# Information Technology Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2017 QP

> Grade 12 Information Technology Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2017 (Afrikaans), 11 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr12-inft-p1-sept2017-qp-afr/8cc80409-e9a3-4aaf-b9cd-1840fec0704c
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Information Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 11

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Information Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/information-technology) › [Information Technology Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2017 QP](https://www.hlayiso.com/library/gr12-inft-p1-sept2017-qp-afr/8cc80409-e9a3-4aaf-b9cd-1840fec0704c)

## About this document

Information Technology · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2017. Question paper, 11 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                         NASIONALE
                     SENIOR SERTIFIKAAT

                            GRAAD 12

                      SEPTEMBER 2017

                 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

                    Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.

                               *INFTA*

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                               INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                  (EC/SEPTEMBER 2017)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Hierdie vraestel bestaan uit DRIE vrae. Kandidate moet AL drie vrae beantwoord.

2.    Hierdie vraestel duur drie uur. As gevolg van die aard van hierdie eksamen is dit
      belangrik om kennis te neem dat jy nie toegelaat sal word om die eksamenlokaal voor
      die einde van die eksamensessie te verlaat nie.

3.    Beantwoord in elke vraag slegs wat gevra is. Byvoorbeeld, indien die vraag nie
      datavalidering vereis nie, sal geen punte vir datavalidering toegeken word nie.

4.    Jou programme moet so gekodeer word dat dit met enige data sal werk en nie net
      met die voorbeelddata wat voorsien is of enige data-uittreksels wat in die vraestel
      verskyn nie.

5.    Roetines soos soek, sorteer en seleksie moet vanuit eerste beginsels ontwikkel word.
      Jy mag NIE die ingeboude funksies van ŉ programmeringstaal vir enige van hierdie
      roetines gebruik NIE.

6.    Stoor jou werk gereeld.

7.    Die lêers wat jy benodig om hierdie vraestel te voltooi, is aan jou gegee. Die lêers
      word in die vorm van ŉ uitvoerbare lêer wat met ŉ wagwoord beskerm is, verskaf.

      Doen die volgende:

             Dubbelkliek op die uitvoerbare lêer wat met ŉ wagwoord beskerm is.
             Klik op die ‘extract’-knoppie.
             Sleutel die volgende wagwoord in: Med2017#

      Lys van lêers wat in die lêergids, DataRekord2017, nadat dit onttrek is:

      Vraag 1:

      Vraag1P.dpr
      Vraag1P.res
      Vraag1U.dfm
      Vraag1U.pas
      Medies.jpg

      Vraag 2:

      clsRekords.pas
      Vraag2P.dpr
      Vraag2P.res
      Vraag2U.dfm
      Vraag2U.pas

      Vraag 3:

      Vraag3P.dpr
      Vraag3P.res
      Vraag3U.dfm
      Vraag3U.pas
      Pasiente.txt

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)                 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                                  3

 SCENARIO

 Mediese sorg is ŉ belangrike deel van ons lewens. In hierdie vraestel word daar gefokus op
 programme wat die dokters en pasiënte kan help. In hierdie vraestel word daar gefokus op
 programme wat die dokters en pasiënte kan help.

 VRAAG 1: ALGEMENE PROGRAMMERINGSVAARDIGHEDE

 ŉ Voorbeeld van die GGK (GUI) word hieronder gegee:

 Voltooi die kode vir elke afdeling van VRAAG 1 soos dit beskryf word in VRAAG 1.1
 tot VRAAG 1.4.

 1.1     Wanneer die program uitgevoer word, moet die prentjie, Medies.jpg, as ŉ
         dinamiese komponent bygevoeg word.

         Eienskappe:
         Left = 500
         Top = 15
         Height = 90
         Width = 120
         Stretch = True                                                                      (7)

 1.2     Algemene Inligting Knoppie:

         Die pasiënt moet hul titel, naam en van, asook hul identiteitsnommer in tik. Die
         identiteitsnommer moet getoets word om seker te maak dit is die korrekte
         aantal karakters (13 karakters) en dat dit slegs uit syfers bestaan. As die
         identiteitsnommer nie korrek is nie, moet ŉ gepaste boodskap vertoon word.

