# Mathematical Literacy Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2016 QP

> Grade 12 Mathematical Literacy Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2016 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr12-mlit-p2-s16-qp-afr/b77325c2-3c3b-4c3c-be46-652aeb24f442
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Mathematical Literacy
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2016
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Mathematical Literacy](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/mathematical-literacy) › [Mathematical Literacy Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2016 QP](https://www.hlayiso.com/library/gr12-mlit-p2-s16-qp-afr/b77325c2-3c3b-4c3c-be46-652aeb24f442)

## About this document

Mathematical Literacy · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2016. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

(EC/SEPTEMBER 2016)           WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                         1

                              NASIONALE
                          SENIOR SERTIFIKAAT

                                GRAAD 12

                           SEPTEMBER 2016

               WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2

PUNTE:        150

TYD:          3 uur

                                      *MLITA2*

           Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye wat 2 ANTWOORDBLAAIE en
                             ŉ ADDENDUM wat 1 bladsy insluit.

Kopiereg voorbehou                                           Blaai om asseblief

### Page 2

2                          WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                      (EC/SEPTEMBER 2016)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING AAN KANDIDATE

 Lees die volgende instruksies noukeurig deur voordat die vrae beantwoord word.

 1.   Die vraestel bestaan uit VYF vrae. Beantwoord AL die vrae.

 2.   Gebruik die ADDENDUM vir volgende vrae:

      ADDENDUM A vir VRAAG 5.2

      ANTWOORDBLAD 1 vir VRAAG 2.2.2
      ANTWOORDBLAD 2 vir VRAAG 4.2.4

      Skryf jou naam in die spasies wat op die ANTWOORDBLAAIE voorsien is en
      handig dit in met jou ANTWOORDEBOEK.

 3.   Nommer die vrae korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
      gebruik is.

 4.   ŉ Goedgekeurde sakrekenaar (nieprogrammeerbaar en niegrafies) mag
      gebruik word, tensy anders aangedui.

 5.   ALLE berekeninge moet duidelik aangetoon word.

 6.   Rond ALLE finale antwoorde toepaslik af volgens die gegewe konteks, tensy
      anders aangedui.

 7.   Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

 8.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/SEPTEMBER 2016)              WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                                    3

 VRAAG 1

 Vuka Rentals is ŉ maatskappy wat woonstelblokke besit. Elke woonstelblok het
 3 vlakke (vloere) met 2 een-slaapkamerwoonstelle en 2 twee-slaapkamerwoonstelle
 op elke vlak.

       Huur vir die een-slaapkamerwoonstelle is R2 300 per maand insluitende water.
       Vir die twee-slaapkamerwoonstelle is die huur R3 200 per maand, uitsluitende
       water. Water word belas met 7,5% van die maandelikse huurkoste.
       Daar is 8 woonstelblokke altesaam.

 Die maksimum aantal geregistreerde huurders is soos volg:

 -     2 persone vir ŉ een-slaapkamerwoonstel, en
 -     4 persone vir ŉ twee-slaapkamerwoonstel.

 1.1    Bepaal hoeveel van elke tipe woonstelle daar is.                                 (2)

 1.2    Bereken die totale inkomste indien al die woonstelle uitverhuur is.              (4)

 1.3    Glenn is ŉ universiteitstudent van Ghana wat ŉ een-slaapkamerwoonstel
        huur. Hy kry 415 Ghanese Cedi as ŉ geskenk vir sy verjaardag vanaf ŉ                        (
        vriend. Indien hy die geld gaan gebruik om sy huur te betaal, hoeveel sal hy                4
        nog nodig hê om sy huur vir een maand te dek (afgerond tot die naaste rand)                 )
        gegee dat 1 Ghanese Cedi = 3,77 Suid-Afrikaanse Rand.                            (4)

 1.4    Indien die besetting van die twee-slaapkamerwoonstelle na 93,75% afneem
        en die een-slaapkamerwoonstelle onveranderd op 100% bly, bereken die
        bedrag wat Vuka Rentals verloor.                                                 (4)

 1.5    Indien daar in al 8 woonstelblokke 37,5% volwasse mense is, hoeveel kinders
        is daar in hierdie woonstelblokke?                                               (5)

 1.6    Die woonstelblokke is genommer vanaf BLOK A tot BLOK H, terwyl die
        woonstelle numeriese waardes het. Bereken die waarskynlikheid dat die
        nommer van ŉ woonstel C1 sal wees.                                                (2)
                                                                                         [21]

