# Geography Grade 12 P1 Gauteng Mock 2022 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Geography Paper 1 question paper from the Gauteng Mock Exam 2022 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr12-geography-p1-afrikaans-sep-2022-question-paper/41b75542-e7d9-4efc-a3dc-6ab6da27d7d1
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Geography
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: Gauteng Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Geography](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/geography) › [Geography Grade 12 P1 Gauteng Mock 2022 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr12-geography-p1-afrikaans-sep-2022-question-paper/41b75542-e7d9-4efc-a3dc-6ab6da27d7d1)

## About this document

Geography · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2022 · Afrikaans. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

         VOORBEREIDENDE EKSAMEN
                            2022
                            10781

                          GEOGRAFIE

                          VRAESTEL 1

TYD:     3 uur

PUNTE:   150

17 bladsye

                                               b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                      GEOGRAFIE
                                                                                        2
                                      (Vraestel 1)                       10781/22

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.   Hierdie vraestel bestaan uit TWEE AFDELINGS:

     AFDELING A:

     VRAAG 1: Klimaat en Weer (60)
     VRAAG 2: Geomorfologie (60)

     AFDELING B:

     VRAAG 3: Geografiese Vaardighede en Tegnieke (30)

2.   Beantwoord AL DRIE vrae.

3.   Alle diagramme is in die VRAESTEL ingesluit.

4.   Laat ŉ reël oop tussen onderafdelings van beantwoorde vrae.

5.   Begin ELKE vraag bo-aan ŉ NUWE bladsy.

6.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
     gebruik word.

7.   MOENIE in die kantlyn van die ANTWOORDBOEK skryf NIE.

8.   Teken volledig benoemde diagramme wanneer dit vereis word.

9.   Antwoord in VOLLE SINNE, behalwe wanneer jy moet sê, noem, identifiseer of lys.

10. Die maateenhede MOET in jou finale antwoord aangedui word, bv. 1 020 hPa,
    14 °C en 45 m.

11. Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

12. Jy mag van ŉ vergrootglas gebruik maak.

13. Skryf netjies en leesbaar.

SPESIFIEKE INSTRUKSIES EN INLIGTING VIR AFDELING B

14. ŉ 1 : 50 000 topografiese kaart 2930AC en AD HOWICK en ŉ 1 : 10 000
    ortofotokaart 2930AC 25 HOWICK word voorsien.

15. Die gebied wat met ROOI/SWART op die topografiese kaart afgebaken is, stel die
    gebied voor wat deur die ortofotokaart gedek word.

16. Toon ALLE berekeninge. Punte sal hiervoor toegeken word.

17. Jy moet die topografiese kaart en die ortofotokaart aan die einde van hierdie
    eksamensessie aan die toesighouer oorhandig.
                                                                                            b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                        GEOGRAFIE
                                                                                              3
                                        (Vraestel 1)                           10781/22

AFDELING A: KLIMAAT EN WEER EN GEOMORFOLOGIE

VRAAG 1: KLIMAAT EN WEER

1.1   Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
      Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommers
      (1.1.1 tot 1.1.7) in die ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.1.8 A.

      1.1.1    Die helling ... is die hoek waarteen die sonstrale ŉ helling tref.
               A      vorm
               B      aspek
               C      profiel
               D      gradiënt

      1.1.2    In die Suidelike Halfrond kry die helling van ŉ vallei wat ... gerig is, die
               meeste sonlig.
               A      noord
               B      wes
               C      oos
               D      suid

      1.1.3    In die Suidelike Halfrond is die ... in ŉ vallei, die helling wat suid wys.
               A      skadu sone
               B      insolasie sone
               C      termiese sone
               D      inversie sone

      1.1.4    Katabatiese winde kom snags voor as gevolg van ... van die vallei hange.
               A      insolasie
               B      konveksie
               C      aardradiasie
               D      konduksie

