# Geography Grade 12 P1 Gauteng Mock 2021 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Geography Paper 1 question paper from the Gauteng Mock Exam 2021 (Afrikaans), 20 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr12-geography-p1-afrikaans-2021-preparatory-question-paper/2f173f83-044a-427e-b5e5-02ac65d4a863
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Geography
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2021
- Exam period: Gauteng Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 20

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Geography](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/geography) › [Geography Grade 12 P1 Gauteng Mock 2021 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr12-geography-p1-afrikaans-2021-preparatory-question-paper/2f173f83-044a-427e-b5e5-02ac65d4a863)

## About this document

Geography · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2021 · Afrikaans. Question paper, 20 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

          GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                      VOORBEREIDENDE EKSAMEN
                                       2021
                                       10781

                                  GEOGRAFIE

                                  VRAESTEL 1

TYD:      3 uur

PUNTE:    150

12 bladsye + 'n bylaag van 7 bladsye

                  Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye en 'n bylaag
                     van 7 bladsye is binne die vraestel ingesluit.

                                                                         b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                          GEOGRAFIE
                                                                                        2
                                          (Vraestel 1)                10781/21

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Hierdie vraestel bestaan uit DRIE vrae.

         • VRAAG 1: Klimaat en weer (60)
         • VRAAG 2: Geomorfologie (60)
         • VRAAG 3: Kaartwerk (30)

2.    Beantwoord AL DRIE vrae.

3.    Alle diagramme is in die BYLAAG ingesluit.

4.    Illustreer u antwoorde met benoemde diagramme, waar moontlik.

5.    Laat 'n reël oop tussen onderafdelings van beantwoorde vrae.

6.    Begin ELKE vraag bo-aan 'n NUWE bladsy.

7.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik word. Nommer die antwoorde in die MIDDEL van die reël.

8.    MOENIE in die kantlyne van die ANTWOORDEBOEK skryf nie.

9.    Skryf netjies en leesbaar.

10.   Jy mag van ’n nieprogrameerbare sakrekenaar en ’n vergrootglas gebruik maak.

11.   Die meeteenheid moet in die finale antwoord gegee word, waar van toepassing,
      bv. 10 km, 4°C, oos.

AFDELING B: KAARTWERK EN TOEPASSING

HULPBRONMATERIAAL

1.    'n Uittreksel uit topografiese kaart 2931AB TUGELA

2.    Ortofotokaart 2931AB 19 TUGELA

3.    OPMERKING: Die hulpbronmateriaal moet deur skole versamel word vir eie
      gebruik.

                                                                                 b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                           GEOGRAFIE
                                                                                  3
                                           (Vraestel 1)              10781/21

INSTRUKSIES, INLIGTING EN HULPBRON MATERIAAL

1.   Jy word van ’n 1 : 50 000 topografiese kaart 2931AB TUGELA en ’n ortofoto kaart
     2931 AB 19 TUGELA van ’n gedeelte van die gekarteerde area voorsien.

2.   Jy moet die topografiese kaart en ortofotokaart by die toesighouer aan die einde van
     die sessie inhandig.

3.   Toon ALLE bewerkings en gebruik gegewe formules, waar toepaslik. Punte sal
     hiervoor gegee word.

4.   GEEN punte sal toegeken word by antwoorde met verkeerde eenhede nie.

5.   Die area wat met ROOI op die topografiese kaart afgemerk is, verteenwoordig die
     area wat die ortofotokaart beslaan.

6.   Jy mag ’n vergrootglas gebruik.

7.   Die volgende Afrikaanse terme en hul Engelse vertalings word op die topografiese
     kaart getoon:

     AFRIKAANS                         ENGLISH
     Voor                              Furrow
     Gholfbaan                         Golf course
     Rivier                            River
     Rioolwerke                        Sewage works
     Stuwal                            Weir

                                                                                   b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                           GEOGRAFIE
                                                                                      4
                                           (Vraestel 1)               10781/21

AFDELING A: KLIMAAT, WEER EN GEOMORFOLOGIE

VRAAG 1: KLIMAAT EN WEER

1.1    Lees die volgende stellings en kies die toepaslike woord(e) tussen hakies
       om die sin WAAR te maak. Skryf slegs die vraagnommer (1.1.1 tot 1.1.7) en
       die korrekte antwoord in die ANTWOORDBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.8
       konveksie.

