# Life Sciences Grade 12 P2 Gauteng Mock 2021 QP (Afr)

> Grade 12 Life Sciences Paper 2 question paper from the Gauteng Mock Exam 2021 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr12-life-sciences-p2-afrikaans-2021-preparatory-question-paper/5ea089b0-24b4-4c82-8932-c6483fff19aa
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2021
- Exam period: Gauteng Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/life-sciences) › [Life Sciences Grade 12 P2 Gauteng Mock 2021 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr12-life-sciences-p2-afrikaans-2021-preparatory-question-paper/5ea089b0-24b4-4c82-8932-c6483fff19aa)

## About this document

Life Sciences · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2021 · Afrikaans. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Gr12 Life Sciences P2 (Afrikaans) 2021 Preparatory Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr12-life-sciences-p2-afrikaans-2021-preparatory-possible-answers/07d532e0-9e14-43cd-8b65-eafbe304db10) — Memo · 2021 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

             GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                  VOORBEREIDENDE EKSAMEN

                           2021
                           10832

                     LEWENSWETENSKAPPE

                         VRAESTEL 2

TYD:     2½ uur

PUNTE:   150

17 bladsye

                                                  b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                       LEWENSWETENSKAPPE                              2
                                       (Vraestel 2)                        10832/21

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.

1.   Beantwoord AL die vrae.

2.   Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDBOEK neer.

3.   Begin die antwoorde op ELKE vraag bo-aan ŉ NUWE bladsy.

4.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
     vraestel gebruik word.

5.   Bied jou antwoorde aan volgens die instruksies van elke vraag.

6.   Maak ALLE tekeninge met potlood en byskrifte met blou of swart ink.

7.   Teken diagramme, vloeidiagramme of tabelle slegs wanneer gevra word.

8.   Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
     NIE.

9.   MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.

10. Jy moet ŉ nie-programmeerbare sakrekenaar, gradeboog en ŉ passer gebruik,
    waar nodig.

11. Skryf netjies en leesbaar.

                                                                                          b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                        LEWENSWETENSKAPPE                              3
                                        (Vraestel 2)                       10832/21

AFDELING A

VRAAG 1

1.1   Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
      Kies die regte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
      (1.1.1 – 1.1.10) in die ANTWOORDBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 D.

      1.1.1   Die molekules wat by transkripsie betrokke is, is ...

              A     mitochondriale DNS en b-RNS.
              B     selkern-DNS en o-RNS.
              C     selkern-DNS en b-RNS.
              D     mitochondriale DNS en selkern-DNS.

      1.1.2   Tydens meiose ...

              A     word twee dogterselle gevorm.
              B     is al die dogterselle identies aan mekaar.
              C     verdubbel die chromosoomgetal.
              D     kom twee verdelings van die selkern voor.

      1.1.3   In ŉ ondersoek word dit bevind dat 10% van die stikstofagtige basisse
              in ŉ DNS-molekule sitosien is.

              Wat is die verhouding van sitosien tot adenien in dieselfde molekule?

              A     1: 1
              B     1: 2
              C     1: 3
              D     1: 4

      1.1.4   ŉ Sekere afwyking by mense word veroorsaak deur ŉ X-gekoppelde
              dominante alleel. Wat is die verwagte resultaat in die nakomelinge van
              ŉ normale vrou en ŉ man wat diѐ siekte het?

              A     50% van die seuns is geaffekteer en 50% van die dogters is
                    normaal.
              B     Alle dogters is normaal en alle seuns word geaffekteer.
              C     Alle dogters word geaffekteer en alle seuns is normaal.
              D     Al die seuns en dogters word geaffekteer.

