# Life Sciences Grade 12 P2 Gauteng Mock 2022 QP (Afr)

> Grade 12 Life Sciences Paper 2 question paper from the Gauteng Mock Exam 2022 (Afrikaans), 21 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr12-life-sciences-p2-afrikaans-sep-2022-question-paper/188bcc0e-98e2-4c3f-9345-cd0b2c4452a8
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: Gauteng Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 21

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/life-sciences) › [Life Sciences Grade 12 P2 Gauteng Mock 2022 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr12-life-sciences-p2-afrikaans-sep-2022-question-paper/188bcc0e-98e2-4c3f-9345-cd0b2c4452a8)

## About this document

Life Sciences · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2022 · Afrikaans. Question paper, 21 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

VOORBEREIDENDE EKSAMEN
         2022

             10832

      LEWENSWETENSKAPPE

           VRAESTEL 2

                          TYD:     2½ uur

                          PUNTE:   150

                          21 bladsye

                                            b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                         LEWENSWETENSKAPPE                              2
                                         (Vraestel 2)                       10832/22

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.   Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDBOEK.

2.   Begin die antwoorde op ELKE vraag bo-aan ŉ NUWE bladsy.

3.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
     gebruik is.

4.   Bied jou antwoorde volgens die instruksies by elke vraag aan.

5.   Maak ALLE sketse met potlood en die byskrifte met blou of swart ink.

6.   Teken diagramme, vloeidiagramme en tabelle slegs wanneer dit gevra word.

7.   Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken NIE.

8.   MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.

9.   Jy moet ŉ nie-programmeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik, waar nodig.

10. Skryf netjies en leesbaar.

                                                                                            b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                                 LEWENSWETENSKAPPE                          3
                                                 (Vraestel 2)              10832/22

AFDELING A

VRAAG 1

1.1   Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
      Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommers
      (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDBOEK neer, bv.,1.1.9 E.

      1.1.1   Watter van die volgende is ŉ funksie van meiose?

              A       Verminder genetiese variasie in ŉ spesie
              B       Kanselleer die verdubbelingseffek van bevrugting
              C       Verdubbel die hoeveelheid mitochondriale DNS
              D       Vertraag evolusionêre veranderinge in ŉ spesie

      1.1.2   Natuurlike seleksie werk op ŉ organisme se ...

              A       habitat.
              B       genotipe.
              C       fenotipe.
              D       omgewing.

      1.1.3   Gee die korrekte volgorde van gebeure wat onderskeidelik tydens
              METAFASE 1 en ANAFASE 1 van meiose plaasvind:

              (i)      Homoloë chromosome rangskik hulself by die ewenaar.
              (ii)     Chromosome word na die pole getrek.
              (iii)    Spoeldrade verkort.
              (iv)     Spoeldrade heg aan die sentromeer.

              A       (i), (ii), (iii) en (iv)
              B       (i), (ii), (iv) en (iii)
              C       (i), (iv), (iii) en (ii)
              D       (iv), (iii), (ii) en (i)

      1.1.4   ŉ Genetiese afwyking wat lei tot die afwesigheid van
              bloedstollingsfaktore, is ...

              A       polidaktiele.
              B       albinisme.
              C       Down-sindroom.
              D       hemofilie.

                                                                                                b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                 LEWENSWETENSKAPPE                                 4
                                 (Vraestel 2)                       10832/22

1.1.5   Watter proses sal genetiese variasie in gamete aan die einde van
        meiose tot gevolg hê?

        A     Oorkruising
        B     Sitokinese
        C     Ewekansige bevrugting
        D     DNS-replisering

1.1.6   ŉ Paar homoloë chromosome betrokke by normale meiose in ŉ
        ovarium, dra die allele wat hieronder getoon word.

