# History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2016 Memo (Afrikaans)

> Grade 12 History Paper 2 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2016 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr12-hist-p2-s16-memo-f-afr/5ed2a471-26b1-457e-9aa7-daa8d6e1a445
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2016
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2016 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/gr12-hist-p2-s16-memo-f-afr/5ed2a471-26b1-457e-9aa7-daa8d6e1a445)

## About this document

History · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2016. Memorandum, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                    SENIOR SERTIFIKAAT

                         GRAAD 12

                    SEPTEMBER 2016

                     GESKIEDENIS V2
                      MEMORANDUM

PUNTE:   150

               Hierdie memorandum bestaan uit 17 bladsye.

### Page 2

2                                    GESKIEDENIS V2                        (EC/SEPTEMBER 2016)

 1.     BRONGEBASEERDE VRAE

 1.1    Die volgende kognitiewe vlakke is gebruik om brongebaseerde vrae te
        ontwikkel:

                                                                        GEWIGSTOE-
        KOGNITIEWE
                               HISTORIESE VAARDIGHEDE                   KENNING VAN
          VLAKKE
                                                                           VRAE
                              Onttrek inligting uit bronne
            VLAK 1            Selektering en organisasie van                 30%
             (V1)             relevante inligting uit bronne                (15)
                             Definieer historiese begrippe/terme
                              Interpretasie van bewyse uit bronne
            VLAK 2                                                          40%
                              Verduidelik inligting verkry uit bronne
             (V2)                                                           (20)
                              Analiseer bewyse uit bronne
                             Interpreteer en evalueer bewyse uit
                             bronne
                             Skakel met bronne om bruikbaarheid,
                             betroubaarheid, eensydigheid en
            VLAK 3                                                           30%
                             beperkings vas te stel
             (V3)                                                           (15)
                             Vergelyk en kontrasteer
                             interpretasies en perspektiewe in die
                             bronne en kom tot onafhanklike
                             gevolgtrekkings

 1.2    Die inligting hieronder dui aan hoe brongebaseerde vrae geassesseer
        word:

            By die nasien van brongebaseerde vrae moet krediet gegee word vir
            enige ander geldige en toepaslike standpunte, argument, bewyse of
            voorbeelde.
            Met die toekenning van punte moet aandag gegee word aan hoe daar
            aan die vereistes van die vraag voldoen is.
            In die nasienriglyn word die vereistes van die vraag (vaardighede
            waaraan aandag gegee moet word) sowel as die vlak van die vraag in
            kursiefgedrukte skrif aangedui.

 1.3    Assesseringsprosedures vir brongebaseerde vrae
           Gebruik 'n regmerk ( ) vir elke korrekte antwoord
           Gee aandag aan die puntetoekenning bv. (2 x 2) wat neerkom op twee
           redes en word twee punte elk toegeken (          ); (1 x 2) wat neerkom
           op een rede en twee punte toegeken word (      )
           Indien 'n vraag 4 punte tel word 4 regmerke (         ) aangedui.

        Paragraafvraag
        Paragrawe behoort globaal (holisties) geassesseer te word. Beide die
        inhoud en die struktuur van die paragraaf moet in berekening gebring word
        wanneer punte toegeken word. Die volgende stappe moet gebruik word
        wanneer ŉ antwoord op ŉ paragraafvraag geassesseer word:
           Lees die paragraaf en plaas ŉ kolpunt ( . ) by elke punt binne-in die teks
           waar die kandidaat relevante bewyse gebruik het om die vraag te
           beantwoord.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/SEPTEMBER 2016)                  GESKIEDENIS V2                                        3

           Lees die paragraaf weer om die mate te evalueer waarin die kandidaat in
           staat was om relevante bewyse te gebruik om die paragraaf te
           beantwoord.
           Maak regmerkies (√) wat aan die kandidaat toegeken is vir die paragraaf
           aan die einde van die paragraaf; sowel as die vlak (1, 2 of 3) soos
           aangedui in die holistiese rubriek en gee ŉ kort kommentaar bv.
           ___________ . __________________________ . __________________
           _________________ . ____________________________ . __________
                      √√√√
        Vlak 2
        Gebruik meestal relevante bewyse om die paragraaf te skryf

            Tel al die regmerke vir die brongebaseerde vrae op en skryf dan die punt
            aan die regterkantse onderste kantlyn, bv. 32
                                                       50

            Maak seker dat die totale punte akkuraat na die buiteblad van die
            antwoordeboek oorgedra word.

 2.     OPSTELVRAE

 2.1    Die opstelvrae vereis dat kandidate:
           In staat sal wees om hul argument op ŉ logiese en samehangende wyse
           te stel. Hulle moet die relevante inligting kan selekteer, organiseer en
           bymekaarvoeg sodat dit vir hulle moontlik sal wees om ŉ redelike reeks
           feite of ŉ effektiewe argument te kan weergee om sodoende die gestelde
           vraag te beantwoord. Dit is noodsaaklik dat ŉ opstel ŉ inleiding, ŉ
           samehangende en gebalanseerde liggaam van bewyse en ŉ slot het.

 2.2    Nasien van opstelvrae
          Nasieners moet daarop let dat die inhoud van die antwoord gelei sal word
          deur die handboeke wat by ŉ spesifieke sentrum gebruik is.
          Kandidate mag enige ander toepaslike inleiding en/of samevatting hê as
          dit wat ingesluit is by ŉ riglyn vir nasien van ŉ spesifieke opstel.
          By die assessering van die oop brongebaseerde vrae moet kandidate
          krediet kry vir enige ander relevante antwoord.

