# Mathematical Literacy Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2017 QP

> Grade 12 Mathematical Literacy Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2017 (Afrikaans), 8 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr12-mlit-p2-sept2017-qp-afr/38134d99-23f7-44f0-8adf-7383707bdf61
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Mathematical Literacy
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 8

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Mathematical Literacy](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/mathematical-literacy) › [Mathematical Literacy Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2017 QP](https://www.hlayiso.com/library/gr12-mlit-p2-sept2017-qp-afr/38134d99-23f7-44f0-8adf-7383707bdf61)

## About this document

Mathematical Literacy · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2017. Question paper, 8 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                              NASIONALE
                          SENIOR SERTIFIKAAT

                                 GRAAD 12

                            SEPTEMBER 2017

         WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

               Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye en ŉ 8-bladsy addendum
                         (met ŉ 1-bladsy antwoordblad aangeheg).

                                    *MLITA2*

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                              WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                   (EC/SEPTEMBER 2017)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 Lees die instruksies sorgvuldig deur voordat die vrae beantwoord word.

 1.      Hierdie vraestel bestaan VIER vrae. Beantwoord AL die vrae.

 2.      Gebruik die ADDENDUM met BYLAES vir die volgende vrae:

         BYLAE A vir VRAAG 1.1
         BYLAE B vir VRAAG 2.1
         BYLAE C vir VRAAG 2.2
         BYLAE D vir VRAAG 3.1
         BYLAE E vir VRAAG 3.2
         BYLAE F vir VRAAG 4.2

         ANTWOORDBLAD 1 vir VRAAG 4.2.4 wat aan die addendum aangeheg is.

         Skryf jou NAAM in die spasie wat voorsien word op die ANTWOORDBLAD en
         handig die ANTWOORDBLAD saam met jou ANTWOORDEBOEK in.

 3.      Nommer die vrae korrek volgens die nommeringstelsel wat in die vraestel gebruik
         word.

 4.      Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

 5.      ŉ Goedgekeurde sakrekenaar (nieprogrammmeerbaar en niegrafies) mag gebruik
         word, tensy anders aangedui.

 6.      ALLE berekeninge moet duidelik getoon word.

 7.      Rond ALLE finale antwoorde toepaslik af volgens die gegewe konteks, tensy anders
         aangedui.

 8.      Toon meeteenhede, waar van toepassing.

 9.      Kaarte en diagramme is NIE volgens skaal geteken NIE, tensy anders aangedui.

 10.     Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)                WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                                      3

 VRAAG 1

 1.1    Mev. May is ŉ enkelma wat ŉ onderwyseres is en ŉ salaris van R336 000 per jaar
        verdien. Sy het twee kinders, ŉ 19-jarige seun wie op universiteit is en ŉ 24-jarige
        dogter wie nie studeer of werk nie. Mev. May is ŉ lid van ŉ mediese hulpskema.

        Sy het twee opsies om van te kies.

        Bestudeer die inligting in BYLAE A om die vrae hieronder te beantwoord.

        1.1.1    Identifiseer die ry met die salarisskaal waaraan Mev. May behoort vir beide
                 mediese hulpskema-opsies.                                                           (2)

        1.1.2    Bereken die verskil in bydrae vir die hele gesin tussen die twee mediese
                 hulpskema-opsies vir ŉ maand.                                                       (6)

        1.1.3    Indien sy die Emerald-opsie kies en R2 530 word van haar salaris afgetrek,
                 bereken die persentasie wat die regering haar vir die mediese hulpskema
                 subsidieer. Gee jou antwoord tot een desimale plek.

                 Let Wel: Regeringsubsidie is die verskil tussen die mediese hulpskema
                          bedrag en die bedrag wat van die salaris afgetrek word.                    (3)

        1.1.4    Die mediese hulpskema het ŉ fiksheidsoefenprogram. Wat is die
                 belangrikheid van so ŉ fiksheidsoefenprogram?                                       (2)

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                             WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                        (EC/SEPTEMBER 2017)

 1.2    Mev. May het ŉ inisiasieseremonie vir haar seun in Desember 2015 gehad.
        Hulle het tradisionele bier gebrou in groot silindriese houers met afmetings soos
        hieronder getoon:

        Houers moet 70% vol bier wees om speling (spasie) te laat vir fermentasie.