       1.1.1   Die klimaat van 'n klein gebied, soos vallei-klimaat, word na verwys
               as (mikroklimaat/makroklimaat).

       1.1.2   (Afwaartse/Opwaartse)     hellingwinde   staan   ook    bekend    as
               katabatiese winde.

       1.1.3   Gedurende die (dag/nag) vind verhitting plaas en warm lug styg
               vanaf die vallei vloer na die kruin en veroorsaak anabatiese winde.

       1.1.4   Die gordel waar die warm lug halfpad in die vallei versamel, word die
               (stralingsgordel/termiese gordel) genoem.

       1.1.5    ’n (Rypholte/Mis laag) vorm op die vallei vloer wanneer die
               temperatuur onder vriespunt daal.

       1.1.6   Stralingsmis in die vallei word verbind met (kalm toestande/vinnige
               winde).

       1.1.7   Eiendomswaardes is gewoonlik (hoër/laer) op die warmer
               middelhelling as op die vallei vloer.                        (7 x 1)       (7)

1.2    Verwys na FIGUUR 1.2, die Tropiese Sikloon, Edouard. Verskeie opsies word
       as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en
       skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.2.1 tot 1.2.8) in die
       ANTWOORDBOEK neer, byvoorbeeld, 1.2.9 A.

       1.2.1   Tropiese Sikloon Edouard was die ... sikloon van die seisoen.

               A     2de
               B     5de
               C     6de
               D     9de

                                                                                       b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                       GEOGRAFIE
                                                                             5
                                       (Vraestel 1)              10781/21

1.2.2 Die beweging van die lug om die laagdruk in die middel van die
      weerstelsel is ’n bewys dat hierdie tropiese sikloon in die ... halfrond
      plaasgevind het.

      A     suidelike
      B     noordelike
      C     westlike
      D     oostelike

1.2.3 Die middelpunt van die weerstelsel staan bekend as die ... van die
      tropiese sikloon.

       A    korteks
       B    orkaan
       C    oog
       D    vogfront

1.2.4 Die rede vir die rustige weer in die middel van die tropiese sikloon
      is ...

       A    dalende lug wat adiabaties verwarm.
       B    dalende lug wat adiabaties afkoel.
       C    stygende lug wat adiabaties verwarm.
       D    stygende lug wat adiabaties afkoel.

1.2.5 Die pad wat ’n tropiese sikloon volg is van ...

       A    wes na oos.
       B    oos na wes.
       C    noord na suid.
       D    suid na wes.

1.2.6 Die moontlike windsterkte by ongeveer 24 uur is … km/h.

       A    10
       B    50
       C    100
       D    130

1.2.7 Dit het ongeveer ... uur geneem voordat die tropiese sikloon die
      volwasse stadium bereik het.

       A    0
       B    2
       C    8
       D    24

                                                                                 b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                                 GEOGRAFIE
                                                                                          6
                                                 (Vraestel 1)           10781/21

       1.2.8 Die volwasse stadium word bereik wanneer ...

                A     druk begin toeneem tot bo 998 hPa.
                B     druk begin toeneem tot bo 1 000 hPa.
                C     druk daal tot vȇr onder 1 000 hPa.
                D     druk begin afneem tot onder 1 014 hPa
                                                                                (8 x 1)        (8)

1.3    Verwys na FIGUUR 1.3 wat middelbreedtesiklone op ’n sinoptiese weerkaart
       aantoon.

       1.3.1     Watter seisoen word op die sinoptiese weerkaart in FIGUUR 1.3
                 voorgestel?                                             (1 x 1)               (1)

       1.3.2     In watter stadium van ontwikkeling is middelbreedtesikloon C?
                                                                              (1 x 1)          (1)

       1.3.3     Gee bewyse vanaf die sinoptiese weerkaart om jou antwoord in
                 VRAAG 1.3.2 te ondersteun.                                 (1 x 2)            (2)

       1.3.4     a)    Watter middelbreedte sikloon, A, B of C is die oudste?   (1 x 1)        (1)

                 b)    Gee TWEE redes vir jou antwoord in VRAAG 1.3.4 a).       (2 x 2)        (4)

