# History Grade 12 P1 Gauteng Mock 2021 Question Paper (Afr)

> Grade 12 History Paper 1 question paper from the Gauteng Mock Exam 2021 (Afrikaans), 24 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr12-history-p1-afrikaans-2021-preparatory-question-paper/9c825710-3cb6-41a5-83f1-ec4a4f9c153e
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2021
- Exam period: Gauteng Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 24

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P1 Gauteng Mock 2021 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr12-history-p1-afrikaans-2021-preparatory-question-paper/9c825710-3cb6-41a5-83f1-ec4a4f9c153e)

## About this document

History · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2021 · Afrikaans. Question paper, 24 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

           GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                     VOORBEREIDENDE EKSAMEN
                                      2021
                                      10791

                                GESKIEDENIS

                                 VRAESTEL 1

TYD:     3 uur

PUNTE:   150

8 bladsye + ’n addendum van 14 bladsye

                          Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye.
                 'n Addendum van 14 bladsye is binne die vraestel ingesluit.

                                                                               b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                         GESKIEDENIS                                 2
                                         (Vraestel 1)                   10791/21

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B wat op die
      voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is.

     AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

     VRAAG 1:          DIE OORSPRONG VAN DIE KOUE OORLOG

     VRAAG 2:          ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – ANGOLA
                       VANAF DIE 1970’s TOT DIE 1980’s

     VRAAG 3:          BURGERLIKE SAMELEWING BETOGINGS VANAF DIE
                       1950’s TOT DIE 1970’s

     AFDELING B: OPSTELVRAE

     VRAAG 4:          DIE UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG:
                       GEVALLESTUDIE: VIËTNAM

     VRAAG 5:          ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE: DIE
                       KONGO

     VRAAG 6:          BURGERLIKE SAMELEWING BETOGINGS VAN DIE
                       1950's TOT DIE 1970's

2.   AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat
     nodig is om hierdie vrae te beantwoord, sal in die ADDENDUM gevind word.

3.    AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.

4.   Beantwoord DRIE vrae soos volg:

     4.1    Ten minste EEN moet 'n brongebaseerde vraag wees en die ander
            EEN moet 'n opstelvraag wees.

     4.2    Die DERDE vraag kan óf 'n brongebaseerde vraag of 'n opstelvraag
            wees.

5.   Wanneer vrae beantwoord word, moet kandidate hul kennis, vaardighede en
     insig toepas.

6.   Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te spandeer.

7.   Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die die bronne as antwoorde.

8.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
     vraestel gebruik word.

9.    Skryf duidelik en leesbaar.

                                                                                     b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                             GESKIEDENIS                                     3
                                             (Vraestel 1)                     10791/21

AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, uit hierdie
afdeling. Die bronmateriaal wat nodig is om hierdie vrae te beantwoord, kan in die
ADDENDUM gevind word.

VRAAG 1:        HOE HET DIE USSR EN DIE VSA TUSSEN 1945 EN 1949 HUL
                INVLOEDSFERE IN EUROPA GESKEP?

Bestudeer Bronne 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.

1.1   Bestudeer Bron 1A.

      1.1.1   Wie, volgens die bron was die Groot Drie?                            (3 x 1)   (3)

      1.1.2   Maak gebruik van die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
              waarom dit nodig was vir die Groot Drie om by Potsdam in 1945 te
              ontmoet?                                                             (2 x 2)   (4)

      1.1.3   Hoekom, volgens die bron, was President Truman vasbeslote om die
              hantering van Duitsland te verlig (verminder)?                 (2 x 1)         (2)

      1.1.4   Gebruik jou eie kennis om die besluite wat in 1945 by die Potsdam-
              konferensie geneem is, te verduidelik.                             (1 x 2)     (2)

1.2   Raadpleeg Bron 1B.

      1.2.1   Gebruik die bron om EEN aspek te identifiseer, om te bewys dat die
              Amerikaanse regering die meeste gevrees het oor die invloed van Sowjet-
              Rusland en sy satelliete.                                          (1 x 1)     (1)

      1.2.2   Verskaf 'n rede waarom Winston Churchill na Stalin verwys het as
              ''Maarskalk Stalin''.                                            (1 x 2)       (2)

      1.2.3   Definieer die konsep 'Ystergordyn' in die konteks van die Koue Oorlog.
                                                                                 (1 x 2) (2)

      1.2.4   Lewer kommentaar oor waarom Winston Churchill bekommerd was oor
              die verspreiding van kommunisme in Sentraal- en Oos-Europa. (2 x 2)            (4)

      1.2.5   Verduidelik waarom hierdie bron as betroubaar beskou kan word vir ’n
              historikus wat die oorsprong van die Koue Oorlog in Europa ondersoek.
                                                                                (2 x 2)      (4)

                                                                                             b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                             GESKIEDENIS                                     4
                                             (Vraestel 1)                      10791/21

1.3   Verwys na Bron 1C.

      1.3.1   Verduidelik die boodskappe wat in die spotprent oorgedra word. Gebruik
              visuele leidrade in die bron om jou antwoord te ondersteun.      (2 x 2)        (4)

      1.3.2   Watter TWEE supermoondhede word in die spotprent uitgebeeld? (2 x 1)            (2)

1.4   Bestudeer Bron 1D.

      1.4.1   Gebruik die bron om die TWEE bydraes van die Marshall-plan te
              identifiseer, wat ’n poging was om Wes-Europese ekonomieë te laat
              herleef.                                                       (2 ×1)           (2)

      1.4.2   Lewer kommentaar op die sukses van die Marshall-plan, met verwysing
              na die bron.                                                   (2 x 2)          (4)

      1.4.3   Waarom, volgens die bron, was die Marshall-plan befondsing nie buite sy
              oorspronklike wettige einddatum van 1952 hernu nie?             (2 x 1)         (2)

1.5   Verwys na Bronne 1C en 1D. Verduidelik hoe die inligting in Bron 1C die
      getuienis in Bron 1D ondersteun met betrekking tot die Marshall-plan.        (2 x 2)    (4)

1.6   Gebruik inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n paragraaf
      van ongeveer AGT lyne (ongeveer 80 woorde) wat verduidelik hoe die USSR en
      die VSA hul invloedsfere na 1945 geskep het.                                            (8)
                                                                                             [50]

VRAAG 2:        WAT WAS DIE AARD VAN BUITELANDSE BETROKKENHEID BY
                DIE ANGOLESE BURGEROORLOG?

