# History Grade 12 P2 Gauteng Mock 2022 Question Paper (Afr)

> Grade 12 History Paper 2 question paper from the Gauteng Mock Exam 2022 (Afrikaans), 28 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr12-history-p2-afrikaans-sep-2022-question-paper/90bff3bc-11f3-4d6c-91b0-59e393ab8186
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: Gauteng Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 28

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P2 Gauteng Mock 2022 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr12-history-p2-afrikaans-sep-2022-question-paper/90bff3bc-11f3-4d6c-91b0-59e393ab8186)

## About this document

History · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2022 · Afrikaans. Question paper, 28 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

         VOORBEREIDENDE EKSAMEN
                                      2022
                                       10792

                                  GESKIEDENIS

                                   VRAESTEL 2

TYD:     3 uur

PUNTE:   150

9 bladsye + ŉ addendum van 14 bladsye

                          Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.
                 'n Addendum van 14 bladsye is binne die vraestel ingesluit.

                                                                               b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                          GESKIEDENIS                                  2
                                          (Vraestel 2)                      10792/22

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Die vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B, gebaseer op die
      voorgeskrewe inhoudsraamwerk volgens die KABV-dokument.

     AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

     VRAAG 1:          BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA –
                       DIE KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980's

     VRAAG 2:          DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
                       AANVAARDING VAN DIE VERLEDE

     VRAAG 3:          DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN ’N NUWE
                       WÊRELDORDE, 1989 TOT DIE HEDE

     AFDELING B: OPSTELVRAE

     VRAAG 4:          BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA –
                       DIE KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980's

     VRAAG 5:          DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
                       AANVAARDING VAN DIE VERLEDE

     VRAAG 6:          DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN ’N NUWE
                       WÊRELDORDE: DIE GEBEURE VAN 1989

2.   AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat benodig
     word om hierdie vrae te beantwoord, sal in die ADDENDUM gevind word.

3.    AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.

4.   Beantwoord DRIE vrae soos volg:

     4.1    Ten minste EEN moet ŉ brongebaseerde vraag wees en die ten minste
            EEN moet ŉ opstelvraag wees.

     4.2    Die DERDE vraag kan óf ŉ brongebaseerde vraag of ŉ opstelvraag wees.

5.   Jy word aangeraai om ten minste een uur per vraag te spandeer.

6.   In die beantwoording van die vrae moet die kandidate hul kennis, vaardighede en
     insig toepas.

7.   Jy sal benadeel word deur bloot die bronne as antwoorde te herskryf.

8.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
     vraestel gebruik word.

9.    Skryf duidelik en leesbaar.

                                                                                           b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                               GESKIEDENIS                                      3
                                               (Vraestel 2)                     10792/22

AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, uit hierdie afdeling.
Die bronmateriaal wat nodig is om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM
gevind word.

VRAAG 1:        WAT WAS DIE ROL VAN DIE SUID-AFRIKAANSE RAAD VAN
                KERKE (SARK) EN LEIERS SOOS DESMOND TUTU IN DIE STRYD
                TEEN APARTHEID IN DIE 1980's?

Bestudeer Bronne 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.

1.1   Verwys na Bron 1A.

      1.1.1   Definieer die konsep Driekamerparlement in jou eie woorde.              (1 x 2)       (2)

      1.1.2   Noem TWEE kwessies, volgens die bron, wat veroorsaak het dat die kerk
              sy stempel in die stryd teen apartheid afgedruk het.             (2 x 1)              (2)

      1.1.3   Wat, volgens die bron, was die houding van die kerk tydens apartheid in
              die:

              (a)   1970’s?                                                           (1 x 1)       (1)
              (b)   1980’s?                                                           (1 x 1)       (1)

      1.1.4   Wat het Beyers Naudé bedoel met die stelling, “tensy nuwe faktore ŉ rol
              gaan speel of onvoorsiene verwikkelinge in die nabye toekoms plaasvind,
              sal ons onsself moet voorberei vir ŉ lang, uitgerekte guerrilla-stryd”? (1 x 2)       (2)

      1.1.5   Haal TWEE bewyse aan wat deur Desmond Tutu, genoem is, wat daarop
              dui dat swart mense nie meer vreedsaam kon betoog nie.       (2 x 1)                  (2)

1.2   Bestudeer Bron1B.

      1.2.1   Lewer kommentaar oor die rede dat Desmond Tutu gesê het dat hy kon
              ‘verstaan hoekom swart Afrikane onder verdrukking hulle tot geweld sou
              wend in die stryd om vryheid’.                                    (1 x 2)             (2)

      1.2.2   Waarom, volgens die bron, is Desmond Tutu se nie-gewelddadige preke
              gekritiseer?                                                    (1 x 2)               (2)

      1.2.3   Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik hoe
              Desmond Tutu die wit regering probeer dwing het om apartheid te beëindig
              deur kommunikasie met die buitewêreld.                                 (1 x 2)        (2)

                                                                                                    b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                               GESKIEDENIS                                      4
                                               (Vraestel 2)                     10792/22

      1.2.4   Verduidelik hoekom jy dink Aartsbiskop Desmond Tutu spanning in
              Alexandra, by Ashley Kriel se begrafnis ontlont het en konflik tussen polisie
              en betogers bemiddel het.                                             (1 x 2)         (2)

      1.2.5   Verduidelik die begrip verset binne die konteks van weerstand teen
              apartheid in die 1980’s                                            (1 x 2)            (2)

      1.2.6   Identifiseer enige TWEE aksies wat deur die regering geneem is om Tutu
              vir sy uittarting van die regering te straf.                      (2 x 1)             (2)

1.3   Raadpleeg Bron 1C.

      1.3.1   Verduidelik die boodskap wat deur die foto oorgedra word.               (1 x 2)       (2)

      1.3.2   Hoekom dink jy is die foto geneem?                                      (1 x 2)       (2)

      1.3.3   Lewer kommentaar op die betroubaarheid van hierdie bron rakende die
              betrokkenheid van die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke by die verset teen
              die apartheidsregering.                                           (2 x 2)             (4)