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 4

4                              WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                    (EC/SEPTEMBER 2016)

    VRAAG 2
    2.1   Klasuitslae vir Wiskundige Geletterdheid V1 vir die voorbereidende eksamen
          was soos volg:
          65 79      A    98    B     68 90        76   84   102 132 121    B      B
                     K1          K2           K3

          Nota: B verteenwoordig dieselfde waarde vir sommige kandidate en is nie
                die hoogste punt nie.
          2.1.1   Gegee dat die omvang van die uitslae 78 is. Bereken die waarde van
                  A, wat die minimumwaarde is.                                                (3)
          2.1.2   Die gemiddelde van die datareeks is 90. Bereken die modale
                  waarde.                                                                     (4)
          2.1.3   Bereken die ontbrekende waardes (K1; K2 en K3) in die snor-en-
                  baarddiagram.                                                               (6)
          2.1.4   Vir dieselfde klas is die gemiddelde vir Wiskundige Geletterdheid V2
                  75. Vergelyk en lewer kommentaar oor die gemiddelde van die twee
                  vraestelle.                                                                 (2)
          2.1.5   Bepaal die waarskynlikheid dat ŉ leerder in die onderste 25% sal
                  wees.                                                                       (2)
    2.2   Lucy is ŉ onderwyseres wie ŉ matriekafskeid by ŉ sekere hoërskool beplan.
          Sy besoek twee plekke en word twee aparte pryslyste gegee wat soos volg
          uiteengesit is:
          Plek A:
          Plekbespreking                      :     R1 500
          Spysenieringskoste per persoon      :      R150
          Platejoggie (DJ)                    :     R1 200
          Plek B:
          Plekbespreking (insluitende DJ)     :     R1 300
          Spysenieringskoste per persoon      :      R220
          Daar sal 55 leerders, 10 onderwysers en ŉ gasspreker wees wat die afskeid
          sal bywoon.
          2.2.1   Bereken die verskil tussen die totale koste vir die huur van die twee
                  plekke met die maksimum aantal persone wat die matriekafskeid
                  bywoon.                                                                     (5)
          2.2.2   Op ANTWOORDBLAD 1 is ŉ reguit lyngrafiek wat die koste vir Plek
                  A toon vir slegs die leerders geteken. Op dieselfde assestelsel,
                  teken ŉ lyngrafiek vir die koste van Plek B vir slegs die leerders.         (6)
          2.2.3   Verduidelik die betekenis van die gelykbreekpunt in hierdie konteks
                  en skryf die waardes daarvan volgens die grafiek neer.                      (3)
                                                                                             [31]

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/SEPTEMBER 2016)               WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                                  5

 VRAAG 3

 3.1     Sivu, 45 jaar oud verdien R368 450 per jaar. Hy dra maandeliks by tot ŉ
         mediese fonds vir homself en twee afhanklikes.

         2015/2016 Belastingjaar (1 Maart 2015 tot 29 Februarie 2016)

               BELASBARE              BELASTINGKOERS (R)
              INKOMSTE (R)
          0 – 181 900                 18% van elke R1
          181 901 – 284 100           32 742 + 26% van die bedrag bokant 181 900
          284 101 – 393 200           59 314 + 31% van die bedrag bokant 284 100
          393 201 – 550 100           93 135 + 36% van die bedrag bokant 393 200
          550 101 – 701 300           149 619 + 39% van die bedrag bokant 550 100
          701 301 en meer             208 587 + 41% van die bedrag bokant 701 300

          Belastingdrempel van toepassing op individue                   Bedrag
          Persone onder 65 jaar                                          R3 650
          Persone 65 jaar en ouer                                      R114 800
          Persone 75 jaar en ouer                                      R128 500

          Mediese fonds krediete (maandelikse bydrae)                    Bedrag
          Belastingbetaler                                                R270
          Eerste afhanklike                                               R270
          Addisionele afhanklikes                                         R181

         3.1.1    Bereken die maandelikse belasting as ŉ persentasie van sy
                  maandelikse inkomste deur van die belastingtabel gebruik te maak.      (8)

         3.1.2    Met die nodige berekeninge, verduidelik hoe sy belasting beïnvloed
                  sou word indien hy 78 jaar oud was en dieselfde bedrag geld verdien
                  het.                                                                   (3)

         3.1.3    Hy het R30 704,17 om vir 3 jaar te belê. Hy moet tussen twee
                  opsies kies.

                  Opsie:      Belê by ŉ instelling wat ŉ rentekoers van 6,9%
                              enkelvoudige rente per jaar aanbied

                  OF

                  Opsie 2:    Belê by ŉ bank wat ŉ rentekoers van 6% per jaar aanbied
                              wat jaarliks saamgestel is

                  Toon met die nodige berekeninge hoe jy hom sal raad gee oor watter
                  opsie die beste vir hom sal wees.                                      (8)

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 6

6                             WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                         (EC/SEPTEMBER 2016)

    3.2   Sivu het ŉ nuwe geiser (geyser) vir sy woonstel nodig. Hy vind twee geisers
          wat soos volg geadverteer is.