 2.3    Globale assessering van ŉ opstel
        Die opstel skryfwerk sal holisties (globaal) geassesseer word. Hierdie
        benadering vereis dat die onderwyser die totale produk as ŉ geheel sal
        bepunt sonder om die samestellende dele individueel te bepunt. Hierdie
        benadering moedig die leerder aan om ŉ individuele mening aan te bied
        deur gebruik te maak van geselekteerde feitelike bewyse om ŉ argument te
        ondersteun. Daar sal nie van die leerder verwag word om slegs 'feite' neer
        te skryf om ŉ beter punt te behaal nie. Hierdie benadering sal leerders ook
        ontmoedig om 'model-antwoorde' voor te berei en te reproduseer sonder om
        die spesifieke vereistes van die vraag in ag te neem. Holistiese nasien van
        opstelle gee krediet aan leerders se mening, ondersteun deur bewyse.
        Anders as by inhoudsgebaseerde nasien, word leerders met holistiese
        assessering nie vir ontoereikende taalgebruik gepenaliseer nie, aangesien
        die klem op die volgende val:

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

4                                     GESKIEDENIS V2                         (EC/SEPTEMBER 2016)

              Die konstruksie/daarstelling van ŉ argument
              Die toepaslike seleksie van feitelike bewyse om sodanige argument te
              ondersteun
              Die leerder se interpretasie van die vraag.

 2.4    Assesseringsprosedures vir die opstel

        2.4.1 Hou die sinopsis in gedagte wanneer die skryfwerk nagesien word.

        2.4.2 Tydens die deurlees van die skryfwerk moet regmerkies toegeken
              word vir ŉ relevante inleiding (aangedui met ŉ kolpunt ('bullet') in die
              nasienriglyne/memorandum), vir elke hoofmoment/aspek wat volledig
              gekontekstualiseer is en ŉ relevante slotopmerking (aangedui met ŉ
              kolpunt in die nasienriglyn/memorandum) bv. ŉ antwoord waar daar 5
              hoofpunte is, sal daar dus 7 regmerkies wees.

        2.4.3 Die volgende addisionele simbole kan ook gebruik word:
                 Inleiding, hoofaspekte en slotopmerking nie behoorlik
                 gekontekstualiseer nie
                 Verkeerde stelling
                 Irrelevante stelling

                     Herhaling                                                    R
                     Analise                                                      A√
                     Interpretasie                                                I√

 2.5    Die matriks

        2.5.1     Gebruik van die matriks vir die assessering van opstelle

                  By die nasien van opstelle, moet die kriteria gebruik word wat in die
                  matriks voorsien word. Tydens die assessering van ŉ opstel moet
                  beide die inhoud en die aanbieding in ag geneem word. ŉ Punt word
                  toegeken by die snypunt van die inhoud en aanbieding, gebaseer op
                  die sewe vaardigheidvlakke.

        (a)       Met die eerste deurlees van die opstel word daar bepaal tot watter
                  mate die hoofmomente gedek
                  is om en die inhoudsvlak (op      I       VLAK 4
                  die matriks) vas te stel.

        (b)       Die tweede deurlees van die opstel sal die vlak (op die matriks) van
                  die aanbieding bepaal.           I         VLAK 4
                                                   A         VLAK 3

        (c)       Ken ŉ algehele punt toe met        I       VLAK 4
                  behulp van die matriks.                                       26–27
                                                     A       VLAK 3

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/SEPTEMBER 2016)                                        GESKIEDENIS V2                                                                       5

NASIEN-MATRIKS VIR OPSTEL: TOTAAL: 50
                           VLAK 7                 VLAK 6             VLAK 5          VLAK 4           VLAK 3            VLAK 2          VLAK 1
                      Baie goed beplande      Baie goed             Goed           Argument         Toon soms         Poging            Weinig of
                      en gestruktureerde      beplande en           beplande en    beplan en        bewys van ŉ       aangewend         geen poging
AANBIEDING            opstel. Goeie sintese   gestruktureerde       gestrukturee   gestruktureer.   gestruktureerd    om antwoord       om die
                      van inligting. Het ŉ    opstel. ŉ Relevante   rde opstel.    Bewyse tot ŉ     e en beplande     te struktureer.   opstel te
                      goed gebalanseerde,     argument is gevolg.   Poog om ŉ      sekere mate      argument.         Grootliks         struktureer
                      oorspronklike           Bewyse gebruik om     duidelike      gebruik om       Poog om ŉ         beskrywend of     nie.
                      argument ontwikkel      die argument te       argument te    argument te      argument vol te   poog om
                      met bewyse.             verdedig. Poog om     ontwikkel.     ondersteun.      hou.              argument te
                      Argument deurgaans      ŉ onafhanklike        Gevolgtrekki   Slotsom          Gevolgtrekking    ontwikkel.
                      volgehou en verdedig.   gevolgtrekking uit    ng gemaak      bereik op        nie duidelik      Geen poging
INHOUD                Onafhanklike            die bewyse te         uit bewyse     grond van        ondersteun        om ŉ
                      gevolgtrekking          maak om die           om die         bewyse.          deur bewyse       gevolgtrekking
                      gemaak uit bewyse       argument te           argument te                     nie.              te maak nie.
                      om die argument te      ondersteun.           ondersteun.
                      ondersteun.