1.4   Verwys na Bronne 1B en 1C. Verduidelik hoe die bewyse in Bron 1C die inligting in
      Bron 1B oor die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke se betrokkenheid by die
      weerstand teen apartheid ondersteun.                                      (2 x 2)             (4)

1.5   Gebruik Bron 1D.

      1.5.1   Identifiseer uit die bron, TWEE dryfkragte tot die aktiwiteite van die SARK.
                                                                                      (2 x 1)       (2)

      1.5.2   Gebruik die bron en jou eie kennis om te verduidelik hoe die SARK met die
              volgende gehelp het:

              (a)   Vaardigheidsontwikkeling                                          (1 x 2)       (2)
              (b)   Gemeenskapsprojekte                                               (1 x 2)       (2)

      1.5.3   Hoe dink jy het die SARK die stigting van die WVK in post apartheid Suid-
              Afrika ondersteun?                                                  (1 x 2)           (2)

1.6   Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ŉ paragraaf
      van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy die rol van die Suid-
      Afrikaanse Raad van Kerke (SARK) en leiers soos Desmond Tutu in die stryd teen
      apartheid in die 1980's verduidelik.                                                       (8)
                                                                                                [50]

                                                                                                    b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                               GESKIEDENIS                                      5
                                               (Vraestel 2)                     10792/22

VRAAG 2: HOE SUKSESVOL WAS DIE WAARHEIDS-EN-VERSOENINGSKOMMISSIE
         (WVK) OM NOKUTHULA SIMELANE SE FAMILIE BY TE STAAN OM
         GENESING TE VIND?

Bestudeer Bronne 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg.

2.1   Lees Bron 2A.

      2.1.1   Waarom, volgens die bron, is die WVK gestig?                            (1 x 1)       (1)

      2.1.2   Wat, volgens die bron, was die bedoeling van die
              Menseregteskendingskomitee?                                             (1 x 1)       (1)

      2.1.3   Definieer die begrip herstellende geregtigheid in jou eie woorde.       (1 x 2)       (2)

      2.1.4   Hoekom dink jy het die WVK meer gefokus op herstellende geregtigheid
              eerder as op vergeldende geregtigheid?                           (1 x 2)              (2)

      2.1.5   Haal bewyse uit die bron aan wat verduidelik waarom die grootste deel van
              diegene wat voor die WVK getuig het, vroue was.                    (1 x 2)            (2)

2.2   Bestudeer Bron 2B.

      2.2.1   GeeTWEE bewyse uit die bron wat daarop dui dat Nokuthula Simelane ŉ
              slagoffer van apartheid was.                                   (2 x 1)                (2)

      2.2.2   Hoekom dink jy is slegs vyf van die agt Soweto-takoperateurs deur die
              WVK amnestie toegestaan?                                            (2 x 2)           (4)

      2.2.3   Identifiseer TWEE redes uit die bron waarom die Simelane-familie wou hê
              dat die mense wat vir Nokuthula se verdwyning verantwoordelik is, vervolg
              moet word.                                                         (1 x 2)            (2)

      2.2.4   Verduidelik hoekom dit belangrik was vir Nokuthula Simelane se familie om
              haar oorskot te vind.                                              (1 x 2)            (2)

      2.2.5   Verduidelik die bruikbaarheid van hierdie bron vir ŉ historikus wat die
              verdwyning van Nokuthula Simelane navors.                               (2 x 2)       (4)

                                                                                                    b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                              GESKIEDENIS                                    6
                                              (Vraestel 2)                    10792/22

2.3   Raadpleeg Bron 2C.

      2.3.1   Identifiseer DRIE mans in die bron wat voor die WVK verskyn het om
              aansoek te doen vir amnestie in die Nokuthula Simelane-saak.       (3 x 1)         (3)

      2.3.2   Verduidelik die begrip amnestie in die konteks van die WVK.          (1 x 2)       (2)

      2.3.3   Wie, volgens die bron, was verantwoordelik vir Nokuthula se verdwyning?
                                                                                 (1 x 1)         (1)

      2.3.4   Lewer kommentaar op die verskillende stellings wat deur die volgende
              mense gemaak is oor Nokuthula se verdwyning:

              (a)   Wellem Coetzee
              (b)   Veyi                                                           (2 x 2)       (4)

2.4   Vergelyk Bronne 2B en 2C. Verduidelik hoe die inligting in Bron 2B
      die getuienis in Bron 2C ondersteun aangaande die oortreders wat aansoek
      gedoen het vir amnestie vir Nokuthula se verdwyning.                     (2 x 2)           (4)

2.5   Gebruik Bron 2D.

      2.5.1   Verduidelik die boodskappe wat in die foto oorgedra word.            (2 x 2)       (4)

      2.5.2   Verduidelik wat geïmpliseer word deur die stelling “KHULUMANI SAL
              NOOIT OPGEE NIE!”.                                               (1 x 2)           (2)

2.6   Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ŉ paragraaf
      van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy verduidelik hoe suksesvol
      die Waarheids- en Versoeningskommissie (WVK) was om vir Nokuthula Simelane
      se familie by te staan om genesing te vind.                                             (8)
                                                                                             [50]

                                                                                                 b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com

    MAAK ASSEBLIEF HIERDIE ADDENDUM VAN 14 BLADSYE LOS.

             VOORBEREIDENDE EKSAMEN
                          2022
                          10792

                       GESKIEDENIS

                        VRAESTEL 2

                        ADDENDUM

14 bladsye

                                                      b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                           GESKIEDENIS                         ADDENDUM
                                                                                                   2
                                           (Vraestel 2)                          10792/22

VRAAG 1:     WAT WAS DIE ROL VAN DIE SUID-AFRIKAANSE RAAD VAN KERKE
             (SARK) EN LEIERS SOOS DESMOND TUTU IN DIE STRYD TEEN
             APARTHEID IN DIE 1980's?

