# History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2016 QP (Afr)

> Grade 12 History Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2016 (Afrikaans), 8 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr12-hist-p2-s16-qp-afr/cff09b33-1948-4cbd-b514-050e6e85647d
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2016
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 8

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2016 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr12-hist-p2-s16-qp-afr/cff09b33-1948-4cbd-b514-050e6e85647d)

## About this document

History · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2016. Question paper, 8 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                              NASIONALE
                          SENIOR SERTIFIKAAT

                               GRAAD 12

                           SEPTEMBER 2016

                           GESKIEDENIS V2

PUNTE:     150

TYD:       3 uur

                                   *HISTA2*

         Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye en ŉ addendum van 12 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                     GESKIEDENIS V2                    (EC/SEPTEMBER 2016)

    INSTRUKSIES EN INLIGTING AAN KANDIDATE

    1.   Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B wat op die
         voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is:

         AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

         VRAAG 1: BURGERLIKE WEERSTAND, 1970’s TOT 1980’s: SUID-AFRIKA

         VRAAG 2: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
                  AANVAARDING VAN DIE VERLEDE

         VRAAG 3: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN ŉ NUWE WÊRELD
                  ORDE, 1989 TOT DIE HEDE

         AFDELING B: OPSTELVRAE

         VRAAG 4: BURGERLIKE WEERSTAND, 1970’s TOT 1980’s: SUID-AFRIKA:
                  DIE KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980’s

         VRAAG 5: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
                  AANVAARDING VAN DIE VERLEDE

         VRAAG 6: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN ŉ NUWE WÊRELD
                  ORDE: DIE GEBEURE VAN 1989

    2.   AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat
         benodig word om hierdie vrae te beantwoord kan in die ADDENDUM gekry
         word.

    3.   AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.

    4.   Beantwoord DRIE vrae soos volg:

         4.1   Ten minste EEN moet ŉ brongebaseerde vraag wees en ten minste
               EEN moet ŉ opstelvraag wees.

         4.2   Die DERDE vraag kan of ŉ brongebaseerde vraag wees of ŉ
               opstelvraag wees.

    5.   Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te spandeer.

    6.   In die beantwoording van die vrae moet kandidate hul kennis, vaardighede
         en insig gebruik.

    7.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

    8.   Die blote oorskryf van bronne as antwoorde sal kandidate benadeel.

    9.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016)                   GESKIEDENIS V2                                          3

  AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

  Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae in hierdie
  afdeling. Bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord kan in
  die ADDENDUM verkry word.

  VRAAG 1:            WATTER IMPAK HET DIE SWARTBEWUSSYNSFILOSOFIE
                      OP SUID-AFRIKAANSE STUDENTE IN DIE 1970’s GEHAD?

  Bestudeer Bronne 1A, 1B, 1C en 1D om die volgende vrae te beantwoord.

  1.1    Verwys na Bron 1A.

         1.1.1    Omskryf die begrip Swartbewussyn in jou eie woorde.            (1 x 2)    (2)

         1.1.2    Lys TWEE organisasies wat, volgens die bron, die
                  Swartbewussynsfilosofie onder swart Suid-Afrikaanse studente
                  bevorder het.                                             (2 x 1)         (2)

         1.1.3    Waarom dink jy het meer as 100 tot 180 leerlinge die eksamen op
                  die boek Swart Pelgrim deur FA Venter geboikot?            (1 x 2)        (2)

         1.1.4    Deur gebruik te maak van die inligting in die bron en jou eie
                  kennis, verduidelik hoe die Swartbewussynsfilosofie Swart en
                  Kleurling skoliere in die Kaap in 1976 beïnvloed het.         (2 x 2)     (4)

         1.1.5    Verduidelik die bruikbaarheid van hierdie bron vir ŉ
                  geskiedkundige wat die impak van die SASB op Swart en Kleurling
                  studente in die Kaap in 1976 bestudeer.                  (2 x 2)          (4)

  1.2    Bestudeer Bron 1B.

         1.2.1    Haal VIER stukke bewyse vanuit die bron aan wat aantoon dat die
                  jeug van Soweto deur die idees van Swartbewussyn beïnvloed
                  was.                                                     (4 x 1)          (4)

