# History Grade 12 Paper 1 Gauteng Mock 2021 Memo (Afrikaans)

> Grade 12 History Paper 1 memorandum from the Gauteng Mock Exam 2021 (Afrikaans), 23 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr12-history-p1-afrikaans-2021-preparatory-possible-answers/02a3ed7c-41fd-4ea4-9019-7cf8787909c3
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2021
- Exam period: Gauteng Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 23

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 Paper 1 Gauteng Mock 2021 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/gr12-history-p1-afrikaans-2021-preparatory-possible-answers/02a3ed7c-41fd-4ea4-9019-7cf8787909c3)

## About this document

History · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2021 · Afrikaans. Memorandum, 23 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Gr12 History P1 (Afrikaans) 2021 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-history-p1-afrikaans-2021-preparatory-question-paper/9c825710-3cb6-41a5-83f1-ec4a4f9c153e) — QP · 2021 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS

             VOORBEREIDENDE EKSAMEN
                           2021
                   NASIENRIGLYNE

               GESKIEDENIS (VRAESTEL 1) (10791)

23 bladsye

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                         10791/21

1.      BRONGEBASEERDE VRAE

1.1     Die volgende kognitiewe vlakke word gebruik om brongebaseerde vrae te
        ontwikkel:

      Kognitiewe                                                            Gewigtoekenning
                                  Historiese vaardighede
        vlakke                                                                 van vrae
                        Uittrek inligting uit bronne
                        Keuse en organisasie van relevante inligting uit         30%
       VLAK 1
                         bronne                                                (15 punte)
                        Definieer historiese konsepte
                        Interpretasie van bewyse uit bronne
                                                                                  40%
       VLAK 2           Verduidelik inligting verkry uit bronne
                                                                               (20 punte)
                        Analiseer bewyse uit bronne
                        Interpreteer en evalueer bewyse uit bronne
                        Bepaal die nuttigheid, betroubaarheid,
                         vooroordeel en beperkings                                30%
       VLAK 3
                        Vergelyk en kontrasteer interpretasies en               (15 punte)
                         perspektiewe in die bronne en kom tot
                         onafhanklike gevolgtrekkings

1.2     Die inligting hieronder dui aan hoe brongebaseerde vrae geassesseer word:

           In die nasien van brongebaseerde vrae moet krediet aan enige ander geldige en
            relevante standpunte, argumente, bewyse of voorbeelde gegee word.
           Met die toekenning van punte moet aandag gegee word aan hoe daar aan die
            vereistes van die vraag voldoen is.
           In die nasienriglyne word die vereistes van die vraag (vaardighede wat aangespreek
            moet word) asook die vlak van die vraag in kursiefgedrukte skrif aangedui.
2.      OPSTELVRAE

2.1     Die opstelvrae vereis dat kandidate:

           In staat sal wees om hul argument te struktureer in 'n logiese en samehangende wyse
            te stel. Hulle moet die relevante inligting kies, organiseer en saamvoeg sodat dit vir
            hulle moontlik sal wees om ‘n 'n redelike reeks feite of 'n effektiewe argument te kan
            weergee om sodoende die gestelde vraag te beantwoord. Dit is noodsaaklik dat 'n
            opstel 'n inleiding, 'n samehangende en gebalanseerde liggaam van bewyse en 'n
            gevolgtrekking het.

2.2     Nasien van opstelvrae

           Nasieners moet daarop let dat die inhoud van die antwoord gelei sal word deur die
            handboeke wat by die sentrum gebruik word.
           Kandidate kan enige ander relevante inleiding en/of gevolgtrekking hê as dié wat by
            'n spesifieke opstel nasienriglyn vir 'n spesifieke opstel ingesluit is.
           Wanneer brongebaseerde opevrae geassesseer word, moet die leerders vir alle
            ander relevante antwoorde gekrediet word.
                                                 2

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                        10791/21

2.3   Globale assessering van die opstel

      Die opstel sal holisties (wêreldwyd) geassesseer word. Hierdie benadering vereis dat die
      onderwyser die algehele produk aanteken, sonder om die dele afsonderlik aan te teken.
      Hierdie benadering moedig die leerder aan om 'n individuele mening te bied deur
      geselekteerde feitelike bewyse te gebruik om 'n argument te ondersteun. Daar sal nie van
      die leerder verwag word om bloot 'feite' te heroorweeg om 'n hoë punt te behaal nie.
      Hierdie benadering ontmoedig leerders om 'model' antwoorde voor te berei en hulle te
      reproduseer sonder om die spesifieke vereistes van die vraag te oorweeg. Holistiese
      assessering, in teenstelling met inhoudsgebaseerde assessering plaas klem op die
      volgende:
       Die konstruksie van die argument.
       Die toepaslike seleksie van feitelike bewyse om die argument te ondersteun.
       Die leerder se interpretasie van die vraag.

2.4   Assessering van die opstel

      2.4.1 Hou die sinopsis in gedagte wanneer die opstel nagesien word.

      2.4.2 Tydens die eerste deurlees van die opstel moet regmerkies toegeken word vir 'n
            relevante inleiding (aangedui met ‘n kolpunt ’bullet’ in die nasienriglyne), vir elke
            hoofaspek /liggaam van die opstel wat die argument ondersteun (aangedui met ‘n
            kolpunt ’bullet’ in die nasienriglyne) en 'n relevante gevolgtrekking (aangedui met ‘n
            kolpunt ’bullet’ in die nasienriglyne).
            Byvoorbeeld, in 'n opstel waar daar vyf (5) hoofpunte is, kan daar ongeveer sewe
            (7) regmerkies wees.

      2.4.3 Hou die PEEL-struktuur in gedagte tydens die nasien van ‘n opstel.

               P    Punt: Die kandidaat lei die opstel in met 'n arguments/ ‘n
                    duidelike hoofpunt.
                    Elke paragraaf moet 'n punt insluit wat die belangrikste
                    (argumentslyn) onderhou wat in die inleiding bekendgestel is.
               E    Verduideliking: Die kandidaat moet in groter detail bespreek
                    waaroor die hoofpunt (argument) gaan en hoe dit verband hou
                    met die vraag wat gevra is.
               E    Voorbeeld: Die kandidate moet die vraag beantwoord deur
                    inhoud te kies wat relevant is vir die lyn van argument.
                    Relevante voorbeelde moet gegee word om die argumentslyn
                    te onderhou.
               L    Skakel: Die kandidate moet verseker dat die argument
                    deurgaans in die opstel onderhou word en samehangend
                    geskryf is.

                                               3

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                       10791/21

      2.4.4 Die volgende simbole MOET gebruik word in die assessering van 'n opstel:

            • Inleiding, hoofaspekte en gevolgtrekking nie behoorlik gekontekstualiseer nie
                                             ^
            • Verkeerde stelling                    _________________

            • Irrelevante inligting           |
                                              |
                                              |

            • Herhaling                       R

            • Analise                         A√

            • Interpretasie                   I√

            • Lyn van Argument                       LOA

2.5   Die matriks

      2.5.1 Gebruik van die matriks vir die assessering van opstelle

      By die nasien van opstelle moet die kriteria soos voorsien in die matriks gebruik word.
      Tydens die assessering van ‘n opstel, let op na die inhoud en aanbieding.

