# History Grade 12 P2 Gauteng Mock 2021 Addendum (Afrikaans)

> Grade 12 History Paper 2 addendum from the Gauteng Mock Exam 2021 (Afrikaans), 14 pages. Read online or get the free PDF download.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr12-history-p2-afrikaans-2021-preparatory-addendum/3ea21264-db1f-479a-9de4-2cdd6d1ce889
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Addendum
- Year: 2021
- Exam period: Gauteng Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P2 Gauteng Mock 2021 Addendum (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/gr12-history-p2-afrikaans-2021-preparatory-addendum/3ea21264-db1f-479a-9de4-2cdd6d1ce889)

## About this document

History · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2021 · Afrikaans. Addendum, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Gr12 History P2 (Afrikaans) 2021 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-history-p2-afrikaans-2021-preparatory-question-paper/24930935-0ad6-40fc-af9d-2565f340cb01) — QP · 2021 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

             GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                  VOORBEREIDENDE EKSAMEN
                           2021
                           10792

                        GESKIEDENIS

                         VRAESTEL 2

                         ADDENDUM

14 bladsye

                                                  b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                              GESKIEDENIS                               ADDENDUM
                                                                                                                  2
                                              (Vraestel 2)                                10792/21

VRAAG 1:           HOE HET BURGERLIKE ORGANISASIES IN DIE 1980's IN SUID-
                   AFRIKA OP DIE NASIONALE PARTY SE HERVORMINGS VAN DIE
                   APARTHEIDSBELEID GEREAGEER?

BRON 1A

Die uittreksel hieronder fokus op die vestiging van die Verenigde Demokratiese Front.
Dit is gestig weens die apartheidsbeleide wat in die vroeë 1980's ingestel is.

      Die belangrikste en werklik oorspronklike organisatoriese uitdrukking van gewilde
      weerstand in die 1980's, was die Verenigde Demokratiese Front (UDF). Die UDF
      is in 1983 gestig. ’n Organisasie wat aanvanklik skynbaar gestig is om teenkanting
      teen die staat se grondwetlike voorstelle en ander wetgewing te mobiliseer. Die
      wetgewing was gesamentlik bekend as die Koornhof Wetsontwerpe, wat ook die
      Wet op Swart Plaaslike Owerhede ingesluit het. Die UDF as sambreel-organisasie
      het 'n koalisie van burgerlike verenigings, studente-organisasies, jeugkongresse,
      vrouegroepe, vakbonde, kerklike verenigings, sportklubs en 'n menigte ander
      organisasies byeengebring. Hulle het dikwels, weens hul affiliasie met die UDF,
      hul vermoë om onafhanklik te organiseer behou en verbeter. Die UDF het op sy
      hoogtepunt beweer dat die organisasie ongeveer 700 affiliate in 10 streeksgebiede
      gegroepeer gehad het, met 'n totaal van meer as twee miljoen lede.

      Met die toenemende oplewing van “township”-onrus wat in 1984 in alle erns begin
      het, was dit die jongmense van die woongebiede wat die hoof stukrag (motivering)
      agter die stryd verskaf het, terwyl die leierskap in 1988 aan die vakbonde oorgedra
      is. In een belangrike opsig het die UDF daarin geslaag om voort te bou op die
      ervaring van “township”-gebaseerde organisasies soos burgerlike verenigings,
      deurdat dit plaaslike en nasionale griewe suksesvol gekombineer het.

      Die eerste fase van die UDF het gevolg op aktiwiteite om teen verkiesings op te
      staan, asook teen die Driekamerparlement en die Koornhof Wetsontwerpe. Maar
      kort na Augustus 1984 het politieke aktiwiteite van die opposisie verskuif na ‘n stryd
      wat deur plaaslike gemeenskappe geïnisieer is. Hulle het bekommerd geraak oor
      basiese kwessies wat die lewe binne die swart woongebiede geraak het en dit het
      daartoe aanleiding gegee dat die tweede fase ingehuldig (geïnisieer) is. Die
      massa-oplewing het in September 1984 in alle erns toegeneem en het die vorm
      van     bus-   en    huurboikotte,    behuisingsbewegings,        plakkersopstande,
      arbeidstakings, skoolbetogings en wegbly-aksies aangeneem.

