# Mathematical Literacy Grade 12 P2 Gauteng Mock 2022 QP (Afr)

> Grade 12 Mathematical Literacy Paper 2 question paper from the Gauteng Mock Exam 2022 (Afrikaans), 24 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr12-mathematics-literacy-p2-afrikaans-sep-2022-question-paper/f0172261-2f96-4a22-9154-bd5d38da865a
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Mathematical Literacy
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: Gauteng Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 24

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Mathematical Literacy](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/mathematical-literacy) › [Mathematical Literacy Grade 12 P2 Gauteng Mock 2022 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr12-mathematics-literacy-p2-afrikaans-sep-2022-question-paper/f0172261-2f96-4a22-9154-bd5d38da865a)

## About this document

Mathematical Literacy · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2022 · Afrikaans. Question paper, 24 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

         VOORBEREIDENDE EKSAMEN
                                         2022
                                         10602
                       WISKUNDE GELETTERDHEID

                                    VRAESTEL 2

TYD:      3 uur

PUNTE: 150

13 bladsye en ŉ addendum van 5 bladsye

                             Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.
                    'n Addendum van 5 bladsye is binne die vraestel ingesluit.

                                                                                 b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                            WISKUNDIGE GELETTERDHEID                               2
                                            (Vraestel 2)             10602/22

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Hierdie vraestel bestaan uit VYF vrae. Antwoord AL die vrae.

2.    Gebruik die BYLAE in die ADDENDUM om die volgende vrae te antwoord:

      BYLAAG A vir VRAAG 2.2
      BYLAAG B vir VRAAG 4.2
      BYLAAG C vir VRAAG 5.1
      BYLAAG D vir VRAAG 5.2

3.    Nommer jou antwoorde volgens die nommeringstelsel wat in die vraestel gebruik word.

4.    Begin die antwoord op ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

5.    Jy mag ŉ goedgekeurde sakrekenaar (nie-programmeerbare en nie-grafiese) gebruik, tensy
      anders aangedui.

6.    Wys ALLE berekeninge duidelik aan.

7.    Rond ALLE finale antwoorde toepaslik af volgens die gegewe konteks, tensy anders aangedui.

8.    Wys eenhede van meting, waar van toepassing.

9.    Kaarte en diagramme is NIE volgens skaal geteken NIE, tensy anders aangedui.

10.   Skryf netjies en leesbaar.

                                                                                                       b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                             WISKUNDIGE GELETTERDHEID                                       3
                                             (Vraestel 2)             10602/22

VRAAG 1

1.1    Bestudeer die inligting en die kaart hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

      Die Suez-kanaal is ŉ kunsmatige seevlak-waterweg van 193 kilometer tussen Port Said in
      die noorde en Suez in die suide. Die Suez-kanaal bied ŉ korter roete vir groot skepe wat
      vragte rondom die wêreld vervoer. Konstruksie van die Suez-kanaal het op 25 September
      1859 begin en die kanaal is vir die eerste keer in 1869 oopgemaak.

      Met die aanvanklike opening in 1869, was die kanaal 8 meter diep, 22 meter wyd op die
      bodem en 61 tot 91 meter wyd op die oppervlak. Om skepe toe te laat om mekaar verby te
      steek, is daar elke 8 tot 10 km verbysteek areas gebou.

      Die kaart hieronder wys die Suez-kanaal en die omliggende omgewing.

                                                                       ASIË
                  Mediterreense See

                                Suez-
                                kanaal

                                     Egipte

                     AFRIKA

                                       [Bron: https://kids.britannica.com/kids/article/Suez-Canal/353819]

      1.1.1     Identifiseer die land wat aan die westekant aan die Suez-kanaal grens.                          (2)

      1.1.2     Skryf die name van die kontinente neer wat deur die Suez-kanaal geskei word.                    (2)

      1.1.3     Identifiseer die see wat aan die suidekant van die Suez-kanaal is.                              (2)

      1.1.4     Skryf die afstand neer tussen die stad aan die suidekant van die Suez-kanaal en
                die stad aan die noordekant van die Suez-kanaal. Gee jou antwoord in km.                        (2)

