# Life Sciences Grade 12 P1 Gauteng Mock 2021 QP (Afr)

> Grade 12 Life Sciences Paper 1 question paper from the Gauteng Mock Exam 2021 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr12-life-sciences-p1-afrikaans-2021-preparatory-question-paper/d573b565-d99d-438d-ae90-c75f3eee530e
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2021
- Exam period: Gauteng Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/life-sciences) › [Life Sciences Grade 12 P1 Gauteng Mock 2021 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr12-life-sciences-p1-afrikaans-2021-preparatory-question-paper/d573b565-d99d-438d-ae90-c75f3eee530e)

## About this document

Life Sciences · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2021 · Afrikaans. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

             GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                    VOORBEREIDENDE EKSAMEN

                             2021
                             10831

                      LEWENSWETENSKAPPE

                           VRAESTEL 1

TYD:     2½ uur

PUNTE:   150

17 bladsye

                                                  b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                       LEWENSWETENSKAPPE                               2
                                       (Vraestel 1)                         10831/21

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.   Beantwoord AL die vrae.

2.   Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDBOEK neer.

3.   Begin die antwoorde op ELKE vraag bo-aan ŉ nuwe bladsy.

4.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
     vraestel gebruik is.

5.   Bied jou antwoorde volgens die instruksies van elke vraag aan.

6.   Maak ALLE sketse met potlood en die byskrifte met blou of swart ink.

7.   Teken diagramme, vloeidiagramme of tabelle slegs wanneer dit gevra word.

8.   Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken nie.

9.   MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.

10. Jy mag ŉ nie-programmeerbare sakrekenaar, gradeboog en ŉ passer gebruik
    waar nodig.

11. Skryf netjies en leesbaar.

                                                                                           b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                         LEWENSWETENSKAPPE                            3
                                         (Vraestel 1)                      10831/21

AFDELING A

VRAAG 1

1.1   Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies
      die regte antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommer
      (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.9 D.

      1.1.1   Watter deel van ŉ neuron stuur ŉ impuls na die selliggaam?

              A     Dendriet
              B     Sitoplasma
              C     Akson
              D     Nukleus

      1.1.2   Wat word die klier genoem wat insulien afskei?

              A     Skildklier
              B     Hipotalamus
              C     Pituïtêre/Hipofise
              D     Pankreas

      1.1.3   Watter van die volgende strukture in ŉ amniotiese eier beskerm die
              ontwikkelende embrio teen fisiese besering?

              A     Dooiersak
              B     Chorion
              C     Allantoïs
              D     Dop

                                                                                          b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                            LEWENSWETENSKAPPE                     4
                                            (Vraestel 1)               10831/21

1.1.4   Watter benoemde strukture dui die plek aan waar bevrugting en
        inplanting plaasvind?

        A       A en D
        B       A en B
        C       B en C
        D       B en D

1.1.5   Bestudeer die volgende faktore wat verband hou met voortplanting by
        vroue:

        (i)     Wanneer die progesteroonvlakke ŉ piek bereik, is die FSH- en
                LH-vlakke laag.

        (ii)    Ovulasie vind ongeveer op dag 14 plaas.

        (iii)   Wanneer bevrugting plaasvind, bly FSH-vlakke hoog.

        (iv)    Estrogeen en progesteroon wat deur die ovaria tydens die
                ovariale siklus geproduseer word, beïnvloed die uterussiklus.

        Die korrekte stellings is ...

        A       (i), (ii), (iii) en (iv).
        B       (i), (iii) en (iv).
        C       (i), (ii) en (iii).
        D       (i), (ii) en (iv).

                                                                                      b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                  LEWENSWETENSKAPPE                               5
                                  (Vraestel 1)                       10831/21

1.1.6   Watter van die volgende stel die korrekte ontwikkelingsvolgorde voor,
        nadat bevrugting plaasgevind het?

        A       Ovum → Sigoot → Blastosist → Morula → Fetus
        B       Sigoot → Morula → Blastosist → Fetus

        C       Ovum → Sigoot → Morula → Blastosist → Fetus
        D       Sigoot → Blastosist → Morula → Fetus

Gebruik die onderstaande diagram on VRAAG 1.1.7 en VRAAG 1.1.8 te
beantwoord.