      1.      Met die eerste deurlees van die opstel word daar bepaal tot watter mate die
              hoofmomente gedek is om en die inhoudsvlak (op die matriks) vas te stel.

                                                      I         VLAK 4

      (b)     Die tweede deurlees van die opstel sal die vlak (op die matriks) van die
              aanbieding bepaal.
                                                      I         VLAK 4
                                                      A         VLAK 3

      (c)     Ken 'n algehele punt toe met behulp van die matriks.

                                                      I         VLAK 4        }26–27
                                                      A         VLAK 3

                                              4

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                                                                                                   10791/21

             NASIENMATRIKS VIR OPSTELLE – TOTAAL: 50

                            VLAK 7                  VLAK 6                  VLAK 5                 VLAK 4             VLAK 3                  VLAK 2                   VLAK 1*
AANBIEDING            Baie goed beplande       Baie goed              Goed beplande en       Argument beplan en Toon soms bewys van    Poging aangewend om        Weinig of geen poging
                      en gestruktureerde       beplande en            gestruktureerde        gestruktureer.      'n                    antwoord te struktureer.   om die opstel te
                      opstel. Goeie sintese    gestruktureerde        opstel.                Bewyse tot 'n       gestruktureerde en    Grootliks beskrywend of    struktureer nie.
                      van                      opstel. 'n Relevante   Poog om 'n duidelike   sekere mate gebruik beplande argument.    poog om argument te
                      inligting. Het 'n goed   argument is gevolg.    argument te            om argument te      Poog om 'n argument   ontwikkel. Geen poging
                      gebalanseerde,           Bewyse gebruik om      ontwikkel.             ondersteun.         vol te hou.           om 'n gevolgtrekking te
                      oorspronklike            die argument te        Gevolgtrekking         Slotsom bereik op   Gevolgtrekking nie
                                                                                                                                       maak nie.
                      argument ontwikkel       verdedig. Poog om 'n   gemaak uit bewyse      grond van bewyse. duidelik ondersteun
                      met bewyse.              onafhanklike           om die argument te                         deur bewyse nie.
                      Argument deurgaans       gevolgtrekking uit
INHOUD                                                                ondersteun.
                                               die bewyse te maak
                      volgehou en
                                               om die argument te
                      verdedig.
                                               ondersteun.
                      Onafhanklike
                      gevolgtrekking
                      gemaak uit bewyse
                      om die argument te
                      ondersteun.

VLAK 7
Vraag is ten volle
beantwoord.
Inhoudskeuse ten         47 – 50                  43 – 46
volle relevante tot
argument wat
gevolg is.

VLAK 6
Vraag is
beantwoord.
Inhoudseleksie           43 – 46                  40 – 42                 38 – 39
relevante tot
argument wat
gevolg is

VLAK 5
Vraag grotendeels
beantwoord.              38 – 39                  36 – 37                 34 – 35              30 – 33              28 – 29
Inhoud toereikend
en relevante.

VLAK 4
Vraag herkenbaar in
antwoord. Sommige
weglatings of                                                             30 – 33              28 – 29              26 – 27
irrelevante keuse
van inhoud.

VLAK 3
Keuse van inhoud
hou verband met
vraag, maar
beantwoord dit nie.                                                                            26 – 27              24 – 25                 20 – 23
Hou soms nie
verband met die
vraag nie.
Weglatings.

VLAK 2
Vraag ontoereikend
beantwoord.                                                                                                         20 – 23                 18 – 19                   14 – 17
Inhoud skraal.

VLAK 1*
Vraag ontoereikend
beantwoord of glad
nie. Ontoereikend
                                                                                                                                            14 – 17                    0 – 13
of irrelevante
inhoud.

      *      Riglyne vir die toekenning van 'n punt vir Vlak 1:
            Vraag glad nie aangespreek nie / heeltemal irrelevante inhoud; geen poging om die opstel te struktureer nie = 0
            Antwoord sluit basiese en oor die algemeen irrelevante inligting in                                  =    1–6
            Vraag onvoldoende aangespreek en vaag; min poging om die opstel te struktureer                       =    7 – 13

                                                                                               5

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                    10791/21

AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

VRAAG 1:          HOE HET DIE USSR EN DIE VSA TUSSEN 1945 EN 1949 HUL
                  INVLOEDSFERE IN EUROPA GESKEP?

1.1   1.1.1   [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – L1]

                   Joseph Stalin – USSR/Rusland
                   Winston Churchill – Brittanje
                   Harry Truman – VSA                                          (3 x 1)   (3)

      1.1.2   [Interpretasie van bewyse uit Bron 1A – L2]

                  Om onderhandelde terme aan die einde van WO2 te bespreek
                  Om besluitneming oor die toekoms van Duitsland te maak
                  Om reparasies te bespreek
              (Enige ander relevante antwoord)                            (2 x 2)         (4)

      1.1.3   [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – L1]

                   Hy het gevoel dat die USSR se besluit te hard op Duitsland was.
                   Wou hê ander besettingsnasies moet ook baat vind by reparasies.
                   Roosevelt wou verhoed dat 'n soortgelyke situasie sou ontstaan wat
                    sou lei tot die opkoms van die Nazi's.                      (2 x 1)   (2)

      1.1.4   [Interpretasie van bewyse uit Bron 1A – L2]

                  Onderhandelings het die status van 'n gedemilitariseerde en
                   ontwapende Duitsland onder vier sones van besetting gevestig.
                  Elk van die vier lede van die Geallieerdes is 'n sone volgens
                   bevoegdheid toegeken.
              (Enige ander relevante antwoord)                                (1 x 2)     (2)

1.2   1.2.1   [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – L 1]

                  USSR se bedoeling bevraagteken
                  Enige perke met die doel om uit te brei
              (Enige een van bogenoemde)                                        (1 x 1)   (1)

      1.2.2   [Interpretasie van bewyse uit Bron 1B – L2]

                  'n Titel in die weermag
                  Leier van 'n regiment
              (Enige ander relevante antwoord)                                  (1 x 2)   (2)

                                              6

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                    10791/21

      1.2.3   [Definisie van ‘n historiese bewys uit Bron 1B – L1]

                  Ideologiese/denkbeeldige lyn verdeel Europa in twee invloedsfere,
                   kapitalistiese Weste en ‘n kommunistiese Ooste.
                  Verdeling van Europa in twee invloedsfere, kommunisme – Oos en
                   kapitalisme – Wes.
              (Enige ander relevante antwoord)                               (1 x 2)      (2)

      1.2.4   [Interpretasie van bewyse uit Bron 1B – L2]

