# History Grade 12 P1 Gauteng Mock 2022 Question Paper (Afr)

> Grade 12 History Paper 1 question paper from the Gauteng Mock Exam 2022 (Afrikaans), 28 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr12-history-p1-afrikaans-sep-2022-question-paper/7eb66f64-7311-47c6-83f2-b32427f86cb7
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: Gauteng Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 28

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P1 Gauteng Mock 2022 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr12-history-p1-afrikaans-sep-2022-question-paper/7eb66f64-7311-47c6-83f2-b32427f86cb7)

## About this document

History · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2022 · Afrikaans. Question paper, 28 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

         VOORBEREIDENDE EKSAMEN
                                      2022
                                       10791

                                 GESKIEDENIS

                                  VRAESTEL 1

TYD:     3 uur

PUNTE:   150

9 bladsye + ŉ addendum van 14 bladsye

                          Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.
                 'n Addendum van 14 bladsye is binne die vraestel ingesluit.

                                                                               b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                          GESKIEDENIS                              2
                                          (Vraestel 1)                  10791/22

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Die vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B, gebaseer op die
      voorgeskrewe inhoudsraamwerk volgens die KABV-dokument.

     AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

     VRAAG 1:          DIE OORSPRONG VAN DIE KOUE OORLOG

     VRAAG 2:          ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – ANGOLA
                       VANAF DIE 1970’s TOT DIE 1980’s

     VRAAG 3:          BURGERLIKE SAMELEWINGSBETOGINGS VANAF DIE
                       1950’s TOT DIE 1970’s

     AFDELING B: OPSTELVRAE

     VRAAG 4:          DIE UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG:
                       GEVALLESTUDIE – VIËTNAM

     VRAAG 5:          ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE –
                       DIE KONGO

     VRAAG 6:          BURGERLIKE SAMELEWINGSBETOGINGS VAN DIE
                       1950's TOT DIE 1970's: DIE SWARTMAGBEWEGING IN
                       DIE VSA

2.   AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat
     nodig is om hierdie vrae te beantwoord, sal in die ADDENDUM gevind word.

3.    AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.

4.   Beantwoord DRIE vrae soos volg:

     4.1    Ten minste EEN moet ŉ brongebaseerde vraag wees en ’n ander EEN
            moet ŉ opstelvraag wees.

     4.2    Die DERDE vraag kan óf ŉ brongebaseerde vraag of ŉ opstelvraag
            wees.

5.   Wanneer vrae beantwoord word, moet kandidate hul kennis, vaardighede en
     insig toepas.

6.   Jy word aangeraai om ten minste een uur per vraag te spandeer.

7.   Jy sal benadeel word deur bloot die bronne as antwoorde te herskryf.

8.   Vrae en onderafdelings van vrae moet duidelik en korrek genommer word.

9.    Skryf duidelik en leesbaar en gebruik slegs blou ink.

                                                                                       b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                            GESKIEDENIS                                     3
                                            (Vraestel 1)                    10791/22

AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, uit hierdie
afdeling. Die bronmateriaal wat nodig is om hierdie vrae te beantwoord, kan in die
ADDENDUM gevind word.

VRAAG 1:      HOE HET DIE MARSHALL-PLAN KOUE OORLOG-SPANNING
              TUSSEN DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA (VSA) EN DIE
              SOWJETUNIE (USSR) VANAF 1947 VERERGER?

Bestudeer Bronne 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.

1.1   Bestudeer Bron 1A.

      1.1.1   Watter uitdagings het Europese lande na die Tweede Wêreldoorlog in die
              gesig gestaar, volgens die Minister van Buitelandse Sake, George
              Marshall?                                                        (3 x 1)          (3)

      1.1.2   Definieer die term kommunisme in jou eie woorde.                    (1 x 2)       (2)

      1.1.3   Waarom, volgens die bron, is die Europese Herstelprogram in 1945 van
              stapel gestuur?                                                 (3 x 1)           (3)

      1.1.4   Haal TWEE hoofdoelwitte van die Marshall-plan uit die bron aan.     (2 x 1)       (2)

      1.1.5   Gebruik jou eie kennis en verduidelik waarom die Sowjetunie en gebiede
              onder sy mag (satellietstate) nie die uitnodiging na Parys aanvaar het om
              ŉ samewerkende herstelplan in 1947 op te stel nie.                  (1 x 2)       (2)

1.2   Raadpleeg Bron 1B.

      1.2.1   Wie, volgens die bron, was die Sowjet-minister van Buitelandse Sake in
              1947?                                                            (1 x 1)          (1)

      1.2.2   Gebruik die bron en jou eie kennis en verduidelik hoekom die Sowjetunie
              teen die Marshall-plan beswaar gemaak het.                       (2 x 2)          (4)

      1.2.3   Haal bewyse uit die bron aan wat die Sowjet-pers se kritiek teen die
              Marshall-plan toon.                                                (1 x 1)        (1)

      1.2.4   Lewer kommentaar oor die bruikbaarheid van hierdie bron vir ŉ historikus
              wat die USSR se standpunt oor die Marshall-plan navors.           (2 x 2)         (4)

                                                                                                b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                             GESKIEDENIS                                     4
                                             (Vraestel 1)                    10791/22

1.3   Verwys na Bron 1C.

      1.3.1   Verduidelik die boodskappe wat in die spotprent oorgedra word. Gebruik
              visuele leidrade in die bron om jou antwoord te ondersteun.      (2 x 2)           (4)

      1.3.2   Gebruik jou eie kennis en verduidelik die houding van die
              spotprenttekenaar teenoor die Marshall-plan.                         (2 x 2)       (4)

1.4   Bestudeer Bron 1D.

      1.4.1   Haal bewyse uit die bron aan wat wys hoe ekonomiese verhoudings
              binne die private sektor as gevolg van die Marshall-plan gegroei het.
                                                                                  (2 x 1)        (2)

      1.4.2   Verduidelik die konsep Marshall-plan in die konteks van die Koue Oorlog
              in Europa.                                                        (1 x 2)          (2)

      1.4.3   Gebruik inligting uit die bron en jou eie kennis en verduidelik hoekom die
              Marshall-plan tot die Atlantiese Alliansie gelei het.                (1 x 2)       (2)

