# Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2013 QP (Afr)

> Grade 12 Life Sciences Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2013 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr12-lfsc-p2-s13-qp-afr/976dc35d-fb85-4806-9ca8-7ddbaf822665
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2013
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/life-sciences) › [Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2013 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr12-lfsc-p2-s13-qp-afr/976dc35d-fb85-4806-9ca8-7ddbaf822665)

## About this document

Life Sciences · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2013. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                  Province of the
                  EASTERN CAPE
                  EDUCATION

                          NASIONALE
                      SENIOR SERTIFIKAAT

                            GRAAD 12

                      SEPTEMBER 2013

                LEWENSWETENSKAPPE V2

PUNTE:   150

TYD:     2½ uur

                             *LFSCA2*

                   Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                             LEWENSWETENSKAPPE V2                       (SEPTEMBER 2013)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies sorgvuldig deur voordat die vrae beantwoord word.

1.    Beantwoord AL die vrae.

2.    Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK neer.

3.    Begin die antwoorde vir ELKE vraag boaan ŉ NUWE BLADSY.

4.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik word.

5.    Indien antwoorde NIE volgens die instruksies van elke vraag beantwoord
      word NIE, sal kandidate punte verbeur.

6.    Maak alle sketse met potlood en byskrifte met blou of swart ink.

7.    Teken diagramme en vloeidiagramme SLEGS wanneer dit gevra word.

8.    Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
      NIE.

9.    Jy mag NIE grafiekpapier gebruik NIE.

10.   Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik.

11.   Skryf netjies en leesbaar.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013)                 LEWENSWETENSKAPPE V2                                3

 AFDELING A

 VRAAG 1

 1.1    Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
        Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die
        vraagnommer (1.1.1 – 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer,
        byvoorbeeld 1.1.11 D.

        1.1.1      Watter EEN van die volgende is ŉ KORREKTE interpretasie van
                   die ouderdom-geslag grafiek hieronder?

                   A   Snelgroeiende bevolking; kenmerkend van ŉ ontwikkelende
                       land
                   B   Afnemende bevolking; kenmerkend van ŉ ontwikkelende land
                   C   Stabiele bevolking; kenmerkend van ŉ ontwikkelde land
                   D   Afnemende bevolking; kenmerkend van ŉ ontwikkelde land

        1.1.2      ŉ Bevolking bestaan uit …

                   A   individue van dieselfde soort.
                   B   verskillende ekosisteme.
                   C   gemeenskappe van verskillende organismes.
                   D   verskillende spesies.

        1.1.3      Die interaksie tussen twee organismes waar die een bevoordeel
                   word en die ander een nie bevoordeel of benadeel word nie staan
                   bekend as:

                   A   Predasie
                   B   Kommensalisme
                   C   Parasitisme
                   D   Mutualisme

        1.1.4      Die aantal chromosome in die primêre spermatosiet is …

                   A   die helfte as die in die spermatogonia.
                   B   die helfte as die in die sekondêre spermatosiete.
                   C   dieselfde as die in die spermatogonia.
                   D   dieselfde as die in die sekondêre spermatosiete.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                 LEWENSWETENSKAPPE V2                  (SEPTEMBER 2013)

    1.1.5   Watter EEN van die volgende funksioneer as ŉ eksokriene klier?

            A      Pankreas
            B      Tiroïed
            C      Bynier
            D      Pituïtêre klier

    VRAAG 1.1.6 en 1.1.7 is gebaseer op die inligting en diagram hieronder:

    Twee identiese potplante X en Y, van dieselfde ouderdom en grootte was in
    die lig geplaas, maar plant Y was in ŉ kartondoos (boks) met ŉ gat aan die
    een kant geplaas.

    Die diagram hieronder toon die plante na 5 dae.

