# History Grade 12 Paper 1 Gauteng Mock 2022 Memo (Afrikaans)

> Grade 12 History Paper 1 memorandum from the Gauteng Mock Exam 2022 (Afrikaans), 25 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr12-history-p1-afrikaans-ssep-2022-possible-answers/9d6d2c76-2e51-49c7-91a5-3ddd9aa25244
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2022
- Exam period: Gauteng Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 25

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 Paper 1 Gauteng Mock 2022 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/gr12-history-p1-afrikaans-ssep-2022-possible-answers/9d6d2c76-2e51-49c7-91a5-3ddd9aa25244)

## About this document

History · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2022 · Afrikaans. Memorandum, 25 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

             VOORBEREIDENDE EKSAMEN
                           2022
                  NASIENRIGLYNE

               GESKIEDENIS VRAESTEL 1 (10791)

25 bladsye

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                      10791/22

1.      BRONGEBASEERDE VRAE

1.1     Die volgende kognitiewe vlakke word gebruik om brongebaseerde vrae te
        ontwikkel:

      Kognitiewe
                                 Historiese vaardighede                  Gewig van vrae
        vlakke
                    • Uittreksel van bewyse uit bronne
                    • Keuse en organisasie van relevante inligting uit         30%
       VLAK 1
                      bronne                                                (15 punte)
                    • Definieer historiese konsepte/terme
                    • Interpretasie van bewyse uit bronne
                                                                               40%
       VLAK 2       • Verduidelik inligting wat uit bronne versamel is
                                                                            (20 punte)
                    • Ontleed bewyse uit bronne
                    • Interpreteer en evalueer bewyse uit bronne
                    • Bespreek bronne om die nuttigheid,
                      betroubaarheid, vooroordeel en beperkings te
                      bepaal                                                   30%
       VLAK 3
                    • Vergelyk en kontrasteer interpretasies en             (15 punte)
                      perspektiewe wat in bronne aangebied word en
                      verkry ŉ onafhanklike gevolgtrekking

1.2     Die inligting hieronder dui aan hoe brongebaseerde vrae geassesseer word:

•     In die nasien van brongebaseerde vrae moet krediet aan enige ander geldige en relevante
      standpunte, argumente, bewyse of voorbeelde gegee word.
•     In die toekenning van punte, moet klem geplaas word op hoe die vereistes van die vraag
      aangespreek is.
•     In die nasienriglyne word die vereistes van die vraag (vaardighede wat aangespreek moet
      word) asook die vlak van die vraag kursief aangedui.

2.      OPSTELVRAE

2.1     Die opstelvrae vereis dat kandidate:

        •   In staat sal wees om hul argumente te struktureer in ŉ logiese en samehangende
            wyse. Hulle moet die relevante inligting kies, organiseer en saamvoeg sodat hulle ŉ
            redelike reeks feite of ŉ effektiewe argument kan aanbied om die vraag wat gestel
            word, te beantwoord. Dit is noodsaaklik dat ŉ opstel ŉ inleiding, ŉ samehangende en
            gebalanseerde liggaam van bewyse en ŉ gevolgtrekking het.

2.2     Nasien van opstelvrae

        •   Nasieners moet daarvan bewus wees dat die inhoud van die antwoord beïnvloed sal
            word deur die handboeke wat by die sentrum gebruik word.
        •   Kandidate kan enige ander relevante inleiding en/of gevolgtrekking hê as dié wat by
            ŉ spesifieke opstel nasienriglyn vir ŉ spesifieke opstel ingesluit is.
        •   Wanneer oop-einde, brongebaseerde vrae geassesseer word, moet leerders krediet
            kry vir enige ander relevante antwoorde.

                                                2

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                     10791/22

2.3   Globale assessering van die opstel

      Die opstel sal holisties (in sy geheel) geassesseer word. Hierdie benadering vereis dat
      die nasiener die algehele produk evalueer, sonder om die komponente dele afsonderlik
      aan te teken. Hierdie benadering moedig die leerder aan om ŉ individuele mening te bied
      deur geselekteerde feitelike bewyse te gebruik om ŉ argument te ondersteun. Daar sal
      nie van die leerder verwag word om bloot 'feite' weer te gee om ŉ hoë punt te behaal nie.
      Hierdie benadering ontmoedig leerders om 'model' antwoorde voor te berei en hulle te
      reproduseer sonder om die spesifieke vereistes van die vraag te oorweeg. Holistiese
      assessering, in teenstelling met inhoudsgebaseerde assessering, penaliseer leerder nie
      vir ontoereikende taal nie. Klem word op die volgende geplaas:
      • Die konstruksie van die argument
      • Die toepaslike seleksie van feitelike bewyse om die argument te ondersteun
      • Die leerder se interpretasie van die vraag

2.4   Assesseringsprosedures van die opstel

      2.4.1 Hou die sinopsis in gedagte wanneer die opstel beoordeel word.

      2.4.2 Tydens die lees van die opstel moet regmerkies toegeken word vir ŉ relevante
            inleiding, (wat deur ŉ kolpunt in die nasienriglyn aangedui word) die belangrikste
            aspekte/liggaam van die opstel wat die lyn van argument onderhou/verdedig (wat
            deur kolpunte in die nasienriglyn aangedui word) en ŉ relevante slot (wat deur ŉ
            kolpunt in die nasienriglyn aangedui word).
            Byvoorbeeld, in ŉ opstel waar daar vyf (5) hoofpunte is, kan daar sewe (7)
            regmerkies wees.

      2.4.3 Hou die PEEL-struktuur in gedagte tydens die nasien van ŉ opstel.

              P    Punt: Die kandidaat stel die opstel bekend deur ŉ
                   argumentslyn duidelik te stel/ŉ belangrike punt te maak.
                   Elke paragraaf moet ŉ punt insluit wat die belangrikste
                   hoofgedagte (argumentslyn) ondersteun wat in die inleiding
                   bekendgestel is.
              E    Verduideliking: Die kandidaat moet die hoofgedagte in meer
                   detail verduidelik en hoe dit verband hou met die vraag wat
                   gestel word (argumentslyn).
              E    Voorbeeld: Kandidate moet die vraag beantwoord deur inhoud
                   te kies wat relevant is vir die argumentslyn. Relevante
                   voorbeelde moet gegee word om die argumentslyn te
                   onderhou.
              L    Skakel: Kandidate moet verseker dat die argument regdeur
                   volgehou word en samehangend geskryf word.

                                              3

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                         10791/22

      2.4.4 Die volgende simbole MOET gebruik word wanneer ŉ opstel geassesseer word:

             • Inleiding, hoofaspekte en gevolgtrekking nie behoorlik gekontekstualiseer nie
                                              ^
             • Verkeerde stelling                    _________________

             • Irrelevante stelling            |
                                               |
                                               |

             • Herhaling                       R

             • Analise                         A√

             • Interpretasie                   I√

             • argumentslyn                    LOA

2.5   Die matriks

      Gebruik van die matriks in die nasien van opstelle

      In die nasien van opstelle moet die kriteria soos voorsien in die matriks gebruik word. Let
      op na die inhoud en aanbieding by die assessering van die opstel. By die snypunt van
      die inhoud en aanbieding, gebaseer op die sewe bevoegdheidsvlakke, moet ŉ punt
      toegeken word.

