# Geography Grade 12 P2 Gauteng Mock 2022 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Geography Paper 2 question paper from the Gauteng Mock Exam 2022 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr12-geography-p2-afrikaans-sep-2022-question-paper/4d239679-2288-4e40-8882-b8e27f965853
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Geography
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: Gauteng Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Geography](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/geography) › [Geography Grade 12 P2 Gauteng Mock 2022 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr12-geography-p2-afrikaans-sep-2022-question-paper/4d239679-2288-4e40-8882-b8e27f965853)

## About this document

Geography · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2022 · Afrikaans. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

VOORBEREIDENDE EKSAMEN
             2022
             10782

           GEOGRAFIE

           VRAESTEL 2

                        TYD:         3 uur

                        TOTAAL: 150

                        17 bladsye

                                             b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                       GEOGRAFIE
                                                                                      2
                                       (Vraestel 2)                       10782/22

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Hierdie vraestel bestaan uit TWEE AFDELINGS:

      AFDELING A:
      VRAAG 1: Landelike en Stedelike Nedersettings (60)
      VRAAG 2: Ekonomiese Geografie van Suid-Afrika (60)

      AFDELING B:
      VRAAG 3: Geografiese Vaardighede en Tegnieke (30)

2.    Beantwoord AL DRIE vrae.

3.    ALLE diagramme word in die VRAESTEL ingesluit.

4.    Laat ŉ reël oop tussen onderafdelings van vrae wat beantwoord is.

5.    Begin ELKE vraag bo-aan ŉ NUWE bladsy.

6.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
      gebruik word.

7.    MOENIE in die kantlyn van die ANTWOORDBOEK skryf NIE.

8.    Teken volledig benoemde diagramme wanneer opdrag gegee word om dit te doen.

9.    Beantwoord in VOLSINNE, behalwe wanneer jy moet noem, benoem, identifiseer of
      lys.

10.   Meeteenhede MOET in jou finale antwoord aangedui word, bv., 1020 hPa, 14°C en
      45 m.

11.   Jy mag ŉ nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik.

12.   Jy kan ŉ vergrootglas gebruik.

13.   Skryf netjies en leesbaar.

SPESIFIEKE INSTRUKSIES EN INLIGTING VIR AFDELING B

14.   ŉ 1:50 000 topografiese kaart 2531BC EMJEJANE en ŉ 1:10 000 ortofotokaart
      2531BC 19 EMJEJANE word verskaf.

15.   Die area wat in ROOI/SWART op die topografiese kaart afgebaken is, verteenwoordig
      die area wat deur die ortofotokaart gedek word.

16.   Toon ALLE berekeninge waar van toepassing. Punte sal hiervoor toegeken word.

17.   Jy moet die topografiese en ortofotokaarte aan die einde van hierdie eksamensessie
      by die toesighouer inhandig.

                                                                                          b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                     GEOGRAFIE
                                                                                    3
                                     (Vraestel 2)                       10782/22

AFDELING A: LANDELIKE EN STEDELIKE NEDERSETTINGS EN DIE
            EKONOMIESE GEOGRAFIE VAN SUID-AFRIKA

VRAAG 1: LANDELIKE EN STEDELIKE NEDERSETTINGS

1.1   Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
      Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die
      vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.1.9 D.

      1.1.1     Die hoof kommersiële sone van ŉ stedelike gebied is die ...

                A   sentrale sakekern.
                B   oorgangsone.
                C   industriële sone.
                D   voorstedelike besigheidsdistrikte.

      1.1.2     Die … grondgebruiksone word gekenmerk deur die meeste
                besoedeling.

                A   sentrale sakekern
                B   landelike-stedelike randgebied
                C   industriële
                D   residensiële

      1.1.3     Die … grondgebruiksone is onaantreklik, met hoë grondwaardes.

                A   sentrale sakekern
                B   oorgang
                C   industriële
                D   residensiële

      1.1.4     Die grondwaarde in hierdie grondgebruiksone is die goedkoopste.

                A   Sentrale sakekern
                B   Oorgangsone
                C   Landelike-stedelike randgebied
                D   Residensiële sone

      1.1.5     Die grondgebruiksone wat die hoogste geboudigtheid het.

                A   Sentrale sakekern
                B   Oorgangsone
                C   Landelike-stedelike randgebied
                D   Verwyderde besigheidsdistrik

      1.1.6     ŉ Kommersiële sone geleë in die voorstede staan bekend as die ...