                                                                                           b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                     LEWENSWETENSKAPPE                           4
                                     (Vraestel 2)                    10832/21

1.1.5   Drie twee jarige meisies het in ŉ spesifieke gebied vermis geraak.
        Forensiese kundiges het daarin geslaag om monsters van hul DNS te
        bekom en het dit gebruik om DNS-profiele te vervaardig. Ses jaar later
        is ŉ meisie gevind en is vermoedelik een van die vermiste meisies.
        Sy is Meisie X genoem.
        Haar DNS-profiel is vervaardig en is met dié van die drie vermiste
        meisies vergelyk.

        Al die DNS-profiele word hieronder getoon.

                          Meisie X       Vermiste Meisies
                                         1      2       3

        Volgens hierdie DNS-profiele is Meisie X …

        A     die vermiste meisie 1.
        B     die vermiste meisie 2.
        C     die vermiste meisie 3.
        D     nie een van die vermiste meisies nie.

                                                                                     b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                 LEWENSWETENSKAPPE                                5
                                 (Vraestel 2)                         10832/21

1.1.6   ŉ Paar homoloë chromosome dra die geenkombinasie Th en tH
        onderskeidelik voor meiose, soos getoon in die onderstaande diagram.
        Die gevolglike gameet het die genotipe TH.

        Watter van die volgende prosesse het waarskynlik hierdie kombinasie
        veroorsaak?

        A      Onafhanklike sortering
        B      Oorkruising
        C      Segregasie van allele
        D      Chromosoommutasie

1.1.7   Die aminosuurvolgorde van hemoglobienmolekules word gereeld
        gebruik om vas te stel hoe nou verwant die verskillende spesies aan
        mekaar is.
        Die volgende tabel toon die aminosuurvolgorde van ŉ klein gedeelte
        hemoglobien van verskillende spesies.

                                   Aminosuurvolgorde in dieselfde deel
                  Spesie
                                     van die hemoglobienmolekules
            Mens                             Lys-Glu-His-Iso-
            Perd                             Arg-Lys-His-Lys
            Gorilla                          Lys-Glu-His-Lys
            Sjimpansee                       Lys-Glu-His-Iso
            Sebra                            Arg-Lys-His -Arg

        Veronderstel dat die aminosuurvolgorde dieselfde is vir die res van die
        molekule, watter twee spesies is die naaste verwant?

        A     Mens en Gorilla
        B     Gorilla en Sjimpansee
        C     Perd en Sebra
        D     Mens en Sjimpansee

                                                                                      b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                        LEWENSWETENSKAPPE                                    6
                                        (Vraestel 2)                        10832/21

      1.1.8    Watter van die volgende kom voor in profase 1, maar nie in profase 2
               van meiose nie?

               A     Chromosome is sigbaar
               B     Homoloë chromosome vorm pare
               C     Die kernmembraan breek af
               D     Spoelvesels ontwikkel

      1.1.9    Die tipe proteïen wat vorm, word bepaal deur die ...

               A     volgorde van aminosure.
               B     tipe suiker in die nukleïensuur.
               C     aantal fosfaatmolekules.
               D     paring van stikstofbasisse in die DNS-molekule.

      1.1.10   Tydens die kloningsproses van ŉ genetiese superieure skaap ...

               A     versmelt die selkern van die ovum met die selkern van die
                     somatiese sel.
               B     word ŉ spermsel geneem om met ŉ ovum te smelt en ŉ embrio
                     te vorm.
               C     word die selkern van die skenkerskaap in ŉ leë ovum geplaas.
               D     ontwikkel die embrio deur meiose.

                                                                               (10 x 2)      (20)

1.2   Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf
      slegs die term langs die vraagnommers (1.2.1 – 1.2.6) in die ANTWOORDBOEK
      neer.

