# History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2017 QP (Afr)

> Grade 12 History Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2017 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr12-hist-p2-sept2017-add-afr/0daaeb40-8eda-49f0-ba9b-625088321948
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2017 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr12-hist-p2-sept2017-add-afr/0daaeb40-8eda-49f0-ba9b-625088321948)

## About this document

History · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2017. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      NASIONALE
                  SENIOR SERTIFIKAAT

                        GRAAD 12

                   SEPTEMBER 2017

                   GESKIEDENIS V2
                     ADDENDUM

PUNTE:   150

                           *HISTA4*

               Hierdie addendum bestaan uit 13 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                           (EC/SEPTEMBER 2017)

 AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

 VRAAG 1             WATTER BYDRAE HET STEPHEN BANTU BIKO TOT DIE
                     VRYHEIDSTRYD IN SUID-AFRIKA IN DIE 1970’s GEMAAK?

 BRON 1A

 Die volgende uittreksel fokus op die filosofie van Swartbewussyn. Dit is deur
 G. Bizos geskryf.

 Die Swartbewussynbeweging (BCM) was betrokke by welsyn, mediese en self-
 helpprogramme. Steve Biko, as een van die stigters van die BCM, was baie betrokke
 in die bedrywighede van die Swart Gemeenskap Programme (BCP), waarby hy in
 Augustus 1972 aangesluit het nadat hy sy mediese studies aan die Universiteit van
 Natal beëindig het. Hy het die rasionaal (doel) agter die organisasie beskryf as:

 ‘Basies om die probleem aan te spreek dat die Swart-man ŉ verslane wese is wat
 dit baie moeilik vind om homself aan sy stewelveters op te lig. Hy is vervreemd. Hy
 word gemaak om heeltyd te leef met aangeleenthede van voortbestaan, gemoeid
 met môre. Nou het ons egter gevoel dat ons moes probeer om hierdie houding te
 verslaan en te breek ten einde weereens ŉ gevoel van waardigheid binne die Swart
 man aan te kweek. So wat ons gedoen het was om verskillende tipes programme
 te ontwerp, dit aan die Swart gemeenskap aan te bied met ŉ duidelike illustrasie
 dat hierdie programme deur Swart-mense geskep was vir die uitsluitlike doel om
 die Swartgemeenskap op te bou. Ons het geglo dat ons mense opvoed deur die
 voorbeeld te stel’.

       [Vanuit: Steve Biko In No One To Blame? In Pursuit Of Justice In South Africa deur G. Bizos]

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)             GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                                       3

 BRON 1B

 Die volgende bron gee ŉ uiteensetting van die interaksie tussen Donald Woods en
 die Minister van Justisie, J.T. Kruger, oor die dood van Steve Biko.

 Ek het een keer na mnr J.T. Kruger gegaan en hom gesmeek om die beperkings op
 Steve op te hef en om met hom te praat. Die resultaat van daardie besoek was ŉ
 toename in Steve se beperkings en ŉ staatsvervolging teen my.

 Hy het altyd so hardnekkig as moontlik uit sodanige beproewings [detensie] gekom
 en so onkeerbaar humoristies oor die ondervragingsessies. Hy het ŉ veel beter
 begrip gehad oor sy ondervraers se vrese en motiverings as wat hulle ooit sal besef,
 en met byna totale herroepping het hy aan my die volle omvang van hul vrae vertel.
 Baie was eenvoudig ongelooflik...

 Die regering het heel duidelik nooit verstaan tot watter mate Steve Biko ŉ man van
 vrede was nie. Hy was militant in die verdediging van sy beginsels, ja, maar sy
 blywende doel was ŉ vreedsame versoening van alle Suid-Afrikaners, en binne
 hierdie raamwerk weet ek dat hy ŉ matigende invloed was.

 Tydens die toespraak van ŉ vergadering van meer as 1 000 mense, ter herdenking
 van mnr Biko se dood in aanhouding, het mnr Donald Woods gesê... ‘As enige van
 vier redes vir sy dood beweer was, sou ek geweet het dat dit onwaar was’. Een van
 die vier redes was dood deur ŉ hongerstaking.

 Geen aanranding – geen toesmering — Kruger

 Die Minister van Justisie, mnr Kruger, het in ŉ onderhoud gesê dat die voorlopige
 verslag oor mnr Steve Biko se dood nie die indruk gegee het dat ŉ polisie-aanranding
 die oorsaak van sy dood was nie.