                  Gevrees dat kommunisme sal versprei in Sentraal- en Oos-Europa,
                   en uiteindelik in Wes-Europa.
                  Gevoel dat die VSA sou verloor het teen kommunisme in Sentraal-
                   en Oos-Europa.
                  Wou kapitalisme in Sentraal- en Oos-Europa bevorder.
                  Dat kommunisme vinniger versprei het as wat verwag is ten koste
                   van kapitalisme.
              (Enige ander relevante antwoord)                                (2 x 2)     (4)

      1.2.5   [Analiseer en interpreteer die betroubaarheid van Bron 1B – L3]

              Betroubaar:

                  Toespraak deur Winston Churchill, Britse Eerste Minister.
                  Die bron het die presiese datum/tydraamwerk van die Koue Oorlog.
                  Kan met ander bronne bevestig word.
                  Verduidelik die omvang van die verspreiding van kommunisme in
                   Sentraal- en Oos-Europa.
                  Verskaf gronde vir VSA se Domino Teorie.
              (Enige ander relevante antwoord)                               (2 x 2)      (4)

1.3   1.3.1   [Interpretasie van ‘n spotprent, Bron 1C – L2]

                  Toon die gevaar van kommunisme in Wes-Europa as die Marshall-
                   plan nie spoedig geïmplementeer word nie (Russiese beer beweeg
                   na Wes-Europa)
                  Verskaf die omvang van die verspreiding van kommunisme in
                   Europa (Die tempo / spoed van die skaduwee)
                  Wys hoe kommunisme na Wes-Europa versprei het (Terwyl die
                   skaduwee verleng)
              (Enige ander relevante antwoord)                               (2 x 2)      (4)

      1.3.2   [Verduideliking van simbole van Bron 1C – L1]

              (a)   (Beer) USSR                                                 (1 x 1)   (1)
              (b)   (Withuis) VSA                                               (1 x 1)   (1)

                                              7

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                      10791/21

1.4   1.4.1     [Onttrekking van bewyse van Bron 1D – L2]

                    Beheer van inflasie
                    Herlewing van handel / Herstel van produksie                 (2 x 1)   (2)

      1.4.2     [Interpretasie van bewyse van Bron 1D – L2]

                    Europeërs koop in by die ERP/Ekonomiese herstelplan
                    Europeërs stem in tot die basiese bepalings van die hulp-pakket
                    Europeërs was ontvanklik vir kapitalisme.
                (Enige ander relevante antwoord)                                (2 x 2)     (4)

      1.4.3     [Onttrekking van bewyse van Bron 1D – L1]

                    Dit was moeiliker vir ondersteuners om te propageer vir bykomende
                     hulpfondse onder die ERP. (Ekonomiese herstelplan)
                    Na aanleiding van die uitbreek van die Koreaanse Oorlog in 1950,
                     het Amerikaanse belangstelling in internasionale hulp verskuif na
                     ekonomiese ontwikkeling in die rigting van verdediging, befondsing
                     en militêre ondersteuning aan Europa, as teenvoeter teen die
                     Sowjetunie en internasionale kommunisme.                     (2 x 1)   (2)

      1.4.4     [Vergelyking van inligting: Bronne 1C en 1D – L3]

                    Bron 1C beeld die na-oorlogse Wes-Europa uit as ‘n bedreiging
                     deur die Russiese skaduwee terwyl Bron 1D erken dat sonder
                     Amerikaanse hulp, was dit nie moontlik vir Wes-Europa om sy
                     ekonomie te herstel nie.
                    Bron 1C toon die Marshall-plan as 'n plan om Wes-Europa te red,
                     terwyl Bron 1D toon dat die Marshall-plan daarop gemik was om die
                     ekonomieë van Wes-Europa te herstel en te laat herleef.
                    Beide Bronne 1C en 1D beklemtoon dat die Marshall-plan 'n
                     kapitalistiese plan was om Wes-Europa teen Sowjet-oorheersing en
                     kommunisme te beskerm.
                (Enige ander relevante antwoord)                                (2 x 2)     (4)

1.5   [Interpretasie, evaluasie en sintese van bewyse van relevante bronne – L3]

             Die verdeling van Duitsland tydens die Potsdam en Yalta-konferensies na
              afloop van WO2 in 1945, het tot die opkoms van die Koue Oorlog gelei.
              (Bron 1A)
             VSA het ten doel om kapitalisme te versprei wat in Wes-Europa ontstaan
              het, terwyl die USSR ten doel het om kommunisme in Oos-Europa te
              versprei.(Eie kennis)
             Die voormalige Britse eerste minister, Winston Churchill verwys na die
              verdeling van Europa in kapitalisme en kommunisme, as die "Ystergordyn".
              (Bron 1B)
             Die Ystergordyn het Wêreldvrede en die outonomie van nasies bedreig.
              (Bron 1B)

                                               8

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                                                            10791/21

    Elkeen van die twee supermoondhede (VSA en USSR) wou hê hul
     ideologie moet politieke oorheersing toon. (Eie kennis)
    Die bekendstelling van die Marshall-plan het die verhouding tussen USSR
     en die VSA verder gespanne gemaak. (Bron 1C)
    VSA beskou die Marshall plan as die middel om Wes-Europa te red van
     Sowjet-oorheersing. (Bron 1C)
    Die Marshall-plan het massiewe befondsing aan sukkelende Wes-Europese
     lande verskaf om hul verswakte ekonomieë te red. (Bron 1D)
    Die Marshall-plan het ‘n doel voor oë gehad om kapitalisme te bevorder.
     (Bron 1D)
    USSR het die Marshall-plan as ‘n 'Dollar diplomasie' beskou. (Eie kennis)
    USSR het haar eie ekonomiese plan (COMECON) ingestel om die
     Marshall-plan teen te staan. (Eie kennis)
(Enige ander relevante antwoord)                                                  (8)

Gebruik die volgende rubriek om 'n punt toe te ken:

                Gebruik bewyse op 'n elementêre wyse,
                 byvoorbeeld toon geen of min begrip van hoe die
                 USSR en die VSA hul invloedsfere in 1945             PUNTE
    VLAK 1
                 geskep het nie.                                       0–2
                Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie 'n paragraaf
                 skryf nie.
                Bewyse is meestal relevant en hou tot 'n groot
                 mate verband met die onderwerp, byvoorbeeld wys
                 hoe die USSR en die VSA hul invloedsfere in          PUNTE
    VLAK 2
                 1945 geskep het.                                      3–5
                Gebruik bewyse op 'n basiese wyse om 'n
                 paragraaf te skryf.
                Gebruik relevante bewyse, byvoorbeeld toon 'n
                 deeglike begrip van hoe die USSR en die VSA
                 hul invloedsfere in 1945 geskep het.
                                                                      PUNTE
    VLAK 3      Gebruik bewyse baie effektief in 'n georganiseerde
                                                                       6–8
                 paragraaf wat 'n goeie begrip van die onderwerp
                 toon.

                                                                                 [50]

                                       9

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                          10791/21

VRAAG 2:        WAT WAS DIE AARD VAN BUITELANDSE BETROKKENHEID BY
                DIE ANGOLESE BURGEROORLOG?

Bestudeer Bronne 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg.