BRON 1A

Die bron hieronder verduidelik waarom die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke (SARK)
die apartheidsregime in 1983 teëgestaan het.

  Die Driekamerparlement wat in 1983 gestig is, was nog ŉ grondwetlike instrument om die
  Kleurling en Asiatiese mense te koöpteer (in te sluit) in die grootse ontwerp van die regime.
  Dit het gelei tot die stigting van die Verenigde Demokratiese Front, wat gedurende hierdie
  tydperk na vore getree het as die vernaamste uitdrukking van weerstand teen apartheid. Dit
  was te midde van hierdie enorme onstabiliteit en onderdrukking dat die kerk sy stempel
  afgedruk het. Pastore is opgeroep om mense en gesinne te bedien wat deur slagtings
  gewond is en deur die militêre besetting ontstig (ontstel) is, wat ŉ konstante irritasie (ergernis)
  in swart gemeenskappe was. Hulle het die behoefte gevoel om die middele om apartheid tot
  ŉ einde te bring op te skerp en te fokus. Terwyl die kerke in die vroeë 1970's ŉ mate van
  simpatie met die staat gehad het, was daar teen die 1980's ŉ dieper begrip van die
  bevrydingsbewegings. Beyers Naudé, wat hoofsekretaris van die SARK geword het, kon in
  1983 met selfvertroue waarsku dat “tensy nuwe faktore ŉ rol gaan speel of onvoorsiene
  ontwikkelings in die nabye toekoms plaasvind, sal ons moet voorberei vir ŉ lang, uitgerekte
  (langdurige) guerrilla-stryd; ŉ oorlog wat toenemend geveg sal word met dade van sabotasie
  en stedelike terrorisme.”

  Die SARK het in die tyd van die hoofsekretarisskappe van Desmond Tutu en Beyers Naudé
  gesien hoe die kerke in hewige (aggressiewe) weerstand teen die staat betrokke was. Dit
  was weerstand wat deur die Eloff-kommissie ontketen (begin) is, wat probeer het om die
  buitelandse befondsing van SARK-programme te beheer. Teen die 1980's was die kerke
  deel van die weerstandsbeweging. Tutu het tydens ŉ diens in die St George's Anglikaanse
  katedraal in Kaapstad in protes teen aanhoudings, die tema van Christelike weerstand teen
  onregverdige heerskappy beklemtoon: “As ons nie meer vreedsaam kan veg vir ŉ
  verandering in ŉ bose en onregverdige stelsel nie, sê die regering dan dat die enigste
  alternatief geweld is - wat anders sal vir mense oorbly om te doen?”
        [Aangepas uit http://psimg.jstor.org/fsi/img/pdf/t0/10.5555/al.sff.document.ufbmp1001_final.pdf.
                                                                   Toegang op 09 Januarie 2022 verkry.]

                                                                                                       b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                           GESKIEDENIS                        ADDENDUM
                                                                                                  3
                                           (Vraestel 2)                         10792/22

BRON 1B

Die uittreksel hieronder handel oor die reaksie van die destydse sekretaris van die Suid-
Afrikaanse Raad van Kerke (SARK), Desmond Tutu, op die staat se onderdrukking in die
1980's.

  Tutu het in 1984 namens ŉ gearresteerde sel (eenheid) van die gewapende anti-
  apartheidsgroep, uMkhonto we Sizwe, getuig. Hy het volgehou dat hy tot geweldloosheid
  toegewyd was, maar kon verstaan hoekom swart Afrikane onder verdrukking hulle tot die
  gebruik van geweld sou wend in hul stryd om vryheid. Hy het die wit regering se
  skynheiligheid uitgewys omdat hulle gewapende bevrydingsgroepe in Europa prys terwyl
  hulle dieselfde soort groepe in Suid-Afrika veroordeel.
  Geweld in die land het aanhou eskaleer en Tutu is gevra om by baie begrafnisse te praat.
  Tydens sy preke het hy voortgegaan om ŉ boodskap van geweldloosheid te verkondig en
  hy is deur sommige daarvoor gekritiseer omdat hulle sy beskeidenheid (nederigheid) as ŉ
  struikelblok in die vryheidstryd gesien het.
  Hy het die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering in New York toegespreek en met
  die Britse premier Margaret Thatcher vergader om verder te druk vir ekonomiese sanksies
  teen Suid-Afrika.
  In 1986 het Tutu weer die Verenigde State besoek om op sanksies aan te dring. Hy het
  ook Japan, China en Jamaika om dieselfde rede besoek. Later daardie jaar is hy tot
  Aartsbiskop van Kaapstad verkies voordat hy die president van die All Africa Conference
  of Churches geword het.
  Tutu, saam met ander kerkleiers, het ŉ bemiddelaar van konflik tussen betogers en die
  polisie geword. Hulle het onder meer, spanning opgelos in Alexandra Township in 1986 en
  by die begrafnis van Ashley Kriel in 1987.
  Toe die regering 17 organisasies in 1988 verbied het, het hulle ŉ protesoptog gereël, wat
  ook verbied is. In reaksie hierop het hulle die Komitee vir die Verdediging van Demokrasie
  gevorm en toe hul saamtrekke verbied is, het hulle dit vervang met ŉ diens by die St
  George's Katedraal.
  Tutu het die saak van die Sharpeville Ses in 1988 opgeneem. Die groep is ter dood
  veroordeel en Tutu, wat die doodstraf teengestaan het, het druk op PW Botha uitgeoefen
  om hul lewens te spaar. Hy het self met Botha vergader en die twee het gebots voordat
  Tutu suksesvol was.

  In reaksie op Tutu se verset, het die regering ŉ veldtog teen hom georkestreer (beplan),
  anti-Tutu pamflette en plakkers is versprei, betogers is betaal en selfs sy vrou is geteister.
      [Aangepas uit https://southafrica.co.za/desmond-tutu-contribution-to-dismantling-apartheid.html.
                                                                 Toegang op 10 Januarie 2022 verkry.]