VLAK 7
Vraag is ten volle
beantwoord.
Inhoudskeuse ten           47–50                  43–46
volle relevant tot
argument wat
gevolg is.
VLAK 6
Vraag is
beantwoord.
Inhoudseleksie             43–46                  40–42              38–39
relevant tot
argument wat
gevolg is
VLAK 5
Vraag grotendeels
beantwoord.                38–39                  36–37              34–35          30–33             28–29
Inhoud toereikend
en relevant.
VLAK 4
Vraag herkenbaar
in antwoord.
Sommige                                                              30–33          28–29             26–27
weglatings of
irrelevante keuse
van inhoud.
VLAK 3
Keuse van inhoud
hou verband met
vraag, maar
beantwoord dit nie.                                                                 26–27             24–25             20–23
Hou soms nie
verband met die
vraag nie.
Weglatings.
VLAK 2
Vraag
ontoereikend                                                                                          20–23             18–19           14–17
beantwoord.
Inhoud skraal.
VLAK 1
Vraag
ontoereikend
beantwoord of glad                                                                                                      14–17            0–13
nie. Ontoereikend
of irrelevante
inhoud.

*    Riglyne vir die toekenning van ŉ punt in Vlak 1:
     Vraag glad nie beantwoord nie/totaal irrelevante inhoud; geen poging om die opstel te struktureer nie = 0
     Vraag sluit basiese en algemene irrelevante inligting in; geen poging om die opstel te struktureer nie = 1–6
     Vraag ontoereikend en vaag beantwoord; klein poging om die opstel te struktureer                      = 7–13

Kopiereg voorbehou                                                                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

6                                    GESKIEDENIS V2                     (EC/SEPTEMBER 2016)

 AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

 VRAAG 1:            WATTER IMPAK HET DIE SWARTBEWUSSYNSFILOSOFIE OP
                     SUID-AFRIKAANSE STUDENTE IN DIE 1970’s GEHAD?

 1.1   1.1.1    [Verduideliking van historiese begrippe vanaf Bron 1A–V1]
                    Swartes moet trots wees op hulself
                    Swartes moet dinge vir hulself doen sonder die hulp van
                    blankes
                    Doel was om swartes bewus te maak van hul politieke,
                    ekonomiese en kulturele regte
                    Enige ander relevante antwoord                    (Enige 1 x 2)      (2)

       1.1.2    [Onttrekking van historiese bewyse vanuit Bron 1A–V1]
                    SASM
                    BPC
                    SASO                                              (Enige 2 x 1)      (2)

       1.1.3    [Verduideliking van historiese begrippe vanuit Bron 1A–V2]
                    Die boek was bevooroordeeld en het swartes in ŉ
                    minderwaardige lig geplaas
                    Dit was frustrerend en beledigend
                    Blankes het swartes uitgebuit
                    Enige ander relevante antwoord                    (Enige 1 x 2)      (2)

       1.1.4    [Interpretasie van bewyse vanuit Bron1A–V2]
                     Hulle het bewus geword van die Swartbewussynsfilosofie
                     Hulle het opgestaan vir hul regte en aangedring op gelyke
                     opvoeding
                     Wys uit die verontagsaming van Bantu Onderwys
                     Kleurling leerlinge het die eksamen op die boek Swart Pelgrim
                     geboikot
                     Hulle beïnvloed om selfstandig te wees
                     Enige ander relevante antwoord                   (Enige 2 x 2)      (4)

       1.1.5    [Interaksie met Bron 1A om die bruikbaarheid van die bron te
                bepaal–V3]
                     Dit wys die invloed van BC op die studente
                     Dit beklemtoon die opkoms van organisasies wat BC bevorder
                     Enige ander relevante antwoord                  (Enige 2 x 2)       (4)

 1.2   1.2.1    [Onttrekking van bewyse vanuit Bron B–V1]
                    vasberadenheid
                    toewyding
                    gevoel van doelgerigtheid
                    duidelikheid oor die analise van die situasie      (Enige 4 x 1)     (4)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/SEPTEMBER 2016)                   GESKIEDENIS V2                                          7

        1.2.2    [Verduideliking van bewyse vanuit Bron 1B–V2]
                     Minderwaardige opvoeding
                     Lewenskoste was hoog
                     Hou rigting/doelwitte in die lewe hê
                     Toename in huurgeld
                     Hoë werkloosheid
                     Enige ander relevante antwoord                      (Enige 2 x 2)       (4)

 1.3    1.3.1    [Onttrekking van bewyse vanuit Bron 1C–V1]
                      Die afdwinging van Afrikaans as medium van onderrig         (1 x 2)    (2)

        1.3.2    [Interpretasie van bewyse vanuit Bron 1C–V2]
                      Wys dat studente gekant was teen Afrikaans as medium van
                      onderwys
                      Wys dat leerlinge met ŉ optog begin
                      Wys dat leerlinge verenig was in hul stryd vir beter onderwys
                      Enige ander relevante antwoord                      (Enige 1 x 2)      (2)

        1.3.3    [Evaluering van betroubaarheid van Bron 1C–V3]
                     Betroubaar – primêre bron
                     Die inligting kan geverifieer word
                     Die foto lê die gebeurtenis vas soos dit gebeur het
                     Ware refleksie van die houding van die leerlinge
                     Enige ander relevante antwoord                     (Enige 2 x 2)        (4)

 1.4    1.4.1    [Interpretasie van bewyse vanuit Bron 1D–V2]
                      Alle mense sal gelyk wees
                      Land besorgd oor die menslikheid en welvaart van hul mense
                      Geen ras is meerderwaardig as ŉ ander nie
                      Einde van Apartheid
                      Enige ander relevante antwoord                  (Enige 2 x 2)          (4)