      1.4.4   Lewer kommentaar oor hoekom die Ekonomiese
              Samewerkingsadministrasie (ESA) gestig is.                           (1 x 2)       (2)

1.5   Vergelyk Bronne 1B en 1D. Verduidelik hoe die inligting in Bron 1B die bewyse in
      Bron 1D met betrekking tot die implementering van die Marshall-plan ondersteun.
                                                                                (2 x 2)          (4)

1.6   Gebruik inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ŉ paragraaf
      van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy verduidelik hoe die
      Marshall-plan die Koue Oorlog-spanning tussen die VSA en die USSR vanaf
      1947 verhoog het.                                                                       (8)
                                                                                             [50]

                                                                                                 b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                             GESKIEDENIS                                       5
                                             (Vraestel 1)                     10791/22

VRAAG 2:      WAAROM HET BUITELANDSE MAGTE GEDURENDE DIE 1970's BY
              DIE ANGOLESE BURGEROORLOG BETROKKE GERAAK?
Bestudeer Bronne 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg.

2.1   Bestudeer Bron 2A.

      2.1.1   Noem DRIE bevrydingsbewegings vanuit die bron wat deur die USSR, die
              VSA en China ondersteun is.                                   (3 x 1)                (3)

      2.1.2   Met wie, volgens die bron, het die MPLA vir bystand onderhandel? (1 x 1)             (1)

      2.1.3   Definieer die konsep burgeroorlog in die konteks van die konflik in
              Angola.                                                                (1 x 2)       (2)

      2.1.4   Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik hoekom
              die USSR die MPLA wou help.                                            (2 x 2)       (4)

2.2   Raadpleeg Bron 2B.

      2.2.1   Wat, volgens die bron, was ongewoon omtrent die wyse waarop die Suid-
              Afrikaanse Weermag in Angola betrokke was?                      (1 x 1)              (1)

      2.2.2   Noem VIER ekonomiese installasies wat deur UNITA en die SAW geteiken
              is.                                                           (4 x 1)                (4)

      2.2.3   Hoekom dink jy het UNITA en die SAW ekonomiese teikens aangeval?
                                                                            (1 x 2)                (2)

      2.2.4   Verduidelik waarom Suid-Afrika in die 1970's by die Angolese
              Burgeroorlog betrokke geraak het.                                      (1 x 2)       (2)

2.3   Raadpleeg Bron 2C.

      2.3.1   Volgens die bron, hoekom het die MPLA hom in ŉ minder gunstige militêre
              situasie bevind?                                                (1 x 1)              (1)

      2.3.2   Noem VIER vorme van militêre hulp wat Kuba aan die MPLA verskaf het,
              uit die bron.                                                  (4 x 1)               (4)

      2.3.3   Gebruik jou eie kennis en verduidelik hoekom die aankoms van die eerste
              Kubaanse troepe in Angola hoogs geheim was.                       (1 x 2)            (2)

      2.3.4   Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik hoekom
              die Kubane hul militêre operasie 'Operasie Carlota' genoem het.        (1 x 2)       (2)

      2.3.5   Lewer kommentaar oor waarom ŉ historikus wat die redes vir Kubaanse
              betrokkenheid in Angola navors, hierdie bron as bevooroordeeld sou
              beskou.                                                            (2 x 2)           (4)

                                                                                                   b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                             GESKIEDENIS                                     6
                                             (Vraestel 1)                    10791/22

2.4   Gebruik Bron 2D.

      2.4.1   Verduidelik watter boodskap die uitbeelding oordra oor Kuba se rol in
              Angola. Gebruik visuele leidrade uit die bron om jou antwoord te
              ondersteun.                                                          (2 x 2)       (4)

      2.4.2   Gebruik jou eie kennis en lewer kommentaar oor hoekom die Kubane hul
              betrokkenheid in Angola wou vier.                              (1 x 2)             (2)

2.5   Vergelyk Bronne 2C en 2D. Hoe ondersteun die inligting in Bron 2C die bewyse in
      Bron 2D aangaande Kuba se betrokkenheid by die konflik in Angola?        (2 x 2)           (4)

2.6   Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ŉ paragraaf
      van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy verduidelik waarom
      buitelandse moondhede gedurende die 1970's by die Angolese Burgeroorlog
      betrokke geraak het.                                                                    (8)
                                                                                             [50]

                                                                                                 b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com

    MAAK ASSEBLIEF HIERDIE ADDENDUM VAN 14 BLADSYE LOS.

             VOORBEREIDENDE EKSAMEN
                          2022
                          10791

                       GESKIEDENIS

                        VRAESTEL 1

                        ADDENDUM

14 bladsye

                                                      b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                         GESKIEDENIS                        ADDENDUM           2
                                         (Vraestel 1)                         10791/22

VRAAG 1: HOE HET DIE MARSHALL-PLAN KOUE OORLOG-SPANNING
         TUSSEN DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA (VSA) EN DIE
         SOWJETUNIE (USSR) VANAF 1947 VERERGER?

BRON 1A

Die onderstaande bron, geneem uit ŉ uitstalling deur die Biblioteek van die
Amerikaanse Kongres, beklemtoon die redes vir die vorming van die Europese
Herstelprogram, ook bekend as die Marshall-plan, in September 1947.

  In ŉ hedendaags gevierde aanvangstoespraak van Harvard Universiteit op 5 Junie 1947,
  het George Catlett Marshall (1880 – 1959), Minister van Buitelandse Sake, ŉ oplossing
  voorgestel vir die wydverspreide honger, werkloosheid en behuisingstekorte wat Europeërs
  in die nasleep van die Tweede Wêreldoorlog in die gesig gestaar het. Marshall se
  toespraak was die hoogtepunt van toenemende Amerikaanse kommer oor die
  verbrokkelende Europese situasie. Die fisiese vernietiging en die algemene ekonomiese
  ontwrigting van die oorlog kon aanleiding gee tot die ineenstorting van morele, sosiale en
  kommersiële lewenswyse. Daar was ŉ tekort aan grondstowwe en voedsel, en oorlog-
  beskadigde nywerhede het masjinerie en kapitaal nodig gehad voordat produksie hervat
  kon word.