         As die identiteitsnommer korrek is, moet ŉ lêernaam vir die pasiënt geskep
         word. Die lêernaam bestaan uit die eerste drie karakters van die van en ŉ
         ewekansige getal tussen 100 en 999 (albei ingesluit).

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                  INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                  (EC/SEPTEMBER 2017)

           Vertoon ŉ verwelkomingsboodskap wat die titel, voorletter, van en lêernaam
           van die pasiënt sal insluit.

           Voorbeeld van invoer:               Voorbeeld van afvoer:

                                                                                             (14)

 1.3       Mediese Fonds Inligting Knoppie

           Die pasiënt moet hul mediese fonds-inligting in tik:

                 As die pasiënt die hooflid is, moet (Hooflid) langs die lêernaam vertoon
                  word
                 As die pasiënt ŉ subsidie kry, dan moet 'Ja' gestoor word, anders 'Nee'
                 Aantal afhanklikes (dependents)
                 Naam van mediese fonds

           Hierdie inligting moet na ŉ tekslêer geskryf word. Die tekslêer se naam is die
           lêernaam wat in Vraag 1.2 geskep is.

           Die inligting moet soos volg na die tekslêer geskryf word:
           <naam van lêer>: (Hooflid)
           <aantal afhanklikes>
           <naam van mediese fonds>
           <subsidie>

           Vertoon ŉ boodskap nadat die lêer geskryf is.                                     (13)

 1.4       Opdateer Inligting Knoppie

           Die inligting moet elke jaar opdateer word. Vertoon ŉ boodskap wat die pasiënt
           sal inlig wanneer die inligting opdateer moet word. Maak gebruik van die
           stelseldatum (system date).

           Voorbeeld van afvoer:

                                                                                              (5)

     Sleutel jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die programlêer in.
     Stoor die program.
     ŉ Drukstuk van die kode mag vereis word.

                                                                    TOTAAL VRAAG 1:          [39]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)                    INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                               5

 VRAAG 2: OBJEK-GEORIËNTEERDE PROGRAMMERING

 ŉ Ontvangsdame moet verskeie take verrig. Pasiënte wil rekeninge betaal, volgende
 afspraak maak en aan die einde van die dag moet die totale hoeveelheid geld wat inbetaal
 is, vir finansiële redes neergeskryf word. Die ontvangsdame moet al die inligting vir die
 dag op rekord hê, voor die einde van elke dag.

 Maak die onvoltooide program in die Vraag 2-lêergids oop. Tans het die program geen
 funksionaliteit nie.

 Voltooi die kode vir die program soos in VRAAG 2.1 en VRAAG 2.2 beskryf word.

 2.1     Die gegewe onvoltooide objekklas bevat ses attribute wat die objRekords-objek
         beskryf.

         NAME VAN               BESKRYWING
         ATTRIBUTE
         fdokter                Naam van die dokter
         fdatum                 Datum van afspraak – gebruik stelseldatum
         fmedfonds              Yes/No om aan te dui of pasiënt mediese fonds het of nie
         fopvolg                Of daar ŉ opvolgafspraak nodig is (‘Yes’ of ‘No’)
         fkontant               Bedrag wat kontant betaal is
         fmed                   Bedrag wat na mediese fonds gestuur is

         2.1.1        Skryf kode vir ŉ konstruktor wat die waardes aan fdokter, fdatum,
                      fmedfonds, fopvolg-attribute sal toeken. Fkontant en fmed moet met die
                      waarde ‘0’ geïnisialiseer word.                                              (4)

         2.1.2        Skryf ŉ metode met die naam OpvolgDatum wat ŉ datum sal terugstuur
                      wanneer die pasiënt weer die dokter moet sien. Die volgende afspraak
                      moet sewe dae na die eerste afspraak wees. As ŉ opvolg-afspraak nie
                      nodig is nie, moet ŉ boodskap teruggestuur word, wat sal aan dui dat
                      geen afspraak nodig is nie.
                      (Aanvaar dat die maand 30 dae het.)                                          (9)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                   (EC/SEPTEMBER 2017)