      1.1.5    ŉ Temperatuurinversie vind plaas wanneer ŉ laag koue lug ... ŉ laag warm
               lug ontwikkel.
               A      onder
               B      agter
               C      bo
               D      voor

      1.1.6    … sal meer waarskynlik gedurende die winter op die valleivloer voorkom.
               A      Stralingsmis
               B      Dou druppels
               C      Adveksie mis
               D      Rypholtes

                                                                                                  b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                       GEOGRAFIE
                                                                                               4
                                       (Vraestel 1)                           10781/22

      1.1.7   Stralingsmis in ŉ vallei word gevorm deur die ... proses van waterdamp.
               A     sublimasie
               B     kondensasie
               C     verdamping
               D     transpirasie
                                                                                         (7 x 1)      (7)

1.2   Bestudeer FIGUUR 1.2 hieronder, gebaseer op ŉ dwarsdeursnee van ŉ tropiese
      sikloon in die Suidelike Halfrond.

                                          OSEAAN
                   [Aangepas vanaf: https://www.researchgate.net/figure/Hurricane-structure-
                    met vergunning-van-die-Universiteit-van-Brits-Columbia_fig2_282217676]

      1.2.1    Dui die seisoen aan waarin hierdie tropiese sikloon kon voorgekom het.

      1.2.2    Noem die minimum oseaantemperatuur wat nodig is vir die ontwikkeling van
               hierdie tropiese sikloon.

      1.2.3    In watter algemene rigting sou hierdie tropiese sikloon beweeg?

      1.2.4    Noem die wolktipe wat by A gevind word.

      1.2.5    Noem die neerslag wat waarskynlik uit wolktipe A sal vorm.

      1.2.6    Is die oppervlaklugdruk by area C laag of hoog?

      1.2.7    Sou die lugvloei by C beskryf word as divergerend of konvergerend?

      1.2.8    In watter stadium van ontwikkeling sou hierdie tropiese sikloon wees
               wanneer dit oor land beweeg?                                         (8 x 1)           (8)

                                                                                                   b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                                 GEOGRAFIE
                                                                                                   5
                                                 (Vraestel 1)                        10781/22

1.3            Verwys na die infografiek hieronder wat bergwindtoestande oor Suid-Afrika toon.

                                                                Brandwaarskuwing vir Ooskus

                                                                KwaZulu-Natal – Die Suid-Afrikaanse
                                                                Weerdiens beweer dat bergwind-
                                                                toestande wat gunstig vir wegholbrande
                                                                is, Dinsdag oor die Ooskus verwag word.
                   PLATORAND
                                                                Quinton Jacobs, ŉ weervoorspeller, het
                                                                gesê dat hierdie toestande tot Donderdag
                                                                sal voortduur. "Bergwindtoestande, met
                                  Bron: https://www/wikipedia   temperature in die hoë 30's word vir die
                                                                volgende drie dae verwag."

                                                                " ŉ Sterk noordoostelike wind word

 Temperatuur
                                                                Woensdag in die middel van die oggend
                                                                en vroegmiddag oor die noordelike
                                                                binneland verwag, wat soms 40 km/h sal
                                                                oorskry."

                                                 Volgens die weerburo sal die reeds droë
                                                 plantegroei as gevolg van die onlangse
                    Plaaslike tyd                goeie weer en afwesigheid van reënval,
                                                 verder uitdroog en sal toestande wat
Outomatiese weerstasieopname van                 gunstig is vir die verspreiding van
oppervlaktemperatuur by Durban tydens ŉ bergwind
                                                 wegholbrande, ontwikkel.
vanaf ongeveer 03:15 tot 10:00 plaaslike tyd.
                                [Bron: https://www.news24.com/news24/fire-warning-for-eastern-cape-20080527]

               1.3.1    Watter seisoen word in die diagram uitgebeeld?                        (1 x 1)      (1)

               1.3.2    Verskaf bewyse uit die infografiek om jou antwoord in VRAAG 1.3.1 te
                        staaf.                                                           (1 x 2)           (2)