      1.1.5     Noem EEN voordeel wat skepe het wanneer hulle die Suez-kanaal gebruik.                          (2)

                                                                                                                b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                             WISKUNDIGE GELETTERDHEID                              4
                                             (Vraestel 2)             10602/22

      1.1.6     Noem enige TWEE items wat ŉ skip, wat die Suez-kanaal gebruik, kan
                vervoer.                                                                           (2)

      1.1.7     Gee EEN rede waarom “verbysteek areas” elke 8 tot 10 km gebou is oor die
                lengte van die Suez-kanaal.                                                        (2)

      1.1.8     Bepaal die aantal jare wat dit geneem het om die Suez-kanaal vir seeverkeer
                oop te maak vanaf konstruksie begin het.                                           (2)

1.2   Op 23 Maart 2020, het die 1 300 ft lange skip, die Ever Given, van Asië na Europa
      gereis. Dit het die Suez-kanaal in die suide binne gegaan en het noord gereis. Die skip is
      vasgevang in modder regdeur die suidelike kant van die kanaal.

      1.2.1     In watter algemene rigting het die Ever Given deur die Suez-kanaal gereis?         (2)

      1.2.2     By watter stad het die Ever Given die Suez-kanaal binne geseil?                    (2)

      1.2.3     Die “Ever Given” is 1 300 ft. lank. Herlei die lengte van hierdie vragskip na
                meter, indien 1 ft = 0,3048 m.                                                     (2)

                                                                                                       b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                             WISKUNDIGE GELETTERDHEID                             5
                                             (Vraestel 2)             10602/22

1.3   Die sjef op die skip het sjokolademousse vir die bemanningslede voorberei. Bestudeer
      die resep hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

      SJOKOLADEMOUSSE RESEP

      BESTANDDELE
      200 g donker sjokolade
      30 ml brandewyn (opsioneel)
      3 eiers (slegs eierwitte)
      60 ml strooisuiker

      100 ml room

      Voorbereidingstyd: 10 minute            Baktyd: 5 minute        Bedien: 6 mense

      METODE
       Rasper 50 g donker sjokolade, breek die res in klein stukkies en smelt in ŉ pot.
       Roer die brandewyn in (indien gebruik).
       Klits die eierwit tot styf, plaas die strooisuiker by en klits tot glad.
       Vou die room in en plaas twee derdes van die gerasperde donker sjokolade by.
       Versprei die mengsel tussen 6 bakkies, strooi die oorblywende donker sjokolade oor
        en plaas in die yskas vir 2 uur.

      1.3.1      Bepaal die totale tyd (in ure) om die sjokolademousse voor te berei en te
                 maak.                                                                            (2)

      1.3.2      Herlei die gewig van die donker sjokolade na kilogram.                           (2)

      1.3.3      Skryf die verhouding van die strooisuiker tot die brandewyn in die
                 eenvoudigste vorm.                                                               (2)

      1.3.4      Bepaal die hoeveelheid gram gerasperde sjokolade wat by die room gevoeg
                 word.                                                                            (2)

      1.3.5      Die sjef het die sjokolademousse om 11:55 begin maak. Hoe laat sal dit gereed
                 wees om te eet?                                                                  (2)
                                                                                                 [32]

                                                                                                      b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                            WISKUNDIGE GELETTERDHEID                             6
                                            (Vraestel 2)             10602/22

VRAAG 2

2.1   Die Royal Mail Ship St Helena, was ŉ unieke vrag-passasierskip wat in 1989 spesifiek
      gebou is om die eiland van St Helena, ŉ Britse oorsese grondgebied in die tropiese Suid-
      Atlantiese Oseaan, te voorsien. Die Royal Mail Ship St Helena kan 156 passasiers en
      56 bemanningslede akkommodeer.