                   PLANT X                                 PLANT Y

    1.1.6   Watter kombinasie van die volgende stellings is korrek?

              i    Die stingel van beide plante het in die rigting van die
                   klammigheid gegroei.
             ii    Die stingel van plant Y het meer gegroei as die stingel van
                   plant X.
             iii   Die stingel van plant Y het teen die swaartekrag gegroei, maar
                   die stingel van plant X het nie.
             iv    Die stingel van plant Y het na die lig, wat van een kant af
                   geskyn het, gegroei, maar die stingel van plant X groei as ŉ
                   respons op eensydige lig.
             v     Die stingel van beide plante het in die rigting van die
                   swaartekrag gegroei.

            A      (ii) en (iv)
            B      (i) en (ii)
            C      (iii) en (v)
            D      (i) en (v)

    1.1.7   Die reaksie van plant Y word deur groeihormone veroorsaak wat …

            A      slegs in die teenwoordigheid van lig vorm.
            B      nie in die donker kan funksioneer nie.
            C      selverlenging aan die skadukant stimuleer.
            D      selverlenging aan die beligte kant inhibeer.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013)                 LEWENSWETENSKAPPE V2                                      5

        1.1.8      Die vermoë van die lens om sy vorm te verander is bekend as …

                   A   astigmatisme.
                   B   binokulêre visie.
                   C   pupilmeganisme.
                   D   akkommodasie.

        1.1.9      ŉ Ekologiese nis beskryf die posisie of rol van ŉ spesie of ŉ
                   populasie …

                   A   geografies.
                   B   binne ŉ sosiale hiërargie.
                   C   globaal.
                   D   binne ŉ ekosisteem.

        1.1.10     Die tempo van verandering van ŉ bevolking kan met die volgende
                   formule bereken word:

                   Tempo van verandering =
                   (geboorte-tempo + immigrasie-tempo) ‒ (sterfte-tempo + emigrasie-tempo)

                   Gebruik die tabel hieronder en bereken die tempo van verandering
                   vir week 2.

                   Bevolkingsparameter (per week)           Week 1          Week 2
                   Geboorte tempo                            110             270
                   Immigrasie tempo                           10              30
                   Sterfte tempo                             145              20
                   Emigrasie tempo                            10              70

                   A    -35
                   B     30
                   C    210
                   D    -30                                                    (10 x 2)   (20)

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                            LEWENSWETENSKAPPE V2                         (SEPTEMBER 2013)

1.2   Gee die korrekte BIOLOGIESE TERM vir elk van die volgende beskrywings.
      Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1 – 1.2.10) in die
      ANTWOORDEBOEK neer.

      1.2.1    Tipe gedrag wat diere gebruik om paringsmaats te identifiseer

      1.2.2    Die eenrigting beweging van diere in ŉ bevolkingsarea in

      1.2.3    Ontwikkeling gekenmerk deur die ontstaan van kleintjies met hul
               oë oop en liggame met sagte vere bedek

      1.2.4    Die ontwikkeling van ŉ gemeenskap oor tyd waar die spesies in ŉ
               stadium vervang word met ander spesies

      1.2.5    Die proses waar ŉ klein hoeveelheid amniotiese vloeistof met
               fetale selle onttrek en vir genetiese defekte geanaliseer word

      1.2.6    Verandering in die vorm van ŉ dier gedurende sy lewenssiklus

      1.2.7    Die jellie-agtige stof wat in die agterste kamer van die oog voorkom

      1.2.8    Die buis wat die middel oor met die farinks verbind

      1.2.9    Spaarsamige gebruik van natuurlike en menslike hulpbronne sodat
               dit ook vir die nageslag beskikbaar kan wees

      1.2.10   ŉ Fase van versnelde groei in ŉ logistiese groeikurwe       (10 x 1)    (10)

1.3   Dui aan of elk van die stellings in KOLOM Ι van toepassing is op SLEGS A,
      SLEGS B, BEIDE A en B of GEENEEN van die items in KOLOM II nie.
      Skryf SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A en B of GEENEEN langs die
      vraagnommer in die ANTWOORDEBOEK neer.