            (a)   Die eerste nasien van uitgebreide skryfwerk sal wees om te bepaal tot
                  watter mate die hoofaspekte gedek word en om die inhoudsvlak (op die
                  matriks) aan te dui.

                                                        I         VLAK 4

            (b)   Die tweede lesing van uitgebreide skryfwerk hou verband met die vlak (op
                  die matriks) van aanbieding.
                                                        I         VLAK 4
                                                        A         VLAK 3

            (c)   Ken ŉ algehele punt toe met die gebruik van die matriks.

                                                        I         VLAK 4        }26–27
                                                        A         VLAK 3

                                               4

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                                                                                                10791/22

                                 VLAK 7               VLAK 6                 VLAK 5                VLAK 4              VLAK 3                 VLAK 2                 VLAK 1*
AANBIEDING                  Baie goed beplande Baie goed                Goed beplande en      Argument beplan     Toon soms bewys van   Poging aangewend om    Weinig of geen poging
                            en gestruktureerde beplande en              gestruktureerde       en gestruktureer.   ŉ                     antwoord te            om die opstel te
                            opstel. Goeie sintese gestruktureerde       opstel.               Bewyse tot ŉ        gestruktureerde en    struktureer. Grootliks struktureer nie.
                            van                   opstel. ŉ Relevante   Poog om ŉ duidelike   sekere mate         beplande argument.    beskrywend of poog om
                            inligting. Het ŉ goed argument is gevolg.   argument te           gebruik om          Poog om ŉ argument    argument te ontwikkel.
                            gebalanseerde,        Bewyse gebruik om     ontwikkel.            argument te         vol te hou.           Geen poging om ŉ
                            oorspronklike         die argument te       Gevolgtrekking        ondersteun.         Gevolgtrekking nie
                                                                                                                                        gevolgtrekking te maak
                            argument ontwikkel verdedig. Poog om ŉ      gemaak uit bewyse     Slotsom bereik op   duidelik ondersteun
                                                                                                                                        nie.
                            met bewyse.           onafhanklike          om die argument te    grond van bewyse.   deur bewyse nie.
                            Argument              gevolgtrekking uit
INHOUD                                                                  ondersteun.
                                                  die bewyse te maak
                            deurgaans volgehou
                                                  om die argument te
                            en verdedig.
                                                  ondersteun.
                            Onafhanklike
                            gevolgtrekking
                            gemaak uit bewyse
                            om die argument te
                            ondersteun.

VLAK 7
Vraag is ten volle
beantwoord.
Inhoudskeuse ten volle
                               47 – 50              43 – 46
relevant tot argument
wat gevolg is.

VLAK 6
Vraag is beantwoord.
Inhoudskeuse relevant
tot argument wat gevolg
                               43 – 46              40 – 42                38 – 39
is.

VLAK 5
Vraag grotendeels
beantwoord. Inhoud             38 – 39              36 – 37                34 – 35                30 – 33            28 – 29
toereikend en relevant.

VLAK 4
Vraag herkenbaar in
antwoord. Sommige
weglatings of irrelevante
                                                                           30 – 33                28 – 29            26 – 27
keuse van inhoud.

VLAK 3
Keuse van inhoud hou
verband met vraag,
maar beantwoord dit
nie. Hou soms nie
                                                                                                  26 – 27            24 – 25                20 – 23
verband met die vraag
nie.
Weglatings.

VLAK 2
Vraag ontoereikend
beantwoord.                                                                                                          20 – 23                18 – 19                14 – 17
Inhoud skraal.

VLAK 1*
Vraag ontoereikend
beantwoord of glad nie.                                                                                                                     14 – 17                 0 – 13
Ontoereikend of
irrelevante inhoud.

      *      Riglyne vir die toekenning van ŉ punt vir Vlak 1:
    • Vraag glad nie aangespreek nie/heeltemal irrelevante inhoud; geen poging om die opstel te
      struktureer nie.                                                                                                                                      =0
    • Antwoord sluit basiese en oor die algemeen irrelevante inligting in, geen poging om die opstel
      te struktureer nie.                                                                                                                                   =1–6
    • Vraag onvoldoende aangespreek en vaag; min poging om die opstel te struktureer.                                                                       = 7 – 13

                                                                                              5

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                      10791/22

AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

VRAAG 1:      HOE HET DIE MARSHALL-PLAN KOUE OORLOG-SPANNING
              TUSSEN DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA (VSA) EN DIE
              SOWJETUNIE (USSR) VANAF 1947 VERERGER?

1.1   1.1.1   [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – L1]

              •    Wydverspreide honger
              •    Werkloosheid
              •    Behuisingstekorte                                              (3 x 1)   (3)

      1.1.2   [Definisie van historiese konsep uit Bron 1A – L1]

              •    Regeringstelsel waar private eienaarskap nie toegelaat word nie
                 • Staatseienaarskap van die ekonomie/klaslose samelewing
                 • Die rykdom van die land word gelykop verdeel en
                    produksiemiddele deur die staat beheer word
              (Enige ander relevante antwoord)                           Enige (1 x 2)      (2)

      1.1.3   [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – L1]

              •    Om hongersnood in die groot oorlogsgebiede te voorkom
              •    die verwoesting van daardie gebiede so vinnig as moontlik te herstel
              •    Om ekonomiese heropbou te begin                              (3 x 1)     (3)

      1.1.4   [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – L1]

              •    Om die verspreiding van kommunisme in Wes-Europa te voorkom
              •    Stabiliseer die internasionale orde op ŉ wyse wat gunstig is vir die
                   ontwikkeling van politieke demokrasie en vryemark ekonomieë
              •    ŉ Ekonomiese plan om die Koue Oorlog-spanning verder te
                   versterk vir die VSA om sy oorheersing aan die USSR te bewys
              •    Amerikaanse ekonomiese strategie om die dollar/geldeenheid uit te
                   brei en te versterk                                    Enige (2 x 1)     (2)

      1.1.5   [Interpretasie van bewyse uit Bron 1A – L2]

              •     USSR en die Russiese satellietstate het die Marshall-plan as ŉ
                    kapitalistiese plan deur die VSA beskou.
              •     Hulle wou hulleself nie met die VSA assosieer nie weens die Koue
                    Oorlog-spanning/ sien dit as ‘n slenter van die VSA
              •     Hulle het in kommunisme geglo.
              •     Die Russiese satellietstate is verlei/gelok om by kapitalisme aan te
                    sluit en kommunisme verontagsaam
              (Enige ander relevante antwoord)                  Enige (1 x 2)               (2)

                                              6

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                     10791/22

1.2   1.2.1   [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – L1]

              •    Molotov                                                       (1 x 1)   (1)

      1.2.2   [Interpretasie van bewyse uit Bron 1B – L2]

