# History Grade 12 P2 Gauteng Mock 2021 Question Paper (Afr)

> Grade 12 History Paper 2 question paper from the Gauteng Mock Exam 2021 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr12-history-p2-afrikaans-2021-preparatory-question-paper/24930935-0ad6-40fc-af9d-2565f340cb01
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2021
- Exam period: Gauteng Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P2 Gauteng Mock 2021 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr12-history-p2-afrikaans-2021-preparatory-question-paper/24930935-0ad6-40fc-af9d-2565f340cb01)

## About this document

History · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2021 · Afrikaans. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

           GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                     VOORBEREIDENDE EKSAMEN
                                    2021
                                    10792

                               GESKIEDENIS

                                VRAESTEL 2

TYD:     3 uur

PUNTE:   150

9 bladsye + ’n addendum van 14 bladsye

                                                b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                    GESKIEDENIS                                2
                                    (Vraestel 2)                10792/21

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B, gebaseer op die
      voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die gewysigde KABV-dokument.

     BRON A: BRONGEBASEERDE VRAE

     VRAAG 1:          BURGERLIKE WEERSTAND, 1970's TOT 1980's: SUID-
                       AFRIKA: INTERNE WEERSTAND TEEN APARTHEID

     VRAAG 2:          DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
                       AANVAARDING VAN DIE VERLEDE

     VRAAG 3:          DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN 'N NUWE
                       WÊRELDORDE,1989 TOT DIE HEDE

     BRON B: OPSTELVRAE

     VRAAG 4:          BURGERLIKE VERSET, 1970’s TOT 1980’s: SUID-AFRIKA:
                       DIE SWARTBEWUSSYNSBEWEGING

     VRAAG 5:          DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
                       AANVAARDING VAN DIE VERLEDE: ONDERHANDELDE
                       SKIKKING EN DIE REGERING VAN NASIONALE EENHEID

     VRAAG 6:          DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN 'N NUWE
                       WÊRELDORDE: DIE GEBEURE VAN 1989

2.   AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat nodig
     is om hierdie vrae te beantwoord, sal in die ADDENDUM gevind word.

3.    AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.

4.   Beantwoord DRIE vrae soos volg:

     4.1    Ten minste EEN moet 'n brongebaseerde vraag wees en ten minste
            EEN moet 'n opstelvraag wees.

     4.2    Die DERDE vraag kan óf 'n brongebaseerde vraag of 'n opstelvraag
            wees.

5.   Jy word aangeraai om ten minste een uur aan elke vraag te spandeer.

6.   In die beantwoording van die vrae moet die kandidate hulle kennis,
     vaardighede en insig toepas.

7.   Jy sal benadeel word deur bloot die bronne as antwoorde te herskryf.

8.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
     vraestel gebruik word.

9.    Skryf duidelik en leesbaar.

                                                                                   b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                  GESKIEDENIS                                     3
                                  (Vraestel 2)                    10792/21

AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, uit hierdie
afdeling.

Bronmateriaal wat nodig is om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM
gevind word.

VRAAG 1:        HOE HET BURGERLIKE ORGANISASIES IN DIE 1980's IN SUID-
                AFRIKA OP DIE NASIONALE PARTY SE HERVORMINGS VAN DIE
                APARTHEIDSBELEID GEREAGEER?

Bestudeer Bronne 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.

1.1   Lees Bron 1A.

      1.1.1   Hoekom, volgens die bron, was die Verenigde Demokratiese Front
              gestig?                                                        (1 x 1)        (1)

      1.1.2   Verduidelik, deur gebruik te maak van jou eie kennis, die Koornhof
              Wetsontwerpe.                                                      (1 x 2)    (2)

      1.1.3   Lys enige TWEE organisasies wat deel was van die UDF se koalisie.
                                                                             (2 x 1)        (2)

      1.1.4   Uit hoeveel lede het die UDF, volgens die bron bestaan?             (1 x 1)   (1)

      1.1.5   Wat, volgens die bron, was die rol van die volgende groepe tydens die
              toenemende onrus in die informele nedersettings?

              a)    Jongmense
              b)    Vakbonde                                                      (2 x 1)   (2)

      1.1.6   Verduidelik die redes vir die UDF se teenkanting teen die
              Driekamerparlement.                                                 (2 x 2)   (4)

1.2   Bestudeer Bron1B.

      1.2.1   Wat het die kombinasie van die leierskap (Chikane, Naudé and Tutu) van
              die SAKP beteken?                                               (1 x 2)       (2)