                A   sentrale sakekern.
                B   landelike-stedelike randgebied.
                C   voorstedelike besigheidsdistrikte.
                D   industriële sone.
                                                                                        b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                     GEOGRAFIE
                                                                                       4
                                     (Vraestel 2)                       10782/22

      1.1.7     Die grondgebruiksone waar die meeste mense woon.

                A   Industriële sone
                B   Oorgangsone
                C   Sentrale sakekern
                D   Residensiële sone

      1.1.8     Lughawens is gewoonlik in hierdie grondgebruiksone geleë.

                A   Sentrale sakekern
                B   Landelike-stedelike randgebied
                C   Residensiële sone
                D   Oorgangsone                                              (8 x 1)       (8)

1.2   Kies ŉ term uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs
      die letter (A – H) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.7) in die
      ANTWOORDBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.8 I.

                        KOLOM A                                 KOLOM B
      1.2.1   ŉ Nedersetting wat geleë is in ŉ gebied   A   Stedelike nedersettings
              waar water skaars is
                                                        B   Terrein
      1.2.2   Enkelfunksionele nedersetting
                                                        C Kern
      1.2.3   Nedersettings en geboue wat ver van
              mekaar geleë is                           D Droëpunt

      1.2.4   Die werklike grond wat ŉ nedersetting     E   Ligging
              beslaan
                                                        F   Verspreid
      1.2.5   Nedersettings wat naby mekaar geleë is
                                                        G Landelike nedersettings
      1.2.6   Multifunksionele nedersettings
                                                        H Natpunt
      1.2.7   Die verhouding tussen ŉ nedersetting en
              sy omliggende omgewing

                                                                             (7 x 1)       (7)

                                                                                           b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                           GEOGRAFIE
                                                                                                       5
                                           (Vraestel 2)                              10782/22

1.3     Verwys na die infografika oor Suid-Afrika se landelike bevolkingstendense van 2009 tot
        2020 en beantwoord die vrae wat volg.

                                                                                         19 500 000
                                                                                         19 480 000
      LANDELIKE BEVOLKING
                                                                                         19 460 000

                                                                                                       BEVOLKING
                                                                                         19 440 000

                                                                                         19 420 000

                                                                                         19 400 000

                                                                                         19 380 000

                                                                                         19 360 000

                                                                                         19 340 000

                                                                                         19 320 000

                       SPOOKDORP
                                                                              Verminder rykdom
                                                       Afname in tradi-       en vraag na
                                                       sionele landelike      landelike dienste
                                                       indiensneming                          Bevolkings-
                                      Dorpswinkel                                             afname
                                      Sluitings-
                                      uitverkoping                                     Verander die
       Alle dienste                                                                    tempo van natuur-
       gekansel-                                      Minder werks-
                                                                                       like toename
       leer                                           geleenthede
                                                                           Verswakking in
                                                                           ouderdom en
                                                                           geslagstruktuur
                                                        Emigrasie

                       [Bronne: https://tradingeconomics.com/south-africa/rural-population-wb-data.html;
                            https://slideplayer.com/slide/4385253/; https://slideplayer.com/slide/7501747/]

        1.3.1     Definieer die term landelike ontvolking.                                   (1 x 2)               (2)

        1.3.2     Verskaf ŉ bewys vanaf die bevolkingsgrafiek dat landelike ontvolking ŉ
                  werklikheid in Suid-Afrika is.                                    (1 x 1)                        (1)

        1.3.3     Beskryf die impak van landelike ontvolking op die ekonomie van
                  landelike gebiede.                                             (2 x 2)                           (4)

        1.3.4     In ŉ paragraaf van ongeveer AGT reëls, maak voorstelle aan die
                  plaaslike regering hoe om die tendens van landelike ontvolking te
                  verminder, en verduidelik wat die impak daarvan sal wees op die
                  landelike ekonomie soos in die infografika aangedui word.         (4 x 2)                  (8)
                                                                                                            (15)

                                                                                                           b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                        GEOGRAFIE
                                                                                                  6
                                        (Vraestel 2)                            10782/22

1.4   Verwys na die gevallestudie oor die groei van Suid-Afrikaanse stedelike
      nedersettings hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

              DIE GROEI VAN SUID-AFRIKAANSE STEDELIKE NEDERSETTINGS

      In 1990 het 52% van Suid-Afrikaners in stedelike nedersettings gewoon, maar ŉ
      skamele 30 jaar later woon meer as 67% van Suid-Afrika se bevolking in stede en
      dorpe. Die bevolkingsdigtheid binne die land het gestyg, en staan op 46 inwoners
      per vierkante kilometer, wat beteken dat meer mense ŉ kleiner ruimte deel. Baie
      geleenthede vir werk en ontspanning kan in die stedelike dele van Suid-Afrika
      gevind word. In teorie skep stedelike nedersettings toestande vir verbeterde
      gesondheid, onderwys en ekonomiese aktiwiteite omdat dienste oor ŉ kleiner
      gebied gekonsentreer is. In die praktyk, vinnige verstedeliking verswak egter
      omgewings- en gesondheidstoestande, plaas groot druk op die verskaffing van
      dienste en moedig misdaad en sosiale spanning aan.

