# Hospitality Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2013 QP (Afr)

> Grade 12 Hospitality Studies question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2013 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr12-hosp-s13-qp-afr/1531eca2-2094-4969-b129-106ab862960e
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Hospitality Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2013
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Hospitality Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/hospitality-studies) › [Hospitality Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2013 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr12-hosp-s13-qp-afr/1531eca2-2094-4969-b129-106ab862960e)

## About this document

Hospitality Studies · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2013. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                    Province of the
                    EASTERN CAPE
                    EDUCATION

                            NASIONALE
                        SENIOR SERTIFIKAAT

                              GRAAD 12

                         SEPTEMBER 2013

                     GASVRYHEIDSTUDIES

PUNTE:   200

TYD:     3 uur

         Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye, insluitend ŉ antwoordblad.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
 2                                  GASVRYHEIDSTUDIES                  (SEPTEMBER 2013)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Hierdie vraestel bestaan uit VIER AFDELINGS.

AFDELING A:       Kortvrae                                           (40)
AFDELING B:       Gasvryheidskonsepte en Gesondheid en Veiligheid    (40)
AFDELING C:       Voedselproduksie                                   (80)
AFDELING D:       Voedsel- en Drankbediening                         (40)

1.     Beantwoord AL die vrae.

2.     Lees ALLE vrae noukeurig.

3.     Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel van hierdie
       vraestel.

4.     Skryf netjies en leesbaar.

5.     Beantwoord AFDELING A op die gegewe ANTWOORDBLAD.

6.     Beantwoord AFDELING B, C en D in die ANTWOORDEBOEK.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
 (SEPTEMBER 2013)                   GASVRYHEIDSTUDIES                                   3

AFDELING A

VRAAG 1

1.1     MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

        Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
        Kies die antwoord en maak ŉ kruisie (X) in die blokkie (A – D) langs die
        vraagnommer (1.1.1 – 1.1.15) op die aangehegte ANTWOORDBLAD.

         VOORBEELD:

        1.1.16      Wyn-druif variëteite wat die boustene vorm van die wynmeester se
                    ambag:

                    A      Kultivar
                    B      Oesjaar
                    C      Versterkte
                    D      Oorsprong

         ANTWOORD:

         1.1.16       A     B       C        D

        1.1.1       ŉ Kraag van digte, ferm skuim wat effens bo die rand van die glas
                    uitsteek wanneer bier geskink word, staan as … bekend.

                    A      skuim
                    B      kroon
                    C      hoed
                    D      vloei                                                        (1)

        1.1.2       Wanneer bordbediening toegepas word, moet die vleisgereg altyd
                    by die ... posisie geplaas word.

                    A      6 uur
                    B      12 uur
                    C      3 uur
                    D      9 uur                                                        (1)

        1.1.3       ŉ Soort apparaat wat verhit word deur kerse of vlambare jel en
                    gebruik word vir die bediening van warm voedsel op ŉ buffettafel
                    staan as ... bekend.

                    A      konfoor
                    B      bain-marie
                    C      warmskinkbord
                    D      gueridontrollie                                              (1)

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                              GASVRYHEIDSTUDIES                       (SEPTEMBER 2013)

    1.1.4   Maagdrukking is ŉ noodhulpbehandeling wat toegepas word
            wanneer die persoon ...

            A     hoes.
            B     asemhaal.
            C     skok.
            D     verstik.                                                            (1)

    1.1.5   ŉ Ensiem wat gevind word in rou pynappel wat veroorsaak dat
            gelatienmengsels nie stol nie:

            A     Ficin
            B     Bromelien
            C     Papaïen
            D     Kaseïen                                                             (1)

    1.1.6   Mense wat mees waarskynlik die entrepreneur se produkte sal koop,
            staan as ... bekend.

            A     kliënte
            B     bemarkingsresep
            C     gaste
            D     teikenmark                                                          (1)

    1.1.7   Die tipe media wat e-posse, webtuistes en selfone insluit om
            produkte te bemark, staan as ... bekend.

            A     oudio
            B     visueel
            C     elektronies
            D     oudiovisueel                                                        (1)

    1.1.8   Enige iets wat te doen het met hoe elke individu sy/haar persoonlike
            voorkoms vestig:

            A     Versorging
            B     Welsyn
            C     Gevoel
            D     Welstand                                                            (1)

    1.1.9   Vleis wat baie sag en lig van kleur is en verkry word van kalwers,
            staan as ... bekend.

            A     pluimvee
            B     beesvleis
            C     kalfsvleis
            D     wildsvleis                                                          (1)

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013)                     GASVRYHEIDSTUDIES                                     5

       1.1.10      Wanneer ŉ persoon aan diabetes ly, beteken dit die persoon se
                   liggaam produseer nie genoeg ... nie.