        Moontlike chromosome in die ova wat geproduseer word, sal die
        volgende insluit:

             A              B             C               D

1.1.7   Daar word geglo dat hominiede in Afrika geëvoleer het, omdat ...

        A     die oudste hominiedfossiele in Afrika gevind is.
        B     die meeste hominiedfossiele in Afrika gevind is.
        C     aapfossiele in Afrika gevind is.
        D     Afrika die oudste kontinent is.

1.1.8   Die wetenskaplike wat Australopithecus sediba in die Wieg van
        die Mensdom ontdek het, is:

        A     Raymond Dart
        B     Mary Leakey
        C     Lee Burger
        D     Donald Johanson
                                                                        (8 x 2)   (16)
                                                                                       b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                        LEWENSWETENSKAPPE                                 5
                                        (Vraestel 2)                           10832/22

1.2   Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings.
      Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.7) in die
      ANTWOORDBOEK neer.

      1.2.1   Die tipe dominansie wat lei tot ŉ intermediêre fenotipe in die
              heterosigotiese toestand

      1.2.2   Kontakpunt tussen twee homoloë chromosome waar die uitruil van
              genetiese materiaal voorkom

      1.2.3   Die monomeer van ŉ nukleïensuur

      1.2.4   Opening in die basis van die skedel waar die rugmurg deurgaan

      1.2.5   ŉ Genetiese afwyking as gevolg van die afwesigheid van proteïene in
              die fotoreseptore van die oog

      1.2.6   Twee identiese allele vir ŉ bepaalde eienskap

      1.2.7   Die aantal, vorm en rangskikking van al die chromosome in die nukleus
              van ŉ somatiese sel
                                                                             (7 x 1)          (7)

                                                                                              b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                         LEWENSWETENSKAPPE                               6
                                         (Vraestel 2)                       10832/22

1.3     Dui aan of elk van die stellings in KOLOM I van toepassing is op SLEGS A,
        SLEGS B, BEIDE A en B of GEENEEN van die items in KOLOM II nie.
        Skryf slegs A, slegs B, beide A en B, of geeneen langs die vraagnommers
        (1.3.1 tot 1.3.3) in die ANTWOORDBOEK neer.

                        KOLOM I                                      KOLOM II
          Verskillende pare allele van ŉ geen wat      A    Genetiese variasie
1.3.1
          onafhanklik skei tydens gameetvorming        B    Mendel se wet van segregasie
                                                       A    Triploïed
1.3.2     Een stel chromosome
                                                       B    Diploïed
                                                       A    Gamete
1.3.3     Gonosome teenwoordig
                                                       B    Somatiese selle
                                                                                  (3 x 2) (6)

1.4     Die diagram hieronder toon die proses van proteïensintese.

                              Proses van proteïensintese
                     Y

                                                        X
                               v

                                     W
                                                              Z

                                                              T

        1.4.1     Noem die TWEE organelle in die sel wat direk betrokke is by die
                  bogenoemde proses.                                                         (2)

        1.4.2     Hoeveel kodons is teenwoordig in molekule Y?                               (1)

        1.4.3     Noem die binding wat deur T voorgestel word.                               (1)

        1.4.4     Gee die antikodon wat deur Z voorgestel word.                              (1)
                                                                                             (5)

                                                                                             b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                       LEWENSWETENSKAPPE                                  7
                                       (Vraestel 2)                           10832/22

1.5   In ŉ sekere beesras, kan die kopkleur wit, swart of swart en wit wees. Die allele
      wat die oorerwing van die kleur van die hare op die kop beheer, is W (wit hare)
      en B (swart hare).

      ŉ Swart en witkop bul, paar met ŉ swartkop koei.

                     bul                         koei

      1.5.1    Noem die tipe oorerwing wat hierbo getoon word.                                (1)

      1.5.2    Gee die genotipe van die bul.                                                  (1)

      1.5.3    Gee die fenotipiese verhouding van alle moontlike nakomelinge.                 (2)
                                                                                              (4)

1.6   In die broeiseisoen, lê die manlike anole-akkedisse aan by die wyfies, deur hul
      koppe te dobber (op en af te beweeg), terwyl hulle ŉ kleurvolle keelvlek vertoon.
      Die vermoë van die anole-akkedisse om hul koppe vinnig te dobber (B) is
      dominant oor stadige kopdobbering (b).