                                                                                                      b.o.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                         GESKIEDENIS                         ADDENDUM
                                                                                                 4
                                         (Vraestel 2)                          10792/22

BRON 1C

Die bron hieronder is ŉ foto wat geneem is by die bekendstelling van die Komitee vir die
Verdediging van Demokrasie op die 7de Maart 1988. Die Komitee vir die Verdediging van
Demokrasie is gevorm omdat die regering bevrydingsorganisasies verbied het wat die
apartheidsbeleid teengestaan het.

Van links na regs is die komiteelede – Frank van de Horst, Suid-Afrikaanse Raad vir Sport
(SACOS), Allan Boesak, Desmond Tutu, Prof. Jakes Gerwel, Rektor Universiteit van die
Weskaap (UWC).

                         ALLAN BOESAK                    DESMOND TUTU

       VOORWAARTS NA VRYHEID

         VERDEDIG DEMOKRASIE
               [Uit https://southafrica.co.za/desmond-tutu-contribution-to-dismantling-apartheid.html.
                                                                 Toegang op 10 Januarie 2022 verkry.]

                                                                                                     b.o.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                        GESKIEDENIS                         ADDENDUM
                                                                                                5
                                        (Vraestel 2)                          10792/22

BRON 1D

Die volgende uittreksel gee ŉ uiteensetting van die rol wat die Suid-Afrikaanse Raad van
Kerke gespeel het in die herstel van menseregte en die bekamping van die ongeregtighede
tydens en na apartheid.

Deur sy geskiedenis heen het die SARK drie hoofdryfkragte tot sy aktiwiteite gehad:
geregtigheid, vaardigheidsontwikkeling asook gemeenskapsprojekte en teologiese besinning.
Tydens die apartheidsregime het die SARK hom nie net sterk uitgespreek teen kwessies van
onreg en die skending van menseregte nie, dit het ook praktiese hulp aan die onderdruktes
verleen. Meer spesifiek, het die SARK:

   Nooddienste aan slagoffers van apartheidsbrutaliteite gebied
   Fondse ingesamel vir die wettige regsverteenwoordiging van slagoffers van die stelsel
   Families van dié in aanhouding, van politieke gevangenes en van dié met ŉ doodsvonnis
    versorg
   Beurse aan duisende arm swart kinders gebied
   Gemeenskapsontwikkelingsprogramme en -projekte befonds
   Hom beywer vir omvattende internasionale sanksies teen apartheid
   Die stigting van ontwikkelingsinstellings soos die Kagiso Trust gefasiliteer
   Jeug- en vroueregte en ontwikkelingsprogramme ondersteun
   Ballinge ondersteun en hul terugkeer na Suid-Afrika na die ontbanning van die
    bevrydingsbewegings bewerkstelling, en vrylating van politieke gevangenes gefasiliteer
   Bystand verleen tydens in die oorgangsproses, van die onderhandelinge tot vredemaking
    te midde van intense geweld; deelgeneem aan die opstel van ŉ nuwe grondwet vir die
    land; die stigting van die WVK ondersteun; en gepleit vir ŉ regverdige sosiale en
    ekonomiese bestel.

Die rol van die SARK in die stryd om menseregte na Suid-Afrika te bring is ŉ eerbare een wat
altyd in Suid-Afrika se geskiedenis erkenning sal verkry.
                               [Uit https://sacc.org.za/history. Toegang op 09 Januarie 2022 verkry.]

                                                                                                    b.o.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                         GESKIEDENIS                        ADDENDUM
                                                                                             6
                                         (Vraestel 2)                         10792/22

VRAAG 2:     HOE SUKSESVOL WAS DIE WAARHEIDS-EN-VERSOENINGS-
             KOMMISSIE (WVK) OM NOKUTHULA SIMELANE SE FAMILIE BY TE
             STAAN OM GENESING TE VIND?

BRON 2A

Die uittreksel hieronder verduidelik die doelstellings van die Waarheids- en
Versoeningskommissie (WVK), wat in 1995 gestig is.

  Die Waarheids- en Versoeningskommissie (WVK) is gestig om onder meer die
  'rehabilitasie en die herstel van die menslike en burgerlike waardigheid van
  slagoffers van menseregteskendings' te fasiliteer. Die Kommissie was van plan
  om hoofsaaklik deur middel van die openbare verhore wat deur die
  Menseregteskendingskomitee onderneem is, die stem en waardigheid van
  diegene wat voorheen gemarginaliseer (uitgeskuif) was te herstel en in die
  proses openbare erkenning te gee wat grootliks as ŉ kernbydraer tot die
  genesingsproses beskou word.

  Die WVK was destyds die eerste herstellende geregtigheidsproses van sy soort
  om openbare verhore te hou en ruimte te bied vir oorlewendes om hul stories in
  hul eie woorde te vertel. Hierdie verhore het ŉ belangrike simboliese funksie
  verrig in ŉ land waar die regeringstelsel op die ontkenning en stilswye van veral
  swart stemme, gegrond was.

  … Die WVK het gepoog om die kwessie van gemarginaliseerde (uitgeskuifde)
  stemme in die breër raamwerk van slagoffers aan te spreek en was bewus van
  geslagsverdraaiings (vooroordele) in die prosesse en aanbieding van sy werk.
  Alhoewel die grootste deel van diegene wat voor die Kommissie getuig het, vroue
  was, het hul getuienisse in die meeste gevalle gefokus op die ervarings van hul
  mans, seuns en vaders. Vroue as slagoffers het slegs ŉ klein aantal van die sake
  verteenwoordig.
                [Aangepas uit www.wwl.wits.ac.za: Traces of Truth – The South African TRC.
                                                     Toegang op 16 Januarie 2022 verkry.]

                                                                                                 b.o.