      [Uit:https://libcom.org/library/peoples-politics-state-politics-aspects-national-liberation-south-africa-
                                                                                                  1984-1994.]

                                                                                                                  b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                       GESKIEDENIS                              ADDENDUM
                                                                                                          3
                                       (Vraestel 2)                               10792/21

BRON 1B

Die volgende uittreksel gaan oor die reaksie van kerke teenoor die staat se
onderdrukking in die 1980's.

      Die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke (SARK), 'n interkerklike (inklusiewe geloof)
      forum van kerke, was prominent in die stryd vir sosiale geregtigheid. Hulle het ook
      die apartheidswette uitgedaag gedurende die jare van stryd in Suid-Afrika. Die
      leiers was onder andere, Desmond Tutu, Beyers Naudé en Frank Chikane.

      Die SARK het die idees van bevrydingsteologie, wat in die 1960's in Latyns-
      Amerika ontstaan het, in die 1980’s gewild gemaak. Die Christelike boodskap is
      geïnterpreteer as 'n manier om die armes te bevry, deur die gebruikmaking van
      direkte politieke optrede teen onregverdige wette wat gekenmerk is deur die
      strukturele (fisiese) geweld van die polisie en die weermag.

      In 1985 het SARK-teoloë die Kairos-dokument (Oomblik van Waarheid) uitgereik.
      Die Kairos-dokument het 'n beroep op kerke gedoen om op te staan vir die armes,
      die onderdruktes en ook op te tree teen die ongeregtighede van apartheid. Die
      dokument het verklaar dat Christene die behoeftes van die stryd om bevryding
      moet dien en sy lede moet mobiliseer om te werk en te beplan vir 'n verandering
      in die regering. Dit het ook burgerlike ongehoorsaamheid ondersteun.

      Biskop Tutu het in Desember 1985 by 'n Wêreldraad van Kerke se sitting in Harare
      die ongeduld van die jeug aangespreek oor die gebrek aan sosiale verandering
      wat die kerk nie kon voorsien nie:

      "Ons wat 'n vreedsame oplossing wil hê, word vinnnig ’n irrelevansie. Ons praat
      met woorde en hulle (die regering) antwoord met koeëls. Dit is waarom ek gesê
      het, as ek jonk was, sou ek Biskop Tutu lank gelede verwerp het."

                                  [Uit: https://www.sahistory.org.za/article/liberation-organisations.]

                                                                                                          b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                        GESKIEDENIS                         ADDENDUM
                                                                                                 4
                                        (Vraestel 2)                          10792/21

BRON 1C

Die bron hieronder beskryf die reaksie van burgerlike verenigings op die
onderdrukkende wette van die Nasionale Party.

      Die gemeenskapsrade is deur 'n “township-wye” koördineringskomitee
      verteenwoordig. Hierdie koördineringskomitees het gewoonlik verdedigend
      opgetree om die gemeenskap teen staatsonderdrukking en soms misdaad te
      beskerm. In baie gebiede het hierdie strukture egter die basis gevorm vir
      innoverende (vindingryke), pro-aktiewe ontwikkelingstrategieë. Hierdie netwerk
      van sosiale bewegings het apartheids-opgelegde strukture begin afbreek en
      gemeenskappe volgens demokratiese beginsels herskep.

      Talle opstande het binne die gemeenskappe ontstaan, in reaksie teen die wyse
      waarop die apartheidsregulering van basiese stedelike noodsaaklikhede soos
      behuising, grond, dienste (soos water en riool), vervoer, gesondheidsorg,
      kindersorg en opvoeding beheer is. Hierdie stryd het kop-aan-kop gebots met
      plaaslike regeringstrukture, wat berug was vir hulle korrupsie, waar lede verkies
      is, gebaseer op uiters lae peilings en waar die administrasie ondoeltreffend
      was, en fiskaal onlewensvatbaar.