                           Model                            Deursnit × lengte
                            50 ℓ                           450 mm × 610 mm
                           100 ℓ                           550 mm × 840 mm

             Jy mag die volgende formule gebruik:

             Buite-oppervlak = (2 × π × radius × lengte) + (π × radius2 × 2)
             Waar π = 3,142
             Die geiser word hieronder geïllustreer en is nie volgens skaal geteken
             nie.

                                           Lengte

                                                              Deursnit

          3.2.1   Sivu beweer dat as een geiser se volume dubbel die ander geiser se
                  volume is, dan moet die buite-oppervlak ook dubbel wees. Deur
                  gebruik te maak van die formule, bewys dat Sivu se bewering geldig
                  is of nie.                                                                     (8)

          3.2.2   Indien die geiser wat hierbo geteken is, die 100 ℓ-model is, skryf die
                  skaal wat gebruik is om die lengte van die geiser te teken in die
                  vorm 1 : …                                                                      (3)
                                                                                                 [30]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/SEPTEMBER 2016)                WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                                      7

 VRAAG 4

 4.1    ŉ Amerikaanse familie, Mnr. en Mev. Jones besoek vriende in
        Johannesburg. Terwyl hulle in Johannesburg is, kry hulle inligting oor die
        Wildekus (Wild Coast) en besluit om ŉ vakansie by Keimond (Kei Mouth) in
        die Oos-Kaapprovinsie te bespreek.
        By die Keimond kan jy ŉ bootrit vanaf die Keirivier na Qolora vir visvang
        onderneem, wat 10 km van die Keimond is.
        INLIGTING:
              Huurkoste vir ŉ motor by Avis in Oos-Londen is R2 800 vir die naweek
              Akkommodasie by een van die oorde by die Keimond is R543 per nag
              per persoon wat deel (inboek Vrydag, uitboek Maandag)
              Keimondboot – Vervoer motors en mense oor die rivier teen R70 per
              motor vir ŉ enkelrit
        Hierdie diens is nie in werking as die rivier in vloed is nie.

        LW: Die afstand tussen Oos-Londen en Keimond is 86 km.

        4.1.1    Hulle het om 08:00 by die Oos-Londense lughawe aangekom en het
                 3 uur en 45 minute in Oos-Londen spandeer. Hulle het na Keimond
                 teen ŉ gemiddelde spoed van 90 kilometer per uur gery.
                 Wys deur middel van berekeninge of hulle betyds vir middagete om
                 12:30 by Keimond sal wees.
                 Jy mag die formule gebruik: Gemiddelde spoed =                               (6)
        4.1.2    Indien hulle ŉ motor van Avis huur en besluit om in Qolora vir twee
                 dae te gaan visvang, sal hulle ŉ boot nodig hê na en vanaf Qolora
                 vir die twee dae. Hulle meen dat 700 Amerikaanse dollars genoeg
                 sal wees om die huur, akkommodasie en bootritte te dek. Gebruik
                 berekeninge om hierdie bewering te ondersteun indien die
                 wisselkoers tydens hulle vakansie 1 Amerikaanse dollar ($) = 14,391
                 Suid-Afrikaanse rand was.                                                    (6)
        4.1.3    Daar is ŉ waarskuwing dat wanneer die rivier invloed is, sal daar
                 geen bootritte wees nie. Wat is die rede hiervoor?                           (2)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 8

8                             WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                      (EC/SEPTEMBER 2016)

    4.2   Mnr. Jones bestudeer ŉ Suid-Afrikaanse tabel wat die geboortes en Vigs-
          verwante sterftes vir die periode 2002 tot 2014 toon.