                   A     cholesterol
                   B     kalorieë
                   C     immuniteit
                   D     insulien                                                          (1)

       1.1.11      Die virus verwoes die bloedselle wat verantwoordelik is vir die
                   normale funksionering van die immuunstelsel staan bekend as ...

                   A     Rota-virus
                   B     Staphylococcus virus
                   C     Menslike immuniteitsgebrekvirus
                   D     Salmonella virus                                                  (1)

       1.1.12      Die verskil tussen die werklike koste om ŉ produk te produseer en die
                   bedrag waarvoor dit verkoop is, staan as ... bekend.

                   A     bruto-wins
                   B     werklike koste
                   C     direkte koste
                   D     netto-wins                                                        (1)

       1.1.13      Groente met ŉ dubbelsoom-peul waarin enkele rye saad gehou word,
                   word ... genoem.

                   A     neute
                   B     peulgewasse
                   C     kalbasse
                   D     ranke                                                             (1)

       1.1.14      Die mees gewildste geurmiddel vir nageregte wat geproduseer word
                   van die kakaoboon is:

                   A     Room
                   B     Koffie
                   C     Mousse
                   D     Sjokolade                                                         (1)

       1.1.15      Die proses waardeur alkohol verhit en die reuke wat ontstaan vanaf
                   die residu geskei word om ŉ vloeistof met ŉ sterker alkoholinhoud te
                   vorm, staan bekend as ...

                   A      distillering.
                   B      afgieting.
                   C      vermindering.
                   D      konsentrasie.                                                    (1)

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
 6                               GASVRYHEIDSTUDIES                        (SEPTEMBER 2013)

1.2   PASITEMS

      Pas die term in KOLOM A by die beskrywing in KOLOM B. Skryf slegs die letter
      (A – F) langs die vraagnommer (1.2.1 – 1.2.10) op jou ANTWOORDBLAD.

      VOORBEELD:

      1.2.11    L

      KOLOM A              KOLOM B
      1.2.1  Kelnersvriend A Klein houers vir sout en peper of asyne en olies
      1.2.2  Gueridon-     B Die proses van krummels afvee deur gebruik te
             bediening        maak van ŉ gevoude servet
      1.2.3  Voorsnyeenh C Die voorbereiding wat gedoen word deur
             eid              restaurantpersoneel voor en na ŉ funksie
      1.2.4  Stelletjies   D Oordra van voedsel van die opdienskottel na die
                              gas se bord op die sytafel of trollie – voor die gaste
      1.2.5  Bedienings-   E Die jaar waarin die wyn, veral wyn van hoë
             toerusting       gehalte, geproduseer is
      1.2.6  Opruiming     F ŉ Gereedskapstuk wat ŉ kurktrekker, lem en
                              botteloopmaker insluit, word die algemeenste
                              gebruik
      1.2.7  Mise-en-      G Toerusting wat gebruik word om wyn te verkoel
             place
      1.2.8  Versterkte    H Opdienlepel en -vurk, maar kan ook bestaan uit
             wyn              messe, veral vismesse
      1.2.9  Warmskink-    I Gebruik om borde, opdienborde en kos warm te
             bord             hou
      1.2.10 Oesjaar       J Voorsny van vleisstukke, hoender of wildsvleis
                           K Wyn waarby ekstra alkohol by gevoeg is                      (10)

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
 (SEPTEMBER 2013)                   GASVRYHEIDSTUDIES                                      7

