# Life Sciences Grade 12 P2 Gauteng Mock 2022 Memo (Afrikaans)

> Grade 12 Life Sciences Paper 2 memorandum from the Gauteng Mock Exam 2022 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr12-life-sciences-p2-afrikaans-sep-2022-possible-answers/66120b1a-74d7-4391-bead-4812876a96a1
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2022
- Exam period: Gauteng Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/life-sciences) › [Life Sciences Grade 12 P2 Gauteng Mock 2022 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/gr12-life-sciences-p2-afrikaans-sep-2022-possible-answers/66120b1a-74d7-4391-bead-4812876a96a1)

## About this document

Life Sciences · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2022 · Afrikaans. Memorandum, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

             VOORBEREIDENDE EKSAMEN
                      2022

                  NASIENRIGLYNE

       LEWENSWETENSKAPPE VRAESTEL 2 (10832)

14 bladsye

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                     10832/22

BEGINSELS MET BETREKKING TOT NASIEN VAN LEWENSWETENSKAPPE

1.    Indien meer inligting as die puntetoekenning gegee word
      Hou op nasien wanneer die maksimum punte behaal is en trek ŉ kronkellyn en
      dui 'maks' punte in die regterkantse kantlyn aan.

2.    Indien, byvoorbeeld, drie redes vereis en vyf gegee word
      Sien net die eerste drie na, ongeag of almal of sommige korrek/nie korrek is nie.

3.    Indien die hele proses beskryf word terwyl slegs ŉ deel vereis word
      Lees alles en krediteer die relevante dele.

4.    Indien vergelykings vereis word, maar beskrywings gegee word
      Aanvaar indien die verskille/ooreenkomste duidelik is.

5.    Indien tabulering vereis word en paragrawe gegee word
      Kandidate sal punte verbeur indien nie getabuleer nie.

6.    Indien geannoteerde diagramme gegee word as beskrywings vereis word
      Kandidate sal punte verbeur.

7.    Indien vloeidiagramme in plaas van beskrywings aangebied word
      Kandidate sal punte verbeur.

8.    Indien die volgorde vaag is en skakels nie sin maak nie
       Krediteer waar volgorde en skakels korrek is. Waar volgorde en skakels nie
       korrek is nie, moenie krediteer nie. As volgorde en skakel weer korrek is, gaan
       voort om te krediteer.

9.    Nie-erkende afkortings
      Aanvaar indien dit aan die begin van antwoord omskryf is. Indien dit nie omskryf
      is nie, moenie krediteer nie, maar krediteer die res van die antwoord indien dit
      korrek is.

10.   Verkeerd genommer
      Indien die antwoorde by die korrekte volgorde van vrae pas, maar die verkeerde
      nommer word gegee, is dit aanvaarbaar.

11.   Indien die taal wat gebruik word, die bedoelde betekenis verander
      Moenie aanvaar nie.

12.   Spelfoute
      Aanvaar as dit herkenbaar is, met die voorbehoud dat dit nie iets anders in
      Lewenswetenskappe beteken nie of as dit nie buite konteks is nie.

13.   Indien gewone name in terminologie gegee word
      Aanvaar, indien dit by die memo-besprekingsvergadering aanvaar is.

                                             2

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                       10832/22

14.   Indien slegs die letter vereis word, maar slegs die naam gegee word (en
      andersom)
      Geen krediet nie.

15.   As eenhede nie in mate aangedui word nie
      Kandidate sal punte verbeur. Nasienriglyne sal afsonderlike punte vir eenhede
      aandui.

16.   Wees sensitief vir die betekenis van ŉ antwoord, wat soms op verskillende
      maniere aangebied kan word.

17.   Opskrif
      Alle illustrasies (diagramme, grafieke, tabelle, ens.) moet ŉ opskrif hê.

18.   Vermenging van amptelike tale (terme en konsepte)
      ŉ Enkele woord of twee wat in enige ander amptelike taal anders as die leerder
      se assesseringstaal waarin die meeste van sy/haar antwoorde aangebied word,
      moet gekrediteer word, indien dit korrek is. ŉ Nasiener wat in die relevante
      amptelike taal vaardig is, behoort geraadpleeg te word. Dit geld vir alle amptelike
      tale.