        1.4.2    [Interpretasie van bewyse vanuit Bron 1D–V2]
                      Bedreiging vir die apartheidsregime
                      Swartes beïnvloed om teen apartheid te rebelleer
                      Het Swartes, Indiërs en Kleurlinge verenig
                      Hy het die rol vervul toe die ANC verban was
                      Enige ander relevante antwoord                   (Enige 2 x 2)         (4)

        1.4.3    [Onttrekking van bewyse vanuit Bron 1D–V1]
                     die ontploffing van trots onder die slagoffers van apartheid
                                                                                 (1 x 2)     (2)

        1.4.4    [Onttrekking van bewyse vanuit die Bron 1D–V1]
                     onthulling van standbeeld
                     hernoeming van brug
                     benoeming van sy Ginsberghuis as ŉ nasionale monument(Enige 2 x(2)1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

8                                  GESKIEDENIS V2                      (EC/SEPTEMBER 2016)

 1.5   [Interpretasie en evaluering van bewyse vanuit die relevante bronne–V3]
       Kandidate moet op die volgende fokus:
            SBB het hoop en impetus gegee aan die vryheidstryd
            Dit het die selfvertroue van die jeug herstel (Bron 1A)
            Het swart trots bevorder (Bron 1B)
            SBB het leerlinge opgevoed om op te staan vir hul regte (Bron 1A)
            Bevorder eenheid in die stryd teen die apartheid regering
            As gevolg van SBB was hulle verenig in hul stryd om die kettings van
            apartheid onderdrukking te breek (Bron 1C)
            Enige ander relevante antwoord

       Gebruik die volgende rubriek vir die puntetoekenning:
                    Gebruik bewyse op ŉ elementêre manier, bv. wys
                    min of geen begrip van die impak van
                    Swartbewussyn op Suid-Afrikaanse student in die           PUNTE
       VLAK 1
                    1970’s                                                     0–2
                    Gebruik bewyse gedeeltelik om oor ŉ onderwerp te
                    rapporteer, of kan nie oor ŉ onderwerp rapporteer nie
                    Bewyse is meestal relevant en verwys tot ŉ groot
                    mate na die onderwerp, bv. toon ŉ begrip van die
                                                                              PUNTE
       VLAK 2       impak van Swartbewussyn op Suid-Afrikaanse
                                                                               3–5
                    student in die 1970’s
                    Gebruik bewyse op ŉ basiese manier
                    Gebruik gepaste bewyse bv. Demonstreer ŉ
                    deeglike begrip van die impak van
                    Swartbewussyn op Suid-Afrikaanse studente in
                                                                              PUNTE
       VLAK 3       die 1970’s
                                                                               6–8
                    Bewyse verwys goed na die onderwerp.
                    Gebruik bewyse baie effektief in ŉ georganiseerde
                    paragraaf wat ŉ begrip van die onderwerp wys                           (8)
                                                                                          [50]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

(EC/SEPTEMBER 2016)                  GESKIEDENIS V2                                        9

 VRAAG 2:             HOE HET DIE WAARHEID-EN-VERSOENINGSKOMMISIE
                      (WVK) MET DIE VERLEDE GEDEEL?

 2.1    2.1.1    [Onttrekking van bewyse vanuit Bron 2A–V1]
                     verskrikkinge
                     die pyne
                     ellendes
                     beroering (bekommernisse)
                     lusteloosheid (toestand van fisieke en geestelike moegheid)
                                                                    (Enige 2 x 1)         (2)

        2.1.2    [Onttrekking van bewyse vanuit Bron 2A–V1]
                     Hulle wou die samelewing help om vorentoe te beweeg
                                                                          (1 x 1)         (1)
        2.1.3    [Verduideliking van begrippe vanuit Bron 2A–V1]
                     Om vir anders te gee wat jy vir jouself wil hê
                     Om nasionale eenheid te bevorder
                     Om menslik te wees
                     Ons kan nie in isolasie leef nie
                     Ek is wat ek is deur wie ons almal is
                     Enige ander relevante antwoord                 (Enige 2 x 2)         (4)

        2.1.4    [Verduideliking van historiese konsepte vanuit Bron 2A–V1]
                     Voorsiening van hulp aan slagoffers sodat hulle kan aan
                     beweeg
                     Hulp deur die voorsiening van toekennings, beurse,
                     maatskaplike pensioen en behuising
                     ŉ Bedrag van R30 000 vir die slagoffers van
                     menseregteskendings of menseregteskendings
                     Kompensasie vir die verlies van geliefdes
                     Enige ander relevante antwoord                     (Enige 1 x 2)     (2)

 2.2    2.2.1    [Interpretasie van bewyse vanuit Bron 2B–V2]
                      Sy wou die waarheid oor haar seun se dood hoor
                      Sy wou die oortreders sien
                      Sy wou afsluiting kry
                      Enige ander relevante antwoord                 (Enige 2 x 2)        (4)

        2.2.2    [Interpretasie van bewyse vanuit Bron 2B–V2]
                      Sy het nie sy liggaam/oorskot gehad om hom te begrawe nie –
                      slegs sy hare
                      Dus die enigste herinnering van haar seun wat sy gehad het
                      Sy wou weet wie haar seun leed aangedoen het
                      Die hare kon gebruik word as bewyse
                      Enige ander relevante antwoord                    (Enige 1 x 2)     (2)