      Gauteng het die grootste en vinnigste groeiende bevolking van al nege provinsies
      in Suid-Afrika. Die provinsie het tussen 2010 en 2020 ŉ bevolkingstoename van
      33,7% ervaar, wat meer as dubbel is van die gemiddelde nasionale
      bevolkingstoename.
                        [Bron: Aangepas uit Oxford South African Thematic Atlas for grades 7-9]

      1.4.1      Definieer die term verstedeliking.                                     (1 x 2)         (2)

      1.4.2      Verskaf EEN faktor vanuit die gevallestudie wat aandui waarom mense
                 verkies om in stedelike gebiede te woon.                       (1 x 1)                 (1)

      1.4.3      Volgens die gevallestudie "verswak vinnige verstedeliking omgewings-
                 en gesondheidstoestande". Beskryf hoe vinnige verstedeliking die
                 agteruitgang van omgewings- en gesondheidstoestande tot gevolg
                 het.                                                             (2 x 2)               (4)

      1.4.4      Verduidelik waarom die gevallestudie na Gauteng verwys as die
                 provinsie met die grootste en vinnigste groeiende bevolking in Suid-
                 Afrika.                                                           (1 x 2)              (2)

      1.4.5      Evalueer die effek van verstedeliking op die verskaffing van dienste in
                 Gauteng.                                                           (3 x 2)            (6)
                                                                                                      (15)

                                                                                                      b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                       GEOGRAFIE
                                                                                              7
                                       (Vraestel 2)                            10782/22

1.5    Verwys na die volgende infografika oor armoede in Suid-Afrika en beantwoord die
       vrae wat volg.

      Graad van armoede in
      Suid-Afrika per provinsie                                Armoede is maklik om te sien,
                                                               maar minder maklik om te
                                                               definieer – of om oor ŉ stad, ŉ
                                      44,1%                    provinsie of ŉ land te meet.
                                                               Baie maatstawwe van
                                                               armoede is op geld gebaseer.
                                                               As ŉ persoon op minder as ŉ
                                                               sekere drempel van inkomste
                                                               leef, word dit beskou dat hulle
                                                               in armoede leef.
                                                                              Robert Haveman

        INFORMELE NEDERSETTING

                          [Bron: https://southafrica-info.com/people/mapping-poverty-in-south-africa/]

                                                                                                  b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                         GEOGRAFIE
                                                                                                 8
                                         (Vraestel 2)                          10782/22

      1.5.1      (a)   Identifiseer die provinsie in die infografika met die hoogste
                       armoedesyfer in Suid-Afrika.                                    (1 x 1)         (1)

                 (b)   Verklaar die rede vir die hoër armoedekoers in die provinsie wat in
                       VRAAG 1.5.1 (a) geïdentifiseer is.                           (1 x 2)            (2)

      1.5.2      Gee TWEE voorbeelde wat aandui dat die mense in die fotobeeld van
                 die infografika in armoede leef.                              (2 x 1)                 (2)

      1.5.3      Verduidelik hoe werkloosheid bydra tot armoede in stedelike gebiede.
                                                                                  (2 x 2)              (4)

      1.5.4      Stel maniere voor hoe die plaaslike regering wat verantwoordelik is vir
                 die gebied in die fotobeeld hierbo, armoede kan verminder.         (3 x 2)           (6)
                                                                                                     (15)

                                                                                                     [60]

VRAAG 2: EKONOMIESE GEOGRAFIE VAN SUID-AFRIKA

2.1   Gee EEN term om elk van die volgende ekonomiese aktiwiteite in die suikerbedryf
      te beskryf, deur ŉ term uit die lys hieronder te kies. Jy mag ŉ term meer as een
      keer gebruik. Skryf slegs die term langs die vraagnommers (2.1.1 tot 2.1.8) in die
      ANTWOORDBOEK neer.

