# Mathematical Literacy Grade 12 P1 Gauteng Mock 2021 QP (Afr)

> Grade 12 Mathematical Literacy Paper 1 question paper from the Gauteng Mock Exam 2021 (Afrikaans), 20 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr12-mathematics-literacy-p1-afrikaans-2021-preparatory-question-paper/554964a6-9b1a-4f32-a8c5-d70efb2af356
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Mathematical Literacy
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2021
- Exam period: Gauteng Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 20

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Mathematical Literacy](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/mathematical-literacy) › [Mathematical Literacy Grade 12 P1 Gauteng Mock 2021 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr12-mathematics-literacy-p1-afrikaans-2021-preparatory-question-paper/554964a6-9b1a-4f32-a8c5-d70efb2af356)

## About this document

Mathematical Literacy · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2021 · Afrikaans. Question paper, 20 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

            GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                        VOORBEREIDENDE EKSAMEN

                                          2021
                                           10601
                   WISKUNDIGE GELETTERDHEID
                                    VRAESTEL 1

TYD:      3 uur

PUNTE: 150

10 bladsye + ’n addendum van 7 bladsye

                                 Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye.
                         'n Addendum van 7 bladsye is binne die vraestel ingesluit.

                                                                                      b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                         WISKUNDIGE GELETTERDHEID                               2
                                         (Vraestel 1)             10601/21

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.   Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae. Beantwoord AL die vrae.

2.   Gebruik die ADDENDUM soos volg:

           Gebruik BYLAAG A om Vraag 1.3 te beantwoord.
           Gebruik BYLAAG B om Vraag 2.1 te beantwoord.
           Gebruik BYLAAG C om Vraag 2.2 te beantwoord.
           Gebruik BYLAAG D om Vraag 3.1 te beantwoord.
           Gebruik BYLAAG E om Vraag 3.2 te beantwoord.
           Gebruik BYLAAG F om Vraag 4.4 te beantwoord.

3.   Nommer jou antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in die vraestel gebruik is.

4.   ŉ Goedgekeurde sakrekenaar (nie-programmeerbaar en nie-grafies) mag gebruik word tensy
     anders vermeld.

5.   Toon ALLE berekeninge duidelik aan.

6.   Rond ALLE finale antwoorde toepaslik af volgens die gegewe konteks, tensy anders vermeld.

7.   Dui meeteenhede aan, waar van toepassing.

8.   Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

9.   Skryf netjies en leesbaar.

                                                                                                b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                           WISKUNDIGE GELETTERDHEID                                  3
                                           (Vraestel 1)             10601/21

 VRAAG 1

1.1   Mnr. A Johnson ontvang sy salarisstrokie hieronder.
      Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

      TABEL 1: MNR. A. JOHNSON SE SALARISSTROKIE

                                        Multi-tanks SA
                                       Robertstraat 209
                                           Industrial
              Werknemer: Mnr. A. Johnson           Betaaldatum: 6 Junie 2020
              ID nommer: 600610 5806 080           Betaalsiklus: maandeliks
              Bankbesonderhede: ABC bank           Belastingnommer: 0244160775
                                Valley Sentrum
                                Rek # 234987
                 Verdienste       Bedrag        Aftrekkings           Bedrag
               Basiese salaris  R12 790,00          WVF                  (A)

      1.1.1      Wie is Mnr. Johnson se werkgewer?                                             (2)

      1.1.2      Waarvoor staan die afkorting WVF?                                             (2)

      1.1.3      Bereken die WVF (die vermiste waarde A) op Mnr. Johnson se salaris.           (2)

      1.1.4      Gedurende die COVID-19 pandemie was Mnr. Johnson se salaris met 40%
                 verminder.
                 Wat sal sy nuwe salaris wees?                                                 (2)

      1.1.5      Hoe sal sy verminderde inkomste sy koopkrag beïnvloed?                        (2)

      1.1.6      Gedurende die inperking was Mnr. Johnson in staat om Sunlight Liquid teen
                 ŉ verminderde prys van R21,50 te koop nadat dit met 20% afgemerk is.
                 Bepaal die oorspronklike prys voor die afslag.                                (2)