 2.3    2.3.1    [Onttrekking van bewyse vanuit Bron 2C–V1]
                     Geskiet in sy agterkop
                     Op ŉ brandstapel geplaas om te brand               (Enige 1 x 1)     (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

10                                   GESKIEDENIS V2                        (EC/SEPTEMBER 2016)

        2.3.2   [Onttrekking van bewyse vanuit Bron 2C–V1]
                    Kol. du Plessis
                    Gen. van Rensburg                                           (2 x 1)     (2)
        2.3.3   [Interpretasie van bewyse vanuit Bron 2C–V2]
                     Harmskommissie was deur die Nasionale Party aangewys
                     Hy het gevoel dat hy reg was met dit wat hy gedoen het
                     Hy het nie verwag dat getuienis sou lewer voor die WVK nie
                     Hy wou amnestie kry
                     Hy het voor die kommissie gelieg aangesien hy geweet het dat
                     hulle nie die saak verder sou voer nie/hy sou nie tronk toe gaan
                     nie
                     Enige ander relevante antwoord                      (Enige 2 x 2)      (4)
        2.3.4   [Onttrekking van bewyse vanuit Bron 2C–V1]
                    Hy het die ontvoering en skiet van Mnr. Madaka en
                    Mnr Mtimkulu op April 14, 1982 erken                        (1 x 2)     (2)
        2.3.5   [Interpretasie van bewyse vanuit Bron 2C–V2]
                     Toe haar seun sterf was haar hare swart
                     Na 20 jaar het haar hare grys/wit geword
                     Dit wys dat dit haar 20 jaar geneem het om afsluiting te vind
                     Enige ander relevante antwoord                     (Enige 2 x 2)       (4)
 2.4    [Vergelyking van bewyse vanuit Bronne 2A en 2C–V3]
            2A – praat van pyne, verskrikkinge en ellendes wat slagoffers moes lei
            2C – ondersteun toe Mev. Mtimkulu ineengestort het nadat sy die lyding
            tydens die verhoor herleef het
            2A – oortreders vra vir amnestie deur spyt te toon
            2C – Dit word ondersteun wanneer Gen. van Rensburg voor die
            amnestie-verhoor erken dat hy by die moord op Siphiwo betrokke was
             Enige ander relevante antwoord                          (Enige 2 x 2)          (4)
 2.5    2.5.1   [Onttrekking van bewyse vanuit Bron 2D–V1]
                    Suid-Afrikaanse Veiligheidstakbom, wat versteek was in die
                    oorfone van die Walkmankassetspeler, wat ontplof het     (1 x 2)        (2)
        2.5.2   [Interpretasie van bewyse vanuit Bron 2D–V2]
                     Hy is die broodwinner, en toe hy sterf het hul hoop ook daarmee
                     heengegaan
                     Hulle kan nie hul lewens sonder hom voortsit nie
                     Enige ander relevante antwoord                     (Enige 1 x 2)       (2)
        2.5.3   [Onttrekking van bewyse vanuit Bron 2D–V1]
                    “Wat kan hulle nou vir my doen”                             (1 x 2)     (2)
        2.5.4   [Evaluering van bruikbaarheid om dit te regverdig uit Bron 2D–V3]
                Bruikbaar
                    Wys die impak van die verlies van geliefdes op die oorlewendes
                    Dit wys hoe en waarom aktiviste tydens apartheid doodgemaak
                    was
                    Dit wys dat oorlewendes ŉ mate van kompensasie gesoek het
                    Enige ander relevante antwoord                     (Enige 2 x 2)        (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 11

(EC/SEPTEMBER 2016)                  GESKIEDENIS V2                                      11

 2.6    [Interpretasie, analise en sintese van bewyse vanuit bronne en eie kennis
        om eie argument te vorm–V3]

        Die WVK was suksesvol om met die verlede te deel.

             Het verhoudinge tussen wit en swart Suid-Afrikaners verbeter (Bron 2A)
             Sommige slagoffers het vergoeding vir hul verliese ontvang
             Het gehelp met die proses van nasie-bou (Bron 2B)
             Het gehelp met versoening
             Het amnestie toegestaan (Bron 2C)
             Beide konflikterende kante het kom getuig
             Baie vermiste slagoffers was geïdentifiseer, graftes was opgespoor en
             opgegrawe om ordentlik deur familie begrawe te word
             Slagoffers het uitgevind wat werklik tydens die apartheidsjare (Bron 2C)
             gebeur het
             Enige ander relevante antwoord

        Die WVK was tot in ŉ mindere mate suksesvol om met die verlede te
        deel.

             Sommige oortreders het nie voor die WVK verskyn nie (Bron 2D)
             Sommige slagoffers wou hê dat die oortreders gestraf moet word
             Sommige het die WVK as ŉ heksejag beskou (Bron 2A)
             Amnestie was kontroversieel (Bron 2D)
             Dit het ou pynlike wonde weer heropen (Bron 2B)
             Enige ander relevante antwoord

        Gebruik die volgende rubriek vir die puntetoekenning:
                     Gebruik bewyse op ŉ elementêre manier, bv. wys
                     min of geen begrip van hoe die WVK met die
         VLAK        verlede gedeel het nie                                  PUNTE
           1         Gebruik bewyse gedeeltelik om oor ŉ onderwerp te         0–2
                     rapporteer, of kan nie oor ŉ onderwerp rapporteer
                     nie
                     Bewyse is meestal relevant en verwys tot ŉ groot
         VLAK        mate na die onderwerp, bv. toon ŉ begrip van hoe        PUNTE
           2         die WVK met die verlede gedeel het                       3–5
                     Gebruik bewyse op ŉ basiese manier
                     Gebruik gepaste bewyse bv. Demonstreer ŉ
                     deeglike begrip van hoe die WVK met die
         VLAK        verlede gedeel het                                      PUNTE
           3         Bewyse verwys goed na die onderwerp                      6–8
                     Gebruik bewyse baie effektief in ŉ georganiseerde
                     paragraaf wat ŉ begrip van die onderwerp wys                          (8)
                                                                                          [50]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

12                                   GESKIEDENIS V2                      (EC/SEPTEMBER 2016)

 VRAAG 3:            WAT WAS DIE IMPAK VAN GLOBALISASIE OP DIE LEWENS
                     VAN GEWONE MENSE IN DIE NUWE WÊRELD-ORDE?