Bestudeer Bronne 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg.

2.1   Bestudeer Bron 2A.

      2.1.1   Volgens die bron, watter bewegings veg vir Angolese onafhanklikheid
              sedert die 1960's?                                              (3 x 1)         (3)

      2.1.2   Lys TWEE buitelandse magte, in die bron, wat betrokke was by die
              ondersteuning van die FNLA.                                     (2 x 1)         (2)

      2.1.3   In die konteks van die konflik in Angola, definieer die konsep
              'burgeroorlog'.                                                      (1 x 2)    (2)

      2.1.4   Deur gebruik te maak van inligting in die bron en jou eie kennis,
              verduidelik waarom Kuba en die USSR die MPLA met hulp wou
              bystaan.                                                             (1 x 2)    (2)

      2.1.5   Verduidelik waarom die Verenigde State verkies het om sy verbintenis
              met die Apartheidsregime nie bekend te maak nie?                 (1 x 2)       (2)

                                                                                              b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                   MAAK ASSEBLIEF HIERDIE
                ADDENDUM VAN 14 BLADSYE LOS.

             GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                  VOORBEREIDENDE EKSAMEN
                            2021
                            10791

                         GESKIEDENIS

                         VRAESTEL 1

                         ADDENDUM

14 bladsye

                                                  b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                        GESKIEDENIS                            ADDENDUM
                                                                                                       2
                                        (Vraestel 1)                             10791/21

VRAAG 1:        HOE HET DIE USSR EN DIE VSA INVLOEDSFERE IN EUROPA
                TUSSEN 1945 EN 1949 GESKEP?

BRON 1A

Die onderstaande bron verduidelik die verdeling van Duitsland na afloop van die Tweede
Wêreldoorlog in 1945.

  Die Groot Drie – Die Sowjet leier Joseph Stalin, die Britse Eerste Minister Winston
  Churchill (vervang op 26 Julie deur die Eerste Minister Clement Attlee) en die
  Amerikaanse President Harry Truman, het in Potsdam, Duitsland ontmoet, vanaf die
  17de Julie tot die 2de Augustus 1945 om terme vir die einde van die Tweede
  Wêreldoorlog te onderhandel. Na afloop van die Yalta Konferensie wat in Februarie 1945
  plaasgevind het, het Stalin, Churchill en die Amerikaanse president Franklin D.
  Roosevelt saamgestem dat na die oorgawe van Duitsland, na-oorlogse grense in
  Europa vasgestel moes word. Op die 8ste Mei 1945, het Duitsland oorgegee en die
  Geallieerde leiers het besluit om mekaar by Potsdam gedurende die somer te ontmoet
  om die gesprekke wat by Yalta plaasgevind het te hervat. Alhoewel die Geallieerdes
  hulself daartoe verbind het om ‘n gesamentlike oorlog in die Stille Oseaan te voer, het
  die leemte aan ’n gemeenskaplike vyand in Europa dikwels probleme veroorsaak om
  konsensus te bereik, rakende die na-oorlogse rekonstruksie van die Europese kontinent.

  Die grootste vraagstuk wat aandag by Potsdam geniet het, was hoe om Duitsland na
  afloop van die oorlog te hanteer. By Yalta, het die Sowjette ernstige na-oorlogse
  reparasie, afkomstig van Duitsland voorgestel, waarvan die helfte na die Sowjet Unie
  moes gaan. Roosevelt het toegestem tot hierdie vereistes, terwyl Truman en sy
  sekretaris, James Byrnes vasbeslote was om die hantering van die Duitsers te verlig,
  deur voor te stel dat die geokkupeerde nasies slegs reparasie sal vereis vanaf hul eie
  besettingsone. Truman en Byrnes het hierdie voorstel ernstig aangemoedig omdat hul
  ’n herhaling van die situasie van die Verdrag van Versailles wou voorkom. Volgens die
  Verdrag van Versailles was reparasie kostes, na afloop van die Eerste Wêreldoorlog ook
  van Duitsland vereis,. Talle kenners het saamgestem dat die geharde reparasie
  vereistes wat deur die Verdrag van Versailles op Duitsland afgedwing was, die Duitse
  ekonomie gestrem het en aanleiding gegee tot die opkomende Nazi’s.

  Ten spyte van verskille, het die Geallieerde leiers wel daarin geslaag om tot ’n paar
  ooreenkomste te kom. Onderhandelings het die status van ‘n gedemilitariseerde en
  ontwapende Duitsland in vier sones van Geallieerde beheer gevestig.
                                  [Uit //history.state.gov/milestones/1937-1945/Potsdam-conference
                                                                   Toegang verkry op 22 Maart 2021.]

                                                                                                           b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                              GESKIEDENIS                            ADDENDUM
                                                                                                           3
                                              (Vraestel 1)                             10791/21

BRON 1B

Hierdie is ’n uittreksel uit die “Ystergordyn” toespraak, deur die Britse Eerste Minister,
Winston Churchill in Fulton, Missouri op die 5de Maart 1946.

       ’n Skadu het geval op die onlangse oorwinning wat die Geallieerde behaal het.
       Niemand weet wat Sowjet Rusland en die Kommunistiese Internasionale
       Organisasie beplan in die nabye toekoms óf wat hul perke is tot hul uitbreiding en
       pogings tot omskakeling nie. Ek het ’n sterk bewondering en aansien vir die brawe
       Russiese mense en oorlogskameraad Maarskalk Stalin. Daar is simpatie en
       goedhartigheid in Brittanje – en ek betwyfel nie of hier nie ook dieselfde gevoel
       heers, ten opsigte van alle Russiese mense, met ‘n strewe tot bewaring nie, selfs
       deur verskille en weiering om langdurige vriendskappe te vestig. Ons verstaan dat
       die Russe hulself moet beveilig op hul Westerse grense deur die verwydering van
       alle Duitse aggressie. Ons verwelkom Rusland tot haar regmatige plek onder die
       leidinggewende lande in die wêreld. Bowenal verwelkom ons konstante,
       deurlopende en groeiende kontak tussen die Russiese mense en ons eie mense
       aan beide kante van die Atlantiese Oseaan. Dit is wel my plig om die feite duidelik
       te maak soos ek dit sien om jul voor waarhede te plaas oor die huidige situasie in
       Europa.