                               KOLOM Ι                            KOLOM ΙΙ
      1.3.1    Oogdefek wat veroorsaak word deur ŉ        A     Hipermetropie
               lens wat te konveks is                     B     Astigmatisme
      1.3.2    Endokriene klier wat direk onder die       A     Pituïtêre
               hipotalamus aangetref word                 B     Tiroïed
      1.3.3    Die manlike voortplantingsstrukture van    A     Helmknop
               ŉ plant                                    B     Filament
      1.3.4    Die fase gedurende bevolkingsgroei         A     Sloerfase
               waar diere by hul nuwe omgewing            B     Logaritmiese fase
               aanpas
      1.3.5    Deel van die brein wat betrokke is         A     Serebrum
               wanneer ŉ skooltas opgetel word            B     Serebellum
      1.3.6    ŉ Membraan wat die uitwendige en           A     Ronde venster
               middeloor van mekaar skei                  B     Ovaal venster
      1.3.7    Al die plante en diere wat in ŉ            A     Bevolking
               afgebakende gebied voorkom                 B     Gemeenskap
                                                                           (7 x 2)     (14)

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013)                  LEWENSWETENSKAPPE V2                             7

 1.4    Bestudeer die diagram wat ŉ snit deur die vel aan toon en beantwoord die
        vrae wat volg.

        1.4.1      Identifiseer dele A en C.                                       (2)

        1.4.2      Watter verandering sal deel B ondergaan indien die omgewings-
                   temperatuur skielik toeneem?                                    (1)

        1.4.3      Noem DRIE voordele wat die verandering in VRAAG 1.4.2 in die
                   liggaam sal hê.                                                 (3)

                                                           TOTAAL AFDELING A:      50

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                               LEWENSWETENSKAPPE V2                              (SEPTEMBER 2013)

AFDELING B

VRAAG 2

2.1   ŉ Man en sy vrou (mnr. en mev. Abrahams) was in ŉ motorongeluk. Nie een
      van die twee het enige tekens getoon van ŉ breinbesering nie. Beide was
      toe geblinddoek en soos volg getoets:
          Die vingerpunt van elke pasiënt was met ŉ naald geprik.
          Elke pasiënt was gevra om sy of haar hand te beweeg.

      Die resultate was in die volgende tabel aangeteken.

      Pasiënt             Waarnemings
      Mev. Abrahams       Sy het pyn gevoel van die naaldprik, maar kon nie haar
                          hand beweeg nie.
      Mnr. Abrahams       Hy het nie die pyn gevoel van die naaldprik nie, maar kon
                          sy hand beweeg.

      2.1.1    In vergelyking met die waarnemings wat gemaak is, verduidelik
               watter deel van die senuweesisteem was heel moontlik geaffekteer
               deur die motorongeluk in elkeen van die gevalle? Verduidelik hoe
               jy by jou antwoorde uitgekom het.                                                (6)
      2.1.2    Indien enige van die pasiënte ernstige skade aan die ruggraat by
               die nek sou opgedoen het, watter waarnemings sou jy verwag het?
               Verduidelik jou antwoord.                                                        (3)
      2.1.3    Verduidelik waarom pasiënte in ŉ motorongeluk nie beweeg moet
               word nie, alvorens hulle nie ŉ nekstut (apparaat wat gebruik word
               om ŉ pasiënt se nek en kop te ondersteun) aangesit word nie.                     (3)
2.2   Lees die artikel en beantwoord die vrae wat volg.
                     Die ontdekking van Alzheimer se Siekte (AS)
      Alzheimer se siekte (AS) is ŉ onomkeerbare breinsiekte wat die breinselle
      stadig beskadig, en verlies in geheue en denkvaardighede veroorsaak wat
      erg genoeg is om jou daaglikse lewe te beïnvloed. Die simptome verskyn
      eers na die ouderdom van 60 jaar, wat dit die mees algemeenste oorsaak
      van dementia onder ou mense maak.
      Dit is ŉ neurologiese breinsiekte wat na die Duitse fisikus, Alois Alzheimer
      benoem is, wat dit vir die eerste keer in 1906 beskryf het. Hy het
      veranderinge in die brein van ŉ vrou wat na ŉ ongewone geestelike siekte
      gesterf het waargeneem. Haar simptome het ingesluit, geheueverlies, taal
      probleme en vreemde gedrag. Na haar dood het hy haar brein ondersoek
      en gevind dat daar baie abnormale polle en ineengestrengelde bondels
      senuweevesels was.
      Abnormale polle, ineengestrengelde bondels senuweevesels en die verlies
      van konneksies tussen breinselle is alles simptome van hierdie siekte. AS
      word erger oor verloop van tyd, wat lei tot die dood, gewoonlik deur orgaan-
      versakking, wat intree so twee tot agt jaar na die begin stadium. Huidiglik is
      daar geen genesing.
         [Aangepas vanuit: www.ALZinfo.org.Fisher Centre for Alzheimer’s Research foundation]