 ‘Ek persoonlik glo dit nie’, het hy gesê. Ek glo nie dat my polisie – enigiets verkeerd
 gedoen het nie … As daar iets verkeerd in die Biko-geval is, sal ek verbaas wees…
 Daar sal ŉ toesmering in die Biko-geval wees, het mnr Kruger gesê.

                                                [Vanuit: No.46: Steve Biko deur H. Bernstein]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                               GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                       (EC/SEPTEMBER 2017)

 BRON 1C

 Hierdie uittreksel deur Nadine Gordimer, ŉ ANC-lid, bring huldeblyke aan
 Steve Biko.

 Iewers in een van my romans wat gedurende die ergste jare van die apartheid
 regime geskryf was, sê ŉ karakter: ‘In ŉ wêreld van soveel boosheid en soveel
 kompromieë met die bose, beteken dit iets spesiaals om in ŉ land te woon waar
 daar nog steeds helde is.’

 Ons land was so ŉ land. In die dieptes van apartheid se rassistiese barbaarsheid,
 was daar sulke helde. Een van diegene wie se toewyding aan vryheid, om
 geregtigheid, wie se dapperheid, en wie se afgryslike (verskriklike) lyding, sekerlik
 die beproewinge (lyding) van genadelose onderdrukking en weerstand daarteen
 verpersoonlik, was Steve Biko.

 Dit is moeilik om nie te spekuleer met enorme spyt, wat hy sou beteken het in die
 skepping van die nuwe Suid-Afrika wat vandag ontwikkel; wat sy duidelik-
 gesindheid en diep kennis van die land en sy mense se werklike behoeftes sou
 bygedra het tot ons ontwikkeling.
                 [Vanuit: A Resource To Inform Us Our Present and Future deur Nadine Gordimer]

 BRON 1D

 Hierdie spotprent deur Zapiro herdenk die nalatenskap van die Swartbewussynleier,
 Stephen Bantu Biko.

                                                     [Vanuit: Die Sowetan, 12 September 1997]

 20 Jaar later, ŉ onuitwisbare nalatenskap

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)             GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                                       5

 VRAAG 2:             HET DIE WAARHEID- EN VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK)
                      VREDE EN VERSOENING IN SUID-AFRIKA MEEGEBRING?

 BRON 2A

 Die volgende uittreksel beskryf die samestelling en werk van die Waarheid- en
 Versoeningkommissie (WVK).

 Die WVK was vroeg in 1996 gestig, onder die gesamentlike leiding van Aartsbiskop
 Desmond Tutu en voormalige geestelike en liberale politikus, Alex Boraine. Ander
 kommissarisse het oor die rasse en politieke spektrum gestrek. Sy take was om
 menseregte-misbruike aan alle kante tussen 1960 en 1994 te ondersoek, om
 getuienis van slagoffers en oortreders aan te hoor, en waar daar volledige
 bekendmaking en politieke motivering duidelik teenwoordig was, oortreders
 amnestie te verleen teen siviele vervolging en siviele aksie. Die doel was om mense
 aan te moedig om die waarheid te vertel. Afsonderlike amnestie-verhore was vir
 hierdie doel gehou. Indien oortreders nie hierdie geleentheid aangegryp het nie was
 dit duidelik gemaak dat hulle vir vervolging aanspreeklik sou wees. Die WVK was
 ook gevra om aanbevelings te maak oor hoe slagoffers deur reparasies vergoed kon
 word.

 Die funksie van die Kommissie sal wees om sy doelwitte te bereik en met hierdie
 ten doel sal die Kommissie:

     navrae fasiliteer, en inisieer of koördineer ten opsigte van:
      o   growwe skendings van menseregte, insluitend oortredings wat deel van ŉ
          sistematiese patroon van mishandeling was;
      o   die aard, oorsake en omvang van growwe menseregteskendings,
          insluitende die voorlopers, omstandighede, faktore, konteks, motiewe en
          perspektiewe wat gelei het tot sodanige oortredings;
      o   die identiteit van alle persone, owerhede, instellings en organisasies
          betrokke by sodanige oortredings;
      o   die vraag of sodanige oortredings die gevolg was van doelbewuste
          beplanning aan die kant van die staat of ŉ voormalige staat of enige van hul
          organe, of van enige politieke organisasie, vryheidsbeweging of ander groep
          of individuele;
      o   verantwoordbaarheid, polities of andersins, vir enige sodanige oortreding;

                           [Vanuit: Every Step Of The Way deur die Departement van Onderwys]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                  GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                            (EC/SEPTEMBER 2017)

 BRON 2B

 Hierdie bron is ŉ uittreksel van Monika Mbele se onderhoud wat sy met F.W. De
 Klerk en Cyril Ramaphosa op SABC 3 op 30 April 2006 uitgevoer het.