      1.2.1    Die verdeling van die sitoplasma tydens die proses van meiose

      1.2.2    Die fase van proteïensintese wat in die sitoplasma voorkom

      1.2.3    Selle gevorm in mans as gevolg van meiose

      1.2.4    Monomere van nukleïensure

      1.2.5    Die sigbare voorstelling van ŉ volledige stel chromosome in ŉ sel

      1.2.6    Die gebruik van lewende stelsels en organismes om produkte te
               ontwikkel of te maak, wat help om ons lewens te verbeter
                                                                                   (6 x 1)    (6)

                                                                                                 b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                         LEWENSWETENSKAPPE                                      7
                                         (Vraestel 2)                               10832/21

1.3   Dui aan of elk van die stellings in KOLOM I van toepassing is op SLEGS A,
      SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM II nie.
      Skryf slegs A, slegs B, beide A en B, of geeneen langs die vraagnommer
      (1.3.1 – 1.3.3) in die ANTWOORDBOEK neer.

                          KOLOM I                                        KOLOM II
      1.3.1   Verantwoordelik vir die ontdekking van         A       Crick
              die vorm van die DNS-molekule                  B       Franklin
      1.3.2   Die belangrikheid van meiose                   A       Produksie van sigote
                                                             B       Verdubbeling van
                                                                     chromosoomgetal
      1.3.3   Fossiele gevind in Suid-Afrika                 A       Mev. Ples
                                                             B       Lucy
                                                                                      (3 x 2)   (6)

1.4   Die onderstaande diagram stel twee fases van proteïensintese voor.

                                                  Prolien   Valien   Serien   Glisien

      1.4.1    Verskaf byskrifte vir:

               (a) Die binding by X
                                                                                                (1)
               (b) Organel 4
                                                                                                (1)
               (c) Molekule 1
                                                                                                (1)
               (d) Molekule 5
                                                                                                (1)

      1.4.2    Dien string 2 of string 3 as die templaat vir die proses wat plaasvind?          (1)

                                                                                                    b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                         LEWENSWETENSKAPPE                                     8
                                         (Vraestel 2)                           10832/21

      1.4.3   Skryf die DNS-basis drietal neer wat ooreenstem met die kodon
              genommer 7.                                                                       (1)

      1.4.4   Die onderstaande tabel toon twee verskille tussen ŉ DNS-molekule en ŉ
              RNS-molekule.

                                                  DNS                     RNS
                Tipe suiker              (a)                     (b)
                Aantal stringe           (c)                     (d)

              Skryf die letters (a – d) in jou ANTWOORDBOEK neer en lys die
              verskille.                                                                        (4)
                                                                                               (10)

1.5   In skape, is die alleel vir swartwol (B) dominant oor die alleel vir witwol (b) en die
      alleel vir horings (H) is dominant oor die alleel om horingloos (h) te wees.

      ŉ Swartwolskaap met horings word gekruis met ŉ witwol, horinglose skaap.

      Die Punnett-diagram hieronder toon die moontlike gamete wat deur elke ouer
      geproduseer word.

                    SKAAP 1             BH          Bh         bH          bh
                    SKAAP 2

                         bh                         X

                         bh                                     Y

                         bh

                         bh

      1.5.1   Noem waarom die bogenoemde voorbeeld ŉ dihibriedkruising voorstel?                (2)

      1.5.2   Gee die genotipe van die swartwolskape met horings wat in hierdie
              kruising gebruik is.                                                              (1)

      1.5.3   Gee die:

              (a)    Genotipe van nakomeling Y                                                  (1)

              (b)    Fenotipe van nakomeling X                                                  (1)

                                                                                                   b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                LEWENSWETENSKAPPE                              9
                                (Vraestel 2)                       10832/21

1.5.4   Gee die verhouding van die nageslag wat:

        (a)    Horings kan hê                                                  (1)

        (b)    Swartwol en horingloos sal wees                                 (1)

1.5.5   Watter persentasie van die nageslag sal na verwagting resessief wees
        vir albei eienskappe?                                                  (1)
                                                                               (8)

                                                     TOTAAL AFDELING A:            50

                                                                                   b.o.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                       LEWENSWETENSKAPPE                             10
                                       (Vraestel 2)                       10832/21