                                            Middelstuk        Kop

            A

                                                 B

                                                              C     D

1.1.7   Die enigste deel van die spermsel wat tydens bevrugting die eiersel
        binnedring, is …

        A       deel D.
        B       deel C.
        C       deel B.
        D       deel A.

1.1.8   Die dele van die spermsel wat die sperm help met beweging, is …

        A       dele A, B en C.
        B       dele, A en D.
        C       dele A en B.
        D       dele A, B en D.

                                                                        (8 x 2)   (16)

                                                                                      b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                         LEWENSWETENSKAPPE                                 6
                                         (Vraestel 1)                       10831/21

1.2   Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf
      slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDBOEK
      neer.

      1.2.1   ŉ Toestand wat veroorsaak dat die lens van die oog dof word

      1.2.2   Die deel van die senuweestelsel wat reageer as ŉ persoon skrik

      1.2.3   ŉ Verskynsel waar die hoof sentrale stam meer groei toon as die
              systamme, by die toppunt van ’n boom

      1.2.4   ŉ Tipe ontwikkeling waar jong voëls gebore word met hul oë toe en geen
              vere nie

      1.2.5   Die struktuur wat nutriënte aan die ontwikkelende embrio in ovovivipare
              diere verskaf
                                                                                 (5 x 1)   (5)

1.3   Dui aan of elk van die stellings in KOLOM I van toepassing is op SLEGS A,
      SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM II nie.
      Skryf slegs A, slegs B, beide A en B, of geeneen langs die vraagnommer
      (1.3.1 tot 1.3.3) in die ANTWOORDBOEK neer.

                          KOLOM I                                   KOLOM II
      1.3.1   ŉ Hormoon wat verantwoordelik is vir die   A     Absisiensuur
              afval van ryp vrugte                       B     Gibberelliene
      1.3.2   Funksie/s van die allantoïs in ŉ           A     Betrokke by
              amniotiese eier                                  gaswisseling
                                                         B     Stoor afvalprodukte van
                                                               die ontwikkelende
                                                               embrio
      1.3.3   ŉ Vis wat eiers lê, voor bevrugting        A     Uitwendige bevrugting
                                                         B     Ovipaar
                                                                                 (3 x 2)   (6)

                                                                                               b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                         LEWENSWETENSKAPPE                                 7
                                         (Vraestel 1)                           10831/21

1.4   Die diagram hieronder stel die menslike manlike voortplantingstelsel voor.

                                                                            A

                                                                            B

                                                                            C
         H
                                                                            D

                                                                            E

          G                                                                 F

      1.4.1   Gee die LETTER van die deel wat met elk van die volgende stellings
              geassosieer word:

              (a) Stoor sperms tydelik                                                     (1)

              (b) As dit gesny word, sal semen nie spermselle bevat nie                    (1)

              (c) Vervoer beide urine en semen                                             (1)

              (d) Help met die optimale spermproduksie by ŉ temperatuur laer as
                  liggaamstemperatuur                                                      (1)

              (e) Produseer testosteroon                                                   (1)

              (f)   Skei ŉ alkaliese vloeistof af wat die suurheid van die vagina
                    neutraliseer, wat sperms sou doodmaak                                  (1)
                                                                                           (6)

                                                                                                 b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                          LEWENSWETENSKAPPE                                    8
                                          (Vraestel 1)                           10831/21

1.5   ŉ Jong saailing is uit die grond verwyder en op sy sy geplaas. Nadat dit op sy
      sy geplaas is, is die loot, punt uitgesluit, was bloodgestel aan lig uit alle rigtings
      (aangedui deur die pyle) om fototropisme te verhoed.