       Van Stettin aan die Baltiese See tot by Triëst aan die Adriatiese See het daar ‘n
       Ystergordyn oor die vasteland gesak. Agter daardie lyn is al die hoofstede van die
       ou lande van Sentraal-en Oos-Europa – Warschau, Berlyn, Praag, Weenen,
       Boedapest, Belgrado, Boekarest en Sofia. Al hierdie bekende stede en die
       bevolkings daaromheen is geleë binne die Sowjet-sfeer en almal word onderwerp,
       in een of ander vorm, nie net aan die Sowjet-invloede nie, maar aan ‘n hoë en
       toenemende mate van beheer vanaf Moskou. Athene alleenlik met haar ontsterflike
       glorie is vry om self te besluit tot ‘n verkiesing onder Britse, Amerikaanse en Franse
       observasie, terwyl die Russies-gedomineerde Poolse regering aangemoedig word
       om enorme en onregmatige indringings aan Duitsland te maak. Dit veroorsaak wel
       die massa-uitsetting van miljoene Duitsers op ’n ernstige en ongedroomde skaal
       vind nou plaas. Selfs die kleiner Kommunistiese partye wat baie klein is in al hierdie
       Oos-Europese state, is ver bo hulle getalle verhef en probeer oral op soek na
       totalitêre beheer.

            [Uit //www.nationalarchives.gov.uk/education/resources/cold-war-on-file/iron-curtain speech/
                                                                   Toegang verkry op 20 Maart 2021.]

                                                                                                               b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                            GESKIEDENIS                          ADDENDUM
                                                                                                       4
                                            (Vraestel 1)                           10791/21

BRON 1C

Die onderstaande spotprent is aanduidend van die rede vir die bekendstelling van die
Marshall-plan ten einde Wes-Europa te beskerm van die gevaar van Sowjet oorheersing.

              MARSHALL-PLAN
              VERTRAGING

              WES-EUROPA

          [Uit https://your-instructions-from-moscow.tumbir.com/post/157795653745/while-the-shadow-
                                  lenghtens-edwin-marcus-new-york. Toegang verkry op 10 March 2021.]

TERWYL DIE SKADU VERLENG

                                                                                                           b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                          GESKIEDENIS                             ADDENDUM
                                                                                                         5
                                          (Vraestel 1)                              10791/21

BRON 1D

Die onderstaande bron fokus op die evaluering die Marshall-plan in 1952.

       Soos bekend het die VSA $13.3 biljoen dollar (ongeveer $140 miljard in 2017
       dollar) van ekonomiese hulp tussen 1948 en 1951 aan 16 Wes-Europese lande
       deur die ECA (Economic Cooperation Administration) verleen. Baie van hierdie
       fondse was toegewys vir aankope van kommoditeite. Geskiedkundiges het
       saamgestem dat die Marshall-plan grootliks bygedra het tot die herlewing van
       Wes-Europese ekonomieë deur die toepassing van inflasie-beheer, die herlewing
       van handel en die herstel van produksie. Dit het ook gehelp in die verbetering van
       infrastruktuur deur gelyksoortige fondse in die plaaslike valuta-eweknie-fondse.

       Wat opvallend is van hierdie hulp, is dat die Europeërs self ’n belangrike rol vertolk
       het in die beplanning en implementering van die ERP (Ekonomiese Herstelplan).
       Amerikaanse hulp het moontlik die riglyn gestel vir lande in ontvangs, ten einde
       hul by te staan in hul na-oorlogse herstel en stabiliteit. Die feit dat die Europeërs
       meestal tot die basiese vereistes saamgestem het, het aanleiding gegee dat ’n
       sekere vorm van kapitalisme as ’n na-oorlogse ekonomie en ’n sekere regeringstyl
       bevorder is. Dit het uiteindelik veroorsaak dat die Marshall-plan suksesvol was.

       Die aanvanklike befondsingsbedrag (einddatum 1952), soos wetlik bepaal deur
       die Amerikaanse kongres het behoue gebly. Met wye verandering reeds in plek
       was dit egter meer uitdagend vir ondersteuners om addisionele hulp te ontvang
       vanaf die ERP of ook bekend as die Ekonomiese Herstelplan (Economic Recovery
       Programme.) Boonop, die uitbreek van die Koreaanse Oorlog in 1950 het
       Amerikaanse belangstelling gelok en aanleiding gegee dat die fokus verskuif het
       van ekonomiese ontwikkeling tot befondsing vir verdediging en ondersteuning vir
       militêre herbewapening in Europa as ‘n skans teen die Sowjet Unie en
       internasionale kommunisme.
                                   [Uit https://www.afsa.org/helping-europe-help-itself-marshall-plan.
                                                                  Toegang verkry op 19 Maart 2021.]

                                                                                                             b.o.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                        GESKIEDENIS                            ADDENDUM
                                                                                                      6
                                        (Vraestel 1)                             10791/21

VRAAG 2:        WAT WAS DIE AARD VAN BUITELANDSE BETROKKENHEID IN
                DIE ANGOLESE BURGEROORLOG?

BRON 2A

Die onderstaande bron beskryf hoe die buitelandse magte in die Angolese Burgeroorlog
betrokke geraak het.