      Protes het op ‘n klein skaal begin deur middel van petisies, vertoë en
      persverklarings. Toe die owerhede hierdie vertoë ignoreer, is wyer kollektiewe
      hulpbronne gemobiliseer in optogte, wegbly-aksies, boikotte, ensovoorts.
      Onvermydelik is hierdie optredes deur die geharde aksies van die
      veiligheidsmagte onderdruk. Dit was die doel van die apartheidstaat om die
      siklus van protes, onderdrukking en geweld wat dikwels met teen-geweld
      beantwoord was te bespoedig. Die Noodtoestande, wat die eerste keer in 1985
      in werking getree het en tot middel-1989 voortgeduur het, was duidelik daarop
      gemik om hierdie sosiale bewegings op die grondvlak uit te wis. Vergaderings
      en organisasies is verbied, aktiviste is in hegtenis geneem en in die tronk
      gestop en talle weermagtroepe het die strate in die woonbuurte (“townships”)
      gepatrolleer.

                     [Uit: https://www.saha.org.za/imagesofdefinace/community_azikhwelwa.htm.]

                                                                                                 b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                           GESKIEDENIS                              ADDENDUM
                                                                                                     5
                                           (Vraestel 2)                               10792/21

BRON 1D

Die volgende bron toon die impak van die Noodtoestand in Suid-Afrika vanaf 1985.
Tydens 'n Noodtoestand het die staat spesiale magte gehad en normale wette wat
menseregte en siviele regte beskerm het omseil.

                                                                                          TEISTERING!!!

                                                                                          BOTHA SE
                                                                                          HERVORMINGS

                 [Uit: https://www.sahistory.org.za/sites/default/files/poster738.jpg.]

                                                             ONS SAL NIE STILGEMAAK WORD NIE!

                                                                                                      b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                          GESKIEDENIS                             ADDENDUM
                                                                                                          6
                                          (Vraestel 2)                              10792/21

VRAAG 2:         HOE HET DIE WAARHEIDS- EN VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK)
                 DIE PROSES VAN REPARASIE HANTEER?

BRON 2A

Hierdie uittreksel is geskryf deur Desmond Tutu, die voorsitter van die WVK. Dit fokus
op die redes vir die ontstaan van die Waarheids- en Versoeningskommissie in 1995.

      By die eerste byeenkoms van die Waarheids- en Versoeningskommissie, op
      Versoeningsdag in 1995, het ek gepraat oor die belangrikheid van politieke
      onpartydigheid (regverdigheid) van die proses, indien dit sou slaag. Dit was nie
      die vrome (opregte/morele) pleidooi aan die priester nie, dit was die
      Waarheidskommissie se regsmandaat. Ons hoef nie die moraliteit van mense se
      optrede te oordeel nie, maar moet liewer as 'n inkubasie (ontwikkeling/groei) area
      van nasionale genesing, versoening en vergifnis dien. Ons was 'n gewonde volk,
      as gevolg van die konflikte van die verlede. Dit maak nie saak aan watter kant
      ons gestaan het nie, ons het almal genesing nodig gehad. As lede van die
      kommissie was ons gewonde genesers.

      Die kommissie het drie tasbare take gehad, om ‘n volledige beeld te verkry van
      die oorsake, aard en omvang van die growwe skendings van menseregte wat
      tussen 1960 en 1994 voorgekom het deur ondersoeke te doen en ‘n waardige
      platform te skep vir slagoffers en oortreders van menseregteskendings om hul
      stories te vertel; om amnestie aan kwalifiserende oortreders van
      menseregteskendings toe te staan en om aanbevelings aan die regering oor
      reparasies te maak. Dit het ook 'n breër en minder tasbare (raakbare)
      verantwoordelikheid gehad om by te dra tot die ontwikkeling van 'n fundamenteel
      nuwe, deernisvolle, regverdige en morele samelewing.

      “Die doelwitte van die kommissie sal wees om nasionale eenheid en versoening
      te bevorder, in 'n gees van begrip, wat die konflik en verdeeldheid van die verlede
      sal oortref," is in die Wet op die Bevordering van Nasionale Eenheid en
      Versoening van 1995 gestipuleer.

      “Ons is bevoorreg om op hierdie kommissie te wees. Ek het vir my nuwe span
      kommissarisse aangesê om ons land en ons mense te help om vir eens en vir
      altyd vrede te maak met ons donker verlede. " Die struktuur van Suid-Afrika se
      Waarheidskommissie, en die beginsels wat die werk onderlê (ondersteun) het,
      is in baie ander lande vereer en nagevolg.

                     [Uit: https://mg.co.za/article/2014-04-24-unfinished-business-of the-trc-healing.]

