# Physical Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2016 QP

> Grade 12 Physical Sciences Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2016 (Afrikaans), 20 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr12-phsc-p1-s16-qp-afr/90ccb31d-cac2-4f1f-b6fd-a6635e3fc4f1
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Physical Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2016
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 20

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Physical Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/physical-sciences) › [Physical Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2016 QP](https://www.hlayiso.com/library/gr12-phsc-p1-s16-qp-afr/90ccb31d-cac2-4f1f-b6fd-a6635e3fc4f1)

## About this document

Physical Sciences · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2016. Question paper, 20 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                            NASIONALE
                        SENIOR SERTIFIKAAT

                                GRAAD 12

                         SEPTEMBER 2016

                 FISIESE WETENSKAPPE V1

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

                                  *PHSCA1*

         Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye, insluitende 3 datablaaie.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                               FISIESE WETENSKAPPE V1                (EC/SEPTEMBER 2016)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Skryf jou NAAM in die toepaslike ruimte op die ANTWOORDEBOEK.

2.    Beantwoord AL die vrae.

3.    Jy mag ŉ nie-programeerbare sakrekenaar gebruik.

4.    Jy mag toepaslike wiskundige apparaat gebruik.

5.    Nommer die vrae korrek volgens die nommeringstelstel wat in hierdie vraestel
      gebruik is.

6.    Jy word aangeraai om die aangehegde GEGEWENSBLAAIE te gebruik.

7.    Toon ALLE formules en substitusie in ALLE berekeninge.

8.    Gee kort verduidelikings, motiverings, ens. waar nodig.

9.    Rond jou finale numeriese antwoord af tot ŉ minimum van TWEE desimale
      plekke.

10.   Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

11.   Alle diagramme is nie noodwendig volgens skaal geteken nie.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016)              FISIESE WETENSKAPPE V1                                  3

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

Vier moontlike keuses word by die volgende vrae voorsien. Elke vraag het slegs
EEN korrekte antwoord. Kies die beste en skryf SLEGS die letter A, B, C of D langs
die vraagnommer (1.1 tot 1.10) in jou ANTWOORDEBOEK.

1.1    ŉ Seun gooi ŉ tennisbal vertikaal opwaarts van die grond af. By sy maksimum
       hoogte bokant die grond is sy versnelling …

       A      opwaarts.
       B      gelyk aan die snelheid by die punt.
       C      afwaarts.
       D      zero.                                                                    (2)

1.2    ŉ KONSTANTE KRAG F wat op ŉ krat toegepas word veroorsaak dat die krat
       teen ŉ KONSTANTE SNELHEID oor ŉ rowwe horisontale oppervlak beweeg.

                                F          Krat

       Die vryeliggaam-diagram toon al die kragte wat op die krat inwerk. DIE
       DIAGRAM IS NIE VOLGENS SKAAL GETEKEN NIE.

       Watter EEN van die volgende verwantskappe is korrek?

       A      F<f
       B      F>f
       C      F=w
       D      F=f                                                                      (2)

1.3    ŉ Lugsak kan ŉ bestuurder teen ernstige beserings tydens ŉ botsing beskerm.
       Watter EEN van die volgende verduidelik waarom dit moontlik is?

                    IMPAKTYD              NETTO KRAG
       A      Neem toe                 Neem toe
       B      Neem af                  Neem af
       C      Neem toe                 Neem af
       D      Bly dieselfde            Neem af                                         (2)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                FISIESE WETENSKAPPE V1                  (EC/SEPTEMBER 2016)

1.4   Die grafiek hieronder toon die verwantskap tussen maksimum kinetiese
      energie (Kmaks) van die foto-elektrone en die frekwensie van invallende fotone
      tydens ŉ eksperiment oor die fotoëlektriese effek.

            Die punt gemerk P op die grafiek verteenwoordig die ... van ŉ foton.

      A     maksimum snelheid
      B     maksimum frekwensie
      C     werksfunksie
      D     drumpelfrekwensie                                                             (2)

1.5   ŉ Waarnemer hardloop na ŉ stilstaande klankbron. Soos die waarnemer die
      bron nader, wil dit voorkom of die toonhoogte toeneem want die ...