1.3      EENWOORD-ITEMS
        Gee EEN woord of term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die
        woord of term langs die vraagnommer (1.3.1 – 1.3.10) op die aangehegte
        ANTWOORDBLAD neer:
        1.3.1       Alle voedsel wat volgens Islamitiese wette voorberei is                (1)
        1.3.2       ŉ Klein deeltjie van ŉ deurlopende inventariskaart wat gebruik word
                    om aan te teken hoeveel items in die stoorkamer ontvang en weer
                    uitgereik is                                                           (1)
        1.3.3       Formele of informele funksie wat vir ŉ groot hoeveelheid mense
                    georganiseer is                                                        (1)
        1.3.4       Die soorte wyn wat met kaviaar en oesters bedien kan word              (1)
        1.3.5       Metode om produkte te bemark deur gebruik te maak van brosjures,
                    koepons, gratis monsters en strooibiljette                             (1)
        1.3.6       ŉ Persoon wat hom/haar eie besigheid begin en wat bereid is om
                    berekende risiko’s te neem                                             (1)
        1.3.7       Om voedsel te versier deur iets by te voeg wat die voorkoms en die
                    smaak sal verbeter                                                     (1)
        1.3.8       ŉ Tou of band wat baie styf om ŉ ledemaat geknoop word om
                    bloeding te stop                                                       (1)
        1.3.9       Die proses om die binnekant van voorbereide stukke vleis met
                    fynvleis te stop                                                       (1)
        1.3.10      Die kleurlose, reuklose middel wat uit diere se bene en kraakbene
                    verwyder word                                                          (1)
1.4     ONTBREKENDE WOORDE OF TERME
        Kies die geskikste woord(e) of term(e) van die lys in die boks om die gapings in
        die volgende stellings te voltooi. Skryf slegs die woord(e) of term(e) langs die
        vraagnommer (1.4.1 – 1.4.5) op jou ANTWOORDBLAD neer.
         Gepak, Water, Bedieningsvadoek, “Coaster”, Dekplekke, Kurk, Uitgereik
        1.4.1       ... verwys na die aantal mense wat bedien word.                        (1)
        1.4.2       Voorraad word van die sentrale stoorkamer ... wanneer ŉ rekwisisie
                    ontvang word.                                                          (1)
        1.4.3       ... word benodig deur die liggaam om die opgeloste voedingstowwe
                    deur die liggaam te vervoer en om gewrigte te smeer.                   (1)
        1.4.4       ... word deur kelners gebruik om die hande en polse teen
                    brandwonde te beskerm wanneer hulle warme borde dra.                   (1)
        1.4.5       Wanneer vonkelwyn oopgemaak word, mag die ... nie uit die bottel
                    skiet nie; dit moet met ŉ sagte sug uitkom.                            (1)
                                                                  TOTAAL AFDELING A:           40

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
 8                                 GASVRYHEIDSTUDIES                         (SEPTEMBER 2013)

AFDELING B: GASVRYHEIDSKONSEPTE, GESONDHEID EN VEILIGHEID

VRAAG 2

2.1   Bestudeer die plakkaat hieronder en beantwoord die vrae wat volg:

                          WELKOM BY LAGOON BEACH HOTEL
                            “A memorable experience ever”

                          (“Hoe langer jy bly, hoe minder betaal jy.”)

              Bly 2 nagte &              Bly 4 nagte &               Bly 3 nagte &
               Spaar 15%                  Spaar 25%                   Spaar 20%

      2.1.1      Evalueer die bostaande plakkaat na gelang van die riglyne wat
                 gevolg moet word wanneer ŉ plakkaat ontwerp word.                          (5)

      2.1.2      Stel VIER geleenthede vir selfwerksaamheid voor wat die Lagoon
                 Beach Hotel kan.                                                           (4)

      2.1.3      Verduidelik hoe die bogenoemde onderneming tot die plaaslike
                 ekonomie kan bydra.                                                        (2)

2.2   Om ŉ suksesvolle besigheid te verseker moet die entrepreneur ŉ voldoende
      sakeplan saamstel. Van die inligting wat in ŉ sakeplan moet wees is die
      finansiële plan.

      Stel VYF punte voor wat oorweeg moet word wanneer ŉ finansiële plan
      opgestel word.                                                                        (5)

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
 (SEPTEMBER 2013)                    GASVRYHEIDSTUDIES                                     9

2.3     Spanwerk vir die Lagoon Beach hotel is baie belangrik om funksionerend te
        wees.

        Beveel SES maniere aan hoe om spanwerk in die bogenoemde onderneming
        te bereik.                                                                         (6)

2.4     Lees die onderstaande artikel en beantwoord die vrae wat volg.

        ŉ Groep toeriste het siek geword nadat hulle middagete in ŉ plaaslike
        restaurant gehad het. Die siekte is met die inname van water geassosieer. Agt
        werknemers van die restaurant was ook siek. Ondersoek het getoon dat ŉ
        septiese waterput aan die gebou die watertenk wat water aan die restaurant
        verskaf, besmet. Monsters was geneem van twee toeriste en een restaurant
        werknemer se uitwerpsels en water vir verdere ondersoekdoeleindes.