       1.3.5     Verwys na die uittreksel van die weerstasie-model van Kaapstad.
                 Verduidelik die verandering in temperatuur, windrigting en
                 bewolktheid, soos die koue front van die middelbreedte sikloon A
                 Kaapstad nader.                                            (3 x 2)            (6)
                                                                                              (15)

1.4   FIGUUR 1.4 toon 'n lyndonderstorm.
      1.4.1 In watter seisoen ontwikkel lyndonderstorms oor Suid-Afrika?        (1 x 1)        (1)

      1.4.2 Beskryf die lug wat vloei vanaf die:

               (a)    Suid-Indiese Antisikloon                                  (1 x 2)        (2)

               (b)    Suid-Atlantiese Antisikloon                               (1 x 2)        (2)

      1.4.3 Aan watter kant van die vogfront kom lyndonderstorms voor?          (1 x 1)        (1)

      1.4.4 Gee ’n rede vir jou antwoord op VRAAG 1.4.3.                        (1 x 2)        (2)

      1.4.5 In ’n paragraaf van ongeveer AGT reëls, voorspel die positiewe en
            negatiewe impak wat lyndonderstorms op die landbousektor in die
            binneland van Suid-Afrika het,                              (4 x 2)                 (8)
                                                                                              (16)
                                                                                          b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
               MAAK ASSEBLIEF HIERDIE
              BYLAAG VAN 7 BLADSYE LOS.

     GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
              VOORBEREIDENDE EKSAMEN
                        2021
                        10781
                     GEOGRAFIE
                     VRAESTEL 1

                      BYLAAG

7 bladsye

                                          b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                       GEOGRAFIE                                 BYLAAG
                                                                                  2
                       (Vraestel 1)                              10781/21

AFDELING A: KLIMAAT, WEER EN GEOMORFOLOGIE

FIGUUR 1.2: TROPIESE SIKLOON EDOUARD

                   [Aangepas uit https://nauticalclass.com/what-actions-vessel-should-take]

                                                                                      b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                      GEOGRAFIE                              BYLAAG
                                                                              3
                      (Vraestel 1)                           10781/21

FIGUUR 1.3: MIDDELBREEDTE SIKLONE

                      A

                                     [Aangepas uit Oppervlakte-sinoptiese-weerkaart]

                                                                                  b.o.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                               GEOGRAFIE                              BYLAAG
                                                                                        4
                               (Vraestel 1)                           10781/21

FIGUUR 1.4: LYNDONDERSTORM

                                                              [Bron: Eksaminator se eie skets]

FIGUUR 1.5: HITTE-EILAND EFFEK

     [Aangepaste bron: https://www.google.com/search?q=hitte+eiland&safe=strict&rlz=1C1GCEU]

                                                                                            b.o.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                              GEOGRAFIE                               BYLAAG
                                                                                         5
                              (Vraestel 1)                            10781/21

FIGURE 2.3: DREINERINGSPATRONE

      [Bron: Aangepas uit http:www.geologyin.com/2014/03/drainage-pattern.html?m=3]

FIGUUR 2.4: STROOMROOF

                                                      [Bron: Eksaminator se eie skets]

                                                                                             b.o.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                              GEOGRAFIE                                BYLAAG
                                                                                         6
                              (Vraestel 1)                             10781/21

FIGUUR 2.5: GAUTENG RIVIEROPVANGSBESTUUR

Gauteng is op die kontinentale skeiding geleë. Sommige riviere vloei na die Indiese
Oseaan en ander na die Atlantiese Oseaan. Dit bevat die bronwater van ’n aantal
belangrike rivierstelsels in ’n stedelike omgewing.
Die hoë vloeisnelheid van die rivier veroorsaak erosie, veral waar plantegroei
verwyder word of die oewers van riviere en strome verander word. Seisoenale
oorstromings is ’n werklike gevaar in verskeie uitgebreide gebiede in Gauteng.
Kanalisering van verskeie riviere in stedelike sowel as landelike gebiede het verdere
negatiewe gevolge.
Gesonde rivieroewers handhaaf die vorm van die rivierkanaal, bied ‘n habitat vir
spesies (water en land) en filter sediment, minerale en lig. Watergehalte sluit die
chemiese, fisiese en bakteriologiese eienskappe van water in, wat die geskiktheid
vir gebruik bepaal.
Die stedelike aard van Gauteng (veral die sentrale deel) sowel as padnetwerke
regoor die provinsie seël natuurlike oppervlaktes op ’n manier wat nie die natuurlike
infiltrasie van reënwater in die grond toelaat nie. Hierdie hoë afloop-scenario tydens
reënvalbuie, tesame met besoedeling wat voortspruit uit die stedelike omgewing,
plaas hoë druk op die rivierstelsel van Gauteng.