      1.2.2   Hoe, volgens jou eie kennis het die polisie en weermag strukturele
              geweld op die bevrydingsbewegings, in die 1980's toegepas?         (1 x 2)    (2)

      1.2.3   Wat, volgens die bron, was die voorstelle wat die Kairos-dokument
              gemaak het?
                                                                                  (2 x 1)   (2)

      1.2.4   Lewer kommentaar op wat Biskop Desmond Tutu laat deurskemer het,
              toe hy gesê het: "Ons wat ’n vreedsame oplossing wil hê, word vinnig ’n
              irrelevansie (onbelangrik). "                                     (2 x 2)     (4)
                                                                                            b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                    GESKIEDENIS                                      4
                                    (Vraestel 2)                     10792/21

      1.2.5    Haal bewyse uit die bron aan wat daarop dui dat die SAKP en Biskop Tutu
               burgerlike ongehoorsaamheid ondersteun het in die stryd teen apartheid.
                                                                                (2 x 1)          (2)

1.3   Lees Bron 1C.

      1.3.1    Volgens die bron, waarteen het die koördineringskomitees die
               gemeenskap beskerm?                                                   (2 x 1)     (2)

      1.3.2    Watter 1982-apartheidswet het na jou mening gelei tot "die plaaslike
               regeringstrukture, wat berug was vir korrupsie”?                    (1 x 2)       (2)

      1.3.3    Hoe, volgens die bron, het die regering gereageer op die protesaksie van
               die burgerlike samelewing?                                         (2 x 1)        (2)

      1.3.4    Lewer kommentaar op die bruikbaarheid van die bron vir 'n historikus wat
               die siklus van protes, onderdrukking en geweld van die 1980's wil
               bestudeer.                                                         (2 x 2)        (4)

1.4   Vergelyk Bronne 1B en 1C. Verduidelik hoe die bronne mekaar ondersteun met
      betrekking tot die burgerlike protes en onderdrukking in die 1980's .   (2 x 2)            (4)

1.5   Verwys na Bron 1D.

      1.5.1    Hoekom, na jou mening, was die plakkaat ontwerp?                      (1 x 2)     (2)

      1.5.2    Gebruik die bron en jou eie kennis om te verduidelik waarom jy dink dat die
               noodtoestand 'n skending van mense, asook hul siviele regte was?
                                                                                  (1 x 2)        (2)

1.6   Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n paragraaf
      van AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy verduidelik hoe die verskillende
      burgerlike samelewingsorganisasies gereageer het op die Nasionale Party se
      hervormings van die apartheidsbeleid in Suid-Afrika in die 1980's.                         (8)
                                                                                                [50]

                                                                                               b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                    GESKIEDENIS                                       5
                                    (Vraestel 2)                      10792/21

VRAAG 2:            HOE HET DIE WAARHEIDS- EN VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK)
                    DIE PROSES VAN REPARASIE HANTEER ?

Bestudeer Bronne 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg.

2.1   Verwys na Bron 2A.

      2.1.1    Haal bewyse uit die bron aan wat daarop dui dat dit die mandaat van die
               WVK was om genesing te bevorder.                                   (1 x 2)          (2)

      2.1.2    Identifiseer TWEE doelwitte van die WVK uit die bron.                   (2 x 1)     (2)

      2.1.3    Definieer die konsep reparasies in die konteks van die WVK.             (1 x 2)     (2)

      2.1.4    Wat, volgens die bron, was die pligte van die WVK?                      (3 x 1)     (3)

      2.1.5   Verduidelik wat jy dink Desmond Tutu geïmpliseer het in die verklaring,
              "Ek het my nuwe span kommissarisse aangesê om ons land en ons mense
              te help om eens en vir altyd ons donker verlede te verstaan.”
                                                                                   (2 x 2)         (4)
2.2   Bestudeer Bron 2B.