        2.4.1       Identifiseer die siekte wat kon veroorsaak het dat die toeriste siek
                    word . Gee ŉ rede vir jou antwoord.                                    (2)

        2.4.2       Lys VIER simptome wat die toeriste kon ervaar het.                     (4)

        2.4.3       Bespreek kortliks die voorsorgmaatreëls wat deur die restaurant se
                    werkgewers gevolg kon word om die bogenoemde situasie te vermy.        (4)

2.5     ŉ Sjef het homself met warm olie gebrand terwyl hy gebraaide vis voorberei
        het.

        Verduidelik die prosedure wat gevolg moet word om die sjef se wond te
        behandel.                                                                          (4)

2.6     Allergiese reaksies sal waarskynlik in die voedsel- en drankonderneming
        plaasvind.

        Gee VYF simptome van allergiese reaksies.                                          (4)

                                                                   TOTAAL AFDELING B:          40

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
 10                              GASVRYHEIDSTUDIES                        (SEPTEMBER 2013)

AFDELING C: VOEDSELPRODUKSIE

VRAAG 3

3.1   Jy is ŉ nuwe Inligtingstegnologiebestuurder by Walter Sisulu kollege. Jy begeer
      om ŉ rekenaarstelsel te koop en te installeer vir die Gasvryheiddepartement.

      3.1.1     Oorreed die rektor oor hoe rekenaars in die kombuis voordelig kan
                wees vir spyskaartbeplanning.                                            (5)

      3.1.2     Stel VIER veilige aankooppraktyke voor vir die koop van
                kombuisapparaat oor die internet.                                        (4)

3.2   Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg:

      Betty beplan om sjokolademousse as nagereg by haar onderneming te bedien.
      Sy is nie seker vir hoeveel sy die nagereg sal moet verkoop nie. Sy sal graag ŉ
      35%-wins op haar verkope wil maak. Help vir Betty om die berekeninge te
      doen deur van die volgende inligting gebruik te maak.

      Bestanddele:
      120 g donker sjokolade   @ R24,50 per 250 g
      20 g koffie              @ R12,99 per 100 g
      4 groot eiers            @ R14,45 per dosyn
      125 mℓ room              @ R11,99 per 250 mℓ
      5 g gelatien             @ R9,00 per 50 g
      60 g strooisuiker        @ R18,00 per 1,5 kg

      3.2.1    Bereken die totale koste van die bestanddele. Toon alle berekeninge.      (14)

      3.2.2    Bereken die wins wat Betty op die bogenoemde nagereg sal maak.            (2)

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
 (SEPTEMBER 2013)                   GASVRYHEIDSTUDIES                                     11

3.3     Bestudeer die onderstaande spyskaart en beantwoord die vrae wat volg.

                                          SPYSKAART

                                              Salmtert
                                                ****
                                      Wortelgroente Frittatas
                                                ****
                                          Spinasie Quiche
                                                ****
                                   Dadels toegedraai met Spek
                                                ****
                                     Geurige Hoendervlerkies
                                                ****
                                            Beeskebabs
                                                ****
                                           Kaasballetjies
                                                ****
                                        Komkommerkoppies
                                                ****
                                  Profiteroles met Sjokoladesous

                                                                         28 August 2013

        3.3.1       Stel die soorte funksie voor waartydens die bogenoemde spyskaart
                    bedien kan word.                                                       (1)

        3.3.2       Gee VIER voordele van die bogenoemde funksie.                          (4)

        3.3.3       Evalueer die bogenoemde spyskaart na gelang van of die
                    hoeveelheid happies geskik is vir die funksie waar daar geen
                    aandete bedien sal word nie.                                           (2)

        3.3.4       Identifiseer EEN dis wat nie geskik vir Moslems is nie en verskaf
                    EEN rede vir jou antwoord.                                             (2)

3.4     Beveel DRIE dieetriglyne aan vir ŉ persoon wat aan hipertensie/hoë bloeddruk
        ly.                                                                                (3)

3.5     Gee ŉ volledige beskrywing vir elk van die volgende vegetariërs:

        3.5.1       Lakto-vegetariërs                                                      (1)

        3.5.2       Veganiste                                                              (1)

        3.5.3       Pesco-vegetariërs                                                       (1)
                                                                                           [40]

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
 12                              GASVRYHEIDSTUDIES                           (SEPTEMBER 2013)

VRAAG 4

4.1   Bestudeer die prent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

      4.1.1    Identifiseer die pasteideeg wat in die bogenoemde dis gebruik word.          (1)

      4.1.2    Stel enige TWEE ander disse voor wat gemaak kan word deur die
               bogenoemde deeg in VRAAG 4.1.1 te gebruik.                                   (2)

