# Life Sciences Grade 12 P1 Gauteng Mock 2022 QP (Afr)

> Grade 12 Life Sciences Paper 1 question paper from the Gauteng Mock Exam 2022 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr12-life-sciences-p1-afrikaans-sep-2022-question-paper/e318e759-3c0d-4c71-abec-0476f318212d
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: Gauteng Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/life-sciences) › [Life Sciences Grade 12 P1 Gauteng Mock 2022 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr12-life-sciences-p1-afrikaans-sep-2022-question-paper/e318e759-3c0d-4c71-abec-0476f318212d)

## About this document

Life Sciences · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2022 · Afrikaans. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

VOORBEREIDENDE EKSAMEN
             2022
             10831

      LEWENSWETENSKAPPE

           VRAESTEL 1

                          TYD:     2½ uur

                          PUNTE:   150

                          17 bladsye

                                            b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                                LEWENSWETENSKAPPE                       2
                                                (Vraestel 1)     10831/22

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.   Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDBOEK.

2.   Begin die antwoord op ELKE vraag boaan ŉ NUWE bladsy.

3.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
     gebruik is.

4.   Bied jou antwoorde volgens die instruksies by elke vraag aan.

5.   Maak ALLE sketse met potlood en die byskrifte met blou of swart ink.

6.   Teken diagramme, vloeidiagramme en tabelle slegs wanneer dit gevra word.

7.   Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken NIE.

8.   MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.

9.   Jy mag ŉ nie-programmeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik, waar nodig.

10. Skryf netjies en leesbaar.

                                                                                            b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                                  LEWENSWETENSKAPPE                    3
                                                  (Vraestel 1)     10831/22

AFDELING A

VRAAG 1

1.1   Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
      Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die
      vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.1.11 D.

      1.1.1   Watter klier is betrokke by die regulering van die soutbalans in die
              liggaam?

              A     Pankreas
              B     Hipotalamus
              C     Pituïtêre
              D     Adrenale

      1.1.2   Dendriete neem altyd impulse …

              A     na die selliggaam.
              B     na die reseptor.
              C     na die sinaps.
              D     na die akson.

      1.1.3   Die grootste deel van die brein is die …

              A     serebrum.
              B     medulla oblongata.
              C     serebellum.
              D     pons.

      1.1.4   Watter van die volgende is van toepassing op die vlak van absisiensuur
              in sade wat normaalweg in die lente ontkiem?

              A     Dit neem toe van winter tot lente.
              B     Dit neem af van winter tot lente.
              C     Dit bly hoog van winter tot lente.
              D     Dit bly laag van winter tot lente.

                                                                                           b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                          LEWENSWETENSKAPPE                   4
                                          (Vraestel 1)     10831/22

1.1.5   Hieronder is ŉ lys van kenmerke wat tydens puberteit gesien word.
        Bestudeer die lys en beantwoord die vraag wat volg.

        (i)     Verhoogde vlakke van estrogeen en progesteroon
                Meer hare in die skaamarea en onder die arms
        (ii)    Spiermassa neem toe en skouers word breër.
                Die larinks vergroot en die stem word dieper.
        (iii)   Verhoogde vlakke van estrogeen en progesteroon
                Meer hare in die skaamstreek en onder die arms
        (iv)    Spiermassa neem toe en skouers word breër.

        Watter eienskappe is SLEGS van toepassing op puberteit by mans?

        A       (i) en (iv)
        B       (i) en (ii)
        C       (ii) en (iii)
        D       (iii) en (iv)

1.1.6   Watter van die volgende is NIE deel van die sentrale senuweestelsel
        NIE?

        A        Serebrum
        B        Medulla oblongata
        C        Corpus luteum
        D        Rugmurg

1.1.7   Watter deel van die outonome senuweestelsel het ŉ soortgelyke effek
        op die liggaam as adrenalien?

        A       Somaties
        B       Perifeer
        C       Simpaties
        D       Parasimpaties

1.1.8   Watter van die volgende verteenwoordig die korrekte stel gebeure
        betrokke by die afskeiding en werking van ADH (antidiuretiese
        hormoon)?