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
                                           GESKIEDENIS                        ADDENDUM
                                                                                                 7
                                           (Vraestel 2)                         10792/22

BRON 2B

Die volgende bron fokus op hoe die Simelane-gesin op hul dogter, Nokuthula, se
verdwyning gereageer het.

  Dit is al byna 30 jaar en Sizakele Simelane wag nog steeds op geregtigheid vir haar
  dogter, Nokuthula, wat vermoedelik dood is. Die 23-jarige uMkhonto we Sizwe-
  aktivis van Bethal is op 8 September 1983 deur die Soweto-Veiligheidstak uit
  Johannesburg se Carlton-sentrum ontvoer. Sy is na ŉ plaas in Noordwes geneem,
  waar sy vir etlike weke gemartel is. ... Agt beamptes van die Soweto-Veiligheidstak
  het vir Nokuthula se aanhouding en marteling om amnestie aansoek gedoen. Slegs
  vyf was suksesvol.

  Haar suster, Thembi Nkadimeng, het in Januarie ŉ brief aan Silas Ramaite, die
  waarnemende nasionale direkteur van openbare vervolging, geskryf en hom
  meegedeel dat haar pa gesterf het sonder om te weet wat met sy dogter gebeur
  het. “Ongelukkig het ons volkome vertroue in die prioriteitsmisdaadlitigasie-eenheid
  (regsgeding) verloor om ŉ suksesvolle vervolging uit te voer.” Die eenheid het die
  taak om onder meer sake te ondersoek wat deur die Waarheids-en-
  Versoeningskommissie (WVK) verwys word. Nkadimeng het aan Ramaite gesê sy
  het die ondersoekbeampte in Januarie ontmoet. Hy het voorgestel dat dit deur ŉ
  geregtelike doodsondersoek hanteer word. Sy het gesê sy het ook die taakspan vir
  vermiste persone genader, wat vir haar gesê het dat hulle nie haar suster se
  oorskot kon vind nie.

  “Ek is aangesê om die verdagtes te nader en aan te bied om hulle nie te vervolg as
  hulle die ligging van Nokuthula se oorskot bekend maak nie. Ek het hierdie voorstel
  met my familie bespreek, en ons het besluit om nie met die verdagtes te
  onderhandel nie.” Sy het gesê die verdagtes het “meer as genoeg tyd” gehad om
  na vore te kom en die ligging van die oorskot bekend te maak. “Hulle het verkies
  om eerder vir my en my gesin pyn en lyding te veroorsaak deur ŉ muur van leuens
  en bedrog (oneerlikheid) te handhaaf.” Ramaite het Nkadimeng in ŉ brief gedateer
  31 Januarie ingelig dat dit nie moontlik is om ŉ geregtelike doodsondersoek te hou
  voor die afsluiting van die “uitstaande ondersoeke” nie.

  … “Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) sleep voete om vir my ma die enigste
  ding te gee wat sy kan hê, haar kind se oorskot.” Haar ma, Sizakele, het gesê sy is
  kwaad en teleurgesteld ...
   [Aangepas uit https://www.timeslive.co.za/sunday-times/lifestyle/2013-03-17-grieving-mom-
                 still-waits-for-answers-30-years-later/. Toegang op 19 Januarie 2022 verkry.]

                                                                                                     b.o.

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
                                       GESKIEDENIS                    ADDENDUM
                                                                                        8
                                       (Vraestel 2)                     10792/22

BRON 2C

Die bron hieronder is ŉ weergawe van Nokuthula Simelane se ontvoerders se aansoek
om amnestie by die WVK-verhore.

  Ná die val van Apartheid is die Waarheids-en-Versoeningskommissie (WVK) ingestel as ŉ
  manier om die kloof tussen die onderdrukkende Nasionale Party ras en die demokratiese
  Suid-Afrika te oorbrug. Die Simelane-familie het haar saak by die WVK aanhangig gemaak
  in die hoop om haar saak op te los. Vyf wit mans het aansoek gedoen om amnestie met
  betrekking tot Nokuthula se ontvoering, marteling en verdwyning, Wellem Hellem Johannes
  Coetzee, Anton Pretorius, Mong, Williams en Ross. By die WVK het ŉ voormalige
  bevelvoerder van die Soweto Intelligensie Eenheid (SIU), Wellem 'Timol' Coetzee, die man
  verantwoordelik vir die verdwyning en dood van Nokuthula, verklaar dat Nokuthula gelewe
  het toe hy haar laas gesien het, die eenheid het haar in ŉ spioen verander en terug na
  Swaziland herontplooi.
  Coetzee se argument is teengestaan deur sy kollega, Veyi, wat erken het dat sy gemartel en
  wreed vermoor is en in die Rustenburg-omgewing begrawe is. Die WVK het teen Coetzee
  se amnestie ten opsigte van marteling beslis, maar is amnestie vir Nokuthula se ontvoering
  toegestaan. Die WVK het verder amnestie aan die ander vier mans (Pretorius, Mong,
  Williams en Ross) vir haar marteling toegeken. Tot dusver het niemand na vore gekom en
  verantwoordelikheid vir haar verdwyning aanvaar nie, nóg die ANC nóg voormalige
  apartheidsveiligheidsmagte.
                        [Uit: https://www.sahistory.org.za/people/nokuthula -orela-simelane.
                                                       Toegang op 18 Januarie 2022 verkry.]

                                                                                            b.o.

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
                                         GESKIEDENIS                       ADDENDUM
                                                                                              9
                                         (Vraestel 2)                        10792/22

BRON 2D

Die foto hieronder wys hoe die Khulumani-ondersteuningsgroep ŉ hofsitting bywoon om
te eis dat die vier apartheidsera-polisiemanne verantwoordelik vir Nokuthula se
verdwyning vervolg word.

                                               KHULUMANI SAL
                                               NOOIT OPGEE NIE!