      4.1.3    Gee DRIE eienskappe van die gebakte deeg in VRAAG 4.1.1.                     (3)

4.2   Bestudeer die onderstaande illustrasie en beantwoord die volgende vrae:

      4.2.1    Identifiseer die vleissnitte genommer 1, 2, 6 en 8.                          (4)

      4.2.2    Beveel die mees geskikte kookmetode vir die snitte genoem in
               VRAAG 4.2.1 aan.                                                             (4)

      4.2.3    Stel DRIE faktore voor wat die kooktyd van vleis beïnvloed.                  (3)

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
 (SEPTEMBER 2013)                   GASVRYHEIDSTUDIES                                      13

4.3     ŉ Gas is gereed om nagereg te bestel na die hoofgereg. Sy is nie seker of sy
        Charlotte Russe of Charlotte Royale moet kies nie.

        4.3.1       Onderskei tussen Charlotte Russe en Charlotte Royale.                       (2)

        4.3.2       Bespreek DRIE stappe wat belangrik is in die voorbereiding van ŉ
                    gelatien dis.                                                               (6)

        4.3.3       Verduidelik die uitwerking van die volgende bestanddele op gelatien-
                    disse:

                    (a)   Rou pynappel                                                          (3)

                    (b)   Te veel suiker                                                        (2)

                    (c)   Melk                                                                  (2)

4.4     Sommige gaste verkies om vleis met getekstureerde plantproteïene (TVP) te
        vervang.

        4.4.1       Bespreek VYF voordele in die gebruik van getekstureerde
                    plantproteïene.                                                         (5)

        4.4.2       Gee DRIE punte oor hoe om boontjies korrek te bewaar.                    (3)
                                                                                            [40]

                                                                 TOTAAL AFDELING C:             80

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
 14                              GASVRYHEIDSTUDIES                         (SEPTEMBER 2013)

AFDELING D: VOEDSEL- EN DRANKBEDIENNING

VRAAG 5

5.1   Lees die onderstaande gevallestudie en beantwoord die vrae wat volg.

      Priscilla is aangestel as die voorraadbeheerder by Lagoon Restaurant. Sy is
      baie entoesiasties oor haar nuwe werk en sy is baie vasberade om die werk tot
      die beste van haar vermoë te doen. Omdat jy iemand is wat meer ervare is in
      die voorraadbeheerprosesse, word jy gevra om vir Priscilla te help met inligting
      aangaande voorraadbeheer.

      5.1.1    Adviseer Priscilla ten opsigte van watter items sy moet nagaan
               wanneer sy bestellings vir alkoholiese drankies ontvang.                   (5)

      5.1.2    Stel DRIE punte voor oor hoe linne in die bogenoemde restaurant in
               stand gehou moet word.                                                     (3)

5.2   Stel die geskikste wyn voor wat met die volgende disse in die Blue Lagoon
      restaurant bedien kan word:

      5.2.1    Arbeieroomys                                                               (1)

      5.2.2    Kaasbord                                                                   (1)

      5.2.3    Beeskaserol                                                                (1)

      5.2.4    Koffie                                                                     (1)

5.3   Bespreek die basiese beginsels van wyn en bier met betrekking tot die
      volgende:

      5.3.1    Skink van wyn                                                              (3)

      5.3.2    Redes hoekom bier in ŉ droë plek bewaar moet word                          (3)

      5.3.3    Bedieningstemperatuur van elk (Wyn en Bier)                                (2)

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
 (SEPTEMBER 2013)                    GASVRYHEIDSTUDIES                                  15

5.4     Bestudeer die prent van tafeldekking by die Lagoon restaurant en beantwoord
        die vrae wat volg.

        5.4.1       Identifiseer die soorte funksie vir die bostaande tafeldekking.      (1)

        5.4.2       Verduidelik in SES punte hoe die opening mis-en-place vir die
                    bogenoemde restaurant uitgevoer kan word.                            (6)

        5.4.3       Bespreek die prosedure wat gevolg moet word vir die gee van die
                    rekening in die bogenoemde restaurant.                               (4)

5.5     Professionele voorkoms van ŉ onderneming dra by tot ŉ mate van orde,
        dissipline en netheid van die onderneming.