 3.1    3.1.1   [Omskrywing van konsepte vanuit Bron 3A–V1]
                   Die handel van nasionale en kulturele hulpbronne op ŉ
                   internasionale vlak met betrekking tot handel, ekonomie en
                   tegnologie
                   Proses wat wêreldwye handel bevorder
                   Enige ander relevante antwoord                     (Enige 1 x 2)       (2)

        3.1.2   [Verduideliking van bewyse vanuit Bron 3A–V1]
                    Voordeel trek vanuit handel
                    Kan ekonomies groei
                    Maatskaplik groei
                    Hoër inkomste
                    Hoër GDP
                    Enige ander relevante antwoord                     (Enige 3 x 1)      (3)

        3.1.3   [Bruikbaarheid van bewyse vanuit Bron 3A–V3]

                      Elke land kan voordeel trek uit handel
                      Lande kan uitbrei en hoër inkomste bereik
                      Kan die GDP verhoog
                      Beide ryk en arm geglobaliseerde lande kan groei
                      Enige ander relevante antwoord                   (Enige 2 x 2)      (4)

        3.1.4   [Interpretasie van bewyse vanuit Bron 3A–V2]
                     Inkomste van die rykes vermeerder in vergelyking met die van
                     die armes
                     Die rykes bly ryker en die armes word armer
                     Alhoewel daar handel tussen die ryk en arm lande is trek die
                     ryker lande altyd voordeel vanaf die armer
                     Enige ander relevante antwoord                    (Enige 2 x 2)      (4)

 3.2    3.2.1   [Interpretasie van bewyse vanuit Bron 3B–V2]
                     Hulle het finansiële hulp aan arm en onderontwikkelende lande
                     voorsien
                     Het ekonomiese hulp aan arm en onder-ontwikkelende lande
                     voorsien
                     Hierdie lande sal voorbestaan en kompeteer
                     Enige ander relevante antwoord                     (Enige 2 x 2)     (4)

        3.2.2   [Interpretasie van bewyse vanuit Bron 3B–V2]
                     Die hulp sou nie die probleme van die armes oplos nie
                     Die IMF/Wêreldbank moet hulp aan alle arm lande beskikbaar
                     stel
                     Die IMF/Wêreldbank moet nie reëls toepas vir die toekenning
                     van lenings nie
                     Arm lande kan nie die lenings terugbetaal nie en daarom raak
                     die lande wat die lenings toestaan ryker
                     Enige ander relevante antwoord                     (Enige 2 x 2)     (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

(EC/SEPTEMBER 2016)                   GESKIEDENIS V2                                        13

 3.3    3.3.1    [Onttrekking van bewyse vanuit Bron 3C–V1]
                     IMF
                     Wêreldbank
                     WHO                                                          (3 x 1)    (3)

        3.3.2    [Onttrekking van bewyse vanuit Bron 3C–V1]
                     Om die plan van privatisering deur te voer
                     Deregulasie
                     Vryhandel                                             (Enige 2 x 1)     (2)

        3.3.3    [Interpretasie van bewyse vanuit Bron 3C–V2]
                      Indien jy uitvoer, het jy meer geld om lenings af te betaal en niks
                      vir eie gebruik nie
                      Produseer luukse gewasse vir uitvoere
                      Beskerming van hul eie mense is opgegee om buitelandse
                      beleggings aan te trek
                      Enige ander relevante antwoord                        (Enige 2 x 2)    (4)

        3.3.4    [Interpretasie van bewyse vanuit Bron 3C–V2]
                      Die lande is in skuld/bankrot
                      Enige ander relevante antwoord                     (Enige 1 x 2)       (2)

        3.3.5    [Onttrekking van bewyse vanuit Bron 3C–V1]
                     Om buitelandse beleggings te lok                             (1 x 2)    (2)

 3.4    3.4.1    [Onttrekking van bewyse vanuit Bron 3D–V1]
                     gebrek aan behoorlike behuising
                     gebrek aan behoorlike klerasie
                     swak lewensomstandighede
                     Enige ander relevante antwoord                        (Enige 2 x 1)     (2)

        3.4.2    [Interpretasie van bewyse vanuit Bron 3D–V2]
                      Wêreldekonomie word gedomineer deur die ryk lande
                      Die wêreldekonomie word gedomineer deur die industriële
                      lande
                      Dit het arm lande in skuld gedompel
                      Arm lande kon nie met ryk lande meedeel nie
                      Arm lande het rou produkte na die ryker lande uitgevoer wat
                      verkoop was as ŉ klaarproduk
                      Enige ander relevante antwoord                     (Enige 1 x 2)       (2)

 3.5    [Vergelyking van Bronne 3C en 3D–V3]
             3C – lande produseer nie vir plaaslike verbruik nie
             3D – ondersteun Bron 3C want dit wys dat die mense ondervoed is
             3C – armer lande betaal hul lenings af
             3D – bewyse van swak klerasie en onvoldoende behuising
              Enige ander relevante antwoord                       (Enige 2 x 2)             (4)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 14

14                                  GESKIEDENIS V2                      (EC/SEPTEMBER 2016)

 3.6    [Interpretasie, analise, en sintese van bewyse om en eie kennis om
        oorspronklike argument te vorm]

        Kandidate moet standpunt inneem of op beide die positiewe en
        negatiewe aspekte van globalisasie fokus.