19.   Veranderinge aan die nasienriglyne
      Geen veranderinge moet aan die nasienriglyne aangebring word sonder om die
      provinsiale interne moderator te raadpleeg nie.

                                              3

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                                         10832/22

AFDELING A

VRAAG 1

1.1   1.1.1   B 

      1.1.2   B 

      1.1.3   C 

      1.1.4   D 

      1.1.5   A 

      1.1.6   C 

      1.1.7   A 

      1.1.8   C                               (8 x 2)      (16)

1.2   1.2.1   Onvolledige✓dominansie

      1.2.2   Chiasma✓/chiasmata

      1.2.3   Nukleotied ✓

      1.2.4   Foramen magnum ✓

      1.2.5   Kleurblindheid ✓

      1.2.6   Homosigoties ✓

      1.2.7   Kariotipe ✓/Kariogram            (7 x 1)        (7)

1.3   1.3.1   Slegs B ✓✓                                      (2)

      1.3.2   Geeneen ✓✓                                      (2)

      1.3.3   Beide A en B ✓✓                                 (2)
                                                              (6)

1.4   1.4.1   Nukleus ✓
              Ribosoom ✓                                      (2)

      1.4.2   Drie✓/3                                         (1)

      1.4.3   Peptied ✓ binding                               (1)

      1.4.4   GGU ✓                                           (1)
                                                              (5)

                                       4

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                 10832/22

1.5   1.5.1   Kodominansie ✓                                                          (1)

      1.5.2   BW ✓/WB                                                                 (1)

      1.5.3   1 swart en wit : 1 swart

              Punt vir die korrekte fenotipes (P) ✓
              Punt vir die korrekte verhouding (R) ✓
              Moenie % aanvaar nie – verhouding is gevra                              (2)
                                                                                      (4)

1.6   1.6.1   Dihibried ✓                                                             (1)

      1.6.2   (a)   Bbrr ✓✓                                                           (2)
              (b)   BR en bR ✓✓/BR, BR, bR,bR                                         (2)

      1.6.3   Spesie-spesifieke hofmakery gedrag ✓                                    (1)
                                                                                      (6)

1.7   1.7.1   Kulturele ✓ bewyse                                                      (1)

      1.7.2   Homo sapiens ✓ (Die hele woord moet onderstreep wees. Die genus
              moet met ‘n hoofletter begin en spesienaam met ‘n kleinletter. )        (1)

      1.7.3   Homo habilis✓/H. habilis
              Homo erectus✓/H. erectus                                                (2)

      1.7.4   Acheulian ✓/ Mousterian                                                 (1)

      1.7.5   Mousterian ✓                                                            (1)
                                                                                      (6)

                                                           TOTAAL AFDELING A:          50

                                           5

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                        10832/22

AFDELING B

VRAAG 2

2.1 2.1.1   C en D ✓                                                                        (1)

    2.1.2   Die soldaat erf die helfte van sy DNS van sy ma en die helfte van sy pa. ✓
            Die DNS-bande/stawe/swart stawe/swart bande van die dooie soldaat is ŉ
            kombinasie van die DNS-bande/stawe/swart stawe/swart band van ouers C
            en D. ✓                                                                         (2)

    2.1.3   −   identifikasie van misdadigers✓/forensiese bewyse
            −   identifikasie van genetiese afwykings ✓
            −   ontwikkeling van geneesmiddels vir genetiese afwykings ✓
            −   weefseltipes vir oorgaanoorplantings ✓
                Merk slegs EERSTE EEN

            Kandidate mag nie identifikasie van dooie liggaam OF vaderskap OF
            identifikasie van familielede gebruik nie, aangesien hierdie in die
            vraag is.                                                                       (1)
                                                                                            (4)
2.2 2.2.1   Inter ✓ (fase)                                                                  (1)

    2.2.2   (Geen) Mutasie ✓                                                                (1)