  Marshall het voorgestel dat die Europese nasies self ŉ program vir die heropbou opstel,
  met die hulp van die Verenigde State. Hierdie toespraak was die amptelike begin van die
  Ekonomiese Herstelprogram (EHP), beter bekend as ''Die Marshall-Plan''. Ingevolge die
  plan het die Verenigde State hulp verleen om hongersnood in die groot oorlogsgebiede te
  voorkom, die verwoesting van daardie gebiede so vinnig moontlik te herstel en ekonomiese
  heropbou te begin. Die plan het twee hoofdoelwitte gehad: om die verspreiding van
  kommunisme in Wes-Europa te voorkom en om die internasionale orde te stabiliseer op ŉ
  wyse wat gunstig was vir die ontwikkeling van politieke demokrasie en vryemark
  ekonomieë.

  Europese reaksie op Marshall se toespraak was vinnig en positief. Die Britse en Franse
  ministers van buitelandse sake het vergader en ŉ gesamentlike kommunikasie uitgereik
  waarin hulle twee-en-twintig nasies genooi het om verteenwoordigers na Parys te stuur om
  ŉ koöperatiewe (samewerkende) herstelplan op te stel. Sestien van die genooide lande het
  aanvaar – almal behalwe die Sowjetunie en gebiede onder sy mag – en het in Julie 1947 in
  Parys vergader. Die Parys-konferensie het gelei tot die stigting van die Komitee vir
  Europese Ekonomiese Samewerking wat ŉ voorstel vir die beplande Europese heropbou
  opgestel het en dit in September 1947 aan die Amerikaanse regering voorgelê het.
                                  [Uit: https://www.loc.gov/exhibits/marshall/marsh-overview.html.
                                                              Toegang op 07 Januarie 2022 verkry.]

                                                                                                   b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                            GESKIEDENIS                         ADDENDUM           3
                                            (Vraestel 1)                          10791/22

BRON 1B

Die bron hieronder is geneem uit This Day in History. Dit skets die verwerping van die
Marshall-plan deur die Sowjetunie se Minister van Buitelandse Sake, Molotov, op 2 Julie
1947.

  Die Sowjet-reaksie op Marshall se toespraak was ŉ ysige stilte. Die Minister van
  Buitelandse Sake, Molotov, het egter ingestem tot ŉ vergadering op 27 Junie met sy Britse
  en Franse eweknieë om die Europese reaksie op die Amerikaanse aanbod te bespreek.

  Molotov het dadelik die Sowjet-beswaar teen die Marshall-plan duidelik gemaak. Eerstens,
  sou dit ekonomiese bystand aan Duitsland insluit, en die Russe kon nie sulke hulp aan die
  vyand wat so onlangs die Sowjetunie verwoes het, duld nie. Tweedens, was Molotov
  onwrikbaar in sy eis dat die Sowjetunie volledige beheer en vryheid sou hê van optrede oor
  enige Marshall-plan-fondse wat Duitsland mag ontvang. Ten slotte wou die Minister van
  Buitelandse Sake presies weet hoeveel geld die Verenigde State aan elke nasie sou gee.
  Toe dit duidelik word dat die Franse en Britse verteenwoordigers nie sy besware deel nie,
  het Molotov op 2 Julie uit die vergadering gestorm. In die daaropvolgende weke het die
  Sowjetunie druk op sy Oos-Europese bondgenote uitgeoefen om alle Marshall-plan-
  bystand te verwerp. Daardie druk was suksesvol en nie een van die Sowjet-satelliete het
  aan die Marshall-plan deelgeneem nie. Die Sowjet-pers het beweer dat die Amerikaanse
  program “ ŉ plan vir inmenging in die binnelandse sake van ander lande'' was. Die
  Verenigde State het die Sowjetunie geïgnoreer en in 1948 die Marshall-plan amptelik tot
  stand gebring en fondse aan ander Europese nasies begin verskaf.

  In die openbaar, het Amerikaanse amptenare aangevoer dat die Sowjet-standpunt nog ŉ
  aanduiding was dat Rusland van plan was om Oos-Europa van die Weste te isoleer en sy
  kommunistiese en totalitêre leerstellings in daardie streek af te dwing. Vanuit die Sowjet-
  perspektief het sy weiering om aan die Marshall-plan deel te neem egter sy begeerte
  aangedui om vry te bly van Amerikaanse ekonomiese imperialisme en oorheersing.
               [Uit: https://www.com.this-day-in-history/soviet-union-rejects-marshall-plan-assistance
                                                                 Toegang verkry op 07 Januarie 2022.]

                                                                                                       b.o.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                            GESKIEDENIS                         ADDENDUM           4
                                            (Vraestel 1)                          10791/22

BRON 1C

Die Sowjet spotprent hieronder is geneem uit die Online Exhibitions: Marshall Plan at 70 –
Big Picture. Dit beeld die effek van die Marshall-plan op Wes-Europa in 1947 uit. Dit wys hoe
W. Averell Harriman (VSA Sekretaris van Handel) ŉ been vashou.

                                                                                          W. A.
                                                                                          Harriman

                    Verspreiding van krediet (lenings) volgens die
                    Marshall-plan

                     [Uit: https://mcrl.libguides.com/big_picture Toegang op 07 Januarie 2022 verkry.]

                                                                                                       b.o.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                            GESKIEDENIS                        ADDENDUM           5
                                            (Vraestel 1)                         10791/22

BRON 1D

Die bron hieronder fokus op die prestasies van die Marshall-plan in 1952. Dit is geneem uit
'The Marshall Plan: Design, Accomplishments, and Significance'.