   ONS EIS AFSLUITING VAN
   HIERDIE ONVOLTOOIDE
   WVK-SAAK WAT DIE                                      STOP DIE MARTELING VIR
   VERDWYNDE BETREF                                      GESINNE WAT NIE WEET WAT
                                                         MET HUL GELIEFDES GEBEUR
                                                         HET NIE

       [Uit https://www.news24.com/News24/four-former-apartheid-era-policemen-granted-bail-
                                            20160226. Toegang verkry op 19 Januarie 2022.]

                                                                                                  b.o.

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
                                          GESKIEDENIS                        ADDENDUM
                                                                                               10
                                          (Vraestel 2)                         10792/22

VRAAG 3:     HOE HET GLOBALISERING DIE KLEDING- EN
             TEKSTIELINDUSTRIE IN SUID-AFRIKA BEÏNVLOED?

BRON 3A

Die bron hieronder fokus op die proses van globalisering in ontwikkelende lande.

  Globalisering verwys na integrasie tussen mense, maatskappye en regerings. Die
  belangrikste is dat hierdie integrasie op ŉ globale skaal plaasvind. Verder is dit die
  proses om die besigheid oor die hele wêreld uit te brei. In globalisering, brei baie
  besighede wêreldwyd uit en neem ŉ internasionale beeld aan. Gevolglik is daar ŉ
  vereiste vir groot investering (belegging) om internasionale maatskappye te ontwikkel.

  Eerstens, het mense sedert die begin van beskawing goedere verhandel. In die 1ste
  eeu v.C. was daar die vervoer van goedere van China na Europa. Die goedere is met
  die Sy-Roete vervoer. Die Sy-Roete afstand was baie lank. Dit was ŉ merkwaardige
  ontwikkeling in die geskiedenis van globalisering. Dit is omdat goedere vir die eerste
  keer ooit oor kontinente verkoop is.

  Uiteindelik, in die 20ste en 21ste eeu, het globalisering uiteindelik vorm aangeneem.
  Bowenal het die ontwikkeling van tegnologie en die internet plaasgevind. Tegnologiese
  innovasie is nog ŉ noemenswaardige bydrae van globalisering. Die belangrikste is dat
  daar ŉ groot klem op tegnologiese ontwikkeling in globalisering is. Verder, lei
  globalisering tot tegnologie-oordrag. Globalisering dra by tot die verbeterde kwaliteit
  van produkte omdat vervaardigers probeer om produkte van hoë gehalte te maak. Dit
  is as gevolg van die druk van intense mededinging. As die produk minderwaardig is,
  kan mense maklik na ŉ ander hoë-gehalte produk oorskakel.
                    [Aangepas uit: https://www.toppr.com/guides/essays/globalization-essay./
                                                       Toegang op 12 Januarie 2022 verkry.]

                                                                                                b.o.

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
                                         GESKIEDENIS                         ADDENDUM
                                                                                               11
                                         (Vraestel 2)                          10792/22

BRON 3B

Die volgende bron fokus op die uitdagings wat in die Suid-Afrikaanse Klere- en
Tekstielbedryf ervaar word.

  Die Suid-Afrikaanse Klere- en tekstielbedryf lê binne die Klere-, Tekstiel-, Skoene-
  en Leersektor (KTSL). Hierdie nywerhede is in twee provinsies gekonsentreer:
  KwaZulu-Natal en die Wes-Kaap. Die klere- en tekstielbedryf is gesamentlik
  verantwoordelik vir die meerderheid van indiensneming (90%) en waardetoevoeging
  (80%) tot die KTSL-sektor. Die sektor het 95 000 werkers in diens en dra 8% by tot
  die vervaardigings-BBP (Bruto Binnelandse Produk) en 9% tot die land se algehele
  BBP. Die klere- en tekstielbedryf bly belangrik in terme van die impak daarvan op
  indiensneming.

  Die uitdagings wat die bedryf in die gesig gestaar het sedert die opening van Suid-
  Afrika se ekonomie in 1990 is hoofsaaklik te wyte aan ŉ invloei van goedkoper
  ingevoerde produkte. Suid-Afrika se invoer van klere, tekstiele en leergoedere het
  van net meer as R5 miljard in 2000 tot byna R60 miljard in 2019 toegeneem, en meer
  as 100 000 werksgeleenthede is tussen 2002 en 2013 verlore. Alhoewel die bedryf
  gestabiliseer het, en positiewe groeivoorspellings vir plaaslike vervaardigingsfirmas
  verwag word, is dit duidelik dat die bedryf verskeie potensiële bedreigings in die gesig
  staar. Dit sluit in: ŉ gebrek aan toegang tot kritieke hulpbronne wat benodig word vir
  tekstielvervaardiging, veral water in die konteks van Suid-Afrika en risiko's wat
  verband hou met hul algehele voorsieningsketting, bv., toegang tot insette soos
  katoen wat hul eie watersekuriteitsrisiko's inhou.

  Die bedryf ervaar tans ŉ opkomende wêreldwye neiging bekend as 'vinnige mode'
  wat die spoed waarteen goedere na die mark gebring kan word begunstig (voordeel
  daaruit trek) en dit word verkies bo goedkoop goedere. Hierdie tendens tesame met
  die opkoms van die eties-gesinde verbruikers het nuwe geleenthede in die klere- en
  tekstielbedryf in Suid-Afrika geskep.
       [Uit https://www.investcapetown.com/wpcontent/uploads/2019/09/Textiles_GreenCape_
            Resilience-Report_Interactive_20190801.pdf. Toegang op 12 Januarie 2022 verkry.]

                                                                                                b.o.

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
                                         GESKIEDENIS                         ADDENDUM
                                                                                          12
                                         (Vraestel 2)                          10792/22

BRON 3C

Die plakkaat hieronder beklemtoon hoe SACTWU (Suider-Afrikaanse Klere- en
tekstielwerkersunie), ŉ geaffilieerde van COSATU, werk om ordentlike werksgeleenthede in
die Suid-Afrikaanse Tekstielbedryf te red en te vergroot.

                                                                                     RED

                    [Uit https://www.industriall-union.org/a-turnaround-for-south-
                     africas-textile-industry.Toegang op 11 Januarie 2022 verkry.]