      Die alleel vir rooikeelvlekke (R) is dominant oor geelkeelvlekke (r).

      ŉ Mannetjie-akkedis wat heterosigoties is vir kopdobber en homosigoties vir die
      rooikeelvlek, paar met ŉ wyfie wat ook heterosigoties is vir kopdobber, maar sy
      het ŉ geelkeelvlek.

      1.6.1    Noem die tipe genetiese kruising wat hierbo voorgestel word.                   (1)

      1.6.2    Gee die:

               (a)   Genotipe van die wyfie-akkedis                                           (2)
               (b)   Moontlike gamete wat deur die akkedismannetjie geproduseer
                     word                                                                     (2)

      1.6.3    Noem die voortplantingsisolasiemeganisme wat in hierdie voorbeeld
               geïllustreer word.                                                             (1)
                                                                                              (6)

                                                                                              b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                      LEWENSWETENSKAPPE                             8
                                      (Vraestel 2)                       10832/22

1.7   Hominiene is ŉ groep wat bestaan uit moderne mense, uitgesterfde menslike
      spesies en al hul onmiddellike voorouers.

      Bewyse van gereedskap wat deur hominiene gebruik was, is gevind en word in
      drie gereedskaptradisies geklassifiseer: Oldowan, Acheulian en Mousterian.

                                                          Belangrikste
         Jare gelede              Hominiene
                                                          Gereedskaptradisie
                                                          s
                10.000
                             Moderne mense

                40.000              Neandertals
                                                            Mousterian

               100.000

               250.000

                                      H.                            Acheulian
                                      heidelbergensis
               500.000

              1.000.000

                                H. erectus
              1.500.000
                                             H. habilis

              2.000.000                                      Oldowan

              2.500.000

      1.7.1    Noem die tipe bewyse vir evolusie wat deur gereedskaptradisies
               verteenwoordig word.                                                     (1)

      1.7.2    Gee die wetenskaplike naam van moderne mense.                            (1)

      1.7.3    Watter hominien(e) het die oudste gereedskaptradisie gebruik?            (2)

      1.7.4    Watter gereedskaptradisie word met H. heidelbergensis geassosieer?       (1)

      1.7.5    Stel voor watter gereedskaptradisie die mees gevorderdste was.           (1)
                                                                                        (6)

                                                             TOTAAL AFDELING A:         50
                                                                                        b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                        LEWENSWETENSKAPPE                                9
                                        (Vraestel 2)                      10832/22

AFDELING B

VRAAG 2

2.1 Vier soldate word vermis van ŉ weermageenheid. Die eenheid vind die liggaam
    van een van die vermiste soldate wat in ŉ ontploffing dood is. Daar is geen
    identifiseerbare kenmerke op die liggaam nie en die identifikasie-etikette word
    vermis.

     Die weermag vra die ouers van die vier vermiste soldate vir ŉ DNS-monster,
     sodat hulle die DNS-profiele van die ouers kan vergelyk met die DNS-profiel van
     die soldaat wat vermoor is.

                      Ouers             Ouers               Ouers            Ouers
     Soldaat
                  A           B     C           D       E            F   G           H

     2.1.1   Watter stel ouers is die ouers van die dooie soldaat?                           (1)

     2.1.2   Verduidelik jou antwoord op VRAAG 2.1.1.                                        (2)

     2.1.3   Noem EEN ander gebruik van DNS-profiele.                                        (1)
                                                                                             (4)

                                                                                             b.o.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                         LEWENSWETENSKAPPE                           10
                                         (Vraestel 2)                     10832/22