        Beveel die personeel van die Lagoon restaurant aan hoe om ŉ professionele
        gedragskode te onderhou.                                                         (5)

5.6     Stel voor hoe ŉ atmosfeer van ŉ informele etniese tema bereik kan word in die
        bogenoemde tafeldekking.                                                         (4)

                                                                   TOTAAL AFDELING D:     40
                                                                       GROOTTOTAAL:      200

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                            GASVRYHEIDSTUDIES                 (SEPTEMBER 2013)

NAAM EN VAN:                                                  GRAAD 12:
AFDELING A:
VRAAG 1

 1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE                 1.2 PASITEMS
        1.1.1   A   B     C       D                1.2.1
        1.1.2   A   B     C       D                1.2.2
        1.1.3   A   B     C       D                1.2.3
        1.1.4   A   B     C       D                1.2.4
        1.1.5   A   B     C       D                1.2.5
        1.1.6   A   B     C       D                1.2.6
        1.1.7   A   B     C       D                1.2.7
        1.1.8   A   B     C       D                1.2.8
        1.1.9   A   B     C       D                1.2.9
       1.1.10   A   B     C       D               1.2.10
       1.1.11   A   B     C       D                          (10 x 1) (10)
       1.1.12   A   B     C       D
       1.1.13   A   B     C       D
       1.1.14   A   B     C       D
       1.1.15   A   B     C       D
                        (15 x 1) (15)

 1.3   EENWOORD-ITEMS                       1.4   ONTBREKENDE WOORDE OF
                                                  ITEMS
        1.3.1                                      1.4.1

        1.3.2                                      1.4.2

        1.3.3                                      1.4.3

        1.3.4                                      1.4.4

        1.3.5                                      1.4.5
                                                                 (5 x 1) (5)
        1.3.6

        1.3.7

        1.3.8

        1.3.9

       1.3.10
                        (10 x 1) (10)                 TOTAAL AFDELING A:           40

## Related documents

- [Gr12 HOSP S13 QP Eng](https://www.hlayiso.com/library/gr12-hosp-s13-qp-eng/15d162f0-1f01-40ca-9742-81f7f838ac55) — Hospitality Studies · QP · 2013 · Eng
- [Gr12 HOSP S13 MEMO Afr](https://www.hlayiso.com/library/gr12-hosp-s13-memo-afr/54a8fa9e-cc9a-4464-ad1e-a95000ff6678) — Hospitality Studies · Memo · 2013 · Afr
- [Gr12 HOSP S13 MEMO Eng](https://www.hlayiso.com/library/gr12-hosp-s13-memo-eng/e175c2b7-e78d-4845-ac17-b719412d8a90) — Hospitality Studies · Memo · 2013 · Eng
- [Hospitality Studies Nov 2013 Afr](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-nov-2013-afr/47c04dd0-65a4-4f9c-b4ca-67f48ae906a3) — Hospitality Studies · QP · 2013 · Afr
- [Hospitality Studies Nov 2013 Eng](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-nov-2013-eng/ba90bfa4-7eb3-4744-a93b-a0b479d739b9) — Hospitality Studies · QP · 2013 · Eng
- [HOSPITALITY STUDIES QP GR12 SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-qp-gr12-sept-2023-afrikaans/40a873b7-ff40-4d55-a7d5-a20614d3b7e7) — Hospitality Studies · QP · 2023 · Afr

## More from Grade 12 Hospitality Studies

- [Gr 12 Hos Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-hos-stu-atp-2023-24/4e9030f8-f7e2-4194-b34d-54503b168619) — ATP
- [Hospitality Studies May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-may-june-2025-mg-eng/72fe2bf4-4ef3-4bad-9f29-c68b4c0d7621) — Memo · 2025 · Eng
- [Hospitality Studies May-June 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-hospitality-studies-2024-nsc-june-exam-question-paper-english/806498cf-9645-4a93-ada9-382ac410d556) — QP · 2024 · Eng
- [HOSPITALITY STUDIES MEMO GR12 SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-memo-gr12-sept-2023-afrikaans/008afb78-d904-4dbd-a786-2f5ad72d4663) — Memo · 2023 · Afr
- [HOSPITALITY STUDIES MEMO GR12 SEPT 2023 English](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-memo-gr12-sept-2023-english/c611b2bc-b972-4938-b8d8-d8b3f543ba1a) — Memo · 2023 · Eng
- [HOSPITALITY STUDIES QP GR12 SEPT 2023 English](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-qp-gr12-sept-2023-english/cf2432c3-f006-477b-9a08-87efec8d6320) — QP · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