Amerikaanse aansien en mag in Europa was reeds sterk ná die Tweede Wêreldoorlog. In
verskeie opsigte is die Amerikaanse rol in Europa egter aansienlik versterk uit hoofde van die
Marshall-plan-program. Die ekonomiese betrekkinge van die Amerikaanse privaatsektor het
gedurende hierdie tydperk aansienlik gegroei as gevolg van die program se aanmoediging
van verhoogde uitvoere uit Europa en EHP (Ekonomiese Herstelprogram)-toelae en lenings
vir die aankoop van Amerikaanse goedere. Die boekwaarde van Amerikaanse beleggings in
Europa het ook aansienlik gestyg. Verder, terwyl die Marshall-plan uit ŉ erkenning van die
ekonomiese interafhanklikheid van die twee kontinente gegroei het, het die implementering
daarvan die bewustheid van daardie feit aansienlik beklemtoon. Die OEES (Organisasie vir
Europese Ekonomiese Samewerking), wat in 1961 die OESO (Organisasie vir Ekonomiese
Samewerking en Ontwikkeling) geword het, met die Verenigde State as ŉ volle lid, het
volhard en ŉ forum vir die bespreking van ekonomiese probleme van wedersydse belang
verskaf. Ten slotte, die daad van werklike ondersteuning van Amerika vir Europa en die
skepping van ŉ diplomatieke verhouding wat op ekonomiese kwessies in die OEES
gesentreer het, het die evolusie (ontwikkeling) van ŉ verhouding, gebaseerd op militêre en
veiligheidskwessies, vergemaklik. Volgens Hoffman, die administrateur van die ESA
(Ekonomiese Samewerkingsadministrasie), het die Marshall-plan die Atlantiese Alliansie
(NAVO) moontlik gemaak.

Baie van die operasionele metodes en programme wat onder die Marshall-plan ontwerp en
getoets is, het gereelde praktyke van latere ontwikkelingspogings geword. Die ESA is
byvoorbeeld gestig as ŉ onafhanklike agentskap met ŉ missie in elke deelnemende land om
noue interaksie met regerings en die private sektor te verseker, ŉ model wat later deur die
Amerikaanse Agentskap vir Internasionale Ontwikkeling (USAID) aangeneem is. Anders as
vorige     hulppogings,     het    die     Plan      beleidshervorming    bevorder      en
kommoditeitsinvoerprogramme en teenfondse gebruik om die aanvaarding van daardie
hervormings te vergemaklik en ontwikkelingsprogramme te onderneem, ŉ praktyk van
USAID-programme in latere dekades. Die Marshall-plan het ook die eerste
opleidingsprogramme vir deelnemers bekendgestel wat Europeërs na die Verenigde State vir
opleiding gebring het. Hulle het privaatsektor-beleggings in ontvangerlande vir
hefboomfinansiering (leverage) aangewend deur die gebruik van Amerikaanse
regeringswaarborge.
       [Uit: https://www.everycrsreport.com/reports/R45079.html. Toegang op 07 Januarie 2022 verkry.]

                                                                                                      b.o.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                          GESKIEDENIS                         ADDENDUM          6
                                          (Vraestel 1)                          10791/22

VRAAG 2: WAAROM HET BUITELANDSE MAGTE GEDURENDE DIE 1970's BY DIE
         ANGOLESE BURGEROORLOG BETROKKE GERAAK?

BRON 2A

Hierdie bron, geneem van ŉ Amerikaanse regeringswebwerf, verduidelik die betrokkenheid
van buitelandse lande by die burgeroorlog in Angola, in die 1970's.

  Die burgeroorlog in Angola het in ŉ Koue Oorlog-slagveld ontwikkel namate die
  supermoondhede en hul bondgenote militêre bystand aan hul voorkeurkliënte gelewer het.
  Die Verenigde State het hulp en opleiding aan beide die FNLA (Nasionale Front vir die
  Bevryding van Angola) en UNITA (Nasionale Unie vir Algehele Bevryding van Angola)
  verskaf terwyl troepe van Zaïre Holden Roberto (leier van die FNLA) en sy vegters
  bygestaan het. China het ook militêre instrukteurs gestuur om die FNLA op te lei. Die
  Sowjetunie het militêre opleiding en toerusting vir die kommunistiese MPLA (Algemene
  Beweging vir die Bevryding van Angola) verskaf. Gedurende die somer van 1975 kon die
  Sowjet-ondersteunde MPLA die mag in Luanda konsolideer en die VSA-ondersteunde
  FNLA vanuit die hoofstad verslaan, maar die FNLA het voortgegaan om aan te val.

  Die MPLA het ook lank gevestigde betrekkinge met kommunistiese Kuba gehad. Voor
  11 November het die MPLA met Fidel Castro (die leier van Kuba) om bystand onderhandel.
  Terselfdertyd het UNITA, wat Amerikaanse steun geniet het, die Apartheidsregering in
  Suid-Afrika genader vir militêre hulp. Pretoria, met die doel om die gebruik van Angola as ŉ
  basis vir rebelle wat vir die onafhanklikheid van Suid-Afrika veg, te beëindig, het Namibië
  beset en het magte bygedra wat suidelike Angola in Oktober binnegekom het en vinnig na
  die hoofstad gevorder het. In reaksie hierop het Castro Kubaanse Spesiale Magte gestuur
  om die Suid-Afrikaanse opmars te stuit en het daarin geslaag om aandag te vestig op die
  feit dat die Verenigde State ondersteuning verleen het aan ŉ groep wat nou hulp van ŉ
  Apartheidsregering aanvaar het.
                                    [Uit: https://www.history.state.gov/milestones/1969-1976/Angola
                                                                Toegang op 05 Januarie 2022 verkry.]

                                                                                                    b.o.

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
                                            GESKIEDENIS                        ADDENDUM          7
                                            (Vraestel 1)                         10791/22

BRON 2B

Die volgende uittreksel is geskryf deur J. Hanlon, ŉ Britse joernalis, in die middel 1980's. Dit
beskryf hoekom Suid-Afrika by die Angolese Burgeroorlog betrokke geraak het en uiteindelik
besluit het om terug te trek.

  Suid-Afrikaanse aggressie teen Angola was ongewoon: dit is op ŉ groter skaal as teen
  enige ander land in suidelike Afrika. Nie net het dit die doeltreffendste opposisiebeweging
  in die streek, die Nasionale Unie vir die Totale Onafhanklikheid van Angola (UNITA)
  bygestaan en ondersteun nie, maar Angola is ook die enigste land waar die Suid-
  Afrikaanse Weermag (SAW) ŉ konvensionele oorlog voer.

