# History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2016 Addendum (Afr)

> Grade 12 History Paper 2 addendum from the Eastern Cape Mock Exam 2016 (Afrikaans), 13 pages. Read online or get the free PDF download.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr12-hist-p2-s16-addendum-afr/3c37aa33-2710-45c9-9054-d01c2dab7bb9
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Document type: Addendum
- Year: 2016
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2016 Addendum (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr12-hist-p2-s16-addendum-afr/3c37aa33-2710-45c9-9054-d01c2dab7bb9)

## About this document

History · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2016. Addendum, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

          NASIONALE
      SENIOR SERTIFIKAAT

            GRAAD 12

       SEPTEMBER 2016

        GESKIEDENIS V2
          ADDENDUM

                *HISTA4*

   Hierdie addendum bestaan uit 12 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                               GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                        (EC/SEPTEMBER 2016)

    VRAAG 1:         WATTER IMPAK HET DIE SWARTBEWUSSYNSFILOSOFIE OP
                     SUID-AFRIKAANSE STUDENTE IN DIE 1970’s GEHAD?

    BRON 1A

    Hierdie uittreksel fokus op die invloed wat die Swartbewussynsfilosofie gehad het op die
    Soweto-opstand van 1976. Dit was in 1978 geskryf deur John Kane-Berman, wat ŉ lid van
    die SR aan die Universiteit van die Witwatersrand was.

    Een van die belangrikste faktore wat die nuwe gees van selfgelding (selfvertroue) wat so
    duidelik onder die swart jeug in baie dele van die land was verduidelik, is die groei van
    die Swartbewussynfilosofie. Dit is een van die belangrikste ontwikkelings in Suid-Afrika in
    die afgelope jaar ... Omstreeks dieselfde tyd, het swart studente, ná baie selfondersoek,
    weggebreek van die veelrassige maar wit-gedomineerde National Union of South African
    Students (NUSAS) om die Suid-Afrikaanse Studente-organisasie (SASO) te vorm.
    Daarna is talle organisasies wat Swartbewussyn bevorder het, gevorm, insluitende die
    Suid-Afrikaanse Studente beweging (SASM) onder skoolkinders en die Black People’s
    Convention (BPC), ŉ politieke organisasie, waarvan Steve Biko die ere-president was tot
    op daardie tydstip van sy dood...

    Die mate van getrouheid (lojaliteit) aan SASM en die mate waarin skoolkinders in die
    algemeen, met die Swartbewussyn identifiseer is nie geredelik meetbaar nie. Weereens,
    wil dit voorkom asof die impak op beide Swart en Kleurlingskoolgangers, en veral op hul
    leiers, baie groot was. ŉ Klein, maar beduidende voorbeeld van hoe swartes se
    selfbeelde verander het en van hul groeiende gereedheid om op te tree is verskaf deur
    leerlinge by ŉ Kleurling hoërskool in die Kaap. In November 1976 het meer as 100 van
    die 180 leerlinge ŉ eksamen oor ŉ boek genaamd Swart Pelgrim deur FA Venter
    geboikot. In die verlede het hulle nie beswaar gemaak teen hierdie boek nie, maar nou
    het hulle gesê dat dit bevooroordeeld was omdat dit swartes in ŉ minderwaardige lig
    gestel het, en dat dit frustrerend en vernederend was. Die enigste goeie ding oor dit was
    dat dit gewys het hoe blankes die swartes uitgebuit het. Die studente het afskrifte van
    die boek opgeskeur en verbrand.
                                   [Vanuit: SOWETO Black Revolt, White Reaction deur J Kane-Berman]

    BRON 1B

    Die volgende is ŉ uittreksel van Steve Biko se kommentaar oor die rol van die filosofie
    van Swartbewussyn tydens die Soweto-opstand.