      1.1.7      Mnr. Johnson se suster stuur vir hom      . Wat sou die bedrag in rand wees
                 indien die wisselkoers 1 Suid-Afrikaanse Rand =          is?                  (2)

                                                                                                     b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                           WISKUNDIGE GELETTERDHEID                                4
                                           (Vraestel 1)             10601/21

1.2   Gedurende die 2020 jaar is baie COVID-19 positiewe gevalle aangemeld. Die tabel
      hieronder dui die aantal gevalle aan wat gedurende Junie 2020 aangemeld is. Verwys
      na die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

          Gevalle Data

                                 Totale gevalle vir 15 Junie
              PROVINSIE                                           Persentasie totaal
                                           2020
          Oos-Kaap                             10 597                        14,4
          Vrystaat                                512                         0,7
          Gauteng                              12 193                        16,6
          KwaZulu-Natal                         3 959                         5,4
          Limpopo                                 362                         0,5
          Mpumalanga                              322                         0,4
          Noord-Wes                             1 177                         1,6
          Noord-Kaap                              205                         0,3
          Wes-Kaap                             44 143                        60,0
          Onbekend                                  63                        0,1
          Totaal                                    A                       100,0
                                                                [Bron: www.slideshare.net]

      1.2.1    Verduidelik die verskil tussen diskrete en kontinue data.                     (2)

      1.2.2    Watter provinsie het die hoogste aantal gerapporteerde gevalle?               (2)

      1.2.3    Bepaal die omvang van die gerapporteerde gevalle.                             (2)

      1.2.4    Bepaal die mediaan van die gerapporteerde gevalle, uitsluitend die
               “onbekende” provinsie.                                                        (2)

      1.2.5    Bereken die vermiste waarde A, die totale aantal gerapporteerde gevalle, in
               die tabel hierbo.                                                           (2)

1.3   Gauteng is een van die kleinste provinsies maar met ŉ hoë aantal COVID-19 infeksies.
      Verwys na BYLAAG A in die ADDENDUM aangaande die geslag en ouderdomme
      wat deur COVID-19 geaffekteer word en beantwoord die vrae wat volg.

      1.3.1    Identifiseer die geslag wat die hoogste infeksiekoers het.                    (2)

      1.3.2    Noem EEN ander tipe grafiek wat die ouderdomsverwantskap sirkeldiagram
               kan verteenwoordig.                                                           (2)

      1.3.3    Watter ouderdomsgroep het die meeste infeksies?                               (2)
                                                                                             [30]

                                                                                                   b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                          WISKUNDIGE GELETTERDHEID                                 5
                                          (Vraestel 1)             10601/21

VRAAG 2

2.1   Mev. Ndlovu, wat 58 jaar oud is, verdien ŉ maandelikse inkomste van R60 000.
      Elke maand dra sy die volgende by vanuit haar maandelikse inkomste:

             Mediese fonds vir haarself, haar man en twee kinders
             7,5% van haar basiese inkomste word bygedra tot ŉ pensioenfonds
             1% van haar basiese salaris word bygedra tot WVF (maks. R148,72).

      Gebruik die belastingtabel op BYLAAG B in die ADDENDUM om die volgende vrae
      te beantwoord.

      2.1.1     Verduidelik wat die belastingdrempel vir ŉ persoon 65 jaar en jonger vir ŉ
                belastingbetaler beteken.                                                  (2)

      2.1.2     Bereken Mev. Ndlovu se jaarlikse belasbare inkomste.                         (5)

      2.1.3     Bepaal Mev. Ndlovu se jaarlikse mediese fonds belastingskrediet.             (4)

      2.1.4     Mev. Ndlovu beweer dat haar maandelikse belastingbydrae R9 111,75 is.
                Verifieer, deur ALLE berekeninge te toon, of haar bewering geldig is.        (8)

2.2   Die werklikheid is dat opvoeding duur is. Verwys na die tabel van vergelykende
      skoolfooie op BYLAAG C in die ADDENDUM om die vrae wat volg, te beantwoord.