              •    Die Marshall-plan het ekonomiese hulp aan Duitsland ingesluit,
                   want tydens WW2 het Duitsland die USSR vernietig.
              •    Die USSR het geglo dat hulle beheer en vryheid moet hê oor enige
                   ekonomiese hulp wat die Marshall-plan aan Duitsland sou bied.
              •    Die USSR wou die presiese bedrag geld weet wat elke nasie uit die
                   Marshall-plan sou ontvang.
              •    Die USSR wou die bepalings en voorwaardes bepaal van die
                   finansiële hulp wat Amerika beoog het om aan ander lande te bied.
              •    Die USSR het een of ander vorm van deursigtigheid en
                   aanspreeklikheid van die VSA geëis rakende die Marshall-plan.
              •    Die USSR het ŉ vermoede gehad van ŉ verborge agenda agter die
                   Marshall-plan wat uiteindelik Europese ekonomieë sou vernietig,
                   terwyl die VSA ongelooflike ekonomiese wins sou maak.
              •    Hulle het dit beskou as 'n dollar-diplomasie wat by Russiese sake
                   inmeng
              (Enige ander relevante antwoord)                             Enige (2 x 2)   (4)

      1.2.3   [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – L1]

              •    ‘ ŉ plan vir inmenging in die binnelandse sake van ander lande’
                                                                                 (1 x 1)   (1)

      1.2.4   [Ontleed, interpreteer die bruikbaarheid van Bron 1B – L3]

              •    Die bron verwoord die Sowjetunie se negatiewe houding jeens die
                   Marshall-plan.
              •    Die bron verduidelik die redes vir die USSR se beswaar teen die
                   Marshall-plan, ten spyte daarvan dat ander lande soos Frankryk en
                   Brittanje hul ondersteuning van die VSA se plan bevestig het.
              •    Verduidelik hoe die VSA die Sowjet-verwerping van die Marshall-
                   plan beskou het
              •    Toon hoe die USSR vasbeslote was om hul stryd teen kapitalisme
                   en die kommunistiese ideologie na te streef
              (Enige ander relevante antwoord)                           Enige (2 x 2)     (4)

                                              7

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                      10791/22

1.3   1.3.1   [Interpretasie van die spotprent, Bron 1C – L2]

              •     Dit wys hoe die VSA (W. Averell Harriman – Sekretaris van Handel)
                    – die Marshall-plan – ŉ been, gebruik het om Wes-Europa – honde
                    te lok tot die ekonomiese herstelplan in 1947/te beheer/deur die
                    VSA.
              •     Wes-Europa het pas die verwoestende gevolge van die Tweede
                    Wêreldoorlog gely, en het daarom die Amerikaanse plan gesien as
                    ŉ plan om hulle van honger en armoede te red – kwylende honde
                    toon desperaatheid vir die Marshall Plan.
              •     Die spotprent toon die diepte van armoede in Wes-Europa –
                    vegtende honde, wat die vlak van angs en desperaatheid van
                    daardie lande verteenwoordig.
                • Die spotprent beeld uit hoe die VSA die Marshal-plan gebruik het om
                   die lande te beheer wat die ekonomiese plan – hondeleiband –
                   aanvaar het.
              (Enige ander relevante antwoord)                              Enige (2 x 2)   (4)

      1.3.2   [Interpretasie van bewyse uit Bron 1C – L2]

              Die Sowjet-spotprenttekenaar spreek ŉ negatiewe siening van die
              Marshall-plan uit:
               •   ŉ Amerikaanse plan wat daarop gemik is om wins uit arm Europese
                   lande uit te pers (dollardiplomasie)
               •   Die Marshall-plan word uitgebeeld as ŉ been wat gebruik word om
                   Europese lande te lok; dit is in stryd met die 'humanitêre aard' van
                   die plan soos Europese lande geflous is om te glo.
               •   Europese lande word deur honde verteenwoordig. Dit beeld ŉ
                   negatiewe konnotasie uit deur te wys dat hulle desperaat en arm is;
                   en moes staatmaak op die Marshall-plan (monopoliekapitaal).
               •   Die spotprenttekenaar het geglo dat die Marshall-plan ŉ
                   Amerikaanse plan was om arm Europese lande met sy ideologie
                   van kapitalisme te beheer en te beïnvloed.
               •   Volgens die spotprenttekenaar was die VSA genadeloos en het
                   hulle niks vir die arm lande (vegtende honde en ŉ dooie hond)
                   omgegee nie/veroorsaak konflik
               •   Die arm is ekstra lang wat wys dat Amerika sy invloedsfeer uitbrei
              (Enige ander relevante antwoord)                              Enige (2 x 2)   (4)

                                              8

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                     10791/22

1.4   1.4.1   [Onttrekking van bewyse uit Bron 1D – L1]

              •    'Verhoogde uitvoer uit Europa'
              •    'EHP- toelae en lenings vir die aankoop van Amerikaanse goedere'
                                                                              (2 x 1)      (2)

      1.4.2   [Verduideliking van historiese konsepte uit Bron 1D – L2]

              •    Die VSA se ekonomiese herstelplan tydens die Koue Oorlog was
                   om die ekonomieë van die Europese lande wat erg deur die
                   Tweede Wêreldoorlog geraak is, te laat herleef.
              •    ŉ Amerikaanse ekonomiese plan geïnisieer om kapitalisme in
                   Europa tydens die Koue Oorlog te bevorder.
              (Enige ander relevante antwoord)                         Enige (1 x 2)       (2)

      1.4.3   [Interpretasie van bewyse uit Bron 1D – L2]

              •    Marshall Plan het ŉ grondslag gelê vir Westerse moondhede om
                   onder sy vaandel te verenig.
              •    Dit het die diplomatieke verhouding tussen Wes-Europese lande
                   gestimuleer en laat herleef.
              •    Ekonomiese en politieke interaksie tussen lande wat Amerikaanse
                   ekonomiese hulp na WW2 gesoek het, aangemoedig en
                   gefasiliteer.
              (Enige ander relevante antwoord)                          Enige (1 x 2)      (2)

      1.4.4   [Interpretasie van bewyse uit Bron 1D – L2]

              •    As ŉ instelling wat die verhouding tussen regerings en die private
                   sektor sal fasiliteer tussen lande wat aan die Europese Herstelplan
                   deelneem.
              •    Dit het die private maatskappye in lande aangemoedig om te belê
                   en met regerings saam te werk om ekonomiese groei te stimuleer.
              (Enige ander relevante antwoord)                             Enige (1 x 2)   (2)

1.5   [Vergelyking van inligting uit Bron 1B en 1D – L3]

      •     Bron 1B meld dat Rusland die Marshall-plan as Amerikaanse dominansie
            en imperialistiese stelsel gesien het en Bron 1D verduidelik ekonomies
            interafhanklikheid.
      •    In beide Bronne 1B en 1D, word die Marshall-plan beskryf as ŉ plan om
           Wes-Europa te red.
      •    In beide Bronne 1B en 1D word verduidelik dat die VSA hulp aan Wes-
           Europese lande verskaf het.
      (Enige ander relevante antwoord)                                     Enige (2 x 2)   (4)

                                              9

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                      10791/22