      Drie hoof militêre bewegings (faksies) het geveg vir die onafhanklikheid van Angola
      sedert die 1960’s. Die Popular Movement for the Liberation of Angola (MPLA) was
      ’n Marxistiese organisasie wat hoofsaaklik in die hoofstad, Luando gesentreer was
      en gelei deur Agostinho Neto. Die National Front for the Liberation of Angola
      (FNLA), gelei deur Holden Roberto, was gebaseer in die noorde van die land en
      het sterk bande met ’n bondgenoot gehad wat pro-Amerikaans was. Dit was
      Mobutu Sese Seko, in die buurstaat Zaïre. Die National Union for the Total
      Independence of Angola (UNITA), gelei deur Jonas Savimbi en ondersteun deur
      die land se grootste etniese groep, die Oimbundu was die derde faksie. Hierdie
      drie groepe het die Alvorooreenkoms onderteken wat die onafhanklikheid van
      Angola bevestig het, en het ook ’n magsverdeling voorgestaan deur die drie
      faksies. Vertroue was gou verbreek en die land het haarself in ’n burgeroorlog
      gewikkel soos wat elke faksie alleenheerskappy wou afdwing

      Die krisis in Angola het ontwikkel in ’n Koue Oorlog oorlogsfront soos die
      supermoondhede en hul bondgenote militêre hulp verskaf het aan hul gekose
      kliënte. Die VSA het hulp en opleiding verskaf vir beide die FNLA en UNITA, terwyl
      troepe vanuit Zaïre, Holden Roberto ondersteun het. China het ook militêre
      instrukteurs gestuur om hulp aan die FNLA te verleen. Die Sowjet Unie het militêre
      opleiding en toerusting aan die MPLA verskaf. Gedurende die somer van 1975, het
      die Sowjet-ondersteunde MPLA hul mag in Luanda gekonsolideer en daarin
      geslaag om die Amerikaans-ondersteunde FNLA uit die hoofstad te verdryf maar
      die FNLA het aanhou aanval.

      Die MPLA het lang, gevestigde verhoudings met Fidel Castro van Kuba gehad.
      Reeds voor die 11de November het die MPLA met Castro onderhandel vir
      Kubaanse hulp. Op dieselfde tyd het UNITA wat ook Amerikaanse ondersteuning
      gehad het, begin om met die apartheidsregering in Suid-Afrika te onderhandel vir
      militêre versterking. Pretoria, met die doel om die gebruik van Angola as 'n basis
      vir rebelle te beveg vir die onafhanklikheid van Suid-Afrika, het Namibië beset, het
      kragte bygedra wat in Oktober Suid-Angola binnegekom het en vinnig vordering
      gemaak het in die rigting van die hoofstad. In reaksie hierop het Castro spesiale
      magte van Kuba ontplooi om die Suid-Afrikaanse magte te blokkeer. Hy was ook
      daarin geslaagd om aandag te vestig op Amerika wat magte ondersteun wat aan
      die apartheidsregering behoort het. Die Amerikaanse regering het wel Suid-
      Afrikaanse inmenging aangemoedig, maar het verkies om hul verbintenis met die
      apartheidsregime as minder belangrik te ag.
                                        [Uit https://history.state.gov/milestones/1969-1976/angola.
                                                                 Toegang op 19 March 2021 verkry.]

                                                                                                          b.o.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                        GESKIEDENIS                           ADDENDUM
                                                                                                     7
                                        (Vraestel 1)                            10791/21

BRON 2B

Die onderstaande bron beskryf die aard van betrokkenheid van die VSA in die Angolese
Burgeroorlog.

      Die Amerikaners het nie opgegee nie. Dit was die Koue Oorlog en wêreldwyd was
      daar wedywering met die Sowjet Unie. Russiese wou toegang tot Angola ten alle
      koste verhoed en nie net oor die olie nie. Angola het ook beskik oor goeie hawens
      aan die Atlantiese kus. Die moontlikheid tot ’n Russiese vlootbasis het Washington
      bekommer. Suid-Afrika het ook die teenwoordigheid van Kubaanse en Russiese
      troepe in Angola as ’n bedreiging beskou. Daar was geen twyfel wat bestaan het,
      dat indien Amerika en Europa ’n keuse sou moes maak tussen apartheid en
      kommunisme in Suid-Afrika wat dit sou wees nie.

      Die belangrikste motief en taktiek van die Amerikaners was om die Sowjet Unie
      bloed te laat sweet deur hul betrokkenheid in Angola buitensporig duur te maak. In
      die praktyk het dit beteken die bloeding van Angolese boere, die grootste lyers in
      die oorlog wat meer as veertig jaar geduur het.

      Soos talle klein burgeroorloë tydens die Koue Oorlog era, het dit ideologies
      voorgekom, en was aangevuur deur proksies van die kommunistiese Sowjet Unie
      en die kapitalistiese Amerika. Die Angolese oorlog was inderwaarheid ’n verlenging
      van ’n plaaslike geskiedkundige konflik. Om magtige bondgenote te verkry, het
      albei kante die gesange van die Sowjet Unie of Amerika gesing. Die
      supermoondhede is mislei om te glo dat hulle ware dissipels gehad het.

      In die begin was Amerikaanse ondersteuning aan UNITA ‘n geheim, maar in 1985
      het dit formeel meer bekendgeraak dat die Amerikaanse befondsing vir
      hulpverlening ongeveer $27 miljoen dollar beloop het. In praktyk het die CIA reeds
      sedert die 1970’s hulp aan dié rebelle groep verleen. Hierdie oorlog, soos dikwels
      verklaar deur Amerikaanse diplomate was onoorwonne, tog was daar kans vir
      kompromieë en ’n regering van nasionale eenheid.

      Hul beleid het egter tot die volgende gelei: ’n Marxistiese regime bewapen deur die
      Sowjet Unie en beskerm deur Kubaanse troepe wat voortgegaan het om ’n
      inkomste te genereer van olie, wat deur Amerikaanse olie-maatskappye ontgin
      was, maar waarvan die operasies ook aangeval was deur Amerikaans-
      ondersteunende rebelle. Angola was ’n bisarre vertoon van die Koue Oorlog asook
      een van die mees moorddadige oorloë.
                                     [Uit Africa: Altered States, Ordinary Miracles deur R Dowden]

                                                                                                         b.o.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                            GESKIEDENIS                         ADDENDUM
                                                                                                      8
                                            (Vraestel 1)                          10791/21

BRON 2C

Die onderstaande bron verduidelik die rol van Suid-Afrika in Angola, veral die rol van
Magnus Malan die Suid-Afrikaanse Minister van Verdediging en hoof van die Suid-
Afrikaanse Weermag.