    Waar is die bewyse van steun onder die jonger geslag vir Swartbewussyn? In een woord:
    Soweto! Die vrymoedigheid, toewyding, doelgerigtheid, en die duidelikheid van die
    ontleding van die situasie – al hierdie dinge is beslis ŉ gevolg van die
    Swartbewussynsidees onder die jong generasie in Soweto en elders. Maar dit kan nie
    gemeet word. Die mag van ŉ beweging lê in die feit dat dit inderdaad die gewoontes van
    mense kan verander. Hierdie verandering is nie die gevolg van dwang nie, maar van
    toewyding, van morele oortuiging. Dit is wat deur gedring het tot die jong mense. Hulle
    besef dat ons nie slegs die blote brood-en-botter kwessies hanteer nie.

                             [Vanuit: Steve Biko Speaks for Himself in News and Letters, November 1977]

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016)         GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                                       3

  BRON 1C

  Hierdie foto toon aan hoe studente opmars in Soweto op 16 Junie 1976.

               DO NOT WANT                    TO HELL WITH
               AFFRIKAANS /                    AFRIKAANS /

           WIL NIE AFRIKAANS                   HEL TOE MET
                 HÊ NIE                         AFRIKAANS
                                               [Vanuit: South Africa 1948 – 1994 deur M Roberts]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                              GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                     (EC/SEPTEMBER 2016)

    BRON 1D

    Hierdie is ŉ uittreksel uit ŉ toespraak deur president Nelson Mandela by die herdenking
    van die twintigste herdenking van Steve Biko se dood in Oos-Londen op 12 September
    1997.

    Ons is hier vergader om hulde te bring aan een van die grootste seuns van ons nasie,
    Stephen Bantu Biko. Sy hoop in die lewe, en sy lewe van hoop, is vasgevang in sy
    klinkende woorde, 'In tyd, sal ons in staat wees om aan Suid-Afrika die grootste
    moontlike geskenk te gee - ŉ meer menslike gesig.’

    Geskiedenis het Steve Biko opgeroep op ŉ tyd toe die politieke pols van ons mense
    verswak was deur verbanning, tronkstraf, ballingskap, moord en verbanning.
    Onderdrukking het die land skoongevee van alle sigbare menslike organisasies.

    Van die begin af, het swartbewussyn homself verwoord as ŉ “houding van gees, ŉ
    manier van lewe’ ... dit het die vasberadenheid van beide leiers en die massas gevuur.
    Die dryfkrag van Swartbewussyn was om trots en eenheid te bewerkstellig onder al die
    verdruktes, om die strategie van verdeel-en-heers omver te werp, om trotsheid onder ons
    mense voort te bring en vertroue in hul vermoë te bring om van hul onderdrukking
    ontslae te raak. Een van die grootste nalatenskap van die stryd wat Biko gevoer – en
    waarvoor hy gesterf het – was die ontploffing van trots onder die slagoffers van
    apartheid.

    ... Dit is dan ŉ gelukkige sameloop van die geskiedenis dat Steve Biko vereer word met ŉ
    brons standbeeld, deur Naomi Jacobson ... die finansiële koste van die standbeeld was
    geanker deur mense in die kreatiewe veld, insluitend Denzel Washington, Kevin Kline
    (Amerikaanse film-ikone) en Richard Attenborough, wat onthou sal word vir die film op
    Biko, 'Cry Freedom’. Nog ŉ bydraer is Peter Gabriel, wie se liedjie “Biko” gehelp het om
    die vlam van anti-apartheid solidariteit aan die lewe te hou.

    Ons is vol vertroue dat deur die verkryging van ŉ nuwe en voorspoedige nasie, ons die
    stryd sal voortsit waarin Steve Biko die hoogste prys betaal het. Ons hoop dat met die
    onthulling van hierdie standbeeld, die herbenoeming die brug en die verklaring van sy
    huis in Ginsberg tot nasionale monument, ons ons eie nederige bydrae tot die verewiging
    van sy lewe ma.