AFDELING B

VRAAG 2

2.1   Die onderstaande diagram stel ŉ fase van meiose voor.

                                                                           A

                                                                           B

      2.1.1   Identifiseer die fase wat in die diagram voorgestel word.               (1)

      2.1.2   Gee TWEE sigbare redes vir jou antwoord op VRAAG 2.1.1.                 (2)

      2.1.3   Identifiseer die benoemde deel:

              (a)    A
                                                                                      (1)
              (b)    B
                                                                                      (1)

      2.1.4   Gee die aantal chromosome wat in elke dogtersel aan die einde van
              meiose 2 van hierdie sel sou voorkom.                                   (1)

      2.1.5   Teken ŉ benoemde diagram van die fase voor die een wat in
              VRAAG 2.1.1 genoem word.                                                (5)

      2.1.6   Gee TWEE bronne van genetiese variasie behalwe meiose.                  (2)
                                                                                     (12)

2.2   Beskryf hoe ŉ spermsel gevorm deur nie-disjunksie van chromosoompaar 21,
      tot Down-sindroom lei.                                                          (3)

                                                                                      b.o.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                            LEWENSWETENSKAPPE                              11
                                            (Vraestel 2)                        10832/21

2.3   Graad 12-leerders het die oorerwing van eienskappe in vrugtevlieë bestudeer.
      Hulle het twee eienskappe van die vrugtevlieë waargeneem, naamlik oogkleur
      en vlerktipe. Die leerders wou ondersoek instel na die aantal vrugtevlieë wat die
      dominante en resessiewe fenotipe vir elke eienskap in ŉ populasie van 3 000
      vlieë gehad het.

      Die fenotipes en die allele wat daarvoor kodeer, word in die onderstaande tabel
      getoon.

                  Eienskappe                             Fenotipe
                                             Dominant               Resessief
                      Oogkleur          Rooi oë (R)          Wit oë (r)
                      Vlerktipe         Normale vlerke (N)   Vestigiale vlerke (n)

      Om hul ondersoek uit te voer, het hulle:

         Ewekansig 200 vrugtevlieë van die populasie versamel
         Die aantal vrugtevlieë wat elke fenotipe gehad het, gerekodeer

      Hulle resultate word in die onderstaande tabel getoon:

                 Eienskappe                 Fenotipe         Aantal vrugtevlieë
              Oogkleur                      Rooi                  125
                                            Wit                     75
              Vlerktipe                     Normaal                 47
                                            Vestigiaal            153

      2.3.1     Noem die tipe oorerwing wat vir beide eienskappe voorgestel word.           (1)

      2.3.2     Identifiseer die:

                (a)       Onafhanklike veranderlike                                         (1)
                (b)       Afhanklike veranderlike                                           (1)

      2.3.3     Beskryf DRIE beplanningstappe vir diѐ ondersoek.                            (3)

      2.3.4     Gee TWEE maniere waarop die graad 12-leerders die betroubaarheid
                van die ondersoek kan verhoog.                                              (2)

      2.3.5     Stel ŉ gevolgtrekking gebaseer op diѐ resultate.                            (2)

      2.3.6     Teken ŉ staafgrafiek om die resultate van die ondersoek voor te stel.       (6)
                                                                                           (16)

                                                                                            b.o.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                        LEWENSWETENSKAPPE                               12
                                        (Vraestel 2)                        10832/21

2.4   Duchenne se spierdistrofie (DSD) is ŉ neurospier versteuring en word
      veroorsaak deur ŉ resessiewe alleel Xd op die X-chromosoom. Die alleel vir
      normale neurospier funksionering is XD.

      Die erfenis van DSD in ŉ gesin word in die onderstaande diagram getoon.

                                                                 Sleutel:
                                                                       man met DSD

                                                                       normale man

                                                                       vrou met DSD

                                                                       normale vrou

      2.4.1   Hoeveel generasies word in hierdie familie getoon?                         (1)

      2.4.2   Gee die fenotipe vir individu P.                                           (2)

      2.4.3   Gee die genotipe vir individu Q.                                           (1)

      2.4.4   Individu S trou met ŉ vrou wat normaal is vir neurospier funksionering,
              maar dra die resessiewe alleel. Gebruik ŉ genetiese kruising om die
              persentasie nakomelinge wat DSD sal hê aan te toon.                        (6)
                                                                                        (10)

                                                                                         b.o.