         1.2.2    Gebruik die bron en jou eie kennis om die ‘brood-en-botter’-sake
                  wat die inwoners van Soweto in die gesig gestaar het, te
                  verduidelik.                                                 (2 x 2)      (4)

  1.3    Raadpleeg Bron 1C.

         1.3.1    Waarom, volgens die visuele bron, het die studente van Soweto op
                  ŉ protesaksie besluit?                                    (1 x 2)         (2)

         1.3.2    Wat, dink jy, was die intensie van die fotograaf met die publisering
                  van hierdie foto?                                              (1 x 2)    (2)

         1.3.3    Verduidelik die betroubaarheid van hierdie foto vir
                  geskiedkundiges wat die oorsake van die Soweto Opstand
                  bestudeer.                                             (2 x 2 )           (4)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                     GESKIEDENIS V2                       (EC/SEPTEMBER 2016)

    1.4   Lees Bron 1D.

          1.4.1   Deur gebruik te maak van die inligting in die bron en jou eie
                  kennis, verduidelik wat Biko bedoel het toe hy gesê het dat hy
                  Suid-Afrika ‘ŉ meer menslike gesig’ wou gee.                  (2 x 2)    (4)

          1.4.2   Verduidelik waarom die apartheidsregering Biko se invloed as ŉ
                  politieke leier probeer verhoed het.                       (2 x 2)       (4)

          1.4.3   Wat was Biko se grootste nalatenskap wat hy tydens die stryd
                  (struggle) beveg het?                                      (1 x 2)       (2)

          1.4.4   Wat, volgens die bron, het die regering gedoen om Biko se lewe te
                  vereer?                                                     (2 x 1)      (2)

    1.5   Deur gebruik te maak van die inligting in die relevante bronne en jou eie
          kennis, skryf ŉ paragraaf van ongeveer AGT reëls (80 woorde) waarin jy
          die impak van die Swartbewussynsfilosofie op Suid-Afrikaanse studente in
          die 1970’s bespreek.                                                              (8)
                                                                                           [50]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016)                   GESKIEDENIS V2                                        5

  VRAAG 2:            HOE HET DIE WAARHEID-EN-VERSOENINGSKOMMISIE
                      (WVK) MET DIE VERLEDE GEDEEL?

  Bestudeer bronne 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die volgende vrae.

  2.1    Verwys na Bron 2A.

         2.1.1    Kwoteer TWEE probleme wat die WVK tydens sy verhore
                  ondervind het.                                               (2 x 1)    (2)

         2.1.2    Waarom, volgens die bron, was die oortreders bereid om vergifnis
                  te vra?                                                   (1 x 1)       (1)

         2.1.3    Deur gebruik te maak van jou eie kennis, lewer kommentaar op die
                  relevansie van die stelling ‘ons mense is baie goed bedeeld met
                  die gees van Ubuntu’.                                       (2 x 2)     (4)

         2.1.4    Wat verstaan jy onder die konsep ‘reparasies’ binne die konteks
                  van die WVK?                                                (1 x 2)     (2)

  2.2    Raadpleeg Bron 2B.

         2.2.1    Gebruik die bron en jou eie kennis om te verduidelik waarom Mev.
                  Mtimkulu voor die WVK verskyn het.                         (2 x 2)      (4)

         2.2.2    Waarom dink jy, het Mev Mtimkulu die menslike hare vir 20 jaar
                  lank bewaar?                                                (1 x 2)     (2)

  2.3    Lees Bron 2C.

         2.3.1    Hoe, volgens die bron, het Siphiwo Mtimkulu gesterf?         (1 x 1)    (1)

         2.3.2    Identifiseer die TWEE sekuriteitspolisie-beamptes wat by die dood
                  van Siphiwo Mtimkulu betrokke was.                          (2 x 1)     (2)

         2.3.3    Verduidelik waarom jy dink dat Gen. Van Rensburg blatant voor
                  die Harmskommissie gelieg het.                            (2 x 2)       (4)

         2.3.4    Identifiseer bewyse in die bron wat aandui dat die
                  apartheidsregering Mnr. Mtimkulu dood gemaak het.            (1 x 2)    (2)