                                                                                      AFRIKA
                                                 ATLANTIESE OSEAAN

                                          BRASILIË

      Bestudeer die inligting en die kaart hierbo, en beantwoord die vrae wat volg.

      2.1.1   Bepaal die waarskynlikheid dat indien ŉ persoon ewekansig van die skip gekies
              kon word, dit ŉ bemanningslid sou wees. Gee die antwoord as ŉ persentasie.         (3)

      2.1.2   Die passasiers op die Royal Mail Ship St Helena, is van die volgende
              nasionaliteite:

                   Nasionaliteit        Aantal passasiers           Manlik       Vroulik
                 Suid-Afrikaans                 48                     35             13
                 Russies                        12                      8              4
                 Amerikaans                     56                     23             33
                 Duits                          23                     10             13

              Bepaal die waarskynlikheid dat indien ŉ passasier ewekansig van die skip
              gekies kon word, die passasier ŉ Russiese man of ŉ vroulike Suid-Afrikaner sal
              wees.                                                                              (4)

                                                                                                     b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                            WISKUNDIGE GELETTERDHEID                               7
                                            (Vraestel 2)             10602/22

2.2   Die Royal Mail Ship St Helena, vertrek vanaf Kaapstad na St Helena. Bestudeer die
      kaart op BYLAAG A en beantwoord die vrae wat volg.

      2.2.1   Waar is die hawe op St. Helena waarskynlik geleë?                                    (2)

      2.2.2   Kies die korrekte letter wat die volgende stelling WAAR sal maak.

              Die dorp Levelwood lê:

              A    Suid van Longwood
              B    Wes van Blue Hill
              C    Suidwes van Jamestown                                                           (2)

      2.2.3   Watter tipe skaal word in BYLAAG A aangedui?                                         (2)

      2.2.4   Gebruik die skaal op die kaart om die afstand, soos die kraai vlieg, van
              Longwood (die dorp) na St Pauls (die dorp) te bepaal. Gee die antwoord in
              kilometer.

              LET WEL: dat 1 myl = 1,60934 km.                                                     (4)

      2.2.5   Gee EEN rede waarom party dorpe op die kaart met groter kolle as ander dorpe
              aangedui word.                                                                       (2)

      2.2.6   Gebruik ŉ liniaal om die geskatte lengte, soos die kraai vlieg, op St. Helena van
              die mees suidwestelike kant na die mees noordoostelike kant van die eiland te
              bepaal. Gee die antwoord in cm.                                                      (2)

      2.2.7   Die maksimum breedte van die eiland is ongeveer 10 km. Gebruik die skaal op
              die kaart, asook die antwoord op VRAAG 2.2.6, om die geskatte oppervlak van
              die hele eiland vas te stel.                                                         (4)

      2.2.8   Bevolkingsdigtheid is die aantal mense wat per vierkante kilometer van ’n
              gebied, woonagtig is. Volgens die laaste sensus opname in 2016, was daar 4 534
              mense op die eiland van St Helena. Gebruik die antwoord op VRAAG 2.2.7 om
              die bevolkingsdigtheid van St Helena te bepaal.                                      (3)

      2.2.9   As jy ŉ geleentheid gehad het om ŉ besigheid op St. Helena te begin, watter tipe
              besigheid sou jy oorweeg?                                                            (2)
                                                                                                  [30]

                                                                                                       b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                             WISKUNDIGE GELETTERDHEID                        8
                                             (Vraestel 2)             10602/22

VRAAG 3

Mrs Phalatsi wil graag ŉ swembad by haar huis hê. Sy vergelyk die grootte van twee vorms
van swembaddens.
Swembad A is reghoekig met ŉ diepte wat eenvormig van 3 voet tot 9 voet toeneem.
Swembad B is silindries met ŉ deursnee van 5 m. Hieronder is diagramme van beide
swembaddens.