        Kandidate moet op die volgende in hul respons fokus.

        Positief
           Bring vooruitgang met “fast food chains” (Bron 3A)
           Vooruitgang in kommunikasie, vervoer en infrastruktuur
           Interaksie van kulture is moontlik gemaak (Bron 3D)
           Produseer meer uitvoere wat meer geld ingebring het, ens. (Bron 3C)
           Die globale mark is meer ontwikkel as voorheen (Bron 3C)
           Deur die IMF en WHO is internasionale handelsbeleide
           gestandaardiseer (Bron 3C)
           Enige ander relevante antwoord

        Negatief
           Ekonomies van die wêreld gedomineer deur groot maatskappye (Bron
           3D)
           Arm lande het geen toegang tot behuising, klerasie en beter
           lewensomstandighede nie (Bron 3D)
           Inheemse kulture het gelei onder die universele kulture (Bron 3C)
           Uitbuiting van natuurlike hulpbronne/Pryse van rou materiaal was
           laag/lande trek nie voordeel uit winste nie (Bron 3A)
           Uitbuiting van arbeid (Bron 3D)
           Opeenhoping van skuld deur arm lande (Bron 3A)
           Enige ander relevante antwoord

        Gebruik die volgende rubriek vir die puntetoekenning:
                     Gebruik bewyse op ŉ elementêre manier, bv. wys
                     min of geen begrip van die impak van
         VLAK        globalisasie op die lewens van gewone mense in           PUNTE
           1         die Nuwe wêreldorde                                       0–2
                     Gebruik bewyse gedeeltelik om oor ŉ onderwerp te
                     rapporteer, of kan nie oor ŉ onderwerp rapporteer nie
                     Bewyse is meestal relevant en verwys tot ŉ groot
                     mate na die onderwerp, bv. wys min of geen begrip
         VLAK                                                                 PUNTE
                     van die impak van globalisasie op die lewens van
           2                                                                   3–5
                     gewone mense in die Nuwe wêreldorde
                     Gebruik bewyse op ŉ basiese manier
                     Gebruik gepaste bewyse bv. wys min of geen
                     begrip van die impak van globalisasie op die
         VLAK        lewens van gewone mense in die Nuwe                      PUNTE
           3         wêreldorde                                                6–8
                     Gebruik bewyse baie effektief in ŉ georganiseerde
                     paragraaf wat ŉ begrip van die onderwerp wys                           (8)
                                                                                           [50]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 15

(EC/SEPTEMBER 2016)                     GESKIEDENIS V2                                     15

 AFDELING B: OPSTELVRAE

 VRAAG 4:              BURGERLIKE VERSET, 1970’s TOT 1980’s: SUID-AFRIKA: DIE
                       KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980’s

 SINOPSIS
 Kandidate moet fokus op die aanpassing van die apartheidsbeleid en die maatreëls wat
 Botha aangeneem het om nie-blankes verder te verdeel. Hulle moet wys hoe dit die
 teenoorgestelde effek gehad het en gelei het tot massiewe interne weerstand wat
 uiteindelik tot die vernietiging van apartheid sou lei.

 HOOFASPEKTE
 Kandidate moet die volgende aspekte in hul opstel aandui:

 Inleiding:           Kandidate moet aandui tot watter mate die interne weerstand die apartheid
                      regime teengestaan het in die 1980’s.

 Uitbreiding:
 Grotendeels
       Botha se Totale strategie en totale aanslag beleid
       Hervormings – 1983 nuwe grondwet en Driekamerparlement
       Totstandkoming van die UDF ('Don't vote' campaign, 'Million Signature' campaign)
       Massabetogings in Swart Townships in 1984/5
       Protesoptogte in Langa
       Skoolboikotte gelei deur COSAS in 1983 en 1985
       Gemeenskappe en die huur boikotte bv. Vaal driehoek en Soweto in 1984
       Totstandkoming van COSATU en ander werkersunies
       Wegbly-aksies in Mei-dag en NUM staking van 1987
       Verklaring van die “State of Emergency” deur die PW Botha regering
       Totstandkoming van die MDM in 1989 en die Defiance Campaign
       Die Rol van Black Sash
       Kerkorganisasies – SARK – se oproep op buitelandse maatskappye om te weier om
       die beleid van werkreservering toe te pas
       Black Sash
       SARK
       Einde van Militêre Diensplig
       Enige ander relevante antwoord

 Slot:            Kandidate moet hul argument met ŉ relevante samevatting saamvat.

 Indien kandidate aandui dat die stelling nie akkuraat is nie moet hulle hul argument
 ondersteun met relevante voorbeelde.                                              [50]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 16

16                                     GESKIEDENIS V2                      (EC/SEPTEMBER 2016)

 VRAAG 5:             DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
                      AANVAARDING VAN DIE VERLEDE

 SINOPSIS
 Kandidate moet fokus op die rolle van die NP en ANC as hoofrolspelers, maar moet ook in
 ag neem die rol wat deur Inkhata, AWB, KP en die Kommunistiese Party gespeel was.