                 WATERVLAK       HOEVEELHEID           HOEVEELHEID
                 IN DIE BLOED:   ADH                   WATER WAT DEUR
                 RELATIEF TOT    GEPRODUSEER:          NIERE
                 NORMAAL         RELATIEF TOT          GEREABSORBEER
                                 NORMAAL               WORD
         A           Toename         Toename                 Afname
         B           Toename          Afname                Toename
         C            Afname         Toename                Toename
         D            Afname          Afname                 Afname

                                                                                  b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                                   LEWENSWETENSKAPPE                        5
                                                   (Vraestel 1)     10831/22

      1.1.9     ŉ Persoon ervaar ŉ afname in bloedglukosevlakke. Dit is omdat daar …

                A     ŉ toename in insulien is.
                B     ŉ toename in glukagon is.
                C     geen adrenalien vrygestel word nie.
                D     geen groeihormoon vrygestel is nie.

      1.1.10    ŉ Hiperafskeiding van watter hormoon veroorsaak dat ŉ persoon
                abnormaal lank groei?

                A     TSH
                B     GH
                C     LH
                D     FSH
                                                                                 (10 x 2)   (20)

1.2   Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings.
      Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die
      ANTWOORDBOEK neer.

      1.2.1    Buisvormige struktuur wat bloedvate bevat wat ŉ fetus met die plasenta
               verbind

      1.2.2    Kliere wat hormone in die bloedstroom vrystel

      1.2.3    Tipe neurone wat sensoriese en motoriese neurone verbind

      1.2.4    Vloeistof om die brein en rugmurg wat help met beskerming

      1.2.5    Deel van ŉ neuron wat die nukleus bevat
                                                                                  (5 x 1)   (5)

1.3   Dui aan of elk van die stellings in KOLOM I van toepassing is op SLEGS A,
      SLEGS B, BEIDE A en B of GEENEEN van die items in KOLOM II nie.
      Skryf slegs A, slegs B, beide A en B, of geeneen langs die vraagnommers
      (1.3.1 tot 1.3.3) in die ANTWOORDBOEK neer.

                          KOLOM I                                   KOLOM II
      1.3.1    Plantverdedigingsmeganisme                   A   Dorings
                                                            B   Chemikalieë
      1.3.2    Funksie van die senuweestelsel               A   Reageer op stimuli
                                                            B   Koördineer aktiwiteite
      1.3.3    Die plasenta ontstaan uit hierdie deel       A   Chorion
                                                            B   Endometrium
                                                                                  (3 x 2)   (6)

                                                                                                b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                                 LEWENSWETENSKAPPE           6
                                                 (Vraestel 1)     10831/22

1.4   Die diagram hieronder verteenwoordig dele van die menslike oog.

      1.4.1   Identifiseer die strukture gemerk B, G en I onderskeidelik.     (3)

      1.4.2   Gee die LETTER en NAAM van die deel wat:

              (a) In deursnit toeneem tydens ŉ veg of vlug reaksie            (2)

              (b) ŉ Bondel is, wat baie sensoriese neurone bevat              (2)

              (c) Voorkom dat stof die oog binnegaan                          (2)

      1.4.3   Noem die verandering wat elk van die volgende strukture sal
              ondergaan wanneer ŉ persoon op ŉ nabye voorwerp fokus:

              (a) Deel C                                                      (1)

              (b) Deel D                                                      (1)

              (c) Deel E                                                      (1)

      1.4.4   Noem EEN behandeling vir elk van die volgende:

              (a) Bysiendheid                                                 (1)

              (b) Katarakte                                                   (1)
                                                                             (14)

                                                                                 b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                                LEWENSWETENSKAPPE                       7
                                                (Vraestel 1)     10831/22

1.5   Die diagram hieronder verteenwoordig die manlike menslike voortplantingstelsel.

                                                                  A

                                                                  B

                                                                  C
                     E
                                                                  D

                                                                  Epididimis

              Skrotum
                                                                  Testis

      1.5.1    Gee die LETTERS van AL die strukture wat by elk van die volgende
               betrokke is:

               (a)   Produksie van die vloeibare deel van semen                         (1)

               (b)   Vervoer deurgang van sperm en semen                                (1)

      1.5.2    Noem elk van die volgende:

               (a)   Klier B                                                            (1)

               (b)   Die hormoon wat deur die testes geproduseer word, wat die
                     ontwikkeling van manlike sekondêre seksuele eienskappe
                     teweegbring                                                        (1)

      1.5.3    Noem die omgewingsfaktor waarby die skrotum aanpas om optimale
               spermproduksie te verseker.                                              (1)
                                                                                        (5)

                                                            TOTAAL AFDELING A:              50

                                                                                            b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                                                         LEWENSWETENSKAPPE                       8
                                                                         (Vraestel 1)     10831/22

AFDELING B

VRAAG 2

2.1   Die grafiek hieronder toon veranderinge in die deursnit van ŉ follikel
      gedurende die eerste 25 dae van die ovariale siklus.