SWEMBAD A (reghoekige vorm)                          SWEMBAD B (silindriese vorm)

      Diepte 1 Deel A

                                          Diepte 2

                    Deel B

Swembad A afmetings                                  Swembad B afmetings
Lengte: 40 voet                                      Deursnee: 5 m
Breedte: 25 voet                                     Diepte : ……
Diepte 1: 3 voet
Diepte 2: 6 voet

Die volgende formules kan gebruik word:

Oppervlak van ’nreghoek = lengte × breedte (diepte)
Oppervlak van ’ndriekhoek = ½ × basis × hoogte
Oppervlak van ŉ sirkel = π × radius2 (waar π = 3,142) (diepte)
Volume van ŉ silinder = π × radius2 × hoogte
Omtrek = π × deursnee
π = 3,142 1 m3 = 1 000 liter    1 voet = 0,3048 m

3.1   Verduidelik die term omtrek.                                                           (2)

3.2   Herlei die lengte van die reghoekige swembad na meter (m).                             (2)

3.3   Mev. Phalatsi beweer dat swembad A meer as 169 000 liter water hou. Indien die
      volume van die water vir deel A van die swembad gegee is as 84 951 ℓ, bepaal of Mev.
      Phalatsi se bewering korrek is.                                                        (8)

                                                                                                 b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com

MAAK ASSEBLIEF HIERDIE ADDENDUM VAN 5 BLADSYE LOS.

            VOORBEREIDENDE EKSAMEN
                         2022

                          10602

                 WISKUNDE GELETTERDHEID

                       ADDENDUM

                       VRAESTEL 2

5 bladsye

                                                     b.o.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                            WISKUNDE GELETTERDHEID                                            2
                            (Vraestel 2) ADDENDUM                         10602/22

BYLAAG A: VRAAG 2.2

                                 5 myl
                      [Bron: https://en.wikipedia.org/wiki/File:Districts of St Helena.svg]

                                                                                         b.o.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                           WISKUNDE GELETTERDHEID                                          3
                                           (Vraestel 2) ADDENDUM                      10602/22

BYLAAG B: VRAAG 4.2

                                               44 feet
                                                   voet

                              12 inches
                              12  duim                          12 duim
                                                                12 inches

        [Bron: https://www.chimneyspecialistsinc.com/blog/in-ground-fire-pits-vs-above-gound-fire-pits/]

                                                                                                     b.o.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                                        WISKUNDE GELETTERDHEID                                                         4
                                                        (Vraestel 2) ADDENDUM                                   10602/22

BYLAAG C: VRAAG 5.1

                                        LMI
                                                                                                 2 to 20

                                                                                                                        SEUNS
                                                                                                 jaar

     Pasiënt Identifiseerder ________________________________________________________

    LMI                                                                                                   LMI

                                                                                                 97ste

                                                                                                 95ste

                                                                                                 90ste            Om LMI te
                                                                                                                  bereken:
                                                                                                 85ste            Kilogram en meter
                                                                                                                  gewig (kg)/lengte (m)2
                                                                                                 75 ste           Ponde en duim:
                                                                                                                  gewig (lb)/lengte (duim)2
                                                                                                                  x 703
                                                                                                 50ste
                                                                                                                  SEUNS:
                                                                                                 25ste            99ste persentiel
                                                                                                                  snypunte
                                                                                                 10de
                                                                                                 5de               OUDERDOM             LMI
                                                                                                 3de                   5                20,1
                                                                                                                       6                21,6
                                                                                                                       7                23,6
                                                                                                                       8                25,6
                                                                                                                       9                27,6
                                                                                                                      10                29,3
                                                                                                                      11                30,7
                                                                                                                      12                31,8
                                                                                                                      13                32,6
                                                                                                                      14                33,2
                                                                                                                      15                33,6
                                                                                                                      16                33,9
                                                                                                                      17                34,4
Ouderdom
 in Jare   2    3    4    5    6    7    8   9    10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20                                From National Initiative for
                                                                                                                  Children’s Healthcare Quality
                                                                                                                  (www.richq.org)
           [Color coding of the 2 000 CDC BMI charts by UNC’s Department of Pediatrics and Center for
           Health Promotion and Disease Prevention (CDC Cooperative agreement U48-DP-000059) for
           research and clinical purposes]

                                                                                                                                  b.o.