               1.3.3    Noem TWEE atmosferiese toestande sigbaar in die infografiek wat tot die
                        ontwikkeling van bergwinde lei.                                 (2 x 1)            (2)

               1.3.4    Verduidelik met verwysing na die temperatuurgrafiek, die proses van
                        temperatuurverandering van 03:15 tot 14:00, terwyl bergwinde van die
                        binneland na die kus waai.                                        (1 x 2)          (2)

               1.3.5    ŉ Weerstasie wat by A geleë is, het wolklose toestande gerapporteer.
                        Verduidelik die huidige weerstoestand.                            (2 x 2)          (4)

               1.3.6    Verduidelik waarom stad A, wat aan die Ooskus geleë is, deur die
                        vrystelling van die brandwaarskuwing geraak sal word.            (2 x 2)           (4)
                                                                                                          (15)

                                                                                                        b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                        GEOGRAFIE
                                                                                                6
                                        (Vraestel 1)                          10781/22

1.4   Verwys na die infografiek hieronder oor middelbreedte siklone.

        Oorsig van die weer op 9 Junie

      Die weervoorspeller, Mike Berridge, voorspel dat die Kaap se suidwestelike berge op
      Woensdag 10 Junie tot 50 mm reën kan kry, aangesien ŉ middelbreedte sikloon na
      verwagting naby Kaapstad gaan ontwikkel.

      Kapenaars kan die komende week vir drie dae reën verwag, met reënbuie wat Dinsdag (9
      Junie), Woensdag (10 Junie) en Donderdag (11 Junie) sal voorkom.

      Daar word voorspel dat ŉ storm Woensdag die land sal bereik, met temperature wat
      tussen 11 °C en 15 °C sal wissel, tesame met 100% neerslag. Donderdag sal
      temperature tussen 8 °C en 13 °C wissel, met 100% neerslag.
         [Bron: https://www.capetownetc.com/cape-town/weather/cape-predicted-to-receive-50mm-rains/]

      1.4.1    Watter klimatologiese bewys dui daarop dat hierdie middelbreedte sikloon
               in die Suidelike Halfrond voorkom?                                (1 x 1)              (1)

      1.4.2    Verduidelik die konsep familie van siklone.                            (1 x 2)         (2)

      1.4.3    Identifiseer die stadium waarin middelbreedte sikloon A tans verkeer.
                                                                                  (1 x 1)             (1)

      1.4.4    Teken ŉ benoemde dwarsdeursnee van punt B tot punt C deur die koue
               front. Dui die kouefront, die koue sektor en die warm sektor aan. (3 x 1)              (3)

      1.4.5    ŉ Groep toeriste wil die staproete tot bo-op Tafelberg aandurf voor die
               naderende kouefront. Verduidelik in ŉ paragraaf van ongeveer AGT reëls
               aan die organiseerders waarom die geleentheid uitgestel moet word deur
               na die verwagte weerstoestande en moontlike impakte daarvan te
               verwys.                                                              (4 x 2)          (8)
                                                                                                    (15)

                                                                                                    b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                       GEOGRAFIE
                                                                                               7
                                       (Vraestel 1)                          10781/22

1.5   Verwys na FIGUUR 1.5 hieronder wat ŉ besoedelingskoepel toon.

                                                                                INVERSIE

                                        BESOEDELINGSKOEPEL

                     KOUD                                                     KOUD

      [http://www.ibgeographypods.org/uploads/7/6/2/2/7622863/ib_dp_geography_microclimates_urban
                                                                        _heat island_worksheet.pdf]

      1.5.1    Definieer die term besoedelingskoepel.                                (1 x 2)         (2)

      1.5.2    In die nag is die besoedelingskoepel laer in hoogte as gedurende die
               dag. Verduidelik hoekom dit gebeur.                              (2 x 2)              (4)