      ONS KLEREFABRIEKE

                                                                                           b.o.

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
                                           GESKIEDENIS                         ADDENDUM
                                                                                                  13
                                           (Vraestel 2)                          10792/22

BRON 3D

Die volgende bron fokus op die impak van die COVID-19-pandemie op die Suid-Afrikaanse
Klere- en tekstielbedryf

  Suid-Afrika se klerebedryf het nie die impak van die COVID-19-pandemie op swaar belaaide
  verbruikers vrygespring nie, met kleinhandelverkope in die SA Klere- en Tekstielbedryf wat
  in 2020 die ergste afname bereik het wat nog aangeteken is. Maar, sê plaaslike
  vervaardigers, hulle probeer alles in hul vermoë om weer markaandeel van invoer terug te
  kry terwyl hulle steeds onderbrekings ondervind in die voorsieningsketting wat die pandemie
  veroorsaak het. “Kleinhandelverkope in die SA Klere- en Tekstielbedryf het 6,9% in geheel
  gedaal gedurende 2020. Dit is die ergste daling wat nog ooit aangeteken is en die enigste
  jaar van inkrimping, behalwe 2009 toe verkope met 3,2% gedaal het tydens die hoogtepunt
  van die wêreldwye finansiële krisis, volgens Stats SA.”

  Daar is lankal oproepe om klerevervaardiging in Suid-Afrika, wat sukkel om met China en
  ander goedkoop invoerders mee te ding, te laat herleef (versterk). Dit is waar die kleinhandel
  (Klere, Tekstiel, Skoene en Leer (KTSL)-meesterplan inkom. Die implementering daarvan
  het in 2020 afgeskop, en dit beoog om die proporsie plaaslik vervaardigde produkte wat in
  die winkels verkoop word, te verhoog van 44% (in 2018) tot 65% teen 2030. Die plan het ook
  ten doel om werk te skep.

  Thandi Phele, waarnemende adjunk-direkteur-generaal van die Afdeling vir
  Nywerheidsmededinging en Groei van die Departement van Handel, Nywerheid en
  Mededinging (DTIC), sê “al was die bedryf onder druk, het klere-invoer ŉ groter knou gekry
  as plaaslik vervaardigde klere, aangesien kleinhandelaars meer goedere plaaslik koop en
  plaaslike vervaardigers hierby baat. “Die regering het hom ook daartoe verbind om ŉ
  bemagtigende omgewing vir belegging in die Suid-Afrikaanse Klere-, Tekstiel-, Skoeisel- en
  Leerbedryf      te    skep,     deur    strategiese    tariefondersteuning,      toepaslike
  vervaardigingsaansporings en die bekamping van onwettige invoere.”

    [Uit https://www.news24.com/fin24/companies/sas-clothing-industry-trying-to-stitch-itself-together-
                        following-worst-decline-to-date-20210630. Toegang op 6 Januarie 2022 verkry.]

                                               EINDE

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
                                         GESKIEDENIS                       ADDENDUM
                                                                                          14
                                         (Vraestel 2)                        10792/22

ERKENNINGS

Visuele bronne en ander historiese bewyse is uit die volgende geneem:

https://southafrica.co.za/desmond-tutu-contribution-to-dismantling-apartheid.html.

http://psimg.jstor.org/fsi/img/pdf/t0/10.5555/al.sff.document.ufbmp1001_final.pdf

https://southafrica.co.za/desmond-tutu-contribution-to-dismantling-apartheid.html

www.wwl.wits.ac.za:

https://southafrica.co.za/desmond-tutu-contribution-to-dismantling-apartheid.html.

https://www.timeslive.co.za/sunday-times/lifestyle/2013-03-17-grieving-mom-still-waits-for-

answers-30-years-later/

https://www.sahistory.org.za/people/nokuthula -orela-simelane

https://www.news24.com/News24/four-former-apartheid-era-policemen-granted-bail-20160226

https://www.toppr.com/guides/essays/globalization-essay/

https://www.investcapetown.com/wpcontent/uploads/2019/09/Textiles_GreenCape_Resilience-

Report_Interactive_20190801.pdf

https://www.industriall-union.org/a-turnaround-for-south-africas-textile-industry

https://www.news24.com/fin24/companies/sas-clothing-industry-trying-to-stitch-itself-together-

following-worst-decline-to-date-20210630

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
                                               GESKIEDENIS                                     7
                                               (Vraestel 2)                     10792/22

VRAAG 3: HOE HET GLOBALISERING DIE KLEDING- EN TEKSTIELINDUSTRIE IN
         SUID-AFRIKA BEÏNVLOED?

Bestudeer Bronne 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg.

3.1   Verwys na Bron 3A.

      3.1.1   Definieer die konsep globalisering in jou eie woorde.                  (1 x 2)       (2)

      3.1.2   Noem TWEE bestemmings, genoem in die bron, waar goedere
              in die 1ste eeu vervoer is.                                            (2 x 1)       (2)

      3.1.3   Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik hoe
              globalisering voordelig was vir die vervaardigingsbedryf.              (1 x 2)       (2)

      3.1.4   Noem DRIE merkwaardige ontwikkelings waartoe globalisering in die 20ste
              en 21ste eeue aanleiding gegee het.                              (3 x 1)             (3)

3.2   Bestudeer Bron 3B.

      3.2.1   Haal bewyse uit die bron aan wat daarop dui dat die Suid-Afrikaanse Klere-
              en Tekstielbedryf ŉ groot aantal werkers in diens geneem het.      (1 x 2)           (2)

      3.2.2   Identifiseer TWEE provinsies waar die Suid-Afrikaanse Klere- en
              Tekstielnywerhede geleë is.                                            (1 x 2)       (2)

      3.2.3   Verduidelik hoe die Suid-Afrikaanse Klere- en Tekstielbedryf
              werksgeleenthede in Suid-Afrika beïnvloed.                             (1 x 2)       (2)

      3.2.4   Lewer kommentaar oor die rede(s) dat die Suid-Afrikaanse Klere- en
              Tekstielbedryf uitdagings tussen die jare 2000 en 2013 beleef het.
                                                                                     (2 x 2)       (4)

                                                                                                   b.o.