2.1 2.1.1   [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – L1]

               Popular Movement for the Liberation of Angola (MPLA)
               National Front for the Liberation of Angola (FNLA)
               The National Union for the Total Independence of Angola (UNITA)
                                                                              (3 x 1)           (3)

    2.1.2   [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – L1]

               VSA
               Zaïre
               China                                                          (enige 2 x 1)    (2)

    2.1.3   (Verduideliking van ‘n historiese konsep uit Bron 2A – L2]

               'n Konflik tussen twee of meer groepe binne dieselfde land. In die geval
                van Angola, tussen UNITA en ander rebelle-groepe aan die een kant en
                die MPLA aan die ander kant.
            (Enige ander relevante antwoord.)                                     (1 x 2)       (2)

    2.1.4   [Interpretasie en verduideliking van inligting uit Bron 2A – L2]

             Hulle wou die MPLA as mede-Marxiste ondersteun.
             Hulle het ‘n gemeenskaplike ideologie gedeel
             Hulle wou die val van die MPLA voorkom.
             Hulle wou die belange van die VSA in Afrika ondermyn.
             Hulle het die strategiese belangrikheid van Angola besef.
             Hulle wou die verspreiding van kommunisme bevorder.
            (Enige ander relevante antwoord)                                          (1 x 2)   (2)

    2.1.5   [Interpretasie van bewyse uit Bron 2A – L2]

               Hulle wou nie gesien word as die ondersteuners van apartheid in SA
                nie.
             Hulle wou nie die reputasie van die VSA beskadig deur te assosieer
                met die apartheidsregime nie.
            (Enige ander relevante reaksie)                                     (1 x 2)         (2)

                                              10

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                     10791/21

2.2   2.2.1   [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – L1]

                 Angola het olie gehad.
                 Angola het goeie hawens aan die Atlantiese kus gehad.
                 Die vooruitsig van 'n Russiese vlootbasis in die area het Washington
                  bekommerd gelaat.
              (Enige een van die bogenoemde)                                    (2 x 1)   (2)

      2.2.2   [Interpretasie van bewyse uit Bron 2B – L2]

                 Amerika wou hê die USSR moet onnodig geld en hulpbronne in die
                  Angolese konflik spandeer.
               Amerika wou hê die konflik moet te duur word vir die USSR om hul
                  betrokkenheid te handhaaf.
               Hulle wou hê die USSR se ondersteuning aan die MPLA moet duur
                  word tot op die punt dat hulle die gebied verlaat het.
              (Enige ander relevante antwoord)                              (1 x 2)       (2)

      2.2.3   [Interpretasie van bewyse uit Bron 2B – L2]

                 Wou nie ‘n oop konflik met USSR waag nie.
                 Wou nie as die aggressor verskyn nie.
                 Was bekommerd oor hul beeld van aansien.
                 Was bekommerd oor Amerika se openbare mening as gevolg van
                  die ooreenkomste met die konflik van die Viëtnamese-oorlog.
              (Enige ander relevante antwoord)                                (1 x 2)     (2)

      2.2.4   [Interpretasie van bewyse uit Bron 2B – L2]

               SA regering was kapitalistiese/pro-Westers, dus anti-kommunisties.
               MPLA was ten gunste van die ANC/teen apartheid gekant.
               MPLA ondersteun SWAPO in Namibië.
               SA wou die steun van VSA hê.
              (Enige ander relevante antwoord)                              (1 x 2)       (2)

2.3   2.3.1   [Onttrekking van bewyse uit Bron 2C – L1]

                 “Hy was beskou as verantwoordelik vir die sistematiese
                  onderdrukking wat teen die mense van Suid-Afrika en die streek as
                  geheel uitgevoer is ter verdediging van wit heerskappy en
                  kapitalisme.”                                               (1 x 1)     (1)

      2.3.2   [Onttrekking van bewyse uit Bron 2C – L1]

                 “ter verdediging van wit heerskappy en kapitalisme”           (1 x 2)   (2)

      2.3.3   [Onttrekking van bewyse uit Bron 2C – L1]

                 meer as $80 miljard                                           (1 x 1)   (1)

                                             11

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                     10791/21

      2.3.4   (Onttrekking van bewyse uit Bron 2C – L1]
               Meer as twee miljoen persone is dood.
               Mense is vermink.
               Mense is ontwortel.
               Mense is vlugtelinge gemaak.                              (Enige 3 x 1)    (3)

      2.3.5       [Evalueer die getuienis /bepaal beperkings/eensydigheid vanuit Bron 2C – L3]

                 Openbaar SA in 'n negatiewe lig.
                 Bron beeld nie die standpunt van SA uit nie.
                 Beeld slegs die standpunt uit van Angola/MPLA/diegene wat
                  SA/UNITA teenstaan.
               Bron beeld SA uit as die skuldige.
              (Enige ander relevante antwoord)                                   (2 x 2)   (4)

2.4   2.4.1   [Interpretasie van bewyse uit Bron 2D – L2]

                 Magnus Malan/SA is 'n bedreiging vir Angola/Suider-Afrika (hy klop
                  sy bors, groei ensovoorts in Angola/Afrika).
               Magnus Malan/SA beskerm/help UNITA (die klein man met die etiket
                  UNITA kruip agter sy been weg)
               Malan/SA is gevaarlik/gewelddadig ens.(die gorilla vertoon
                  gewelddadig/dreigend).
               SA is die werklike mag agter UNITA (Malan is baie groter en meer
                  dreigend as die klein UNITA-figuur).
              (Enige ander relevante antwoord)                                  (2 x 2)    (4)

      2.4.2   [Interpretasie van bewyse uit Bron 2D – L2]

               UNITA is minder betekenisvol of kragtig as SA.
               UNITA word beskerm deur die groter SA.
               UNITA is die junior of swakker vennoot van SA.
              (Enige ander relevante antwoord)                                   (1 x 2)   (2)

      2.4.3   [Interpretasie van bewyse uit Bron 2D – L2]

                 Malan (die reuse-aap/gorilla) klop sy bors op 'n dreigende wyse – hy
                  dreig Angola/Suider-Afrika.
               Malan groei – Hy / SA is gevaarlik.
               Hy wys/openbaar sy tande – hy lyk dreigend en gevaarlik: Hy/SA is
                  'n gevaar vir Angola.
              (Enige ander relevante antwoord)                                   (1 x 2)   (2)

2.5           [Vergelyking van bewyse uit Bron 2D – L3]

                   Bron 2C: noem Malan; Bron 2D: is hy sigbaar.
                   Bron 2C beskryf hom as 'n oorlogsmisdadiger; in Bron 2D sien ons
                    hom in 'n militêre uniform.
                   In Bron 2C word hy as aggressie beskryf; in Bron 2D sien ons hom
                    aggressief/dreigend optree.