      2.2.1    Haal TWEE bewyse uit die bron, wat daarop dui dat die slagoffers van
               apartheid ontevrede was met die proses van reparasie.              (2 x 1)          (2)

      2.2.2    Lewer kommentaar op die WVK se beleid teenoor die volgende:

               a)    Amnestie vir oortreders                                           (1 x 2)     (2)
               b)    Reparasie vir slagoffers                                          (1 x 2)     (2)

      2.2.3    Hoeveel geld, volgens die bron, is die slagoffers betaal of belowe as deel
               van die reparasiebeleid?                                              (1 x 1)       (1)

      2.2.4    Waarom dink jy het die internasionale organisasies die reparasieproses
               ondersteun?                                                        (1 x 2)          (2)

2.3   Raadpleeg Bron 2C.

      2.3.1    Hoekom, volgens die bron, het die slagoffers van apartheid by die
               Uniegebou vergader?                                                     (1 x 2)     (2)

      2.3.2    Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik die rol wat
               die Khulumani-ondersteuningsgroep gespeel het om die apartheid-
               slagoffers te ondersteun in hul stryd om reparasies van die WVK te verkry.
                                                                                       (1 x 2)     (2)

      2.3.3    Wie, volgens die bron, was die leier van die Khulumani-
               ondersteuningsgroep?                                                    (1 x 2)     (2)

      2.3.4    Verduidelik waarom die slagoffers reparasies van die WVK geëis het.
                                                                                 (1 x 2)           (2)
                                                                                                 b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                    GESKIEDENIS                                      6
                                    (Vraestel 2)                     10792/21

      2.3.5    Lewer kommentaar op die bruikbaarheid van die inligting in die bron vir 'n
               historikus wat navorsing doen oor die reparasies wat die slagoffers van
               apartheid geëis het.                                                 (2 x 2)       (4)

2.4   Gebruik Bron 2D.

      2.4.1    Verduidelik die boodskap wat in die spotprent oorgedra word oor
               reparasies vir die slagoffers van apartheid.                           (1 x 2)     (2)

      2.4.2    Verduidelik hoe die spotprenttekenaar die regering se houding teenoor die
               reparasieproses uitbeeld.                                          (1 x 2)         (2)

2.5   Vergelyk Bronne 2C en 2D. Verduidelik hoe die inligting in Bron 2C die getuienis in
      Bron 2D ondersteun oor die reparasies vir die slagoffers van menseregteskendings.
                                                                                   (2 x 2)        (4)

2.6   Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n paragraaf
      van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) en verduidelik hoe die Waarheids-
      en Versoeningskommissie (WVK) die proses van reparasies hanteer het .                       (8)
                                                                                                  [50]

                                                                                                b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                  GESKIEDENIS                                       7
                                  (Vraestel 2)                      10792/21

VRAAG 3:       HOE HET GLOBALISERING WERKERS IN ONTWIKKELENDE
               LANDE BEÏNVLOED?

Bestudeer Bronne 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg.

3.1   Lees Bron 3A.

      3.1.1    Definieer die konsep globalisering in jou eie woorde.                (1 x 2)    (2)

      3.1.2    Gee TWEE voorbeelde, uit die bron, van multinasionale korporasies.
                                                                               (2 x 1)         (2)

      3.1.3    Haal ‘n bewys aan vanuit die bron wat toon dat globalisering
               ontwikkelende lande gehelp het.                                      (1 x 1)    (1)

      3.1.4    Deur gebruik te maak van inligting uit die bron en jou eie kennis,
               verduidelik die impak wat globalisering op ontwikkelende lande gehad
               het.                                                               (1 x 2)      (2)

3.2   Verwys na Bron 3B.

      3.2.1    Wat, volgens die bron, het multinasionale korporasies aan ontwikkelende
               lande verskaf?                                                   (3 x 1)        (3)

      3.2.2    Verduidelik hoe globalisering werksgeleenthede vir werkers in
               ontwikkelende lande geskep het.                                      (2 x 2)    (4)

      3.2.3    Lewer kommentaar oor waarom "sweatshop” arbeid beter is as die
               alternatief van aas (bakhand staan) of geen betaalde indiensneming.
                                                                                (1 x 2)        (2)

      3.2.4    Verduidelik hoe multinasionale korporasies bygedra het tot die
               ekonomiese groei in ontwikkelende lande.                             (2 x 2)    (4)

      3.2.5    Verduidelik waarom jy dink dat die bron bruikbaar sal wees wanneer die
               impak van multinasionale korporasies op ontwikkelende lande bestudeer
               word.                                                           (2 x 2)         (4)

3.3   Raadpleeg Bron 3C.

      3.3.1    Verduidelik die boodskappe wat in die spotprent oorgedra word. Gebruik
               die visuele leidrade in die bron om jou antwoord te ondersteun. (2 x 2)         (4)

      3.3.2    Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik hoe
               werkers in multinasionale korporasies soos Nike behandel is.         (2 x 2)    (4)

                                                                                              b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                    GESKIEDENIS                                      8
                                    (Vraestel 2)                     10792/21