2.2   Die onderstaande diagram toon DNS-replikasie.

      2.2.1   Noem die fase van die selsiklus waartydens DNS-replikasie plaasvind.    (1)

      2.2.2   Identifiseer die tipe fout wat in string 3 voorgekom het.               (1)

      2.2.3   Gee die basispaar wat die fout wys, waarna in VRAAG 2.2.2 verwys
              word.                                                                   (1)

      2.2.4   Beskryf die gevolge van die fout tydens DNS-replikasie.                 (2)

      2.2.5   Tabuleer TWEE verskille tussen DNS-replikasie en transkripsie.          (5)
                                                                                     (10)

                                                                                      b.o.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                         LEWENSWETENSKAPPE                                11
                                         (Vraestel 2)                       10832/22

2.3   Tabel 1 toon die DNS-basisdrietal wat kodeer vir verskillende aminosure.

      Tabel 1

                       Aminosuur              Basisdrietal van DNS-templaat
                       Prolien                             GGG
                       Fenielalanien                        AAA
                       Glisien                              CCT
                       Lisien                               TAT
                       Triptofaan                          CGT
                       Alanien                              TTA

      Tabel 2 toon ŉ deel van die volgorde van antikodons wat kodeer vir ŉ polipeptied.

      Tabel 2

      AMINOSUUR             1              2             3                  4
      ANTIKODON            UUA            CCU           AUA                UUA

      2.3.1     Identifiseer, deur gebruik te maak van die bogenoemde tabelle,
                aminosure 2 en 4.                                                          (2)

      2.3.2     Hoeveel aminosure sal gekodeer word deur die antikodons in Tabel 2?        (1)

      2.3.3     Noem en beskryf die proses wat antikodons gebruik om proteïene te
                maak.                                                                      (5)
                                                                                           (8)

                                                                                           b.o.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                         LEWENSWETENSKAPPE                                  12
                                         (Vraestel 2)                         10832/22

2.4   Die diagram hieronder toon ŉ fout wat tydens meiose by mense plaasgevind
      het.

                          Struktuur 1
                          Struktuur 2
                                                        Sel A

                                   Gameet I         Gameet II

      2.4.1   Volgens die diagram, gedurende watter fase van meiose het die
              genoemde fout plaasgevind?                                                  (1)

      2.4.2   (a) Watter struktuur (1 of 2) in Sel A is die kernmembraan?                 (1)
              (b) Hoeveel chromosome word in die diagram getoon?                          (1)

      2.4.3   Noem die oorsprong van die chromosome in Sel A.                             (2)

      2.4.4   Teken ŉ diagram van die fase in Sel A, voordat die fout plaasgevind
              het.                                                                        (4)

      2.4.5   In mense, hoeveel chromosome sal teenwoordig wees in Gameet II?             (1)
                                                                                         (10)

                                                                                                b.o.

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
                                         LEWENSWETENSKAPPE                                   13
                                         (Vraestel 2)                         10832/22

2.5   Die tabel hieronder toon die frekwensie van verskillende bloedgroepe in die wêreld.

                   Bloedgroep                                Frekwensie (%)
                       A                                          33,5
                       B                                          16,0
                       O                                          45,0
                       AB                                          5,5
                                                            [Bron: https://www.worldatlas.com]

      2.5.1   Hoeveel allele ...
                                                                                                 (1)
              (a) beheer bloedgroep-oorerwing?
              (b) word van moeder na nakomelinge oorgedra?                                       (1)

      2.5.2   Gebaseer op die tabel, watter bloedgroep kom die minste gereeld voor?              (1)

      2.5.3   Teken ŉ sirkelgrafiek deur die data hierbo te gebruik.                             (6)
                                                                                                 (9)

                                                                                                 b.o.

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
                                         LEWENSWETENSKAPPE                                 14
                                         (Vraestel 2)                          10832/22

2.6   Jagluiperds, Acinonyx jubatus, is karnivore wat in die droë grasvelde en bosvelde
      van Suider-Afrika voorkom. Jagluiperds het gewoonlik ŉ gevlekte pels. Die
      koningjagluiperd is egter ŉ seldsame verskeidenheid van A. jubatus wat gestreepte
      pelsmerke geërf het.