      2.2.1     Wat is die verskil tussen publieke primêre skoolfooie en private primêre
                skoolfooie vir die jaar 2020?                                            (3)

      2.2.2     Minenhle se ouers beplan om hom na ŉ private hoërskool te stuur en verwag
                om R20 725 per maand vir die eerste 12 maande wat hy op hoërskool is, te
                betaal. In watter jaar sal hy hoërskool begin?                            (3)

      2.2.3     Joshua se ouers besef dat opvoeding duursaam is en het begin spaar vir sy
                universiteitsopleiding in 2025.
                Aan die einde van 2021 sou hulle R88 653,77 gespaar het. Hulle het besluit
                om hierdie bedrag te belê teen 6,6% p.j. saamgestelde rente vir die
                oorblywende 3 jaar. Joshua het gedurende sy Wiskundige Geletterdheid klas
                uitgewerk dat sy ouers aan die einde van 2024 nie genoeg geld sou gespaar
                het nie en sal ongeveer R250,00 moet bylas.

                Verifieer, deur ALLE berekeninge te toon, of Joshua se berekeninge geldig
                is.                                                                       (7)

                                                                                                   b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                          WISKUNDIGE GELETTERDHEID                                   6
                                          (Vraestel 1)             10601/21

2.3   Elektrisiteit kan op twee maniere van Eskom aangekoop word, voorafbetaalde
      (pre-paid) en nabetaalde (post-paid). Hieronder is ŉ aangepaste, vergelykende
      tabel om die vrae wat volg te beantwoord.

                                           Vaste
                                                               Koste per eenheid
              Sisteem naam              maandelikse
                                                                   (c/kWh)
                                           koste
       Voorafbetaalde (pre-paid)      R200,00               70,855
       Nabetaalde (post-paid)         nul                         0 – 50      69,36
                                                              50,1 – 350      81,60
                                                             350,1 – 600     127,02
       Pryse sluit BTW van 15% uit

      2.3.1    Bepaal die vaste maandelikse koste van die voorafbetaalde sisteem.              (2)

      2.3.2    Indien ŉ huishouding 286 kWh elektrisiteit op die nabetaalde sisteem
               gebruik, hoeveel sal hul vir hul elektrisiteitsverbruik betaal, BTW uitgesluit? (5)

      2.3.3    ŉ Huishouding het elektrisiteit vir R720, insluitend BTW, op die
               voorafbetaalde sisteem gekoop. Bepaal hoeveel elektrisiteit hulle kan
               gebruik.                                                                        (5)
                                                                                               [44]

                                                                                                     b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                MAAK ASSEBLIEF HIERDIE
              ADDENDUM VAN 7 BLADSYE LOS.

       GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
              VOORBEREIDENDE EKSAMEN

                        2021
                        10601

              WISKUNDIGE GELETTERDHEID

                     VRAESTEL 1
                     ADDENDUM

7 bladsye

                                            b.o.

### Page 8

WISKUNDIGE GELETTERDHEID                    2
                                                                           (Vraestel 1) ADDENDUM   10601/21

BYLAAG A

Vraag 1.3

Statistieke op die geslag en ouderdom van COVID-19 gerapporteerde gevalle in Gauteng gedurende 2020

                            Geslag                                                        Ouderdom
                                                                                     [CATEGORY [CATEGORY
                                                                                       NAME].    NAME].    [CATEGORY
                                                                                         A      [VALUE]%     NAME].
                                                                                                            [VALUE]%

                                                                        [CATEGORY
                    38.9                                                  NAME].
                                                                         [VALUE]%
                                       61.1
                                                                                                                              Downloaded from hlayiso.com

                                                                                                           [CATEGORY
                                                                                                             NAME].
                                                                                                            [VALUE]%
                           Mans   Vrouens

                                                                                                                       b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                            WISKUNDIGE GELETTERDHEID                                          3
                                            (Vraestel 1) ADDENDUM   10601/21