                                                  Aantal Vigs-        Persentasie
                       Aantal         Aantal
            Jaar                                   verwante          Vigs-verwante
                     geboortes       sterftes
                                                    sterftes            sterftes
            2002      1 111 987      631 383        275 444               43,6
            2003      1 117 024      667 902        313 477               46,9
            2004       120 172       697 473        344 141               49,3
            2005      1 122 148      716083         363 910               50,8
            2006      1 125 755      694 227        343 194               49,4
            2007      1 132 500      647 827        297 659               45,9
            2008      1 141 468      617 202        257 504               41,7
            2009      1 152 319      590 322        228 051               38,6
            2010      1 163 629      578 953        213 864               36,9
            2011      1 173 164      580 460        211 839               36,5
            2012      1 184 867      575 546        203 293               35,3
            2013      1 196 395      565 310        189 376               33,5
            2014      1 207 711      551 389        171 733               31,1

          4.2.1    Wat is die neiging in die persentasie Vigs-verwante sterftes vanaf
                   2007 tot 2014? Gee TWEE moontlike redes vir die neiging wat
                   waargeneem is.                                                             (4)

          4.2.2    Bereken die verskil in die aantal geboortes en die aantal Vigs-
                   verwante sterftes vanaf 2006 tot 2014.                                     (4)

          4.2.3    Sinakho beweer dat die persentasie-toename in die aantal
                   geboortes tussen 2013 en 2014 meer as 1,5% is. Wys deur middel
                   van berekeninge, of die bewering geldig is of nie.                         (4)

          4.2.4    Teken ŉ kolomgrafiek om die persentasie Vigs-verwante sterftes te
                   toon. Gebruik ANTWOORDBLAD 2 om 2002, 2005, 2007, 2009 en
                   2014 te illustreer.                                                         (5)
                                                                                              [31]

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 9

(EC/SEPTEMBER 2016)              WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                                  9

 VRAAG 5

 5.1   Avela is ŉ timmerman (carpenter) wat ŉ klein besigheid begin. Hy bou
       losstaande kaste soos aangedui in die prentjie (kaste is nie volgens skaal
       geteken nie).
                         ŉ Prentjie van ŉ alreeds geverfde kas

                                                                 72 cm

                            54 cm               80 cm

       Kaste se afmetings:

       Voorkant: Lengte 80 cm × Breedte 72 cm
       Agterkant: Lengte 80 cm × Breedte 72 cm
       Kante: Lengte 72 cm × Breedte 54 cm
       Deure: Lengte 71,6 cm × Breedte 39,7 cm
       Bokant: Lengte 78 cm × Breedte 60 cm
       Onderkant: Lengte 71,6 cm × Breedte 54 cm

       Materiaal benodig:

       Kante     Melamien witbord 1 830 mm × 2 700 mm teen R390 per bord.
       Agterkant Masonite 1 200 mm × 2 200 mm teen R90 per bord
       Deure     swart kersie-bord (afmetings is dieselfde soos melamien witbord
                 maar die prys is R150 meer as melamien)
       Onderkant Melamien wit (dieselfde soos kante)
       Bokant    Swart leiklip 3 400 mm × 600 mm teen R800 per bord

       Pryse van al die materiaal sluit BTW uit (BTW: 14%)

       5.1.1     Verskaf ŉ rede waarom die afmetings van die deure minder is as die
                 voorkant van die kas.                                                 (2)

       5.1.2     Indien hy 10 kaste maak, hoeveel borde van elke materiaal sal hy
                 nodig hê?                                                             (10)

       5.1.3     Avela het R6 000 begroot vir die aankoop van die material,
                 insluitende BTW. Gebruik berekeninge om te bewys dat sy begroting
                 genoeg sal wees.                                                      (6)

       5.1.4     Hy stoor sy kaste tydelik in ŉ stoorkamer met afmetings 3 m × 4 m.
                 Deur berekeninge, wys dat die spasie groot genoeg sal wees om die
                 10 kaste te stoor (kaste kan nie bo-op mekaar gestoor word nie).      (4)

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 10

10                         WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                      (EC/SEPTEMBER 2016)

 5.2   ADDENDUM A toon ŉ sitplekplan van ŉ teater in Londen. Bestudeer die
       sitplekplan en beantwoord die vrae wat volg.