                                              12

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                      10791/21

                  In Bron 2C Malan/SA word beskryf as ‘n aanvaller van Angola en
                   Suider-Afrika, en in Bron 2D sien ons hom op 'n kaart van Suider-
                   Afrika staan.
                In Bron 2C word ons meegedeel dat SA, UNITA ondersteun het; in
                   Bron 2D sien ons 'n klein UNITA figuur, beskerm deur Malan.
               (Enige ander relevante antwoord)                                   (2 x 2)   (4)
2.6   [Interpretasie, analise en sintese van bewyse uit alle bronne en eie kennis – V3]

      Kandidate moet 'n begrip toon van hoe buitelandse nasies soos
      SA/VSA/Kuba by Angola betrokke geraak het, wat hul betrokkenheid
      behels het en hoe dit Angola geraak het.

         Die Burgeroorlog in Angola het 'n koue oorlogsveld geword (Bron 2A).
         Die VSA het die FNLA en UNITA (Bron 2A) bygestaan.
         Zaïre en China het die FNLA bygestaan (Bron 2A).
         Die USSR het die MPLA (Bron 2A) bygestaan.
         Die MPLA het lang verhoudings met Kuba gevestig wat hulp verleen het
          (Bron 2A).
       Die VSA wou Angola aan die VSA weier (Bron 2B).
       Die teenwoordigheid van Kubane en die Sowjetunie was 'n bedreiging vir
          SA (Bron 2B).
       SAW het dood en verwoesting in Angola veroorsaak (Bron 2C en 2D).
       Meer as twee miljoen persone is dood, vermink, ontwortel of is van
          vlugtelinge gemaak (Bron 2C).
       SAW het $80 miljard se verwoesting veroorsaak asook menseregte
          skendings (Bron 2C).
       Magnus Malan/SA was ‘n bedreiging vir Angola en Suider Afrika
          (Mosambiek)
      (Enige ander relevante antwoord)                                                      (8)

                       Gebruik bewyse op 'n elementêre wyse. Toon min
                        begrip van die aard van buitelandse
                        betrokkenheid by die Angolese Burgeroorlog.            PUNTE:
      VLAK 1
                        Gebruik bewyse gedeeltelik om oor die onderwerp        0–2
                         verslag te doen of kan nie oor onderwerp verslag
                         doen nie.
                       Bewyse is meestal relevant en hou tot 'n groter mate
                        verband met die onderwerp.
                                                                               PUNTE:
      VLAK 2             Toon 'n begrip van die aard van buitelandse
                                                                                3–5
                         betrokkenheid by die Angolese Burgeroorlog.
                        Gebruik bewyse uit die bronne op 'n basiese wyse.
                         Bewyse is relevant en hou verband met die
                         onderwerp. Toon deeglike begrip van die aard van
                         buitelandse betrokkenheid by die Angolese             PUNTE:
      VLAK 3
                         Burgeroorlog.                                          6–8
                        Gebruik bewyse effektief in 'n georganiseerde
                         paragraaf wat 'n begrip van die onderwerp toon.
                                                                                            [50]

                                                13

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                     10791/21

VRAAG 3:        WATTER IMPAK HET DIE GREENSBORO SITSTAKING OP DIE
                BURGERREGTEBEWEGING IN DIE VERENIGDE STATE VAN
                AMERIKA IN DIE 1960'S GEHAD?

3.1 3.1.1   [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – L1]

               Segregasie in openbare onderwys as ongrondwetlik                 (1 x 1)   (1)

    3.1.2   [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – L1]

               Optogte
               Boikotte
               Sitstakings                                                      (3 x 1)   (3)

    3.1.3   [Verduideliking van ‘n historiese konsep uit Bron 3A – L1]

               Die Verenigde State se grondwetlike bepaling het die segregasie van
                openbare skole, openbare plekke, openbare vervoer, openbare
                toilette, restaurante en drinkfonteine tussen wit en swart mense
                voorgestel.
             'n Versameling staats-en plaaslike wette wat segregasie van openbare
                instellings en ruimtes gewettig het.
             Staatswetgewing het bepaal waar swart mense kon woon, werk of reis.
            (Enige ander relevante antwoord)                                     (1 x 2)   (2)

    3.1.4   [Interpretasie van bewyse uit Bron 3A – L2]

               Die Afro-Amerikaners was nie bekommerd oor wat die restaurante
                bedien het nie, hulle was hoofsaaklik bekommerd oor die uitsluiting
                gebaseer op rasse segregasie.
             Die wit oppergesag was uiters ontvanklik vir die Afro-Amerikaners dus
                die doel van die Burgerregtebeweging was om te veg vir vryheid en
                gelykheid soos in die Amerikaanse grondwet vermeld.
             Daar was tekens en beleide wat die Afro-Amerikaners gestigmatiseer
                het as minderwaardig, dit was die Burgerregtebeweging se doel dat
                hulle nie uit alle openbare ruimtes verbied of beperk word nie..
             Werksgeleenthede was beperk vir die Afro-Amerikaner dus het hulle in
                armoede geleef, die intensie van die Burgerregtebeweging was dat
                alle mense gelyke geleenthede gegee moes word en die reg het om te
                stem.
             Hulle kon nie 'n demokratiese land duld wat voortgegaan het om die
                Jim Crow-wette te handhaaf nie.
            (Enige ander relevante antwoord)                                     (2 x 2)   (4)

                                             14

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                     10791/21

    3.1.5   [Onttrekking van bewyse uit Bron 3B – L1]

               Werksgeleenthede
               Gesondheidsorg
                Hervorming van die polisie en strafregstelsel
               Opvoeding
               Stemreg                                                    (enige 2 x 1)   (2)

3.2 3.2.1   [Onttrekking van bewyse uit Bron 3B – L1]

               David Richmond
               Franklin McCain
               Jibreel Khazan
               Joseph McNeil                                                    (4 x 1)   (4)

    3.2.2   [Interpretasie van bewyse uit Bron 3A – L2]

               Die sitstakings het vinnig na ander state versprei, soos meer studente
                betrokke geraak het by die middag-etes se betogings.
             Die polisie het baie studente en leiers in hegtenis geneem wat die
                vasberadenheid versterk het om segregasie op alle openbare plekke
                te beëindig.
             Die sitstakings was gemobiliseer deur toenemende ondersteuners en
                het gelei tot meer diverse nie-gewelddadige veldtogte.
            (Enige ander relevante reaksie)                                      (2 x 2)   (4)

    3.2.3   [Interpretasie van bewyse uit Bron 3A – L2]

               Die koerante en televisie het Amerikaners die geweld gewys wat deur
                die onverskrokke blankes teen die nie-gewelddadige burgerregte-
                betogers gebruik was
             Die media het die regering aangemoedig om grondwetlike
                veranderinge te implementeer en alle burgers gelyk te behandel.
             Die media-dekking het internasionale reaksie gekry en sodoende
                verskillende menings oor Amerika was gevorm as 'n demokratiese
                land wat versuim het om segregasie te beëindig.
             Die sitstakings het 'n katalisator vir verandering geword omdat die
                media die omvang van geweld teen die betogers gedek het en
                sodoende die momentum en steun vir die burgerregte-betogings in alle
                state verhoog het..
            (Enige ander relevante antwoord)                                    (2 x 2)    (4)

                                             15

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                    10791/21