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013)                  LEWENSWETENSKAPPE V2                                  9

        Die tabel hieronder, voorgestel deur die Wêreld Gesondheidsorganisasie,
        toon die persentasie mense in die algemene Westerse bevolking wat deur
        AS in verskillende ouderdoms groepe geaffekteer is, aan.

                                                 Persentasie van pasiënte met AS
                Ouderdomsgroepe (jare)
                                                               (%)
                        65 – 69                                 1,4
                        70 ‒ 74                                 2,8
                        75 – 79                                 6,6
                        80 – 84                                11,1
                         85+                                   23,6

        2.2.1      Wat was die persentasie toename van pasiënte met AD, tussen die
                   twee oudste ouderdomsgroepe?                                        (1)

        2.2.2      Wat is klaarblyklik die eerste simptome van Alzheimer se Siekte?    (1)

        2.2.3      Beskryf hoe die persoon se brein gelyk het nadat dit gedissekteer
                   was.                                                                (2)

        2.2.4      Wat is die hoofoorsaak van dood by ŉ persoon met AS?                (1)

        2.2.5      Gebruik die tabel en teken ŉ histogram om die voorkoms van AS
                   aan te toon.                                                        (6)

 2.3    Die volgende diagram toon twee vooraansigte van ŉ oog. Bestudeer die
        diagram en beantwoord die volgende vrae.

        2.3.1      Verskaf byskrifte vir dele genommer A, B en C.                      (3)

        2.3.2      Wat was die oorsaak van die verandering van aansig 1 na aansig
                   2?                                                                  (1)

        2.3.3      Beskryf hoe hierdie verandering teweeg gebring was.                  (3)
                                                                                       [30]

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                             LEWENSWETENSKAPPE V2                                (SEPTEMBER 2013)

VRAAG 3

3.1   Beantwoord die volgende vrae met betrekking tot die faktore wat die
      bevolkingsgrootte beïnvloed.

      3.1.1    Definieer die term verspreiding.                                                  (3)

      3.1.2    Noem die DRIE soorte vorme van verspreiding wat in diere kan
               voorkom.                                                                          (3)

3.2   Lees die artikel en beantwoord die vrae wat volg.

                       Die bedreiging van die Afrika-wildehond

      Vatbare(in staat om suksesvol te wees) bevolkings van die Afrika-wildehond
      bestaan tans in Suid-Afrika, Botswana, Kenia, Mosambiek, Tanzanië en
      Zambië. Afrika-wildehonde vereis groot tuisgrense (geografiese areas
      waartot ŉ organisme sy aktiwiteite beperk) ten einde suksesvolle bevolkings
      te onderhou wat in staat is tot normale groei en ontwikkeling en onlangse
      habitatfragmentasie het tot ŉ afname in bevolking gelei. Afrika-wildehonde
      het oor die algemeen ŉ reputasie dat hulle vee aanval, en ten spyte dat dit
      selde in die praktyk voorkom word daar altyd op hulle jag gemaak wanneer
      mense op hulle afkom.

      Daarbenewens het padongelukke en toevallige strikke onlangs ŉ belangrike
      oorsaak van sterftes geword. ŉ Finale bedreiging wat die Afrika-wildehond
      bevolking laag hou is kompetisie en predasie met ander groter karnivore van
      die Afrika savanna soos leeus en die gevlekte hiënas.