                                                                                                          b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                       GESKIEDENIS                       ADDENDUM
                                                                                                 7
                                       (Vraestel 2)                        10792/21

BRON 2B

Die bron hieronder, 'n artikel deur B. Hamber en B. Dishington, fokus op die reaksies op
die Waarheids- en Versoeningskommissie se reparasiebeleid.

      Die laaste paar weke het 'n vlaag (vloed) van mediaberigte oor die Waarheids- en
      Versoeningskommissie se reparasie beleid voorgekom. Slagoffers wat voor die
      WVK getuig het, het hulle daarvan beskuldig dat hulle te stadig op die WVK se
      aanbevelings gereageer het. Die regering het die WVK blameer, omdat die WVK
      nie al die geld wat aan die reparasie begroting toegewys is, bestee het nie.

      Hoe ons ook al daarna kyk, die slagoffers het onregverdige behandeling ontvang.
      Hulle is geviktimiseer deur wat in die verlede met hulle gebeur het en moes kyk
      hoe oortreders amnestie kry. Hulle het twee en 'n half jaar lank gewag vir
      sogenaamde dringende tussentydse (tydelike) betalings, wat gemiddeld 'n bietjie
      meer as R3 500 beloop het vir oortredings soos moord en verkragting. Om sake te
      vererger, het die WVK se aanbevelings oor langtermyn reparasies wat in Oktober
      1998 ter tafel gelê is, gesloer. Dit was steeds ‘n omvattende (belangrike)
      onderwerp van bespreking wat verder gegaan het as blote politieke afknouery om
      haalbare (moontlike) oplossings te ondersoek. Die reg op reparasie vir verkeerde
      dade word al lank reeds erken as 'n fundamentele regsbeginsel, noodsaaklik vir
      die funksionering van regstelsels.

      Reparasie word erken deur internasionale verdrae en plaaslike regstelsels in
      besluitneming deur die Verenigde Nasies se Menseregte en Nasionale
      Regspraktyk, asook in verskeie ander internasionale verdrae. Onlangse
      verwikkelinge dui daarop dat reparasies binnekort 'n internasionale standaard sal
      word en nie net 'n beginsel nie. As reparasies dus nie op die lange duur aan
      slagoffers toegestaan word nie, en laat ons hoop dit is nie die geval nie, sal dit vir
      hulle moontlik wees om te bepaal of Suid-Afrika hierdie verpligtinge nakom.

                                                                     [Uit: Sunday Independent]

                                                                                                 b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                           GESKIEDENIS                            ADDENDUM
                                                                                                           8
                                           (Vraestel 2)                             10792/21

BRON 2C

Die bron hieronder verduidelik hoe slagoffers van apartheid 1 miljoen rand elk in
reparasie-koste geëis het.

      'n Skare slagoffers van apartheid het Dinsdag by die Uniegebou in Pretoria
      vergader en 'n dringende vergadering met president Cyril Ramaphosa geëis. Die
      groep bejaardes, baie van hul het krukke gebruik om hulle te help loop, is gelei
      deur die aktivis Nomarussia Bonase van die Khulumani -ondersteuningsgroep, 'n
      organisasie wat apartheidsera slagoffers en aktiviste ondersteun.

      "Ons is van Gauteng, maar wat ons hierheen gebring het, is 'n nasionale mandaat
      en die eise van die Khulumani-ondersteuningsgroep. Dit is nou 25 jaar en ons is
      steeds op hierdie reis en ons probeer om die regering te betrek om oor ons eise te
      praat. Ons is 'n gewonde samelewing. Ons is deur apartheid gewond. Ná 1994 is
      die Waarheids- en Versoeningskommissie (WVK) gevorm, en daardie kommissie
      was bedoel om vrede te bring, die waardigheid van mense wat deur apartheid
      geskend is, te herbou en te herstel," het Bonase aan die African News Agency
      gesê.

      "Tydens die WVK het mense wat slagoffers van apartheid was gesê hulle het
      reparasie nodig. Die WVK het 'n aanbeveling gemaak dat slagoffers en hul gesinne
      individuele reparasies moet kry. Hulle het 'n finansiële pakket vir elke individu
      aanbeveel wat op daardie tydstip nie minder as R120 000 sou wees nie. Dit was in
      1998. Hulle het ook gesê hulle sou die slagoffers behoorlike behuising gee, die
      slagoffers met behoorlike medikasie help en hulle ook met onderwys ondersteun."