1.6     [Interpretasie, analise en sintese van bewyse uit relevante bronne en eie
        kennis – L3]
        Kandidate moet ŉ begrip toon van hoe die Marshall-plan die Koue Oorlog-
        spanning tussen die Verenigde State van Amerika (VSA) en die Sowjetunie
        (USSR) vanaf 1947 verhoog het.
        •    Die Verenigde State van Amerika het die Marshall-plan ingestel om
             verwoeste Wes-Europese lande na WW2 te help. (Bron 1A)
        •    Die plan is daarop gemik om wydverspreide honger, werkloosheid en
             behuisingstekorte te bekamp in lande wat bereid was om die Marshall-plan
             te aanvaar. (Bron 1A)
        •    Die plan was egter nie net ekonomies nie, maar ook polities, aangesien
             daar van lande wat die Marshall-plan aanvaar het verwag is om die
             ideologie van kapitalisme aan te neem. (Eie Kennis).
        •    Die Marshall-plan was gerig teen die voorkoming van die verspreiding van
             kommunisme in Wes-Europa en om politieke demokrasie en
             vryemarkekonomieë te stabiliseer. (Bron 1A).
        •    Die Sowjetunie en sy satellietstate het geweier om aan die besprekings oor
             die Marshall-plan deel te neem. (Bron 1A en 1B).
        •    Die USSR het die Marshall-plan beskou as ŉ imperialistiese en
             kapitalistiese dollardiplomasie wat daarop gemik was om die Amerikaanse
             monopoliekapitaal te versterk, in plaas daarvan om lande by te staan. (Eie
             kennis).
        •    Die USSR wou vry bly van Amerikaanse ekonomiese imperialisme en
             oorheersing. (Bron 1B).
        •    Die Marshall-plan, volgens Bron 1D, het wel prestasies behaal, soos die
             bekendstelling van opleidingsprogramme om onderlinge verbondenheid
             tussen regerings en die private sektor te verbeter.
        •    Marshall-plan is gebruik om die status van die VSA te verbeter. (Eie
             Kennis)
        (Enige ander relevante antwoord)                                                     (8)
        Gebruik die volgende rubriek om ŉ punt toe te ken.
      VLAK                          VLAKBESKRYWINGS                                 PUNTE
               •   Gebruik bewyse op ŉ elementêre wyse, bv., toon geen of ŉ
                   mate van begrip van hoe die Marshall-plan Koue Oorlog-
                                                                                    PUNTE
      VLAK 1       spanning tussen die VSA en die USSR vanaf 1947
                                                                                     0–2
                   vererger het nie.
               •   Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie ŉ paragraaf skryf nie.
               •   Bewyse is meestal relevant en hou in ŉ groot mate verband
                   met die onderwerp, bv., toon hoe die Marshall-plan Koue
                   Oorlog-spanning tussen die VSA en die USSR vanaf 1947            PUNTE
      VLAK 2
                   vererger het.                                                     3–5
               •   Gebruik bewyse op ŉ basiese manier om ŉ paragraaf te
                   skryf.
               •   Gebruik relevante bewyse, bv., toon ŉ deeglike begrip van
                   hoe die Marshall-plan Koue Oorlog-spanning tussen die
                                                                                    PUNTE
      VLAK 3       VSA en die USSR vanaf 1947 vererger het.
                                                                                     6–8
               •   Gebruik bewyse baie effektief in ŉ georganiseerde paragraaf
                   wat ŉ begrip van die onderwerp toon.
                                                                                          [50]
                                               10

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                     10791/22

VRAAG 2: WAAROM HET BUITELANDSE MAGTE GEDURENDE DIE 1970's BY
         DIE ANGOLESE BURGEROORLOG BETROKKE GERAAK?

2.1 2.1.1   [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – L1]

            •   USSR – ‘MPLA’
            •   USA – ‘FNLA/UNITA’
            •   China – ‘FNLA’                                                  (3 x 1)   (3)

    2.1.2   [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – L1]

            •   Fidel Castro                                                    (1 x 1)   (1)

    2.1.3   [Verduideliking van historiese konsepte Bron 2A – L2]

            •   ŉ Konflik tussen twee of meer groepe binne dieselfde land. In die geval
                van Angola, tussen UNITA en ander rebellegroepe aan die een kant
                en die MPLA aan die ander kant.
            (Enige ander relevante antwoord)                             Enige (1 x 2)    (2)

    2.1.4   [Interpretasie van bewyse uit Bron 2A – L2]

            •   Die USSR was ook ŉ kommunistiese staat en wou die Marxistiese
                MPLA help en die omverwerping daarvan verhoed.
            • Die USSR het teen die belange van die VSA opgetree in die konteks
                van die Koue Oorlog (wou die verspreiding van kapitalisme beperk).
            • Die USSR wou die hulpbronne van Angola hê (bv., olie, diamante).
            • Die USSR wou Angolese basisse hê (Angola het uitstekende toegang
                tot die Atlantiese Oseaan vir Russiese skepe gebied).
            • Die USSR wou die ineenstorting van kommunisme in Angola
                voorkom/die verspreiding van kommunisme in Afrika bevorder.
            • Die USSR het Kuba ondersteun as 'n gevolmagtigde wat die MPLA
                ondersteun het.
            (Enige ander relevante antwoord)                            Enige (2 x 2)     (4)

                                             11

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                        10791/22

2.2   2.2.1   [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – L1]

              •   ‘dit is op ŉ groter skaal as teenoor enige ander land in suider-Afrika.’
                                                                                   (1 x 1)   (1)

      2.2.2   [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – L1]

              •   Olie-installasies
              •   Benguela-spoorlyn
              •   Plaaslike spoorinstallasies
              •   Hawe-installasies
              •   Damme
              •   Brûe
              •   Elektrisiteitslyne
              •   Ystermyne
              •   Fabrieke                                                  Enige (4 x 1)    (4)

      2.2.3   [Interpretasie van bewyse uit Bron 2B – L2]

              •    Hulle wou die MPLA/sy bondgenote verswak.
              •    Ekonomiese skade sal die MPLA se oorlogspoging verswak.
              •    Om minder geld te hê, lei direk tot minder militêre krag.
              •    Hulle wou die MPLA dwing om oor te gee.
              (Enige ander relevante antwoord)                               Enige (1 x 2)   (2)

      2.2.4   [Interpretasie van bewyse uit Bron 2B – L2]

              •    Dit was polities gevaarlik omdat dit veelrassig en Marxisties was.
              •    As Angola toegelaat word om te slaag, sal dit die ideologiese
                   grondslae van apartheid vernietig.
              •    Angola was ook ŉ veiligheidsbedreiging: Angola het ANC-
                   opleidingskampe toegelaat.
              (Enige ander relevante antwoord)                             Enige (1 x 2)     (2)

                                                12

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                      10791/22

2.3   2.3.1   [Onttrekking van bewyse uit Bron 2C – L1]

              •   ‘Dit het Sowjet-wapens gehad, maar nie die mense wat in staat was
                  om dit te hanteer nie.’                                      (1 x 1)      (1)

      2.3.2   [Onttrekking van bewyse uit Bron 2C – L1]

              •   480 spesialiste, wat 4 opleidingskampe opgerig en 16 infanterie-
                  eenhede en vyf-en-twintig mortierbatterye en lugafweer-
                  masjiengeweerpunte georganiseer het
              •   Span weermagdokters
              •   115 voertuie
              •   Geskikte kommunikasienetwerk
              •   650-man bataljon soldate
              •   Spesiale magte
              •   Masjiengewere
              •   Ligte artillerie
              •   Persoonlike vuurwapens
              •   Groot 75 mm-gewere
              •   Drie 82 mm mortiere                                     Enige (4 x 1)     (4)