      A     hardheid van die klank neem skynbaar toe.
      B     frekwensie van die klank neem skynbaar toe.
      C     frekwensie van die klank neem skynbaar af.
      D     golflengte van die klank neem skynbaar toe.                                   (2)

1.6   Twee gloeilampe word oor ŉ battery met ŉ emk ԑ en ŉ onbeduidende interne
      weerstand geskakel soos in die diagram hieronder getoon.

      Die battery lewer maksimum potensiaalverskil. Indien die drywing van R 1 groter
      is as die drywing van R2, watter stelling is KORREK?

      A     Die weerstand van R1 is hoër as die weerstand van R2.
      B     Die weerstand van R2 is hoër as die weerstand van R1.
      C     Die weerstand van R1 is gelyk aan die weerstand van R2.
      D     Die weerstand van R1 is gelyk aan 0 Ω.                                        (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016)               FISIESE WETENSKAPPE V1                                 5

1.7    ŉ Lynemissie-spektrum word gevorm indien ŉ elektron in ŉ opgewekte atoom
       beweeg van …

       A     hoër na laer energie-vlakke en gee ligenergie af.
       B     hoër na laer energie-vlakke en absorbeer ligenergie.
       C     laer na hoër energie-vlakke en gee ligenergie af.
       D     laer na hoër energie-vlakke en absorbeer ligenergie.                      (2)

1.8    Die diagram verteenwoordig ŉ wisselstroom (WS) generator wat kloksgewys
       gedraai word soos hieronder getoon.

                                      B           C

                             A            D

       Die rigting van die geïnduseerde stroom in die spoel is van ...

       A     B na A.
       B     C na B.
       C     A na B.
       D     D na C.                                                                   (2)

1.9    Twee klein, identiese positief-gelaaide sfere P en Q word op geïsoleerde
       staanders ŉ afstand d van mekaar geplaas soos hieronder getoon. Die grootte
       van die krag wat Q op P uitoefen is F.

       Indien die afstand nou verander word na ½ d, is die nuwe krag tussen die
       sfere ...

       A     ¼ F.
       B     ½ F.
       C     2 F.
       D     4 F.                                                                      (2)

1.10 Die fotoëlektriese effek is bewys wat toon dat …

       A     metale elektrone besit.
       B     lig deeltjie-eienskappe het.
       C     lig golf-eienskappe het.
       D     metale ŉ positiewe lading het.                                            (2)
                                                                                     [20]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                 FISIESE WETENSKAPPE V1               (EC/SEPTEMBER 2016)

VRAAG 2 (Begin op ŉ NUWE bladsy.)

ŉ 4 kg-blok, B, rus op ŉ plat, rowwe horisontale tafel en is verbind met ŉ
onelastiese tou aan ŉ 6 kg blok A. Die tou gaan oor ŉ ligte, wrywinglose katrol op
so ŉ manier dat blok A vertikaal afwaarts hang soos in die diagram hieronder
getoon.

2.1   Skryf Newton se Tweede Bewegingswet in woorde neer.                              (2)

2.2   Teken ŉ vryliggaam-diagram van al die kragte wat op blok B inwerk.               (4)

2.3   Die kinetiese wrywingskrag wat deur blok B ondervind word, is 32,53 N na
      links. Bereken die grootte van die versnelling.                                  (6)

2.4   Bereken die koëffisiënt van kinetiese wrywing tussen die oppervlak van die
      tafel en blok B.                                                                 (3)

2.5   Hoe sal die wrywingskrag op die blok beïnvloed word indien die 4 kg blok
      teen ŉ hoek van 30° tot die horisontaal getrek word?

      Skryf slegs NEEM TOE, NEEM AF of BLY DIESELFDE.

      Verduidelik jou antwoord.                                                        (3)
                                                                                      [18]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016)                  FISIESE WETENSKAPPE V1                                      7

VRAAG 3 (Begin op ŉ NUWE bladsy.)

ŉ Bal word opwaarts geprojekteer vanaf die grond met ŉ snelheid van 18 m•s -1. Dit
beweeg verby die dak van ŉ 5 m hoë gebou en bereik ŉ maksimum hoogte by
punt B. Terwyl dit afbeweeg, tref die bal die dak van die gebou by punt A soos in die
diagram hieronder getoon. Ignoreer die effek van lugwrywing.

