p1-gr12-sept14-qp-eng-adapted/ed4de9c8-4a5d-417a-9445-88a8ee28be51) — Geography · QP · 2014 · Eng
- [Geography P1 Nov 2013 Addendum Eng](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-nov-2013-addendum-eng/101fa76c-7a60-4fe3-b5f9-a03939c334b7) — Geography · Addendum · 2013 · Eng

## More from Grade 12 Geography

- [Geography P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/164c2c1c-f5c3-4207-9e0d-0dc315f4a347) — Memo · 2025 · Afr
- [Geography Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/geography-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/d3fb5096-88f5-455c-a06f-c49c6b862f25) — Memo · 2025
- [Geography P1 Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-geography-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1-english/bd1f5042-1bf6-4063-bb55-02ca7ad72f19) — Memo · 2025 · Eng
- [GEOGRAPHY P2 GR12 MEMO SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr12-memo-sept2024-afrikaans/27e1dff3-4bfc-418a-bfa5-07cebbe45d62) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 12 Geography (English) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-geography-english-june-2024-possible-answers/7e728632-059d-401a-ba75-fd45632f6091) — Memo · 2024 · Eng
- [Gr 12 Geography P1 (English) 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-geography-p1-english-2024-possible-answers/f6778823-8699-4877-bfdd-c56c292e94c7) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