      Magnus Malan was, vanweë sy sistematiese onderdrukking teen die mense van
      Suid-Afrika en die streek as geheel, in ’n poging om wit heerskappy en kapitalisme
      te verdedig dikwels as ’n oorlogsmisdadiger beskou. Dit was onder sy leierskap dat
      die Suid-Afrikaanse weermag, soos swerms sprinkane, dood en verwoesting
      agtergelaat het. Dit was ook deur die Verenigde Nasies bereken dat teen die einde
      van apartheid meer as $80 miljard dollar se vernietiging en ekonomiese skade
      aangerig is in Angola en die streek van Suider-Afrika in die algemeen. Meer as 2
      miljoen mense het gesterf, is vermink, verplaas of het vlugtelinge geword, soos
      hul uit die gebied gevlug het. In Angola, het die Suid-Afrikaanse Weermag ‘n
      konvensionele en onreëlmatige oorlog gevoer ter ondersteuning van UNITA teen
      die MPLA en hul Kubaanse bondgenote. Suid-Afrika het ook soortgelyke operasies
      in Namibië en Mosambiek uitgevoer, wat die stabiliteit van die streke bedreig het.

      Die Suid-Afrikaanse Weermag in samewerking met sekere elemente van die
      Amerikaanse regering het alles in hul vermoë gedoen in ’n poging om Jonas
      Savimbi in Angola te vestig. Hulle drie-fase operasie is deur hul ingestel bekend
      as: ‘Modular, Hooper en Packer’ om sodoende vernietiging binne Angola te
      verseker. Hierdie militêre toetrede is by Cuito Cuanavale stopgesit en die Suid-
      Afrikaners is beslis verslaan.

          [Uit https://www.pambazuka.org/human-security/magnus-malan-and-crimes-against-humanity-
                                                             africa. Toegang verkry op 5 Mei 2021.]

                                                                                                          b.o.

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
                                          GESKIEDENIS                            ADDENDUM
                                                                                                      9
                                          (Vraestel 1)                             10791/21

BRON 2D

Die onderstaande spotprent deur Zapiro het in The Sowetan koerant op die 29ste Oktober
1998 verskyn. Dit het die werk van die Waarheids-en-Versoeningskommisie geëvalueer.

                                                                                     Magnus Malan

                                                                                           UNITA

                  [Uit https://blogs.litnet.co.za/abrham/2011/07/24/magnus. Toegang verkry op 1 April 2021.]

                                                                                                          b.o.

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
                                           GESKIEDENIS                            ADDENDUM
                                                                                                        10
                                           (Vraestel 1)                             10791/21

VRAAG 3:        WATTER IMPAK HET DIE GREENSBORO SITSTAKINGS OP DIE
                BURGERREGTE BEWEGING IN DIE VERENIGDE STATE VAN
                AMERIKA IN DIE 1960’S GEHAD?

BRON 3A

Die onderstaande bron verduidelik hoe die verskillende vorme van protes bygedra het
tot die einde van segregasie in Amerika.

      Blanke suidelike weerstand wat voortgespruit het uit die bekende Brown versus die
      Raad van Topeka-uitspraak, was aanduidend dat aparte fasiliteite grootliks
      bygedra het tot ongelykhede soos segregasie in die openbare onderwyssektor. Dit
      was ook as ongrondwetlik verklaar. Die stadige tempo van verandering het
      ongeduld gestimuleer veral onder die jong Afro-Amerikaners sedert die begin van
      die 1960’s. Hulle het tot die slotsom gekom dat hul nie langer vir verandering kan
      wag nie, dit was dus noodsaaklik dat hul verandering vinniger wou sien gebeur.

      Die Montgomery Bus Boikot, wat deurlopend in 1956 plaasgevind het, was veral
      aanduidend dat direkte aksie deur ’n groot groep mense inderdaad kan werk. Die
      sitstakings by ’n Woolworths middagete-toonbank deur vier kollege studente van
      Greensboro het ’n dekade van aktiwiteite ingelui. Ook ’n tydperk wat die einde van
      Jim Crow beteken het.

      Die verwydering van segregasie in publieke areas en die “Slegs Blankes” en “Slegs
      Nie-blanke” aanduidings was geensins ’n oorwinning nie. Sedert die eerste
      sitstaking het Ella Baker, die voetsoolleier wie se aktivisme terugdateer na die
      1930’s en wat adviseur was vir die studente van die Student Nonviolent
      Coordinating Committee (SNCC) gestig het, het vanaf die eertse sitstaking dit
      duidelik gemaak dat die stryd veel groter was “as ’n hamburger of selfs ’n reuse
      Coke koeldrank”. Daar was Veel meer op die spel vir hierdie aktiviste, as om die
      harte van die wittes te verander.

      Toe die sitstaking deur Atlanta versprei het, het betogters se eise toegeneem wat
      werksgeleenthede, beter gesondheidsorg, hervorming van die polisie- en
      regstelsel, opvoeding en stemreg vereis het. Demonstrasies in Maart 1963 in
      Birmingham, onder die leierskap van Fred Shuttleworth se Alabama Christian
      Movement for Human Rights, wat ook geaffilieer was by die SCLC (Southern
      Christian Leadership Conference), het nie net ’n einde aan segregasie vereis in die
      winkels in die middestad geëis nie, maar ook werksgeleenthede vir swart
      Amerikaners in besighede en die munisipaliteit. Die optog na Washington in Maart
      1963 was hoofsaaklik onthou as die geleentheid waar Martin Luther King Jr., sy
      droom verkondig het, was ’n demonstrasie vir “werk en geregtigheid.”
                 [Uit http://nationalhumanitiescenter.org/tserve/freedom/1917beyond/essays/crm.htm.
                                                                    Toegang verkry op 19 Maart 2021.]