                            [Bron: https://armour.org.za/wp/about-us/armour-a-voice-for-water/]

                                                                                             b.o.

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
                    GEOGRAFIE                      BYLAAG
                                                              7
                    (Vraestel 1)                   10781/21

INDEKS VAN VELLE

     TOPOGRAFIESE KAART                   ORTOFOTO KAART

  KONTOERINTERVAL 20 METERS           KONTOERINTERVAL 5 METERS

                              EINDE

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com

MAAK ASSEBLIEF HIERDIE BYLAAG LOS.

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
                                          GEOGRAFIE
                                                                                      7
                                          (Vraestel 1)                10781/21

1.5   Verwys na FIGUUR 1.5 wat metodes voorstel om die effek van ’n Stedelike
      Hitte-eiland te verminder.

      1.5.1   Definieer die term Stedelike Hitte-Eiland.                         (1 x 2)        (2)

      1.5.2   Beskryf hoe die glasvensters in FIGUUR 1.5, toename in
              temperatuur in die stad sal veroorsaak.                            (1 x 2)        (2)

      1.5.3   Verduidelik TWEE moontlike negatiewe gevolge wat Stedelike
              Hitte-Eilande op die gesondheid van mense in die stad het. (2 x 2)                (4)

      1.5.4   Verduidelik hoe die DRIE strategieë (A, B en C), uitgebeeld in
              FIGUUR 1.5, bygedra het tot die vermindering van die Stedelike
              hitte-eiland effek.                                          (3 x 2)           (6)
                                                                                            (14)
                                                                                            [60]

VRAAG 2: GEOMORFOLOGIE

2.1   Lees die volgende stellings oor die kenmerke van ’n dreineringsbekken en
      kies die toepaslike woord(e) tussen hakies wat die stelling WAAR sal maak.
      Skryf slegs die vraagnommer (2.1.1 tot 2.1.7) en die antwoord in die
      ANTWOORDBOEK neer. bv. 2.1.8 Dendrities.

      2.1.1   Die punt waar die sytak by die hoofrivier aansluit, staan bekend as
              die (bron/samevloeiing).

      2.1.2   Die totale oppervlakte wat deur die rivier en sy sytakke gedreineer
              word, staan bekend as die (dreineringsbekken/opvanggebied).

      2.1.3   ’n (Rivierstelsel/Dreineringspatroon) is die hoofrivier met al sy
              sytakke.

      2.1.4   Die oppervlakte wat reënval opvang, staan bekend as die
              (dreineringsbekken/opvanggebied)

      2.1.5   Die sytak van 'n rivier is die gevolg van (oppervlakafloop/infiltrasie).

      2.1.6   Die (waterskeiding/interfluviale gebied) is ’n uitloper wat twee
              sytakke van dieselfde rivierstelsel skei.

      2.1.7   Die boonste laag van die ondergrondse versadigde rots word die
              (grondwater/watertafel) genoem.
                                                                        (7 x 1)                  (7)

                                                                                         b.o.

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
                                             GEOGRAFIE
                                                                                       8
                                             (Vraestel 1)                10781/21

2.2 Kies 'n term uit KOLOM B wat ooreenstem met die geomorfologiese beskrywing van
    fluviale landvorme in KOLOM A. Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommer
    (2.2.1 tot 2.2.8) in die ANTWOORDBOEK neer, Byvoorbeeld 2.2.9 J.