      1.5.3    Noem die omgewingsprobleem wat as gevolg van ŉ besoedelingskoepel
               in ŉ stad naby die oppervlak ontwikkel.                    (1 x 1)                    (1)

      1.5.4    Beskryf hoe die omgewingsprobleem wat in VRAAG 1.5.3 geïdentifiseer
               is, ontwikkel.                                               (1 x 2)                  (2)

      1.5.5    Lugbesoedeling verminder die hoeveelheid skoon lug van ŉ stad in die
               nag. Verduidelik hierdie stelling.                              (1 x 2)               (2)

      1.5.6    Verskaf TWEE volhoubare strategieë wat in stede geïmplementeer kan
               word om die uitwerking van nywerhede op die besoedelingskoepel te
               verminder.                                                    (2 x 2)                (4)
                                                                                                   (15)
                                                                                                   [60]

                                                                                                   b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                       GEOGRAFIE
                                                                                             8
                                       (Vraestel 1)                          10781/22

VRAAG 2: GEOMORFOLOGIE

2.1   Lees die volgende stellings en kies die toepaslike woord in hakies wat die stelling
      WAAR sal maak. Skryf slegs die vraagnommer (2.1.1 – 2.1.7) en die antwoord in jou
      ANTWOORDBOEK neer.

      2.1.1    ŉ Toename in reënval in die middelloop van die rivier sal tot verhoogde
               (laterale/vertikale) erosie lei.

      2.1.2    Die hoeveelheid vrag wat ŉ rivier kan dra, word bepaal deur sy
               (gradiënt/rigting) van afloop.

      2.1.3    Die (volume/snelheid) van water is hoër in die bo-loop as in die
               middelloop van ŉ rivier.

      2.1.4    Die V-vormige vallei in die bo-loop van ŉ rivier is ŉ gevolg van (laterale/
               vertikale) erosie.

      2.1.5    By die riviermond is daar meer (afsetting/erosie) wat tot die vorming van
               ŉ delta lei.

      2.1.6    (Laterale/Vertikale) erosie in die middelloop lei tot die migrasie van ŉ
               meander stroomaf.

      2.1.7    Verjonging nader aan die bron van die rivier sal tot meer (erosie/
               afsetting) in die benedeloop lei.                                  (7 x 1)          (7)

                                                                                                 b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                       GEOGRAFIE
                                                                                          9
                                       (Vraestel 1)                          10781/22

2.2   Verwys na FIGUUR 2.2 hieronder en kies die korrekte letter (A – G) wat met die
      beskrywing van ŉ spesifieke dreineringspatroon ooreenstem. Skryf slegs die letter
      (A – G) langs die vraagnommers (2.2.1 tot 2.2.8) in die ANTWOORDBOEK,
      byvoorbeeld 2.2.9 H. Letters A – G kan meer as een keer gebruik word.

          [Bron: Aangepas uit lumenlearning.com/geo/chapter/reading-drainage-basins/]

      2.2.1   Dreineringspatroon wat gevorm het uit riviere wat in ŉ depressie of meer
              invloei

      2.2.2   Dreineringspatroon gevorm uit rotse met eenvormige weerstand

      2.2.3   Dreineringspatroon wat algemeen in smeltende ysstreke voorkom

      2.2.4   Dreineringspatroon wat op ŉ algemene helling teen ŉ lineêre bergreeks
              voorkom

      2.2.5   Dreineringspatroon wat op afwisselende harde en sagte rotslae
              ontwikkel

      2.2.6   Dreineringspatroon wat gewoonlik in gebiede met vulkaniese berge
              vorm

      2.2.7   Dreineringspatroon wat vorm waar prominente rante parallel aan mekaar
              geleë is

      2.2.8   Dreineringspatroon waarin die hoofstrome en hul sytakke hoofsaaklik
              regshoekige draaie vertoon
                                                                              (8 x 1)           (8)

                                                                                              b.o.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                     GEOGRAFIE
                                                                                          10
                                     (Vraestel 1)                          10781/22