         2.3.5    Deur gebruik te maak van die bron en jou eie kennis, verduidelik
                  wat bedoel word met die stelling dat ‘haar hare het sneeuwit
                  geraak sedert haar laaste verskyning’.                       (2 x 2)    (4)

  2.4    Hoe ondersteun Bron 2A vir Bron 2C met betrekking tot die doelwitte van
         die WVK?                                                           (2 x 2)       (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                     GESKIEDENIS V2                       (EC/SEPTEMBER 2016)

    2.5   Bestudeer Bron 2D.

          2.5.1   Identifiseer die manier hoe Bheki Mlangeni gedood was.        (1 x 2)    (2)

          2.5.2   Volgens die bron, wat word bedoel met Mev. Mlangeni se
                  verklaring ‘… soos ons dood is nou’?                          (1 x 2)    (2)

          2.5.3   Haal bewyse vanuit die bron aan wat aandui dat Mnr. Sithole
                  verwag het dat die ANC-regering hom een of ander vorm van
                  kompensasie sou toestaan.                                  (1 x 2)       (2)

          2.5.4   Verduidelik die bruikbaarheid van hierdie bron vir ŉ
                  geskiedkundige wat die WVK bestudeer.                         (2 x 2)    (4)

    2.6   Deur gebruik te maak van die inligting in die relevante bronne en jou eie
          kennis, skryf ŉ paragraaf van omtrent AGT reëls (80 woorde) waarin jy
          verduidelik hoe die Waarheid-en-Versoeningskommissie daartoe in staat
          was om met die verlede te deel.                                                   (8)
                                                                                           [50]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016)                   GESKIEDENIS V2                                          7

  VRAAG 3:            WAT WAS DIE IMPAK VAN GLOBALISASIE OP DIE
                      LEWENS VAN GEWONE MENSE IN DIE NUWE WÊRELD-
                      ORDE?

  Bestudeer Bronne 3A, 3B, 3C en 3D om die volgende vrae te beantwoord.

  3.1    Lees Bron 3A.

         3.1.1    Definieer die konsep globalisasie in jou eie woorde.           (1 x 2)    (2)

         3.1.2    Identifiseer enige DRIE voordele van globalisasie soos vervat deur
                  internasionale handel.                                      (3 x 1)       (3)

         3.1.3    Gebruik die inligting vanuit die bron en jou eie kennis om die
                  bruikbaarheid van hierdie bron aan geskiedkundiges wat
                  internasionale handel bestudeer te verduidelik.                (2 x 2)    (4)

         3.1.4    Verduidelik waarom daar, volgens die bron, ŉ groot gaping tussen
                  die rykes en die armes’ is.                                 (2 x 2)       (4)

  3.2    Raadpleeg Bron 3B.

         3.2.1    Gebruik die bron en jou eie kennis om die rol van die IMF en die
                  Wêreldbank binne die konteks van globalisering te verduidelik.
                                                                               (2 x 2)      (4)

         3.2.2    Verduidelik wat bedoel word met die slagspreuk op die plakkaat
                  ‘GO TO HELL WITH YOUR AID’.                                (2 x 2)        (4)

  3.3    Bestudeer Bron 3C.

         3.3.1    Lys DRIE organisasies wat saamwerk in ŉ yster driehoekplan om
                  die korporatiewe plan van vrye handel deur te voer.       (3 x 1)         (3)

         3.3.2    Wat, volgens die bron, was die werk van die yster driehoek?
                                                                                 (2 x 1)    (2)

         3.3.3    Verduidelik hoe die arm lande geforseer was om hul skuld aan die
                  IMF en WHO af te betaal.                                   (2 x 2)        (4)

         3.3.4    Watter afleiding kan jy maak van lande wat meer aandag skenk
                  aan die uitvoer van voedsel vergeleke met die verbouing van
                  voedsel vir plaaslike verbruik?                             (1 x 2)       (2)

         3.3.5    Waarom, volgens die bron, was veiligheid vir die inheemse
                  bevolking, werkers en omgewing prysgegee?                 (1 x 2)         (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                      GESKIEDENIS V2                         (EC/SEPTEMBER 2016)