                       [Vanuit: www.anc.org.za/show.phd?id=3148. Toegang verkry op 25 April 2016.]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016)              GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                                          5

  VRAAG 2:            HOE HET DIE WAARHEID-EN-VERSOENINGSKOMMISIE (WVK)
                      MET DIE VERLEDE GEDEEL?

  BRON 2A

  Hierdie bron is geneem vanuit ŉ adres deur die voormalige president van Suid-Afrika,
  Thabo Mbeki. Dit was gehou op die 10de herdenking van die WVK op Vryheidspark,
  Tshwane.

  In ons land val hierdie moeilike taak om die afgeweke elemente te versoen en hulle saam
  te laat staan in ons samelewing op die skouers van die WVK.

  Deur dit te doen, moes hulle self die verskrikkinge, die pyne, die ellendes, beroering
  (bekommernisse) en lusteloosheid (toestand van fisiese of geestelike moegheid) ervaar
  wat die slagoffers en die families van die slagoffers van die misdaad van apartheid deur
  gegaan het. Hulle moes ook hulself in die posisie van die oortreders van growwe
  menseregte skendings plaas, wat werklik berou en spyt betoon het en bereid was om
  vergifnis te vra en sodoende ons samelewing help om vorentoe te beweeg.

  Hierdie verskrikkinge, pyne en ellendes, wat vir ŉ vergewende gees blyk asof dit lank
  gelede gebeur het, het ŉ dekade gelede plaasgevind. Gelukkig, omdat ons mense
  toegerus is met die gees van Ubuntu sal ons voortgaan met die moontlikheid om ŉ
  verenigde, nie-rassige en nie-seksistiese samelewing te bou …

  Soos ons bewus is oor die afgelope jaar, het die regering stappe geneem om die
  aanbevelings van die WVK te implementeer. Dit sluit in vergoeding aan slagoffers, in die
  vorm van:

  •    Toekennings en beurse
  •    Die skepping van herdenking simbole en monumente soos die Vryheidspark
  •    Die waardige herbegrafnisse van slagoffers van apartheid
  •    Maatskaplike pensioen en behuising

            [Vanuit: www.dfa.gov.za/docs/speeches/2005/mbeki1216.htm. Toegang verkry op 27 April 2016.]

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                  GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                          (EC/SEPTEMBER 2016)

    BRON 2B

    Hierdie is ŉ foto van Joyce Mtimkulu, die moeder van Siphiwo Mtimkulu. Sy het ŉ gedeelte
    van Siphiwo se hare vir meer as 20 jaar gehou.

             SIPHIWO SE HARE
           Vanuit: Truth and Lies: Stories from the Truth and Reconciliation Commission in South Africa, deur
                                                                                                 J Edelstein]

Kopiereg voorbehou                                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016)             GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                                          7

  BRON 2C

  Dit is ŉ uittreksel vanuit ŉ koerantartikel wat in die Daily Dispatch (ŉ koerant in die Oos-
  Kaap wat bekend was vir sy anti-apartheid sieninge). Dit was geskryf tydens die tyd van
  die amnestieverhore van die veiligheidspolisie-amptenare wat betrokke was by Siphiwo se
  moord.