    2.2.3   G-G ✓                                                                           (1)

    2.2.4   − verkeerde stikstofbasisvolgorde lei tot ŉ ander/verskillende DNS-
              string ✓/ŉ abnormale string
            − dit sal lei tot ŉ verkeerde genetiese kode ✓ vir dogterselle wat gevorm
              word/verkeerde/nonsens/verskillende proteïene kan gevorm word                 (2)

    2.2.5   ŉ Tabel wat die verskille tussen DNS-replikasie en transkripsie toon

                      DNS-replikasie                         Transkripsie
             ŉ Hele DNS-molekule word              ŉ Deel (geen) van die DNS draai
             gebruik ✓                             los en stel die geen bloot ✓
             ŉ (Identiese) DNS-molekule            ŉ mRNA/bRNS-molekule word
             word gevorm ✓/ ‘n dubbele             gevorm ✓/ ‘n enkel RNS string
             string DNS                            vorm
             Belangrik vir seldeling/mitose/       Belangrik vir proteïensintese ✓
             meiose ✓
             Beide stringe DNS dien as ŉ           Een string DNS dien as ŉ
             templaat ✓                            templaat ✓
             DNS nukleotiede word gebruik✓         RNS-nukleotiede word gebruik✓

             Adenien bind met timien✓              Adenien bind met urasiel✓

            Merk slegs die eerste TWEE + korrekte tabelformaat (T ✓)                        (5)
                                                                                           (10)

                                               6

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                    10832/22

2.3   2.3.1   2 – glisien ✓
              4 – alanien ✓                                                              (2)

      2.3.2   Drie ✓/3 OF vier/4                                                         (1)

      2.3.3   Translasie ✓ *

              −     Elke tRNA/oRNS dra ŉ spesifieke aminosuur ✓
              −     wanneer die antikodon op die tRNA/oRNS ✓
              −     ooreenstem met die kodon op die mRNA/bRNS ✓
              −     dan bring die tRNA/oRNS die verlangde aminosuur na die
                    ribosoom ✓
              −     aminosure word deur peptiedbindings aan mekaar geheg ✓
              −     om die verlangde proteïen te vorm ✓
                                                              1 verpligtend* + enige 4   (5)
                                                                                         (8)

2.4   2.4.1   Anafase✓I/II                                                               (1)

      2.4.2   (a)    2✓                                                                  (1)
              (b)    Twee ✓/2                                                            (1)

      2.4.3   Vaderlik ✓/vader
              Moederlik ✓/moeder                                                         (2)

                                               7

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                                                       10832/22

2.4.4
                     Diagram van ŉ sel in metafase II

                     Diagram van ’n sel in metafase I

                                      selmembraan

                                      sentrosoom/sentriool
                                      Spoeldraad/spoelvesels
                                         Homologous chromosoom

                                      sentromeer

                                     sitoplasma

        Nota: Die diagram in vraag 2.4.4 moet met die leerder se antwoord
        ooreenstem in vraag 2.4.1.
        As die leerder in vraag 2.4.1 Anafase I/1 geskryf het moet hulle
        Metafase I/1 teken het.
        As.die leerder in vraag 2.4.1 Anafase II/2 geskryf het moet hulle
        Metafase II/2 geteken het.

         Kriteria                                  Punte
         Opskrif (C)                                  1
         Korrekte fase geteken (P)                    1
         Enige TWEE byskrifte (L)                     2
         TOTAAL                                       4                      (4)

2.4.5   22 ✓                                                                 (1)
                                                                            (10)

                                     8

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                             10832/22

2.5   2.5.1 (a)     Drie ✓/3                                                                     (1)
            (b)     Een ✓/1                                                                      (1)

      2.5.2 AB ✓                                                                                 (1)

      2.5.3
                       'n Sirkelgrafiek om die gemiddelde persentasie
                        van verskillende bloedgroepe in die wêreld te
                                             toon
                                  19,8

                                                       120,6
                                                                       blood  groupAA
                                                                         Bloedgroep

                                                                       blood  groupBB
                                                                         Bloedgroep

                                                                       blood  groupOO
                                                                         Bloedgroep
                        162
                                                                       blood  groupAB
                                                                         Bloedgroep AB