                                                                                                         b.o.

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
                                             GESKIEDENIS                           ADDENDUM
                                                                                                         11
                                             (Vraestel 1)                            10791/21

BRON 3B

Die onderstaande bron fokus op die moedige oomblik van die Greensboro vier studente
wat ’n sterk standpunt ingeneem het teen segregasie en ondersteuning daarvoor gekry
het in die 1960’s in Amerika.

      Die middag van 1 Februarie 1960, het vier studente, David Richmond, Franklin
      McCain, Jibreel Khazan en Joseph McNeil van Noord-Carolina se Landbou-en
      Tegniese Kollege in die F.W. Woolworths winkel in die middestad van Greensboro
      ingestap. Na die aankope van ’n paar persoonlike items het hul by die middagete-
      toonbank gaan sit en probeer bestel. Omdat die studente swart was, het die
      personeel geweier om hulle te bedien. Hul het bly sit en met sluitingstyd het hul,
      hulself voorgeneem om die volgende dag terug te keer.

      Sitstakings was al dekades lank ’n belangrike taktiek (metode) in die burgerregte-
      stryd maar die sukes daarvan was ’n kwessie van tyd. Alhoewel soortgelyke
      sitstakings op ’n toetsbabsis in Nashville voorgekom het, was dit egter die
      Greensboro voorval wat nasionale aandag verkry het. Die vier studente het die
      volgende dag teruggekeer met 25 ander saam hul en teen dag 5 van die
      sitstakings, was daar reeds meer as 300 ondersteuners, waarvan sommige van
      hul witmense was. Om die beurt het die sitstakings by die middagete-toonbank
      voortgeduur.

      Alhoewel Greensboro altyd beskou was as ’n “gematigde” suidelike stad het
      spanning tussen wit en swart toegeneem. Die spanning het meer voelbaar begin
      raak soos wat bendes, meestal bestaande uit wit jeug talle beledigings na die
      studente-betogers geslinger het. Die kontras tussen die gedissiplineerde studente
      en die oproerige wit kwaadstokers was voelbaar vir die joernaliste wat media
      dekking aan die situasie verleen het. Soos die ondersteuning vir die Greensboro
      vier, veral in die noorde toegeneem het, het sitstakings en “sit-downs” vinniger deur
      die suide begin versprei. Teen die einde van die jaar was daar meer as 100 sulke
      protesaksies deur die state van die ou Konfederasie toegeneem.

      In Greensboro kon ’n moratorium nie ’n effektiewe oplossing meegebring nie. Met
      die terugkeer van die studente het die bestuur alle dienste by die middagete-
      toonbank gestaak. Verliese het toegeneem as gevolg van ‘n landswye boikot wat
      toegeneem het. Woolworths het toegegee en sy middagete-toonbanke oopgemaak
      vir betalende klante van enige ras.
        [Uit https://www.abajournal.com/magazine/article/feb._1_1960_students_spark_ civil_rights_sit-
                                           ins_at_lunch_counters. Toegang verkry op 19 Maart 2021.]

                                                                                                          b.o.

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
                                            GESKIEDENIS                            ADDENDUM
                                                                                                          12
                                            (Vraestel 1)                             10791/21

BRON 3C

Die onderstaande bron is aanduidend van die invloed wat die Greensboro vier op ander
studente in Georgia, Atlanta gehad het.

      Op 16 Februarie 1960, twee weke nadat die Greensboro sitstakings begin het, het
      die Georgia staatswetgewing in Atlanta bepaal dat dit ‘n misdaad was, indien ’n
      persoon sou weier om ’n plek te verlaat in opdrag van die bestuur van die betrokke
      onderneming. Die Appèlkomitee vir Menseregte het ’n direkte aksie-veldtog
      geloods. Op 15 Maart 1960, het 200 studente deelgeneem aan verskeie sitstakings
      in 10 verskillende areas, insluitend die landdroskantoor, die stadsaal, bushaltes en
      die treinstasie. Goewerneur Ernst Vandiver het arrestasies vereis wat gelei het dat
      77 studente na tronke gestuur is. Die National Association of Colored People
      (NAACP) het regsverteenwoordiging aan die studente gebied.

      In Mei 1960, het die Ku Klux Klan ’n 500-ledetal samekoms gehad. Dit het egter
      swart Amerikaners gemotiveer om ’n dokument te onderteken waarin hul, hulself
      beroep het tot die erkenning van hul menseregte en om ’n “kneel-in” veldtog te
      begin. Dit was minder suksesvol as die sitstakings. Gefrustreerd dat swart koerante
      nie die studente se oortuigings rakende die gebeure sal publiseer nie, het COAHR
      (The Committee on the Appeal for Human Rights) hul eie koerant begin publiseer
      en 20 000 eksemplare is na swart kerke versprei.

      In ’n belangrike stap het Dr Martin Luther King Jr., by die studente aangesluit in
      hul aksie van ongehoorsaamheid. Op 19 Oktober is hy gearresteer. Daar was ’n
      nasionale verontwaardiging oor sy inhegtenisneming en Robert Kennedy het die
      goewerneur van Georgia gebel en geëis dat hy vrygelaat moes word. King is twee
      dae later vrygelaat. Die toenemende sitstakings het verkope syfers met 13% laat
      daa. Ten slotte het wit besigheidseienaars die swart leierskap ontmoet om ’n plan
      tot desegregasie te bespreek.
          [Uit https://nvdatabase.swarthmore.edu/content/atlanta-students-sit-us-civilrights-1960 -1961
                                                                   Toegang verkry op 19 Maart 2021.]

                                                                                                           b.o.

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
                                           GESKIEDENIS                           ADDENDUM
                                                                                                       13
                                           (Vraestel 1)                            10791/21

BRON 3D

Die titel van die onderstaande bron dui: ‘Dit is ek in die foto, Hunter Gray’. Hy was
aangeval tydens ’n burgerregte protesaksie in Jackson, Mississippi, op 28 Mei 1963. Hy
het verklaar: ‘Iemand het die agterkant van my kop met ’n rand van ’n gebreekte
suikerhouer gesny. Daar was baie bloed'.