                                   F                       A
                           E                                         B
                                                           C
                                    D

                                                NA

      1.5.1    Noem die hormoon wat saadontkieming stimuleer.                                  (1)

      1.5.2    Noem die tropiese beweging wat in die saailing hierbo waargeneem sal
               word nadat dit op sy sy geplaas is.                                             (1)

      1.5.3    Gee die LETTER/S van die deel/e waar:

               (a)   Die saailing die hoogste konsentrasie ouksiene gehad het
                     VOORDAT dit op sy sy geplaas is                                           (2)

               (b)   Die saailing die hoogste konsentrasie ouksiene sou gehad het
                     NADAT dit op sy sy geplaas is                                             (2)

               (c)   Selverlenging sal in die loot geinhibeer word                             (2)

      1.5.4    Noem TWEE verdedigingsmeganismes wat deur plante gebruik word
               om te voorkom dat herbivore hulle vreet.                                         (2)
                                                                                               (10)

                                                                                                     b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                         LEWENSWETENSKAPPE                              9
                                         (Vraestel 1)                        10831/21

1.6   Die onderstaande diagram toon verskillende kliere, die hormone wat hulle
      vrystel en hul teikenorgane.

                                     A

                                                                        B
                           D

                                                                        C

                                                    Nier

      1.6.1   Identifiseer elk van die volgende:

              (a) Die kliere wat A en B gemerk is                                       (2)

              (b) Die hormone wat C en D gemerk is                                      (2)

      1.6.2   Watter stof in die liggaam word deur hormoon C gereguleer?                (1)

      1.6.3   Noem EEN ander hormoon wat deur klier B vrygestel word.                   (1)

      1.6.4   Gee die term wat gebruik word om die regulering van ŉ konstante
              interne balans te beskryf, selfs al verander die interne of eksterne
              omgewing.                                                                 (1)
                                                                                        (7)

                                                             TOTAAL AFDELING A:         50

                                                                                              b.o.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                                                  LEWENSWETENSKAPPE                              10
                                                                  (Vraestel 1)                        10831/21

AFDELING B

VRAAG 2

2.1   Die onderstaande grafiek toon veranderinge in die deursnee van die pupil
      onder verskillende luminansies. Luminansie verwys na hoe helder die lig is.
      Die deursnee van die pupil wissel van ongeveer 2 mm tot 8 mm.

                                                  Deursnee van die pupil by verskillende luminansie
                                        9
                                            7.7

              Deursnee die pupil (mm)
                                                    7.5
                                        8                  6.9
                                        7                          A
                                        6                                4.9
                                        5
                                                                                3.8
                                        4                                               B
                                                                                        B
                                                                                               2.5
                                        3                                                              2.1
                                        2
                                        1
                                        0
                                        0.0001     0.001   0.01    0.1    1      10    100    1000    10000
                                                                  Luminansie (cd/m2)

      2.1.1   Gee die deursnee van die pupil by punt A.                                                          (1)

      2.1.2   Bereken die gemiddelde deursnee van die pupil deur slegs die punte
              tussen A en B op die grafiek te gebruik. (Toon alle berekeninge aan.)                              (3)

      2.1.3   Beskryf die verhouding tussen luminansie en die deursnee van die
              pupil van punt A na punt B.                                                                        (2)

      2.1.4   Verduidelik die rol wat pupilrefleks speel om die deursnee van die pupil
              van punt A na punt B te verander.                                                                  (3)

      2.1.5   Definieer elk van die volgende:

              (a)                             Luminansie                                                         (1)

              (b)                             ŉ Refleksaksie                                                     (2)

      2.1.6   Die ligstraal vanaf ŉ laserwyser het ŉ hoë genoeg luminansie om enige
              reseptorsel in die retina te brand in ongeveer 10 sekondes.