                                                57,6

               Berekeninge
               Totaal = 100
               Bloedgroep A      Bloedgroep B      Bloedgroep O         Bloedgroep AB
                  = 33,5 x 360     = 16,0 x 360         = 45,0 x 360       = 5,5 x 360
                     100              100                  100               100
                  = 120,6o         = 57,6o              = 162o             =19,8 o

              Rubriek vir die puntetoekenning van die sirkelgrafiek
               Opskrif:      (H) Beide veranderlikes ingesluit                           1
               Tipe:         (T) Sirkel geteken met ŉ passer en vier                     1
                                  segmente word getoon deur lyne vanaf die
                                  middel na die omtrek
               Plot:         (P) 1 – 2 segmente akkuraat geplot                          1
                                  3 - 4 segmente akkuraat geplot                         2
               Berekeninge: (C) 1 – 3 berekeninge korrek                                 1
                                  Alle berekeninge is korrek                             2
                                                                   TOTAAL                6

              LET WEL: Indien die verkeerde tipe grafiek geteken word, sal punte
                       verloor word vir die “korrekte tipe grafiek”, sowel as vir die
                       teken van die segmente in die regte verhoudings.                          (6)
                                                                                                 (9)

                                                   9

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                      10832/22

2.6   2.6.1   (a)    nn ✓                                                                 (1)
              (b)    Nn ✓                                                                 (1)

      2.6.2   Wet van dominansie ✓                                                        (1)

      2.6.3   P1 Fenotipe          Gevlekte pels x gestreepte pels ✓
                 Genotipe               Nn          x      nn ✓
                   Meiose
              G/gamete                   N, n            x         n, n✓

                      Bevrugting

              F1 Genotipe               Nn       Nn               nn      nn ✓
                                        1Nn: 1nn

              F1 Fenotipe              2 gevlekte pelse : 2 gestreepte pelse * ✓ OR
                                       1 gevlekte pelse : 1 gestreepte pelse * ✓
              * Verpligte punt
              P1 en F1 ✓
              Meiose en bevrugting ✓
              *Verpligtend 1 + enige 5

                                                     OF

              P1 Fenotipe          Gevlekte pels x gestreepte pels ✓

                    Genotipe              Nn         x             nn ✓

                                                 Gamete          N            n
              Meiose
                                                     n           Nn          nn
              Bevrugting                             n           Nn          nn
                                                 1 punt vir korrekte gamete ✓
                                                 1 punt vir korrekte genotipes ✓

              F1 Genotipe              Nn      Nn            nn        nn ✓
                                       1 Nn : 1 nn

              F1 Fenotipe              2 gevlekte pelse : 2 gestreepte pelse * ✓ OR
                                       1 gevlekte pelse : 1 gestreepte pelse * ✓

              * Verpligte punt
              P1 en F1 ✓
              Meiose en bevrugting ✓
              *Verpligtend 1 + Enige 5                                                    (6)
                                                                                          (9)
                                                                                         [50]

                                                10

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                     10832/22

VRAAG 3

3.1   3.1.1   Die meeste van die familie is geaffekteer ✓/het Rett-sindroom/ Al die
              vrouens(1,4 en 6) het Rett-sindroom, selfs die heterosigotiese vrouens is
              geaffekteer                                                                 (1)

      3.1.2   5✓                                                                          (1)

      3.1.3   Om die manlike waarskynlikheid te verduidelik:

              −     Het net een X-chromosoom ✓
              −     Het óf die resessiewe alleel, dus ongeaffekteerd ✓
              −     Óf het die dominante alleel, dus geaffekteerd ✓
              −     Het slegs ŉ 50% kans om geaffekteer te word ✓        Enige TWEE       (2)

              Om die vroulike waarskynlikheid te verduidelik:

              −     Het twee X-chromosome ✓
              −     Het ŉ 75% kans om geaffekteer te word ✓
              −     Óf sy is homosigoties dominant ✓/XR XR
              −     óf heterosigotiese✓ /XR Xr                           Enige TWEE       (2)

      3.1.4   (a)    100✓                                                                 (1)
              (b)    XRXr ✓                                                               (1)
                                                                                          (8)