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com
                                               GESKIEDENIS                                     8
                                               (Vraestel 2)                     10792/22

3.3   Lees Bron 3C.

      3.3.1   Verduidelik die boodskap wat in die spotprent oorgedra word oor die
              werkers in die Suid-Afrikaanse Klere- en Tekstielbedryf.            (1 x 2)          (2)

      3.3.2   Lewer kommentaar oor wat die spotprenttekenaar bedoel het met die
              woorde “Gemaak in Suid-Afrika” met betrekking tot vervaardigde goedere
              in die klere- en tekstielsektor.                                  (1 x 2)            (2)

      3.3.3   Verduidelik die beperkings van hierdie bron vir ŉ historikus wat die
              uitdagings bestudeer wat die tekstielbedryf in Suid-Afrika in die gesig staar.
                                                                                     (2 x 2)       (4)

3.4   Raadpleeg Bron 3D.

      3.4.1   Verduidelik hoe die COVID-19-pandemie die Suid-Afrikaanse Klere- en
              Tekstielbedryf beïnvloed het.                                    (2 x 2)             (4)

      3.4.2   Definieer die konsep pandemie in die konteks van globalisering.        (1 x 2)       (2)

      3.4.3   Gee TWEE redes wat in die bron genoem word waarom die Suid-
              Afrikaanse regering die klere- en tekstielbedryf wil laat herleef.     (2 x 1)       (2)

      3.4.4   Wie, volgens die bron, is die waarnemende Adjunk-Direkteur-Generaal van
              die DTIC?                                                        (1 x 1)             (1)

      3.4.5   Lewer kommentaar op die inisiatief wat deur die Suid-Afrikaanse regering
              geneem is om werksgeleenthede in die klere- en tekstielbedryf te red.
                                                                                  (1 x 2)          (2)

3.5   Bestudeer Bronne 3C en 3D. Verduidelik hoe die inligting in Bron 3C die bewyse in
      Bron 3D met betrekking tot werkskepping in die klere- en tekstielbedryf ondersteun.
                                                                                  (2 x 2)          (4)

3.6   Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ŉ paragraaf
      van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy verduidelik hoe
      globalisering die klere- en tekstielbedryf in Suid-Afrika beïnvloed het.                  (8)
                                                                                               [50]

                                                                                                   b.o.

### Page 25

Downloaded from hlayiso.com
                                              GESKIEDENIS
                                                                                          9
                                              (Vraestel 2)                    10792/22

AFDELING B: OPSTELVRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae in hierdie afdeling nie.

Jou opstel moet ongeveer DRIE bladsye lank wees.

VRAAG 4: BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA –
         DIE KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980’s

Steve Biko het die filosofie van Swartbewussyn gebruik om swart Suid-Afrikaners te
bemagtig om die apartheidsregering in die 1960's en die 1970's uit te daag.

Stem jy saam?

Gebruik relevante bewyse om jou argument te ondersteun.                                   [50]

VRAAG 5: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE AANVAARDING
         VAN DIE VERLEDE

Dit was deur leierskap en kompromieë deur verskeie politieke organisasies dat
demokrasie in 1994 in Suid-Afrika gebore is.

Bespreek hierdie stelling krities in die konteks van die proses van onderhandelinge wat
in die tydperk 1990 – 1994 in Suid-Afrika plaasgevind het.

Ondersteun jou argument met relevante bewyse.                                             [50]

VRAAG 6: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN ’N NUWE WÊRELDORDE:
         DIE GEBEURE VAN 1989

Verduidelik tot watter mate die val van die Berlynse Muur in 1989 die weg gebaan het
vir die Nasionale Party en die African National Congress om samesprekings te begin
wat uiteindelik tot die einde van Apartheid gelei het.

Motiveer jou argument met relevante bewyse.                                               [50]

                                                                              TOTAAL:     150

                                            EINDE

### Page 26

Downloaded from hlayiso.com

### Page 27

Downloaded from hlayiso.com

### Page 28

Downloaded from hlayiso.com

## Related documents

- [Gr12 History P2 (Afrikaans) 2021 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-history-p2-afrikaans-2021-preparatory-question-paper/24930935-0ad6-40fc-af9d-2565f340cb01) — History · QP · 2021 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM JUNE 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-june-2022-afrikaans/f20bbeea-9bf0-4364-87d6-36ff16bead78) — History · Addendum · 2022 · Afr
- [Grade 12 NSC History P2 (Afrikaans) X10 2019 Preparatory Examination Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p2-afrikaans-x10-2019-preparatory-examination-addendum/4c8825cb-7328-4a35-b4a2-21579182a6ed) — History · Addendum · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC History P2 (Afrikaans) Preparatory 2017 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p2-afrikaans-preparatory-2017-possible-answers/b56c37a4-9f9d-40b7-85e7-9f238ccd5f5c) — History · Memo · 2017 · Afr
- [Grade 12 NSC History P2 Preparatory 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p2-preparatory-2017-question-paper/badeb23c-1096-472f-a56c-66498abe1e7b) — History · QP · 2017
- [Grade 12 NSC History P1 (Afrikaans) X10 2019 Preparatory Examination Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p1-afrikaans-x10-2019-preparatory-examination-addendum/4f3ebe5f-1e25-4b5d-9926-1cdd895d3995) — History · Addendum · 2019 · Afr

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-adden-gr12-sep-2024-afrikaans/4faf89db-d19f-40cf-891f-e87e004b0bc5) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept-2024-afrikaans/b61f3bc2-3524-48c9-af60-f3348133d582) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 MEMO GR12 SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-sept2024-afrikaans/49472cc4-f28c-41d3-b6c4-2623ae0611e3) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