      2.3.3   [Interpretasie/Ontleding van bewyse uit Bron 2C – L2]

              • Hulle wou nie hul vyande waarsku nie.
              • Hulle wou die verrassingselement hê.
              • Hulle wou nie hê die Amerikaners moet daarvan weet en dalk ingryp nie.
              • Hulle wou nie hê iemand moes hulle keer voor hulle daar kon kom nie.
              • Hulle wou nie ŉ internasionale voorval skep nie.
              (Enige ander relevante antwoord)                        Enige (1 x 2)    (2)

      2.3.4   [Interpretasie/Ontleding van bewyse uit Bron 2C – L2]
              • Carlota was ŉ leier in ŉ slawe-opstand/geveg vir vryheid – Kuba het
                   hulself gesien as vegters vir Angolese vryheid.
              • Die Kubane wou as vryheidsvegters gesien word.
              • Inspirerende figuur in Kuba: gepaste naam vir ŉ belangrike sending.
              • Hulle wou hulde bring aan die Kubaanse voorvaders wat weens
                   slawehandel gesterf het.
              (Enige ander relevante antwoord.)                         Enige (1 x 2)       (2)

      2.3.5   [Evaluering van vooroordeel uit Bron 2C – L3]

              •   Hierdie bron is geskryf deur ŉ pro-Kubaanse skrywer, GC Marquez
                  en sal natuurlik die Kubane en hul aktiwiteite in Angola bevoordeel.
               • Die skrywer was ŉ vriend van Castro – hy sou bevooroordeeld in
                  sy/Kuba se guns gewees het en die Kubane ondersteun het om die
                  MPLA te help.
               • Die skrywer was self ŉ kommunis – hy sou die kommunistiese
                  MPLA/Kuba bevoordeel.
               • Die skrywer was ŉ kommunis en sou natuurlik teen die kapitalistiese
                  UNITA/SA/VSA wees.
               • Die bron is eensydig: Dit gee net die Kubaanse kant.
               • Die bron laat na om die UNITA/SA/VSA-perspektief te verskaf.
              (Enige ander relevante antwoord)                              Enige (2 x 2)   (4)

                                             13

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                     10791/22

2.4   2.4.1   [Interpretasie van bewyse uit Bron 2D – L2]

              •   Kuba help Angola – die Kubaanse soldate marsjeer saam met die
                  Angolese.
              • Kuba het militêre bystand aan Angola verleen – van die soldate dra
                  gewere.
              • Kuba en Angola is bondgenote – daar is ŉ Kubaanse en ŉ Angolese
                  vlag saam.
              • Die Kubane is trots op hul betrokkenheid by Angola – hulle het ŉ
                  herdenkingseël uitgereik.
              • Operasie Carlota was ŉ sukses – die Kubane herdenk die
                  gebeurtenis.
              (Enige ander relevante antwoord)                         Enige (2 x 2)       (4)

      2.4.2   [Interpretasie van bewyse uit Bron 2D – L2]

              •   Die Kubane het geglo dat hul betrokkenheid by Angola positief was.
              •   Die Kubane het geglo dat hulle die stryd in Angola gewen het.
              •   Hulle het geglo dat hulle Angola/die MPLA gered het.
              •   Hulle het hul betrokkenheid by Angola as ŉ sukses beskou.
              •   Hulle het geglo dat hulle gewen het in hul stryd teen Suid-Afrika en
                  UNITA/ Hulle het geglo dat die kommuniste gewen het.
              (Enige ander relevante antwoord)                             Enige (1 x 2)   (2)

      2.5     [Vergelyking van bewyse uit Bron 2C en 2D – L3]

              •   2C: Kuba het soldate verskaf om die MPLA by te staan. 2D: Dit wys
                  Kubaanse soldate met MPLA-soldate.
              • 2C: Kuba het wapens vir die MPLA verskaf. 2D: Dit wys soldate wat
                  wapens dra.
              • 2C: Kuba het die MPLA ondersteun. 2D: Dit wys Kubaanse soldate
                  sy-aan-sy met MPLA-soldate.
              • 2C: Die MPLA het Castro om bystand gevra. 2D: Dit wys Kubaanse
                  soldate met MPLA-soldate.
              • 2C: Ons word meegedeel dat Kuba meer hulp verleen het as wat
                  gevra is. 2D: Dit wys baie troepe in die agtergrond.
              • 2C: Bron bespreek die Kubaanse ingryping in Angola. 2D: Dit wys
                  duidelik Kubaanse soldate in Angola.
              • 2C: Die bron beskou die Kubaanse ingryping in ŉ positiewe lig.
              • 2D: Die Kubane vier die herdenking van die ingryping.
              (Enige ander relevante antwoord)                          Enige (2 x 2)      (4)

                                             14

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                      10791/22

2.6   [Interpretasie, analise en sintese van bewyse uit alle bronne en eie kennis – L3]

      •   Die VSA het UNITA/FNLA ondersteun (Bron 2A).
      •   Die VSA wou die USSR se belange in Angola teëwerk (eie kennis).
      •   Zaïre het Holden Roberto/FNLA gehelp (Bron 2A).
      •   Die Sowjets het die MPLA gehelp (Bron 2A).
      •   Die USSR, Kuba en die MPLA het ŉ gemeenskaplike ideologie
          (kommunisme) gedeel (Bronne 2A en 2D).
      •   Kuba het die MPLA bygestaan (Bron 2A, 2C en 2D).
      •   SA het UNITA bygestaan (Bron 2A en 2B).
      •   SA/UNITA het ekonomiese teikens aangeval (Bron 2B).
      •   SAW het groot skade aan die ekonomie van Angola aangerig (Bron 2B).
      •   Angola is as ŉ bedreiging vir Apartheid SA beskou (Bron 2B).
      •   MPLA was swak sonder hulp van buite (Bron 2C).
      •   Kuba het verskeie vorme van militêre hulp verskaf (Bron 2C).
      •   Kuba wou Marxisme bevorder (Bron 2C).
      •   Kuba het hul betrokkenheid by die Angolese konflik in ŉ positiewe lig
          beskou (Bron 2D).
      •   Die Angolese Burgeroorlog het ŉ volmagoorlog geword wat deur Koue
          Oorlog-magte georkestreer is/Voortsetting van Koue Oorlog (eie kennis)
      •   Oorlog aangevuur deur geld wat verkry is uit die verkoop van olie/ diamante
          aan buitestanders (eie kennis).
      •
      (Enige ander relevante antwoord)                                                      (8)

      Gebruik die volgende rubriek om ŉ punt toe te ken.