3.2   3.2.1   (a)    Klougrootte ✓                                                        (1)
              (b)    Paringsukses ✓                                                       (1)

      3.2.2   Drie ondersoeke ✓ is uitgevoer/Die ondersoek is drie keer herhaal/
              Gebruik ‘n groter monstergrootte/ 15 krappe                                 (1)

      3.2.3   Gebruik dieselfde spesie krap ✓/tipe krap
              Dieselfde aantal manlike en vroulike krappe ✓
              Dieselfde hok✓
              Merk slegs die eerste TWEE.                                                 (2)

      3.2.4   Dra beskermende klere ✓/handskoene om jou te beskerm teen die knyp
              van die kloue ✓
              Voorsien toepaslike habitat vir krappe met genoeg kos ✓/water/skuiling
              om die krappe se oorlewing te verseker ✓
              Merk slegs die eerste EEN.                                                  (2)

                                               11

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                     10832/22

    3.2.5   Volgens die wet van gebruik en ongebruik✓:

            − Al die manlike krappe het klein kloue✓ oorspronklik gehad
            − Die manlike vioolkrappe het gereeld hul kloue geswaai✓
            − om die vroulike krap te lok vir voortplanting✓
            − Die kloue het uiteindelik groter geword✓
            − Die vioolspelerkrappe het op hierdie manier ŉ groter klou gekry het, en
              dit aan hul nageslag oorgedra. ✓
            − Uiteindelik het al die manlike vioolspelerkrappe ‘n groot klou gehad ✓
              ENIGE VIER                                                                 (4)
                                                                                        (11)

3.3 3.3.1   Resessiewe dwergmutasie ✓ (Die antwoord moet volledig wees om die
            punt te kry)                                                                 (1)

    3.3.2   (a)   Die skape het oor heinings gespring ✓/ het verdwaal/ weggehardloop/
                  dus verlies aan skape dus verlies aan inkomste ✓                       (1)

            (b)   −    Minder skade aan heinings ✓ verminder dus die behoefte vir hoë
                       heinings✓/spaar geld/spandeer minder geld aan
                       heiningherstelwerk.

                  −    Kort bene het die skape se vermoë om te hardloop beperk ✓,
                       hulle was minder aktief en het die aantal verlore skape
                       verminder ✓

                  −    Minder geld en tyd is gemors, ✓ ŉ kleiner behoefte om skape op
                       te spoor wat oor die heinings gespring het ✓

                  −    Skape is veiliger ✓ minder veeverlies aan roofdiere ✓
                                              Oorsaak en gevolg enige EEN (1 x 2 = 2)    (2)

    3.3.3   Die doelbewuste teling van individue ✓ deur mense✓ in ŉ bevolking om ŉ
            gewenste fenotipe ✓/gewenste eienskap te verkry.
            Enige TWEE                                                                   (2)
                                                                                         (6)

                                              12

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                   10832/22

3.4   3.4.1   (a)   Langer✓ kakebeen                                                     (1)
              (b)   Paddas ✓/muise /kleiner prooi                                        (1)

      3.4.2   (a)   ŉ Groep organismes met soortgelyke eienskappe wat met mekaar
                    kruisteel ✓ en vrugbare nakomelinge produseer. ✓                     (2)
              (b)   Moontlikheid van hoe spesiasie kan voorkom:

                    − Die bevolking van tierslange kan moontlik deur die see geskei
                      word * ✓
                    − die bevolking verdeel in twee. ✓
                    − Daar sal geen geenvloei tussen die twee bevolkings wees
                      nie. ✓
                    − Omdat elke bevolking aan verskillende diëte *✓/verskillende
                      prooi grootte blootgestel word
                    − natuurlike seleksie kan onafhanklik in elk van die twee
                      bevolkings plaasvind ✓
                    − in so ŉ mate dat die individuele spesie van die twee bevolkings
                      baie van mekaar begin verskil, ✓
                    − genotipies en fenotipies. ✓
                    − Al sou die twee bevolkings weer met mekaar meng, ✓
                    − sal hulle nie in staat wees om te kruisteel nie. ✓
                    − Die twee bevolkings is nou verskillende spesies.
                    TWEE verpligte punte* Enige ander VYF punte                          (7)
                                                                                        (11)