              Verduidelik hoe die skyn van ŉ laserwyser direk op die retina vir langer
              as 10 sekondes, jou sig sal beïnvloed.                                                              (3)
                                                                                                                 (15)

                                                                                                                       b.o.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                       LEWENSWETENSKAPPE                            11
                                       (Vraestel 1)                      10831/21

2.2   Die onderstaande diagram toon die interne struktuur van die oog.

                                                                 A

                                                                 B

                  Optiese senuwee

      2.2.1   Identifiseer die strukture gemerk A en B.                             (2)

      2.2.2   Die optiese senuwee is ŉ sensoriese neuron.
              Tabuleer TWEE verskille tussen ŉ sensoriese neuron en ŉ motoriese
              neuron.                                                               (5)

      2.2.3   Noem die deel van die senuweestelsel wat uit kraniale- en rugmurg
              senuwees bestaan.                                                     (1)

      2.2.4   Beskryf hoe strukture A en B die vermoë om op voorwerpe verder as 6
              m weg te fokus moontlik maak.                                          (4)
                                                                                    (12)

                                                                                          b.o.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                       LEWENSWETENSKAPPE                             12
                                       (Vraestel 1)                       10831/21

2.3   Die onderstaande diagram toon ŉ snit deur die brein van die mens.

                                      Serebrum
                                                    Corpus callosum

                                                 Pons
                    Serebellum
                    Rugmurg
                                             Medulla oblongata

      2.3.1   Gee EEN funksie vir elk van die volgende:

              (a)     Die corpus callosum

              (b)     Die serebrum

              (c)     Die rugmurg                                                    (3)

      2.3.2   Teken ŉ benoemde diagram van ŉ eenvoudige refleksboog en dui die
              rigting aan waarin die impuls beweeg.                                  (5)
                                                                                     (8)

                                                                                           b.o.

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
                                       LEWENSWETENSKAPPE                                13
                                       (Vraestel 1)                          10831/21

2.4   Die onderstaande diagram toon die interne struktuur van die oor aan.

                                             A

                                                                               B

                                                                               C

                                                                               D

                            F                E

      2.4.1   Gee die LETTER en die NAAM van die deel van die oor wat:

              (a)   Lug tussen die middeloor en die keel laat beweeg                    (2)

              (b)   Reseptore vir gehoor bevat                                          (2)

              (c)   ŉ Membraan is wat die uitwendige oor van die middeloor skei         (2)

              (d)   Die eerste van die drie gehoorbeentjies is                          (2)

              (e)   Klankgolwe gelei vanaf die pinna na die struktuur wat E gemerk
                    is                                                                  (2)

      2.4.2   In ŉ sokkerwedstryd duik die doelwagter om te keer dat die
              opponerende span ŉ doel aanteken.

              Beskryf die rol van die halfsirkelvormige kanale om balans te handhaaf
              terwyl die doelwagter duik.                                                (5)
                                                                                        (15)

                                                                                        [50]

                                                                                              b.o.

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
                                       LEWENSWETENSKAPPE                              14
                                       (Vraestel 1)                        10831/21

VRAAG 3

3.1   Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.

      Die Comrades Marathon is ŉ ultra-marathon van ongeveer 89 kilometer wat
      jaarliks in die KwaZulu-Natal provinsie tussen die stede Durban en
      Pietermaritzburg gehou word. Dit is die wêreld se grootste en oudste ultra-
      marathon-wedloop. Atlete hardloop tot ongeveer 12 uur aanhoudend, om die
      wedloop te voltooi. Hardlopers oefen baie maande en hulle “carbo-load” (eet ŉ
      dieet met baie koolhidrate soos pasta en grane) ter voorbereiding vir hierdie
      wedloop.

      3.1.1   Terwyl ŉ atleet hardloop, verhoog die atleet se liggaamstemperatuur.

              Beskryf die negatiewe terugvoermeganisme wat die atleet se
              liggaamstemperatuur na normaal sal herstel.                             (6)

      3.1.2   Verduidelik die effek wat lang periodes van hardloop op elk van die
              volgende:

              (a)   Watervlakke in die bloed                                          (2)
              (b)   Koolstofdioksiedvlakke in die bloed                               (2)

      3.1.3   Verduidelik hoe “carbo-loading” voor die wedloop atlete help om
              genoeg energie tydens die wedloop te hê.                                 (6)
                                                                                      (16)

                                                                                            b.o.