      VLAK                         VLAKBESKRYWINGS                             PUNTE
                 •    Gebruik bewyse op ŉ elementêre wyse. Toon min
                      begrip van hoekom buitelandse moondhede
                      gedurende die 1970's by die Angolese
                                                                               PUNTE:
      VLAK 1          Burgeroorlog betrokke geraak het.
                                                                                0–2
                 •    Gebruik bewyse gedeeltelik om oor onderwerp te
                      rapporteer of kan nie oor onderwerp verslag doen
                      nie.
                 •    Bewyse is meestal relevant en hou in ŉ groter mate
                      verband met die onderwerp. Toon ŉ begrip van
                      hoekom buitelandse moondhede gedurende die               PUNTE:
      VLAK 2
                      1970's by die Angolese Burgeroorlog betrokke              3–5
                      geraak het.
                 •    Gebruik bewyse uit die bronne op ŉ basiese wyse.
                 •    Bewyse is relevant en hou verband met die
                      onderwerp. Toon deeglike begrip van waarom
                      buitelandse moondhede gedurende die 1970's by            PUNTE:
      VLAK 3
                      die Angolese Burgeroorlog betrokke geraak het.            6–8
                 •    Gebruik bewyse effektief in ŉ georganiseerde
                      paragraaf wat ŉ begrip van die onderwerp toon.
                                                                                     [50]

                                              15

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                        10791/22

VRAAG 3:    VOOR WATTER PROBLEME HET DIE VRYHEIDSRYERS TE STAAN
            GEKOM TOE SEGREGASIE OP BUSVERVOER GEDURENDE DIE
            1960's IN VSA UITGEDAAG IS?

3.1 3.1.1   [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – L1]

            •   Rosa Parks                                                         (1 x 1)    (1)

    3.1.2   [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – L1]

            •   ‘Bloed is vergiet en lewens is amper verloor …’                     (1 x 1)   (1)

    3.1.3   [Interpretasie van bewyse uit Bron 3A – L2]

            •   Gesegregeerde fasiliteite op alle openbare vervoermiddele het dit
                moeiliker gemaak vir swart burgers om te reis.
            • Die Afro-Amerikaners het arrestasie of polisie-brutaliteit in die gesig
                gestaar as hulle die slegs-wit sitplekke in die bus of openbare fasiliteite
                by bushaltes gebruik het.
            •    Afro-Amerikaners kon nie met die interstaat busse reis nie omdat hulle
                as minderwaardig behandel is en nie toegelaat is om met die blankes
                in die suidelike state te integreer nie.
            (Enige ander relevante antwoord)                                Enige (1 x 2)     (2)

    3.1.4   [Interpretasie van bewyse uit Bron 3A – L2]

            •   Die studente is bemoedig deur die oorwinning van die
                Burgerregtebeweging in Montgomery, waar die howe wette
                goedgekeur het wat alle busvervoer en fasiliteite gedesegregeer het.
            •   Die studente was aktiewe deelnemers aan die ‘sit-ins’ wat gelei het tot
                die desegregasie van openbare fasiliteite.
            •   Hulle was vasbeslote om segregasie in ‘n nie-gewelddadige manier
            •    te beëindig, veral in die suidelike state van Amerika wat voortgegaan
                het om die Jim Crow-wette te beoefen/
            •   Die studente se doel was om die implementering van die wette wat
                onlangs aangeneem is om segregasie in Amerika te beëindig, te toets.
            •   Dit was nog ŉ vorm van protes wat uiteindelik tot gelykheid in Amerika
                sou bydra.

            (Enige ander relevante antwoord)                                 Enige (1 x 2)    (2)

                                              16

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                    10791/22

    3.1.5   [Interpretasie van bewyse uit Bron 3A – L2]

        •    Die Vryheidsryers het nasionale en internasionale aandag gevestig op die
             groter stryd om burgerregte, wat nuwe aktiviste en organiseerders na die
             Burgerregtebeweging gelok het
        • Die Vryheidsryers het meer steun vir die Burgerregtebeweging regoor die
           land geïnspireer en gemobiliseer/ Dit was 'n strategie wat hulle gebruik het
           om nasionale en internasionale blootstelling en ondersteuning te kry.
        • Blankes in die noorde het die geweld teen die Vryheidsryers gesien. Hulle
             het ook teen die segregasioniste in die suide gedraai.
         • Dit het groot druk op die federale regering geplaas om betrokke te raak en
            by die hofuitspraak en die grondwet van Amerika te hou.
         • Die Vryheidsryers het op busse van Washington, D.C. na Jackson,
            Mississippi gereis, die ryers het gewelddadige opposisie in die diep suide
            ontlok, wat na nasionale steun gelei het.
         • Die Vryheidsryers het die regering gedwing om die hofuitspraak in werking
            te stel.
         • Die Kennedy-administrasie was verleë oor die nasionale opspraak en is
            gedwing om gelykheid te beoefen en segregasie in Amerika te beëindig.
         • Uitgebreide mediaberigte oor die Vryheidsritte het Amerika, wat
            voorstanders van demokratiese beginsels was, nasionaal en internasionaal
            in die verleentheid gestel, veral toe Sowjet-Rusland, ŉ kommunistiese land,
            oor die gewelddadige aanvalle begin berig het.
         (Enige ander relevante antwoord)                              Enige (1 x 2)      (2)

3.2 3.2.1   [Definisie van ŉ historiese konsep uit Bron 3B – L1]

        •   Die proses om die skeiding van twee groepe te beëindig, gewoonlik met
            verwysing na rasse.
         • Die proses om die skeiding van verskillende rasse-, godsdiens- of kulturele
            groepe te beëindig na aanleiding van die menseregte-verklaring.
        (Enige ander relevante antwoord)                        Enige (1 x 2)             (2)

    3.2.2   [Interpretasie van bewyse uit Bron 3B – L2]

        •   Vryheidsryers het probeer om "slegs blankes" toilette en middagetetoonbanke
            by busstasies in Alabama, Suid-Carolina en ander suidelike state te gebruik.
            Hulle doel was om segregasie op interstaatlike busse en busterminale uit te
            daag.
        •   Die howe het beslis dat fasiliteite wat bedoel is om passasiers wat oor
            staatslyne reis te bedien, soos busstasie-badkamers en kafees, geïntegreer
            moes word. Maar beide uitsprake is wyd geïgnoreer, wat burgerregte-aktiviste
            aangespoor het om die aandag op die staat se voortgesette segregasie te
            vestig.
        •   Vryheidsryers was groepe Burgerregte-aktiviste, wit en swart, wat in 1961
            aan Vryheidsritte deelgeneem het, op busritte deur die Amerikaanse Suide
            om teen gesegregeerde busterminale te betoog.
        •   Hulle plan was om New Orleans, Louisiana op 17 Mei te bereik om die
            sewende herdenking van die Hooggeregshof se Brown v. Board of Education
            se besluit te herdenk, wat beslis het dat segregasie van die land se openbare
            skole ongrondwetlik was.
            (Enige ander relevante antwoord)                           Enige (2 x 2)      (4)

                                             17

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                         10791/22

    3.2.3   [Onttrekking van bewyse uit Bron 3B – L1]

            •       Stemreg
            •       Desegregasie van die busse
            •       Publieke akkommodasie                                            (3 x 1)   (3)

    3.2.4   [Onttrekking van bewyse uit Bron 3B – L1]

            •        ‘deelnemers aan die Vryheidsritte vir haar verseëlde koeverte met hul
                     testamente gegee het, in die geval van hul dood.’               (1 x 2)   (2)