              Primêre sektor, Sekondêre sektor, Tersiêre sektor, Kwaternêre sektor

      2.1.1      ŉ Suikerboer neem arbeiders in diens om suikerriet te oes.

      2.1.2      Suikerriet word per vragmotor na ŉ suikerfabriek vervoer.

      2.1.3      Suiker word by die raffinadery vervaardig.

      2.1.4      ŉ Advertensie-agentskap word gebruik om die logo vir die verpakking
                 van die suiker te ontwerp.

      2.1.5      Verkoopsverteenwoordigers bemark die suiker by kleinhandelwinkels.

      2.1.6      Die suiker word na ander lande uitgevoer.

      2.1.7      Kliënte koop suiker aanlyn.

      2.1.8      Voorbereiding van landbougrond om suikerriet te plant                 (8 x 1)         (8)

                                                                                                     b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                        GEOGRAFIE
                                                                                                     9
                                        (Vraestel 2)                                     10782/22

2.2    Verwys na die infografika oor goud en kies die toepaslike woord(e) tussen hakies
       om die sin WAAR te maak. Skryf slegs die vraagnommers (2.2.1 tot 2.2.7) en die
       korrekte antwoord in die ANTWOORDBOEK neer.

 GOUD – SLEUTELFEITE EN SYFERS

 Die Witwatersrandkom bly die wêreld se
  grootste goudhulpbron.
 Goudverkope (bygedra tot BBP) het in                           Die top mynmaatskappye in goudproduksie
  2019 met 3,7% tot R72,6 miljard gestyg.
 Goudproduksie het in 2019 afgeneem
  tot 101,3 ton.
 Teen die huidige goudprys is meer as

                                               Produksie – ton
  die helfte van die Suid-Afrikaanse
  goudmynbedryf marginaal.
 Suid-Afrikaanse goud maak slegs 4,2%
  van wêreldwye goudproduksie uit.
 Indiensneming in die goudsektor het oor
  die jare afgeneem.
 Die goudbedryf het tans 95 130 mense
  in diens (beide geskoold en
  ongeskoold).
 Totale werknemersverdienste het
  gestyg van R15,9 miljard in 2008 tot
  R24,3 miljard in 2019 (27,6 miljard in
  2018).
         [Aangepaste bron: https://www.moneyweb.co.za/mineweb/anglogold-ashanti-bumped-off-list-of-
                      top-10-mining-companies/ en https://www.mineralscouncil.org.za/sa-mining/gold]

       2.2.1    Mynbou is die (grootste/kleinste) bydraer tot die primêre sektor.

       2.2.2    Die totale waarde van goedere en dienste wat in ŉ land in een jaar
                geproduseer word, staan bekend as die (BNP/BBP).

       2.2.3    Die Witwatersrandkom is in die (Gauteng/Limpopo) provinsie geleë.

       2.2.4    Goudmynmaatskappye neem (ongeskoolde en geskoolde/slegs
                ongeskoolde) arbeiders in diens.

       2.2.5    Die lae termiese gradiënt van Suid-Afrika se rotslae (verminder/verhoog)
                mynboukoste.

       2.2.6    Anglo Gold en Khumba Gold gekombineer, het in 2021 (656/489) ton
                goud geproduseer.

       2.2.7    (Anglo Gold/Harmony Gold) mynmaatskappy produseer die meeste
                goud in Suid-Afrika.                                       (7 x 1) (7)

                                                                                                         b.o.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                                   GEOGRAFIE
                                                                                                  10
                                                   (Vraestel 2)                    10782/22

2.3      Verwys na die infografika hieronder wat inligting verskaf oor die Dube
         Handelshawe NOS en beantwoord die vrae wat volg.

                                          DUBE HANDELSHAWE NOS

Strategies geleë aan die ooskus van Suid-Afrika, gekoppel aan twee van Afrika se grootste
seehawens, groot nasionale paaie en die tuiste van King Shaka Internasionale Lughawe, is die
Dube Handelshawe NOS strategies geposisioneer by die kruising van plaaslike en globale
intermodale vervoerroetes.