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
                                          LEWENSWETENSKAPPE                                 15
                                          (Vraestel 1)                           10831/21

3.2   Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.

      Tshepang het die volgende WhatsApp-boodskap gelees: "Die dra van ŉ
      gesigmasker verhoog die koolstofdioksiedvlakke in die bloed en kan lei tot
      siektes."
      Hy het besluit om ondersoek in te stel, om vas te stel of die dra van ŉ
      gesigmasker die koolstofdioksiedvlakke in die bloed verhoog.

       ●      Hy kon nie ŉ toestel bekostig wat die koolstofdioksiedvlakke in die bloed
              meet nie; daarom het hy besluit om die polsslag (dui hartklop aan) en die
              asemhalingstempo te meet.
       ●      Hy het tien klasmaats vir die ondersoek gekies.
       ●      Die asemhalingstempo en polsslag van elke klasmaat was gemeet, na 4
              ure sonder ŉ gesigmasker en weer na 4 ure met ŉ gesigmasker.

      3.2.1     Identifiseer die afhanklike veranderlike in hierdie ondersoek.              (1)

      3.2.2     Noem TWEE veranderlikes wat verband hou met die klasmaats en wat
                konstant gehou moet word om die geldigheid van hierdie ondersoek te
                verseker.                                                                   (2)

      3.2.3     Gee TWEE beplanningsstappe wat Tshepang moes oorweeg voordat
                hy die ondersoek uitgevoer het.                                             (2)

      3.2.4     Verduidelik hoe die asemhalingstempo gebruik kan word om ŉ
                toename in die koolstofdioksiedvlakke in die bloed aan te toon.             (4)
                                                                                            (9)

                                                                                                  b.o.

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
                                       LEWENSWETENSKAPPE                              16
                                       (Vraestel 1)                       10831/21

3.3   Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.

                   Hoe om die kanse op bevrugting te optimaliseer

      Daar word beraam dat een uit elke vyf egpare in Suid-Afrika aan
      onvrugbaarheid ly en sukkel om swanger raak. Navorsing het getoon dat
      bevrugting meer waarskynlik sal plaasvind wanneer geslagsomgang gedurende
      die drie of vier dae wat opbou tot ovulasie gebied. Onlangse bewyse het ook
      getoon dat baie vroue hul menstruele siklus en die proses van ovulasie swak
      verstaan. Daar word dus gedink dat verkeerde tydsberekening van
      geslagsomgang ŉ algemene, maar maklik regstelbare oorsaak van probleme is
      om swanger te raak.

      Die bekendstelling van tuisgebaseerde hormonale digitale ovulasietoetse
      (DOT's) bied ten minste ŉ eenvoudige oplossing vir vroue wat die
      tydsberekening van geslagsomgang wil optimaliseer, wanneer hulle swanger
      wil raak.

      3.3.1   Volgens die uittreksel, gee TWEE redes waarom vrouens moontlik kan
              sukkel om swanger te raak.                                              (2)

      3.3.2   Die digitale ovulasietoets monitor ŉ toename in ŉ spesifieke hormoon.
              Noem hierdie hormoon.                                                   (1)

      3.3.3   Noem die klier wat die hormoon produseer wat in VRAAG 3.3.2
              genoem is.                                                              (1)

      3.3.4   Noem die klier wat ŉ hormoon vrystel wat ovulasie veroorsaak.           (1)

      3.3.5   Gee EEN rede waarom geslagsomgang 3 tot 4 dae voor ovulasie moet
              plaasvind.                                                              (1)

      3.3.6   Verduidelik waarom die afskeiding van te min progesteroon ŉ
              bykomende probleem kan veroorsaak vir ŉ vrou wat probeer swanger
              word.                                                                   (2)
                                                                                      (8)

                                                                                            b.o.