  Ekonomiese installasies was spesiale teikens van beide UNITA en die SAW. Olie verskaf
  Angola se hoofbron van inkomste, so olie-installasies is herhaaldelik aangeval. Die
  Benguela-spoorlyn (wat die land met Zambië verbind) is sedert 1980 afgesny; plaaslike
  hawe- en spoorweginstallasies is gereeld aangeval. Damme, brûe, elektrisiteitslyne, die
  ystermyne, fabrieke, is almal getref. Die Angolese ekonomie is dus deur ŉ dekade van
  oorlog verpletter.

  Angola is ongetwyfeld ŉ bedreiging vir apartheid. Dit is polities gevaarlik omdat dit
  veelrassig en Marxisties is. As Angola toegelaat word om te slaag, sal dit die ideologiese
  grondslae van apartheidskapitalisme in Suid-Afrika vernietig. Dit is ook ŉ
  veiligheidsbedreiging: Angola laat ANC-opleidingskampe openlik toe. Die Suid-Afrikaners
  het begin om voorrade vir UNITA te stuur en opleidingskampe vir UNITA op te rig.
  Uiteindelik, op 16 Oktober 1975, het die Suid-Afrikaanse weermag Angola binnegeval.

  Teen 15 November, het die Suid-Afrikaanse weermag 700 km noord beweeg en was net
  200 km van die hoofstad af. In hierdie omstandighede het die MPLA ŉ beroep gedoen om
  hulp van die Oosblok. Kuba en die Sowjetunie was nie bereid om die VSA en Suid-Afrika
  toe te laat om die MPLA te verslaan nie.
                    [Uit: Beggar Your Neighbours: Apartheid Power in Southern Africa deur J. Hanlon]

                                                                                                     b.o.

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
                                           GESKIEDENIS                        ADDENDUM          8
                                           (Vraestel 1)                         10791/22

BRON 2C

Die volgende bron beskryf "Operasie Carlota" waarin Kuba hulp aan die MPLA verskaf
het. Dit is uit ŉ artikel geskryf deur Gabriel Garcia Marquez, ŉ Colombiaanse skrywer, wat
ŉ kommunis was en ŉ vriend van Fidel Castro, die leier van Kuba.

  Die MPLA, wat in 1956 gestig is, was die oudste bevrydingsbeweging in Angola. Dit alleen
  het die steun van die meeste Angolese gehad en ŉ sosiale, politieke en ekonomiese
  program wat die beste vir toestande in die land geskik is. Ongelukkig was die MPLA in ŉ
  minder gunstige militêre posisie as die vyande van die organisasie. Dit het Sowjet-wapens
  gehad, maar nie die mense wat in staat was om dit te hanteer nie.

  Daarenteen was hulle vyande goed opgelei en goed toegerus. Die FNLA en UNITA het
  bande met die CIA (Die Amerikaanse Sentrale Intelligensie-agentskap) gehad. UNITA was
  onder bevel van Jonas Savimbi – ŉ beginsellose leier wat in die verlede saam met die
  Portugese kolonialiste en die buitelandse maatskappye wat Angola se hulpbronne ontgin
  het, gewerk het. Laastens het die magtige Suid-Afrikaanse weermag Angola binnegeval
  om UNITA te ondersteun.

  Al hierdie magte, wat gebruik gemaak het van enorme ekonomiese en militêre krag, was
  gereed om die hoofstad, Luanda, te omsingel. Die MPLA het ŉ beroep om hulp van Kuba
  gedoen. Toe die Kubane die versoek ontvang het, het hulle nie slegs tot wat versoek is
  gebly nie: hulle het besluit om veel meer te stuur – 480 spesialiste, wat vier
  opleidingskampe opgerig het en sestien weermageenhede en vyf-en-twintig
  mortierbatterye en lugafweer-masjiengeweerpunte georganiseer het. Dit is aangevul met ŉ
  span weermagdokters, 115 voertuie en ŉ geskikte kommunikasienetwerk. Dit illustreer die
  versiendheid en daadwerklikheid (dapperheid) waarmee die Kubane die bedreiging in
  Angola in die gesig gestaar het.

  Kuba het gou meer troepe gestuur: Operasie Carlota (vernoem na die leier van ŉ slawe-
  opstand toe Kuba nog ŉ Spaanse Kolonie was) het begin met die versending van ŉ 650-
  man-eenheid, versterk deur spesiale magte. Hulle is self per vliegtuig na Luanda-lughawe
  vervoer. Hierdie eerste soldate het in die geheim opgedaag en was geklee in vakansieklere
  sonder militêre kentekens. Hulle het die voorkoms van gewone toeriste gehad en tasse
  gedra. In hul koffers was masjiengewere en die vragruim van die vliegtuig was gevul, nie
  met vakansietoerusting nie, maar met wapens.
                     [Uit: http://www.rhodesia.nl/marquez.html. Toegang op 6 Januarie 2022 verkry.]

                                                                                                    b.o.

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
                                            GESKIEDENIS                        ADDENDUM          9
                                            (Vraestel 1)                         10791/22

BRON 2D

Die bron hieronder is ŉ beeld van ŉ posseël wat in Kuba, in 2000, uitgereik is om die 25ste
herdenking van die begin van Operasie Carlota te vier.

                                                                                      Kubaanse
                                                                                      vlag

                                                                                     Angolese
                                                                                     vlag

                                                                                     Kubaanse
                                                                                     en
                                                                                     Angolese
                                                                                     soldate

                                                                                 “Die 25ste
                                                                                 herdenking
                                                                                 van die
                                                                                 internasionale
                                                                                 Kubaanse
                                                                                 missie na die
                                                                                 Republiek van
                                                                                 Angola”

       [Uit: https://twitter.com/Louis_Allday/status/924742221458477057 Toegang op 27 Februarie 2022
                                                                                            verkry.]

                                                                                                     b.o.

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
                                            GESKIEDENIS                        ADDENDUM          10
                                            (Vraestel 1)                         10791/22

VRAAG 3: VOOR WATTER PROBLEME HET DIE VRYHEIDSRYERS TE STAAN
         GEKOM TOE SEGREGASIE OP BUSVERVOER GEDURENDE DIE 1960's IN
         DIE VSA UITGEDAAG IS?

BRON 3A

Die bron hieronder is geneem uit 'Chicago's Very Own News; Remembering the Freedom
Riders 60 years later’. Dit verduidelik hoe die Vryheidsryersbeweging in 1961 per bus na die
suide van Amerika gereis het om desegregasie van die interstaatlike vervoerfasiliteite af te
dwing, ongeag die wrede aanvalle in die VSA.

