# History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2017 QP (Afr)

> Grade 12 History Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2017 (Afrikaans), 10 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr12-hist-p2-sept2017-qp-afr/da558763-5687-4536-901f-c2471c2b9a2c
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 10

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2017 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr12-hist-p2-sept2017-qp-afr/da558763-5687-4536-901f-c2471c2b9a2c)

## About this document

History · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2017. Question paper, 10 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                              NASIONALE
                          SENIOR SERTIFIKAAT

                                GRAAD 12

                          SEPTEMBER 2017

                           GESKIEDENIS V2

PUNTE:     150

TYD:       3 uur

                                  *HISTA2*

         Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye en ŉ addendum van 13 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                     GESKIEDENIS V2                   (EC/SEPTEMBER 2017)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.      Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B gebaseer op die
         voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument.

         AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

         VRAAG 1: BURGERLIKE WEERSTAND, 1970’s TOT 1980’s: SUID-
                  AFRIKA

         VRAAG 2: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN KOM
                  VREDE MAAK MET DIE VERLEDE

         VRAAG 3: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN ŉ NUWE
                  WÊRELDORDE, 1989 TOT DIE HEDE

         AFDELING B: OPSTELVRAE

         VRAAG 4: BURGERLIKE WEERSTAND, 1970’s TOT 1980’s: SUID-AFRIKA:
                  DIE KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980’s

         VRAAG 5: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN KOM
                  VREDE MAAK MET DIE VERLEDE

         VRAAG 6: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN ŉ NUWE
                  WÊRELDORDE: DIE GEBEURE VAN 1989

 2.      AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat
         nodig is om hierdie vrae te beantwoord kan in die ADDENDUM gevind
         word.

 3.      AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.

 4.      Beantwoord DRIE vrae soos volg:

         4.1   Ten minste EEN moet ŉ brongebaseerde vraag en ten
               minste EEN moet ŉ opstelvraag wees.

         4.2   Die DERDE vraag kan óf ŉ brongebaseerde vraag of ŉ opstelvraag
               wees.

 5.      Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te spandeer.

 6.      Wanneer vrae beantwoord word, moet kandidate hulle kennis, vaardighede
         en insig toepas.

 7.      ŉ Blote oorskryf van die bronne as antwoorde sal kandidate benadeel.

 8.      Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringsstelsel wat in
         hierdie vraestel gebruik is.

 9.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)                  GESKIEDENIS V2                                           3

 AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

 Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae in hierdie
 afdeling. Bronmateriaal wat nodig is om hierdie vrae te beantwoord kan in die
 ADDENDUM gevind word.

 VRAAG 1:             WATTER BYDRAE HET STEPHEN BANTU BIKO TOT DIE
                      VRYHEIDSTRYD IN SUID-AFRIKA IN DIE 1970’s GEMAAK?

 Bestudeer Bronne 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.

 1.1    Verwys na Bron 1A.

        1.1.1    Identifiseer DRIE programme vanuit die bron waarby die Swart
                 Bewussynsbeweging betrokke was.                            (3 × 1)         (3)

        1.1.2    Wat, volgens die inligting in die bron, was die doel van die Swart
                 Gemeenskapsprogramme?                                          (1 × 2)     (2)

        1.1.3    Verduidelik wat Biko geïmpliseer het met die stelling ‘die Swart man
                 is gemaak om heeltyd te leef met aangeleenthede van voortbestaan,
                 gemoeid met môre’ in die konteks van die filosofie van
                 Swartbewussyn.                                                 (2 × 2)     (4)

        1.1.4    Watter impak moes die filosofie van Swart Bewussyn op die Swart
                 man, volgens Biko se verwagting, hê?                       (1 × 2)         (2)

 1.2    Raadpleeg Bron 1B.

        1.2.1    Watter kenmerke, volgens Donald Woods, het Biko hardnekkig
                 tydens aanhouding gemaak?                                 (3 × 1)          (3)

        1.2.2    Lewer kommentaar op wat jy dink Woods bedoel het met hierdie
                 stelling: ‘Biko was ŉ militant in sy verdediging van sy beginsels, ja,
                 maar sy blywende doel was vreedsame versoening van alle Suid-
                 Afrikaners.’                                                     (1 × 2)   (2)