2.3   Verwys na FIGUUR 2.3 hieronder wat ŉ kronkelende rivier (meanders) toon.

                                                   gegradeerde
                                                  kronkelstroom
                                  meandermerk                           hoefystermeer

                                 Aluviale afsetting

                                          [Bron: https://za.pinterest.com/pin/405394403936861905/]

      2.3.1   Wat is ŉ meandermerk?                                                (1 x 2)      (2)

      2.3.2   In watter stadium van die rivier kan ŉ meanderlus en meandermerk
              ontwikkel?                                                     (1 x 1)            (1)

      2.3.3   Benoem die hange wat by X en Y van die meanderlus sal ontwikkel.
                                                                            (2 x 1)             (2)

      2.3.4   Teen watter helling, X of Y, sal daar meer afsetting as erosie wees?
                                                                                 (1 x 2)        (2)

      2.3.5   Gee ŉ rede vir jou antwoord op VRAAG 2.3.4.                          (1 x 2)      (2)

      2.3.6   Verduidelik hoe ŉ meandermerk gevorm word.                           (3 x 2)      (6)
                                                                                               (15)

                                                                                             b.o.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                           GEOGRAFIE
                                                                                          11
                                           (Vraestel 1)                     10781/22

2.4   Bestudeer FIGUUR 2.4 hieronder oor stroomroof.

              Voor Stroomroof                                Na Stroomroof

 Terugwaartse
 erosie

                 Rivier A
                                Rivier B

                            [Bron: Aangepas vanaf 7ef562557e76281032f017d156b13e3c Brainly.com]

      2.4.1     Definieer die konsep terugwaartse erosie.                           (1 x 2)     (2)

      2.4.2     Noem EEN moontlike faktor uit FIGUUR 2.4 wat daartoe kon gelei het dat
                rivier A rivier B roof.                                         (1 x 1)         (1)

      2.4.3      Verduidelik hoe die proses van terugwaartse erosie tot stroomroof bydra.
                                                                                   (2 x 2)      (4)

      2.4.4     Gee die geografiese terme vir kenmerke D en E wat tydens stroomroof
                ontwikkel.                                                      (2 x 1)         (2)

      2.4.5     Bespreek DRIE fisiese veranderinge wat as gevolg van stroomroof in
                rivier A sal plaasvind.                                          (3 x 2)        (6)
                                                                                               (15)

                                                                                              b.o.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                             GEOGRAFIE
                                                                                                    12
                                             (Vraestel 1)                            10781/22