  In 1955 het Rosa Parks gehelp om die Montgomery, Alabama-busstelsel te integreer toe sy
  geweier het om haar sitplek prys te gee, maar interstaatlike busreise het in die Suide
  gesegregeer gebly tot die Vryheidsritte van 1961. Bloed is vergiet en lewens is amper
  verloor, aangesien die nie-gewelddadige protesaksies met wrede aanvalle en tronkstraf
  begroet is.

  Op 4 Mei 1961 het ŉ klein groepie van 13 swart en wit lede van CORE, die Congress of
  Racial Equality, vanaf Washington, D.C. vertrek, op pad na New Orleans op wat
  veronderstel was om ŉ twee weke lange reis te wees om die Jim Crow-wette in die Suide
  uit te daag. Die eerste paar bushaltes was rustig totdat hulle Rock Hill, Suid-Carolina bereik
  het. Drie ryers is wreed (brutaal) aangeval omdat hulle probeer het om die “slegs blankes”-
  toilet te gebruik. Hoe verder suid die Vryheidsryers gegaan het, hoe venyniger was die
  aanvalle. In Anniston, Alabama, het ŉ skare van ongeveer 200 Ku Klux Klansmanne die
  bus met brandbomme bestook terwyl die polisie toekyk. Op dieselfde dag is nog ŉ groep
  Vryheidsryers wreed (brutaal) geslaan deur ŉ gepeupel (skare) wat hulle by die
  Birmingham-busstasie ingewag het. Ná die geweld in Anniston en Birmingham het CORE
  aangekondig dat dit die ritte beëindig. Maar die SNCC, die Student Non -Violent
  Coordinating Committee, (Studente Nie-Gewelddadige Koördineringskomitee), het die
  saak oorgeneem.

  Die wrede aanvalle het voortgeduur terwyl die groep in Montgomery, Alabama gery het en
  daarna na Jackson, Mississippi, gereis het, maar hierdie keer was die bus gelaai met
  gewapende troepe, gevolg deur patrolliemotors. Toe hulle van die bus afklim, met
  sommige van hulle steeds in die verbande van die aanvalle in Alabama, is hulle
  gearresteer omdat hulle probeer het om "slegs blankes" fasiliteite te gebruik. Sommige in
  die groep het geweier om die boete te betaal en het verkies om in die tronk te bly. Dit het
  nasionale, selfs internasionale media-aandag begin trek. Die “tronk, geen borgtog-taktiek”
  het soveel druk op die Mississippi-strafstelsel geplaas dat die Interstaat Handelskommissie
  beveel het dat die wit en gekleurde kennisgewing in die terminale verwyder moet word. Ná
  etlike maande, byna 400 arrestasies en minstens 60 ritte later, het die Vryheidsryers die
  oorwinning behaal.
             [Uit: https://wgntv.com/news/cover-story/remembering-the-freedom-riders-60-years-later/
                                                               Toegang op 05 Januarie 2022 verkry.]

                                                                                                  b.o.

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
                                           GESKIEDENIS                        ADDENDUM          11
                                           (Vraestel 1)                         10791/22

BRON 3B

Die uittreksel hieronder is geneem uit die History Today Nuusbrief, bygewerk op 27 Januarie
2022 deur die ondersoekende joernalis, T. Morgan. Dit fokus op hoe die studente in
Nashville, gelei deur Diane Nash, alles gewaag het om segregasie deur die Vryheidsritte in
1961 te beëindig.

  Die sukses van die sitbetogings het Nashville die eerste suidelike stad gemaak om
  middagetetoonbanke in die land te desegregeer, maar dit was net die begin vir die jong
  aktiviste. In 1961 het die Nashville Sentrale Studentekomitee ŉ kennisgewing van die
  Congress of Racial Equality, CORE, ontvang dat hulle die Vryheidsritte begin het wat van
  een staat na ŉ ander gereis het. Die deelnemers het hulself in toenemende gevaar van
  woedende gemeenskappe wat hewig teen die idee van integrasie was, bevind.

  Die aggressie het ŉ hoogtepunt bereik toe die Vryheidsritte in Alabama aangekom het. Op
  14 Mei 1961, is busse verbrand en die aktiviste geslaan, wat hulle gedwing het om na New
  Orleans terug te trek. Van daar af was Nash se taak om die fakkel saam met ŉ nuwe groep
  Vryheidsryers te dra. “Ons het besef dat as die Vryheidsrit daar en dan na al daardie
  geweld beëindig word, suidelike wit rassiste sou dink dat hulle ŉ projek deur genoeg
  geweld kon beëindig,” sê sy. “En ons sou nie enige soort beweging vir stemreg,
  desegregasie van die busse en publieke akkommodasie kon hê sonder groot
  lewensverliese nie.”

  So, Nash en haar eweknieë het die Vryheidsritte voortgesit, ten spyte van die besware van
  baie magtige mense, insluitend Prokureur-generaal Robert Kennedy. Kennedy het sy
  assistent, John Seigenthaler, opdrag gegee om direk met Nash te praat in ŉ poging om die
  Vryheidsritte te beëindig. Met soveel bloedvergieting in Alabama het hy die voorsitter
  aangemoedig om terug te staan van die geweld wat ongetwyfeld vir hulle op die roete
  gewag het. "Mense het baie goed verstaan wat kan gebeur," sê Nash, wat aan
  Seigenthaler verduidelik het dat die deelnemers aan die Vryheidsritte vir haar verseëlde
  koeverte met hul testamente gegee het, in die geval van hul dood. “Gelukkig kon ek al
  daardie verseëlde koeverte terugbesorg.”

  Die Vryheidsritte het in die herfs van 1961 afgesluit met nog ŉ oorwinning vir die
  Burgerregtebeweging; die Interstaat Handelskommissie het gesegregeerde busreise en
  terminale onwettig gemaak, effektief vanaf 1 November.
          [Verwerk uit: https://www.history.com/news/diane-nash-freedom-rider-civil-rights-movement
                                                               Toegang op 05 Januarie 2022 verkry.]

                                                                                                 b.o.