         2.1.3       Skryf ŉ mutatormetode met die naam SetBedrag wat die bedrag wat
                     betaal is, sal ontvang en die huidige kontantbedrag daarmee sal vervang.       (2)
         2.1.4       Skryf ŉ mutatormetode met die naam SetMedies wat die bedrag wat aan
                     die mediese fonds gestuur is, sal ontvang en die huidige mediese fonds
                     bedrag daarmee sal vervang.                                                    (2)
         2.1.5       Skryf ŉ metode met die naam MaakString om ŉ string oor die opvolg-
                     afspraak saam te stel.
                     As ŉ opvolg-afspraak nodig is, moet die boodskap die volgende wees:
                          Pasiënt moet asseblief <Dokter> op <opvolg datum> sien
                     As daar nie ŉ opvolg-afspraak nodig is nie, moet die volgende boodskap
                     vertoon word:
                                       Geen opvolg-afspraak nodig nie                               (5)
 2.2     ŉ Onvoltooide klas Vraag2U is gegee.
         2.2.1       Stoor Inligting Knoppie
                     Skryf kode om die inligting in te lees en instansieer die objRekords-
                     objek. Roep die MaakString-metode en vertoon die inhoud in ŉ dialoog-
                     komponent.
                     Die bedrag wat betaal moet word, is ŉ ewekansige getal tussen 300 en
                     400 (beide ingesluit).
                     As die pasiënt ŉ mediese fonds het, dan moet die bedrag namens die
                     pasiënt na die mediese fonds gestuur word. As die pasiënt nie ŉ mediese
                     fonds het nie, dan moet die bedrag deur die pasiënt betaal word.
                     Voorbeeld van afvoer:
                     Pasiënt met mediese fonds:

                     Pasiënt met geen mediese fonds (let wel dat die bedrae anders sal wees
                     as gevolg van die ewekansige getalle):

                                                                                                    (20)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)                     INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                                 7

         2.2.2        Statistiek vir Dag Knoppie

                      Skryf kode om die totale hoeveelheid kontant wat inbetaal is asook die
                      totale bedrag wat aan die mediese fondse gestuur is. Alle geldwaardes
                      moet na twee desimale plekke afgerond word.

                      Vertoon die aantal pasiënte wat elke dokter gesien het, vir die spesifieke
                      dag.

                      Voorbeeld van afvoer (afvoer sal anders wees omdat dit afhang van die
                      aantal kere die Stoor Inligting Knoppie geklik is; asook die ewekansige
                      getalle):

                                                                                                      (5)

     Sleutel jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die programlêer in.
     Stoor die program.
     ŉ Drukstuk van die kode mag vereis word.

                                                                          TOTAAL VRAAG 2:             [47]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                               INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                  (EC/SEPTEMBER 2017)

 VRAAG 3: PROBLEEMOPLOSSINGPROGRAMMERING

 Hierdie vraag fokus op die werklike afsprake. Twee skikkings word gegee: arrtye en
 arrdokters.

 3.1     Wanneer die program uitgevoer word, moet die volgende vertoon word:

         Skryf kode om die kolom (arrtye) en ry (arrdokters) se opskrifte te vertoon.

         Die huidige pasiënte se name is gestoor in ŉ tekslêer, pasiente.txt. Verkry die
         name en stoor dit in die twee-dimensionele skikking, ar2afsprake, wat ‘class
         scope’ het.

         Die uitleg van die tekslêer lyk soos volg.

         Maak gebruik van ŉ metode om die name in die ‘string grid’ te vertoon.                  (21)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)                    INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                                9

          3.2.1       VoegBy Metode

                      Skryf ŉ metode, VoegBy, wat die naam van die pasiënt asook die kolom
                      (dokter se nommer) as parameters sal ontvang. ŉ Tyd moet ewekansig
                      gekies word. As die dokter se nommer tussen 1 en 4 is, dan moet die
                      pasiënt toegeken word aan daardie spesifieke dokter, wanneer die dokter
                      beskikbaar is. As die dokter se nommer 5 is, dan kan die pasiënt aan
                      enige dokter toegeken word. Die afspraak moet by die twee-dimensionele
                      skikking gevoeg word.