                                             (maks. hoogte)

3.1    Skryf die grootte van die snelheid wanneer die bal by punt B sy maksimum
       hoogte bokant die grond neer.                                                            (1)

3.2    Skryf neer die grootte en rigting van die bal se versnelling by punt B.                  (2)

3.3    Bereken die volgende rakende die bal:

       3.3.1      Die tyd wat dit neem om punt B bokant die grond te bereik                     (3)

       3.3.2      Die snelheid die oomblik dat dit die dak by punt A tref                       (3)

       3.3.3      Die totale tyd wat dit sal neem vanaf die oomblik dat dit geprojekteer
                  was totdat dit die dak by punt A tref                                         (4)

3.4    Teken ŉ snelheid-tyd grafiek vir die hele beweging van die bal vanaf die grond
       totdat dit die dak van die gebou tref.

       Dui die volgende op jou grafiek aan:

            i)    begin snelheid
            ii)   tyd by punt B (die maksimum hoogte)
           iii)   eindsnelheid                                                                   (4)
                                                                                                [17]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                FISIESE WETENSKAPPE V1                   (EC/SEPTEMBER 2016)

VRAAG 4 (Begin op ŉ NUWE bladsy.)

ŉ Krat word in rus gehou by punt A, die bopunt van ŉ vlak ABC wat ŉ hoek met die
horisontaal vorm. Die gedeelte AB van die vlak is wrywingloos terwyl BC grof is.

4.1   Stel die beginsel vir die behoud van meganiese energie in woorde.                  (2)

4.2   Bereken die snelheid van die krat by posisie B.                                    (4)

4.3   Die krat ondervind ŉ kinetiese wrywingskrag van 14,7 N soos dit teen ŉ
      konstante snelheid van B na C teen die vlak afbeweeg.

      4.3.1    Stel die Arbeid-Energie-stelling in woorde.                               (2)

      4.3.2    Teken ŉ vryeliggaam-diagram en dui aan AL die kragte aan wat op
               die krat uitgeoefen word by B.                                            (3)

      4.3.3    Gebruik die arbeid-energie beginsel en bereken die grootte van die
               verplasing d tussen B en C indien die massa van die krat 3 kg is.         (5)

4.4   Die hoek tussen die skuinsvlak en die horisontaal word verminder.

      Hoe sal hierdie vermindering die koëffisiënt van kinetiese wrywing op die
      krat beïnvloed?

      Skryf slegs TOENEEM, AFNEEM of BLY DIESELFDE.                                      (1)
                                                                                        [17]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016)             FISIESE WETENSKAPPE V1                                   9

VRAAG 5 (Begin op ŉ NUWE bladsy.)

ŉ Man en ŉ vrou is albei op rolskaatse en staan voor mekaar op ŉ plat, wrywinglose
horisontale oppervlak. Die man stoot die vrou en sy beweeg na regs teen 4 m•s-1.

5.1   Stel die beginsel vir die behoud van lineêre momentum in woorde.                 (2)

5.2   Die massas van die man en vrou is 80 kg en 50 kg onderskeidelik.

      Hoe vergelyk die impuls op die vrou met dié op die man?

      Skryf slegs GROTER AS, KLEINER AS of GELYK AAN.                                  (1)

5.3   Bereken die man se snelheid onmiddellik nadat hy die vrou van hom af
      weggestoot het.                                                                  (4)

5.4   Bereken die impuls op die vrou.                                                  (3)
                                                                                      [10]
VRAAG 6 (Begin op ŉ NUWE bladsy.)

ŉ Polisiemotor beweeg op ŉ pad teen ŉ konstante spoed EN SY SIRENE STEL
KLANKGOLWE MET frekwensie 346 Hz vr. ŉ Vrou sit langs die pad. Die vrou wat
langs die pad sit neem die klankgolwe waar teen ŉ frekwensie wat 50 Hz meer is as
die frekwensie wat deur die sirene se klankgolwe vrygestel word soos die polisie-
voertuig nader aan haar beweeg.

6.1   Stel die Doppler-effek in woorde.                                                (2)

6.2   Verduidelik, in terme van golfbeweging, waarom die frekwensie wat die vrou
      hoor hoër is as die frekwensie van die bron.                                     (2)

Aanvaar dat die spoed van klank in lug 340 m•s-1 is.