                             KOLOM A                                       KOLOM B
      2.2.1 Die verdeling van ’n rivier in verskillende strome as A      Revierdyk
            gevolg van ’n stadig bewegende rivier wat alluvium
            by die mond neersit                                   B      Terrasse

      2.2.2 Laagliggende     grond   langs    ’n   rivier   in   die C   Delta
            benedeloop

      2.2.3 Hierdie fluviale landvorm vorm as gevolg van ’n D            Vertakkings
            knakpunt
                                                                 E       Vloedvlakte
      2.2.4 Trappe aan die kante van ’n rivier terwyl dit sy eie
            vloedvlakte deur verjonging erodeer                  F       Waterval
      2.2.5 ’n Fluviale landvorm wat vorm as gevolg van ’n
                                                               G Meander
            stadig bewegende rivier wat alluvium afsit voordat
            dit die see binnedring
                                                               H Kloof
      2.2.6 Die landvorm ontwikkel wanneer ’n hoefystermeer
            opdroog                                            I Meander litteken

      2.2.7 ’n Baie steilkantige vallei waar ’n rivier aan die
            onderkant vloei

      2.2.8 Die kronkelpatroon van ’n rivier wat laterale erosie
            tot gevolg het
                                                                                 (8 x 1)      (8)

2.3    Verwys na FIGUUR. 2.3 wat verskillende soorte dreineringspatrone voorstel.

       2.3.1   Identifiseer dreineringspatrone A en B.                           (2 x 1)      (2)

       2.3.2   Wat is die dominante fisiese faktor wat die ontstaan van verskillende
               tipes dreineringspatrone bepaal?                              (1 x 1)          (1)

       2.3.3   Gee TWEE sigbare kenmerke van dreineringspatroon A op
               FIGUUR 2.3.                                      (2 x 1)                       (2)

       2.3.4   Waarom sou boerdery meer geskik wees in ‘n gebied met
               dreineringspatroon A?                            (2 x 2)                       (4)

       2.3.5   Verduidelik hoe fisiese faktore die effektiewe gebruik van water in
               dreineringspatroon B beperk.                                     (3 x 2)     (6)
                                                                                           (15)
                                                                                       b.o.

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
                                           GEOGRAFIE
                                                                                      9
                                           (Vraestel 1)                10781/21

2.4   Verwys na FIGUUR 2.4 wat stroomroof voorstel.

      2.4.1   Definieer die konsep stroomroof.                                    (1 x 2)      (2)

      2.4.2   Noem die belangrikste fisiese faktor (natuurlike faktor),sigbaar in
              FIGUUR 2.4 wat tot stroomroof gelei het.                           (1 x 1)       (1)

      2.4.3   Identifiseer stroomroof kenmerke C en D in FIGUUR 2.4.              (2 x 1)      (2)

      2.4.4   Noem die impak wat stroomroof op die volume van die water in rivier D
              en F sal hê.                                                   (1 x 1)           (1)

      2.4.5   Bespreek hoe die proses van stroomroof tot die verjonging van rivier F
              gelei het.                                                     (2 x 2)           (4)

      2.4.6   Verduidelik die negatiewe impak wat verjonging op die ekonomiese
              aktiwiteit sigbaar langs rivier F op FIGUUR 2.4 sal hê.       (2 x 2)            (4)
                                                                                              (14)

2.5   Bestudeer FIGUUR 2.5, 'n uittreksel gebaseer op die bestuur van die Gauteng
      Rivieropvanggebied.

      2.5.1   Definieer die konsep rivierbestuur.                                 (1 x 2)      (2)

      2.5.2   Gee bewyse vanuit die uittreksel, wat die belangrikheid van
              opvanggebiedbestuur in Gauteng aantoon.               (2 x 1)                    (2)

      2.5.3   Identifiseer TWEE kwessies in die artikel wat ’n uitdaging bied vir
              effektiewe rivierbestuur.                                   (2 x 1)              (2)

      2.5.4   Verduidelik waarom waterlewe meer geraak word deur swak
              rivierbestuur in Gauteng.                         (1 x 2)                        (2)

      2.5.5   Verskaf in 'n paragraaf van ongeveer AGT reels, volhoubare strategieë
              wat geïmplementeer kan word om probleme wat met swak
              rivierbestuurstelsels verband hou, te hanteer.                 (4 x 2)           (8)

                                                                                              (16)
                                                                                              [60]

                                                              TOTAAL AFDELING A:              120

                                                                                       b.o.