3.3 3.3.1   [Interpretasie van bewyse uit Bron 3A – L2]

               Die staat was vasbeslote om voort te gaan met die segregasie van die
                middagete-toonbanke, hoewel dit die regte van Afro-Amerikaners en die
                grondwet van Amerika bedreig het.
             Die staat het die wit besighede beskerm om te verseker dat hulle geen
                inkomste verloor nie.
            (Enige ander relevante antwoord)                                  (1 x 2)     (2)

    3.3.2   [Onttrekking van bewyse uit Bron 3D – L1]

               Landdroskantoor
               Stadsaal
               Bushaltes / stasies
               Spoorwegstasies/treinstasies                                (any 2 x 1)   (2)

    3.3.3   [Interpretasie van bewyse uit Bron 3A – L2]

               Die betogers is weggewys en gedreig deur die Ku Klux Klan wat die
                huise van die betogers verbrand het.
             Die leiers van die Burgerregte beweging het nie die “kneel-ins” opgevolg
                of geëskaleer nie omdat hulle baie ondersteuning van die wit Baptiste
                kerk-lede ontvang het.
             Die “kneel-in”-veldtog het nie gegroei soos verwag nie.
             Die omvang van sukses wat behaal is, was tot 'n mindere mate
                suksesvol aangesien die betogings nie so wye media-dekking ontvang
                het nie.
            (Enige ander relevante antwoord)                                    (1 x 2)   (2)

3.4 [Vergelyking van bewyse uit Bron 3B en 3C – L3]

       Bron 3B sê dat die Greensboro sitstakings vinnig versprei het van die Noorde
        na die Suide en Bron 3C beklemtoon dat 200 studente deelgeneem het aan
        die sitstakings in meer as 10 openbare plekke in Georgia.
     Bron 3B verduidelik dat teen die einde van die jaar 100 sitstakings uitgevoer
        was in verskillende Amerikaanse state en Bron 3C verklaar dat meer swart
        gemeenskappe die betogings ondersteun het, veral na die Ku Klux Klan
        optredes.
    (Enige ander relevante antwoord)                                            (2 x 2)   (4)

                                            16

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                       10791/21

3.5 3.5.1    [Interpretasie van bewyse uit Bron 3A – L2]

                Die prentjie hieronder beeld uit hoe die wit bende kos, drankies en
                 suiker op swart studente en wit ondersteuners gestort het wat stil gewag
                 het om bedien te word.
              Die foto beeld uit hoe vyandig die wit studente was teenoor die Afro-
                 Amerikaners wat geëis het om by die middagete-toonbank bedien te
                 word.
              Studente regoor die land het aktiewe deelnemers aan die burgerregte
                 beweging geword.
             (Enige ander relevante antwoord)                                       (2 x 2)    (4)

     3.5.2   [Evalueer die bruikbaarheid van Bron 3B – L3]

             Die bewyse in die bron is nuttig omdat dit inligting bevat oor:

                Hunter Gray wat 'n burgerregte-aktivis was, (aan die linkerkant op die
                 foto), het in 1963 aan die Woolworths sitstaking deelgeneem, wat
                 hierdie ikoniese foto opgelewer het..
              Die foto toon die haat gevoelens, kos en drank wat uitgestort was oor
                 die drie betogers wat bly sit het, na aanleiding van Gandhi se nie-
                 gewelddadige protes idees.
              Die foto is 'n primêre bron waarin die fotograaf 'n ooggetuie was van die
                 geweld wat teen die drie betogers geopenbaar was.
              Die foto is regoor Amerika asook internasionaal gesien, en het die einde
                 van die Jim Crow wette beteken.
              Dit sluit in 'n kort beskrywing van hoe hy deur die wit studente aangeval
                 is.
             (Enige ander relevante antwoord)                                        (2 x 2)   (4)

3.6 Interpretasie, evaluasie en sintese van bewyse uit bronne – L3]

     Kandidate kan die volgende aspekte in hul reaksie insluit:

        Die Greensboro sitstakings was 'n keerpunt in die stryd om burgerregte, want dit
         was geïnspireer deur ander nie-gewelddadige vorme van betogings wat die
         einde van die Jim Crow wette sou beteken. (Bron 3A)
        Die sitstakings het die vraag na werk, verbeterde maatskaplike dienste en die
         reg om te stem verhoog. (Bron 3A)
        Dit het die tempo van desegregasie van die Burgerregtebeweging verhoog en
         die aantal veelrassige ondersteuners wat die studente ondersteun het verhoog.
         (Bronne 3A)
        Die sitstakings het die weggebaan vir die Burgerregtewet van 1964 en die
         Stemregwet van 1965. (Bron 3A)
        Die sitstaking-aksie soos geloods in Greensboro, ( Woolworths ) was suksesvol
         omdat dit die krag van gewone mense se kollektiewe optrede teen die Jim
         Crow wette gedemonstreer het. (Bron 3B)
        Die sitstakings het die aandag van die nasionale media verkry wat media
         dekking aan die betogings gegee het en die ongeregtighede in Amerika
         blootgestel het. (Bronne 3B en 3C)

                                              17

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
                                                                               10791/21

   Die opvatting van gelyke regte en rasse-integrasie in die Verenigde State van
    Amerika is ondersteun deur 'n paar wit betogers wat deelgeneem het aan die
    sitstakings.
 Woolworths en ander sake-eienaars het uiteindelik toegegee weens die
    negatiewe finansiële impak wat oor ses maande gestrek het. (Bronne 3B en
    3D)
 Die gewelddadige dade van die wit studente het nie die betogers ontmoedig
    nie, veral die wit ondersteuners wat vasbeslote was om segregasie by die eet-
    toonbanke en in skole wou beëindig. (Bron 3C)
 In Nashville was die sitstaking-veldtog ook suksesvol, en die klem was gelê op
    'n gedissiplineerde, nie-gewelddadige houding geïnspireer deur Gandhi.
 Die sitstakings het suksesvol soos 'n veldbrand van staat tot staat versprei,
    ongeag die talle polisie arrestasies soos onder die bevel van die Goewerneur.
    (Bron 3D)
 Talle organisasies het ontstaan soos die SNCC en COAHR om ondersteuning
    vir die Burgerregtebeweging te verkry in die VSA. (Bron 3D)
 Die swart kerke het die sitstakings ondersteun deur massavergaderings aan te
    bied, nuusbriewe te druk en te versprei wat nie-gewelddadige betogings
    aangemoedig het. (Bron 3D)
 Dr Martin Luther King Jr, Dianne Nash, Ella Baker en ander swart leiers het die
    sitstakings ondersteun, dus is openbare fasiliteite en restaurante uiteindelik
    gedesegregeer.
(Enige ander relevante antwoord)                                                      (8)