Die Dube Handelshawe NOS is ŉ 50-jaar meesterbeplande lugvrag- en passasierspilpunt, wat
uit vyf besigheidsones bestaan:

1. Dube Handelsone :              Vir elektronika, farmaseutiese en lugvaartvervaardiging,
                                  samestelling en verspreiding.
2.    Dube Vragterminaal:         ŉ Moderne vraghanteringsfasiliteit met digitale opsporing en
                                  veilige vragvloei deur statutêre liggame op die terrein.
3.    Dube Agrisone:              ŉ Gevorderde landbougebied wat wêreldklasgeriewe bied.
4.    Dube Stad:                  ŉ Premium besigheids- en gasvryheidsgebied van 12
                                  hektaar, net 3 minute van die passasiersterminaal af.
5.    Dube iConnect (Konnekteer): ŉ Vooraanstaande telekommunikasieplatform en
                                  hoogs aangeskrewe wolkdiensverskaffer.

                                   King Shaka
                                 Internasionale
                                    Lughawe

                    Durban
                Internasionale
                   Lughawe                 Agterkant van
                                           die hawe

           [Bronne: file:///C:/Users/GEO/Downloads/208227-Article%20Text-517726-1-10-20210607%20(1).pdf
                             http://www.tikzn.co.za/images/exportweek/presentations/EPW2018/Day%203%20-
                                                                 %20Dube%20TradePort%20Presentation.pd
                                              https://www.dubetradeport.co.za/Pages/Special Economic Zone]

                                                                                                    b.o.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                              GEOGRAFIE
                                                                               11
                              (Vraestel 2)                        10782/22

2.3.1   Waarvoor staan die afkorting NOS?                                (1 x 1)     (1)

2.3.2   Identifiseer die provinsie waarin die Dube Handelshawe NOS geleë is.
                                                                       (1 x 1)       (1)

2.3.3   Noem die hoof fisiese faktor wat die ligging van die Dube Handelshawe
        NOS beïnvloed het.                                               (1 x 1)     (1)

2.3.4   Hoe skep die Dube Handelshawe NOS die geleentheid vir industriële
        desentralisasie?                                              (1 x 2)        (2)

2.3.5   Bespreek hoe die infrastruktuurontwikkeling van die Dube Handelshawe
        NOS kan bydra tot ŉ positiewe handelsbalans vir die land.       (2 x 2)      (4)

2.3.6   Evalueer die sosio-ekonomiese impak van die Dube Handelshawe NOS
        op die plaaslike gemeenskap.                                (3 x 2)          (6)
                                                                                    (15)

                                                                                   b.o.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                           GEOGRAFIE
                                                                                                   12
                                           (Vraestel 2)                              10782/22

2.4     Verwys na die inligting in die infografika oor ŉ kernnywerheidstreek in Suid-Afrika
        en beantwoord die vrae wat volg.

 FEITE:                                        2.   Die Noordelike Korridor is om Tshwane
  20% van SA se bevolking woon                     geanker as die administratiewe spilpunt
     hier                                           van die stad en die middelpunt van die
  370 mense/km2                                    motorsektor, navorsing, ontwikkeling,
  97% verstedelik                                  innovasie en die kennisgebaseerde
  70% van SA se arbeidsmag woon                    ekonomie.
     hier
  22% bydrae tot mynbousektor
                                                                                3.   Die Oostelike
  Bydrae tot 38% van SA se BBP
                                                                                     Korridor is geanker
                                                                                     rondom die
 1.   Die Sentrale Korridor is om
                                                                                     ekonomie van die
      die Stad van Johannesburg
                                                                                     Ekurhuleni Metro as
      geanker as die middelpunt
                                                                                     die spilpunt van
      van finansiële dienste, IKT
                                                                                     vervaardiging,
      en farmaseutiese
                                                                                     logistiek en vervoer.
      industrieë.

 5.   Die Westelike                                                        4.    Die Suidelike Korridor
      Korridor omsluit die                                                       sluit die Sedibeng-
      ekonomie van die                                                           distrik en die skepping
      huidige Wes-Randse                                                         van nuwe nywerhede,
      distrik en die                                                             nuwe ekonomiese
      skepping van nuwe                                                          nodusse en nuwe
      nywerhede, nuwe                                                            stede in.
      ekonomiese nodusse
      en nuwe stede.
                                    TAXISTAKING: Talle Soweto-pendelaars is gestrand gelaat

                                    Talle taxi-pendelaars is in dele van Soweto gestrand gelaat nadat
      ŉ Probleem in                 operateurs gestaak het. Sommige pendelaars het naby
         hierdie                    verkeerskruisings gestaan in die hoop dat ander vorme van
                                    openbare vervoer hulle na hulle onderskeie bestemmings sou
         gebied                     vervoer. Sommiges het geryloop sodat hulle by die werk kon kom.
                                    Die Bara-taxistaanplek, wat gewoonlik gons van bedrywighede,
                                    was Woensdag ŉ spookdorp. Straatverkopers is ook deur die
                                    staking geraak.
                [Bron: https://link.springer.com/chapter/10. https://www.news24.com/Tags/Topics/taxi%20]