        Let Wel: Fermentasie is ŉ proses wat geskied tydens verbrouing van die
                 tradisionele bier waar gas in die vorm van borrels bo-op die bier
                 vrygestel word.

        Jy mag die volgende formules gebruik:
        Volume = π × radius2 × hoogte
        Oppervlakte van reghoek = lengte × breedte
        Oppervlakte van sirkel = π × radius2
        Waar π = 3,142

        1.2.1    Bereken die volume van die tradisionele bier in 1 houer in
                 kubieke meter (m3).                                                                (4)

        1.2.2    Mev. May het ŉ stoorkamer met ŉ lengte van 2 m en ŉ breedte van 1,5 m. Sy
                 beweer dat sy 13 groot bierhouers op die vloer van haar stoorkamer kan pak.
                 Verifieer, met die nodige berekeninge, of haar bewering geldig is.                 (6)

 1.3    Mev. May beplan vir haar seun se gradeplegtigheid en besluit om haar bonus vir twee
        jaar te belê. Sy belê die geld by ŉ instansie wat haar rente aanbied wat jaarliks
        saamgestel is teen ŉ rentekoers van 5,8% vir die eerste jaar en 6,5% vir die tweede
        jaar.

        Let Wel: Jaarlikse bonus is ŉ 13de tjek wat gelykstaande is aan ŉ maand se
                 salaris sonder enige aftrekkings
        Let Wel: Sy het slegs een jaar se jaarlikse bonus gebruik
        Let Wel: Haar jaarlikse inkomste is R336 000 nadat sy ŉ verhoging van 6,5%
                 gekry het

        1.3.1    Bereken haar jaarlikse inkomste voordat sy die verhoging gekry het.                (3)

        1.3.2    Bereken hoeveel geld aan haar, na die twee-jaarperiode uitbetaal, sal word.        (5)
                                                                                                   [31]

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)                WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                                     5

 VRAAG 2

 2.1    In 2015 was mense in diens geneem om leesmateriaal vir skole saam te stel. Hulle
        was volgens die aantal bladsye wat hulle saamgestel het, betaal. Tariewe en inligting
        oor vergoeding word in BYLAE B getoon.
        Hulle het 7 dae geneem om die materiaal saam te stel. Hulle het daagliks na en vanaf
        die sentrum waar hulle gewerk het, gereis. Hulle het 10 ure per dag gewerk.

        2.1.1    Een van die werkers stel 20 bladsye in 10 ure saam. Toon, deur berekeninge,
                 of die werker binne die normtyd was, of nie.                                       (4)
        2.1.2    Bereken die persentasie verhoging in die tarief vir die samestelling van
                 materiaal vanaf 2013 tot 2015.                                                     (3)
        2.1.3    Die bestuurder is oortuig dat R130 000 waarvoor hy begroot het, vir 10
                 werkers om elk 161 bladsye in sewe dae saam te stel, R4 000 meer is as die
                 bedrag wat benodig word.
                 Let Wel: Twee werkers woon 35 km vanaf die sentrum; drie werkers
                          woon 25 km vanaf die sentrum; en die res woon 12 km vanaf
                          die sentrum.
                 Verifieer, met die nodige berekeninge, of die bestuurder se bewering geldig is. (10)

 2.2    Mnr. Reeva, ŉ 58-jarige inwoner van die VSA verdien $350 500 belasbare inkomste
        per jaar. Die Belastingtabel van die VSA word in BYLAE C getoon.