        1.2.3    Verduidelik waarom jy dink dat Kruger die aanklagtes in die
                 voorlopige verslag oor hoe Steve Biko gesterf het, ontken het. (2 × 2)     (4)

        1.2.4    Lewer kommentaar op die bruikbaarheid van die inligting in die bron
                 aan ŉ historikus wat die omstandighede waaronder Biko vermoor
                 was, bestudeer.                                               (2 × 2)      (4)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                      GESKIEDENIS V2                     (EC/SEPTEMBER 2017)

 1.3    Lees Bron 1 C.

        1.3.1   Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis om die volgende
                konsepte te definieer:

                (a)    Apartheid                                               (1 × 2) (2)

                (b)    Onderdrukking                                           (1 × 2) (2)

        1.3.2   Verduidelik hoekom jy dink Gordimer vir Biko as ŉ held beskou het.
                                                                             (2 × 2)      (4)

        1.3.3   Watter eienskappe, volgens die bron, sou Biko in staat gestel het om
                ŉ betekenisvolle bydrae tot die ‘nuwe’ Suid-Afrika te kon maak.
                                                                              (2 × 1)     (2)

 1.4    Verwys na Bron 1D.

        Watter boodskappe word deur die spotprent oorgedra?                    (2 × 2)    (4)

 1.5    Vergelyk Bronne 1C en 1D. Verduidelik hoe die inligting in Bron 1C die
        bewyse in Bron 1D ondersteun met betrekking tot die impak wat Biko gehad
        op die Suid-Afrikaanse politiek.                                     (2 × 2)      (4)

 1.6    Deur gebruik te maak van die inligting in die relevante bronne en jou eie
        kennis, skryf ŉ paragraaf van omtrent AGT lyne (80 woorde) waarin jy die
        bydrae wat Stephen Bantu Biko tot die bevrydingstryd in Suid-Afrika in die
        1970’s gemaak het, verduidelik.                                                   (8)
                                                                                         [50]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)                  GESKIEDENIS V2                                            5

 VRAAG 2:             HET DIE WAARHEID- EN VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK)
                      VREDE EN VERSOENING IN SUID-AFRIKA MEEGEBRING?

 Bestudeer Bronne 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg.

 2.1    Lees Bron 2A.

        2.1.1    Identifiseer die TWEE leiers van die WVK vanuit die bron.        (2 × 1)    (2)

        2.1.2    Volgens die inligting in die bron, wat was die belangrikste take van
                 die WVK?                                                        (2 × 1)     (2)

        2.1.3    Definieer die konsep amnestie in die konteks van die WVK.        (1 × 2)    (2)

        2.1.4    Verduidelik die bruikbaarheid van die inligting in die bron vir ŉ
                 historikus wat die redes vir die vorming van die WVK bestudeer.
                                                                                   (2 × 2)   (4)

 2.2    Bestudeer Bron 2B.

        2.2.1    Haal TWEE stukke bewyse uit die bron aan wat beweer dat F.W. De
                 Klerk die WVK gebrekkig gevind het.                       (2 × 1)           (2)

        2.2.2    Wat, volgens F.W. De Klerk, was die oplossings vir die gebreke in
                 die WVK?                                                     (2 × 1)        (2)

        2.2.3    Waarom, volgens die bewyse in die bron, het Cyril Ramaphosa die
                 WVK ondersteun?                                           (1 × 1)           (1)

        2.2.4    Deur gebruik te maak van die inligting in die bron en jou eie kennis,
                 verduidelik die verskillende sienings wat De Klerk en Ramaphosa
                 oor die WVK-proses gehad het.                                   (2 × 2)     (4)

 2.3    Raadpleeg Bron 2C.

        2.3.1    Waarom, volgens die bron, was Stompie Sepei doodgemaak? (1 × 1)             (1)

        2.3.2    Lewer kommentaar oor waarom jy dink Mamanki voor die WVK
                 verskyn het.                                           (2 × 2)              (4)