        2.4.1     Identifiseer die kernnywerheidsgebied wat in die bron uitgebeeld word.
                                                                                     (1 x 1) (1)
        2.4.2     Noem TWEE hoof nywerheidsaktiwiteite uit die infografika wat in hierdie
                  kernnywerheidstreek geleë is.                                      (2 x 1) (2)
        2.4.3     Vanuit ŉ ekonomiese oogpunt, verduidelik waarom 20% van die bevolking
                  in Suid-Afrika in hierdie kernnywerheidstreek woon.            (1 x 2) (2)
        2.4.4     Voorspel vanaf die infografika ŉ uitdaging wat pendelaars in die
                  kernnywerheidstreek sal ervaar weens die bevolkingsdigtheid en
                  taxistaking.                                                                (1 x 2) (2)
                                                                                                      b.o.

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
                                         GEOGRAFIE
                                                                                                13
                                         (Vraestel 2)                            10782/22

      2.4.5    Hierdie nywerheidstreek dra by tot 38% van die land se BBP. Ontleed in ŉ
               paragraaf van ongeveer AGT reëls die ekonomiese impak wat ŉ
               taxistaking in hierdie kernnywerheidstreek op die BBP van die land sal
               hê.                                                                 (4 x 2) (8)
                                                                                          (15)

2.5   Verwys na die onderhoud tussen Refiwe Moloto en Zanele Khomo hieronder, oor
      voedselsekerheid in KwaZulu-Natal en beantwoord die vrae wat volg.

      Cape Talk Show gasheer Refiwe Moloto gesels met Zanele Khomo van die
      Durbanse Kamer van Koophandel en Nywerheid oor die plundering in KZN.

      Die Durbanse Kamer van Koophandel en Nywerheid het gewaarsku dat die
      burgerlike onrus en openbare geweld in KwaZulu-Natal heel waarskynlik tot
      werkverliese en voedseltekorte in die land sal lei.

      “KZN dra spesifiek 16% van Suid-Afrika se BBP by, soveel skade is nadelig vir ons
      ekonomie,” sêZanele Khomo, die Hoofgroeibeampte van die Durbanse Kamer van
      Koophandel en Nywerheid.

      Khomo sê die plundering en vernietiging sal lei tot voedselonsekerheid en verlies
      aan lewensinkomste aangesien baie fabrieke en voedselprodusente gesluit het.
      Volgens die Durbanse Kamer van Koophandel en Nywerheid, het die koste van die
      skade in die provinsie Maandag alreeds R100 miljoen oorskry en dit sou na
      verwagting in die dae en weke wat kom aanhou styg.

      Khomo sê amptenare van die Durbanse Kamer van Koophandel en Nywerheid het
      Maandag met Sihle Zikalala, premier van KwaZulu-Natal, vergader om ŉ uitslag
      van die situasie te gee.
         [Aangepas vanuit bron: https://www.capetalk.co.za/articles/421778/kzn-looting-will-affect-
       food-securty-job-security-and-livelihoods-durban-chamber-of-commerce, Capetalk 567 AM]

      2.5.1    Definieer die term voedselonsekerheid.                                      (1 x 2) (2)

      2.5.2    Haal EEN direkte gevolg uit die uittreksel aan, van die burgerlike onrus en
               openbare geweld in KwaZulu-Natal, op voedselsekerheid.               (1 x 1) (1)

      2.5.3    Beskryf hoe die onrus tot voedselonsekerheid kon gelei het.                 (1 x 2) (2)

      2.5.4    Bespreek die verband tussen werkloosheid en voedselonsekerheid.
                                                                                           (2 x 2) (4)

      2.5.5    Watter strategieë kan die regering implementeer om voedselonsekerheid
               te voorkom in die gebiede wat gemaak word deur die burgerlike onrus en
               openbare geweld in KwaZulu-Natal?                                (3 x 2) (6)
                                                                                       (15)

                                                                                                      [60]

                                                                      TOTAAL AFDELING A:              120

                                                                                                      b.o.