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
                           WISKUNDE GELETTERDHEID              5
                           (Vraestel 2) ADDENDUM    10602/22

BYLAAG D: VRAAG 5.2

STROOKKAART VAN KAAPSTAD NA BLOEMFOTEIN

                                        ROETE:
                                      KAAPSTAD -
                                     BLOEMFOTEIN

                            EINDE

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
                                           WISKUNDIGE GELETTERDHEID                            9
                                           (Vraestel 2)             10602/22

3.4   Kies die korrekte letter wat die volgende stelling WAAR sal maak.

      Die formule om die volume van swembad B te bereken is:

      A   π × 5 × hoogte
      B   π × 2,52 × hoogte
      C   π × 52 × hoogte                                                                      (2)

3.5   Daar word beraam dat swembad B 65 000 liter water hou. Bepaal die diepte van
      swembad B en rond jou antwoord af tot twee desimale plekke.                              (5)

3.6   Swembad B word gevul met water wat vloei teen ŉ koers van 1,5 m3 per minuut. Mev.
      Phalatsi beweer dat dit teen 8:00 tot 92% van sy kapasiteit gevul kan word as die
      vulproses om 7:30 begin. Verifieer of Mev. Phalatsi se bewering korrek is.               (5)

3.7   Mev. Phalatsi besluit op swembad A. Gee EEN moontlike rede hoekom sy swembad A
      gekies het, al gebruik swembad A meer water as swembad B.                                (2)

3.8   Toe Mev. Phalatsi in haar nuwe swembad wou swem, was die temperatuur van die water
      19 °C en sy het gesê dat sy slegs sal swem as die temperatuur van die water 25 °C is.
      Die temperatuur moet toeneem met 6 °C.
      Bereken wat die verandering in temperatuur sal wees in °F.
      Jy mag die volgende formule gebruik: (°F − 32) ÷ 1,8 = °C                                (5)
                                                                                              [31]

                                                                                                   b.o.

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
                                           WISKUNDIGE GELETTERDHEID                                  10
                                           (Vraestel 2)             10602/22

VRAAG 4

4.1   Sakhile het by die Universiteit van Johannesburg ingeskryf en het ŉ bachelor woonstel in
      Johannesburg gehuur. Gebruik die vloerplan van Sakhile se woonstel en beantwoord die vrae
      wat volg.

      VLOERPLAN VAN SAKHILE SE BACHELOR WOONSTEL

                                     MEGANIESE KAMER                   DEK OF
                                                                       PATIO                     N
                    SLAAPKAMER

                                                                  LEEFAREA

                 INGANG

                    BADKAMER
                                                              KOMBUIS

      Skaal 1:100                                                     [Aangepas uit www.pinterest.com]

      NOTA:
      Oppervlak van die bachelor woonstel = 322,36 vierkante voet (ft²)
      100 cm² = 0,107639 vierkante voet (ft²)

      4.1.1   Skryf die aantal deure wat binne in die leefarea en kombuis oopmaak, neer.             (2)

      4.1.2   Gebruik die skaal wat gegee is en bereken die ware lengte van die slaapkamer,
              insluitend die meganiese kamer.                                                        (5)

      4.1.3   Herlei die oppervlak van die bachelor woonstel na m².                                  (4)

      4.1.4   Sakhile sê hy hou van ŉ oopplanwoonstel. Kwalifiseer hierdie bachelor
              woonstel as ŉ oopplanwoonstel? Gee ŉ rede vir jou antwoord.                            (2)

                                                                                                           b.o.

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
                                           WISKUNDIGE GELETTERDHEID                              11
                                           (Vraestel 2)             10602/22

4.2   Mnr. Botha, die eienaar van die woonstel waar Sakhile bly, wil ŉ vuurput in die
      agterplaas bou. Hy het op die internet gesoek en die idee gekry soos aangedui in
      BYLAAG B. Gebruik BYLAAG B om die vrae wat volg te beantwoord.