BYLAAG B

Vraag 2.1
                                       BELASTINGTABEL

                 [https://www.allangray.co.za/latest-insights/personal-investing/2020-budget-speech-update]

Belastingdrempels

      R83 100 vir belastingbetalers jonger as 65

      R128 650 vir belastingbetalers 65 jaar tot 74

      R143 850 vir belastingbetalers 75 jaar en ouer

Korting

      R14 958 per jaar vir alle individue

      R8 199 vir belastingbetalers 65 jaar en ouer

      R2 736 vir belastingbetalers 75 jaar en ouer

Mediese belastingkrediete

      R319 per maand per begunstigde vir die eerste twee begunstigdes

      R215 per maand vir elke addisionele begunstigde

                                                                                                              b.o.

### Page 10

WISKUNDIGE GELETTERDHEID                            4
                                                                                    (Vraestel 1) ADDENDUM   10601/21

BYLAAG C
Vraag 2.2                                   VERGELYKENDE ONDERRIGFOOIE

   VERWAGTE
  GEMIDDELDE
 KOSTE VIR EEN
    JAAR SE
   ONDERRIG

 PUBLIEKE
 PRIMÊRE OF
 HOËRSKOOL

 PRIVATE
 PRIMÊRE
 SKOOL

 PRIVATE
 HOËRSKOOL
                                                                                                                                               Downloaded from hlayiso.com

UNIVERSITEIT

                 [https://businesstech.co.za/news/finance/330885/south-african-private-schools-that-are-cheaper-than-public-schools/]
                                                                                                                                        b.o.

### Page 11

WISKUNDIGE GELETTERDHEID             5
                                                                    (Vraestel 1) ADDENDUM   10601/21

BYLAAG D

Vraag 3.1

                          PERSENTASIE MATRIEK SLAAGSYFER VANAF 2009 TOT 2018
   90

   80                                          78.2                                               78.2
                                                             75.8                        75.1
                                       73.9
                                                                                 72.5
                               70.2                                      70.2
   70              67.8

            60.6
   60

   50

   40

   30

   20
                                                                                                                Downloaded from hlayiso.com

   10

    0
            2009   2010        2011   2012     2013          2014        2015   2016     2017     2018
                                              PERSENTASIE
                                              PERSENTASIE SLAAG KOERS
                                                            SLAAGSYFER

                                                                                                         b.o.

### Page 12

WISKUNDIGE GELETTERDHEID           6
                                                                                   (Vraestel 1) ADDENDUM   10601/21

BYLAAG E

Vraag 3.2

                                                     GEWONE SLAAG TEENOOR UNIVERSITEITSTOELATING
                                                90

                                                80

                                                70

                                                60

                                                50

                                                40

                                                30
  PERSENTASIE SLAAGKOERS

                                                20
                                                                                                                             Downloaded from hlayiso.com

                                                10

                                                 0
                                                           2015           2016           2017             2018
                           UNIVERSITEITS  TOELATING
                           UNIVERSITEITSTOELATING          30.2           35.2           36.1             38.1
                           GEWONE SLAAG                     40            37.3            39              40.1

                                                                                                                      b.o.

### Page 13

WISKUNDIGE GELETTERDHEID                                   7
                                                                                                        (Vraestel 1) ADDENDUM   10601/21

BYLAAG F

Vraag 4.4

                             AANTAL LEERDERS IN GRAAD 11 EN AANTAL WAT
                                       GRAAD 12 GESLAAG HET

                                              890 971
                 858 769                                                    864 618                         869 513
                                                                                                                                        827 677

                                644 536
                                                             610 178
                                                                                              534 484
                                                                                                                          512 735                      501 303