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
                                        LEWENSWETENSKAPPE                               17
                                        (Vraestel 1)                         10831/21

3.4   ŉ Ultraklank (sonogram) is ŉ beeldtegniek wat klankgolwe gebruik om beelde
      van die fetus in die baarmoeder te produseer. Dr Mkhize het die ontwikkeling
      van die fetus by een van haar pasiënte tydens swangerskap gemonitor deur die
      fetale kopomtrek te meet. Sy het ook die bloedvloei deur die naelstring
      gemonitor.

      Die resultate word in die onderstaande tabel getoon.

                         Tyd (weke)                  Kopomtrek (cm)
                             14                              12
                             18                              16
                             22                              20
                             26                              24
                             30                              28
                             34                              31
                             38                              33
                             40                              36

      3.4.1   Gee die korrekte biologiese term vir swangerskap.                         (1)

      3.4.2   Gebruik die inligting in die bogenoemde tabel om ŉ lyngrafiek te teken.   (6)

      3.4.3   Gee DRIE funksies van die amnionvloeistof wat die fetus tydens
              swangerskap omring.                                                       (3)

      3.4.4   Noem TWEE strukture waardeur die fetus sal beweeg tydens
              natuurlike geboorte.                                                      (2)

      3.4.5   Terwyl die ultraklank gedoen is, het die dokter opgemerk dat die
              naelstringslagare verstop was maar dat daar normale bloedvloei deur
              die naelstringare was.

              Verduidelik die effek wat dit op die ontwikkelende fetus sal hê.           (5)
                                                                                        (17)

                                                                                        [50]

                                                              TOTAAL AFDELING B:        100

                                                                             TOTAAL:    150

                                             EINDE

## Related documents

- [Grade 12 NSC Life Sciences P1 (Afrikaans) X05 2019 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p1-afrikaans-x05-2019-preparatory-examination-question-paper/6ca916a7-2250-4497-9409-7188154ce36b) — Life Sciences · QP · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Sciences P1 10832 (Afrikaans) Preperatory 2016 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p1-10832-afrikaans-preperatory-2016-question-paper/f3d96818-aad0-4820-91c5-b7b9cea1287f) — Life Sciences · QP · 2016 · Afr
- [Gr12 Life Sciences P2 (Afrikaans) 2021 Preparatory Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr12-life-sciences-p2-afrikaans-2021-preparatory-possible-answers/07d532e0-9e14-43cd-8b65-eafbe304db10) — Life Sciences · Memo · 2021 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Science P1 (Afrikaans) Preparatory 2018 Possible Answer](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-science-p1-afrikaans-preparatory-2018-possible-answer/47d1fae5-b964-4653-aaa6-a3b2ad4a2512) — Life Sciences · Memo · 2018 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Sciences P1 (Afrikaans) Preparatory 2017 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p1-afrikaans-preparatory-2017-possible-answers/4d8cb2b6-23ab-4f9d-966d-af83482574f4) — Life Sciences · Memo · 2017 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Sciences P1 (Afrikaans) 2015 Preparatory Examination Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p1-afrikaans-2015-preparatory-examination-possible-answers/846bf94c-4e3c-4745-a5fe-37416d2bc053) — Life Sciences · Memo · 2015 · Afr

## More from Grade 12 Life Sciences

- [LEWENSWETENSKAPPE V1 MEMO GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/lewenswetenskappe-v1-memo-gr12-sept-2025-watermark/ee8ac4d1-8b43-4b2a-87fc-d07277b88025) — Memo · 2025
- [LIFE SCIENCES P2 MEMO GR12 SEPT 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-memo-gr12-sept-2025-afr-watermark/be114f07-9b13-48d1-9cae-e0ae8aec035b) — Memo · 2025 · Afr
- [Life Sciences Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/ba194139-8ff7-481e-92f4-d961a5c8d23a) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-free-state/470ae841-15a4-4ab3-a87b-abd2294edc20) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/bbdf9d27-c483-4cd4-af9f-287e699f482e) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-kzn/f412416e-57d1-473d-886a-87c9fbb8823c) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