 F.W. DE KLERK: Die WVK-proses was in baie opsigte gebrekkig: talle gruweldade
                (moorde) van die verlede is nie behoorlik ondersoek nie; daar
                was ŉ oorbeklemtoning van die rol van die voormalige
                veiligheidsmagte; die moord op ongeveer 400 hoof IVP-leiers is
                nie deeglik ondersoek nie; daar was nie ŉ diepgaande ontleding
                gedoen van wat baie as ‘swart-op-swart’ geweld sou noem nie.
                Hierdie foute skep ŉ wanbalans wat die geloofwaardigheid van
                die WVK verswak. Verder dink ek dat die WVK misluk het om ŉ
                deeglike begrip van die kern van die verlede te kry of om voort te
                bou op daardie begrip. Daar is onvoltooide sake, maar ons moet
                nou die gees van die Grondwet uitleef. Ons moet Ubuntu hê …
                in stede daarvan om wraak te soek. Ons moet mense vergoed in
                plaas van vergelding soek. As vervolgings voortgaan, moet almal
                dieselfde behandel word: daar moet vervolging wees van
                onbekende misdade van alle kante, nie net van die een kant nie.
                Ek was nog nooit tevrede met onvoorwaardelike amnestie nie,
                maar dit sal ŉ gewelddadige, negatiewe uitwerking hê as ons nou
                ŉ situasie kry wat as ŉ heksejag geïnterpreteer kan word. Ons
                moet ŉ balans vind. Vervolging in uitsonderlike gevalle kan
                geregverdig word indien dit duidelik is dat mense die waarheid
                van ernstige misdade weggesteek het waarvoor hulle eintlik vir
                amnestie aansoek moes gedoen het.

 CYRIL RAMAPHOSA: F.W. De Klerk gebruik emosionele (sensitiewe) woorde
                  wanneer hy die term ‘heksejag’ gebruik. Die term ‘heksejag’
                  was nog nooit deel van die leksikon (woordeboek) van die
                  nuwe Suid-Afrika nie. Toe Nelson Mandela hierdie land tot
                  eenheid en versoening gelei het, het hy verseker dat daar
                  nie enige onvoorwaardelike ‘heksejag’ tipe proses sou wees
                  nie. Ons is nie gewoond aan heksejagte nie; ons is egter as
                  ŉ opkomende demokrasie gewoond aan geregtigheid. As
                  misdade in die verlede gepleeg was, deur wie ookal en daar
                  is geen aansoek om amnestie gedoen toe die geleentheid
                  daar was nie, moet geregtigheid seëvier.

     [Vanuit: Truth and Reconciliation in South Africa 10 years on deur C. Villa-Vicencio & F. du Toit]

Kopiereg voorbehou                                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)               GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                                        7

 BRON 2C

 Die volgende uittreksel is deel van ŉ getuienis wat Mamanki Sepei (ma van
 Stompie Sepei) gegee het by die WVK-verhore.

 Op die 13de Februarie 1989, het hulle my seun gevat en ons het na Brixton gegaan.
 Ons het na die Diepkloof lykshuis gegaan. Dit is waar ek Stompie geïdentifiseer het.
 Sy liggaam was ontbind, maar jou seun is jou seun. Ek het geveg vir my regte. Daar
 was tekens wat my regtig aangedui het dat dit Stompie was. Nadat hy doodgemaak
 was, was hy in die rivier tussen nuwe Kanada en Soweto gegooi. Jy kon hom nie
 eens identifiseer nie.

 Ek het na Stompie gekyk want ek is sy ma. Ek het deeglik na hom gekyk. Ek het die
 eerste teken gesien. Ek het gesê, ‘Ek ken my seun. Hy het nie hare op die agterkant
 nie.’ Sy oë was uitgegrawe (uitgedwing), en ek het gesê, ‘Dit is Stompie.’ Hy het ŉ
 litteken op sy oog gehad. Ek het na die neus gekyk en hy het ŉ geboorte-merk gehad.
 Ek het na sy bors gekyk en ek kon ŉ litteken sien omdat hy met ŉ ander seun in
 Thumahole geveg het. En ek het na sy linkerhand gekyk. Dit was identies aan
 myne...