2.5 Bestudeer FIGUUR 2.5 hieronder wat ŉ infografiek van die opvangsgebied van die
    Jukskeirivier is.

                                Jukskeirivier moniteringsgebiede

             Hartbeespoort
             Dam
             Crocodile Rivier

                                                              Jukskei Rivier

                                                                               Modderfontein Stroom

      Jukskeirivier vergiftig met riool                       Johannesburg Stad
      Inwoners wat dit as ŉ stortingsterrein en toilet
      gebruik, het gesê hulle het nie afval- en             Een van Gauteng se grootste riviere, die
      vullisbestuur in die gebied gehad nie.                Jukskei, vloei noordwaarts, kronkel deur
                                                            Bedfordview-uitsig, wat in die hoogs eutrofiese
                                                            Hartbeespoortdam vloei.
                                                            Die sowat 50 km-loop deur die stad toon
                                                            duidelik aan hoe dit ŉ slagoffer van
                                                            Johannesburg se massiewe verstedeliking is,
                                                            sy verweerde waterweë, ŉ opgaarplek vir die
                                                            stad se stroom riool, stormwater, rommel,
                                                            industriële afval en bourommel. Vir die
                                                            waterkenner Dr Anthony Turton, is die Jukskei
                                                            nie net een van die land se mees besoedelde
                                                            riviere nie, dit is ook een van die "hartseerste"
                                                            riviere. Sy ondergang, glo hy, is ŉ metafoor vir
                                                            "alles wat verkeerd is in ons samelewing."
      Die Jukskeirivier in Alexandra na swaar reën in
      Johannesburg en ander gebiede, 25 April 2019.
          [Bron: https://www.citizen.co.za/news/south-africa/2920185/jukskei-river-poisoned-with sewage]
     2.5.1       Definieer die konsep rivieropvangsgebied.                                   (1 x 2)     (2)
     2.5.2       Van watter rivier is die Jukskeirivier ŉ sytak?                             (1 x 1)     (1)
     2.5.3       Die watergehalte van die Jukskeirivier versleg. Staaf die stelling deur na
                 die infografiek te verwys.                                            (2 x 2)           (4)
     2.5.4       In ŉ paragraaf van ongeveer AGT reëls, stel moontlike strategieë voor,
                 wat geïmplementeer kan word om die probleme te hanteer wat in VRAAG
                 2.5.3 in die Jukskeirivier geïdentifiseer is.                      (4 x 2)  (8)
                                                                                            (15)
                                                                                            [60]
                                                                         TOTAAL AFDELING A: 120
                                                                                                       b.o.

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
                                       GEOGRAFIE
                                                                                              13
                                       (Vraestel 1)                            10781/22

AFDELING B

VRAAG 3: GEOGRAFIESE VAARDIGHEDE EN TEGNIEKE

Bestudeer die algemene inligting oor Howick hieronder en beantwoord die vrae wat
volg.

                           ALGEMENE INLIGTING OOR HOWICK

                                                                                 N

                                                        Howick

                                 Koördinate: 29°28′S; 30°14′O

Howick is ŉ dorp in KwaZulu-Natal. Die dorp is 1 050 m bo seespieël geleë met warm somers
en koel droë winters. ŉ Ysige koue daal op Howick neer wanneer sneeu op die nabygeleë
Drakensberge val. Die dorp is langs die N3-snelweg geleë wat dit met die res van Suid-Afrika
verbind. Die dorp is die ligging van die Howick-waterval, ŉ groot waterval wat ontwikkel wanneer
die Umgeni-rivier 95 meter oor dolerietkranse op pad na die Indiese Oseaan, val.
                                  [Aangepas uit https://en.wikipedia.org/wiki/ Howick, _KwaZulu-Natal]

Die volgende Afrikaanse terme en hul Engelse vertalings word op die topografiese kaart
getoon.

AFRIKAANS                                    ENGLISH
Uitgrawings                                  Diggings
Gholfbaan                                    Golf course
Rivier                                       River
Rioolwerke                                   Sewerage works
Landgoed                                     Estate
Gholf-dryfbaan                               Golf Driving Range
Natuurreservaat                              Nature reserve

                                                                                                b.o.

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
                                        GEOGRAFIE
                                                                                           14
                                        (Vraestel 1)                         10781/22

3.1   KAARTVAARDIGHEDE EN BEREKENINGE

      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op vrae 3.1.1 en 3.1.2 verskaf. Kies die
      korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommers in die
      ANTWOORDBOEK.

      3.1.1    In die 2930AC topografiese kaartindeks, die 29 en 30 dui ... aan.

               A     29°N 30°W
               B     29°S 30°O
               C     29°W 30°N
               D     29°O 30°S                                                      (1 x 1)     (1)

      3.1.2    Die Howick-waterval is in … provinsie geleë.

               A     KwaZulu-Natal
               B     Limpopo
               C     Noord-Kaap
               D     Mpumalanga                                                     (1 x 1)     (1)

      3.1.3    Wat is die verskil in hoogte tussen hoogtepunt 1030 in blok E3 en
               hoogtepunt 784 in blok D4 op die topografiese kaart?                 (1 x 1)      (1)

      3.1.4    Bereken die afstand in meter, tussen hoogtepunt 1030 in blok E3 en
               hoogtepunt 784 in blok D4 op die topografiese kaart uittreksel, in meter.