      Die huidige bevolking van die Afrika-wildehond word minder as 5 500 geskat
      en is dus bedreig. Voorkoming van vervolging deur middel van onderwys is
      ook ŉ prioriteit van die bewaringsaksieplan, in ŉ poging om die mees
      interessante en unieke ‘honde’ te bewaar.
                         [Vryelik vertaal en aangepas vanuit: www.arkive.org/African-wild-dog]

      3.2.1    Definieer die terme:

               (a)   Habitat                                                                     (2)

               (b)   Bewaring                                                                    (2)

      3.2.2    Wat is die hoofrede waarom die mens hierdie diere doodmaak?                       (1)

      3.2.3    Anders as jou antwoord gegee in VRAAG 3.2.2, noem TWEE
               ander oorsake vir die afname in die Afrika-wildehond bevolking.                   (2)

      3.2.4    Wat kan gesien word as die beste manier om hierdie karnivore te
               bewaar?                                                                           (1)

      3.2.5    Watter bewyse uit die paragraaf toon dat die antwoord gegee in
               VRAAG 3.2.2 nie ŉ geldige rede is vir mense om hierdie diere dood
               te maak nie?                                                                      (1)

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013)                  LEWENSWETENSKAPPE V2                                  11

 3.3    Bestudeer die grafiek hieronder wat die verandering van ŉ bevolking oor tyd
        van ontwikkelde en ontwikkelende lande voorstel. Die onderste swart
        paneel weerspieël die verandering vir ontwikkelde lande, terwyl die top wit
        paneel die veranderinge vir ontwikkelende lande weerspieël.

        3.3.1      Bereken die verskil in bevolkingsgrootte tussen ontwikkelende en
                   ontwikkelde lande vir die jaar 2050.                                 (2)

        3.3.2      Benoem die groeikurwe wat deur ontwikkelende en ontwikkelde
                   lande onderskeidelik voorgestel word.                                (2)

        3.3.3      Ontwikkelde lande soos Indië en Brasilië neig om hoër
                   fertiliteitskoerse (die verwagte aantal kinders gebore per vrou in
                   haar vrugbare jare) te hê. Hoe ondersteun die bevolkingsgroei-
                   kurwe hierdie stelling?                                              (3)

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                           LEWENSWETENSKAPPE V2                        (SEPTEMBER 2013)

3.4   Bestudeer die diagram wat suksessie aantoon en beantwoord die vrae wat
      volg.

      3.4.1   Toon hierdie diagram primêre of sekondêre suksessie? Gee redes
              vir jou antwoord.                                                        (3)

      3.4.2   Watter TWEE spesies is teenwoordig in die klimaksgemeenskap?             (2)

      3.4.3   Watter spesies is die pionierspesies?                                    (1)

      3.4.4   In watter jaar was daar die grootste spesie diversiteit?                 (1)

      3.4.5   Spesies 4 is teenwoordig vanaf jaar 2, maar met lae hoeveelhede
              en as ŉ klein plant. Wat is die moontlike rede vir hul toename in
              grootte en aantal by jaar 4?                                             (1)
                                                                                      [30]

                                                           TOTAAL AFDELING B:          60

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013)                   LEWENSWETENSKAPPE V2                                  13

 AFDELING C

 VRAAG 4

 4.1    Bestudeer die lewenssiklus van ŉ mosplant en beantwoord die vrae wat
        volg.

        4.1.1      Is dit die gametofiet- of sporofietgenerasie wat dominant is by die
                   mos?                                                                  (1)

        4.1.2      Is die volwasse sporofiet afhanklik van die gametofiet?               (1)

        4.1.3      Meld watter van die volgende is haploïed (n) of diploïed (2n).

                   (a)   Spore                                                           (1)

                   (b)   Eiersel                                                         (1)

                   (c)   Protonema                                                       (1)

                   (d)   Sporangium                                                      (1)

        4.1.4      Plant die dominante generasie geslagtelik of ongeslagtelik voort?     (1)

        4.1.5      Noem die omgewingsfaktor waarop die gametofiet staat maak om
                   voort te plant?                                                       (1)

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                            LEWENSWETENSKAPPE V2                         (SEPTEMBER 2013)

4.2   Die grafiek hieronder toon veranderinge in die bevolkingsgetalle van hase
      en rooikat (lid van die kat-familie) oor ŉ periode van 80 jaar. Bestudeer die
      grafiek en beantwoord die vrae wat volg.