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
                                        LEWENSWETENSKAPPE                              13
                                        (Vraestel 2)                      10832/21

2.5   Die onderstaande diagram toon ŉ proses wat in die selkern van ŉ sel plaasvind.

                                                            X

      2.5.1   Identifiseer die proses wat in die diagram getoon word.                   (1)

      2.5.2   Benoem die bindings wat X gemerk is.                                      (1)

      2.5.3   Noem die fase in die selsiklus wanneer hierdie proses plaasvind.          (1)

      2.5.4   Noem TWEE redes waarom die proses wat in VRAAG 2.5.1 genoem
              word, belangrik is.                                                       (2)
                                                                                        (5)

2.6   Bloedgroepe in mense word deur meervoudige allele beheer.

      2.6.1   Lys die DRIE allele vir bloedgroepe.                                      (1)

      2.6.2   Noem die aantal allele wat elke individu geërf het.                       (1)

      2.6.3   Sê kortliks waarom die gebruik van bloedgroepe nie heeltemal
              betroubaar is om vaderskap vas te stel nie.                               (2)
                                                                                        (4)
                                                                                       [50]

                                                                                        b.o.

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
                                       LEWENSWETENSKAPPE                              14
                                       (Vraestel 2)                        10832/21

VRAAG 3

3.1   Tabuleer DRIE verskille tussen kunsmatige seleksie en natuurlike seleksie.       (7)

3.2   Die onderstaande filogenetiese boom toon evolusie deur gepunte ewewig in ŉ
      insekspesie.

      Gebruik die letters A en B om die teorie van gepunte ewewig te verduidelik.      (4)

3.3   ŉ Voorvaderlike eekhoringbevolking wat in ŉ gebied woon, is geskei toe ŉ
      aardbewing veroorsaak het dat ŉ diep vallei vorm. Die twee bevolkings was van
      mekaar geskei en het nie meer in dieselfde omgewing gewoon nie. Oor
      duisende jare het die verdeelde eekhoringpopulasies twee verskillende spesies
      geword.

      3.3.1   Definieer die term bevolking.                                            (2)

      3.3.2   Beskryf die spesiasie van die eekhorings.                                (6)

      3.3.3   Noem TWEE voortplantingsisolasiemeganismes wat help om spesies
              apart te hou.                                                            (2)
                                                                                      (10)

                                                                                       b.o.

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
                                       LEWENSWETENSKAPPE                                15
                                       (Vraestel 2)                        10832/21

3.4   ŉ Bevolking paddas woon in ŉ dam. Die paddas kan donkerder of ligter van
      kleur wees. ŉ Bevolking reiers (langbeen watervoëls) wat op paddas voed,
      woon in dieselfde habitat. Oor ŉ tydperk, het die water in die dam donkerder
      van kleur geword. Dit het veroorsaak dat die paddabevolking oor ŉ tydperk van
      4 jaar verander het, soos in die onderstaande diagram getoon.

      Gebruik Darwin se teorie van evolusie om te verduidelik hoe die
      paddabevolking gedurende die periode van 4 jaar verander het.                      (6)

3.5   Die diagram hieronder toon drie skedels.

      3.5.1   Rangskik die skedels A, B en C van die oudste tot die jongste (mees
              onlangse).                                                                 (2)

      3.5.2   Beskryf die betekenis van die verskil in kraniumgrootte tussen skedel A
              en C.                                                                      (3)

      3.5.3   Beskryf TWEE sigbare verskille in die struktuur van die kakebeen van
              skedel A en B.                                                             (4)
                                                                                         (9)

                                                                                         b.o.