                                        Veranderinge in die deursnit van ŉ follikel tydens die
                                                           ovariale siklus

        Follikel deursnit (mm)
                                 25

                                                               18,8        B
                                 20

                                 15                 13,3

                                 10
                                           A
                                 5                                                         3,4   C
                                 0
                                           5         10         13        14               20    25
                                                     Die dag wat die follikel gemeet is

      2.1.1                           Gee die deursnit van die follikel op dag 14.                               (1)

      2.1.2                           Bereken die persentasie toename in follikel deursnee vanaf dag 10
                                      tot 13. Toon ALLE berekeninge.                                             (3)

      Vrae 2.1.3 tot 2.1.5 is gebaseer op die volgende inligting.

                                      Die beelde hieronder toon drie verskillende stadiums (primêre follikel,
                                      Graafse follikel en die corpus luteum) in ŉ follikel se ontwikkeling
                                      tydens die ovariale siklus. Die follikels hieronder is nie in die regte
                                      volgorde nie. Die voorkoms van ŉ follikel en deursnit van die follikel
                                      verander tydens die ovariale siklus, afhangend van watter dag in die
                                      ovariale siklus dit bekyk word. Gebruik die grafiek hierbo en die prente
                                      hieronder om Vrae 2.1.3 tot 2.1.5 te beantwoord.

                                           I                    II                   III

                                                                                                                     b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                                     LEWENSWETENSKAPPE                  9
                                                     (Vraestel 1)     10831/22

      2.1.3   Noem die follikels gemerk II en III.                                       (2)

      2.1.4   Pas elk van die follikels gemerk I, II en III by hul ooreenstemmende
              staaf A, B of C op die grafiek, bv., D pas by IV.                          (3)

      2.1.5   Indien die verandering in die follikel deursnit gesien na dag 14
              voortduur tot dag 28, verduidelik hoe dit ŉ vrou se uteriene siklus sal
              beïnvloed.                                                                 (3)
                                                                                        (12)

2.2   Die diagramme hieronder toon strukture op verskillende stadiums van
      ontwikkeling na bevrugting by ŉ menslike vrou.

                       I                       II                   III

      2.2.1   Identifiseer die strukture in die diagramme gemerk I en III.               (2)

      2.2.2   Beskryf hoe die sel in diagram II gevorm is.                               (3)

      2.2.3   Teken ŉ basiese benoemde diagram van die vroulike
              voortplantingstelsel van voor gesien en dui op die diagram aan waar
              elk van die strukture hierbo geleë kan wees, deur slegs die nommers I,
              II en III te gebruik.                                                      (5)
                                                                                        (10)

                                                                                            b.o.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                                LEWENSWETENSKAPPE                     10
                                                (Vraestel 1)     10831/22

2.3   Die diagram hieronder toon ŉ spermsel.

                                          Mitochondria

              Stert                                                  Akrosoom

                                                         Nukleus

      2.3.1    Noem hoe die volgende strukture geskik is om die spermsel te help om
               sy funksie te verrig:

               (a)     Die mitochondria                                                (2)

               (b)     Die akrosoom                                                    (2)

      2.3.2    Spermselle en ova word deur gametogenese geproduseer. Dit gebeur
               wanneer diploïede selle meiose ondergaan om haploïede selle te
               produseer.

               Tabuleer TWEE verskille tussen gametogenese by mans en vrouens,
               wat nie in die teks hierbo genoem word nie.                             (5)
                                                                                       (9)

                                                                                       b.o.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                                  LEWENSWETENSKAPPE                    11
                                                  (Vraestel 1)     10831/22

2.4   Die diagramme hieronder toon die interne strukture van ŉ amniotiese eier na
      bevrugting, sowel as die kuiken wat uit die eier uitgebroei het.