    VLAK                     VLAK BESKRYWINGS                            PUNTE
              Gebruik bewyse op 'n elementêre wyse byvoorbeeld
               toon min of geen begrip van die impak wat die
               Greensboro sitstakings gehad op die
    VLAK 1     Burgerregtebeweging in die VSA in die 1960's               0–2
              Gebruik bewyse gedeeltelik om 'n paragraaf oor die
               onderwerp te skryf of kan nie 'n paragraaf oor die
               onderwerp skryf nie.
              Bewyse is meestal relevant en hou tot 'n groot mate
               verband met die onderwerp, byvoorbeeld toon 'n
               begrip van die impak wat die Greensboro
    VLAK 2     sitstakings gehad het op die Burgerregtebeweging           3–5
               in die VSA in die 1960's
              Gebruik bewyse op 'n basiese wyse om 'n paragraaf te
               skryf
              Gebruik relevante bewyse, toon 'n deeglike begrip
               van die impak wat die Greensboro sitstakings
               gehad het op die Burgerregtebeweging in die VSA
    VLAK 3     in die 1960's                                              6–8
              Gebruik bewyse baie effektief in 'n goed
               georganiseerde paragraaf wat 'n goeie begrip van die
               onderwerp toon.
                                                                                     [50]

                                       18

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                    10791/21

VRAAG 4:          DIE UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE:
                  VIËTNAM

[Beplan en bou 'n oorspronklike argument gebaseer op relevante bewyse met behulp
van analitiese en interpretasie vaardighede - L3]

SINOPSIS

Kandidate moet saamstem of verskil dat die konvensionele oorlogsvoering-
strategie wat deur die Verenigde State van Amerika aangeneem is, oorweldig was
deur die guerrilla-taktiek wat tussen 1965 en 1975 deur die Viëtkong gebruik was.

HOOFASPEKTE

Kandidate moet die volgende in hul reaksie insluit:

INLEIDING: Kandidate moet 'n argument aanneem, deur saam te stem of nie dat die
konvensionele strategie wat deur die Verenigde State van Amerika aangeneem was,
oorweldig was deur die guerrilla-taktiek van die Viëtkong tydens die Viëtnamese Oorlog
tussen 1965 en 1975.

Kandidate moet aandui hoe hulle van voorneme is om hul argumentslyn te ondersteun.

UITBREIDING

VSA:

   Redes vir die VSA se ontplooiing van troepe na Viëtnam.
   Strategiese kleindorpie-stelsel (Hamlet Program), waarby die VSA en Suid-
    Viëtnamese regering nuwe dorpies geskep het om te poog om dorpenaars (boere)
    te skei van guerrillas),- dit was egter ‘n mislukking.
 Resolusie van die Golf van Tonkim (1964) het president Johnson wye militêre
    magte gegee wat gelei het tot die toename in oorlogvoering in Vietnam.
 VSA se lugbom-aanval 'Operasie Rolling Thunder' (konvensionele oorlogsvoering).
 ‘Operation Ranch Hand’ – chemikalieë is gebruik om die woude en gesaaides te
    vernietig (Agent Orange) (Agent Blue).
 VSA het jong en onervare soldate na Viëtnam gestuur.
 VSA gebruik soek- en- vernietig veldtogte (My Lai slagting) om die Viëtkong te
    vernietig (dit het gelei tot groot getalle burgerlike sterftes).
 Die rol van die media, studente en ontwapenings-bewegings om druk op die
    Amerikaanse regering te plaas om te onttrek vanuit Viëtnam.
 President Nixon se Viëtnamiseringsbeleid, insluitend WHAM (Wen die harte en
    gedagtes van die Viëtnamese) was 'n poging deur die VSA om aan die oorlog te
    onttrek en hul aansien te red.
 VSA onttrek alle troepe teen 1973 en Noord-Viëtnam neem beheer oor Saigon in
    1975.
(Enige ander relevante antwoord)

                                              19

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                     10791/21

Viëtkong strategieë

   Noord-Viëtnam het militêre ondersteuning van die USSR en China ontvang sodat
    die Viëtminh en Viëtkong toegang tot 'n paar moderne wapens gehad het.
 Guerrilla- oorlogvoeringstaktiek is effektief deur die Viëtkong gebruik en ondersteun
    deur Viëtminh uit die noorde. Gebruik taktieke soos valstrikke, ondergrondse
    tonnels en sabotasie.
 Tet Offensief (1968) is van stapel gestuur deur die Viëtminh en Viëtkong teen
    stedelike sentrums en VSA basisse regoor Viëtnam.
 Die plaaslike Viëtnamese bevolking het die Viëtkong ondersteun om hul land te
    bevry.
 Ho Chi Minh Voetpad soos gebruik deur die Viëtminh (Noorde) om Viëtkong in die
    Suide te ondersteun.
 Die Viëtkong het sy ondersteuningsbasis verhoog as gevolg van die taktiek wat                  
    teen die Amerikaanse soldate gebruik was.
 Die Viëtnamese is verenig ter verdediging van hul land.
(Enige ander relevante antwoord)

GEVOLGTREKKING:

Kandidate moet hul argument met 'n relevante gevolgtrekking bind.                         [50]

VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA: DIE KONGO

[Beplan en bou 'n oorspronklike argument gebaseer op relevante bewyse met behulp
van analitiese en interpretasie vaardighede]

SINOPSIS

Kandidate moet beide Mobutu se politieke en ekonomiese beleide identifiseer.
Kandidate moet ook bespreek hoe hy leierskap in albei beleide gebruik het.

HOOFASPEKTE

Kandidate moet die volgende aspekte in hul reaksie insluit:

INLEIDING

Kandidate moet die vraag kontekstualiseer deur na Mobutu se swak leierskap en
ondoeltreffende/skadelike politieke en ekonomiese beleide te verwys. Hulle moet 'n
standpunt inneem en aandui hoe hulle van plan is om hul argumentslyn te ondersteun.

                                             20

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                      10791/21

UITBREIDING

Agtergrond:

   Mobutu het in die chaotiese jare aan bewind gekom, onmiddellik na onafhanklikheid
    van België verkry was, 'n tydperk wat gekenmerk was deur geweld en onrus.

Polities:

   Mobutu Sese Seko het aan bewind gekom deur 'n militêre staatsgreep.
   Hy het in 'n gesentraliseerde staat geglo.
   Mobutu Sese Seko het die Kongo in 'n eenpartystaat verander.
   Mobutu het 'n diktator geword.
   Opposisiepartye is stilgemaak en daar was bewyse van gevangenisstraf en
    menseregte-skendings.
   Die Kongo was hoogs gefragmenteerd langs etniese lyne.
   Mobutu was 'n instrument van die Weste (veral van die VSA) in die Koue Oorlog in
    Afrika.
   Hy het 'n kultus van persoonlikheid geskep, met homself in die middel van die
    Kongo se nasionale identiteit.