6.3   Bereken die spoed van die polisiemotor.                                          (5)

6.4   Stel EEN mediese gebruik van die Doppler-vloeimeter.                             (1)

6.5   ŉ Lyn in ŉ waterstof-spektrum het ŉ frekwensie van 7,55 × 1014 Hz wanneer
      dit in ŉ laboratorium gemeet word. Dieselfde lyn in die spektrum van ŉ
      verafgeleë ster het ŉ frekwensie van 17,23 × 1011 Hz.

      Meld of die verafgeleë ster NADER of WEG vanaf die aarde beweeg. Gee ŉ
      rede vir jou antwoord.                                                           (2)
                                                                                      [12]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                               FISIESE WETENSKAPPE V1                   (EC/SEPTEMBER 2016)

VRAAG 7 (Begin op ŉ NUWE bladsy.)

Twee metaalsfere, M en N, op geïnsuleerde staanders, dra ladings van +QM en -6 nC
onderskeidelik. Die afstand tussen die twee ladings is 20 mm en P is ŉ punt 10 mm
vanaf sfeer N, soos hieronder getoon. Die NETTO ELEKTRIESE VELD by punt P as
gevolg van die teenwoordigheid van M en N is 5,2 x105 N∙C-1 weswaarts.

7.1   Definieer die term ELEKTRIESE VELD by ŉ punt.                                         (2)

7.2   Bereken die grootte van die lading QM op sfeer M.S                                    (7)

7.3   Die twee sfere word toegelaat om kontak te maak en word dan na hulle
      oorspronklike posisies terug beweeg.

      7.3.1   Teken die elektriese veldpatroon as gevolg van die twee ladings.              (3)

      7.3.2   Bereken die ...

              (a)     aantal elektrone wat oorgedra is van een sfeer na die ander
                      sfeer nadat hulle van mekaar verwyder is.                             (4)

              (b)     grootte en die rigting van die krag wat sfeer M op sfeer N
                      uitoefen na die kontak.                                               (3)
                                                                                           [19]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016)               FISIESE WETENSKAPPE V1                                    11

VRAAG 8 (Begin op ŉ NUWE bladsy.)

Die vereenvoudigde skets hieronder verteenwoordig ŉ elektriese motor.

8.1   Benoem die tipe elektriese motor soos hierbo getoon.                                  (1)

8.2   Watter energie omskakeling vind in bostaande elektriese motor plaas?                  (2)

8.3   Die draai-effek van die motor kan verhoog word deur die aantal windings van
      die spoel te vermeerder of om die magneetveld sterker te maak.

      8.3.1    Skryf neer een ander manier om hierdie draai-effek te verhoog.               (1)

      Daar word beoog om die maksimum potensiaalverskil in die elektriese motor te
      produseer wanneer ŉ konstante stroom verskaf word.

      8.3.2    In watter posisie moet die spoel relatief tot die magneetveld geplaas
               word om maksimum potensiaalverskil op te wek.
               Skryf slegs PARALLEL of LOODREG.                                             (1)

8.4   Die grafiek hieronder toon die uitset van ŉ generator.

       8.4.1    Is die lesing aangedui as 330 V op die grafiek hierbo die wortel
                gemiddelde kwadraat spanning (Vwgk) of ŉ maksimum spanning (Vmaks)?         (1)

       8.4.2    Die generator produseer die wortel gemiddelde kwadraat stroom (Iwgk)
                van 12 A. Bereken die tempo waarteen die generator energie sal
                oordra.                                                                     (4)
                                                                                           [10]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                               FISIESE WETENSKAPPE V1                   (EC/SEPTEMBER 2016)

VRAAG 9 (Begin op ŉ NUWE bladsy.)

In die stroombaan hieronder het die battery ŉ emk van 12 V en interne weerstand r.
Die drie weerstande en die gloeilampie word gekoppel soos in die diagram hieronder
getoon. Die weerstand van die gloeilampie is 2 Ω. A1 is ŉ ammeter en S1 en S2 is oop
skakelaars. Aanvaar dat al die geleidingsdrade en ŉ ammeter A weglaatbare
weerstande het.

9.1   Wanneer slegs skakelaar S1 gesluit is, daal die lesing op die voltmeter na
      10,8 V. Bereken die ...

      9.1.1   lesing op ammeter A.                                                          (4)

      9.1.2   interne weerstand r, van die battery.                                         (3)

9.2   Albei skakelaars, S1 en S2, word gesluit en nou registreer ammeter 1,5 A.

      9.2.1   Bereken die arbeid verrig deur die gloeilamp.                                 (7)

      9.2.2   Watter effek sal die sluiting van beide gloeilampies op die “verlore volt”
              het?

              Skryf slegs TOENEEM, AFNEEM of BLY DIESELFDE.