                                  Amniotiese vloeistof

                                  Dooiersak

                Amniotiese eier                          Uitgebroeide kuiken

      2.4.1   Noem die tipe bevrugting wat hier plaasgevind het.                        (1)

      2.4.2   Noem die tipe voortplantingstrategie wat getoon word deur die
              ontwikkeling van ŉ embrio binne ŉ amniotiese eier.                        (1)

      2.4.3   Identifiseer die tipe ontwikkeling wat die uitgebroeide kuiken toon.      (1)

      2.4.4   Gee TWEE funksies van die amniotiese vloeistof.                           (2)

      2.4.5   Verduidelik hoe die grootte van die dooiersak die ontwikkeling van die
              kuiken in die diagram beïnvloed.                                          (3)
                                                                                        (8)

                                                                                        b.o.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                                  LEWENSWETENSKAPPE                    12
                                                  (Vraestel 1)     10831/22

2.5   Lees die onderstaande gedeelte en beantwoord die vrae wat volg.

                      Die fisiologiese impak van ŉ hongerstaking

      Tydens normale metabolisme breek die liggaam komplekse koolhidrate af in
      eenvoudige suikers soos glukose, wat as brandstof dien vir die triljoene selle
      waaruit die menslike liggaam bestaan.

      Na agt uur se hongerstaking, begin die liggaam se metabolisme (die tempo
      waarteen dit energie verbruik) vertraag. Die hart pomp stadiger en die liggaam
      produseer minder hitte. Wanneer die bloedglukosevlakke uitgeput is, begin die
      liggaam gestoorde koolhidrate in glukose omskakel om energie deur respirasie
      op te wek. Dit sal net vir ŉ kort tydperk duur. Later sal die liggaam vet en
      spierproteïene moet gebruik om glukose te produseer.

      2.5.1   Noem die hormoon wat die liggaam se normale metabolisme reguleer.         (1)

      2.5.2   Gebruik die teks hierbo en gee TWEE spesifieke funksies van die
              hormoon genoem in VRAAG 2.5.1.                                            (2)

      2.5.3   Verskaf EEN alternatiewe bron van energie wat die liggaam gebruik
              wanneer alle koolhidraatreserwes uitgeput is.                             (1)

      2.5.4   Noem die gestoorde koolhidraat wat in glukose omgeskakel kan word.        (1)

      2.5.5   Beskryf hoe die liggaam van ŉ hongerstakende persoon gestoorde
              koolhidrate in glukose sal omskakel.                                      (6)
                                                                                       (11)

                                                                                       [50]

                                                                                        b.o.

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
                                                  LEWENSWETENSKAPPE                 13
                                                  (Vraestel 1)     10831/22

VRAAG 3

3.1   Navorsers aan die Universiteit van Kaapstad het die nuwe Infrarooi Termiese
      Tegnologie (ITT) gebruik, ŉ tegniek met hoë sensitiwiteit en digitale
      akkuraatheid, om die hitte wat deur die menslike vel vrygestel word, onder
      verskillende omgewingstemperatuurtoestande te meet. Die resultate word in
      die tabel hieronder getoon.

        Temperatuur (°C)            Gemiddelde hitte vrygestel (µJoule/cm2/min)
                 16                                     30
                 20                                     50
                 24                                     70
                 28                                     110
                 32                                     160
                 36                                     200
                 40                                     200
                 44                                     200

      3.1.1   Gee die TERM wat gebruik word om die homeostatiese beheer van
              liggaamstemperatuur te beskryf.                                        (1)

      3.1.2   Beskryf hoe die bloedvate van die vel die gemiddelde hitte wat
              vrygestel word wanneer die omgewingstemperatuur van
              16 °C tot 36 °C toegeneem het, verhoog.                                (3)

      3.1.3   Verduidelik waarom sweet ŉ belangriker rol speel in die handhawing
              van liggaamstemperatuur, wanneer die omgewingstemperatuur van
              36 °C tot 44 °C styg.                                                  (4)

      3.1.4   Gebruik die inligting in die tabel om ŉ lyngrafiek te teken.           (6)
                                                                                    (14)

                                                                                     b.o.