        2.2.1    Bereken hoeveel belasting Mnr. Reeva per maand betaal.                             (5)
        2.2.2    Mnr. Reeva beweer dat indien sy inkomste in Suid-Afrika belas sou word, hy
                 meer belasting per maand sal betaal. Gebruik die Suid-Afrikaanse
                 Belastingtabel wat in BYLAE C getoon word om te verifieer of sy bewering
                 geldig is.
                 Gegewe dat $1 = R14,11                                                             (7)
        2.2.3    Vanaf die Belastingtabelle is dit duidelik dat hoe meer geld ŉ persoon
                 verdien, hoe meer belasting word betaal. Mnr. Reeva beweer dat dit
                 onregverdig is. Ondersteun sy bewering deur EEN rede te gee.                       (2)

 2.3    Twee vriende reis vanaf Oos-Londen na Uitenhage en lê ŉ afstand van 311 km af.
        Hulle vertrek uit Oos-Londen om 06:00. Hulle stop by Nanaga vir 30 minute vir
        verversings.

        Indien die twee vriende in Uitenhage om 08:55 aankom, toon met berekeninge of
        hulle nie die gemiddelde spoedgrens van 120 kilometer per uur oorskry het nie.
                                                𝑨𝒇𝒔𝒕𝒂𝒏𝒅
        Jy mag die formule gebruik: Spoed =                                                         (6)
                                                  𝑻𝒚𝒅

 2.4    Punte word opgeneem en geanaliseer nadat die merkproses afgehandel is en 2 skole se
        punte word vergelyk. In Skool A, is die maksimum punt 87 en die minimum punt is
        28, terwyl die gemiddelde punt 43 is. In Skool B is die maksimum punt 76 en die
        minimum punt 53, terwyl die gemiddelde punt 56 is.

        Watter skool het beter presteer? Gee TWEE redes vir jou keuse.                              (5)
                                                                                                   [42]
Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                             WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                        (EC/SEPTEMBER 2017)

 VRAAG 3

 3.1    BYLAE D toon ŉ strookkaart vanaf Pretoria na Windhoek.

        ŉ Paartjie met twee volwasse kinders (beide vroulik), van Johannesburg, beplan ŉ
        vakansie en besluit om Windhoek toe te gaan. Op hulle rit na Windhoek besoek hulle
        die Moremi Wildreservaat in Maun. Oppad na Maun draai hulle regs by Lobatse en ry
        op die A1-roete waar hulle deur Nata ry. Op die eerste dag kry hulle akkommodasie
        by Moremi Wildreservaat en die volgende dag sit hulle hul rit voort na Windhoek via
        Ghanzi.

        Gebruik die strookkaart in BYLAE D om die volgende vrae te beantwoord.

        3.1.1    Hoeveel kilometer reis hulle na Windhoek?                                          (5)

        3.1.2    Behalwe die A1-roete, watter ander roetes gebruik hulle vanaf Johannesburg?
                 Gee ook die name van die lande waar hierdie roetes gevind word.                    (4)

        3.1.3    By die Moremi Wildreservaat is daar twee akkommodasie opsies:

                 Opsie 1: Selfsorgeenhede vir 4 mense teen R1 550 per eenheid per nag

                 Opsie 2: ŉ Bed-en Ontbyt teen R550 per persoon wat deel (met ontbyt)

                 Die paartjie beweer dat indien hulle Opsie 1 kies en besluit om ŉ ontbyt teen
                 R95 per persoon by ŉ restaurant te geniet, sal hulle ŉ besparing van R300
                 het.

                 Toon, met die nodige berekeninge, of hulle bewering waar is, of nie.               (5)

        3.1.4    By die Moremi Wildreservaat is daar 5 selfsorgeenhede wat 4 mense kan
                 huisves en 3 selfsorgeenhede wat 6 mense kan huisves, teen ekstra koste,
                 indien daar slegs 4 mense is.

                 Indien al die selfsorgeenhede nog steeds beskikbaar is toe hulle die
                 bespreking maak, bereken die waarskynlikheid om ŉ selfsorgeenheid te kry
                 teen geen ekstra koste. Gee jou antwoord tot die naaste persentasie.               (4)

        3.1.5    Mnr. en Mev. Smith, wie bevriend is met die paartjie, is ook oppad vanaf
                 Johannesburg na Windhoek. Hulle neem ŉ verskillende roete en spandeer ŉ
                 nag by Sun City. Vanaf Sun City ry hulle na Tshane om vriende te besoek.
                 Na hul besoek, reis hulle op die A2-roete na Windhoek.