                                                                                                                                                                       Downloaded from hlayiso.com

            GR
             GR.. 111 I N   SLAAG
                             SK   RYF             E 11
                                              A D11
                                          G RGR.            LAAG
                                                           SK RYF        GR.
                                                                       GR.  1 111I N       SLAAG
                                                                                          SKR   YF      GR.
                                                                                                         GR.1 11I N     SLAAG
                                                                                                                       SK  RYF       GR.
                                                                                                                                    GR  . 111
                                                                                                                                            1 IN    SKRSLAAG
                                                                                                                                                           YF
                2014
             IN 2 0         MATRIEK
                            MAT   RIEK         2015
                                             N 20
                                           IIN     15      MATRIEK
                                                         MATR    I K     IN0 1 6
                                                                         2   2016          MATRIEK
                                                                                         MATR    IEK     IN 2017
                                                                                                          201 7         MATRIEK
                                                                                                                      MATR    I          2018
                                                                                                                                     IN2 0 1 8         MATRIEK
                                                                                                                                                   MATRI      EK
                            IN
                             I N2015
                                  2015                       2016
                                                          IIN 2 016                       IN
                                                                                           IN 2 0
                                                                                              20177                        2018
                                                                                                                       IIN 2 0 18                         2019
                                                                                                                                                    I NIN2 0 1

                                                                                      EINDE

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
                                          WISKUNDIGE GELETTERDHEID                             7
                                          (Vraestel 1)             10601/21

VRAAG 3

3.1   John besluit om navorsing oor vorige matriekuitslae te doen. Hy het op twee grafieke
      afgekom; een wat die algehele matriek slaagsyfer van die jaar 2009 tot 2018 aandui
      (BYLAAG D), en een wat die gewone slaagsyfer teenoor die universiteit slaagsyfer
      toon. (BYLAAG E)

      Bestudeer BYLAAG D in die ADDENDUM om die vrae wat volg, te beantwoord.

      3.1.1      Bepaal die omvang van die algehele matriek slaagsyfer vir 2009 tot 2018.    (3)

      3.1.2      Bepaal die modus van die algehele matriek slaagsyfer vir 2009 tot 2018.     (2)

      3.1.3      Bepaal die mediaan van die algehele matriek slaagsyfer vir 2009 tot 2018.   (3)

      3.1.4      Bepaal of die data van die algehele matriek slaagsyfer diskreet of kontinu
                 is. Regverdig jou antwoord.                                                (3)

      3.1.5      Bepaal die IKO (Interkwartiele-omvang) van die algehele slaagsyfer vir
                 2009 tot 2018.                                                         (3)

      3.1.6      Verduidelik wat die 3de Kwartielwaarde (K3) verteenwoordig.                 (2)

      3.1.7      Bepaal die waarskynlikheid om ŉ jaar te kies met ŉ slaagsyfer van minder
                 as 70,3%. Los jou antwoord in ŉ vereenvoudigde breukformaat.             (3)

3.2   Bestudeer BYLAAG E in die ADDENDUM om die vrae wat volg te beantwoord.

      3.2.1      Beskryf die neiging van die gewone slaagsyfer en die universiteitstoelating
                 slaagsyfer apart.                                                           (4)

      3.2.2      Indien die data wat versamel is van die gewone en universiteitstoelating
                 slaagsyfer in Gauteng gedoen is, verduidelik of hierdie data bevooroordeeld
                 of geldig vir die land is.                                                  (2)

      3.2.3      Konstrueer ŉ vraelys met 4 vrae wat jy ŉ leerder sal vra wat universiteits-
                 toelating behaal het.                                                       (4)
                                                                                             [29]

                                                                                               b.o.

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
                                             WISKUNDIGE GELETTERDHEID                                      8
                                             (Vraestel 1)             10601/21

VRAAG 4

4.1   Sasha en Leila besluit om die fliek Black Panther te kyk. Die fliek wat op 29 Januarie
      2018 vrygestel is het groot verkope van $1 348 258 224 teen 31 Maart 2018 geregistreer.
      Die totale koste om die Black Panther fliek te produseer was gekwoteer teen $200
      miljoen, uitsluitend bemarkingskostes.