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
                                                 LEWENSWETENSKAPPE                     14
                                                 (Vraestel 1)     10831/22

3.2   ŉ Potplant is op sy sy in ŉ donker boks geplaas. Na 2 weke het die stingel
      opwaarts begin groei.

      3.2.1   Noem die omgewingsfaktor wat verantwoordelik is vir die stingel se
              opwaartse groei wanneer die potplant op sy sy geplaas is.                 (1)

      3.2.2   Identifiseer die verskynsel wat deur die stingel se opwaartse groei
              aangedui word.                                                            (1)

      3.2.3   Noem die planthormoon wat verantwoordelik is vir die stingel se
              opwaartse groei.                                                          (1)

      3.2.4   Beskryf hoe die verspreiding van die hormoon genoem in
              VRAAG 3.2.3 veroorsaak dat die stingel in ŉ opwaartse rigting gebuig
              het.                                                                      (4)

      3.2.5   Verduidelik EEN manier waarop die stingel se opwaartse groei die
              plant bevoordeel.                                                         (2)
                                                                                        (9)

3.3   Die menslike oor speel ŉ belangrike rol in gehoor en balans wat mense in staat
      stel om op hul omgewing te reageer.

      3.3.1   Beskryf die proses van gehoor.                                            (7)

      3.3.2   Verduidelik TWEE maniere waarop die halfsirkelvormige kanale
              struktureel geskik is vir hul funksie.                                    (4)
                                                                                       (11)

                                                                                        b.o.

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
                                                  LEWENSWETENSKAPPE                   15
                                                  (Vraestel 1)     10831/22

3.4   Een van die simptome van COVID-19 is die verlies aan smaak. Dit neem baie
      pasiënte ŉ lang tyd om hul smaak te herstel nadat hulle COVID-19 gehad het. ŉ
      Groep leerders het besluit om ŉ ondersoek uit te voer, om te vergelyk hoe die
      tyd ná infeksie met die virus die hoeveelheid smaak wat herstel word,
      beïnvloed. Hulle het ŉ aantal leerders gevra wat herstel het van COVID-19 en
      twee leerders wat nog nooit besmet was nie, om vrywilligers vir die ondersoek
      te wees.

      Hulle het die prosedure hieronder gevolg:

         Hulle het soutwateroplossings van verskillende konsentrasies geproduseer
          soos beskryf in die tabel hieronder.

      Tabel 1: Beskrywing van hoe die soutwateroplossings vervaardig is

             Botteletiket    Oplossingskonsentrasie
             Monster A       500 ml water sonder ŉ byvoeging (suiwer water)
             Monster B       500 ml water met 1 teelepel sout
             Monster C       500 ml water met 2 teelepels sout
             Monster D       500 ml water met 3 teelepels sout
             Monster E       500 ml water met 4 teelepels sout

         Pipette (druppers) is gebruik om 3 druppels van een oplossing op die tong
          van die deelnemers te plaas.
         Die deelnemers is gevra of hulle die sout kon proe.
         Na 5 minute is 3 druppels van ŉ ander oplossing op die tonge van die
          deelnemers geplaas. Hulle is weer gevra of hulle die sout kan proe.
         Hierdie proses is herhaal totdat al die oplossings op elk van die
          deelnemers getoets is.
         Die oplossings is in ŉ ewekansige volgorde aan vrywilligers gegee.

                                                                                       b.o.

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
                                                  LEWENSWETENSKAPPE                     16
                                                  (Vraestel 1)     10831/22

  Die resultate van die ondersoek word in die tabel hieronder getoon. ŉ X is in die
  blokkie geplaas as die leerder gesê het dat hulle die soutigheid kan proe.

                                          Monster
                         A         B        C         D                           E
             Die duur
                       500 ml   500 ml    500 ml    500 ml                      500 ml
 Naam van     sedert
                       water + water + 1 water + 2 water + 3                   water + 4
 deelnemer COVID-19-
                      geen sout  lepel    lepels    lepels                      lepels
             infeksie
                                 sout      sout      sout                        sout
Zayzay     2 weke                                                                 X
Kayla      2 weke                                                                 X
Maimoonah 4 weke                                      X                           X
Mpho       4 weke                                     X                           X
Jessica    6 weke                           X         X                           X
Tumisang       6 weke                                     X            X            X
Given          6 weke             X                       X
Urwa           8 weke                         X           X            X            X
Katleho        8 weke                         X           X            X            X
Rethabile      Nooit gehad                    X           X            X            X
               nie
Martinus       Nooit gehad                    X           X            X            X
               nie

  LET WEL:      Die leerders het besluit om nie Given se data in hul ontleding te
                oorweeg nie, aangesien hulle gedink het hy gee doelbewus
                (opsetlik) verkeerde antwoorde. Hulle het hom vervang met
                Tumisang wat ook ses weke gelede van COVID-19 herstel het.