              Verduidelik jou antwoord volledig.                                            (3)
                                                                                           [17]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016)                FISIESE WETENSKAPPE V1                              13

VRAAG 10 (Begin op ŉ NUWE bladsy.)

Lig met verskillende frekwensies word op die oppervlak van ŉ metaal geskyn. Die
grafiek hieronder toon die verwantskap tussen die kinetiese energie van die foto-
elektrone en die frekwensie van die invallende lig.

10.1   Verwys na die grafiek en skryf die waarde van die drumpelfrekwensie van die
       metaal neer.                                                                    (1)

10.2   Gee ŉ rede waarom foto-elektrone nie vrygestel word wanneer lig met ŉ
       frekwensie van 45 × 10-19 Hz op die metaal geskyn word nie.                     (2)

10.3   Bereken die spoed van die vrygestelde elektrone wanneer lig met ŉ
       frekwensie van 110 × 10-19 Hz op die metaal geskyn word.                        (5)

10.4   Watter effek sal ŉ toename in die intensiteit van die bestraling hê op die
       snelheid van die elektrone wat vrygestel word?

       Skryf TOENEEM, AFNEEM of BLY DIESELFDE.

       Verduidelik jou antwoord.                                                       (2)
                                                                                      [10]

                                                                        TOTAAL:       150

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
14                                 FISIESE WETENSKAPPE V1              (EC/SEPTEMBER 2016)

                          DATA FOR PHYSICAL SCIENCES GRADE 12
                                    PAPER 1 (PHYSICS)

                    GEGEWENS VIR FISIESE WETENSKAPPE GRAAD 12
                               VRAESTEL 1 (FISIKA)

TABLE 1: PHYSICAL CONSTANTS/TABEL 1: FISIESE KONSTANTES

           NAME/NAAM                 SYMBOL/SIMBOOL          VALUE/WAARDE
Acceleration due to gravity
Swaartekragversnelling                        g                   9,8 m•s-2
Universal gravitational constant
Universelegravitasiekonstant                  G             6,67 × 10-11 N•m2•kg-2
Speed of light in a vacuum
Spoed van lig in 'n vakuum                    c                3,0 × 108 m•s-1
Planck's constant
Planck se konstante
                                              h                6,63 × 10-34 J•s
Coulomb's constant
Coulomb se konstante
                                              k              9,0 × 109 N•m2•C-2
Charge on electron
Lading op elektron
                                              e                 -1,6 × 10-19 C
Electron mass
Elektronmassa
                                             me                9,11 × 10-31 kg
Mass of earth
Massa op aarde
                                             M                 5,98 × 1024 kg
Radius of earth
Radius van aarde                             RE                 6,38 × 103 km

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016)                FISIESE WETENSKAPPE V1                                           15

TABLE 2: FORMULAE/TABEL 2: FORMULES

MOTION/BEWEGING

v f  vi  a t                            Δx  v i Δt  21 at 2 or/of Δy  v i Δt  21 at 2
                                                 v  vf                 v  vf 
v f  v i  2ax or/of v f  v i  2ay
  2       2                2   2
                                           Δx   i       Δt or/of Δy   i       Δt
                                                 2                      2 

FORCE/KRAG

                                          p mv
Fnet  ma

                                          fk = µkN
fsmax = µsN
Fnett  p
                                           w  mg
p  mv f  mv i
       Gm 1 m2                                  M
F           2                            g = G d2
         d

WORK, ENERGY AND POWER/ARBEID, ENERGIE EN DRYWING

W  Fx cos                              U  mgh             or/of EP  mgh
                                           Wnet  K or/of Wnet  Ek
   1                1
K  mv 2 or/of E k  mv 2
   2                2                     K  K f  Ki      or/of Ek  Ekf  Eki
                                             W
Wnc  K  U or/of Wnc  Ek  Ep       P
                                             t
Pav  Fv

WAVES, SOUND AND LIGHT/GOLWE, KLANK EN LIG

                                                1
vf                                       T
                                                f
    v  vL         v  vL                                       c
fL        fs fL         fb              E  hf or/of E  h
    v  vs         v  vb                                       
E  Wo  E k where/waar
                                   1                   1
E  hf and/en W0  hf0 and/en E k  mv 2        K max  mv max
                                                           2