      "Die ander was simboliese reparasies wat 'n simbool sou wees om nie te vergeet
      wat tydens apartheid gebeur het nie. Vir ons het dit daaroor gegaan om ons stories
      te skryf, in boeke te verskyn en ook om monumente en grafstene vir die slagoffers
      op te rig. Hierdie demokrasie waaroor ons vandag praat, het onstaan as gevolg
      van bloed wat gestort is. Ons het mense wat verdwyn het, se families hier," het sy
      gesê. “Daar is ook mense hier wat gewond is. Hulle het hulp nodig. Al hierdie dinge
      is deel van wat ons eis. Die regering het sedertdien net sowat 22 000 stories
      aangehoor en slegs 15 000 mense is vergoed. Daardie mense is ook hier, vir hulle
      is slegs R30 000 gegee. Ons regering het steeds onvoltooide besigheid met die
      WVK."

      Bonase het gesê die slagoffers eis nou "'n dringende behoorlike reparasie" wat sou
      help om hul wonde te genees.

          [Uit: https://www.iol.co.za/news/politics/victims-of-apartheid-demand-r1m-each-in-reparations]

                                                                                                           b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                       GESKIEDENIS                          ADDENDUM
                                                                                              9
                                       (Vraestel 2)                           10792/21

BRON 2D

Die volgende spotprent deur Zapiro het op 29 Oktober 1998 in die Sowetan-koerant
verskyn. Dit evalueer die werk van die WVK.

               REGERING SE VERGOEDINGS
            AANBEVELINGS DEUR DIE WVK VIR APARTHEIDS-ERA GRUWELDADE

                                         ONS IS
                                       ONBEPAALD
                 UITBETALINGS                        VERSKONINGS
                                     GESLUIT, JY SAL
                                    BY DIE VOLGENDE
                                    VENSTER BEDIEN
                                          WORD

                     [Uit: https://www.google.com/search?q=zapiro+cartoons+on+reparations.]

                                                                                              b.o.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                       GESKIEDENIS                            ADDENDUM
                                                                                                    10
                                       (Vraestel 2)                             10792/21

VRAAG 3:         HOE HET GLOBALISERING WERKERS IN ONTWIKKELENDE
                 LANDE BEÏNVLOED?

BRON 3A

Die bron hieronder fokus op die invloed van globalisering.

      Ons kommunikeer en deel nou mekaar se kulture deur handel, reis en die
      vervoer van produkte regoor die wêreld binne ure of dae. Ons is in 'n groot
      globale ekonomie waar iets wat op een gebied gebeur, wêreldwyd 'n uitkring-
      effek kan hê. Hierdie proses word globalisering genoem.

      Globalisering is die proses waardeur die wêreld toenemend, onderling verbind
      word as gevolg van massiewe (grootliks) verhoogde handel en kulturele
      uitruilings. Globalisering het die produksie van goedere en dienste verhoog. Die
      grootste maatskappye is nie meer nasionale maatskappye nie, maar
      multinasionale korporasies met filiale (besighede) in baie lande. Voorbeelde van
      multinasionale korporasies is Starbucks, McDonalds en Nike. Globalisering vind
      al honderde jare plaas, maar het die afgelope halfeeu geweldig toegeneem.

      Globalisering het gelei tot 'n verhoogde internasionale handel en maatskappye
      wat in meer as een land werksaam is. Daar is 'n groter afhanklikheid van die
      wêreldekonomie en vryer beweging van kapitaal, goedere en dienste. Hoewel
      globalisering waarskynlik help om meer rykdom in ontwikkelende lande te
      skep, help dit nie om die gaping tussen die wêreld se armste lande en die
      wêreld se rykste lande te verklein nie.

                                  [Uit: https://www.bbc.co.uk/bitesize/guides/zxpn2p3/revision/1]

                                                                                                     b.o.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                         GESKIEDENIS                           ADDENDUM
                                                                                                       11
                                         (Vraestel 2)                            10792/21

BRON 3B

Die volgende bron verduidelik die impak van multinasionale korporasies op die lewens
van werkers in ontwikkelende lande.