    3.4   Gebruik Bron 3D.

          3.4.1   Identifiseer TWEE negatiewe gevolge van globalisasie soos vervat
                  in die bron. Gebruik die visuele leidrade in die bron om jou
                  antwoord te ondersteun.                                      (2 x 1)        (2)

          3.4.2   Waarom, dink jy, het globalisasie armoede en ongelykhede onder
                  arm lande veroorsaak?                                     (1 x 2)           (2)

    3.5   Verwys na Bronne 3C en 3D. Lewer kommentaar op hoe hierdie bronne
          mekaar met betrekking tot die impak van globalisasie op gewone mense
          ondersteun.                                                      (2 x 2)            (4)

    3.6   Deur gebruik te maak van die inligting in die relevante bronne en jou eie
          kennis, skryf ŉ paragraaf van omtrent AGT reëls (80 woorde) waarin jy die
          impak van globalisasie op die lewens van gewone mense in die Nuwe
          Wêreld-orde bespreek.                                                                (8)
                                                                                              [50]
    AFDELING B: OPSTELVRAE

    Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae vanuit hierdie
    afdeling.

    Jou opstel moet ten minste DRIE bladsye in lengte wees.

    VRAAG 4:         BURGERLIKE VERSET, 1970’s TOT 1980’s: SUID-AFRIKA:
                     DIE KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980’s

    In 1980, het PW Botha verklaar dat ‘die strategiese posisie van Suid-Afrika het
    verander met betrekking tot apartheid. Ons moet aanpas of sterf.’

    Verduidelik tot watter mate Botha se aanpassing van die apartheidsbeleid deur
    die interne versetsbewegings in die 1980’s uitgedaag was.                                 [50]

    VRAAG 5:         DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
                     AANVAARDING VAN DIE VERLEDE

    ‘Die verskeie rolspelers het saam ŉ belangrike rol gespeel om te verseker dat
    Suid-Afrika ŉ nie-rassige demokratiese land in 1994 geword het.’

    Stem jy saam met die stelling? Gebruik relevante bewyse om jou gedagtegang te
    ondersteun.                                                                               [50]

    VRAAG 6:         DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN ŉ NUWE WÊRELD-
                     ORDE: DIE GEBEURE VAN 1989

    ‘Die val van die USSR het Suid-Afrika se toekoms positief geaffekteer.’

    Evalueer hierdie stelling krities deur gebruik te maak van relevante historiese
    bewyse om jou gedagtegang te ondersteun.                                                  [50]

                                                                              TOTAAL:         150

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

## Related documents

- [Gr12 HIST P2 S16 QP Eng](https://www.hlayiso.com/library/gr12-hist-p2-s16-qp-eng/f7730ddc-8b15-401a-a609-87d42709fe80) — History · QP · 2016 · Eng
- [History P2 Feb March 2016 Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-feb-march-2016-afr/901c249b-624d-4511-bef8-ab7afe9f9bab) — History · QP · 2016 · Afr
- [HISTORY P2 QP SEPT 2018 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-qp-sept-2018-afr-d/6e5a4a14-b9fd-4574-819d-b440ed12a5a3) — History · QP · 2018 · Afr
- [GR12 HIST P2 Sept2017 QP Eng](https://www.hlayiso.com/library/gr12-hist-p2-sept2017-qp-eng/a9e68a30-4308-449a-b46f-d8e2efa233d8) — History · QP · 2017 · Eng
- [HISTORY P2 ADD GR12 SEPT2014 (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-add-gr12-sept2014-afr/eed60833-7a75-4958-a8dd-2cab09ac22e9) — History · QP · 2014 · Afr
- [HIST P2 S12 QP Eng(Add)](https://www.hlayiso.com/library/hist-p2-s12-qp-eng-add/10436d74-809f-4784-abf1-aa645bca6c60) — History · QP · 2012 · Eng

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [History P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2025-mg-eng/9e0f813e-e888-4061-a259-20b4dbe98907) — Memo · 2025 · Eng
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-adden-gr12-sep-2024-afrikaans/4faf89db-d19f-40cf-891f-e87e004b0bc5) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept-2024-afrikaans/b61f3bc2-3524-48c9-af60-f3348133d582) — Addendum · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