              Jagluiperd met ŉ gevlekte pels              Koning jagluiperd

      Met dalende jagluiperdbevolkings in die natuur, is ŉ teelprogram begin om die
      aantal jagluiperds wat in die natuur ingebring word, te verhoog. Deur twee
      broeipare te gebruik, is agt welpies gebore. Die eerste broeipaar het vier welpies
      opgelewer en uit die tweede paar, is ook vier welpies gebore.

      Die resultate van die twee parings word in die tabel hieronder getoon:

        Broeipaar                  Ouers                  Nakomelinge
                                                      3 met gevlekte pels
              1       Gevlekte pels x gevlekte pels
                                                      1 met gestreepte pels
                                                      2 met gevlekte pels
              2       Gevlekte pels x gestreepte pels
                                                      2 met gestreepte pels

      2.6.1    Deur die allele N en n te gebruik, noem die moontlike genotipes van die:

               (a)    Gestreepte pels jagluiperd                                            (1)
               (b)    Gevlekte pels ouer in die tweede kruising                             (1)

      2.6.2    Watter wet van Mendel word in die bogenoemde ondersoek
               gedemonstreer?                                                               (1)

      2.6.3    Gebruik ŉ genetiese kruising om die genotipe en fenotipe verhouding van
               die nageslag wat deur teelpaar 2 geproduseer word, te wys.                   (6)
                                                                                            (9)

                                                                                           [50]

                                                                                            b.o.

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
                                        LEWENSWETENSKAPPE                                 15
                                        (Vraestel 2)                       10832/22

VRAAG 3

3.1   Die stamboomdiagram hieronder toon die oorerwing van ŉ genetiese afwyking
      bekend as Rett-sindroom wat tot uiterste verstandelike gestremdheid lei. Dit word
      veroorsaak deur ŉ dominante alleel wat op die X-chromosoom (XR) gedra word.

      3.1.1   Gee bewyse uit die diagram wat daarop dui dat Rett-sindroom deur ŉ
              dominante alleel veroorsaak word.                                            (1)

      3.1.2   Hoeveel vroue in die gesin word deur Rett-sindroom geraak?                   (1)

      3.1.3   Verduidelik waarom mans minder geneig is as vrouens om deur Rett-
              sindroom geaffekteer te word.                                                (4)

      3.1.4   Individu 9 trou met ŉ ongeaffekteerde vrou.

              (a)   Wat is die persentasie waarskynlikheid om geaffekteerde dogters
                    te hê?                                                                 (1)
              (b)   Gee die dogters se genotipe.                                           (1)
                                                                                           (8)

                                                                                           b.o.

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
                                        LEWENSWETENSKAPPE                               16
                                        (Vraestel 2)                         10832/22

3.2   Die manlike vioolkrap het een normale grootte klou en een reuse klou
      (Foto B). Vroulike vioolkrappe het twee klein kloue wat dieselfde grootte is
      (Foto A).

      Daar is ŉ verskeidenheid groottes reusagtige kloue in die manlike
      vioolkrapbevolking. Die mannetjie waai die reuse klou om wyfies te lok
      gedurende die broeiseisoen.

                       Vroulik                          Manlik

                  2 normale kloue                1 normale       1 reusagtige
                                                    klou             klou

      ŉ Navorser ondersoek die belangrikheid van klougrootte van mannetjies vir
      suksesvolle paring gedurend drie ondersoekeproewe.

      Hy plaas:

         15 vioolkrappe met verskillende groottes reuse-kloue in ŉ hok
         15 vroulike vioolkrappe in dieselfde hok

                                                                                         b.o.

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
                                                  LEWENSWETENSKAPPE                                 17
                                                  (Vraestel 2)                           10832/22

Die staafgrafiek hieronder toon die persentasie mannetjiekrappe van verskillende
reuse-klougroottes wat suksesvol gepaar het tydens die drie ondersoeke.