 Verslaggewers het na my gekom. Hulle het vir my gesê dat, ‘Stompie is lewendig. Hy
 is in Botswana.’ Hulle het gesê dat mev Mandela hulle vertel het dat Stompie
 lewendig is; hy is in Botswana. Ek het vir hulle gesê: ‘Ek dra nie ŉ zombie nie, ek dra
 my seun. Ek ken sy geboorte-merke. Ek het hom grootgemaak uit sy kinderjare ...
 Niemand sal my ooit enigiets oor my kind vertel nie. Ons het na die lykshuis gegaan
 om hom vir die laaste keer te sien. Hy was ontbind, hy het ŉ slegte reuk gehad. Ons
 kon hom nie na die huis bring nie. Saam met my familie en my pa het ons hom gaan
 sien en hy was die ware Stompie. Maar mnr Msipidi het vir ons gesê dat, ‘dit is nie
 Stompie nie.’... Hulle het die gerug versprei dat Stompie ŉ informant was. ‘’Die
 eienaar van die lykshuis sê die persoon wat gesterf het was nie Stompie nie.’ Ek het
 gesê: ‘Dis nuus vir my.’ Die persoon wat ek môre gaan begrawe is my seun.’

  [Vanuit: http://www.justice.gov.za/trc/media 5C1996 5C9605/s960508d.htm. Toegang verkry op 23
                                                                               November 2016.]

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                        (EC/SEPTEMBER 2017)

 BRON 2D

 Die foto hieronder toon lede van die ANC Vroueliga wat plakkate dra ter
 ondersteuning van Winnie Mandela gedurende die WVK-verhoor.

    [Vanuit: http://www.gettyimages.com/detail/news-photo/may-2004-women-show-their-support-for-
        winnie-madikizela-news-photo/107145359#may-2004-women-show-their-support-for-winnie-
                                                        madikizelamandela-a-picture-id107145359.
                                                                Toegang verkry op 23 Maart 2017]

 Oorlog is oorlog. Lys van mpimpis (informante) Cebekulu, Falati, Stompi Lolo

 Bravo Winnie. President van die ANC Vroue Liga en SA

 Besering aan Winnie is besering aan SA

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)                 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                                         9

 VRAAG 3:             WAT WAS DIE IMPAK VAN GLOBALISERING OP DIE
                      EKONOMIEË VAN ONTWIKKELENDE LANDE NA 1989?

 BRON 3A

 Hierdie bron handel oor die impak wat globale verandering gehad het op landbou
 en hoe dit die internasionale ekonomie beïnvloed het.

 Navorsing oor die landbou-impak van globale verandering beklemtoon dikwels die
 fisiese en sosio-ekonomiese impakte van klimaatsverandering, maar tog kan
 globale veranderinge wat geassosieer word met die internasionalisering van
 ekonomiese aktiwiteit ook ŉ beduidende impak het op voedselstelsels. Saam, stel
 klimaatsverandering en globalisering boere bloot aan nuwe en onbekende
 omstandighede. Alhoewel sommige boere in ŉ posisie is om voordeel te trek uit
 hierdie veranderinge, staar baie, meer verhoogde kwesbaarheid, veral in die
 ontwikkelende wêreld, in die gesig. Hierdie skrewe oorweeg die dinamika van
 landbou-kwesbaarheid tot globale verandering deur die voorbeeld van suidelike
 Afrika. Ons demonstreer dat die kombinasie van globale en nasionale ekonomiese
 veranderinge die konteks verander waaronder suider Afrikaanse boere
 klimaatvariasie hanteer en aanpas by langtermyn-verandering. Ons vind dat boere
 wat voorheen moeilik aangepas het by klimaatvariasie nou minder kwesbaar raak
 vir droogte-verwante voedseltekorte as gevolg van handelsliberalisering.
 Terselfdertyd, egter, kan die opheffing van nasionale krediet en subsidies die ander
 boere se aanpassingstrategieë beperk en hulle meer kwesbaar laat vir
 klimaatvariasie en verandering.

         [Vanuit: Mitigation and Adaptation Strategies for Global Change deur Leichenko en O’Brien]

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                              GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                        (EC/SEPTEMBER 2017)

 BRON 3B

 Hierdie plakkaat deur die South African Social Protection Experts Network (SASPEN)
 gee ŉ uiteensetting van hoe arm gemeenskappe in Suider-Afrika lande hul
 lewensomstandighede kan verbeter.