                      Familie stort ineen by WVK verhoor
  Port Elizabeth – Chaos het gister uitgebreek by    Die verhoor het sowat 15 minute later hervat
  die WVK verhoor in New Brighton toe die            toe Mev. Mtimkulu en Aleuta – wie uitgeput en
  moeder, dogter en seun van die vermoorde           moeg voorgekom het – herverskyn en in die
  aktivis Siphiwo Mtimkulu in een gestort het toe    voorste ry gaan sit het. Daar word geglo dat ŉ
  ŉ voormalige veiligheids polisieman getuienis      lid van die verdediging klaarblyklik gesê het dat
  gelewer het.                                       “ dit was 15 jaar en nou eers wil hulle f*kken
  Polisie moes ŉ woedende skare terug druk toe       huil”.
  hulle die verhoog, waar die bejaarde               Gen. Van Rensburg het aan die
  Mev. Joyce Mtimkulu en tieners Aleuta en           amnestiekomitee gesê dat hy blatant gelieg het
  Sikumbuzo op die vloer gelê en huil het, wou       voor die Harmskommissie in 1990 toe hy
  bestorm. Dit het gebeur toe Generaal Nic van       ontken het dat hy geen kennis gedra het van die
  Rensburg die WVK vertel het hoe Mnr.               dood van Mnr. Mtumkulu in 1982 nie. Mev.
  Mtimkulu in die agterkop geskiet was en op ŉ       Mtimkulu het verlede jaar getuig oor haar seun,
  stapel gesit was om te brand. Die hard huilende    en gepleit dat sy oorskot oorgegee moes word
  Sikumbuzo moes van die verhoor af gedra            vir ŉ ordentlike begrafnis. Haar hare het
  word.                                              sneeuwit geraak sedert haar laaste verskyning.
  Die rustelose gehoor in die Centenary-saal het     Kol. Du Plessis en Gen. van Rensburg het
  sirkels gevorm, getoi-toi en vryheidsliedere       skuldig gepleit op die ontvoering en skiet van
  gesing terwyl Gen. Van Rensburg, wie gister        Mnr. Madaka en Mnr. Mtimkulu op 14 April
  erken het dat hy vir die Harms Kommissie           1982 op die bevel van Gen. Erasmus.
  gelieg het in 1990 oor die moorde op Mnr.          Kol. Nieuwoudt het ook erken dat hy betrokke
  Mtimkulu en Mnr. Topsy Madaka, die verhoog         was by die moorde.
  verlaat het.
  Hy het getuienis gelewer oor die skietery op die
  aktiviste in die Cradock-distrik in 1982.

                                                               [Vanuit: The Sowetan, 23 Augustus 1996

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                            (EC/SEPTEMBER 2016)

    BRON 2D

    In Graeme Simpson se artikel, Tell No Lies, Claim No Easy Victories: A brief evaluation
    of South Africa’s Truth and Reconciliation Commission, praat hy oor twee mense wat
    voor die WVK getuig het.

    Mev Mlangeni – die moeder van Bheki Mlangeni

    – wie se seun doodgemaak was deur ŉ bom wat geplant was deur die Suid-Afrikaanse
    Veiligheidstak in die oortoestel van sy Walkmankassetspeler. Ten spyte van haar status
    as ŉ oorlewende het Mev Mlangeni haarself as dood beskryf toe sy sê: ‘Julle het een lid
    van my familie doodgemaak en nou is die hele familie dood …. Soos ons nou dood is.’

    Mnr. Sithole – die vader van ŉ ANC-guerrilla wat gedood is tydens diens/aksie

    – het terselfdertyd geen melding gemaak van vergifnis nie. Hy het erken dat sy seun ŉ
    voormalige vegter was – en hy het geen verrassing of woede uitgebeeld teenoor die feit
    dat hy vermoor was nie: ‘Ek verstaan waarom hy vermoor was. Hy het geveg vir dit wat
    ons vandag het, demokrasie, verandering.’ Maar Mnr Sithole het verder gesê: ‘Wat ek wil
    hê, is dat die wêreld moet weet dat die mense waarvoor hy geveg het nou in posisies van
    ware mag is en dat ek niks is nie. Wat sal hulle nou vir my doen’

                  [Vanuit: http://www.csvr.org.za/wits/articles/artcyal.htm. Toegang verkry op 27 April 2016.]

Kopiereg voorbehou                                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016)               GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                                            9

  VRAAG 3:            WAT WAS DIE IMPAK VAN GLOBALISASIE OP DIE LEWENS VAN
                      GEWONE MENSE IN DIE NUWE WÊRELD-ORDE?