                              DIE EFFEK VAN REUSE-KLOUGROOTTE OP
                          REPRODUKTIEWE SUKSES IN MANLIKE VIOOLKRAPPE
                                    IN DRIE ONDERSOEKPROEWE
                     90
                     80
                     70

  Paringsukses (%)
                     60
                     50                                              Manlike krappe met
                                                                   Male crabs with larger
                                                                     groter kloue
                     40                                            claws
                     30                                            male  crabs with
                                                                     Manlike  krappesmaller
                                                                                      met
                                                                   claws
                                                                     kleiner kloue
                     20
                     10
                      0
                                1            2            3
                                      Ondersoekproewe

3.2.1                     Identifiseer die:

                          (a) Onafhanklike veranderlike                                              (1)
                          (b) Afhanklike veranderlike                                                (1)

3.2.2                     Beskryf hoe die navorser die betroubaarheid van die ondersoek verseker
                          het.                                                                       (1)

3.2.3                     Gee TWEE maniere hoe die navorser verseker het dat die resultate geldig
                          was.                                                                       (2)

3.2.4                     Verduidelik EEN voorsorgmaatreël wat die navorser vir hierdie ondersoek
                          sal moet tref.                                                             (2)

3.2.5                     Bespreek hoe Lamarck die teenwoordigheid van die een reusagtige klou
                          in manlike vioolkrappe sou verduidelik het.                                (4)
                                                                                                    (11)

                                                                                                     b.o.

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
                                           LEWENSWETENSKAPPE                                  18
                                           (Vraestel 2)                            10832/22

3.3   Ancon-skape was ŉ mak skaapras wat geteel is uit ŉ enkele geaffekteerde lam,
      wat met ŉ resessiewe dwergmutasie gebore is.

      Hulle het baie kort bene gehad wat as ŉ voordeel vir boere beskou is omdat hulle
      nie oor gewone klipmure of heinings kon spring nie.

                        [Bron: https://answersingenesis.org/genetics/mutations/
                                        ancon-sheep-just-another-loss-mutation/]

      3.3.1   Wat volgens die teks, het die kort bene by hierdie skaapras veroorsaak?          (1)

      3.3.2   (a) Stel ŉ rede voor waarom die skape met normale bene ŉ probleem
                  vir boere sal wees.                                                          (1)
              (b) Verduidelik EEN voordeel wat die aanhou van hierdie Ancon-skape
                  vir die boer inhou.                                                          (2)

      3.3.3   Boere het kunsmatige seleksie gebruik om troppe Ancon-skape te teel.
              Gee die definisie van kunsmatige seleksie.                                       (2)
                                                                                               (6)

                                                                                               b.o.

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
                                       LEWENSWETENSKAPPE                                 19
                                       (Vraestel 2)                        10832/22

3.4   Oosterse tierslange (Notechi scutatus) wat op eilande langs die vasteland
      van Australië woon, het langer kakebene as die vastelandslange se
      bevolkings. Die dieet van eilandslange sluit groot prooi in, soos
      seemeeukuikens, terwyl die dieet van die vastelandslange uit kleiner prooi
      bestaan, soos paddas en muise.

      3.4.1   (a)   Beskryf die kakebeen van die eilandslange.                         (1)
              (b)   Wat is die stapelvoedsel van die vastelandslange?                  (1)

      3.4.2   (a)   Gee die definisie van ŉ spesie.                                    (2)
              (b)   Beskryf hoe die eiland- en vastelandslange tot verskillende
                    spesies geëvoleer het.                                             (7)
                                                                                      (11)

                                                                                             b.o.