      Multinasionale korporasies bied 'n toevloei van kapitaal na die ontwikkelende land.
      Die belegging om ‘n fabriek te bou word gereken as 'n kapitaalvloei op die
      finansiële rekening van die betalingsbalans (verskil tussen inkomstes en uitgawes).
      Hierdie kapitaalbelegging help die ekonomie om sy produktiewe kapasiteit te
      ontwikkel en te verhoog. Een van die beste maniere om die vlak van ekonomiese
      groei te verhoog, is om 'n invloei van kapitaal uit die buiteland te voorsien. Die
      invloei van kapitaal help om buitelandse beleggings te finansier en stel
      ontwikkelende lande in staat om invoere te koop.

      Multinasionale korporasies verskaf werk. Hoewel lone, volgens Westerse
      standaarde baie laag voorkom, sien mense in ontwikkelende lande dikwels hierdie
      nuwe werksgeleenthede as ‘n beter uitkoms, as om vir bestaansboere met selfs
      laer inkomste te gaan werk. “Sweatshop” arbeid is beter as die alternatief van werk
      soek, aas (bakhand staan) of geen betaalde indiensneming te verkry nie. Ekonome
      is nie almal oortuig dat “sweatshop” arbeid noodwendig 'n goeie ding is nie. Kritici
      argumenteer dat swak arbeidstoestande multinasionale korporasies toelaat om hul
      monofoniese (beherende) krag te gebruik om laer lone aan werkers te betaal as
      wat hulle veronderstel is om te betaal.

      Multinasionale maatskappye kan help om die infrastruktuur in die ekonomie te
      verbeter. Hulle kan die vaardighede van hul arbeidsmag verbeter. Buitelandse
      beleggings kan besteding in die infrastruktuur soos paaie en vervoer stimuleer.
      Multinasionale maatskappye help om die ekonomie te diversifiseer vanaf die
      volslae afhanklikheid van primêre produkte en landbou – wat dikwels onderhewig
      is aan wisselvallige pryse en aanbod.

             [Uit:https://www.economicshelp.org/blog/1413/development/multinational-corporations-in-
                                                                             developing-countries/]

                                                                                                        b.o.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                          GESKIEDENIS                          ADDENDUM
                                                                                                       12
                                          (Vraestel 2)                           10792/21

BRON 3C

Die spotprent hieronder beeld die toestande uit waaronder werkers in ontwikkelende
lande goedere vir multinasionale maatskappye soos Nike produseer.

            ONS WIL BILLIKE                     INTUSSEN, IN 'N “SWEATSHOP”
         WERKSOMSTANDIGHEDE                        IEWERS IN INDONESIË...
                 HÊ

                                                                                               NIKE

          [Uit: https://caribbeandilemma.wordpress.com/2015/03/12/behind-the-swoosh-do-sweatshop-
                                                                 create-employment-or-exploitation/]

                                                                                                        b.o.

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
                                         GESKIEDENIS                           ADDENDUM
                                                                                                        13
                                         (Vraestel 2)                            10792/21

BRON 3D

Die volgende bron beskryf hoe die burgerlike samelewing betoog het teen die uitbuiting
van werkers deur multinasionale maatskappye soos Nike.

      Nike is een van die sakewêreld se skitterende voorbeelde van hoe om die
      openbare beeld van ‘n onderneming te herstel. In die 1990's is die maatskappy
      geteister deur berigte dat “sweatshops” en kinderarbeid gebruik word. Druk het
      toegeneem tot 1998, toe Nike se medestigter Phil Knight, in die openbaar homself
      verbind het tot die verandering van die maatskappy se praktyke. Nike het dan ook
      die volgende dekade juis dit gedoen.

      Nou dreig Nike se “sweatshops”-probleem om terug te keer. Op 29 Julie het
      studente en aktiviste regoor die wêreld deelgeneem aan 'n dag van protes teen
      Nike, georganiseer deur United Students Against Sweatshops (USAS). Die
      demonstrasies wat plaasgevind het in stede soos Boston, Washington D.C.,
      Bangalore en San Pedro Sula in Honduras, het gelei tot ‘n toename in die
      bewerings teen Nike wat weer begin opvlam het.