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
                                            GESKIEDENIS                         ADDENDUM          12
                                            (Vraestel 1)                          10791/22

BRON 3C

Die uittreksel hieronder is geneem uit die meningsafdeling van die Los Angeles Times
koerant. Dit is getitel Remember the Freedom Riders. Die skrywer verduidelik hoe die polisie
en die FBI saamgespan het in die aanvalle teen die Vryheidsryers-protes teen segregasie in
die Suidelike State van Amerika in die 1960's.

ŉ 12-jarige meisie het destyds toegekyk hoe een van die twee busse wat die aktiviste van
Atlanta vervoer het, op 14 Mei in Anniston, Alabama, aangekom het. ŉ Woedende skare Ku
Klux Klansmanne het die Greyhound-bus van die pad gedwing en die bus met brandbomme
gebombardeer. Bloedige en wrede aanrandings het die Vryheidsryers en sommige
omstanders beseer (onstabiel) en gehawend gelaat. Een het 53 steke nodig gehad. Nege is
in die hospitaal opgeneem.

Maar wat die ryers nie geweet het nie, was dat die plan om hulle te ontmoet – en te keer – nie
deur die Ku Klux Klan (KKK) alleen uitgebroei (uitgedink) is nie, maar in samewerking met die
Birmingham-polisiedepartement plaasgevind het. Op Eugene “Bull” Connor se bevel, die stad
se ultra-segregasie-kommissaris vir openbare veiligheid, het polisiebeamptes geheime
vergaderings gehou met die leiers van die Eastview-klavern (plaaslike tak) van die Klan. Hulle
het nie net die Vryheidsryers se reisplan oorhandig nie, maar hulle het ook die Klansmanne
15 tot 20 minute belowe om te doen wat hulle wou by die busstasie voor die polisie opdaag.
Die samespanning van die Birmingham-polisie is laakbaar (skandelik), maar miskien nie so
verbasend nie.

Twee jaar later het brandslange en polisiehonde wêreldwye simbole van gewelddadige
Suidelike weerstand teen rassegeregtigheid geword. Maar wat net so kommerwekkend is, is
dat J. Edgar Hoover en die FBI ook bewus was van die plan om ŉ blinde oog vir die geweld te
draai. Die FBI was, in die mees welwillende (behulpsame) ontleding, gevaarlik gedistansieer.
Dit is ŉ deel van waaroor sistemiese rassisme gaan. Die Vryheidsryers het probeer om die
sluimerende gewete van die land wakker te maak.
                 [Uit: https://www.latimes.com/opinion/story/2021-05-14/freedom-riders-police-fbi-klan
                                                                Toegang op 05 Januarie 2022 verkry.]

                                                                                                    b.o.

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
                                             GESKIEDENIS                        ADDENDUM          13
                                             (Vraestel 1)                         10791/22

BRON 3D

Die foto hieronder hang by die Freedom Riders National Monument in Anniston, geneem deur
ŉ onbekende fotograaf. Dit beeld die brandende Greyhound-bus uit wat Vryheidsryers op 14
Mei 1961 na Anniston vervoer het. Hulle is deur wit skares geslaan en ernstig beseer nadat
hulle van die bus afgeklim het.

    [Uit https://newschannel9.com/news/local/freedom-riders-national-monument-now-open-in-anniston
                                                                 Toegang op 05 Januarie 2022 verkry.]

                                               EINDE

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
                                                  GESKIEDENIS                       ADDENDUM     14
                                                  (Vraestel 1)                        10791/22

ERKENNNGS

Visuele bronne en ander historiese inligting is uit die volgende geneem:

Beggar Your Neighbours: Apartheid Power in Southern Africa by J. Hanlon

http://www.rhodesia.nl/marquez.html.

https://mcrl.libguides.com/big_picture

https://newschannel9.com/news/local/freedom-riders-national-monument-now-open-in-anniston

https://twitter.com/Louis_Allday/status/924742221458477057

https://wgntv.com/news/cover-story/remembering-the-freedom-riders-60-years-later/

https://www.com.this-day-in-history/soviet-union-rejects-marshall-plan-assistance

https://www.everycrsreport.com/ reports/R45079.html.

https://www.history.com/news/diane-nash-freedom-rider-civil-rights-movement

https://www.history.state.gov/milestones/1969-1976/Angola

https://www.latimes.com/opinion/story/2021-05-14/freedom-riders-police-fbi-klan

www.loc.gov/exhibits/marshall/marsh-overview.html.

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
                                            GESKIEDENIS                                      7
                                            (Vraestel 1)                     10791/22

VRAAG 3:      VOOR WATTER PROBLEME HET DIE VRYHEIDSRYERS TE STAAN
              GEKOM TOE SEGREGASIE OP BUSVERVOER GEDURENDE DIE
              1960's IN DIE VSA UITDAAG IS?

Bestudeer Bronne 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg.

3.1   Verwys na Bron 3A.

      3.1.1   Noem die persoon in die bron wat gehelp het om die Montgomery,
              Alabama-busstelsel te integreer.                               (1 x 1)             (1)

      3.1.2   Haal bewyse uit die bron aan wat toon dat die nie-gewelddadige
              protesaksie met brutaliteit begroet is.                              (1 x 1)       (1)

      3.1.3   Definieer die konsep Jim Crow-wette in die konteks van segregasie op
              interstaatlike busse in die Suidelike State van Amerika gedurende die
              1950's.                                                             (1 x 2)        (2)

      3.1.4   Verduidelik wat die studente gemotiveer het om voort te gaan met die
              Vryheidsritte, ongeag die verwagte wrede aanvalle van die wit
              heerssugtiges.                                                    (1 x 2)          (2)

      3.1.5   Lewer kommentaar op wat geïmpliseer word deur die verklaring in die
              bron, 'Dit het nasionale, selfs internasionale media-aandag begin trek,’ in
              die konteks van die Vryheidsritte-protes.                            (1 x 2)       (2)

3.2   Bestudeer Bron 3B.

      3.2.1   Definieer die begrip desegregasie in jou eie woorde.                 (1 x 2)       (2)

      3.2.2   Gebruik die bron en jou eie kennis en verduidelik die bedoelings van die
              Vryheidsryers met betrekking tot die interstaatlike busse in Amerika
              gedurende die 1960's.                                                (2 x 2)       (4)

      3.2.3   Noem DRIE prestasies van die Vryheidsryers wat deur die leier van die
              Vryheidsryers, Diane Nash, in die bron uiteengesit is.            (3 x 1)          (3)

      3.2.4   Haal bewyse uit die bron aan wat toon dat die Vryheidsryers hul dood
              tydens die betoging verwag het en daarvoor voorberei het.          (1 x 2)         (2)

                                                                                                 b.o.