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
                                               GEOGRAFIE
                                                                                            10
                                               (Vraestel 1)                  10781/21

AFDELING B: KAARTWERK EN TOEPASSING

VRAAG 3

Die vrae hieronder is gebaseer op die 1: 50 000 topografiese kaart 2931AB TUGELA sowel
as die 2931 AB 19 TUGELA ortofotokaart van ’n gedeelte van die gekarteerde gebied.
Verwys na die algemene inligting oor Tugela op bladsy 7 en die indeks van velle op
bladsy 7 in die BYLAAG.

ALGEMENE INLIGTING OOR TUGELA

 INLIGTING: TUGELA

 Die uThukelarivier het sy oorsprong as ’n stroom op die 3 050 m hoë Mont-aux-Sources-
 plato naby die samekoms punt van die Lesotho-Vrystaat Provinsiale grense. Sy boonste
 loop, wat binne die Royal Natal Nasionale Park gelee is, vloei deur die Drakensbergreeks
 voordat dit vinnig afkom deur ’n reeks watervalle met ’n totale daling van 948 m. Die rivier
 sny deur die Tugela-kloof aan die voet van die platorand (ongeveer 1 500 m bo seespieël)
 en waar baie sytakke vinnig aansluit.

 Die uThukelarivier eindig sy loop van 502 km by die Indiese Oseaan, ongeveer 84 km
 noord van Durban. In tye van normale vloei is die riviermond amper heeltemal deur ’n
 sandbank verstop. Sy smal vallei en alluviale afsettings beperk besproeiing.

 Die klimaat in hierdie gebied is gematig en oor die algemeen warm. Die somer het baie
 reënval, terwyl die winters baie min ontvang. Die gemiddelde jaarlikse temperatuur is
 19,4° C in die Tugela Mouth-oord en die gemiddelde jaarlikse reënval is 679 mm.

                                              [Bron: https://www.britannica.com/place/Tugela-River]

                                                                                               b.o.

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
                                           GEOGRAFIE
                                                                                  11
                                           (Vraestel 1)             10781/21

VRAAG 3: TOPOGRAFIESE EN ORTOFOTO-KAARTTEGNIEKE

3.1   Verwys na die topografiese kaart en die ortofotokaart.

      3.1.1   Vier opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
              Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A−D) langs die
              vraagnommer (3.1.1) in die ANTWOORDBOEK neer.

              Die lengte van die spoorwegtonnel by F in blok E3 is … meter.

              A     0,3 m
              B     30 m
              C     300 m
              D     3 000 m                                                   (1 x 1)        (1)

      3.1.2   Vier opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
              Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A−D) langs die
              vraagnommer (3.1.2) in die ANTWOORDBOEK neer.

              Die kaartverwysing vir die kaart noordoos van 2931 AB is …

              A     2831 CC.
              B     2831 DC.
              C     2931 BA.
              D     2931 DC.                                                  (1 x 1)        (1)

      3.1.3   Gebruik die volgende formule en stappe en bereken die magnetiese
              peiling vanaf die hoogtemerk G in blok D5 tot trigonometriese
              baken 93, H in blok C4.

              Magnetiese peiling = magnetiese deklinasie + ware peiling

              (a)     Verskil in jare

              (b)     Gemiddelde jaarlikse verandering

              (c)     Totale jaarlikse verandering

              (d)     Magnetiese deklinasie

              (e)     Ware peiling

              (f)     Magnetiese peiling                                      (7 x 1)        (7)

      3.1.4   Waarom is dit belangrik om die huidige magnetiese deklinasie te
              bereken?                                                      (1 x 1)       (1)
                                                                                         (10)

                                                                                      b.o.

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
                                          GEOGRAFIE
                                                                                          12
                                          (Vraestel 1)                      10781/21

3.2 TOPOGRAFIESE EN ORTOFOTO-KAART TOEPASSING

      Verwys na die vallei I − J op die topografiese kaart.