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
                                        LEWENSWETENSKAPPE                                16
                                        (Vraestel 2)                         10832/21

3.6   Die onderstaande foto toon die dele van die skeletstrukture van twee
      hominiede.

      3.6.1   Noem die term wat gebruik word om die tipe beweging van spesie B te
              beskryf.                                                                    (1)

      3.6.2   Verduidelik hoe die posisie van die foramen magnum, die ruggraat se
              vorm en die struktuur van die pelvis, geskik is vir die tipe beweging in
              spesie A.                                                                   (6)

      3.6.3   Noem TWEE spesies wat die tipe beweging getoon deur spesie A
              vertoon.                                                                    (2)
                                                                                          (9)

                                                                                          b.o.

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
                                      LEWENSWETENSKAPPE                               17
                                      (Vraestel 2)                         10832/21

3.7   Die filogenetiese boom hieronder toon die evolusionêre verwantskappe tussen
      sommige spesies.

                       Miljoene jare gelede                   Vandag

                                                                Moderne Mens

                                                                Sjimpansees

                                                                Gorillas

                                                                Orangoetangs

      3.7.1   Gee die LETTER van die mees onlangse gemeenskaplike voorouer van
              al die spesies in die diagram.                                           (1)

      3.7.2   Wanneer het sjimpansees en moderne mense van die gemeenskaplike
              voorouer C divergeer (geskei)?                                           (1)

      3.7.3   Noem DRIE eienskappe van die boonste ledemaat wat mense met ander
              primate deel.                                                            (3)
                                                                                       (5)
                                                                                      [50]

                                                            TOTAAL AFDELING B:        100

                                                                            TOTAAL:   150

                                          EINDE

## Related documents

- [Grade 12 NSC Life Sciences P2 (Afrikaans) 2020 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p2-afrikaans-2020-preparatory-question-paper/4c141cfe-8e69-4401-8dd4-97d64de4938a) — Life Sciences · QP · 2020 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Sciences P2 (Afrikaans) X05 2019 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p2-afrikaans-x05-2019-preparatory-examination-question-paper/ef93fd9a-8d6c-457f-9666-9b77ed91aae4) — Life Sciences · QP · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Sciences P2 (Afrikaans) 2015 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p2-afrikaans-2015-preparatory-examination-question-paper/82f3d670-5978-4924-921a-4e1431048e3f) — Life Sciences · QP · 2015 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Sciences P2 (Afrikaans) 2019 Preparatory Examination Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p2-afrikaans-2019-preparatory-examination-possible-answers/89cacd47-ed47-476c-8c59-15b63c491262) — Life Sciences · Memo · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Sciences P1 (Afrikaans) X05 2019 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p1-afrikaans-x05-2019-preparatory-examination-question-paper/6ca916a7-2250-4497-9409-7188154ce36b) — Life Sciences · QP · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Sciences P1 10832 (Afrikaans) Preperatory 2016 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p1-10832-afrikaans-preperatory-2016-question-paper/f3d96818-aad0-4820-91c5-b7b9cea1287f) — Life Sciences · QP · 2016 · Afr

## More from Grade 12 Life Sciences

- [LEWENSWETENSKAPPE V1 MEMO GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/lewenswetenskappe-v1-memo-gr12-sept-2025-watermark/ee8ac4d1-8b43-4b2a-87fc-d07277b88025) — Memo · 2025
- [LIFE SCIENCES P2 MEMO GR12 SEPT 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-memo-gr12-sept-2025-afr-watermark/be114f07-9b13-48d1-9cae-e0ae8aec035b) — Memo · 2025 · Afr
- [Life Sciences Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/ba194139-8ff7-481e-92f4-d961a5c8d23a) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-free-state/470ae841-15a4-4ab3-a87b-abd2294edc20) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/bbdf9d27-c483-4cd4-af9f-287e699f482e) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-kzn/f412416e-57d1-473d-886a-87c9fbb8823c) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