  3.4.1     Oorweeg die monsters (A – E). Watter monster het die grootste
            konsentrasie sout gehad?                                                       (1)

  3.4.2     Beskryf hoe die senuweestelsel ŉ normale persoon in staat stel om die
            smaak van ŉ sout vloeistof (stimulus) te interpreteer wanneer dit op die
            tong geplaas word.                                                             (3)

  3.4.3     Identifiseer die afhanklike veranderlike in hierdie ondersoek.                 (1)

  3.4.4     Identifiseer TWEE veranderlikes wat die leerders dieselfde gehou het.          (2)

  3.4.5     Beskryf die algemene neiging wat deur die resultate getoon word.               (2)

  3.4.6     Kies die TWEE deelnemers wat as die kontrole in hierdie ondersoek
            opgetree het.                                                                  (2)

                                                                                           b.o.

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
                                         LEWENSWETENSKAPPE                    17
                                         (Vraestel 1)     10831/22

3.4.7   Gee ŉ rede vir jou antwoord op VRAAG 3.4.6.                            (1)

3.4.8   Verduidelik hoe die betroubaarheid en geldigheid van die ondersoek
        beïnvloed word deur die uitlating van Given se resultate en die
        vervanging daarvan met Tumisang se resultate.                          (4)
                                                                              (16)

                                                                              [50]

                                                      TOTAAL AFDELING B:      100

                                                                    TOTAAL:   150

                                    EINDE

## Related documents

- [Grade 12 NSC Life Sciences P1 (Afrikaans) X05 2019 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p1-afrikaans-x05-2019-preparatory-examination-question-paper/6ca916a7-2250-4497-9409-7188154ce36b) — Life Sciences · QP · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Sciences P1 10832 (Afrikaans) Preperatory 2016 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p1-10832-afrikaans-preperatory-2016-question-paper/f3d96818-aad0-4820-91c5-b7b9cea1287f) — Life Sciences · QP · 2016 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Science P1 (Afrikaans) Preparatory 2018 Possible Answer](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-science-p1-afrikaans-preparatory-2018-possible-answer/47d1fae5-b964-4653-aaa6-a3b2ad4a2512) — Life Sciences · Memo · 2018 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Sciences P1 (Afrikaans) Preparatory 2017 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p1-afrikaans-preparatory-2017-possible-answers/4d8cb2b6-23ab-4f9d-966d-af83482574f4) — Life Sciences · Memo · 2017 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Sciences P1 (Afrikaans) 2015 Preparatory Examination Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p1-afrikaans-2015-preparatory-examination-possible-answers/846bf94c-4e3c-4745-a5fe-37416d2bc053) — Life Sciences · Memo · 2015 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Sciences P2 (Afrikaans) 2020 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p2-afrikaans-2020-preparatory-question-paper/4c141cfe-8e69-4401-8dd4-97d64de4938a) — Life Sciences · QP · 2020 · Afr

## More from Grade 12 Life Sciences

- [LEWENSWETENSKAPPE V1 MEMO GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/lewenswetenskappe-v1-memo-gr12-sept-2025-watermark/ee8ac4d1-8b43-4b2a-87fc-d07277b88025) — Memo · 2025
- [LIFE SCIENCES P2 MEMO GR12 SEPT 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-memo-gr12-sept-2025-afr-watermark/be114f07-9b13-48d1-9cae-e0ae8aec035b) — Memo · 2025 · Afr
- [Life Sciences Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/ba194139-8ff7-481e-92f4-d961a5c8d23a) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-free-state/470ae841-15a4-4ab3-a87b-abd2294edc20) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/bbdf9d27-c483-4cd4-af9f-287e699f482e) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-kzn/f412416e-57d1-473d-886a-87c9fbb8823c) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