                   [Bron: https:// medium.com/@vrendermarketing/what-did-it-cost-to-make-black-panther]

      4.1.1       Bepaal hoeveel geld (in $) per dag verdien is vanaf 29 Januarie tot 31 Maart
                  2018. (Rond jou antwoord af tot die naaste miljoen $).                       (4)

      4.1.2       Indien 60 kaartjies per dag verkoop is, en elke kaartjie $76 gekos het,
                  bepaal hoeveel geld die bioskoop vanaf 29 Januarie tot 31 Maart 2018
                  gemaak het.                                                             (3)

      4.1.3       Indien die inkomste in dollar $282 720 is, wat sal die rand waarde wees
                  indien die wisselkoers $1 = R11,8321 is?                                (2)

      4.1.4       Inperking Vlak 2 Regulasies het verklaar dat alhoewel bioskope mag
                  funksioneer, mag hulle nie 40% van hul kapasiteit mag oorskry nie.
                  Indien ŉ kaartjie R120 is, en die bioskoop ŉ maksimum kapasiteit van
                  60 mense mag hê, bewys (toon ALLE berekeninge aan) dat die verlies van
                  inkomste R4 320 is.
                                                                                                          (3)

4.2   Mev. McKenzie en haar familie het na Starland gegaan om sterre te gaan kyk terwyl
      hulle in Sutherland was. John, die eienaar, het ŉ eiendom net buite Sutherland gekoop
      as ŉ belegging in 2015. Hy organiseer ŉ sterrekyk-toer op sy eiendom elke aand.

      Starland het ŉ FNB Besigheidsrekening, wat die volgende diensfooie hef:

                  FNB Besigheidsrekening: Betaal-soos-jy-gebruik prys opsie
                     Transaksie                                  Diensfooi
              Maandelikse rekeningfooi        R200
                                 Kontant deposito fooi by FNB tak
              Minimum fooi per
                                              R30,00
              deposito minder as R5 000
              Waarde van deposito             Deposito fooi by FNB meer as R5 000
                                              R8,40 + R1,49 per R100 of gedeelte
              R5 000 – R14 999,99
                                              daarvan

      4.2.1       Wat is die maandelikse rekeningfooi op hierdie rekening?                                (2)

      4.2.2       Wanneer sal die kliënt ŉ minimum fooi van R30,00 betaal?                                (2)

                                                                                                            b.o.

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
                                                               WISKUNDIGE GELETTERDHEID                                  9
                                                               (Vraestel 1)             10601/21

      4.2.3                           Bereken die totale koste, in bankfooie, vir die besigheid wanneer John
                                      R11 300,00 by ŉ FNB tak deponeer.                                      (2)

      4.2.4                           Die FNB Besigheidsrekening betaal 2,4% rente per jaar. Die rente word
                                      maandeliks saamgestel.

                                      (a) Bereken die maandelikse rentekoers.                                           (3)

                                      (b) Bereken hoeveel rente John op R11 300,00 sal verdien indien
                                          hy die geld na 2 maande onttrek.                                              (5)

4.3   Starland het ŉ wins van R210 000 gedurende die vorige jaar gemaak. Starland het
      ŉ vaste uitgawe koste van R30 000. Verwys na die grafiek hieronder wat die totale
      inkomste en uitgawes verteenwoordig en beantwoord die vrae wat volg.

                                               Totale Koste vergelyk met die Totale Inkomste
                                R R140
                                  140.00

                                R R120
                                  120.00

                                R R100
                                  100.00

         Bedrag (in duisende)
                                 R R80
                                   80.00

                                 R R60
                                   60.00

                                 R R40
                                   40.00

                                 R R20
                                   20.00

                                     R-
                                           0     100   200   300     400    500      600       700   800   900   1000
                                                                       Aantal mense
                                                              Totale               Totale
                                                             Total Income
                                                              inkomste            Total
                                                                                   kosteCost

                                                                                                                          b.o.