            HUNTER GRAY
                                      ANNE MOODY
                                                                JOAN TRUMPAUER

               [Uit https://www.theguardian.com/artanddesign/2015/mar/27/hunter-gray-1963-jackson-
                                         mississippi-sit-in#img-1. Toegang verkry op 19 March 2021.]

                                                                                                        b.o.

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
                                        GESKIEDENIS                     ADDENDUM
                                                                                          14
                                        (Vraestel 1)                      10791/21

ERKENNING

Visuele bronne en ander historiese bewyse is van die volgende verkry:

  [https://www.abajournal.com/magazine/article/feb._1_1960_students_spark_civil_rights
  _sit-ins_at_lunch_counters]

  [https://nvdatabase.swarthmore.edu/content/atlanta-students-sit-us-civilrights-1960 -
  1961]

  [https://www.theguardian.com/artanddesign/2015/mar/27/hunter-gray-1963-jackson-
  mississippi-sit-in#img-1]

  [http://nationalhumanitiescenter.org/tserve/freedom/1917beyond/essays/crm.htm]

  [https://blogs.litnet.co.za/abrham/2011/07/24/magnus]

  [https://www.pambazuka.org/human-security/magnus-malan-and-crimes-against-
  humanity-africa]

  [Africa: Altered States, Ordinary Miracles by R Dowden]

  [https://history.state.gov/milestones/1969-1976/angola]

  [//www.afsa.org/helping-europe-help-itself-marshall-plan.]

  [://www.nationalarchives.gov.uk/education/resources/cold-war-on-file/iron-curtain-
  speech/.]

  [https://your-instructions-from-moscow.tumbir.com/post/157795653745/while-the-
  shadow-lenghtens-edwin-marcus-new-york]

                                           EINDE

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
                                              GESKIEDENIS                                     5
                                              (Vraestel 1)                     10791/21

2.2   Lees Bron 2B.

      2.2.1   Hoekom, volgens die bron, wou die VSA dat die Russe uit Angola
              onttrek?                                                       (2 x 1)          (2)

      2.2.2   Met behulp van die bron en jou eie kennis, lewer kommentaar op die
              stelling dat die Amerikaners se taktiek hoofsaaklik daarop gemik was "om
              die Sowjetunie te laat bloei deur haar ondernemings in Angola duur te
              maak”.                                                             (1 x 2)      (2)

      2.2.3   Verduidelik waarom Amerika se steun vir UNITA oorspronklik geheim
              gehou is.                                                       (1 x 2)         (2)

      2.2.4   Met behulp van die bron en jou eie kennis, verskaf 'n rede waarom die
              teenwoordigheid van Kubaanse en Russiese troepe in Angola 'n
              bedreiging vir Suid-Afrika was.                                   (2 x 1)       (2)

2.3   Bestudeer Bron 2C.

      2.3.1   Hoekom, volgens die bron, het Magnus Malan as 'n oorlogsmisdadiger
              gekwalifiseer?                                                 (1 x 1)          (1)

      2.3.2   Haal bewyse uit die bron aan wat daarop dui dat Suid-Afrika gekant was
              teen die kommunistiese ideologie van die MPLA.                    (1 x 2)       (2)

      2.3.3   Gebruik die bron om die waarde van die ekonomiese skade wat Suid-
              Afrika in Angola en Suidelike Afrika in die algemeen, veroorsaak het, te
              bepaal.                                                            (1 x 1)      (1)

      2.3.4   Deur gebruik te maak van die inligting in die bron, identifiseer DRIE
              maniere hoe Suid-Afrika die menseregte van die mense van Angola
              geskend het.                                                          (3 x 1)   (3)

      2.3.5   Verduidelik die beperkings van hierdie bron aan 'n historikus wat Suid-
              Afrika se betrokkenheid in Angola bestudeer.                        (2 x 2)     (4)

2.4   Verwys na Bron 2D.

      2.4.1   Verduidelik die boodskappe wat in die spotprent oorgedra word. Gebruik
              visuele leidrade in die bron om jou antwoord te ondersteun.      (2 x 2)        (4)

      2.4.2   Ondersoek die figuur gemerk UNITA. Verduidelik wat die grootte en
              ligging daarvan voorstel met betrekking tot UNITA se verhouding met
              Suid-Afrika.                                                      (1 x 2)       (2)

      2.4.3   Lewer kommentaar op die gebare en gesigsuitdrukking van die gorilla.
                                                                               (1 x 2)        (2)

                                                                                              b.o.

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
                                              GESKIEDENIS                                     6
                                              (Vraestel 1)                     10791/21

2.5   Verwys na Bronne 2C en 2D. Verduidelik hoe die inligting in Bron C die getuienis
      in Bron D ondersteun rakende die betrokkenheid van Magnus Malan en Suid-
      Afrika in Angola.                                                             (2 x 2)    (4)
2.6   Gebruik die inligting in die betrokke bronne en jou eie kennis, skryf 'n paragraaf
      van ongeveer AGT lyne (ongeveer 80 woorde) en verduidelik die aard van die
      buitelandse betrokkenheid by die Angolese Burgeroorlog.                                  (8)
                                                                                              [50]

VRAAG 3:         WATTER IMPAK HET DIE GREENSBORO SITSTAKINGS OP DIE
                 BURGERREGTEBEWEGING IN DIE VERENIGDE STATE VAN
                 AMERIKA IN DIE 1960'S GEHAD?

Bestudeer Bronne 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg.