                 Die twee families beweer dat die verskil tussen die afstand wat die paartjie
                 met die twee volwassenes aflê en die afstand wat Mnr. en Mev. Smith aflê,
                 463 km is. Verifieer, met die nodige berekeninge, of die bewering geldig is.       (5)

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)                WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                                    7

 3.2    Die tabel in BYLAE E het inligting oor die prestasie van graad 12-leerders in
        sommige van die mees gewilde vakke vanaf 2013 tot 2016.

        3.2.1    Beskryf die tendens van die persentasie behaal in Wiskundige Geletterdheid
                 vanaf 2013 tot 2016.                                                              (2)

        3.2.2    Verduidelik hoe die persentasie behaal vir Wiskunde verskil van die
                 persentasie behaal vir Wiskundige Geletterdheid vir die periode 2013 tot
                 2016.                                                                             (2)

        3.2.3    In Januarie 2017, toe die Minister van Onderwys, Angie Motshekga, die
                 2016-matriekuitslae bekend gemaak het, het sy genoem dat die inskrywings
                 in 2016 vir Wiskunde toegeneem het vanaf 263 903 tot 265 810 en die
                 inskrywings van Wiskundige Geletterdheid afgeneem het vanaf 388 845 tot
                 361 865. Skryf die verskil vir die Wiskunde-inskrywing tot die verskil vir
                 Wiskundige Geletterdheid-inskrywing as ŉ verhouding.                              (3)
                                                                                                  [30]
 VRAAG 4

 4.1    Mense in Mev. Sibeko se tuisdorpie hou van kleurvolle versierings. Hulle het besluit
        om hulle gemeenskapsaal se buitemure te versier soos aangedui in die diagram
        hieronder.

        Let Wel:
            Afmetings is soos aangetoon
            Omtrek van die sirkelgedeelte is 157,1 cm
            Die twee driehoeke is gelyk

        Jy mag die volgende formules gebruik:
        Oppervlakte van reghoek = lengte × breedte
        Omtrek van sirkel = 2 × π × radius
        Oppervlakte van driehoek = ½ × basis × hoogte
        Oppervlakte van sirkel = π × radius2; waar π = 3,142

        4.1.1    Bereken die deursnee van die sirkelvormige gedeelte van die versierings in
                 meter.                                                                            (4)

        4.1.2    Indien die muur 4 m hoog is en die versierings is ewe ver vanaf die bokant en
                 die onderkant, bereken die afstand in meter wat die versiering vanaf die
                 bokant en onderkant van die saal is.                                              (4)

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                             WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                        (EC/SEPTEMBER 2017)

        4.1.3    Die versiering word geverf deur rooi verf vir die geskakeerde deel te gebruik
                 en wit verf vir die ongeskakeerde deel. Verf word in 5-liter blikke verkoop
                 teen R499 vir wit verf en R505 vir die rooi verf. Die spreidingskoers vir verf
                 is 8 m2 per liter. Twee lae verf van elke kleur word benodig en 15 versierings
                 sal geverf word.

                 Mnr. Sibeko beweer dat die bedrag geld wat hulle op rooi verf gaan spandeer
                 twee keer die bedrag is wat hulle op die wit verf sal spandeer. Verifieer, met
                 die nodige berekeninge, of hierdie bewering geldig is, of nie.                    (12)

 4.2    Die kaart in BYLAE F toon die maksimum temperature vir sommige dorpe en stede
        in Suid-Afrika en buurlande.