  BRON 3A

  Hierdie bron verduidelik die voordele van globalisasie deur handel wat ŉ manier vir lande
  was om goedere en hulpbronne te verruil.

  Globalisering kan alle lande, ryk of arm, bevoordeel indien daardie land bereid is om oop
  te wees vir internasionale handel. Hulle moet nie net oop wees vir wêreldmarkte nie,
  maar hulle moet dit op ŉ strategiese manier doen gebaseer op hoe hulle land regeer
  word ten einde voordeel daaruit te trek vanuit handel. Deur globalisering presies op
  dieselfde manie te praktiseer, deur ŉ stel regulasies kan tot die ekonomiese ondergang
  van ŉ land lei. Deur die beste manier te kies om met internasionale handel betrokke te
  raak, kan ŉ land ekonomies sowel as sosiaal groei. Deur gebruik te maak van ŉ land se
  vergelykende voordeel, of wat hulle kan produseer teen ŉ laer geleentheidskoste as
  ander lande, kan hulle al die voordele van handel kry. As elke land ŉ vergelykende
  voordeel sou hê beteken dit dat almal kan voordeel trek uit handel. Daar is merkwaardige
  bewyse dat globalisering lande help ŉ hoër inkomste of ŉ hoër BBP uit te brei en te
  bereik. Navorsing was gedoen op nasionale inkomste regoor die wêreld gedurende die
  1990’s en resultate het getoon dat die inkomste van ŉ ryk geglobaliseerde lande met 2%
  per jaar vermeerder het. Die resultate toon ook dat swak, meer geglobaliseerde lande ŉ
  hoër styging in inkomste per jaar het as arme, minder geglobaliseerde lande. Eintlik,
  volgens hierdie navorsing, het die arme, meer geglobaliseerde lande ŉ toename in
  inkomste van 5% per jaar, terwyl die arme, minder geglobaliseerde lande ŉ afname van
  1% per jaar het. Aan die ander kant, word daar voorgestel dat daar ŉ groot gaping tussen
  die rykes en die armes is. In 1960 was die gemiddelde inkomste van die rykste 20 lande
  15 keer hoër as die armste 20 lande. Vandag is die inkomste van die rykste 20 lande 30
  keer hoër.

           [Vanuit: http://www.edu-mthong/benefits of globalisation.htm#. Toegang verkry op 27 April 2016.]

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                         (EC/SEPTEMBER 2016)

  BRON 3B

  Hierdie foto wys ŉ demonstrasie wat in November 2006 gehou was teen die IMF en die
  Wêreldbank.

                                      Gaan na die hel met julle hulp

     Vanuit: http://1123.photobucket.com/albums/o319/vegan0wer/S2010133.ipg&ipg&imgrefurl=http:news.inf
                                                  oshop.org/article.php. Toegang verkry op 27 April 2016.]

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016)             GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                                              11

  BRON 3C

  Die bron beskryf die impak van globalisering van lande regoor die wêreld. Dit verduidelik
  die verhouding tussen die IMF, Wêreldbank en die WHO, en hoe hulle die ekonomies
  van die lande regoor die wêreld beïnvloed het.

  Die IMF, Wêreldbank en die WTO werk saam in ŉ ysterdriehoek om die korporatiewe
  plan van privatisering, deregulering (verwydering van beheer), en “vrye”-handel uit te
  voer. Hoewel die Wêreldbank en die IMF oorspronklik gestig was om deel te wees van
  die Verenigde Nasies, was hulle altyd beheer deur bankiers en ekonome van die
  Verenigde State van Amerika en Europa.

  Terwyl hulle uiterlik ekonomiese groei, finansiële stabiliteit en ontwikkeling bevorder, het
  die Wêreldbank en die IMF meer as 60 lande gedwing om hul woude, minerale, visserye,
  landbougrond, arbeidsmag en finansiële markte vir buitelandse beleggers oop te stel.
  Hulle het binnelandse behoeftes soos plaaslike gemeenskappe en binnelandse sake, die
  beskerming van werkers, vroue, gemarginaliseerde mense geïgnoreer, asook die
  beperkings op die vermoë om die natuur te ontgin en te besoedel.