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
                                        WISKUNDIGE GELETTERDHEID                             10
                                        (Vraestel 1)             10601/21

      4.3.1      Gebruik die grafiek om aan te toon dat die inkomste wat John per persoon
                 hef vir sterrekyk, R130 is, afgerond tot die naaste tien rand.              (3)

      4.3.2      Die totale uitgawes vir 500 mense is R40 000. Bereken die uitgawe per
                 persoon vir ŉ aand van sterrekyk.                                           (4)

      4.3.3      Aangesien John R130 per persoon vir sterrekyk vra, bereken sy persentasie
                 wins vir ŉ sterrekyk-toer per persoon.                                      (3)

4.4   Mnr. McKenzie besluit om te kyk wat die leerders se vordering vanaf 2014 tot 2019 is
      aangesien sy kind huidiglik in Graad 11 is en hy wil weet wat die waarskynlikheid is
      dat sy kind na Graad 12 sal gaan. Verwys na BYLAAG F in die ADDENDUM om die
      vrae wat volg, te beantwoord.

      4.4.1      Sorteer die data van die Graad 11’s en die Graad 12’s apart, in stygende
                 volgorde.                                                                   (2)

      4.4.2      Bepaal Kwartiel 1 (K1) en Kwartiel 2 (K2) van die Graad 12’s.               (4)

      4.4.3      Bepaal die modale aantal Graad 11’s wat slaag.                              (2)

      4.4.4      Bepaal die gemiddeld van die Graad 12’s wat geslaag het.                    (3)
                                                                                             [47]

                                                                                  TOTAAL: 150

                                           EINDE

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com

## Related documents

- [Gr12 Mathematics Literacy P2 (Afrikaans) 2021 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-mathematics-literacy-p2-afrikaans-2021-preparatory-question-paper/7e9e136a-ea6b-439f-9f4c-c3639e011c4c) — Mathematical Literacy · QP · 2021 · Afr
- [Grade 12 NSC Mathematical Literacy P1 (Afrikaans) Preparatory 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-mathematical-literacy-p1-afrikaans-preparatory-2017-question-paper/11d028b9-4280-4bd2-bf13-aaf3c412ade3) — Mathematical Literacy · QP · 2017 · Afr
- [Grade 12 NSC Mathematical Literacy P1 (Afrikaans) 2015 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-mathematical-literacy-p1-afrikaans-2015-preparatory-examination-question-paper/f7c020f8-b359-4c5f-b0a6-9c6dc19d3778) — Mathematical Literacy · QP · 2015 · Afr
- [MATHS LIT P1 GR12 ADDENDUM SEPT 2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr12-addendum-sept-2021-afrikaans/bb93ab59-ebbf-4bfc-94fd-43fb313fe26a) — Mathematical Literacy · Addendum · 2021 · Afr
- [Grade 12 NSC Mathematics Literacy P1 (Afrikaans) 2019 Preparatory Examination Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-mathematics-literacy-p1-afrikaans-2019-preparatory-examination-addendum/657f6e9a-3626-48fa-9c6e-11d49700db5a) — Mathematical Literacy · Addendum · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC Maths Literacy Addendum X5 (Afrikaans) Preparatory 2018 Possible Answer](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-maths-literacy-addendum-x5-afrikaans-preparatory-2018-possible-answer/b82b5337-d583-4576-8235-f8c6a3fe1432) — Mathematical Literacy · Addendum · 2018 · Afr

## More from Grade 12 Mathematical Literacy

- [MATHS LIT P1 GR12 MEMO JUNE 2025 AFRIKAANS FINAL watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr12-memo-june-2025-afrikaans-final-watermark/4f0ec261-f838-4bf3-8913-7821dc577353) — Memo · 2025 · Afr
- [MATHS LIT P2 GR 12 SEPT 2025 ADDENDUM AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-gr-12-sept-2025-addendum-afr-watermark/813c6e54-f134-474a-b01a-1260e38b4c8f) — Addendum · 2025 · Afr
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/52054481-13fc-4fe6-aeaa-f4ab3b0cc95a) — Memo · 2025
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 ANSWER BOOK September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-answer-book-september-2025-kzn/b0b358eb-c897-437a-8694-910fe61dfcbc) — Addendum · 2025
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-limpopo/b5fb7d34-b4dd-4364-aef6-145ed54ac2c5) — Memo · 2025
- [Maths Lit P2 Erratum June Common 2024](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-erratum-june-common-2024/48cfbfd6-3aea-46d0-8faa-e00dcb9be5e8) — Errata · 2024

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