        2.3.3    Verduidelik of die WVK in staat was om die waarheid oor die
                 omstandighede waaronder Stompie Sepei gesterf het, te openbaar.
                                                                             (2 × 2)         (4)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                     GESKIEDENIS V2                      (EC/SEPTEMBER 2017)

 2.4    Gebruik Bron 2D.

        2.4.1   Haal TWEE name aan vanuit die plakkaat wat as informante
                (mpimpis) geïdentifiseer was.                            (2 × 1)          (2)

        2.4.2   Lewer kommentaar oor waarom jy dink die ANC Vroueliga vir Winnie
                Mandela gedurende die WVK-verhore ondersteun het.         (2 × 2)         (4)

        2.4.3   Verduidelik in jou eie woorde die rol wat informante tydens Suid-
                Afrika se Bevrydingstryd gespeel het.                          (2 × 2)    (4)

 2.5    Vergelyk Bronne 2C en 2D. Verduidelik hoe die inligting in Bron 2C die
        bewyse in Bron 2D ondersteun met betrekking tot die dood van Stompie
        Sepei.                                                                (2 × 2)     (4)

 2.6    Deur gebruik te maak van die inligting in die relevante bronne en jou eie
        kennis, skryf ŉ paragraaf van omtrent AGT lyne (80 woorde) waarin jy
        verduidelik of die WVK suksesvol was om vrede en versoening in Suid-
        Afrika mee te bring.                                                              (8)
                                                                                         [50]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)                 GESKIEDENIS V2                                           7

 VRAAG 3:             WAT WAS DIE IMPAK VAN GLOBALISERING OP DIE
                      EKONOMIEË VAN ONTWIKKELENDE LANDE NA 1989?

 Bestudeer Bronne 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg.

 3.1    Lees Bron 3A.

        3.1.1    Haal TWEE faktore uit die bron aan wat boere tot nuwe en
                 onbekende toestande in hul ekonomieë blootgestel het.           (2 × 1)   (2)

        3.1.2    Wat, volgens die bron, het die manier waarop Suider-Afrikaanse
                 boere die klimaatvariasie gehanteer het, beïnvloed?         (1 × 2)       (2)

        3.1.3    Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis, om die verhouding
                 tussen klimaatsverandering en klimaatvariasie in die konteks van
                 globalisering te verduidelik.                                   (2 × 2)   (4)

 3.2    Raadpleeg Bron 3B.

        3.2.1    Identifiseer TWEE probleme, vanuit die bron, wat arme klein
                 familieboere in die gesig gestaar het.                      (2 × 1)       (2)

        3.2.2    Watter boodskap dra die plakkaat oor met betrekking tot die twee
                 vroue in die veld?                                            (1 × 2)     (2)

        3.2.3    Lewer kommentaar op waarom hierdie bron nie as ŉ betroubare
                 historiese bewys gebruik kan word om die impak van globalisering te
                 bestudeer nie.                                              (2 × 2)       (4)

        3.2.4    Verduidelik hoe maatskaplike beskerming arme klein familieboere
                 sou help om hul lewensomstandighede te verbeter.            (1 × 2)       (2)

 3.3    Lees Bron 3C.

        3.3.1    Volgens die inligting in die bron, lys die TWEE faktore wat die
                 armste lande gehelp het om vinniger te groei en armoede te
                 verminder.                                                      (2 × 1)   (2)

        3.3.2    Verduidelik hoe die sienings van Domschu en Kalytta met betrekking
                 tot die impak van globalisering verskil.                    (2 × 2)       (4)

        3.3.3    Deur gebruik te maak van die inligting in die bron en jou eie kennis,
                 verduidelik waarom globalisering vir verbeterde werkgeleenthede in
                 Asiatiese lande verantwoordelik was.                            (2 × 2)   (4)

 3.4    Vergelyk Bronne 3B en 3C. Verduidelik hoe die inligting in Bron 3B die
        bewyse in Bron 3C ondersteun met betrekking tot die gevolge van
        globalisering op suidelike Afrika-lande.                              (2 × 2)      (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                     GESKIEDENIS V2                      (EC/SEPTEMBER 2017)