       5.2.1    By ŉ bepaalde verrigting was die teater vol uitsluitende
                2 rystoelsitplekke. Inligting verkry op hierdie dag, was dat die
                verhouding mans tot vroue 2 : 3 was. Hoeveel mans het hierdie
                verrigting op hierdie dag bygewoon?                                         (3)

       5.2.2    Yolanda is met vakansie in Londen en wil ŉ kaartjie vir ŉ verrigting by
                die teater bespreek. Sy gaan met ŉ vriendin wat rolstoelgebonde is
                wat langs haar moet sit. Sy wil ŉ sitplek hê aan die linkerkant van die
                verhoog wanneer jy by Deur 3 ingaan. Skryf neer al die moontlike rye
                en sitpleknommers wat sy kan kies. (Sy is nie selektief oor die
                afstand vanaf die verhoog nie).                                             (3)

       5.2.3    Wat is die waarskynlikheid om ŉ sitpleknommer 25 of 24 in hierdie
                teater te kry? Skryf jou finale antwoord tot 3 desimale plekke.             (3)

       5.2.4    ŉ Paartjie bespreek kaartjies en word gesê dat die enigste twee
                beskikbare sitplekke om hulle langs mekaar te akkommodeer, is aan
                die regterkant van die verhoog as hulle by Deur 1 ingaan in die 12de
                ry vanaf die verhoog en in die tweede en derde posisie aan daardie
                kant. Gee duidelike aanwysigings vir hierdie paartjie na hulle
                sitplekke indien hulle die teater binnekom deur gebruik te maak van
                Deur 4 en noem ook hul sitpleknommers.                                      (3)

       5.2.5    Twee persone kom kyk na ŉ toneelstuk in die teater, met een
                versiende en die ander een bysiende. Die enigste beskikbare
                sitplekke is D11 en T12. Stel voor watter sitplek geskik vir elkeen van
                hierdie persone is.                                                         (3)
                                                                                           [37]

                                                                             TOTAAL:       150

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 11

(EC/SEPTEMBER 2016)                     WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                           11

                                         ANTWOORDBLAD 1

 NAAM:

 GRAAD 12:

   Grafiek om die koste van onthaalplekke te toon vir verskillende aantal leerders

                       14000

                       12000

                       10000

                       8000

       Koste in rand

                       6000

                       4000

                       2000

                          0
                               0   10    20      30          40    50         60         70
                                                 Aantal leerders

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 13

(EC/SEPTEMBER 2016)                                       WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                           12

                                                                  ANTWOORDBLAD 2

 NAAM:

 GRAAD 12:

                                                 Kolomgrafiek wat die persentasie Vigs-verwante
                                                      sterftes toon oor ŉ periode van jare
                                        60

                                        55

                                        50

                                        45

   PERSENTASIE VIGS-VERWANTE STERFTES
                                        40

                                        35

                                        30

                                        25

                                        20

                                        15

                                        10

                                        5

                                        0
                                             0     2002         2005        2007        2009             2014
                                                                           JARE

Kopiereg voorbehou                                                                        Blaai om asseblief

### Page 15

(EC/SEPTEMBER 2016)               WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                                                           13
           BYLAAG A                                                     DIE TEATER                                                                                  DEUR 2
DEUR 1                                                                                     Verhoog
                               N
  A                                                          17   16   15   14   13   12    11   10   9    8    7    6     5    4    3    2    1

  B                                                     19   18   17   16   15   14   13    12   11   10   9    8    7     6    5    4    3    2    1

  C                                                20   21   19   18   17   16   15   14    13   12   11   10   9    8     7    6    5    4    3    2   1

  D                                           22   21   20   21   19   18   17   16   15    14   13   12   11   10   9     8    7    6    5    4    3   2   1

  E                                      26   25   24   23   22   21   20   21   19   18    17   16   15   14   13   12    11   10   9    8    7    6   5   4   3    2   1

  F                                 28   27   26   25   24   23   22   21   20   21   19    18   17   16   15   14   13    12   11   10   9    8    7   6   5   4    3   2   1

  G                            29   28   27   26   25   24   23   22   21   20   21   19    18   17   16   15   14   13    12   11   10   9    8    7   6   5   4    3   2   1

  H                            29   28   27   26   25   24   23   22   21   20   21   19    18   17   16   15   14   13    12   11   10   9    8    7   6   5   4    3   2   1

  J                       31   30   29   28   27   26   25   24   23   22   21   20   21    19   18   17   16   15   14    13   12   11   10   9    8   7   6   5    4   3   2   1

  K                  32   31   30   29   28   27   26   25   24   23   22   21   20   21    19   18   17   16   15   14    13   12   11   10   9    8   7   6   5    4   3   2   1

  L             33   32   31   30   29   28   27   26   25   24   23   22   21   20   21    19   18   17   16   15   14    13   12   11   10   9    8   7   6   5    4   3   2   1