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
                                      LEWENSWETENSKAPPE                                20
                                      (Vraestel 2)                         10832/22

3.5   Die grafiek hieronder toon die verandering in die aantal spesies as gevolg van
      gepunte ewewig.

                                                                           D

                               B
                                                                   C

                                 A

      3.5.1   Gee die definisie van gepunte ewewig.                                    (4)

      3.5.2   Gebruik die letters van die grafiek en dui die tydperk aan waar die
              omgewing stabiel sal wees.                                               (1)

      3.5.3   Word oorgangsfossiele geassosieer met gepunte ewewig?                    (1)
                                                                                       (6)

                                                                                        b.o.

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
                                     LEWENSWETENSKAPPE                                  21
                                     (Vraestel 2)                        10832/22

3.6   Die diagram hieronder toon die grootte van die temporale spier in ŉ mens en ŉ
      aap. Temporale spiere heg die onderkaak aan die skedel by beide ape en
      mense. Hierdie spiere help om die kakebeen oop en toe te maak wanneer kos
      gekou word.

                   SKEDEL A                              SKEDEL B
       Temporale                            Temporale
       spiere                               spiere

                   [Bron: https://www.pathwayz.org/Tree/Plain/APE+VS.+HOMININ+SKULLS]

      3.6.1   Verduidelik hoe skedel A beter aangepas is om ŉ dieet van rou kos
              te eet as skedel B met betrekking tot:

              (a) Temporale spiere en kakebeengrootte                                 (2)
              (b) Gebit                                                               (2)

      3.6.2   Watter skedel (A of B), verteenwoordig ŉ mens?                          (1)

      3.6.3   Noem DRIE ander kenmerke wat mense met Afrika-ape deel.                 (3)
                                                                                      (8)

                                                                                    [50]

                                                        TOTAAL AFDELING B:          100

                                                                       TOTAAL:      150

                                         EINDE

## Related documents

- [Grade 12 NSC Life Sciences P2 (Afrikaans) 2020 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p2-afrikaans-2020-preparatory-question-paper/4c141cfe-8e69-4401-8dd4-97d64de4938a) — Life Sciences · QP · 2020 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Sciences P2 (Afrikaans) X05 2019 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p2-afrikaans-x05-2019-preparatory-examination-question-paper/ef93fd9a-8d6c-457f-9666-9b77ed91aae4) — Life Sciences · QP · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Sciences P2 (Afrikaans) 2015 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p2-afrikaans-2015-preparatory-examination-question-paper/82f3d670-5978-4924-921a-4e1431048e3f) — Life Sciences · QP · 2015 · Afr
- [LIFE SCIENCES P2 GR12 MEMO SEPT2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr12-memo-sept2022-afrikaans/7cca7322-63ed-4fb0-a67b-5df57d647597) — Life Sciences · Memo · 2022 · Afr
- [Gr12 Life Sciences P2 (Afrikaans) 2021 Preparatory Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr12-life-sciences-p2-afrikaans-2021-preparatory-possible-answers/07d532e0-9e14-43cd-8b65-eafbe304db10) — Life Sciences · Memo · 2021 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Sciences P2 (Afrikaans) 2019 Preparatory Examination Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p2-afrikaans-2019-preparatory-examination-possible-answers/89cacd47-ed47-476c-8c59-15b63c491262) — Life Sciences · Memo · 2019 · Afr

## More from Grade 12 Life Sciences

- [LEWENSWETENSKAPPE V1 MEMO GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/lewenswetenskappe-v1-memo-gr12-sept-2025-watermark/ee8ac4d1-8b43-4b2a-87fc-d07277b88025) — Memo · 2025
- [LIFE SCIENCES P2 MEMO GR12 SEPT 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-memo-gr12-sept-2025-afr-watermark/be114f07-9b13-48d1-9cae-e0ae8aec035b) — Memo · 2025 · Afr
- [Life Sciences Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/ba194139-8ff7-481e-92f4-d961a5c8d23a) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-free-state/470ae841-15a4-4ab3-a87b-abd2294edc20) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/bbdf9d27-c483-4cd4-af9f-287e699f482e) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-kzn/f412416e-57d1-473d-886a-87c9fbb8823c) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