      Die gat vir die vuurput moet 4 voet breed en 12 duim diep wees.

      NOTA:
      1 voet = 30,48 cm
      1 duim = 2,54 cm
      1 gallon = 3,7854 ℓ

      4.2.1   Bepaal die radius van die vuurput, in sentimeter.                                  (4)

      4.2.2   Bepaal die volume van die vuurput in cm3.

              Jy mag die volgende formule gebruik:
              Volume van silinder = π × radius2 × hoogte; gebruik π = 3,142                      (4)

      4.2.3   Wat is die formule wat gebruik word om die omtrek rondom die sirkel te meet?
              Kies die korrekte antwoord van die opsies wat hieronder gegee is. Skryf slegs
              die korrekte letter (A – D) langs die vraagnommer.

              A      Omtrek van ’n sirkel = π × deursee
              B      Omtrek van ’n sirkel = π × radius
              C      Oppervlak van ’n sirkel = π × radius2
              D      Volume van ’n silinder = π × radius2 × hoogte                               (2)

      4.2.4   Dus, bereken die omtrek van die gat vir die vuurput. Rond jou antwoord af tot
              drie desimale plekke.                                                              (3)

      4.2.5   ŉ Laag van drie 5 gallon emmers lavaklippe moet in die gat geplaas word.
              Mnr. Botha sê dat twee en ŉ driekwart van ŉ 20 ℓ emmer gelyk is aan drie
              5 gallon emmers.

              Verifieer sy verklaring, en meld aan of daar ŉ oorskot of tekort aan lavaklippe
              sal wees.                                                                          (5)
                                                                                                [31]

                                                                                                       b.o.

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
                                            WISKUNDIGE GELETTERDHEID                             12
                                            (Vraestel 2)             10602/22

VRAAG 5

5.1   Bestudeer die persentiel kurwe in BYLAAG C en beantwoord die vrae wat volg.

      Afrigter Maxwell, die rigter by ŉ plaaslike atletiekklub gebruik persentielkaarte om die
      gesondheidstatus van atlete wat by die klub aansluit te bepaal om die beste oefening vir
      hulle te bepaal. Afrigter Maxwell laat atlete wie se LMI’s tussen die 5de en 85ste
      persentiel is toe om by die klub aan te sluit.

      5.1.1   Wat verteenwoordig die afkorting, LMI?                                             (2)

      5.1.2   Bepaal die maksimum LMI wat ŉ seun moet hê om by die klub te kan aansluit.         (2)

      5.1.3   Dus, bepaal die maksimum gewig van ŉ seun wat 1,8 m lank is en wie se LMI
              as gesond beskou word vir ŉ seunsatleet.

              Jy mag die volgende formule gebruik:

                       gewig (kg)
              LMI =
                      lengte (m) 2                                                               (4)

      5.1.4   ŉ 14-jarige seun wat 48 kg weeg en wie se hoogte 1,3 m is, beweer dat hy
              kwalifiseer om toegelaat te word by die klub. Bereken die LMI van die seun.        (2)

5.2   Gebruik BYLAAG D om die volgende vrae te beantwoord.

      Afrigter Maxwell reis vanaf Kaapstad na Bloemfontein.

      5.2.1   Bepaal die afstand van Colesberg na Beaufort-Wes.                                  (2)

      5.2.2   Bepaal die waarskynlikheid om deur of verby ŉ dorp te ry wat met die letter T
              begin, langs die N1 vanaf Kaapstad na Bloemfontein.                                (2)

                                                                                                       b.o.

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
                                      WISKUNDIGE GELETTERDHEID                              13
                                      (Vraestel 2)             10602/22

5.2.3   Gedurende afrigter Maxwell se reis vanaf Kaapstad na Bloemfontein, het hy
        vir 45 minute in Laingsburg gestop vir middagete. Sy volgende stop was
        Beaufort-Wes vir 15 minute en later het hy vir 15 minute in Colesberg gestop.
        Die reis van Kaapstad na Bloemfontein het 'n totaal van 9 uur en 15 minute
        geduur.