3.3 3.3.1   [Onttrekking van bewyse uit Bron 3C – L1]

                •    Brandbomme na die bus geslinger
                •    Die passasiers wat die bus ontvlug het, is aangerand
                •    Bloedige en wrede aanrandings het die Vryheidsryers en sommige
                     omstanders beseer (onstabiel) en gehawend gelaat.
                •    Een het 53 steke nodig gehad.
                •    Nege is gehospitaliseer.                                    (3 x 1)       (3)

    3.3.2   [Interpretasie van bewyse uit Bron 3C – L2]

            •   Die Burgerregtebeweging se betogingswyses het meer effektief
                geword om segregasie te beëindig, die KKK, rassistiese polisie en
                ander wit regeringsamptenare het saamgewerk om die oppergesag
                van die blankes in Amerika te verdedig.
            (Enige ander relevante antwoord.)                           Enige (1 x 2)          (2)

    3.3.3   [Onttrekking van bewyse uit Bron 3C – L1]

            •        ‘Brandslange’
            •        ‘Polisiehonde’                                                  (2 x 1)   (2)

    3.3.4   [Interpretasie en evaluering van die betroubaarheid van Bron 3C – L3]

            Die bron is BETROUBAAR omdat:
            • Die 12-jarige het die aankoms van die interstaatlike bus gesien wat die
                aktiviste vervoer het wat op 14 Mei 1961 wreed deur die Klansmanne
                aangeval is
            • Dit is bevestig deur Bron 3D. Die bus wat die aktiviste vervoer het, en
                op 14 Mei 1961 in Anniston, Ala. aan die brand gesteek is, die foto's
                van die gebrande bus is geraam en in verskeie Amerikaanse
                museums opgehang wat die gebrande bus in Anniston weerspieël, wat
                in ŉ rampspoedige dag vir Amerika ontaard het.
            • Die wit oppergesag wat die aktiviste aangeval het, opdrag gegee is
                deur Eugene "Bull" Conner, ondersteun deur J. Edgar Hoover. Die
                regeringsamptenare het verskeie rassistiese en wrede aanvalle op die
                Afro-Amerikaners gedurende die 1960's gemagtig soos in hierdie bron
                genoem met betrekking tot hul laakbare daad op 14 Mei 1960.
            (Enige ander relevante antwoord)                              Enige (2 x 2)        (4)

                                                 18

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                       10791/22

3.4 3.4.1   [Interpretasie van bewyse uit Bron 3D – L2]

            •  Die prentjie beeld uit hoe die bus wat die Vryheidsryers vervoer het,
               verbrand is en die passasiers aangeval is.
            • Die digte rook in die bus wys dat die busaanvallers van plan was om die
               reis van die aktiviste van een suidelike staat na die ander state te stop.
            • Die brandende bus wys dat die bedoeling van die aanvallers was om die
               aktiviste dood te maak, wat vrees by die lede van die
               Burgerregtebeweging ingeboesem het.
            • Die foto vestig die aandag op die rassegeweld en -haat in die suidelike
               state van Amerika in die 1960's.
             • Die fotograaf wys dat die CRM ook deur die blankes ondersteun is – die
               wit man op die foto wat die swart vrou vertroos.
             • (Enige ander relevante antwoord) Enige (2 x 2)                                  (4)

    3.4.2   [Interpretasie van bewyse uit Visuele Bron 3D – L2]
            LEERDERS KAN STEL DAT DIE REAKSIE NEGATIEF WAS OF
            POSITIEF MAAR MOET HUL ANTWOORD ONDERSTEUN.
            (a)      • Die foto het aan die nasie en volgelinge van die
                        Burgerregtebeweging bewys dat die federale regering traag was
                        of versuim het om te reageer op die wrede aanvalle en
                        rassistiese geweld wat teen die Vryheidsryers uitgeoefen is.
                     • Hierdie foto het meer anti-rassistiese Amerikaners aangemoedig
                        om by die Burgerregtebeweging aan te sluit of dit te ondersteun
                        wat destyds nie-gewelddadige vorme van protes vir ŉ goeie doel
                        gebruik het.
                     • Meer Vryheidsryers sou deur die foto aangemoedig word om in te
                        tree en die protes in die suidelike state van Amerika te versterk.
                     (Enige ander relevante antwoord)                          Enige (1 x 2)   (2)

            (b)     • Die Klansmanne sou voel dat hul planne doeltreffend was, en
                      hulle kon die Vryheidsryers-integrasiestrategieë stopsit.
                    • Die onderdrukkers sou hierdie foto sien as ŉ goeie bron wat die
                      Burgerregtebewegings en die Vryheidsryers sou afskrik of
                      bedreig.
                    (Enige ander relevante antwoord)                       Enige (1 x 2)       (2)

3.5 [Vergelyking van bewyse in Bronne 3C en 3D – L3]

    • Bron 3C meld dat die Vryheidsryers se bus deur die rassistiese gepeupel aan die
      brand gesteek is en Bron 3D beeld die Greyhound-interstaatlike bus uit wat aan
      die brand gesteek is deur die Klansmanne wat beplan het om die Vryheidsryers
      se betoging in die suide te stop.
    • Bron 3C meld dat die KKK met die polisie en FBI saamgespan het in die
      beplanning van die bose aanvalle op die Vryheidsryers en Bron 3D toon dat die
      regering, polisie en FBI selfvoldaan of tevrede was aangesien hulle nie daarin
      geslaag het om die gewelddadige voorval op 14 Mei 1960, in Anniston te
      voorkom nie/Daar is geen bewyse van polisiebeskerming nie.

    (Enige ander relevante antwoord)                                          Enige (2 x 2)    (4)

                                              19

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                          10791/22