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com
                                             GESKIEDENIS                                       8
                                             (Vraestel 1)                      10791/22

3.3   Raadpleeg Bron 3C.

      3.3.1   Watter optrede volgens die bron dui daarop dat die Ku Klux Klansmanne
              vasbeslote was om die Vryheidsryers te keer om op 14 Mei 1961 deur
              Anniston te gaan?                                                (3 x 1)             (3)

      3.3.2   Gebruik die bron en jou eie kennis en verduidelik hoekom die polisie en
              die FBI met die Klansmanne saamgespan het om die Vryheidsryers
              wreed aan te val.                                                  (1 x 2)           (2)

      3.3.3   Noem TWEE aspekte, uit die bron, wat die simbole van gewelddadige
              polisiebrutaliteit in suidelike Amerika tydens die betogings in die 1960's
              geword het.                                                            (2 x 1)       (2)

      3.3.4   Lewer kommentaar oor die betroubaarheid van hierdie bron vir ŉ
              historikus wat navorsing oor die uitdagings wat die
              Burgerregtebewegingaktiviste in die gesig gestaar het, doen.           (2 x 2)       (4)

3.4   Raadpleeg Bron 3D.

      3.4.1   Watter boodskappe oor die Vryheidsritte word deur die foto uitgebeeld?
                                                                                (2 x 2)            (4)

      3.4.2   Lewer kommentaar oor hoe die volgende groepe op die foto gereageer
              het:

              (a)    Lede van die Burgerregtebeweging                                (1 x 2)       (2)

              (b)    Lede van die Ku Klux Klan                                       (1 x 2)       (2)

3.5   Vergelyk Bronne 3C en 3D. Verduidelik hoe die bewyse in 3D die inligting in 3C
      ondersteun aangaande die wit heerssugtiges se gewelddadige reaksie op
      Amerikaners wat teen rasseskeiding op die interstaatlike busse betoog het.
                                                                                 (2 x 2)           (4)

3.6   Gebruik die inligting en relevante bewyse uit die bronne en jou eie kennis en skryf
      ŉ paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy die
      probleme verduidelik wat die Vryheidsryers in die gesig gestaar het toe hulle
      segregasie op busvervoer gedurende die 1960's in die VSA uitgedaag het.                   (8)
                                                                                               [50]

                                                                                                   b.o.

### Page 25

Downloaded from hlayiso.com
                                             GESKIEDENIS                                 9
                                             (Vraestel 1)                    10791/22

AFDELING B: OPSTELVRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae in hierdie afdeling
nie.

Jou opstel moet ongeveer DRIE bladsye lank wees.

VRAAG 4:     UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE –
             VIËTNAM

'... met al die militêre mag kon die Verenigde State van Amerika nie ŉ klein nasie van
kleinboere in Viëtnam verslaan nie.'

Bespreek hierdie stelling krities in die lig van die Verenigde State van Amerika se
betrokkenheid in Viëtnam tussen 1965 en 1975. Motiveer jou antwoord deur
relevante voorbeelde te gebruik.                                                         [50]

VRAAG 5:     ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – DIE KONGO

Die Kongo was nie suksesvol om politieke, ekonomiese, sosiale en kulturele
verandering teweeg te bring nadat onafhanklikheid van koloniale heerskappy bereik
is nie.

Stem jy saam met die bogenoemde stelling? Gebruik relevante bewyse om jou
argument te ondersteun.                                                                  [50]

VRAAG 6:     BURGERLIKE SAMELEWINGSBETOGINGS VANAF DIE 1950's TOT
             DIE 1970's: DIE SWARTMAGBEWEGING IN DIE VSA

Verduidelik tot watter mate die Swartmag-filosofie die lewens van Afro-Amerikaners
wat in die VSA gewoon het, in die 1960's en 1970's verander het.

Ondersteun jou argument met relevante bewyse.                                            [50]

                                                                             TOTAAL:     150

                                            EINDE

### Page 26

Downloaded from hlayiso.com

### Page 27

Downloaded from hlayiso.com

### Page 28

Downloaded from hlayiso.com

## Related documents

- [Grade 12 NSC History P1 (Afrikaans) X10 2019 Preparatory Examination Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p1-afrikaans-x10-2019-preparatory-examination-addendum/4f3ebe5f-1e25-4b5d-9926-1cdd895d3995) — History · Addendum · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC History P1 (Afrikaans)) 2015 Preparatory Examination Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p1-afrikaans-2015-preparatory-examination-addendum/46d03045-1812-4e23-a4c5-7192a662e955) — History · Addendum · 2015 · Afr
- [Gr12 History P2 (Afrikaans) 2021 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-history-p2-afrikaans-2021-preparatory-question-paper/24930935-0ad6-40fc-af9d-2565f340cb01) — History · QP · 2021 · Afr
- [HISTORY P1 GR12 QP SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-qp-sept2017-afrikaans/b9dc10fb-ad07-4300-abc2-a509afb2c30f) — History · QP · 2017 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM JUNE 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-june-2022-afrikaans/f20bbeea-9bf0-4364-87d6-36ff16bead78) — History · Addendum · 2022 · Afr
- [Grade 12 NSC History P2 (Afrikaans) X10 2019 Preparatory Examination Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p2-afrikaans-x10-2019-preparatory-examination-addendum/4c8825cb-7328-4a35-b4a2-21579182a6ed) — History · Addendum · 2019 · Afr

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-adden-gr12-sep-2024-afrikaans/4faf89db-d19f-40cf-891f-e87e004b0bc5) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept-2024-afrikaans/b61f3bc2-3524-48c9-af60-f3348133d582) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 MEMO GR12 SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-sept2024-afrikaans/49472cc4-f28c-41d3-b6c4-2623ae0611e3) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