 HOOFASPEKTE
 Kandidate moet die volgende aspekte in hul opstel aandui:

 Inleiding:          Kandidate moet aandui of hulle saam stem met die stelling of nie en
                     daarop uitbrei.

 Uitbreiding:
 Kandidate moet die volgende insluit:
     Die proses van onderhandelinge (i.e. Groote Schuur Minuut, Pretoria Minuut)
     Vasberadenheid van die ANC om die gewapende stryd te hersien
     CODESA I – ondertekening van die “Declaration of Intent” gemik op die stigting van ŉ
     nie-rassige demokratiese Suid-Afrika
     Slegs-Blanke referendum het De Klerk ŉ duidelike mandaat gegee om voort te gaan
     met onderhandelinge
     CODESA II misluk
     Verhoogde geweld (bv. Boipatong, Bhisho, ens.)
     Rekord van Verstandhouding en die hervatting van onderhandelinge/Rol van
     Ramaphosa en Meyer
     Dood van Hani en Mandela se pleidooi om vrede
     Sonsondergang-klousule
     Bestorming van die World Trade Centre
     Finale ooreenkoms bereik
     1994-verkiesing
     Enige ander relevante antwoord

 Slot:          Kandidate moet hul argument met ŉ relevante samevatting saamvat.            [50]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 17

(EC/SEPTEMBER 2016)                    GESKIEDENIS V2                                    17

 VRAAG 6:             DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN ŉ NUWE WÊRELD-
                      ORDE: DIE GEBEURE VAN 1989

 SINOPSIS
 Kandidate moet saam of teen die stelling stem en uitbrei hoe die ineenstorting van
 kommunisme beide die ANC en die NP geforseer het om vir ŉ beter toekoms vir alle Suid-
 Afrikaners te onderhandel.

 HOOFASPEKTE
 Kandidate moet die volgende aspekte in hul opstel insluit:

 Inleiding:           Kandidate moet fokus op die ineenstorting van kommunisme, die impak op
                      die ANC, die impak op die Nasionale Party, die onafhanklikheid van
                      Namibië en die onafhanklikheid van Angola.

 Uitbreiding:
 Indien kandidate saam stem met die stelling moet hulle op die volgende punte uitbrei:
      Beleid van Glasnost en Perestroika het die weg gebaan vir beide die ANC en NP om te
      hervorm
      Daar was druk van supermoondhede om ŉ vreedsame oplossing na te streef
      Die ANC moes sy posisie heroorweeg en erkenning kry vanaf Westerse lande
      Die verdwyning van Marxist-Leninistiese state en die val van die Berlynse Muur het die
      ANC geaffekteer
      De Klerk het hervorming bepleit
      USSR-ekonomie kon nie hulp na Afrika-lande en die ANC volhou nie
      Suid-Afrika se ekonomie daal in 1989
      Die ANC se stryd tot selfbestuur begin
      Die ANC en die NP moes ŉ vreedsame en werkbare oplossing vind
      Die apartheidsregering het die geleentheid aangegryp om met die ANC te onderhandel
      want die bedreiging vanaf Rusland het nie meer bestaan nie
      Beide die ANC en die NP het kennis geneem van die eksterne faktore om die land se
      toekoms te beskerm
      Onafhanklikheid van Namibië en Angola
      Enige ander relevante antwoord

 Slot:            Kandidate moet hul argument met ŉ relevante samevatting saamvat.        [50]

                                                                           TOTAAL:        150

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

## Related documents

- [Gr12 HIST P2 S16 QP Eng](https://www.hlayiso.com/library/gr12-hist-p2-s16-qp-eng/f7730ddc-8b15-401a-a609-87d42709fe80) — History · QP · 2016 · Eng
- [History P2 May June 2016 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-may-june-2016-memo-eng/c024dbbf-42d2-40d0-9d26-7bf3628ad5d3) — History · Memo · 2016 · Eng
- [HISTORY P2 GR12 SEPT2015 MEMO (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-sept2015-memo-afr/9b4b0c56-0d1c-480b-8ab5-b260d75b5222) — History · Memo · 2015 · Afr
- [Hist P2 Addendum Eng](https://www.hlayiso.com/library/hist-p2-addendum-eng/b2bcc326-318a-41a5-b678-9d4ff222da43) — History · Addendum · 2016 · Eng
- [History P2 Nov 2016 Addendum Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2016-addendum-afr/809cfc97-bcdd-427e-b688-04a75940b593) — History · Addendum · 2016 · Afr
- [History P2 Nov 2016 Addendum Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2016-addendum-eng/f3a2388d-32ff-4021-9e42-89049df3585a) — History · Addendum · 2016 · Eng

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-adden-gr12-sep-2024-afrikaans/4faf89db-d19f-40cf-891f-e87e004b0bc5) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept-2024-afrikaans/b61f3bc2-3524-48c9-af60-f3348133d582) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 QP SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-qp-sept-2024-afrikaans/8367f672-7028-4e67-a52a-705b946b5122) — QP · 2024 · Afr
- [Gr 12 History P1 (English) 2024 Question Paper X05](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-history-p1-english-2024-question-paper-x05/7b41ec15-3856-4a67-a9db-cedd424e51c5) — QP · 2024 · Eng
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-june-2024-afrikaans/e7a9d6cf-de1b-4007-b7b2-b4d762b2fa10) — Addendum · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