                                   2     or/ of        2

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
16                               FISIESE WETENSKAPPE V1                              (EC/SEPTEMBER 2016)

ELECTROSTATICS/ELEKTROSTATIKA

  kQ 1Q 2                                      kQ
F                                          E
     r2                                         r2
   V                                           F
E                                          E
   d                                           q
   W                                           Q
V                                          n=
   q                                           qe

ELECTRIC CIRCUITS/ELEKTRIESE STROOMBANE

     V                                      emf ( ε ) = I(R + r)
R
     I                                      emk ( ε ) = I(R + r)
R s  R1  R 2  ...
 1   1   1                                  q  I t
          ...
R p R1 R 2

W = Vq                                           W
                                            P
                                                 Δt
W = VI  t
                                            P = VI
W= I2R  t
                                            P = I2R
     V Δt 2
                                                V2
W=                                          P
      R                                          R

ALTERNATING CURRENT/WISSELSTROOM

                                            Paverage  Vrms I rms       /   Pgemiddeld Vwgk I wgk
          I max                   I
I rms                 /   I wgk  maks
              2                     2
                                            Paverage  I rms
                                                         2
                                                            R           /   Pgemiddeld I 2wgkR
           Vmax                     Vmaks
Vrms                  /   Vwgk                      V2
                                                                                           2
                                                                                          Vwgk
              2                       2     Paverage  rms          /       Pgemiddeld
                                                       R                                   R

Kopiereg voorbehou                                                                        Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com

## Related documents

- [PHYSICAL SC P2 SEPT 2016 QP ENG](https://www.hlayiso.com/library/physical-sc-p2-sept-2016-qp-eng/7f759a6e-8648-4f8e-9bd0-01e989bc56c8) — Physical Sciences · QP · 2016 · Eng
- [Phsc P1 Backup Qp Eng June 2016](https://www.hlayiso.com/library/phsc-p1-backup-qp-eng-june-2016/4e8a907f-6a4c-4951-a82f-057b082aad28) — Physical Sciences · QP · 2016 · Eng
- [PHYS SCIENCES P1 QP GR12 SEPT 2023 Xhosa](https://www.hlayiso.com/library/phys-sciences-p1-qp-gr12-sept-2023-xhosa/2bbd2fc3-2b94-4d0c-9012-591942a529e4) — Physical Sciences · QP · 2023
- [PHYS SCIENCES P1 GR12 QP SEPT2022 English](https://www.hlayiso.com/library/phys-sciences-p1-gr12-qp-sept2022-english/ef216851-4105-40f6-9cb0-f3146d776699) — Physical Sciences · QP · 2022 · Eng
- [Physical Sciences P2 Memo A E](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p2-memo-a-e/b5728283-415c-47c5-8b2e-77517aba9088) — Physical Sciences · Memo · 2016
- [PHY SC P1 MEMO GR 12 SEPT 2025 E+A watermark](https://www.hlayiso.com/library/phy-sc-p1-memo-gr-12-sept-2025-e-a-watermark/ee8fc295-8eb6-4163-acb0-c6d2b3dec26f) — Physical Sciences · Memo · 2025

## More from Grade 12 Physical Sciences

- [Pysical Sciences P2 Memo AfrEng watermark](https://www.hlayiso.com/library/pysical-sciences-p2-memo-afreng-watermark/cb0c7842-3512-4579-a012-a91b31f09008) — Memo · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC MEMO P1 May June 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-memo-p1-may-june-2025-limpopo/82f7a5dc-e27f-400b-84ae-bcf3217097d6) — Memo · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC MEMO P2 May June 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-memo-p2-may-june-2025-limpopo/f2cd1409-6db0-4f23-b078-ce944b93c2b5) — Memo · 2025
- [Physics Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physics-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-limpopo/ee326b2b-8480-42f2-8ce0-7bcf6229bde6) — Memo · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC QP P1 May June 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-qp-p1-may-june-2025-mpumalanga/d9c5f1c3-bd6c-468e-a50a-f6b40782c695) — QP · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC MEMO March 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-memo-march-2025-mpumalanga/88039ede-226f-4c60-918e-92c8ef3e11cc) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