3.6 [Interpretasie, evaluering en sintese uit relevante bronne – L3]
     Kandidate moet die volgende aspekte in hul antwoorde insluit:
     • Die Vryheidsryers wat nie-gewelddadige strategieë gebruik het om segregasie te beëindig,
       is wreed aangeval, byna vermoor en tronk toe gestuur deur die rassiste of uit oppergesag.
       (Bron 3A).
     • Die wrede aanvalle en die gebrande bus wat die aktiviste vervoer het, was goed
       georkestreerde planne deur die KKK in samewerking met die polisie en die FBI
       (Bron 3A).
     • Die meeste van die Vryheidsrit-aktiviste is gearresteer en beboet of borgtog geweier, en is
       dus aan wrede rassistiese aanvalle in die tronk onderwerp (Bron 3A).
     • Die sit-ins het die studente wat aan die Vryheidsritte deelgeneem het, voorberei op
       verwagte rassistiese aanvalle, dus het hulle verklaar dat hulle vasbeslote was om te sterf
       in die soeke na die beëindiging van segregasie in die busse en openbare fasiliteite (Bron
       3B).
     • Diane Nash het geweet dat die Vryheidsryers kan sterf aan die hande van die verdedigers
       van die Jim Crow-wette in die suidelike state, dus moes hulle hul testamente teken en
       verseël voordat hulle aan die betoging deelgeneem het (Bron 3B).
     • Die Vryheidsryers is amper dood op 14 Mei 1961, in Anniston Ala., toe ŉ woedende KKK-
       skare die bus verbrand het, die passasiers, media en omstanders aangeval het (Bron 3C).
     • Die aanvalle op die Vryheidsryers was goed georkestreer en uitgevoer omdat die KKK
       saamgewerk het met die polisie en FBI-rassiste wat hulle vooraf die reisplan van die
       Vryheidsryers gegee het, dus was daar geen onmiddellike reaksie van die
       staatsamptenare nie (Bron 3C).
     • Brandslange en polisiehonde is deur die polisie gebruik om die Burgerregtebeweging se
       vorme van betogings te stop (Bron 3C).
     • Die bestuurders van die interstaatlike busse was huiwerig om die Vryheidsryers te bestuur,
       slegs enkeles wat die studente ondersteun het, het hulle gereed gemaak vir die ergste
       aanvalle (Eie Kennis).
     • Die busse met die Vryheidsryers is verbrand, bande is afgekap en die passasiers aangeval
       (Bron 3D).
        (Enige ander relevante antwoord)                                                          (8)
        Gebruik die volgende rubriek om ŉ punt toe te ken:
   VLAK                               VLAKBESKRYWINGS                                    PUNTE
          • Gebruik bewyse op ŉ elementêre wyse, bv., toon geen of min begrip tydens
             die verduideliking van die probleme wat die Vryheidsryers in die gesig
  VLAK 1     gestaar het toe hulle segregasie op interstaatbusvervoer gedurende die       0–2
             1960's in die VSA uitgedaag het.
          • Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie ŉ paragraaf skryf nie.
          • Bewyse is meestal relevant en hou verband met die onderwerp, bv., toon ŉ
             mate van begrip tydens die verduideliking van die probleme wat die
  VLAK 2     Vryheidsryers in die gesig gestaar het toe hulle segregasie op               3–5
             interstaatbusvervoer gedurende die 1960's in die VSA uitgedaag het.
          • Gebruik bewyse op ŉ basiese wyse om ŉ paragraaf te skryf.
          • Gebruik relevante bewyse, bv., demonstreer ŉ deeglike begrip tydens die
             verduideliking van die probleme wat die Vryheidsryers in die gesig gestaar
             het toe hulle segregasie op interstaatbusvervoer gedurende die 1960's in
  VLAK 3                                                                                  6–8
             die VSA uitgedaag het.
          • Gebruik bewyse baie effektief in ŉ georganiseerde paragraaf wat ŉ begrip van
             die onderwerp toon.
                                                                                           [50]

                                                  20

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                    10791/22

AFDELING B: OPSTELSKRYF

VRAAG 4:     DIE UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE:
             VIËTNAM

[Beplan en bou ŉ oorspronklike argument gebaseer op relevante bewyse met behulp
van analitiese en interpretasie vaardighede – L3]

SINOPSIS

Kandidate moet die konvensionele oorlogvoeringstrategie wat die Verenigde State van
Amerika toegepas het en wat deur die guerrilla-taktieke van die Viëtkong tydens die
Viëtnamese Oorlog tussen 1965 en 1975 oorweldig is, krities bespreek.

HOOFASPEKTE

Kandidate moet die volgende in hul reaksie insluit:

Inleiding: Kandidate moet die vraag kontekstualiseer deur te verwys na die
konvensionele strategieë wat deur die Verenigde State van Amerika aangeneem is wat
oorweldig is deur die guerrilla-taktieke van die Viëtkong tydens die Viëtnamese Oorlog
tussen 1965 en 1975.

Kandidate moet aandui hoe hulle van plan is om hul argument te ondersteun.

UITBREIDING

VSA strategieë:

•   Redes vir die VSA se ontplooiing van troepe na Viëtnam
•   Klein dorpie-stelsel/Strategiese Hamlet-program (VSA en die Suid-Viëtnam-
    regering het nuwe dorpe geskep en probeer om dorpenaars (boere) te skei van
    (guerrillas) wat misluk het.
• Golf van Tonkin-resolusie (1964) het aan President Johnson wye militêre magte
    gegee wat gelei het tot die toename van oorlogvoering in Viëtnam.
• VSA se lug-bomaanval 'Operasie Rolling Thunder' (konvensionele oorlogvoering)
• 'Operation Ranch Hand' – gebruik chemikalieë om woude (Agent Orange) en
    gewasse (Agent Blue) te vernietig
• VSA het jong en onervare soldate na Viëtnam gestuur.
• VSA het soek- en vernietig-missies (My Lai-Slagting) gebruik om dorpe te vernietig,
    ondersteun deur Viëtkong (dit het gelei tot ŉ groot aantal burgerlike sterftes).
• Die rol van die media, studente en ontwapeningsbewegings om druk op die
    Amerikaanse regering te plaas om uit Viëtnam te onttrek.
• President Nixon se Viëtnamiseringsbeleid/insluitend WHAM (Winning the hearts
    and minds of the Viëtnamese) was ŉ poging deur die VSA om uit oorlog te onttrek
    en om hul eer te herstel.
• VSA het alle troepe teen 1973 onttrek en Noord-Viëtnam het in 1975 beheer oor
    Saigon oorgeneem.
(Enige ander relevante antwoord)

                                              21

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [Gr12 History P1 (Afrikaans) 2021 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-history-p1-afrikaans-2021-preparatory-question-paper/9c825710-3cb6-41a5-83f1-ec4a4f9c153e) — History · QP · 2021 · Afr
- [Grade 12 NSC History P1 (Afrikaans) X10 2019 Preparatory Examination Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p1-afrikaans-x10-2019-preparatory-examination-addendum/4f3ebe5f-1e25-4b5d-9926-1cdd895d3995) — History · Addendum · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC History P1 (Afrikaans)) 2015 Preparatory Examination Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p1-afrikaans-2015-preparatory-examination-addendum/46d03045-1812-4e23-a4c5-7192a662e955) — History · Addendum · 2015 · Afr
- [Grade 12 NSC History P2 (Afrikaans) Preparatory 2017 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p2-afrikaans-preparatory-2017-possible-answers/b56c37a4-9f9d-40b7-85e7-9f238ccd5f5c) — History · Memo · 2017 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM JUNE 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-june-2022-afrikaans/f20bbeea-9bf0-4364-87d6-36ff16bead78) — History · Addendum · 2022 · Afr
- [Gr12 History P2 (Afrikaans) 2021 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-history-p2-afrikaans-2021-preparatory-question-paper/24930935-0ad6-40fc-af9d-2565f340cb01) — History · QP · 2021 · Afr

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-adden-gr12-sep-2024-afrikaans/4faf89db-d19f-40cf-891f-e87e004b0bc5) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept-2024-afrikaans/b61f3bc2-3524-48c9-af60-f3348133d582) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 QP SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-qp-sept-2024-afrikaans/8367f672-7028-4e67-a52a-705b946b5122) — QP · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-june-2024-afrikaans/e7a9d6cf-de1b-4007-b7b2-b4d762b2fa10) — Addendum · 2024 · Afr
- [History P1 Nov 2024 Addendum Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2024-addendum-eng/df93fb24-73e0-435a-8d91-bce9f456ba2c) — Addendum · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