      3.2.1   (a)   Die wind wat snags in die vallei waai is ’n
                    (Anabatiese/Katabatiese) wind.                             (1 x 1)    (1)

              (b)   Beskryf die beweging van die wind wat in VRAAG 3.2.1 (a)
                    geïdentifiseer is.                              (1 x 2) (2)

              (c)   Identifiseer die tipe plantegroei by K.                    (1 x 1)    (1)

              (d)   Verduidelik die klimatologiese faktor wat die ligging van die
                    plantegroei tipe by K bepaal het.                         (1 x 2)     (2)

      3.2.2   Verwys na die uThukela-rivier op die ortofotokaart.

              (a)   Identifiseer die fluviale landvorm op die ortofotokaart, wat deur
                    die uThukela-rivier gevorm is.                             (1 x 1)    (1)

              (b)   Identifiseer helling 5 en gee ’n rede vir u antwoord.     (1 + 1)     (2)

              (c)   (Gras/bome) word by 6 op die ortofotokaart aangetref. (1 x 1)         (1)

              (d)   Verduidelik die positiewe impak wat die plantegroei by 6 op
                    die bewerkte land by 7 sal hê.                          (1 x 2)       (2)
                                                                                         (12)

3.3 GIS TOEPASSING

      Verwys na beide die topografiese kaart en die ortofotokaart.

      3.3.1   (a)   Bestaan ’n ortofotokaart uit raster- of vektor-data?       (1 x 1)    (1)

              (b)   Motiveer jou antwoord in VRAAG 3.3.1 (a).                  (1 x 2)    (2)

      3.3.2   Daar is duidelike bewyse van die toepassing van buffering op beide
              die topografiese en ortofotokaarte.

              (a)   Definieer die term buffering.                              (1 x 2)    (2)

              (b)   Gee bewyse hoe buffering in blok D3 op die topografiese kaart
                    toegepas is.                                          (1 x 2)         (2)

              (c)   Noem EEN datalaag wat geraadpleeg sou word tydens die
                    toepassing van buffering in blok D3.              (1 x 1)             (1)
                                                                                          (8)
                                                              TOTAAL AFDELING B:          30
                                                                        TOTAAL:          150

                                      EINDE

## Related documents

- [Grade 12 NSC Geography P1 (Afrikaans) 2020 Preparatory Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-geography-p1-afrikaans-2020-preparatory-addendum/508a9280-b61b-4bd4-bb68-f8ded76eef8a) — Geography · Addendum · 2020 · Afr
- [Gr12 Geography P2 (Afrikaans) SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-geography-p2-afrikaans-sep-2022-question-paper/4d239679-2288-4e40-8882-b8e27f965853) — Geography · QP · 2022 · Afr
- [Grade 12 NSC Geography P2 (Afrikaans) Preparatory 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-geography-p2-afrikaans-preparatory-2017-question-paper/4ad8597c-c5bb-4d9d-9fae-73ba178541c8) — Geography · QP · 2017 · Afr
- [GEOGRAPHY P1 GR12 QP SEPT2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-gr12-qp-sept2019-afrikaans/9f9f46f5-415d-417f-a86c-3c476edee1db) — Geography · QP · 2019 · Afr
- [2021 KZN June P1 QP](https://www.hlayiso.com/library/2021-kzn-june-p1-qp/6738f615-2f3d-4931-92e0-6ba5f300837a) — Geography · QP · 2021
- [Geography P1 May June 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-may-june-2021-eng/2d122178-69e5-4bd5-9915-c780e26aca2b) — Geography · QP · 2021 · Eng

## More from Grade 12 Geography

- [Geography P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/164c2c1c-f5c3-4207-9e0d-0dc315f4a347) — Memo · 2025 · Afr
- [Geography Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/geography-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/d3fb5096-88f5-455c-a06f-c49c6b862f25) — Memo · 2025
- [GEOGRAPHY P2 GR12 MEMO SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr12-memo-sept2024-afrikaans/27e1dff3-4bfc-418a-bfa5-07cebbe45d62) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 12 Geography P2 (Afrikaans) 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-geography-p2-afrikaans-2024-possible-answers/e19dd834-ffaf-4fe6-a8a4-9ee8f8597c29) — Memo · 2024 · Afr
- [Geography P1 May-June 2024 MG Afr.docx](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-geography-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/e693e9b0-f83c-4f6b-b799-09552d4dcf53) — Memo · 2024 · Afr
- [2023 KZN Prelim P1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/2023-kzn-prelim-p1-memo/2556a9a4-272d-4f3d-91da-8232c4b2e6b3) — Memo · 2023

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