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
                                       GEOGRAFIE
                                                                                           14
                                       (Vraestel 2)                          10782/22

AFDELING B

VRAAG 3: GEOGRAFIESE VAARDIGHEDE EN TEGNIEKE

                       AGTERGRONDINLIGTING OOR EMJEJANE

Koördinate: 25°26' S 31°41' O

Emjejane, voorheen bekend as Hectorspruit, is ŉ klein plaasdorpie geleë tussen
Kaapmuiden en Komatipoort op ŉ suidelike sytak van die Krokodilrivier in Mpumalanga,
Suid-Afrika. Die plase in die streek produseer suikerriet, subtropiese vrugte en groente. Die
ligging van Emjejane skep uitstekende geleenthede vir voornemende beleggers en
besighede om hulself te vestig in die gebied langs die N4-vervoerroete wat die Maputo
Ruimtelike Ontwikkelingskorridor bedien.
                                                        [Bron: https://mpumalanga.online/emjejane/]

                                                                                             b.o.

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
                                        GEOGRAFIE
                                                                                           15
                                        (Vraestel 2)                         10782/22

Die volgende Engelse terme en hul Afrikaanse vertalings word op die topografiese kaart
gewys.

               ENGELS              AFRIKAANS
               Diggings            Uitgrawings
               Firebreak           Voorbrand

3.1    KAARTVAARDIGHEDE EN BEREKENINGE

       Kies die korrekte antwoord vir vrae 3.1.1 – 3.1.3 uit die opsies hieronder. Skryf
       slegs die letter (A – D) langs die vraagnommers (3.1.1 tot 3.1.3) neer.

       3.1.1     Volgens die stedelike hiërargie word Emjejane geklassifiseer as ŉ ...

                 A   stad.
                 B   plattelandse dorp.
                 C   gehuggie.
                 D   metropolitaanse gebied.

       3.1.2     Emjejane is in die … provinsie geleë.

                 A   Limpopo
                 B   Noordwes
                 C   Mpumalanga
                 D   KwaZulu-Natal

       3.1.3     Die plase in die omgewing van Emjejane produseer hoofsaaklik …

                 A   suikerriet.
                 B   subtropiese vrugte.
                 C   groente.
                 D   al die bogenoemde.                                              (3 x 1)     (3)

       Verwys na punthoogte 274 (blok A1) en punthoogte 271 (blok B3) op die
       topografiese kaart.

       3.1.4     In watter jaar is die kaart saamgestel?                             (1 x 1)     (1)

       3.1.5     Gebruik die antwoord vir VRAAG 3.1.4 om die huidige verskil in jare te
                 bereken.                                                          (1 x 1)       (1)

       3.1.6     Die jaarlikse verandering is 5' weswaarts. Bereken die gemiddelde
                 jaarlikse verandering in 2022.                                    (1 x 1)       (1)

       3.1.7     Gebruik die antwoord op VRAAG 3.1.6 om huidige magnetiese
                 deklinasie te bereken.                                              (1 x 1)     (1)

       3.1.8     Bepaal die ware peiling van punthoogte 271 in blok B3 vanaf
                 punthoogte 274 in blok A1.                                          (1 x 2)     (2)

                                                                                               b.o.

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
                                      GEOGRAFIE
                                                                                          16
                                      (Vraestel 2)                          10782/22

      3.1.9    Gebruik die antwoorde op VRAAG 3.1.7 en 3.1.8 om die magnetiese
               peiling te bereken vanaf punthoogte 274 in blok A1, tot punthoogte 271
               in blok B3.                                                       (1 x 1)        (1)
                                                                                               (10)

3.2   KAARTINTERPRETASIE

      Verwys na die boerdery gebied (Hectorspruit Sitruslandgoed) in blok D1 van die
      topografiese kaart.

      3.2.1    Wat is die doel van die reguit ry bome op die Hectorspruit
               Sitruslandgoed?                                                    (1 x 1)       (1)

      3.2.2    Verteenwoordig boerdery in hierdie area grootskaalse of kleinskaalse
               boerdery?                                                     (1 x 1)            (1)

      3.2.3    Verskaf bewyse vanaf die kaart om jou antwoord op VRAAG 3.2.2 te
               ondersteun.                                                  (1 x 2)             (2)

      Verwys na die N4-hoofweg wat van oos na wes loop op die topografiese kaart.

      3.2.4    Identifiseer die ROI wat langs die N4-hoofweg ontwikkel het.       (1 x 1)       (1)

      3.2.5    Gee bewys vanaf die topografiese kaart dat die ROI genoem in VRAAG
               3.2.4 infrastruktuurontwikkeling in Emjejane stimuleer.       (1 x 1)            (1)

      3.2.6    Bespreek hoe die ontwikkeling wat in VRAAG 3.2.4 geïdentifiseer is,
               ekonomiese groei in Emjejane tot gevolg kon hê.                  (1 x 2)         (2)

      Verwys na Nedersetting 7 en Nedersetting 8 op die ortofotokaart.