3.1   Verwys na Bron 3A.

      3.1.1   Wat, volgens die bron het die Brown vs. die Raad van Topeka- uitspraak
              verklaar oor afsonderlike fasiliteite?                           (1 x 1)         (1)

      3.1.2   Gebruik die bron om DRIE vorme van nie-gewelddadige protes-aksies te
              identifiseer wat gebruik was om segregasie in Amerika te beëindig. (3 x 1)       (3)

      3.1.3   Gebruik jou eie woorde om die konsep Jim Crow te definieer.           (1 x 2)    (2)

      3.1.4   Gebruik die inligting in die betrokke bronne en jou eie kennis en lewer
              kommentaar op die stelling, ' die stryd was baie groter as 'n hamburger
              of selfs 'n reuse Coke'.                                             (2 x 2)     (4)

      3.1.5   Vanuit die bron, gee TWEE eise wat deur betogers van die
              Burgerregtebeweging in Atlanta in 1960 gestel is.                     (2 x 1)    (2)

3.2   Raadpleeg Bron 3B.

      3.2.1   Identifiseer die name van die VIER studente in die bron wat diens
              geweier was by F.W. Woolworths, Greensboro.                       (4 x 1)        (4)

      3.2.2   Verduidelik hoe die uitkomste van die sitstakings in Greensboro steun
              aan die Burgerregtebeweging verleen het.                           (2 x 2)       (4)

      3.2.3   Gebruik die bron en jou eie kennis om die rol wat die media in die
              bevordering van die Burgerregte betogings te verduidelik,.         (2 x 2)       (4)

3.3   Lees Bron 3C.

      3.3.1   Lewer kommentaar oor die doel van die staatswetgewing wat in Atlanta
              aangeneem is oor die sitstakings.                              (1 x 2)           (2)

      3.3.2   Haal uit die bron aan, TWEE openbare plekke waar die 200 studente
              geprotesteer het.                                              (2 x 1)           (2)

                                                                                              b.o.

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
                                             GESKIEDENIS                                     7
                                             (Vraestel 1)                    10791/21

      3.3.3   Verduidelik waarom die “kneel-ins” betogings nie so wyd verspreid was
              nie.                                                              (1 x 2)       (2)

3.4   Verwys na Bronne 3B en 3C. Verduidelik hoe die inligting in Bron 3B die bewyse
      in Bron 3C ondersteun rakende die toename in ondersteuning vir die sitstakings
      in die Amerikaanse state.                                                 (2 x 2)       (4)

3.5   Gebruik Bron 3D.

      3.5.1   Watter boodskappe, dink jy beeld die foto uit oor die sitstakings?
                                                                                   (2 x 2)    (4)

      3.5.2   Verduidelik waarom Bron D as nuttig beskou kan word vir 'n historikus
              wat die ervarings van die studente wil ondersoek wat aan die sitstakings
              deelgeneem het.                                                    (2 x 2)      (4)

3.6   Deur gebruik te maak van die inligting en bewyse in die bronne, sowel as jou eie
      kennis, skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT lyne (ongeveer 80 woorde) om die
      impak van die Greensboro sitstakings op die Burgerregtebeweging in die
      Verenigde State van Amerika in die 1960's te verduidelik.                               (8)
                                                                                             [50]

                                                                                             b.o.

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com
                                           GESKIEDENIS                               8
                                           (Vraestel 1)                   10791/21

AFDELING B: OPSTELVRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar NIE meer as TWEE vrae in hierdie afdeling
nie.

Jou opstel moet ongeveer DRIE bladsye lank wees.

VRAAG 4:    DIE UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE:
            VIËTNAM

Die konvensionele oorlogvoering strategie wat deur die Verenigde State van Amerika
aangeneem is, is oorweldig deur die guerrilla-taktiek wat tussen 1965 en 1975 deur
die Viëtkong tydens die Vietnamese Oorlog gebruik is.

Stem jy saam met hierdie stelling? Ondersteun jou argument met relevante bewyse.     [50]

VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA: DIE KONGO

Wat beide sy politieke en ekonomiese beleid beskou, was Mobuto Sese Seko se
leierskap ondoeltreffend, en het uiteindelik sy land benadeel.

Bespreek die bogenoemde stelling krities deur relevante bewyse te gebruik om jou
argumentslyn te ondersteun.                                                          [50]

VRAAG 6:    BURGERLIKE SAMELEWING BETOGINGS VAN DIE 1950'S TOT
            DIE 1970's: SWART KRAGBEWEGING

Verduidelik tot watter mate Malcolm X, Stokely Carmichael en die Black Panther
Party daarin geslaag het om die filosofie van Swartmag onder die Afro-Amerikaners
in die 1960's te vestig.

Gebruik relevante inhoud om jou argumentslyn te ondersteun.                          [50]

                                                                         TOTAAL:     150

                                          EINDE

## Related documents

- [HISTORY P1 GR12 MEMO SEPT 2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-memo-sept-2021-afrikaans/9c3a8ce8-f3a0-4016-a58e-194db060028c) — History · Memo · 2021 · Afr
- [Grade 12 NSC History P1 (Afrikaans) X10 2019 Preparatory Examination Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p1-afrikaans-x10-2019-preparatory-examination-addendum/4f3ebe5f-1e25-4b5d-9926-1cdd895d3995) — History · Addendum · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC History P1 (Afrikaans)) 2015 Preparatory Examination Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p1-afrikaans-2015-preparatory-examination-addendum/46d03045-1812-4e23-a4c5-7192a662e955) — History · Addendum · 2015 · Afr
- [HISTORY P1 GR12 QP SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-qp-sept2017-afrikaans/b9dc10fb-ad07-4300-abc2-a509afb2c30f) — History · QP · 2017 · Afr
- [Grade 12 NSC History P2 (Afrikaans) X10 2019 Preparatory Examination Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p2-afrikaans-x10-2019-preparatory-examination-addendum/4c8825cb-7328-4a35-b4a2-21579182a6ed) — History · Addendum · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC History P2 (Afrikaans) Preparatory 2017 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p2-afrikaans-preparatory-2017-possible-answers/b56c37a4-9f9d-40b7-85e7-9f238ccd5f5c) — History · Memo · 2017 · Afr

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P1 ADDENDUM September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p1-addendum-september-2025-north-west/50efe0f8-d43f-4981-9053-03ea7c90b109) — Addendum · 2025
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-adden-gr12-sep-2024-afrikaans/4faf89db-d19f-40cf-891f-e87e004b0bc5) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept-2024-afrikaans/b61f3bc2-3524-48c9-af60-f3348133d582) — Addendum · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