               Formule: Werklike afstand x Kaartskaal                               (2 x 1)      (2)

      3.1.5    Gebruik die antwoorde in VRAE 3.1.3 en 3.1.4 om die gemiddelde
               gradiënt tussen hoogtepunt 1030 in blok E3 en hoogtepunt 784 in blok D4
               op die topografiese kaart uittreksel in meter te bereken.

                                             Vertikale
                                          Vertikale     interval
                                                     interval (VI)(VI)
               Gemiddelde Gradiënt =                                                (2 x 1)      (2)
                                           Horisontale
                                         Horisontal      afstand
                                                    e afstand  (HE)(HA)

                                                                                              b.o.

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
                                        GEOGRAFIE
                                                                                           15
                                        (Vraestel 1)                       10781/22

      3.1.6    Kies die korrekte antwoord uit die onderstaande opsies. Skryf slegs die
               letter (A – D) langs die vraagnommer neer.

               ŉ Dwarsdeursnit van die helling tussen hoogtepunt 1030 in blok E3 en
               hoogtepunt 784 in blok D4 op die topografiese kaart is ....         (1 x 1)       (1)

      3.1.7    Gee ŉ rede vir jou antwoord in VRAAG 3.1.6.                          (1 x 2)      (2)
                                                                                                (10)

3.2   KAART INTERPRETASIE

      Verwys na die vallei by G in blok B2 op die topografiese kaart.

      3.2.1   (a)    Kies die korrekte antwoord uit die onderstaande opsies. Skryf slegs
                     die letter (A – D) langs die vraagnommer neer.

                     Die wind wat gedurende die nag in hierdie gebied ontwikkel, word ŉ ...
                     wind genoem.

                     A       berg
                     B       föhn
                     C       anabatiese
                     D       katabatiese                                            (1 x 1)      (1)

              (b)    Verduidelik hoe die wind wat in VRAAG 3.2.1(a) geïdentifiseer is, die
                     vorming van digte mis by G bevorder.                           (1 x 2)      (2)

              (c)    Hoe sou die ontwikkeling van mis in hierdie gebied vroegoggend
                     verkeer op die sekondêre pad by G beïnvloed?                 (1 x 1)        (1)

                                                                                              b.o.

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
                                   GEOGRAFIE
                                                                                      16
                                   (Vraestel 1)                        10781/22

 Verwys na die Mgeni-Rivier in die suide van die topografiese kaart.

3.2.2   (a)    In watter algemene rigting vloei die Mgeni-Rivier?              (1 x 1)     (1)

        (b)    Gee bewyse vanaf die topografiese kaart om jou antwoord in VRAAG
               3.2.2(a) te staaf.                                          (1 x 1)         (1)

3.2.3   Identifiseer die stroomorde by H in blok A4 op die topografiese kaart.
                                                                            (1 x 1)    (1)

Verwys na die ortofotokaart.

3.2.4   Die landvorm wat deur nommer 8 op die ortofotokaart aangedui is, is ŉ ...

                                                                            (1 x 1)    (1)

               A    gaping.
               B    uitloper.
               C    vallei.
               D    saal.

3.2.5   Identifiseer die fluviale kenmerk aan die basis van die Howick-waterval by
        9 op die ortofotokaart.                                            (1 x 1)     (1)

3.2.6   Verwys na die vryhand-dwarsneeskets van 10 – 11 op die ortofoto.

                                Stadigste      Vinnigste
                                vloei               vloei

        (a)   Identifiseer die fluviale landvorm waarvan die dwarsdeursnee hierbo
              ŉ ïllustrasie is.                                            (1 x 1)     (1)

        (b)   Noem die fluviale proses wat onderskeidelik by 10 en 11 plaasvind.
                                                                          (2 x 1)      (2)
                                                                                      (12)

                                                                                         b.o.