                [Vanuit: http://www.fao.org/3/a-c0012e.pdf. Toegang verkry op 15 November 2016]

                      Hoe kan landbou en maatskaplike beskerming
                           saam werk om klein arme familieboere
                     te laat wegbreek van armoede en hongersnood?

 Landbou kan:
      Klein arme familieboere se toegang tot natuurlike hulpbronne, versekering,
        krediet en verlengingsdienste en markte verbeter.
      Werksgeleenthede sowel as die beskikbaarstelling van voedsel en die lae
        voedselpryse met voordele vir net voedselaankopers, vermeerder

 Maatskaplike beskerming kan:
    Kredietbeperkings verminder en laat klein arme boere toe om betrokke te
       raak in meer produktiewe en winsgewende landbouaktiwiteite.
    Plaaslike ekonomiese aktiwiteit bevorder deur die aanvraag na voedsel en
       ander dienste te vermeerder

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)                 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                                         11

 BRON 3C

 Hierdie bron gee ŉ uiteensetting van die standpunte van die twee studente op die
 gevolge van globalisering.

 Siening van Domschu: Verder, die aantal mense wat wêreldwyd in volslae
                      armoede leef is baie kommerwekkend. Dit sou verkeerd
                      wees om die gevolgtrekking te maak dat globalisering
                      hierdie afwyking veroorsaak het, of dat niks gedoen kan
                      word om die situasie te verbeter nie. Afgesien van dit: die
                      lae-inkomste lande kon nie maklik integreer in die globale
                      ekonomie soos die ander nie, gedeeltelik as gevolg van
                      hul gekose beleide en deels as gevolg van faktore buite
                      hul beheer. Geen land, veral die armste, kan bekostig om
                      van die wêreld-ekonomie geïsoleer te wees nie. Elke land
                      moet probeer om armoede te verminder. Die
                      internasionale gemeenskap moet poog om die armste
                      lande te voorsien – deur die internasionale finansiële
                      stelsel te versterk, deur middel van handel en voorraad –
                      om te integreer in die globale ekonomie om vinniger te
                      groei en armoede te verminder. Dit is die manier om te
                      sorg dat alle mense in alle lande toegang het tot die
                      voordele van globalisering

 Siening van Christian Kalytta: In my opinie het globalisering ŉ klomp positiewe
                                gevolge. Daar is byvoorbeeld ŉ globale mark vir
                                maatskappye om hul produkte te verhandel en ŉ
                                wyer reeks van opsies vir mense, om te kies uit die
                                produkte van verskillende nasies. Verder is
                                kommunikasie tussen die lande op die opkoms,
                                wat lei tot verbeterde begrip en breër visie.
                                Wanneer kommunikasie tussen twee lande
                                vermeerder, is daar ook ŉ interaksie van kulture.
                                Dit laat ons nou toe om meer te weet oor ander se
                                kulturele voorkeure en waarskynlik te leer uit die
                                ekonomie van ander nasies.

                                        Daar is ook nadele, wanneer daar oor
                                        globalisering gepraat word. In my opinie,
                                        veroorsaak globalisering ŉ beweging van
                                        werksgeleenthede van Europese- na Asiatiese-
                                        lande. Dit is die gevolg van die laer koste van
                                        arbeid in die Asiatiese lande in vergelyking met
                                        ander lande. Die hoë winsgrense van
                                        maatskappye in Asië, het gelei tot ŉ druk op die
                                        werkende Europeërs, wat altyd onder bedreiging
                                        was dat hul besigheid uitgekontrakteer sal word.

  [Vanuit: https://laboureconomics.wordpress.com/2012/05/14/causes-and-effects-of-globalization-6/.
                                                           Toegang verkry op 15 November 2016]

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                           (EC/SEPTEMBER 2017)

 BRON 3D

 Hierdie bron verduidelik die negatiewe effekte wat globalisering op ontwikkelende
 lande gehad het.

 Dit is nie net die ontwikkelde nasies wat kla oor die negatiewe effekte nie, mense in
 ontwikkelende lande – waar die meeste van die nywerhede opgestel was, het hul eie
 stel redes waarom hulle teen globalisering is. Hulle kla dikwels dat hulle stede
 verminder was tot vullishope waar alle industriële afval opgehoop word en
 besoedelingsvlakke hemelshoog is.