      4.2.1    Meld die term wat gebruik word om die verhouding tussen die hase
               en die rooikatte te beskryf.                                              (2)
      4.2.2    Hoeveel van die volgende diere was in 1885 teenwoordig?
               (a)   Hase                                                                (1)
               (b)   Rooikatte                                                           (1)
      4.2.3    Wat gebeur met die getal rooikatte wanneer die haasbevolking
               toeneem?                                                                  (1)
      4.2.4    Verduidelik jou antwoord in VRAAG 4.2.3.                                  (2)
      4.2.5    Watter uitwerking het die groot getal rooikatte op die haasbevolking
               gehad?                                                                    (1)
      4.2.6    Definieer die term predator.                                              (2)
      4.2.7    In ŉ energie piramiede met drie trofiesevlakke (produseerdes,
               primêre verbruikers), watter trofiesevlak word deur die rooikat
               verteenwoordig?                                                           (1)
      4.2.8    In watter jaar was die haasbevolking die hoogste?                         (1)
4.3   Skryf ŉ mini-opstel waarin jy die hormoon beheer tydens die menstruasie
      siklus beskryf.                                                     Inhoud        (17)
                                                                         Sintese         (3)
      LET WEL: GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde in die vorm van
                   vloeidiagramme of diagramme nie.
                                                           TOTAAL AFDELING C:            40
                                                               GROOTTOTAAL:             150

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com

## Related documents

- [Gr12 LFSC P2 S13 QP Eng](https://www.hlayiso.com/library/gr12-lfsc-p2-s13-qp-eng/16f72da9-fb39-41cf-a478-707fa0b6b9df) — Life Sciences · QP · 2013 · Eng
- [LEWENSWET V1 QP](https://www.hlayiso.com/library/lewenswet-v1-qp/dd4ce86f-2a35-4cbf-8d1b-543b343ce2d2) — Life Sciences · QP · 2013
- [Life Sciences P2 Feb-March 2013 Version 2 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-feb-march-2013-version-2-eng/7d4fd245-1073-4172-8973-11c298679339) — Life Sciences · QP · 2013 · Eng
- [LIFE SCIENCES P2 GR12 QP SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr12-qp-sept2023-afrikaans/13d7c9c8-15ee-4ae8-9e7d-b86c6cb669b9) — Life Sciences · QP · 2023 · Afr
- [LIFE SCIENCES P2 GR12 QP SEPT2022 English Final](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr12-qp-sept2022-english-final/48fd8634-2e51-4ca1-b7e3-df271e86c9ec) — Life Sciences · QP · 2022 · Eng
- [LIFE SCIENCES P2 GR12 QP SEPT2021 AFR D](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr12-qp-sept2021-afr-d/b7cdfe9c-5e90-4696-bc67-e8fca24f68fe) — Life Sciences · QP · 2021 · Afr

## More from Grade 12 Life Sciences

- [LEWENSWETENSKAPPE V1 MEMO GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/lewenswetenskappe-v1-memo-gr12-sept-2025-watermark/ee8ac4d1-8b43-4b2a-87fc-d07277b88025) — Memo · 2025
- [LIFE SCIENCES P2 MEMO GR12 SEPT 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-memo-gr12-sept-2025-afr-watermark/be114f07-9b13-48d1-9cae-e0ae8aec035b) — Memo · 2025 · Afr
- [Life Sciences Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/ba194139-8ff7-481e-92f4-d961a5c8d23a) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-free-state/470ae841-15a4-4ab3-a87b-abd2294edc20) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/bbdf9d27-c483-4cd4-af9f-287e699f482e) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-kzn/f412416e-57d1-473d-886a-87c9fbb8823c) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