      3.2.7    Watter van die nedersettings, 7 of 8, word as ŉ informele nedersetting
               beskou?                                                          (1 x 1)         (1)

      3.2.8    Verskaf bewyse vanaf die ortofotokaart om jou antwoord op VRAAG
               3.2.7 te ondersteun.                                          (1 x 2)            (2)

      3.2.9    Waar sou die meeste van die inwoners van die informele nedersetting in
               diens geneem word?                                             (1 x 1)           (1)
                                                                                               (12)

                                                                                            b.o.

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
                                      GEOGRAFIE
                                                                                        17
                                      (Vraestel 2)                         10782/22

3.3   GEOGRAFIESE INLIGTINGSTELSELS (GIS)

      Verwys na die spoorlyne in Blok A1 en B1 op die ortofotokaart.

      3.3.1    Data-integrasie is die kombinasie van verskillende tipes data en datalae
               van ŉ spesifieke area vir die doel van besluitneming. Noem TWEE
               datalae wat ŉ ingenieur sal oorweeg voor die beplanning van die roete
               wat die spoorlyne sal volg.                                        (2 x 1)    (2)

      3.3.2    Verduidelik hoe data-integrasie stadsingenieurs gehelp het toe hulle die
               ontwikkeling van die spoorlyne beplan het.                        (1 x 2)     (2)

      Verwys na die ortofotokaart.

      3.3.3    Data vir die ortofotokaart is deur die proses van afstandwaarneming
               ingesamel. Definieer afstandwaarneming?                           (1 x 2)     (2)

      3.3.4    Hoe het afstandwaarneming ontwikkelaars gehelp met die ontwikkeling
               van die Maputo-korridor (N4) langs blokke D4 en D5?           (1 x 2)         (2)
                                                                                             (8)

                                                                TOTAAL AFDELING B:            30

                                                                              TOTAAL:        150

                                          EINDE

## Related documents

- [GEOGRAPHY P2 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr12-qp-sept2022-afrikaans-final/b91dfe1d-9155-431b-92ca-f03d443a7a31) — Geography · QP · 2022 · Afr
- [Grade 12 NSC Geography P2 (Afrikaans) Preparatory 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-geography-p2-afrikaans-preparatory-2017-question-paper/4ad8597c-c5bb-4d9d-9fae-73ba178541c8) — Geography · QP · 2017 · Afr
- [GEOGRAPHY P2 GR12 MEMO SEPT2022 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr12-memo-sept2022-afrikaans-final/5c09b0e9-7425-4953-aef8-2f62807e265c) — Geography · Memo · 2022 · Afr
- [GEOGRAPHY GR12 QP JUNE 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-gr12-qp-june-2022-afrikaans/36b731da-d306-4290-8182-9cb2db76db85) — Geography · QP · 2022 · Afr
- [GEOGRAFIE P2 GR12 QP SEPT 2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geografie-p2-gr12-qp-sept-2020-afrikaans/55a61323-7634-4636-8d3b-14abf69a0a0d) — Geography · QP · 2020 · Afr
- [GEOGRAPHY P2 GR12 QP SEPT 2019 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr12-qp-sept-2019-afrikaans-final/850a190f-af73-4b51-a4a5-75fcef5ac912) — Geography · QP · 2019 · Afr

## More from Grade 12 Geography

- [Geography P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/164c2c1c-f5c3-4207-9e0d-0dc315f4a347) — Memo · 2025 · Afr
- [Geography Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/geography-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/d3fb5096-88f5-455c-a06f-c49c6b862f25) — Memo · 2025
- [GEOGRAPHY P2 GR12 MEMO SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr12-memo-sept2024-afrikaans/27e1dff3-4bfc-418a-bfa5-07cebbe45d62) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 12 Geography P2 (Afrikaans) 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-geography-p2-afrikaans-2024-possible-answers/e19dd834-ffaf-4fe6-a8a4-9ee8f8597c29) — Memo · 2024 · Afr
- [Geography P1 May-June 2024 MG Afr.docx](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-geography-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/e693e9b0-f83c-4f6b-b799-09552d4dcf53) — Memo · 2024 · Afr
- [2023 KZN Prelim P1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/2023-kzn-prelim-p1-memo/2556a9a4-272d-4f3d-91da-8232c4b2e6b3) — Memo · 2023

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