 Kitskoskettings soos McDonalds en KFC is besig om vinnig in die ontwikkelende
 wêreld te versprei. Mense verbruik meer gemorskos wat ŉ nadelige uitwerking op
 hul gesondheid het. Afgesien van gesondheidbekommernisse, is daar iets anders
 waaroor globalisering gekritiseer word en dit is dat dit die sluise oopgemaak het vir
 restaurante en eetplekke wat onsensitief vir die godsdienstige oortuigings van die
 gasheernasie is. Byvoorbeeld, ŉ regsgeding moes teen McDonalds geopen word in
 Indië, nadat hulle daarvan beskuldig was dat hulle beesvleis in hul burgers bedien.

 Terwyl die rykes ryker word, sukkel die armes vir ŉ ordentlike maal. As die huidige
 Beset Wall Straat-betogings ŉ herinnering is van hoe kwaad mense met die huidige
 opset is, dan moet diegene wat ons regeer kennis neem, en werk tot die verligting
 van armoede. Ideaal moes globalisering gelei het tot die skepping van rykdom en
 voorspoed, maar korporatiewe gierigheid en korrupte regering het verseker dat geld
 nie eweredig versprei word nie.

     [Vanuit: http:/www.buzzle.com/articles/negative effects of globalisation.html. Toegang verkry op
                                                                                  23 November 2016]

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)            GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                                   13

 ERKENNINGS

 Visuele bronne en ander historiese bewyse is uit die volgende geneem:

 Bernstein, H. 1978 No.46 ‘Steve Biko’, London International Defence and Aid Fund.

 Bizos, G. 1998 ‘Steve Biko’ in No one to blame? In pursuit of justice in South Africa
 (New Africa Books)

 Every Step of the Way, HSRC Report 2004 (Departement van Onderwys)

 Gordimer, N. 2015 ‘A reBRON to inform us our present and future’ in Steve Biko
 25 Years On

 http://www.fao.org/3/a-c0012e.pdf

 http://www.gettyimages.com/detail/news-photo/may-2004-women-show-their-
 support-for-winnie-madikizela-news-photo/107145359#may-2004-women-show-
 their-support-for-winnie-madikizelamandela-a-picture-id107145359

 http://www.justice.gov.za/trc/media 5C1996 5C9605/s960508d.htm

 http:/www.buzzle.com/articles/negative effects of globalisation.html

 https://laboureconomics.wordpress.com/2012/05/14/causes-and-effects-of-
 globalization-6/

 Leichenko and O’Brien 2002 Mitigation and Adaptation Strategies for Global
 Change (Springer Link)

 Nkurayija, C.J. de la Croix 2011 The Impact of Globalisation on Africa’s
 development (National University of Rwanda)

 Die Sowetan, 12 September 1997

 Villa-Vicencio C & du Toit F 2006 Truth and Reconciliation in South Africa 10 years
 on (David Philip, Claremont)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

## Related documents

- [GR12 HIST P2 Sept2017 QP Eng](https://www.hlayiso.com/library/gr12-hist-p2-sept2017-qp-eng/a9e68a30-4308-449a-b46f-d8e2efa233d8) — History · QP · 2017 · Eng
- [HISTORY P1 GR12 QP SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-qp-sept2017-afrikaans/b9dc10fb-ad07-4300-abc2-a509afb2c30f) — History · QP · 2017 · Afr
- [Grade 12 NSC History P2 Preparatory 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p2-preparatory-2017-question-paper/badeb23c-1096-472f-a56c-66498abe1e7b) — History · QP · 2017
- [History P2 Nov 2017 Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2017-afr/b0926a9f-e7f4-4b6d-8c52-7a8d0984cadc) — History · QP · 2017 · Afr
- [HISTORY P2 QP SEPT 2018 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-qp-sept-2018-afr-d/6e5a4a14-b9fd-4574-819d-b440ed12a5a3) — History · QP · 2018 · Afr
- [Gr12 HIST P2 S16 QP Eng](https://www.hlayiso.com/library/gr12-hist-p2-s16-qp-eng/f7730ddc-8b15-401a-a609-87d42709fe80) — History · QP · 2016 · Eng

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [History P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2025-mg-eng/9e0f813e-e888-4061-a259-20b4dbe98907) — Memo · 2025 · Eng
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-adden-gr12-sep-2024-afrikaans/4faf89db-d19f-40cf-891f-e87e004b0bc5) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept-2024-afrikaans/b61f3bc2-3524-48c9-af60-f3348133d582) — Addendum · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