  Lande word gedwing om hul ekonomieë te erken om te produseer vir uitvoere ten einde
  die harde valuta te genereer wat nodig is om lenings af te betaal van onverantwoordelike
  leners soos die Wêreldbank en die IMF. In plaas daarvan om voedsel te verbou vir
  plaaslike verbruik, byvoorbeeld, voer lande nou luukse gewasse uit soos sneeu-ertjies in
  tye van hongersnood en voedseltekorte. Beskerming vir inheemse mense, werkers en
  die omgewing word opgeoffer om buitelandse beleggings te lok.

                                           [Vanuit: History for all, Grade 12, deur E Brink, M Malinga et al]

  BRON 3D

  Hierdie bron beklemtoon die lewensomstandighede in Mumbai, Indië. Dit was in Julie 2011
  gepubliseer.

                        [Vanuit: www.poverties.org/poverty-in India.html. Toegang verkry op 27 April 2016]

Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                               GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                   (EC/SEPTEMBER 2016)

  ERKENNINGS

  Brink, E et al 2012 Solutions for all History Grade 12 Macmillan SA

  Daily Dispatch 25 September 1995

  Dlamini N et al 2007 Shuter’s History. Shuter & Shooter Publishers LTD

  Edelstein, J 2005 Truth and Lies: Stories from the Truth and Reconciliation Commission in South
  Africa

  http://1123.photobucket.com/albums/o319/vegan0wer/S2010133.ipg&ipg&imgrefurl

  http://www.csvr.org.za/wits/articles/artcyal.htm

  http://www.edu-mthong/benefitsofglobalisation.htm#The Benefits of Globalisation

  http://www.toonpool.com/cartoons/Globalisation_30593#img9

  http://yaleglobal.yale.edu/content/globalization-you-cant-stop-life

  Kane-Berman, 1978.Soweto Black Revolt, White Reaction

  Steve Biko Memorial Lectures 2000-2008. 2009,Macmillan SA

  www.anc.org.za/show.phd?id=3148

  www.dfa.gov.za/docs/speeches/2005/mbeki1216.htm

  www.poverties.org/poverty-in India.html

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com

## Related documents

- [Gr12 HIST P2 S16 QP Eng](https://www.hlayiso.com/library/gr12-hist-p2-s16-qp-eng/f7730ddc-8b15-401a-a609-87d42709fe80) — History · QP · 2016 · Eng
- [Hist P2 Addendum Eng](https://www.hlayiso.com/library/hist-p2-addendum-eng/b2bcc326-318a-41a5-b678-9d4ff222da43) — History · Addendum · 2016 · Eng
- [History P2 Nov 2016 Addendum Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2016-addendum-afr/809cfc97-bcdd-427e-b688-04a75940b593) — History · Addendum · 2016 · Afr
- [History P2 Nov 2016 Addendum Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2016-addendum-eng/f3a2388d-32ff-4021-9e42-89049df3585a) — History · Addendum · 2016 · Eng
- [History P2 Feb March 2016 Addendum Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-feb-march-2016-addendum-afr/6a196821-c522-4441-9d67-c264e9c098da) — History · Addendum · 2016 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2023 Sesotho](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept-2023-sesotho/478b2586-d05f-4248-a960-3b5c744dc151) — History · Addendum · 2023 · Sesotho

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [History P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2025-mg-eng/9e0f813e-e888-4061-a259-20b4dbe98907) — Memo · 2025 · Eng
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 MEMO GR12 SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-sept2024-afrikaans/49472cc4-f28c-41d3-b6c4-2623ae0611e3) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 QP SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-qp-sept-2024-afrikaans/8367f672-7028-4e67-a52a-705b946b5122) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