 3.5    Raadpleeg Bron 3D.

        3.5.1   Volgens die inligting in die bron, waarom het ontwikkelende nasies
                oor die toestande van hul stede gekla?                        (1 × 2)        (2)

        3.5.2   Noem die TWEE kitskoskettings wat winkels in die ontwikkellende
                lande geopen het.                                           (2 × 1)          (2)

        3.5.3   Verduidelik waarom Indië krities oor McDonalds was.               (2 × 2)    (4)

        3.5.4   Volgens die inligting in die bron, verduidelik hoe armoede deur
                globalisering verminder kan word.                              (2 × 1)       (2)

 3.6    Deur gebruik te maak van die inligting in die relevante bronne en jou eie
        kennis, skryf ŉ paragraaf van omtrent AGT lyne (80 woorde) waarin jy die
        impak wat globalisering op die ekonomieë van ontwikkelende lande na 1989
        gehad het, verduidelik.                                                              (8)
                                                                                            [50]

 AFDELING B: OPSTELVRAE

 Beantwoord ten minste EEN, maar nie meer as TWEE vrae uit hierdie afdeling.

 VRAAG 4:            BURGERLIKE WEERSTAND IN SUID-AFRIKA: 1970’s TOT
                     1980’s

 ‘Die internasionale Anti-Apartheidsbewegings se beroep op boikotte, disinvestering
 en sanksies het aansienlik tot die ineenstorting van die apartheidsregime in Suid-
 Afrika in die 1980’s bygedra.’

 Stem jy met die stelling? Motiveer jou antwoord met relevante historiese bewyse.           [50]

 VRAAG 5:            DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN KOM
                     VREDE MAAK MET DIE VERLEDE

 ‘Die vrylating van Nelson Mandela in 1990 was ŉ keerpunt in Suid-Afrika se
 geskiedenis.’

 Evalueer hierdie stelling deur te verduidelik hoe die proses van onderhandelinge
 tussen die verskillende politieke rolspelers tot die eerste demokratiese verkiesing in
 1994 gelei het.                                                                        [50]

 VRAAG 6:            DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN ŉ NUWE WÊRELD
                     ORDE: 1989 TOT DIE HEDE

 ‘Die ineenstorting van kommunisme en die val van die Sowjet-unie het die weg
 gebaan vir onderhandelings tussen die ANC en die apartheidsregering ná 1989.’

 Bespreek hierdie stelling krities deur die impak wat die ineenstorting van die
 Sowjet-unie op Suid-Afrika se politieke landskap gehad het, te ontleed.                    [50]

                                                                            TOTAAL: 100

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com

## Related documents

- [GR12 HIST P2 Sept2017 QP Eng](https://www.hlayiso.com/library/gr12-hist-p2-sept2017-qp-eng/a9e68a30-4308-449a-b46f-d8e2efa233d8) — History · QP · 2017 · Eng
- [HISTORY P1 GR12 QP SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-qp-sept2017-afrikaans/b9dc10fb-ad07-4300-abc2-a509afb2c30f) — History · QP · 2017 · Afr
- [Grade 12 NSC History P2 Preparatory 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p2-preparatory-2017-question-paper/badeb23c-1096-472f-a56c-66498abe1e7b) — History · QP · 2017
- [History P2 Nov 2017 Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2017-afr/b0926a9f-e7f4-4b6d-8c52-7a8d0984cadc) — History · QP · 2017 · Afr
- [HISTORY P2 QP SEPT 2018 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-qp-sept-2018-afr-d/6e5a4a14-b9fd-4574-819d-b440ed12a5a3) — History · QP · 2018 · Afr
- [Gr12 HIST P2 S16 QP Eng](https://www.hlayiso.com/library/gr12-hist-p2-s16-qp-eng/f7730ddc-8b15-401a-a609-87d42709fe80) — History · QP · 2016 · Eng

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [History P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2025-mg-eng/9e0f813e-e888-4061-a259-20b4dbe98907) — Memo · 2025 · Eng
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-adden-gr12-sep-2024-afrikaans/4faf89db-d19f-40cf-891f-e87e004b0bc5) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept-2024-afrikaans/b61f3bc2-3524-48c9-af60-f3348133d582) — Addendum · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