3.5   3.5.1   − Evolusie behels lang tydperke ✓
              − waartydens baie min ✓/geleidelik/geen verandering vind plaas
                (bekend as ewewig) nie.
              − Dit word afgewissel met (word onderbreek deur) kort tydperke ✓
              − waartydens vinnige veranderinge ✓.
              − deur natuurlike seleksie plaasvind. *✓                                   (4)
              EEN verpligte punte* Enige ander DRIE punte

      3.5.2   B tot C ✓                                                                  (1)

      3.5.3   Nee ✓                                                                      (1)
                                                                                         (6)

                                            13

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                 10832/22

3.6   3.6.1   (a) Groter✓ (temporale spiere heg aan ŉ groter kakebeen) wat die
                  vermoë verhoog om harder kos te kou ✓/bytkrag                      (2)
              (b) Groter tande ✓/Hoektande/Oogtande verhoog die vermoë om taai
                  rou kos te skeur en te sny ✓                                       (2)

      3.6.2   (Skedel) B ✓                                                           (1)

      3.6.3   Groot brein ✓
              Oë in die voorkant ✓
              Binokulêre visie✓/stereoskopies visie
              Oë met keёltjies kleurvisie✓
              Arms wat vrylik kan roteer ✓
              Lang/er bo-arms ✓
              Rotasie om elmbooggewrigte ✓
              Vyf vingers✓ per hand
              Vingerpunte kaal of met naels in plaas van kloue ✓
              Opponerende duim ✓
              Regop postuur ✓
              Seksuele dimorfisme✓
              Twee melkkliere✓
              Merk slegs die EERSTE DRIE                                              (3)
                                                                                      (8)
                                                                                    [50]

                                                            TOTAAL AFDELING B :     100

                                                                       TOTAAL:      150

                                            14

## Related documents

- [LIFE SCIENCES P2 GR12 MEMO SEPT2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr12-memo-sept2022-afrikaans/7cca7322-63ed-4fb0-a67b-5df57d647597) — Life Sciences · Memo · 2022 · Afr
- [Gr12 Life Sciences P2 (Afrikaans) 2021 Preparatory Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr12-life-sciences-p2-afrikaans-2021-preparatory-possible-answers/07d532e0-9e14-43cd-8b65-eafbe304db10) — Life Sciences · Memo · 2021 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Sciences P2 (Afrikaans) 2019 Preparatory Examination Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p2-afrikaans-2019-preparatory-examination-possible-answers/89cacd47-ed47-476c-8c59-15b63c491262) — Life Sciences · Memo · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Sciences P2 (Afrikaans) 2020 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p2-afrikaans-2020-preparatory-question-paper/4c141cfe-8e69-4401-8dd4-97d64de4938a) — Life Sciences · QP · 2020 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Sciences P2 (Afrikaans) X05 2019 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p2-afrikaans-x05-2019-preparatory-examination-question-paper/ef93fd9a-8d6c-457f-9666-9b77ed91aae4) — Life Sciences · QP · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Sciences P2 (Afrikaans) 2015 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p2-afrikaans-2015-preparatory-examination-question-paper/82f3d670-5978-4924-921a-4e1431048e3f) — Life Sciences · QP · 2015 · Afr

## More from Grade 12 Life Sciences

- [Life Sciences Grade 12 NSC QP March 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-qp-march-2025-kzn/b1598f8e-58e0-4c09-b513-b9f61ae73c47) — QP · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-mpumalanga/17b4cc42-641c-4d7d-9c53-6bac113ce83c) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-mpumalanga/be917127-6071-4190-b900-3c475d5bfdd4) — QP · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P1 QP September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-north-west/9dc29799-a675-40eb-9573-df7341b3572f) — QP · 2025
- [Life Sciences P2 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-may-june-2025-afr/f068fe02-7f70-4bf4-91ad-4ead880d1a88) — QP · 2025 · Afr
- [Life Sciences MEMO May June 2024 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-memo-may-june-2024-free-state/f64294e8-cf5e-4480-84f9-3737ae031041) — Memo · 2024

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