                      Vertoon ŉ geskikte boodskap om te vertoon of ŉ afspraak gemaak is of
                      nie.                                                                          (17)

          3.2.2       Nuwe Afspraak Knoppie

                      Die pasiënt moet die gekose dokter se nommer in tik. Maak gebruik van
                      nog ŉ Inputbox om die pasiënt se naam en van in te tik. Roep die
                      VoegBy-metode en vertoon die opdateerde twee-dimensionele skikking
                      in die 'string grid'.                                                         (4)

 3.3      Verander Afspraak Knoppie

          Tik die pasiënt se naam en van in. Vind die pasiënt se inligting in die twee-
          dimensionele skikking en roep die VoegBy-metode. Die pasiënt moet dieselfde
          dokter, met wie hul oorspronklik ŉ afspraak gehad het, sien. Die oorspronklike
          afspraak in die twee-dimensionele skikking moet gekanselleer word. Vertoon die
          opdateerde twee-dimensionele skikking.                                                    (7)

 3.4      Soek Knoppie

          Soek vir die pasiënt se inligting volgens die naam en van wat ingetik is. Vertoon
          ŉ boodskap wat die dokter sowel as die tyd van die afspraak insluit.                      (5)

 3.5      Dokter Op Diens Knoppie

          Die dokter met die minste afsprake elke dag, is verantwoordelik vir al die pasiënte
          wat ŉ dokter moet sien, maar wie nie ŉ afspraak het nie. Skryf kode wat sal
          bereken watter dokter die minste afsprake het en vertoon ŉ boodskap met die
          dokter se naam.                                                                           (10)

      Sleutel jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die programlêer in.
      Stoor die program.
      ŉ Drukstuk van die kode mag vereis word.

                                                                        TOTAAL VRAAG 3:             [64]

                                                                                   TOTAAL:          150

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com

## Related documents

- [Information Technology P1 Nov 2017 Afr](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-nov-2017-afr/d88a56a4-b5e1-412d-9208-031db1d085df) — Information Technology · QP · 2017 · Afr
- [Information Technology P1 Feb March 2017 Afr](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-feb-march-2017-afr/b7bbb414-6ac3-4205-98be-4e5bbe5e87e9) — Information Technology · QP · 2017 · Afr
- [Information Technology P1 Feb March 2017 Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-feb-march-2017-eng/06f9af8f-82f4-458a-95df-8bb4d8cdfc20) — Information Technology · QP · 2017 · Eng
- [IT P1 GR12 QP SEPT 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-gr12-qp-sept-2022-afrikaans/f864e03f-add3-41d0-9b55-3110e7180172) — Information Technology · QP · 2022 · Afr
- [IT P1 GR12 QP SEPT 2021 AFR](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-gr12-qp-sept-2021-afr/b59411e5-b38d-41a9-90dd-1921c620ec7d) — Information Technology · QP · 2021 · Afr
- [IT P1 GR12 QP SEPT 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-gr12-qp-sept-2021-eng/6e66bdc6-8141-4ae4-b644-0341865f3911) — Information Technology · QP · 2021 · Eng

## More from Grade 12 Information Technology

- [Information Technology P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-may-june-2025-mg-eng/109c2e1d-bc20-46d3-ac02-c08c05ad9c78) — Memo · 2025 · Eng
- [IT P1 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr12-sept-2024-english/8994aed2-83ec-413e-b7dc-b0d0b93b82f4) — Memo · 2024 · Eng
- [IT P2 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-memo-gr12-sept-2024-english/4d74acb4-cb8b-4fd3-874f-4801fbcb8f44) — Memo · 2024 · Eng
- [IT P1 MEMO GR12 SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr12-sept2023-afrikaans/7ffdb7c3-1881-43da-8d8a-96ea3ff87451) — Memo · 2023 · Afr
- [IT P2 GR12 MEMO SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-memo-sept2023-afrikaans/88ad2758-42f6-43df-a80a-288b5f4cff9f) — Memo · 2023 · Afr
- [IT P2 GR12 MEMO SEPT2023 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-memo-sept2023-english/41fa8299-d258-40e9-8c8b-a3ce984eef54) — Memo · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