Ekonomies:

   Doel was om die ekonomie te ontwikkel of te diversifiseer, ekonomiese groei en
    werkskepping te bevorder om alle burgers te bevoordeel.
 1973/4 Zaïrianisasie – die era van "Les Grosses Legumes" ("Die Groot Groente") –
    nasionalisering van die ekonomie – bates van buitelandse maatskappye en
    individue is op beslag gelê en na. Dit is op 'n baie chaotiese en onbeplande manier
    gedoen.
 Oorgeskakel om kapitalisme en buitelandse beleggings te bevorder wat effektief die
    westelike toegang tot Zaïre se hulpbronne gegee het.
 Mobutu se ekonomiese beleid is gekenmerk deur nepotisme en kleptokrasie, wat
    gelei het tot die skepping van 'n ryk, kragtige elite wat sy getrouheid aan Mobutu
    geskuld het.
 Persoonlike verryking en vermorsing van hulpbronne (bv. op sy paleis by
    Gbadolite).
 Inflasiekoerse het 100% bereik en maatskaplike welsyn is gesny. Produksie en
    uitvoere het gedaal.
 Aanvaarde buitelandse hulp. (Blumenthal Report) – Blumenthal was die
    Wêreldbank se verteenwoordiger in Zaïre. In 'n uitgelekte verslag het hy gesê dat
    daar geen kans was dat die land ooit sy skuld sou terugbetaal nie.
(Enige ander relevante antwoord)

Uiteindelik as gevolg van druk van die Weste, wat befondsing afgesny het, het gelei tot
'n afname in sy mag, rebellie en uiteindelike dood in ballingskap.

GEVOLGTREKKING

Kandidate moet hul argument met 'n relevante gevolgtrekking bind.                         [50]

                                             21

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                          10791/21

VRAAG 6:         BURGERLIKE SAMELEWING BETOGINGS VAN DIE 1950'S TOT
                 DIE 1970's: DIE SWARTMAGBEWEGING

[Beplan en bou 'n oorspronklike argument gebaseer op relevante bewyse met behulp
van analitiese en interpretasie vaardighede]

SINOPSIS

Kandidate moet verduidelik tot watter mate Malcolm X en Stokely Carmichael ‘n
rol gespeel het in die bevordering van die Swartmag filosofie, die inskerping van
rasse trots en die ontwikkeling van selfstandigheid onder Afro-Amerikaners in
die VSA in die 1960's. Kandidate moet relevante voorbeelde gebruik om hul
argumentslyn te ondersteun.

HOOFASPEKTE

Kandidate moet die volgende aspekte in hul reaksie insluit:

INLEIDING

Kandidate moet 'n standpunt inneem deur aan te dui tot watter mate die Swartmag-
beweging se leiers ‘n rol gespeel het in die bevordering van swartmag, die verskerping
van swart trots en die ontwikkeling van selfrespek onder Afro-Amerikaners.

UITBREIDING

   Redes vir die opkoms van die Swartmagbeweging: woon in ghetto’s en krotbuurte /
    swak behuising; swak fasiliteite (skole, gesondheid ens.); gebrek aan werk en
    armoede, stadige tempo van verandering/verlies aan geloof in die Burgerregte-
    beweging, pogings tot bevordering van die swartmag filosofie.
 Die rol van Malcolm X: (invloedryk, doen ‘n beroep op toenemende swart skeiding,
    veg vir selfbeskikking en pleit vir selfrespek en selfdissipline).
 Die rol van Stokely Carmichael: pleit vir die beginsels van swartmag, (doen dinge
    vir hulself; beheer politiek in hul gemeenskappe; is trots op hul eie kultuur; verdedig
    hulself teen rasse-onderdrukking en manipulasie en in 1966 het hy die swartmag
    slagspreuk 'Black is beautiful' / “Swart is mooi” gewild gemaak.
 Die rol van die Black Panther Party (vir selfverdediging) – in aksie gestel: ‘n swart
    trots filosofie. Pogings om rasse trots te vestig: Aanvaarding van ‘n Afrika-identiteit.
    Die bevordering van die konsep van Afrika-identiteit deur slagspreuke soos: 'Swart
    is mooi', die bevordering van die Afro-haarstyl en Afrika-klere.
 Erkenning van Afrika-erfenis, musiek en literatuur.
 Die Tienpunt-plan van die Black Panther Party (fokus op die sosiale, politieke en
    ekonomiese doelwitte) pogings tot die ontwikkeling van selfrespek.
 Aksies van selfgelding (bv. rasse onluste in Watts, Detroit en Newark).
 Wou dat Afro-Amerikaners opstaan teen wit Amerikaanse owerhede in die
    nastrewing van vryheid, geregtigheid en gelykheid, op watter manier ook al
    moontlik.
 Die Black Panther Party se Tienpunt-plan implementasie.
 Gemeenskapsontwikkelingsprojekte (bv. gratis ontbytprogramme).
 Opvoedkundige programme (bv. onderrig van Afrika-geskiedenis).
(Enige ander relevante reaksie)

                                                22

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                   10791/21

GEVOLGTREKKING

Kandidate moet hul argument met 'n relevante gevolgtrekking verbind. Indien kandidate
nie met die verklaring saamstem nie, moet hul argumentslyn die standpunt met
relevante bewyse ondersteun.
                                                                                        [50]

                                                                           TOTAAL:      150

                                            23

## Related documents

- [Gr12 History P2 (Afrikaans) 2021 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-history-p2-afrikaans-2021-preparatory-question-paper/24930935-0ad6-40fc-af9d-2565f340cb01) — History · QP · 2021 · Afr
- [Grade 12 NSC History P1 (Afrikaans) X10 2019 Preparatory Examination Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p1-afrikaans-x10-2019-preparatory-examination-addendum/4f3ebe5f-1e25-4b5d-9926-1cdd895d3995) — History · Addendum · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC History P1 (Afrikaans)) 2015 Preparatory Examination Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p1-afrikaans-2015-preparatory-examination-addendum/46d03045-1812-4e23-a4c5-7192a662e955) — History · Addendum · 2015 · Afr
- [Grade 12 NSC History P2 (Afrikaans) Preparatory 2017 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p2-afrikaans-preparatory-2017-possible-answers/b56c37a4-9f9d-40b7-85e7-9f238ccd5f5c) — History · Memo · 2017 · Afr
- [Grade 12 NSC History P2 (Afrikaans) X10 2019 Preparatory Examination Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p2-afrikaans-x10-2019-preparatory-examination-addendum/4c8825cb-7328-4a35-b4a2-21579182a6ed) — History · Addendum · 2019 · Afr
- [HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-adden-gr12-sep-2024-afrikaans/4faf89db-d19f-40cf-891f-e87e004b0bc5) — History · Addendum · 2024 · Afr

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept-2024-afrikaans/b61f3bc2-3524-48c9-af60-f3348133d582) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 QP SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-qp-sept-2024-afrikaans/8367f672-7028-4e67-a52a-705b946b5122) — QP · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-june-2024-afrikaans/e7a9d6cf-de1b-4007-b7b2-b4d762b2fa10) — Addendum · 2024 · Afr
- [History P1 Nov 2024 Addendum Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2024-addendum-eng/df93fb24-73e0-435a-8d91-bce9f456ba2c) — Addendum · 2024 · Eng
- [Gr 12 History P2 (Afrikaans) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-history-p2-afrikaans-june-2024-question-paper/b8285d4c-81f2-4d18-a8e1-31feb9e949b5) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