        4.2.1    Wat is die algemene rigting van Polokwane vanaf Calvinia?                          (2)

        4.2.2    Indien die gemiddelde maksimum temperatuur van al die dorpe en stede op
                 die kaart 26,762 °C is, bereken die modale waarde van B vir die 5 dorpe en
                 stede op die kaart.                                                                (4)

        4.2.3    Die snor-en baarddiagram toon die minimum temperature:

                 Bereken die verskil tussen die interkwartiel omvang van die minimum
                 temperature en die maksimum temperature.                                           (7)

        4.2.4    Die snor-en baarddiagram waardes vir die minimum temperature is alreeds in
                 ANTWOORDBLAD 1 afgesteek. Steek die snor-en baarddiagram waardes
                 vir die maksimum temperature af om ŉ saamgestelde kolomgrafiek te voltooi
                 op dieselfde ANTWOORDBLAD.                                                         (6)

        4.2.5    Verwys na die maksimum temperatuur soos aangetoon op die kaart en
                 bereken die waarskynlikheid dat ŉ temperatuur gelyk en groter as 28 °C is.
                 Gee jou antwoord as ŉ desimale breuk tot drie desimale plekke.                     (3)

        4.2.6    Die werklike afstand tussen Oos-Londen en Kaapstad is 1 045 km. Bereken
                 die skaal wat op kaart gebruik is en skryf jou antwoord in die vorm 1 : ...
                 Gee jou antwoord tot die naaste miljoen.                                           (5)
                                                                                                   [47]

                                                                                    TOTAAL:         150

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

## Related documents

- [GR12 MLIT P2 Sept2017 MEMO Afr](https://www.hlayiso.com/library/gr12-mlit-p2-sept2017-memo-afr/1227c1f5-c9a7-4684-ac02-d929b0ad1fb7) — Mathematical Literacy · Memo · 2017 · Afr
- [Grade 12 NSC Mathematics Literacy P2 Preparatory 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-mathematics-literacy-p2-preparatory-2017-question-paper/a87ab084-ffdb-4e18-92fd-a91a68e96782) — Mathematical Literacy · QP · 2017
- [Mathematical Literacy P2 May June 2017 Eng](https://www.hlayiso.com/library/mathematical-literacy-p2-may-june-2017-eng/ef6b0f12-bbff-4920-9f1e-e1d888ec704b) — Mathematical Literacy · QP · 2017 · Eng
- [MATHS LIT P2 ADD GR12 SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-add-gr12-sept2023-afrikaans/ed608021-efc6-41d9-9c79-4f29eefc55f9) — Mathematical Literacy · QP · 2023 · Afr
- [MATHS LIT P2 QP GR12 SEPT 2023 English](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-qp-gr12-sept-2023-english/f2531ae8-7751-4b26-9fdc-2c577eac4b74) — Mathematical Literacy · QP · 2023 · Eng
- [MATHS LIT P2 ADD GR12 SEPT 2023 English](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-add-gr12-sept-2023-english/6db29d67-251d-4ade-ab45-b41f079fc0a3) — Mathematical Literacy · QP · 2023 · Eng

## More from Grade 12 Mathematical Literacy

- [MATHS LIT P1 GR12 MEMO JUNE 2025 AFRIKAANS FINAL watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr12-memo-june-2025-afrikaans-final-watermark/4f0ec261-f838-4bf3-8913-7821dc577353) — Memo · 2025 · Afr
- [MATHS LIT P2 GR 12 SEPT 2025 ADDENDUM AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-gr-12-sept-2025-addendum-afr-watermark/813c6e54-f134-474a-b01a-1260e38b4c8f) — Addendum · 2025 · Afr
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/52054481-13fc-4fe6-aeaa-f4ab3b0cc95a) — Memo · 2025
- [Mathematical Literacy P1 (English) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/mathematical-literacy-p1-english-june-2025-possible-answers/b592d0c3-9486-4357-be22-a8e995043cee) — Memo · 2025 · Eng
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 ANSWER BOOK September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-answer-book-september-2025-kzn/b0b358eb-c897-437a-8694-910fe61dfcbc) — Addendum · 2025
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-limpopo/b5fb7d34-b4dd-4364-aef6-145ed54ac2c5) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