        Bereken die gemiddelde spoed (tot die naaste km/h) waarteen afrigter
        Maxwell gereis het vanaf Kaapstad na Bloemfontein.

        Regverdig, met berekeninge, of afrigter Maxwell by die spoedgrens van 120
        km/h op nasionale paaie gehou het.

        Jy mag die volgende formule gebruik:
                              Afstand
        Gemiddelde spoed =
                                Tyd                                                         (6)

5.2.4   Die brandstofverbruik van afrigter Maxwell se motor is 5,9 ℓ/100 km en die
        brandstoftenk het ŉ kapasiteit van 45 ℓ. Verifieer of dit nodig was vir afrigter
        Maxwell om brandstof in te gooi by enige van die dorpe waar hy gestop het
        op pad na Bloemfontein. Wys ALLE berekeninge.                                       (6)
                                                                                           [26]

                                                                               TOTAAL:     150

                                          EINDE

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com

## Related documents

- [Gr12 Mathematics Literacy P2 (Afrikaans) 2021 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-mathematics-literacy-p2-afrikaans-2021-preparatory-question-paper/7e9e136a-ea6b-439f-9f4c-c3639e011c4c) — Mathematical Literacy · QP · 2021 · Afr
- [Grade 12 NSC Mathematics Literacy P2 (Afrikaans) X05 2019 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-mathematics-literacy-p2-afrikaans-x05-2019-preparatory-examination-question-paper/37374784-9c7c-4978-9ba0-550ddc3b1197) — Mathematical Literacy · QP · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC Mathematical Literacy P2 (Afrikaans) 2015 Preparatory Exam Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-mathematical-literacy-p2-afrikaans-2015-preparatory-exam-question-paper/be306280-3aba-46ec-aad3-7ee5349ad8f4) — Mathematical Literacy · QP · 2015 · Afr
- [Grade 12 NSC Mathematics Literacy P2 (Afrikaans) Preparatory 2017 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-mathematics-literacy-p2-afrikaans-preparatory-2017-possible-answers/f2fdc5eb-8de9-4da5-b583-f3e5088fce88) — Mathematical Literacy · Memo · 2017 · Afr
- [Grade 12 NSC Mathematical Literacy P1 (Afrikaans) Preparatory 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-mathematical-literacy-p1-afrikaans-preparatory-2017-question-paper/11d028b9-4280-4bd2-bf13-aaf3c412ade3) — Mathematical Literacy · QP · 2017 · Afr
- [Grade 12 NSC Mathematical Literacy P1 (Afrikaans) 2015 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-mathematical-literacy-p1-afrikaans-2015-preparatory-examination-question-paper/f7c020f8-b359-4c5f-b0a6-9c6dc19d3778) — Mathematical Literacy · QP · 2015 · Afr

## More from Grade 12 Mathematical Literacy

- [MATHS LIT P1 GR12 MEMO JUNE 2025 AFRIKAANS FINAL watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr12-memo-june-2025-afrikaans-final-watermark/4f0ec261-f838-4bf3-8913-7821dc577353) — Memo · 2025 · Afr
- [MATHS LIT P2 GR 12 SEPT 2025 ADDENDUM AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-gr-12-sept-2025-addendum-afr-watermark/813c6e54-f134-474a-b01a-1260e38b4c8f) — Addendum · 2025 · Afr
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/52054481-13fc-4fe6-aeaa-f4ab3b0cc95a) — Memo · 2025
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 ANSWER BOOK September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-answer-book-september-2025-kzn/b0b358eb-c897-437a-8694-910fe61dfcbc) — Addendum · 2025
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-limpopo/b5fb7d34-b4dd-4364-aef6-145ed54ac2c5) — Memo · 2025
- [Maths Lit P2 Erratum June Common 2024](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-erratum-june-common-2024/48cfbfd6-3aea-46d0-8faa-e00dcb9be5e8) — Errata · 2024

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