      Van die bewerings is dat werkers by 'n Nike-kontrakfabriek in Hansae, Viëtnam,
      aan loondiefstal en aan verbale mishandeling onderwerp is, ure lank moes werk
      in hoë temperature,oor die limiet van 90 grade, tot op die punt dat hulle by hul
      naaldwerkmasjiene ineenstort. Nike word ook daarvan beskuldig dat
      arbeidsgeleenthede verminder is wat aanleiding daartoe gegee het dat honderde
      werkers belangrike werksgeleenthede verloor het. Die maatskappy het ook na
      bewering die onafhanklike moniteringsgroep Worker Rights Consortium (WRC)
      toegang ontken om sy kontrakfabrieke te inspekteer. Die WRC is in 2000 deur
      universiteite, internasionale arbeidsregskenners en studentegroepe gestig om te
      verseker dat produkte met universiteitslogo's daarop, gemaak word onder
      toestande wat werkers se regte respekteer.

                  [Uit: https://qz.com/1042298/nike-is-facing-a-new-wave-of-anti-sweatshop-protests.]

                                                                                                         b.o.

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
                                        GESKIEDENIS                       ADDENDUM
                                                                                                14
                                        (Vraestel 2)                        10792/21

ERKENNINGS

Visuele bronne en ander historiese bewyse is uit die volgende geneem:

      https://libcom.org/library/peoples-politics-state-politics-aspects-national-liberation-
      south-africa-

      https://www.sahistory.org.za/article/liberation-organisations

      https://www.saha.org.za/imagesofdefinace/community_azikhwelwa.htm

      https://www.saha.org.za/imagesofdefinace/takeyourhandsoffmeimaworkernotatoya
      womansplaceisinthestruggle.htm

      https://www.sahistory.org.za/sites/default/files/poster738.jpg

      https://www.bbc.co.uk/bitesize/guides/zxpn2p3/revision/1

      https://www.economicshelp.org/blog/1413/development/multinational-
      corporations-in-developing-countries/

      https://www.economicshelp.org/blog/1413/development/multinational-
      corporations-in-developing-countries/

      https://qz.com/1042298/nike-is-facing-a-new-wave-of-anti-sweatshop-protests/

      https://mg.co.za/article/2014-04-24-unfinished-business-of-the-trc-
      healing.Accessed on 03 May 2021

      https://www.iol.co.za/news/politics/victims-of-apartheid-demand-r1m-each-in-
      reparations-.Accessed

      https://www.google.com/search?q=zapiro+cartoons+on+reparations

      http://ecexams.co.za/2016_September_Trial_Exams.htm

                                          EINDE

## Related documents

- [Grade 12 NSC History P2 (Afrikaans) X10 2019 Preparatory Examination Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p2-afrikaans-x10-2019-preparatory-examination-addendum/4c8825cb-7328-4a35-b4a2-21579182a6ed) — History · Addendum · 2019 · Afr
- [Gr12 History P1 (Afrikaans) 2021 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-history-p1-afrikaans-2021-preparatory-question-paper/9c825710-3cb6-41a5-83f1-ec4a4f9c153e) — History · QP · 2021 · Afr
- [Grade 12 NSC History P2 (Afrikaans) Preparatory 2017 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p2-afrikaans-preparatory-2017-possible-answers/b56c37a4-9f9d-40b7-85e7-9f238ccd5f5c) — History · Memo · 2017 · Afr
- [Grade 12 NSC History P1 (Afrikaans) X10 2019 Preparatory Examination Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p1-afrikaans-x10-2019-preparatory-examination-addendum/4f3ebe5f-1e25-4b5d-9926-1cdd895d3995) — History · Addendum · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC History P1 (Afrikaans)) 2015 Preparatory Examination Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p1-afrikaans-2015-preparatory-examination-addendum/46d03045-1812-4e23-a4c5-7192a662e955) — History · Addendum · 2015 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM JUNE 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-june-2022-afrikaans/f20bbeea-9bf0-4364-87d6-36ff16bead78) — History · Addendum · 2022 · Afr

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 MEMO GR12 SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-sept2024-afrikaans/49472cc4-f28c-41d3-b6c4-2623ae0611e3) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 QP SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-qp-sept-2024-afrikaans/8367f672-7028-4e67-a52a-705b946b5122) — QP · 2024 · Afr
- [Gr 12 History P2 (Afrikaans) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-history-p2-afrikaans-june-2024-question-paper/b8285d4c-81f2-4d18-a8e1-31feb9e949b5) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