  M        34   33   32   31   30   29   28   27   26   25   24   23   22   21   20   21    19   18   17   16   15   14    13   12   11   10   9    8   7   6   5    4   3   2   1

  N        34   33   32   31   30   29   28   27   26   25   24   23   22   21   20   21    19   18   17   16   15   14    13   12   11   10   9    8   7   6   5    4   3   2   1

  P        35   34   33   32   31   30   29   28   27   26   25   24   23   22   21   20    21   19   18   17   16   15    14   13   12   11   10   9   8   7   6    5   4   3   2   1

  Q        35   34   33   32   31   30   29   28   27   26   25   24   23   22   21   20    21   19   18   17   16   15    14   13   12   11   10   9   8   7   6    5   4   3   2   1

  R        35   34   33   32   31   30   29   28   27   26   25   24   23   22   21   20    21   19   18   17   16   15    14   13   12   11   10   9   8   7   6    5   4   3   2   1

  S        35   34   33   32   31   30   29   28   27   26   25   24   23   22   21   20    21   19   18   17   16   15    14   13   12   11   10   9   8   7   6    5   4   3   2   1

  T        35   34   33   32   31   30   29   28   27   26   25   24   23   22   21   20    21   19   18   17   16   15    14   13   12   11   10   9   8   7   6    5   4   3   2   1

  U   36   35   34   33   32   31   30   29   28   27   26   25   24   23   22   21   20    21   19   18   17   16   15    14   13   12   11   10   9   8   7   6    5   4   3   2   1

  V   36   35   34   33   32   31   30   29   28   27   26   25   24   23   22   21   20    21   19   18   17   16   15    14   13   12   11   10   9   8   7   6    5   4   3   2   1

 DEUR 4                                                                          Rystoel                                                                        DEUR 3

  Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

## Related documents

- [MATHS LIT P1 GR12 SEPT2016 QP Engl](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr12-sept2016-qp-engl/1a6cfa62-dc1e-4bb1-85eb-4c6c64a35eac) — Mathematical Literacy · QP · 2016
- [Mlit P2 Qp Eng](https://www.hlayiso.com/library/mlit-p2-qp-eng/5112a8b0-f408-4b65-b524-01bb7fa149f3) — Mathematical Literacy · QP · 2016 · Eng
- [MATHS LIT P2 ADD GR12 SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-add-gr12-sept2023-afrikaans/ed608021-efc6-41d9-9c79-4f29eefc55f9) — Mathematical Literacy · QP · 2023 · Afr
- [MATHS LIT P2 QP GR12 SEPT 2023 English](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-qp-gr12-sept-2023-english/f2531ae8-7751-4b26-9fdc-2c577eac4b74) — Mathematical Literacy · QP · 2023 · Eng
- [MATHS LIT P2 ADD GR12 SEPT 2023 English](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-add-gr12-sept-2023-english/6db29d67-251d-4ade-ab45-b41f079fc0a3) — Mathematical Literacy · QP · 2023 · Eng
- [MATH LIT P2 GR12 ADD SEPT 2020 English](https://www.hlayiso.com/library/math-lit-p2-gr12-add-sept-2020-english/eee4653c-50e8-4339-9537-ac35e93bb04d) — Mathematical Literacy · QP · 2020 · Eng

## More from Grade 12 Mathematical Literacy

- [MATHS LIT P1 GR12 MEMO JUNE 2025 AFRIKAANS FINAL watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr12-memo-june-2025-afrikaans-final-watermark/4f0ec261-f838-4bf3-8913-7821dc577353) — Memo · 2025 · Afr
- [MATHS LIT P2 GR 12 SEPT 2025 ADDENDUM AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-gr-12-sept-2025-addendum-afr-watermark/813c6e54-f134-474a-b01a-1260e38b4c8f) — Addendum · 2025 · Afr
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/52054481-13fc-4fe6-aeaa-f4ab3b0cc95a) — Memo · 2025
- [Mathematical Literacy P1 (English) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/mathematical-literacy-p1-english-june-2025-possible-answers/b592d0c3-9486-4357-be22-a8e995043cee) — Memo · 2025 · Eng
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 ANSWER BOOK September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-answer-book-september-2025-kzn/b0b358eb-c897-437a-8694-910fe61dfcbc) — Addendum · 2025
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-limpopo/b5fb7d34-b4dd-4364-aef6-145ed54ac2c5) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