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
                                         GEOGRAFIE
                                                                                              17
                                         (Vraestel 1)                       10781/22

3.3   GEOGRAFIESE INLIGTINGSTELSELS (GIS)

      Verwys na blok B1 op die topografiese kaart.

      3.3.1   Vektordata is data wat uit punte, lyne en poligone bestaan. Identifiseer
              die volgende vektordata in blok B1 wat met bewaring verband hou:

               (a)    ŉ Punt kenmerk                                                (1 x 1)        (1)

               (b)    ŉ Poligoon kenmerk                                            (1 x 1)        (1)

      Verwys na die Howick-waterval in blok E2.

      3.3.2    Die ligging van die Howick-waterval by F in blok E2 op die topografiese
               kaart, is ŉ voorbeeld van (attribute/ruimtelike) data.              (1 x 1)         (1)

      3.3.3    Verwys na die Mgeni-rivier wat deur die dorp Kwa Mevana in blok E1 loop.

               (a)    Definieer die term bufferskepping.                            (1 x 2)        (2)

               (b)    Dink jy bufferskepping is toegepas in die ontwikkeling van die dorp
                      in blok E1?                                                   (1 x 1)        (1)

               (c)    Gee ŉ bewys uit die topografiese kaart om jou antwoord op
                      VRAAG 3.3.3(b) te staaf.                                      (1 x 2)        (2)
                                                                                                   (8)

                                                                    TOTAAL AFDELING B: 30

                                                                                  TOTAAL: 150

                                            EINDE

## Related documents

- [Gr12 Geography P2 (Afrikaans) SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-geography-p2-afrikaans-sep-2022-question-paper/4d239679-2288-4e40-8882-b8e27f965853) — Geography · QP · 2022 · Afr
- [Grade 12 NSC Geography P1 (Afrikaans) 2020 Preparatory Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-geography-p1-afrikaans-2020-preparatory-addendum/508a9280-b61b-4bd4-bb68-f8ded76eef8a) — Geography · Addendum · 2020 · Afr
- [GEOGRAPHY GR12 QP JUNE 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-gr12-qp-june-2022-afrikaans/36b731da-d306-4290-8182-9cb2db76db85) — Geography · QP · 2022 · Afr
- [GEOGRAPHY P2 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr12-qp-sept2022-afrikaans-final/b91dfe1d-9155-431b-92ca-f03d443a7a31) — Geography · QP · 2022 · Afr
- [Grade 12 NSC Geography P2 (Afrikaans) Preparatory 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-geography-p2-afrikaans-preparatory-2017-question-paper/4ad8597c-c5bb-4d9d-9fae-73ba178541c8) — Geography · QP · 2017 · Afr
- [GEOGRAPHY P1 GR12 QP SEPT2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-gr12-qp-sept2019-afrikaans/9f9f46f5-415d-417f-a86c-3c476edee1db) — Geography · QP · 2019 · Afr

## More from Grade 12 Geography

- [Geography P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/164c2c1c-f5c3-4207-9e0d-0dc315f4a347) — Memo · 2025 · Afr
- [Geography Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/geography-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/d3fb5096-88f5-455c-a06f-c49c6b862f25) — Memo · 2025
- [GEOGRAPHY P2 GR12 MEMO SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr12-memo-sept2024-afrikaans/27e1dff3-4bfc-418a-bfa5-07cebbe45d62) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 12 Geography P2 (Afrikaans) 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-geography-p2-afrikaans-2024-possible-answers/e19dd834-ffaf-4fe6-a8a4-9ee8f8597c29) — Memo · 2024 · Afr
- [Geography P1 May-June 2024 MG Afr.docx](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-geography-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/e693e9b0-f83c-4f6b-b799-09552d4dcf53) — Memo · 2024 · Afr
- [2023 KZN Prelim P1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/2023-kzn-prelim-p1-memo/2556a9a4-272d-4f3d-91da-8232c4b2e6b3) — Memo · 2023

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