3.4   Gebruik Bron 3D.

      3.4.1   Volgens die inligting in die bron, waarom het Nike hulle beeld in die 1990's
              herstel?                                                               (1 x 2)    (2)

      3.4.2   Wat, dink jy vervaardig Nike?                                          (1 x 1)    (1)

      3.4.3   Kies TWEE bewyse uit die bron om aan te dui dat werkers in die Nike-
              fabriek in Viëtnam ongelukkig was.                                (2 x 1)         (2)

      3.4.4   Identifiseer die maatskappy wat na bewering toegang tot Nike se
              kontrakfabrieke geweier is.                                            (1 x 1)    (1)

3.5   Vergelyk Bronne 3C en 3D. Verduidelik hoe die bewyse in Bron 3C die getuienis in
      Bron 3D ondersteun oor die behandeling van werkers in multi-nasionale
      maatskappye soos Nike.                                                    (2 x 2)         (4)

3.6   Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n paragraaf
      van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy verduidelik hoe
      globalisering werkers in ontwikkelende lande geraak het.                                  (8)
                                                                                                [50]

                                                                                               b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                    GESKIEDENIS                                       9
                                    (Vraestel 2)                    10792/21

AFDELING B: OPSTELVRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
afdeling.

Jou opstel moet ongeveer DRIE bladsye lank wees.

VRAAG 4:         BURGERLIKE WEERSTAND, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA –
                 DIE KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980's

Tot watter mate het Steve Biko en die ideologie van Swartbewussyn bygedra tot die
1976 studentebetogings in Soweto?

Ondersteun jou argument met behulp van relevante bewyse.                                  [50]

VRAAG 5:         DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
                 AANVAARDING VAN DIE VERLEDE

Die opposisiepartye en die Nasionale Party-regering in Suid-Afrika is uiteindelik
gedwing om die politieke dooiepunt op te los deur onderhandelinge in die 1990's wat
gelei het tot die geboorte van 'n nuwe demokratiese Suid-Afrika in 1994.

Bespreek hierdie stelling krities in die konteks van die proses van onderhandelinge
wat tussen 1990 en 1994 in Suid-Afrika plaasgevind het.                                   [50]

VRAAG 6:         DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN 'N NUWE WȆRELD
                 ORDE: DIE GEBEURE VAN 1989

Die ineenstorting van die Sowjetunie in 1989 het gedien as 'n groot vonk vir die
politieke transformasie wat in Suid-Afrika plaasgevind het.

Stem jy saam met die stelling? Staaf jou argument deur te verwys na relevante
gebeure wat die politieke landskap in Suid-Afrika tussen 1989 en 1990 gevorm het.         [50]

                                                                             TOTAAL:      150

                                            EINDE

## Related documents

- [Grade 12 NSC History P2 (Afrikaans) X10 2019 Preparatory Examination Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p2-afrikaans-x10-2019-preparatory-examination-addendum/4c8825cb-7328-4a35-b4a2-21579182a6ed) — History · Addendum · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC History P2 (Afrikaans) Preparatory 2017 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p2-afrikaans-preparatory-2017-possible-answers/b56c37a4-9f9d-40b7-85e7-9f238ccd5f5c) — History · Memo · 2017 · Afr
- [History P2 Nov 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2021-afr/d099ac96-a3e0-4137-bc2f-81b051b69eec) — History · QP · 2021 · Afr
- [HISTORY P1 GR12 MEMO SEPT 2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-memo-sept-2021-afrikaans/9c3a8ce8-f3a0-4016-a58e-194db060028c) — History · Memo · 2021 · Afr
- [Grade 12 NSC History P2 Preparatory 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p2-preparatory-2017-question-paper/badeb23c-1096-472f-a56c-66498abe1e7b) — History · QP · 2017
- [Grade 12 NSC History P1 (Afrikaans) X10 2019 Preparatory Examination Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p1-afrikaans-x10-2019-preparatory-examination-addendum/4f3ebe5f-1e25-4b5d-9926-1cdd895d3995) — History · Addendum · 2019 · Afr

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P1 ADDENDUM September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p1-addendum-september-2025-north-west/50efe0f8-d43f-4981-9053-03ea7c90b109) — Addendum · 2025
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-adden-gr12-sep-2024-afrikaans/4faf89db-d19f-40cf-891f-e87e004b0bc5) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept-2024-afrikaans/b61f3bc2-3524-48c9-af60-f3348133d582) — Addendum · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
